{"id":81572,"date":"2024-09-27T11:47:52","date_gmt":"2024-09-27T09:47:52","guid":{"rendered":"http:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=81572"},"modified":"2024-09-27T11:47:23","modified_gmt":"2024-09-27T09:47:23","slug":"alzheimer-kan-jy-dit-keer","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alzheimer-kan-jy-dit-keer\/","title":{"rendered":"Alzheimersiekte: Kan jy dit keer?"},"content":{"rendered":"<p>Deur <strong>Salom\u00e9 Delport<\/strong>. <em>Foto: \u00a0<a href=\"https:\/\/unsplash.com\/@rebelvisual?utm_source=unsplash&amp;utm_medium=referral&amp;utm_content=creditCopyText\">Steven HWG<\/a> vir Unsplash<\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Jy vra &#8230;<\/h4>\n<p>Ek sit by my pa. Eens was hy so \u2019n slim man. Vandag is daar net \u2019n skaduwee van hom oor. Ek probeer sy kop wakker ruk deur uit te vra oor evolusie, sy gunstelingonderwerp van vroe\u00ebr jare.<\/p>\n<p>\u201cGondwanaland? Is dit in Afrika?\u201d antwoord hy. Hy wat hom so verlustig het in die wetenskappe onthou nie. Al kon hy moeiteloos koershou deur die vlaktes van ons vasteland verdwaal hy nou op pad bed toe. <strong>Alzheimersiekte<\/strong> het sy eens kristalhelder brein in duisend stukkies laat spat. Onheelbaar. Die helder oomblikke raak al minder. Is dit my toekoms ook? Kan ek my daarvoor laat toets?<\/p>\n<p>Kan ek iets doen om Alzheimersiekte te vermy?<\/p>\n<p>&#8211; <em>Anzette, 43<\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Wat ons nou weet &#8230;<\/h4>\n<p>\u2022 <strong>Jou kanse is kleiner as wat jy dink<\/strong><\/p>\n<p>Volgens Alzheimer Suid-Afrika is daar 750\u00a0000 mense met Alzheimersiekte (AS) in ons land. Soos dit die afgelope dekades toeneem, gaan die getal teen 2030 verdubbel. Jou kans op AS is dus nie onbenullig nie. Nogtans is dit is darem ook nie \u2019n uitgemaakte saak dat jy AS gaan kry nie, s\u00ea die Internasionale Alzheimer-organisasie. Al neem getalle skerp toe, is dit nie \u2019n onvermydelike deel van veroudering nie. Net 10% van mense bo sewentig het beduidende geheueverlies. Net die helfte van hulle het AS.<\/p>\n<p>Dit is so dat verreweg die meeste bejaardes AS vryspring \u2013 en jy dus potensieel ook.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h3>Die groot vrae bly of jy die siekte kan keer, en hoe?<\/h3>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>\u2022 <strong>Diabetes verhoog jou kanse<\/strong><\/p>\n<p>Een van die jongste bevindings is dat <strong>diabetes<\/strong> jou AS-risiko opstoot \u2013 veral as jy \u2019n vrou is.<\/p>\n<p>\u2019n 2016-artikel in <em>Diabetes Care<\/em>, joernaal van die Amerikaanse Diabetesvereniging, wys diabete se kans op AS is \u2019n yslike 40% ho\u00ebr as nie-diabete s\u2019n, terwyl hul kans op demensie \u2019n volle 60% groter is. Vroue-diabete se risiko is \u2019n bykomende 20% groter as mans s\u2019n. Di\u00e9 afleidings is nie sommer uit die lug gepluk nie. Dit is gegrond op gesamentlike data van 14 groot ondersoeke op meer as twee miljoen mense met diabetes en 102\u00a0000 mense met demensie.<\/p>\n<p>Al is dit slegte nuus vir diabete, bied dit hulle \u2013 en ons almal \u2013 darem ook uitkomkans. Ons kan immers ons <strong>bloedsuikervlakke<\/strong> deur oefening, dieet en medikasie beheer. Nog beter vir di\u00e9 sonder diabetes: as jy soms te lui is vir \u2019n vinnige twintig minute se stap n\u00e1 jy fluks aan die soetgoedjies weggel\u00ea het, dink net hoeveel \u2019n bietjie oefening en baie groente op die lang duur vir jou brein beteken.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>\u2022 <strong>Dit loop ni\u00e9 in families nie tensy \u2026 <\/strong><\/p>\n<p>Wat as jy \u2019n ouer met Alzheimersiekte het? Is daar iets soos Alzheimergene wat jy kan oorerf? Daar \u00eds en jy k\u00e1n. Jou kans op AS kan tot 80% wees as gene soos PSENS1, PSENS2 of APP en nog sowat twintig ander in jou familie voorkom. Gelukkig is hierdie gene bitter skaars, en saam is hulle by net een in tien mense met AS oorsaaklik.