{"id":81499,"date":"2017-09-01T14:12:03","date_gmt":"2017-09-01T12:12:03","guid":{"rendered":"http:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=81499"},"modified":"2017-09-01T14:12:03","modified_gmt":"2017-09-01T12:12:03","slug":"louise-hay-die-doyenne-van-selfhelp","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/louise-hay-die-doyenne-van-selfhelp\/","title":{"rendered":"Louise Hay: die doyenne van selfhelp"},"content":{"rendered":"<p>Deesdae is die denkrigting dat daar \u2019n verband bestaan tussen jou gedagtes en die gebeure wat in jou lewe ontvou, glad nie nuut nie, maar in die jare sewentig het <strong>Louise Hay<\/strong> baanbrekerswerk op di\u00e9 gebied gedoen.<\/p>\n<p>Sy s\u00ea onomwonde: \u201cEk is een met die Mag wat my geskep het. En hierdie Mag gee ook aan my die mag om my eie omstandighede te skep. Dis vir my wonderlik dat ek die mag van my denke op enige manier kan gebruik.\u201d Sy weier om haar \u201cmag\u201d af te staan deur mense of omstandighede te blameer vir wat in haar lewe gebeur. \u201cAs ons vrede en harmonie en balans in ons denke skep, sal ons dit ook in ons lewe ervaar.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><em>\u201cAs ons vrede en harmonie en balans in ons denke skep, sal ons dit ook in ons lewe ervaar\u201d<\/em><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Louise se bekendste boek, <strong><em>You can Heal your Life<\/em><\/strong>, is in 37 tale vertaal en meer as 35 miljoen eksemplare daarvan is w\u00eareldwyd verkoop. Maar die grondslag vir haar roem is in 1976 gel\u00ea met die verskyning van haar heel eerste boekie, <strong><em>Heal your Body<\/em><\/strong>, wat bekend gestaan het as die \u201cklein blou boekie\u201d. Daarin het sy die aandag gevestig op moontlike emosionele en psigologiese oorsake van siektes en skete. Haar boodskap was duidelik: deur lief te wees vir jouself en deur bewustelik positiewe gedagtes te dink, kan jy jou van siektetoestande genees. In die boek gee sy \u2019n uitgebreide lys van siektes, moontlike gedagtepatrone wat daartoe lei en aanbevelings vir nuwe, genesende denkpatrone.<\/p>\n<p>Baie sogenaamde selfhelpkundiges verkondig deesdae die teorie\u00eb oor positiewe denke sonder dat hulle dit enigsins getoets het, maar Louise Hay se lewe was so gebroke dat sy die prosesse van heling op haar eie moes uitwerk. Wat vir haar gewerk het, deel sy met die w\u00eareld deur haar boeke, CD\u2019s en rolprente. Vandag is sy een van die vroue wat w\u00eareldwyd die meeste boeke verkoop het.<\/p>\n<p>Louise het in die depressie in armoede grootgeword. Sy was skaars vyf toe \u2019n buurman haar verkrag het &#8211; die begin van \u2019n patroon van onsedelike aanrandings wat deur haar gewelddadige stiefpa voortgesit is. Asof dit nie genoeg is nie, was buitengewoon harde, fisieke werk ewe veel deel van haar kleintyd.<\/p>\n<p>Haar selfbeeld was, tipies van mishandelde kinders, baie laag en min dinge het vir haar reg verloop. Sy vertel van \u2019n partytjie by die skool waar daar koek in oorvloed was. Baie kinders het twee of selfs drie porsies gekry en toe sy, heel laaste in die ry, by die tafels kom, was die koek op. Sy s\u00ea: \u201cVandag kan ek duidelik sien hoe die konsep: \u2018Ek is niks werd nie en ek verdien niks nie\u2019, veroorsaak het dat ek laaste in die ry was en nie koek gekry het nie. Dit was my patroon, die weerspie\u00ebling van my opvattings.\u201d<\/p>\n<p>Tien jaar later, op 15, kon Louise die seksuele aanranding nie meer verduur nie. Sy het van die huis af weggeloop en teen \u2019n skamele vergoeding as kelnerin gaan werk. Uitgehonger vir liefde en aanvaarding het sy los seksuele verhoudings met mans aangeknoop. Die gevolg van di\u00e9 roekelose gedrag was dat sy op 16 \u2019n babadogtertjie gehad en vir aanneemouers gegee het.<\/p>\n<p>Sy s\u00ea: \u201cIn hierdie omstandighede kon ek nie die vreugde van moederskap ervaar nie. Ek het net gesit met die verlies en die skuld en die skande.\u201d Sy het nooit weer \u2019n kind gehad nie.<\/p>\n<p>In 1950 is sy New York toe waar sy modelwerk gedoen het. Sy het haar naam verander na Louise en haar man, Andrew Hay, ontmoet. Sy beskryf hom as \u2019n wonderlike man saam met wie sy \u2019n glansryke lewe gehad het. Hulle het die w\u00eareld vol gereis, saam met koninklikes gekuier en selfs in die Amerikaanse Withuis ge\u00ebet. Tog het haar selfbeeld laag gebly en toe haar man n\u00e1 14 jaar aankondig dat hy wil skei om met \u2019n ander vrou te trou, het haar w\u00eareld in duie gestort. Uit die emosionele rommelhoop sou haar innerlike helingswerk begin.