{"id":81761,"date":"2017-09-05T09:09:58","date_gmt":"2017-09-05T07:09:58","guid":{"rendered":"http:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=81761"},"modified":"2017-09-05T09:09:58","modified_gmt":"2017-09-05T07:09:58","slug":"katinka-heyns-herinneringe-oor-haar-liefdesmense","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/katinka-heyns-herinneringe-oor-haar-liefdesmense\/","title":{"rendered":"Katinka Heyns: Herinneringe oor haar liefdesmense"},"content":{"rendered":"<p>Onrusrivier, Hermanus, Wes-Kaap, Suid-Afrika.<\/p>\n<p>Die woorde \u201cHier en Daar\u201d heet gaste welkom by die wit-gekalkte huis met die blou dak. Dis naby die see, met \u2019n plaat groen tussenin en \u2019n tuinlushof agter die blou hekkies. Hier woon, leef en skep <strong>Katinka Heyns<\/strong> (69), bekend as aktrise, regisseur en vervaardiger in radio-, televisie-, rolprent- en teaterkringe.<\/p>\n<p>\u201cDis \u2019n storiehuis; \u2019n pretensielose strandhuis wat vroeg in die jare sestig gebou is. As ek my o\u00eb soggens oopmaak, sien ek die see en as ek my o\u00eb saans toemaak, hoor ek haar op my voorstoep. Dis ongelooflik,\u201d s\u00ea sy.<\/p>\n<p>Katinka en haar man, die ontslape Hertzogprys-bekroonde dramaturg en skrywer <strong>Chris Barnard<\/strong>, het die huis 33 jaar gelede gekoop. Aanvanklik was dit net \u2019n vakansiehuis. \u2019n Outydse strandhuis met dik mure en houtdeure met koperknoppe.<\/p>\n<p>\u201cDit was ons en die vyf seuns se Kersfeesbestemming. Prakties. Bestand teen sandvoete, nat swembroeke en handdoeke en honger kinders. \u2019n Enorme yskas, en \u2019n blad waar die alikreukels en perlemoene skoongemaak is. Die <em>Kook en Geniet<\/em> was ook byderhand en \u2018Japie se gunsteling\u2019 het nou en dan sy kop uitgesteek. Die vleis en koekies en beskuit wat Idah gebak het, het van die Transvaal af saamgekom. Chris se ma se yslike ysterpot en my ouma se ysterpan is steeds hier. Daar was nie \u2019n TV nie en Chris kon sy draagbare radio\u2019tjie sit net waar hy wou. Die nuus,<br \/>\n<em>U Eie Keuse<\/em>, sport.\u201d<\/p>\n<p>Katinka s\u00ea die huis is nie meer \u201cDaar\u201d nie. Die huis is nou \u201cHier\u201d. Hier, in die TV-kamer, word jare se persoonlike <strong>herinneringe<\/strong> teen die mure bewaar: foto\u2019s van laggende kinders, vriende en familie en foto\u2019s van haar en Chris deur die jare. Jan Rabie en sy vrou, die skilder Marjorie Wallace, was hul bure. Etienne Le-roux het hier \u2019n strandhuis gehad. Koos Human, Klaas Steytler, Elsa Joubert en natuurlik Uys Krige was hul sielsmense. Die huis se hart was oop.<\/p>\n<p>Dit lyk vandag anders. Dit is nou die huis van \u2019n vrou \u00e9n \u2019n romantikus. Katinka en Chris was albei versamelvo\u00ebls van boeke en n\u00f3g boeke. Sy koester haar versameling getekende boeke. Die boekrak wat haar oupa Frans gemaak het, is volgepak met die boeke wat Chris geskryf het. Dis \u2019n heilige kolletjie in die sitkamer onder \u2019n pragtige skildery van <strong>Wendy Malan<\/strong>. Trouens, die huis wemel van magiese skilderye deur di\u00e9 skilder. Engele en duiwe, skoenlappers en fantasie. Ook Judith Mason. Uys Krige se ma, tant Sannie, wat Marjorie geskilder het, kyk toe met haar strooihoed en blou lint op haar kop. Katinka is nie snobisties oor afdrukke nie en geniet steeds die Picasso-duif en Rembrandt se <em>Eensame Vrou<\/em>. Sade. Skulpe. Vere. Herhalende temas soos perde en vlinders, vo\u00ebls en engele; haar oumagrootjie se porseleinteestel en koperlamp en \u2019n antieke staanhorlosie met \u2019n mooi gesiggie. En die gebedelappies van oor die w\u00eareld wat haar vriendin Elmarie fyntjies aan die wit gordyne gestik het. En hoede. Die huis wemel van hoede, onder meer \u2019n strooihoed met helderkleurige lapblomme wat aan Anna Neethling-Pohl behoort het. En Katinka se perdryhelm uit vervlo\u00eb dae.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter wp-image-81766 \" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/09\/Katinka-Heyns-Onrus-267x600.jpg\" alt=\"Katinka-Heyns-Onrus\" width=\"215\" height=\"483\" \/><\/p>\n<p>Al die rolprentplakkate en -toekennings het ook iewers \u2019n hoekie gekry waar hulle die verhaal vertel van Katinka se reuse-nalatenskap. In haar veertig jaar in die bedryf het sy vir KRUIK en TRUK in stukke van Chekhov, Ibsen en Shakespeare tot Jochem van Bruggen en Gerhard Beukes gespeel. Sy het haar debuut as rolprentaktrise in <strong>1968<\/strong> in Jans Rautenbach se rolprent <em>Katrina<\/em> gemaak, gevolg deur onder meer <em>Jannie Totsiens<\/em> (1970), <em>Pappalap<\/em> (1971), <em>Eendag op \u2019n Re\u00ebndag<\/em> (1974) en die gewilde TV-reeks <em>Willem<\/em>.