<\/p>\n<p>En sou jy een van hierdie gene erf, is dit nie te s\u00ea jy s\u00e1l AS ontwikkel nie, skryf prof. Kristel Sleegers van die Departement van Molekul\u00eare Genetika aan die Universiteit van Antwerpen in Nederland in \u2019n 2016-oorsigartikel in die spesialistydskrif <em>Genetics in Medicine<\/em>. Hier is die hoofpunte: <strong>1<\/strong> Sowat 80% van mense met hierdie gene ontwikkel AS \u2013 sommige selfs op dertig. <strong>2<\/strong> Maar b\u00e1ie dikwels ontwikkel hulle AS eers n\u00e1 tagtig, wanneer dit in elk geval meer algemeen is onder mense s\u00f3nder enige van hierdie gene. <strong>3<\/strong> Sowat 20% van hulle sal AS vryspring, hul gene ten spyt.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>\u2022 <strong>Die APO-toets is onbetroubaar. <\/strong><\/p>\n<p>Maar daar is nog \u2019n geen wat aan AS gekoppel word: die APOE4-variant van die APO-geen. Volgens prof. Sleegers dra sowat 20%-25% van die bevolking hom, terwyl tot meer as dubbel soveel (40%-65%) van mense met AS dit dra.<\/p>\n<p>Dit is maklik om vir APOE4 te toets. Daarom is dit tans een van die gewildste nuwe voorspellers vir AS \u2026 en skrikwekkend baie van ons toets positief.<\/p>\n<p>Prof. Dirk Blom, hoof van lipidologie aan die Universiteit van Kaapstad, s\u00ea dit beteken nie daar is \u2019n direkte verband nie. \u201cAl is daar \u2019n ho\u00ebr voorkoms hiervan onder mense met AS, is daar nie \u2019n direkte verband nie. Die hoogste voorkoms van APOE4 kom onder Nigeri\u00ebrs voor, maar hulle het die laagste voorkoms van AS. Ons weet regtig nie wat die verband tussen APOE4 en AS is nie.\u201d<\/p>\n<p>Hoeveel maak APOE4 jou risiko groter?<\/p>\n<p>Frieda Loubser, genetiese berader van Kaapstad, s\u00ea party ondersoeke wys dat APOE4-draers se kans op AS 25% is. Mense daarsonder se risiko is sowat 10%.<\/p>\n<p>\u201cVoor jy skrik: onthou, al dra jy die APOE4-geen het jy \u2019n 75%-kans om ni\u00e9 AS te kry nie. Die meerderheid APOE4-draers ontwikkel nooit AS nie. Nog \u2019n manier om die statistiek te lees: vier tot ses uit elke tien mense met AS dra ni\u00e9 APOE4 nie.<\/p>\n<p>\u201cEn al toets jy negatief vir APOE4 kan jy AS om \u00e1nder redes kry waarvoor ons nog nie kan toets nie. Die APOE4-toets is nie betroubaar nie.<\/p>\n<p>\u201cWat ons eintlik weet, is dat die meeste APOE4-draers AS systap of ten minste die aktivering daarvan uitstel.\u201d<\/p>\n<p>Hoe kry hulle dit reg?<\/p>\n<p>\u201cNiemand weet nie. Dalk dra hulle \u2019n beskermende faktor soos ander gene wat APOE4 in toom hou.<\/p>\n<p>\u201cDit het vermoedelik met die penetrasievermo\u00eb van APOE4 te make. Waar die ander AS-gene \u2019n ho\u00eb penetrasie het \u2013 met ander woorde \u2019n baie groot kans het om hulself uit te druk \u2013 is APOE4 \u2019n lae-penetrasiegeen. Baie ander faktore modifiseer dit. Dus druk dit meestal nie uit nie. Jou leefstyl \u2013 dieet, stres en oefening \u2013 kan moontlik \u2019n uitwerking h\u00ea.\u201d<\/p>\n<p>Volgens dr. Sleegers speel jou ouderdom ook \u2019n rol: jou APOE4-gebaseerde risiko begin eintlik eers rondom sewentig inskop. Die gemiddelde ouderdom vir die begin van AS by mense met twee APOE4\u2019s (wat as die hoogste risiko beskou word) is 68, en 84 as jy net een APOE4-alleel het.<\/p>\n<p>Realisties gesien ontwikkel die meeste mense met die APOE-4-geen nooit AS nie, en di\u00e9 wat wel AS kry, ontwikkel dit meestal eers baie laat in hul lewe.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>\u2022 <strong>Afrikaanses het nie \u2019n groter risiko nie <\/strong><\/p>\n<p>Dieselfde <strong>cholesterol<\/strong> wat in jou are aanpak, is noodsaaklik vir jou brein. Sowat 25% van jou cholesterol word in jou brein ingespan in die prosesse van leer en onthou \u2026 wat \u2019n mens laat wonder oor AS en bloedcholesterol.