<\/p>\n<p>In retrospeksie kon Louise insien hoe haar denkpatroon die negatiewe in haar lewe ingelok het. Oor die brutale mans wat haar mishandel en dikwels geslaan het, s\u00ea sy dis haar patroon van waardeloosheid wat hulle aangetrek het. Dit kon die res van haar lewe so verloop het, maar deur die innerlike werk aan haar denke en gevoelens het sy daardie soort mans ontgroei. \u201cEk kan nie goedpraat wat sulke mans doen nie, maar as dit nie \u2018my patroon\u2019 was nie, sou hulle nie tot my aangetrokke gewees het nie. Deesdae weet \u2019n man wat vroue mishandel nie eens dat ek bestaan nie. Ons patrone trek mekaar nie meer aan nie.\u201d<\/p>\n<p>Die dag toe sy by die <strong>Church of Religious Science (CRS)<\/strong> ingestap het, het Louise se lewe eers regtig verander. Die CRS is \u2019n \u201ckerk\u201d wat die transformerende krag van \u2019n mens se gedagtes verkondig het. \u201cEk het gehoor iemand daar s\u00ea: \u2018As jy bereid is om jou gedagtes te verander, kan jy jou lewe verander.\u2019 My mond het oopgeval. R\u00e9gtig? het ek gewonder en ek, wat nooit eens \u2019n student was nie, het daar en dan begin lees en nogmaals lees.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><em>\u2018As jy bereid is om jou gedagtes te verander, kan jy jou lewe verander\u2019 <\/em><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Haar leesstof was die metafisiese geskrifte van skrywers van die vroeg twintigste eeu, soos Florence Scovel Shinn wat daarvan oortuig was dat positiewe denke jou materi\u00eble voorspoed kan be\u00efnvloed, asook Ernest Holmes wat mense geleer het dat positiewe denke jou liggaam kan genees. Sy het kursus n\u00e1 kursus by die kerk voltooi en drie jaar later as \u2019n gelisensieerde CRS-praktisyn gekwalifiseer. Sy kon met haar lewenswerk as berader begin. Sy sou dit uitbou deur verdere studie aan die internasionale Maharishi-universiteit in Fairfield, Iowa. Hier is geen rook, drank of dwelms toegelaat nie en studente moes vier keer per dag mediteer.<\/p>\n<p>Benewens haar voltydse beradingswerk is Louise mettertyd ook gevra om te reis, lesings aan te bied en klein klasse te onderrig. In di\u00e9 tyd is die \u201cklein blou boekie\u201d met sy sielkundige oorsake vir fisieke ongesteldhede gepubliseer.\u00a0Alles het net vir haar begin reg loop toe servikale kanker in die jare sewentig by haar gediagnoseer is. Dit was \u2019n reuse-skok. Sy beskryf hoe paniekbevange sy aanvanklik was, maar danksy haar oortuiging dat genesing in jou denke begin, kon sy die skok en paniek te bowe kom. Sy het immers haar blou boekie geskryf en het geglo dat kanker voortvloei uit \u2019n diep wrokkigheid en gegriefdheid wat oor \u2019n lang tyd volgehou word totdat dit letterlik die liggaam begin wegvreet. \u201cOngeneeslik\u201d beteken vir haar dat \u2019n siekte nie met uiterlike middele genees kan word nie en dat jy in jou innerlike na die kuur moet gaan soek. Sy sou moes leer om haarself lief te h\u00ea en deur vergiffenis haar wrokkige gevoelens oor haar mishandeling en verkragtings oorkom.<\/p>\n<p>Sy het teen mediese ingryping besluit. Met \u2019n streng roetine van die herhaling van positiewe gedagtes, sielkundige terapie, gesonde voeding, refleksologie en ander natuurlike middele het sy haar sielkundig en fisiologies gereinig en die kanker oorwin. Sy beskryf di\u00e9 proses in haar boek, <em>You can Heal your Life<\/em>.<\/p>\n<p>Haar sukses met di\u00e9 soort heling ten spyt, sou Louise Hay waarskynlik onbekend gebly het as dit nie vir die HIV\/vigs-pandemie was nie. In 1980 het sy Los Angeles toe verhuis waar sy \u2019n beradingspraktyk gevestig het. Onder haar kli\u00ebnte was gay mans wat haar gevra het om \u2019n ondersteuningsgroep vir gay mans met vigs te begin. Die eerste aand was daar net \u2019n klein groepie mans. Sy het bely dat sy nie \u2019n benul gehad het van wat om met hulle te doen nie, maar \u2019n selfbejammeringsbyeenkoms sou dit ni\u00e9 wees nie. Die aand is omgesels, positiewe gedagtes is herhaal en hulle het selfs gesing. Die volgende dag het een haar gebel en ges\u00ea: \u201cEk het gisternag die eerste keer in drie weke geslaap.