<\/p>\n<p>Daarna het sy baanbrekerswerk as regisseur en vervaardiger gedoen met onder meer treffers soos <em>Fiela se kind<\/em> (1988), <em>Die Storie van Klara Viljee<\/em> (1992), <em>Paljas<\/em> (1998) en <em>Die Wonderwerker<\/em> (2012). <em>Paljas<\/em> was die eerste Suid-Afrikaanse rolprent wat vir \u2019n Oscar in die afdeling beste buitelandse rolprent benoem is.<\/p>\n<p>Katinka is al met verskeie toekennings vereer, waaronder die internasionale Crystal-toekenning vir Vroue in Rolprente. Sy is ook die eerste vrou wat in die Nasionale Rolprent- en Televisie-stigting se Hall of Fame opgeneem is en deur die Departement van Kuns en Kultuur as raadslid van die Nasionale Rolprent- en Videostigting aangestel is. Sy is ook deur haar alma mater, die Universiteit van Pretoria, met \u2019n Laureatus-toekenning en \u2019n eredoktorsgraad vereer.<\/p>\n<p>Haar onlangse rolprent as vervaardiger is <em>Die Rebellie van Lafras Verwey<\/em> \u2013 wat resensente as \u2019n \u201cgrootse rolprent-ervaring\u201d bestempel het. Dit is gegrond op die 1971-hoorspel wat Chris en hul seun, <strong>Simon<\/strong>, in 2014 in \u2019n eietydse draaiboek verwerk het.<\/p>\n<p>Simon maak sy debuut as regisseur. Katinka en Simon het kort voor Chris se dood in 2015 aan die rolprent begin werk \u2013 juis in hul huis Hier en Daar.<\/p>\n<p>\u201cDit is \u2019n onthouhuis, maar ook \u2019n n\u00f3\u00fa-huis \u2013 met soveel mooi. Ook maar goed Chris het jare gelede \u2019n huis in die Laeveld gebou. Met di\u00e9 kon alles wat blou is, hiernatoe kom. As jy nie van blou hou nie, is jy in die moeilikheid,\u201d skerts sy.<\/p>\n<p>Daar\u2019s \u2019n aardsheid hier.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" wp-image-81769 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/09\/Katinka-Heyns-dekor-500x483.jpg\" alt=\"Katinka-Heyns-dekor\" width=\"411\" height=\"397\" \/><\/p>\n<p>Die destydse twaalfsitplektafel het plek gemaak vir \u2019n handgemaakte tafel en agt stoele. \u2019n Massiewe geelhouttafel staan in die kombuis. Twee pragtige geelhouttafeltjies pryk in haar slaapkamer en die twaalfsitplektafel van dwarsl\u00eaers op die voorstoep is \u2019n wenner.\u00a0\u201cHier word behoorlik gekuier! Ek is gepla met tafels!\u201d Sy skater.<\/p>\n<p>Die verskeidenheid spie\u00ebls, wat hulle heelpad van Sonneblom saamgepiekel het, nooi heeltyd die lig in die vertrekke in. \u201cEk kon ook nie van die klavier ontslae raak nie en was nog nooit spyt nie. \u00a0My ma, Katie, was \u2019n begaafde pianis en ek sien en hoor haar nog speel.\u201d<\/p>\n<p>Die huis is ook omskep in \u2019n wintershuis. Die ou klipvuurherd was al daar, maar die dak is intussen met riete uitgevoer. Dis warm \u00e9n mooi. Die bank naby die kaggel is \u2019n heerlike storie-vertel-en-kuier-plek met wyn en allerhande kosgoeters byderhand.<\/p>\n<p>Van kos gepraat. \u201cNiemand op Onrus kook so lekker soos my vriendin Malet nie, en niemand braai so lekker vleis soos my vriendin Martie nie. Ek hou gewoonlik by pasta en maak soms iets eksoties uit een van die vele pragtige <strong>kookboeke<\/strong> wat Chris vir my gegee het. Voor in een het hy geskryf: \u2018Vir jou lief, omdat ek weet jy hou van mooi prentjies. Geniet dit! Chris.\u2019 Ek het dadelik losgetrek en \u2019n hond uit \u2019n bos gekook! Daar is lekker restaurante op Onrus en in die Hemel-en-Aarde-vallei, maar dis \u2019n luukse. Dis heerlik om kruie en spinasie uit die tuin te eet.\u201d<\/p>\n<p>Haar tuin is \u2019n ware <strong>lushof<\/strong>. Plante van oraloor. Varings uit Knysna en die Laeveld. Wilde jasmyn, spinnekoplelie, noem-noem, frangipani en wildevy van Chris se plaas, Thulani. Blomplante van vriendinne deur die jare. \u2019n Takbokvaring, vetplante, magrietjies en madeliefies, malvas, orgide\u00eb, waterlelies, spelde-kussings. Alles en nog wat. O ja! En natuurlik Margaret Roberts se sonneblomme met die wit pitte! Hulle groei dwarsdeur die jaar. Die helfte van die oes behoort aan die vo\u00ebls. Fisante, kransduiwe, janfrederikke, swaels en patryse. En ander, waarvan sy die klanke ken, maar nie die name nie.