<\/p>\n<p>Daarby is daar \u2019n verband tussen cholesterol en die APO-geen: dit is betrokke by die vervoer en afbreek van cholesterol in jou brein. Mense met \u2019n APOE-4-alleel vervoer dit nie baie goed nie, wat vermoedelik daartoe lei dat \u2019n prote\u00efen, wat beta amilo\u00efed genoem word, in die brein neerslaan \u2013 die berugte plaak wat kenmerkend van AS-breine is.<\/p>\n<p>APOE4 word ook aan ho\u00ebr bloedcholesterol gekoppel, en draers het \u2019n 10% groter kans op hartsiektes.<\/p>\n<p>Dit laat mense verder gis oor die soort hipercholesterolemie wat in Afrikaanse families voorkom. Ho\u00eb cholesterol is baie meer algemeen onder ons as onder ander etniese groepe plaaslik en selfs w\u00eareldwyd. Beteken dit dat jy \u2019n groter kans op AS het as jy \u2019n familiegeskiedenis van ho\u00eb cholesterol het?<\/p>\n<p>Prof. Blom s\u00ea nee, dit is onwaarskynlik. \u201cDie genetiese fout by Afrikaanses met famili\u00eble hipercholesterolemie l\u00ea op \u2019n ander plek, spesifiek by hul LDL-reseptors, en het dus nie met die APOE4-alleel te doen nie.<\/p>\n<p>\u201cBaie draers van die APOE4-geen het normale en selfs laer bloedvlakke van cholesterol. Die brein maak sy eie cholesterol. Hy kry dit nie van die liggaam nie. Verder werk cholesterol in die brein onafhanklik van cholesterol in die liggaam, via APO. Dus weet ons nie of daar werklik \u2019n verband tussen ho\u00eb bloedcholesterol soos dit betrekking het op die liggaam en AS is nie.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>\u2022 <strong>Aluminium is oukei <\/strong><\/p>\n<p>Aluminiumpotte en -panne \u2013 die doodgewone blink dunboomsoort en daardie pragtige spogstukke in al die kleure van die re\u00ebnboog \u2013 is heeltemal veilig, s\u00ea die Internasionale Alzheimervereniging. So ook koeldrank uit blikkies, tinfoelie, sooibrandmiddels en sweetweerders. Hoewel aluminium in die vorige eeu as \u2019n risiko beskou is, kon dit nog nooit met enige navorsing bevestig word nie. Dit word vandag glad nie meer as \u2019n risiko aanvaar nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Speel dieet \u2019n rol?<\/h4>\n<p><strong>Beslis<\/strong>. Navorsing wys die MIND-dieet verminder die voorkoms van AS met 53% as jy getrou daarby bly, en met 35% as jy dit net min of meer volg.<\/p>\n<p>Kortliks:<\/p>\n<p>Eet elke dag<br \/>\n\u2022 3 of meer porsies graan<br \/>\n\u2022 een of meer porsies blaargroente soos kool, slaai of spinasie<br \/>\n\u2022 nog een of meer porsies groente.<\/p>\n<p>Sluit elke week in<br \/>\n\u2022 3 porsies bone<br \/>\n\u2022 1 porsie vis<br \/>\n\u2022 2 porsies bessies of aarbeie<br \/>\n\u2022 5 porsies neute en<br \/>\n\u2022 2 porsies hoender.<\/p>\n<p>Sny drankies tot een per dag, of geen<br \/>\n\u2022 rooivleis tot 4 porsies per week<br \/>\n\u2022 kaas tot een porsie per week en<br \/>\n\u2022 snoepgoed met suiker tot 5 porsies per week.<br \/>\n\u2022 Gebruik olyfolie as jou basiese olie, met nog sowat 12 g botter of sagte margarien per dag.<br \/>\n\u2022 Beperk roerbraai en kitskos tot een keer per week.<br \/>\n\u2022 Oefen. Dit verlaag jou bloedsuiker.<br \/>\n\u2022 Oefen jou brein ook \u2013 gebruik hom, of verloor hom!<br \/>\n\u2022 Bly in \u2019n gesonde slaaproetine sodat jou brein kans kry om te regenereer.