{"id":81496,"date":"2017-09-01T12:56:22","date_gmt":"2017-09-01T10:56:22","guid":{"rendered":"http:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=81496"},"modified":"2017-09-01T12:56:22","modified_gmt":"2017-09-01T10:56:22","slug":"louis-meintjes","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/louis-meintjes\/","title":{"rendered":"Ons gesels met Louis Meintjes"},"content":{"rendered":"<p>Louis Meintjes (25) het vanjaar algeheel 8ste plek behaal in die <strong>Le Tour de France<\/strong>-padfietswedren. Hy was net 8:02 minute agter die algehele wenner, Chris Froome. Hy is ook tweede geplaas in die kategorie vir fietsryers onder 26 in di\u00e9 wedren. Hy het verlede jaar dieselfde plekke behaal, wat \u2019n\u00a0 uitsonderlike prestasie vir \u2019n jong jaer op hierdie vlak van mededinging is. Hy was ook een van vier Suid-Afrikaners wat vanjaar aan die wedren deelgeneem het en word deur kommentators en sy mededingers gereken as iemand om dop te hou.<\/p>\n<p>Hy het tydens die <em>Vuelta a Espa\u00f1a<\/em>\u00a0tyd ingeruim om met <em>rooi rose<\/em> te gesels.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-81505 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/louismeintjes2-500x333.jpg\" alt=\"louismeintjes2\" width=\"500\" height=\"333\" \/><\/p>\n<h4>Vertel ons meer van jouself. Waar kom jy vandaan en wat het jy gedoen voordat jy professioneel begin fietsry het?<\/h4>\n<p>Ek kom van Rustenburg af. Ek was by die Bergsig Akademie op skool. Na skool het ek my eerste jaar se studies voltooi in Besigheidsekonomie deur UNISA totdat ek professioneel begin fietsry het. Met my fietsry-skedule en met die hoeveelheid wat ek reis was dit \u2019n bietjie moeilik om ook my studies te balanseer.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Hoe en hoekom het jy begin fietsry?<\/h4>\n<p>As kind het ek altyd \u2019n fiets gehad\u00a0\u2013 \u00f3f \u2019n BMX \u00f3f \u2019n bergfiets. Soos ek groter geword het, het ek deel geword van \u2019n plaaslike klub wat gereeld oefenritte meegemaak het. Ek het nogal swaargekry tydens hierdie ritte want ek was op \u2019n bergfiets en almal anders was op padfietse. Ek het dit steeds baie geniet en dit het my gemotiveer om beter te raak en ek het uiteindelik besluit om \u2019n padfiets aan te skaf sodat ek kon byhou by die ander ouens.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Ry jy nou nog bergfiets?<\/h4>\n<p>Ek het \u2019n bergfiets by die huis in Rustenburg sodat ek \u2019n bietjie my oefening kan meng tydens \u2019n afseisoen, maar ek ry slegs professioneel padfiets.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Waar bly jy op die oomblik? En waar oefen jy en jou spanmaats?<\/h4>\n<p>Wanneer ek in Europa is, woon ek in Andorra. Tydens \u2019n afseisoen, wanneer ek in Suid-Afrika is, woon ek in Rustenburg. Met fietsry oefen jy nie eintlik saam met jou spanmaats nie behalwe as julle naby aan mekaar bly. Die enigste keer wanneer julle saamry, is by georganiseerde spanbyeenkomstes en wedrenne. Andersins oefen jy sonder hulle.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Wat doen jy wanneer jy nie op jou fiets is nie?<\/h4>\n<p>Ons reis konstant, so daar is nie baie tyd vir enigiets anders nie. Wanneer jy reis en gedurende wedrenne is jy gereeld op jou foon om kontak te hou met jou mense tuis. Wanneer ek terugkom by die huis in Andorra is daar gewoonlik baie adminstratiewe sake en take om na om te sien want dit hoop op omdat ek so gereeld weggaan.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Beskryf \u2019n gewone dag in die lewe van Louis Meintjes.<\/h4>\n<p>Ek word wakker, eet ontbyt, oefen, eet middagete en spandeer dan die res van die middag om inkopies te doen of om allerhande ander take klaar te kry. Ek is baie ge\u00efnteresseerd in voedsaamheid, so ek eksperimenteer altyd met kos en ek kyk wat beter vir my werk. Ek sal gewoonlik iets soos hawermout en eiers vir ontbyt eet. Middagete hang af van hoe hard my oefensessie was: as dit moeilik was dan sal ek dalk pasta met vleis en groente eet en vir aandete is dit gewoonlik vleis en groente.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Wat is jou toekomsplanne?<\/h4>\n<p>Ek het sopas \u2019n kontrak geteken met\u00a0<strong>DimensionData<\/strong> vir <strong>Qhubeka<\/strong> vir 2018. Dit sal wonderlik wees om terug in \u2019n Suid-Afrikaanse span te wees en ons mikpunt is om baie goed te vaar in volgende jaar se Le Tour de France.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Is daar iemand spesiaal in jou lewe?<\/h4>\n<p>Nie op hierdie stadium nie, nee.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><strong>Wat is jou gunsteling-wedren?