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" wp-image-81767 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/09\/Katinka-Heyns-tuin-473x600.jpg\" alt=\"Katinka-Heyns-tuin\" width=\"289\" height=\"367\" \/><\/p>\n<p>Niks jaag Katinka nie. Op \u2019n koue dag sal sy snoesig in die bed bly en, sonder dat iemand dit weet, steeds haar verpligtinge nakom en e-posse beantwoord. Of, jy kry haar in die somer bo-op haar motorhuis. \u201cDaar is \u2019n dakruimte waar \u2019n mens in die son kan l\u00ea sonder dat iemand jou sien. Dis waar ek soms l\u00ea en die son aanbid terwyl ek na die see staar. Die belangrikste is dat die huis vir my die mooiste huis op aarde is, want die <strong>siele<\/strong> van my geliefdes dwaal hier rond.\u201d<\/p>\n<p>Willempie, die Duitse pointer, slaap in die winter by haar in die kamer. Stella, Chris se rifrug, slaap in haar huisie op die voorstoep en die twee corgis, Tiekie en Tango, in \u2019n snoesige hokkie in die agterste binnehof. Die binnehof, waar malvas oorheers, hang vol vo\u00eblhokkies, sommige antiek.<\/p>\n<p>Soos <strong>gisterherinneringe<\/strong>.<\/p>\n<p>Katinka en die bekroonde kameraman en rolprentmaker <strong>Koos Roets<\/strong> het mekaar in 1969 op die stel van Jannie Totsiens ontmoet. Hy het haar mentor agter die lens geword en sy het baie oor kamerawerk en beligting by hom geleer. Hulle is in 1971 getroud en hul seun, Reghard, is twee jaar later gebore. Kort daarna het sy en Koos die produksiehuis Sonneblom Films gestig.<br \/>\nEn toe, meteens, het Katinka in ons voorkamers kom kuier as die na\u00efewe, verstrooide Pennie in die gewilde komediereeks <em>Willem<\/em>. Tobie Cronj\u00e9 was te sien in die titelrol. Katinka en Tobie het oornag die land se lieflinge geword.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" wp-image-81768 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/09\/Katinka-Heyns-honde-500x424.jpg\" alt=\"Katinka-Heyns-honde\" width=\"404\" height=\"343\" \/><\/p>\n<p>Katinka en Chris Barnard is in 1978 getroud. Die professionele verhouding tussen haar en Koos is nooit verbreek nie. Hul laaste samewerking was in 2012 met die rolprent <em>Die Wonderwerker<\/em>.<\/p>\n<p>Katinka was die regisseur, Chris die draaiboekskrywer en Koos die beligtingskameraman.<\/p>\n<p>Katinka <strong>koester<\/strong> haar kinders. \u201cEk het Chris se drie seuns -Johan, Stephan en Tian &#8211; uit sy eerste huwelik met Annette, \u2019n puik aktrise en \u2019n baie beter ma as ek, sien grootword. Hulle het een naweek per maand en elke tweede vakansie by ons gekuier. Die lekkerste was Desembers op Onrus. Veral toe hulle klein was en <strong>Jan Rabie<\/strong> hulle geleer duik het &#8211; perlemoen en alikreukel uithaal en skoonmaak en gaarmaak. My twee biologiese seuns, Reghard en Simon, het hul liefde vir die see, soos ek, by my pa, Wilhelm, ge\u00ebrf. Hulle verskil soos dag en nag, wat dit interessant maak. Reghard is\u2019n adrenalienslaaf maar hy het \u2019n baie sagte kant en is lief vir mense en diere. Hy het soos Koos, wat ook nog twee pragtige kinders, Werner en Lara, uit ander huwelike het, \u2019n optimistiese gees en \u2019n heerlike sin vir humor. Ek is so bly dat Koos geluk gevind het saam met sy vrou, Eunice Visser.\u201d<\/p>\n<p>Katinka s\u00ea Simon is, soos Reghard, ook \u2019n mens-mens, met \u2019n sensitiwiteit wat hom al gepootjie het. \u201cMaar hy het \u2019n fantastiese vermo\u00eb om op te staan. Hy is uiters kreatief en dis interessant om te sien dat hy Chris se filosofiese kant en my liefde vir visuele storievertelling ge\u00ebrf het. Hy is baie soos Chris en sy dro\u00eb sin vir humor laat my baie lag. Dis interessant om te sien hoe Simon se talente hulle ontvou en dis ironies dat ek, Chris, Simon en juis<\/p>\n<p>Tobie saam aan Lafras gewerk het. Dit was die laaste projek waarby Chris betrokke was.\u201d<\/p>\n<p>Katinka is <strong>dankbaar<\/strong> en tevrede. \u201cEk besef meteens h\u00f3\u00e9 gese\u00ebnd ek was \u2013 en steeds is! Kom ons volstaan met die slot van Chris se reisverhaal \u2018Trekswaels\u2019. \u2018In myle gemeet, is die w\u00eareld skrikwekkend groot \u2013 hoe groot presies sal jy selfs n\u00e1 \u2019n voetreis oor albei pole nie mooi besef nie. Van hart tot hart gemeet, is dieselfde w\u00eareld \u2019n baie klein en vertroude plattelandse dorp.