<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/volledige-koslys-vir-die-alzheimer-mind-dieet\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Lees ook: Volledige koslys vir die Alzheimer MIND-dieet<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Lees ook:\u00a0<a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/5-maklike-veranderinge-wat-jy-tydens-hartbewustheidsmaand-kan-maak-om-jou-gesondheid-te-verbeter\/\">5 maklike veranderinge wat jy tydens Hartbewustheidsmaand kan maak om jou gesondheid te verbeter<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Net 10% van mense bo 70 het beduidende geheueverlies, maar hoe ouer jy word hoe groter word jou risiko. Deur Salom\u00e9 Delport<\/p>\n","protected":false},"author":8,"featured_media":148186,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[2949,667],"tags":[3286,4358,4888,5512,23664,31572,829,2690],"class_list":["post-81572","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-leef-gesond","category-gesondheid","tag-demensie","tag-cholesterol","tag-alzheimer","tag-geheueverlies","tag-health","tag-illness","tag-diabetes","tag-hartsiektes"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Alzheimersiekte: Kan jy dit keer? | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Net 10% van mense bo 70 het beduidende geheueverlies, maar hoe ouer jy word hoe groter word jou risiko. Kan mens dit vermy?\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alzheimer-kan-jy-dit-keer\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Alzheimersiekte: Kan jy dit keer? | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Net 10% van mense bo 70 het beduidende geheueverlies, maar hoe ouer jy word hoe groter word jou risiko. Kan mens dit vermy?\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alzheimer-kan-jy-dit-keer\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2024-09-27T09:47:52+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/09\/pexels-pixabay-33786.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1920\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1280\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"7 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/alzheimer-kan-jy-dit-keer\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/alzheimer-kan-jy-dit-keer\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Michelle Nortje\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\"},\"headline\":\"Alzheimersiekte: Kan jy dit keer?\",\"datePublished\":\"2024-09-27T09:47:52+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/alzheimer-kan-jy-dit-keer\\\/\"},\"wordCount\":1537,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/alzheimer-kan-jy-dit-keer\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/09\\\/pexels-pixabay-33786.jpg\",\"keywords\":[\"demensie\",\"cholesterol\",\"alzheimer\",\"geheueverlies\",\"health\",\"illness\",\"diabetes\",\"hartsiektes\"],\"articleSection\":[\"Leef gesond\",\"Gesondheid\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2024\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/alzheimer-kan-jy-dit-keer\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/alzheimer-kan-jy-dit-keer\\\/\",\"name\":\"Alzheimersiekte: Kan jy dit keer? | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/alzheimer-kan-jy-dit-keer\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/alzheimer-kan-jy-dit-keer\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/09\\\/pexels-pixabay-33786.jpg\",\"datePublished\":\"2024-09-27T09:47:52+00:00\",\"description\":\"Net 10% van mense bo 70 het beduidende geheueverlies, maar hoe ouer jy word hoe groter word jou risiko. Kan mens dit vermy?\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/alzheimer-kan-jy-dit-keer\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/alzheimer-kan-jy-dit-keer\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/alzheimer-kan-jy-dit-keer\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/09\\\/pexels-pixabay-33786.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/09\\\/pexels-pixabay-33786.jpg\",\"width\":1920,\"height\":1280},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/alzheimer-kan-jy-dit-keer\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Alzheimersiekte: Kan jy dit keer?