\u201d<\/p>\n<p>Dit was die begin van haar sogenaamde <strong>Hayride<\/strong>-groep wat in \u2019n kort tydjie gegroei het tot meer as 800 mans wat een maal per week bymekaargekom het. Dit was die beginjare van vigs en daar was weinig ondersteuning vir di\u00e9 mense. Louise vertel dat van die mans se ma\u2019s soms saamgekom het en dat hulle elke keer \u2019n staande toejuiging van die mans gekry het. \u201cDie pa\u2019s het byna nooit gekom nie. Hulle kon nie hul seuns vergewe nie.\u201d Louise het selfs by van die mans se begrafnisse voorgegaan. \u201cWie anders sou dit doen?\u201d vra sy. \u201cTradisionele godsdiensgroepe wou nie aan hulle raak nie.\u201d<\/p>\n<p>Omdat haar groep so suksesvol was, is sy genooi om as gas op die <strong>Oprah Winfrey<\/strong>-program te verskyn. Dit het haar boek <em>You can Heal your Life<\/em> op die trefferlyste geplaas en daarna was Louise Hay se sukses \u2019n gegewe.<\/p>\n<p>In 1984 is haar uitgewery, <strong>Hay House<\/strong>, in haar woonkamer begin. Dit was aanvanklik \u2019n klein onderneming wat nie goed bestuur is nie; die finansies was veral \u2019n gemors. In \u2019n artikel oor Louise in die New York Times skryf die joernalis Mark Oppenheimer dat die uitgewery waarskynlik gou tot niet sou gegaan het as Reid Tracy nie in 1988 as boekhouer by hulle aangesluit het nie. In 1998 het hy president van die firma geword. Reid het ook geld in die maatskappy bel\u00ea en tans is hy en Louise \u00a0die enigste aandeelhouers.<\/p>\n<p>Reid het visie gehad en besef dat, afgesien van boeke, ook dagstukkalenders, CD\u2019s, motiveringskaarte en dergelike produkte \u00a0groot verkopers sou wees. Vandag is Hay House \u2019n vooruitstrewende onderneming wat miljoene boeke, video\u2019s, CD\u2019s en ander produkte w\u00eareldwyd verkoop. Bekende skrywers in die selfhelpbedryf, soos Wayne Dyer, Deepak Chopra en Doreen Virtue se boeke word deur Hay House uitgegee.<\/p>\n<p>Louise se filosofie word ook deur <strong>Hay House Radio<\/strong> uitgedra. Dis \u2019n webgebaseerde radiostasie wat in 2005 begin is en dertig uur per week programme deur bekende Hay House-outeurs aanbied. Die selfontwikkelingsveld is blykbaar onversadigbaar.<\/p>\n<p>Van \u2019n mishandelde, stukkende mens het Louise gegroei tot die doyenne van selfontwikkeling. Selfs nadat sy haarself genees het, moes sy nog brokstukke van haar verhouding met haar ma en haar suster optel. Sy het baie jare nadat sy van haar ouerhuis af weggevlug het, eers gehoor dat haar stiefpa sy mishandeling en aanrandings na haar sussie toe verplaas het. Haar ma is in 1985 oorlede, maar hulle het mekaar voor haar dood reeds vrygemaak van blaam en ongelukkigheid. Die herstel van \u2019n goeie verhouding met haar suster is \u2019n voortdurende proses, met Louise wat die veilige atmosfeer skep waarbinne hulle verskillende helingspaaie kan beproef.<\/p>\n<p>Louise Hay is op 83 \u2019n skatryk vrou, maar sy leef blykbaar betreklik eenvoudig in haar huis in San Diego, Kaliforni\u00eb. Sy is klein, blond en broos, maar met \u2019n op-en-wakker lewenshouding.<\/p>\n<p>Mark Oppenheimer beskryf haar as \u201c<em>the hip older aunt rather than the sensible grandmother<\/em>.\u201d Haar opvatting oor die noodsaaklikheid van liefde en respek vir jouself strek ook uit na die omgewing. Sy probeer \u201cgroen\u201d leef en haar organiese groentetuin is haar trots. Daarby ry sy in \u2019n klein Smart-motortjie wat lig op brandstof is. Op 75 het sy met joga begin en \u2019n jaar later met danslesse. Dit alles hou haar soepel en fiks. Sy volg \u2019n eenvoudige dieet met volop vars vrugte en groente en bring haar dae deur met tuinmaak, skilder en kook.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><em>&#8220;She is the hip older aunt rather than the sensible grandmother&#8221; &#8211; Mark Oppenheimer<\/em><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Louise se blywende erflating is haar filosofie oor positiewe denke. Enkele hoofpunte daarvan is:<\/p>\n<p>\u2022 Elkeen is verantwoordelik vir wat in sy lewe gebeur.<\/p>\n<p>\u2022 Die gedagtes wat ons dink en die woorde wat ons uitspreek, skep ons omstandighede.<\/p>\n<p>\u2022 Ons kies wat ons wil dink, en \u2019n gedagte kan verander word.<\/p>\n<p>\u2022 Gegriefdheid, \u2019n kritiese houding, skuld, woede en vrees is die skadelikste emosies.<\/p>\n<p>\u2022 Ons moet die verlede laat gaan en om dit te doen, moet ons bereid wees om te vergewe.<\/p>\n<p>\u2022 Alle siekte spruit uit \u2019n houding van onvergewensgesindheid.