\u2019\u201d<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die liefling-aktrise en bekroonde rolprentmaker Katinka Heyns leef rustig in haar besondere huis langs die see op Onrus. Sy nooi ons in en deel herinneringe oor haar liefdesmense. Deur Christiaan J De Swardt. Foto\u2019s deur Simon Barnard en Elmarie de Waal <\/p>\n","protected":false},"author":8,"featured_media":81762,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[661,675],"tags":[1387,3774,24339,28097],"class_list":["post-81761","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-ons-mense","category-bekendes","tag-celebs","tag-afrikaanse-akteurs","tag-local-celebs","tag-ons-bekendes"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Katinka Heyns: Herinneringe oor haar liefdesmense | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Die liefling-aktrise en bekroonde rolprentmaker Katinka Heyns leef rustig in haar besondere huis langs die see op Onrus. Sy nooi ons in! Lees hier:\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/katinka-heyns-herinneringe-oor-haar-liefdesmense\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Katinka Heyns: Herinneringe oor haar liefdesmense | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die liefling-aktrise en bekroonde rolprentmaker Katinka Heyns leef rustig in haar besondere huis langs die see op Onrus. Sy nooi ons in! Lees hier:\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/katinka-heyns-herinneringe-oor-haar-liefdesmense\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2017-09-05T07:09:58+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/09\/Katinka-Heyns.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1000\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1305\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"9 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/katinka-heyns-herinneringe-oor-haar-liefdesmense\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/katinka-heyns-herinneringe-oor-haar-liefdesmense\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Michelle Nortje\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\"},\"headline\":\"Katinka Heyns: Herinneringe oor haar liefdesmense\",\"datePublished\":\"2017-09-05T07:09:58+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/katinka-heyns-herinneringe-oor-haar-liefdesmense\\\/\"},\"wordCount\":1786,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/katinka-heyns-herinneringe-oor-haar-liefdesmense\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/09\\\/Katinka-Heyns.jpg\",\"keywords\":[\"celebs\",\"afrikaanse akteurs\",\"local celebs\",\"ons bekendes\"],\"articleSection\":[\"Ons mense\",\"Bekendes\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2017\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/katinka-heyns-herinneringe-oor-haar-liefdesmense\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/katinka-heyns-herinneringe-oor-haar-liefdesmense\\\/\",\"name\":\"Katinka Heyns: Herinneringe oor haar liefdesmense | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/katinka-heyns-herinneringe-oor-haar-liefdesmense\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/katinka-heyns-herinneringe-oor-haar-liefdesmense\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/09\\\/Katinka-Heyns.jpg\",\"datePublished\":\"2017-09-05T07:09:58+00:00\",\"description\":\"Die liefling-aktrise en bekroonde rolprentmaker Katinka Heyns leef rustig in haar besondere huis langs die see op Onrus. Sy nooi ons in! Lees hier:\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/katinka-heyns-herinneringe-oor-haar-liefdesmense\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/katinka-heyns-herinneringe-oor-haar-liefdesmense\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/katinka-heyns-herinneringe-oor-haar-liefdesmense\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/09\\\/Katinka-Heyns.