\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\",\"name\":\"Michelle Nortje\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Michelle Nortje\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Alzheimersiekte: Kan jy dit keer? | rooi rose","description":"Net 10% van mense bo 70 het beduidende geheueverlies, maar hoe ouer jy word hoe groter word jou risiko. Kan mens dit vermy?","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alzheimer-kan-jy-dit-keer\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Alzheimersiekte: Kan jy dit keer? | rooi rose","og_description":"Net 10% van mense bo 70 het beduidende geheueverlies, maar hoe ouer jy word hoe groter word jou risiko. Kan mens dit vermy?","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alzheimer-kan-jy-dit-keer\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2024-09-27T09:47:52+00:00","og_image":[{"width":1920,"height":1280,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/09\/pexels-pixabay-33786.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Michelle Nortje","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Michelle Nortje","Est. reading time":"7 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alzheimer-kan-jy-dit-keer\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alzheimer-kan-jy-dit-keer\/"},"author":{"name":"Michelle Nortje","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd"},"headline":"Alzheimersiekte: Kan jy dit keer?","datePublished":"2024-09-27T09:47:52+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alzheimer-kan-jy-dit-keer\/"},"wordCount":1537,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alzheimer-kan-jy-dit-keer\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/09\/pexels-pixabay-33786.jpg","keywords":["demensie","cholesterol","alzheimer","geheueverlies","health","illness","diabetes","hartsiektes"],"articleSection":["Leef gesond","Gesondheid"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2024","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alzheimer-kan-jy-dit-keer\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alzheimer-kan-jy-dit-keer\/","name":"Alzheimersiekte: Kan jy dit keer? | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alzheimer-kan-jy-dit-keer\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alzheimer-kan-jy-dit-keer\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/09\/pexels-pixabay-33786.jpg","datePublished":"2024-09-27T09:47:52+00:00","description":"Net 10% van mense bo 70 het beduidende geheueverlies, maar hoe ouer jy word hoe groter word jou risiko. Kan mens dit vermy?","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alzheimer-kan-jy-dit-keer\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alzheimer-kan-jy-dit-keer\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alzheimer-kan-jy-dit-keer\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/09\/pexels-pixabay-33786.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/09\/pexels-pixabay-33786.jpg","width":1920,"height":1280},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alzheimer-kan-jy-dit-keer\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Alzheimersiekte: Kan jy dit keer?"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd","name":"Michelle Nortje","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","caption":"Michelle Nortje"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/81572","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=81572"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/81572\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/148186"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=81572"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=81572"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=81572"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}