<\/p>\n<p>\u2022 Die waarheid is dat ons almal een of ander tyd dink ons is nie goed genoeg nie.<\/p>\n<p>\u2022 Ons moet bereid wees om te leer om onsself lief te h\u00ea.<\/p>\n<p>Di\u00e9 erflating is vervat in meer as 25 boeke, talle video\u2019s en CD\u2019s, haar adviesrubrieke in meer as vyftig publikasies, haar toesprake, haar berading.\u00a0Sy weet haar jare word min en glo dat om te sterf ook nie \u2019n negatiewe ervaring hoef te wees nie. \u201cHoekom is ons so bang om te sterf? Ons was nie bang om gebore te word nie. As ons leer om vreugdevol te leef, sal ons ook vreugdevol sterf.\u201d<\/p>\n<p>Louis Hay is op 30 Augustus in die ouderdom van 90 oorlede.<\/p>\n<p><strong>Bronne<\/strong><br \/>\nLouise L. Hay: You can Heal your Life; Mark Oppenheimer: The Queen of the New Age in New York Times 4 Mei 2008; http:\/\/www.butler-bowdon.com\/youcanheal; http:\/\/www.womensconference.org\/louise-hay; http:\/\/en.wikipedia.org\/wiki\/Louise_Hay<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Met haar trefferboeke oor die sielkundige oorsake van fisieke ongesteldhede het die Amerikaanse selfhelpkundige Louise Hay miljoene mense se lewe positief be\u00efnvloed. Sy is op 30 Augustus 2017 in die ouderdom van 90 oorlede. Ons kyk na Regina Malan se Beeld van \u2019n Vrou, wat sy in Januarie 2011 vir rooi rose geskryf het. Foto Hay House Publishers, Twitter<\/p>\n","protected":false},"author":8,"featured_media":81502,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[675],"tags":[1815,24093,833,1387],"class_list":["post-81499","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-bekendes","tag-skrywers","tag-wellbeing","tag-sielkunde","tag-celebs"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Louise Hay: die doyenne van selfhelp | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Die Amerikaanse selfhelpkundige Louise Hay is op 30 Augustus 2017 in die ouderdom van 90 oorlede. Lees ons Beeld van \u2019n Vrou oor haar hier:\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/louise-hay-die-doyenne-van-selfhelp\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Louise Hay: die doyenne van selfhelp | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die Amerikaanse selfhelpkundige Louise Hay is op 30 Augustus 2017 in die ouderdom van 90 oorlede. Lees ons Beeld van \u2019n Vrou oor haar hier:\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/louise-hay-die-doyenne-van-selfhelp\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2017-09-01T12:12:03+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/Louise-Hay.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"793\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"792\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"11 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/louise-hay-die-doyenne-van-selfhelp\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/louise-hay-die-doyenne-van-selfhelp\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Michelle Nortje\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\"},\"headline\":\"Louise Hay: die doyenne van selfhelp\",\"datePublished\":\"2017-09-01T12:12:03+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/louise-hay-die-doyenne-van-selfhelp\\\/\"},\"wordCount\":2142,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/louise-hay-die-doyenne-van-selfhelp\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/08\\\/Louise-Hay.jpg\",\"keywords\":[\"skrywers\",\"wellbeing\",\"sielkunde\",\"celebs\"],\"articleSection\":[\"Bekendes\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2017\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/louise-hay-die-doyenne-van-selfhelp\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/louise-hay-die-doyenne-van-selfhelp\\\/\",\"name\":\"Louise Hay: die doyenne van selfhelp | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/louise-hay-die-doyenne-van-selfhelp\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/louise-hay-die-doyenne-van-selfhelp\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/08\\\/Louise-Hay.jpg\",\"datePublished\":\"2017-09-01T12:12:03+00:00\",\"description\":\"Die Amerikaanse selfhelpkundige Louise Hay is op 30 Augustus 2017 in die ouderdom van 90 oorlede. Lees ons Beeld van \u2019n Vrou oor haar hier:\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/louise-hay-die-doyenne-van-selfhelp\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/louise-hay-die-doyenne-van-selfhelp\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/louise-hay-die-doyenne-van-selfhelp\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/08\\\/Louise-Hay.