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/09\\\/Katinka-Heyns.jpg\",\"width\":1000,\"height\":1305,\"caption\":\"Foto's: Simon Barnard en Elmarie de Waal\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/katinka-heyns-herinneringe-oor-haar-liefdesmense\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Katinka Heyns: Herinneringe oor haar liefdesmense\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\",\"name\":\"Michelle Nortje\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Michelle Nortje\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Katinka Heyns: Herinneringe oor haar liefdesmense | rooi rose","description":"Die liefling-aktrise en bekroonde rolprentmaker Katinka Heyns leef rustig in haar besondere huis langs die see op Onrus. Sy nooi ons in! Lees hier:","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/katinka-heyns-herinneringe-oor-haar-liefdesmense\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Katinka Heyns: Herinneringe oor haar liefdesmense | rooi rose","og_description":"Die liefling-aktrise en bekroonde rolprentmaker Katinka Heyns leef rustig in haar besondere huis langs die see op Onrus. Sy nooi ons in! Lees hier:","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/katinka-heyns-herinneringe-oor-haar-liefdesmense\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2017-09-05T07:09:58+00:00","og_image":[{"width":1000,"height":1305,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/09\/Katinka-Heyns.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Michelle Nortje","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Michelle Nortje","Est. reading time":"9 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/katinka-heyns-herinneringe-oor-haar-liefdesmense\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/katinka-heyns-herinneringe-oor-haar-liefdesmense\/"},"author":{"name":"Michelle Nortje","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd"},"headline":"Katinka Heyns: Herinneringe oor haar liefdesmense","datePublished":"2017-09-05T07:09:58+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/katinka-heyns-herinneringe-oor-haar-liefdesmense\/"},"wordCount":1786,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/katinka-heyns-herinneringe-oor-haar-liefdesmense\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/09\/Katinka-Heyns.jpg","keywords":["celebs","afrikaanse akteurs","local celebs","ons bekendes"],"articleSection":["Ons mense","Bekendes"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2017","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/katinka-heyns-herinneringe-oor-haar-liefdesmense\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/katinka-heyns-herinneringe-oor-haar-liefdesmense\/","name":"Katinka Heyns: Herinneringe oor haar liefdesmense | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/katinka-heyns-herinneringe-oor-haar-liefdesmense\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/katinka-heyns-herinneringe-oor-haar-liefdesmense\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/09\/Katinka-Heyns.jpg","datePublished":"2017-09-05T07:09:58+00:00","description":"Die liefling-aktrise en bekroonde rolprentmaker Katinka Heyns leef rustig in haar besondere huis langs die see op Onrus. Sy nooi ons in! Lees hier:","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/katinka-heyns-herinneringe-oor-haar-liefdesmense\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/katinka-heyns-herinneringe-oor-haar-liefdesmense\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/katinka-heyns-herinneringe-oor-haar-liefdesmense\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/09\/Katinka-Heyns.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/09\/Katinka-Heyns.jpg","width":1000,"height":1305,"caption":"Foto's: Simon Barnard en Elmarie de Waal"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/katinka-heyns-herinneringe-oor-haar-liefdesmense\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Katinka Heyns: Herinneringe oor haar liefdesmense"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd","name":"Michelle Nortje","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","caption":"Michelle Nortje"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/81761","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=81761"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/81761\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/81762"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=81761"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=81761"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=81761"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}