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/08\\\/Louise-Hay.jpg\",\"width\":793,\"height\":792,\"caption\":\"Foto: Twitter\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/louise-hay-die-doyenne-van-selfhelp\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Louise Hay: die doyenne van selfhelp\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\",\"name\":\"Michelle Nortje\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Michelle Nortje\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Louise Hay: die doyenne van selfhelp | rooi rose","description":"Die Amerikaanse selfhelpkundige Louise Hay is op 30 Augustus 2017 in die ouderdom van 90 oorlede. Lees ons Beeld van \u2019n Vrou oor haar hier:","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/louise-hay-die-doyenne-van-selfhelp\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Louise Hay: die doyenne van selfhelp | rooi rose","og_description":"Die Amerikaanse selfhelpkundige Louise Hay is op 30 Augustus 2017 in die ouderdom van 90 oorlede. Lees ons Beeld van \u2019n Vrou oor haar hier:","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/louise-hay-die-doyenne-van-selfhelp\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2017-09-01T12:12:03+00:00","og_image":[{"width":793,"height":792,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/Louise-Hay.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Michelle Nortje","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Michelle Nortje","Est. reading time":"11 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/louise-hay-die-doyenne-van-selfhelp\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/louise-hay-die-doyenne-van-selfhelp\/"},"author":{"name":"Michelle Nortje","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd"},"headline":"Louise Hay: die doyenne van selfhelp","datePublished":"2017-09-01T12:12:03+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/louise-hay-die-doyenne-van-selfhelp\/"},"wordCount":2142,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/louise-hay-die-doyenne-van-selfhelp\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/Louise-Hay.jpg","keywords":["skrywers","wellbeing","sielkunde","celebs"],"articleSection":["Bekendes"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2017","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/louise-hay-die-doyenne-van-selfhelp\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/louise-hay-die-doyenne-van-selfhelp\/","name":"Louise Hay: die doyenne van selfhelp | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/louise-hay-die-doyenne-van-selfhelp\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/louise-hay-die-doyenne-van-selfhelp\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/Louise-Hay.jpg","datePublished":"2017-09-01T12:12:03+00:00","description":"Die Amerikaanse selfhelpkundige Louise Hay is op 30 Augustus 2017 in die ouderdom van 90 oorlede. Lees ons Beeld van \u2019n Vrou oor haar hier:","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/louise-hay-die-doyenne-van-selfhelp\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/louise-hay-die-doyenne-van-selfhelp\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/louise-hay-die-doyenne-van-selfhelp\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/Louise-Hay.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/Louise-Hay.jpg","width":793,"height":792,"caption":"Foto: Twitter"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/louise-hay-die-doyenne-van-selfhelp\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Louise Hay: die doyenne van selfhelp"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd","name":"Michelle Nortje","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","caption":"Michelle Nortje"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/81499","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=81499"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/81499\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/81502"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=81499"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=81499"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=81499"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}