<\/strong><\/h4>\n<p>Dit is die Le Tour de France. Dis een van die eerste wedrenne waarna ek as kind gekyk het en dis groter as enige ander resies. Dis die \u00e9\u00e9n wedren waarvoor al die beste fietsryers in die w\u00eareld mik. Almal wat by die beginstreep aanmeld lyk op hul beste en is topfiks &#8211; wat die kompetisie baie rof maak. Om \u2019n goeie uitslag op die Tour te kry is baie meer spesiaal as enige ander wedrenne op die kalender.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Jy is bekend as \u2019n klimmer, en ook vir tydtoetse. Watter tegniek of vaardighede moet jy h\u00ea daarvoor en hoe verskil die vaardighede?<\/h4>\n<p>Ek moet nog aan alles werk want dis nie asof ek elke naweek \u2019n resies wen nie. Die ouens wat die multi-dagwedrenne wen se tegniek is goed afgerond en het sterk punte in alle areas. Die roetes van die wedrenne verander heeltyd so jy kan nie net in een area spesialiseer nie. As jy byvoorbeeld te veel tyd spandeer op tydtoetse (<em>time trials<\/em>), en die Tour het dalk volgende jaar nie soveel daarvan as hierdie jaar nie, dan kan jy jouself benadeel. So, ek dink dis belangrik om gebalansseerd te wees en om aan alles te werk.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-81506 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/louismeintjes3-500x333.jpg\" alt=\"louismeintjes3\" width=\"500\" height=\"333\" \/><\/p>\n<h4>Wat was jou gunsteling-oomblik tydens die 2017 Tour?<\/h4>\n<p>Om klaar te maak. Om in Parys uit te kom is s\u00f3 moeilik en daar is s\u00f3 baie goed wat jy moet vermy om dit tot by die eindstreep te maak dat dit \u2019n baie groot prestasie is as jy dit wel regkry. Daar is soveel belegging en toewyding van almal se kant af dat dit werklik wonderlik is as jy \u2019n goeie resultaat namens almal kan lewer.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Wat was die moeilikste deel vanjaar?<\/h4>\n<p>Ek ervaar eintlik die weke wat na die resies toe lei as die moeilikste deel. Dis die punt waar jy soveel werk gedoen het en nou sit jy net rond en hoop dat jy genoeg voorberei het vir die resies. Om te wag is die moeilikste want jou gedagtes maal oor die vrees vir die onbekende. Jy wonder hoe jy sal vergelyk met die res, so daar is baie gedagtes wat deur jou kop maal.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Jy kan seker nie bekostig om \u2019n slegte dag te h\u00ea tydens \u2019n multi-dagwedren soos die Tour nie. Hoe volhou \u2019n mens jou stamina en konsentrasie oor so \u2019n lang tyd?<\/h4>\n<p>Jy het nie \u2019n keuse nie; jy moet net. Die spanne leen baie goeie ondersteuning aan die fietsryers en die bemanning sorg vir alles in die agtergrond sodat jy net op jou werk kan fokus. Dis ook goed om die wedren in kleiner blokke op te breek. Eerstens fokus ek op die dag wat voorl\u00ea en daarna begin ek aan die volgende dag dink. Die resies het gewoonlik twee rusdae gedurende die drie weke so my fokus is gewoonlik net om tot by die volgende rusdag uit te kom. Die wedren duur drie weke lank en as jy net daarop fokus om dit tot die einde van die drie weke te maak, gaan dit \u2019n baie lang resies word.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Fietsry word gereeld gesien as \u2019n \u201csolo\u201d-sport: dis net jy en jou fiets. Nietemin vorm fietsryers deel van \u2019n span in die groot wedrenne. Hoe belangrik is spanwerk in hierdie konteks?<\/h4>\n<p>Fietsry is baie anders as meeste ander sportsoorte want alhoewel daar net een ou is wat oor die wenstreep ry om te wen, sal die oorwinning nie moontlik wees sonder die ondersteuning van \u2019n span nie. Gewoonlik het die span een doelwit voor o\u00eb en al nege fietsryers is toegewy aan hierdie doelwit. As jy nie hierdie sportsoort verstaan nie is dit moeilik om al die legkaartstukkies te sien wat in plek moet val soos die wedren vorder, maar aan die einde as jy iemand sien wen, het al sy spanmaats hulle spelplan uitgevoer oor die afgelope paar ure om te verseker dat dit kon gebeur.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ons het gesels met Louis Meintjes, die Suid-Afrikaanse fietsryer wat die agtste plek in die 2017 Le Tour de France behaal het. Deur Catherine Schenck. Foto&#8217;s: ASO\/Digital Reporters\/Sarah Meyssonnier.<\/p>\n","protected":false},"author":38,"featured_media":81501,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[661,675],"tags":[213,1387,4151,28097,31431],"class_list":["post-81496","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-ons-mense","category-bekendes","tag-sport","tag-celebs","tag-nuut-nou","tag-ons-bekendes","tag-louis-meintjies"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Ons gesels met Louis Meintjes | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Ons gesels met Louis Meintjes, die Suid-Afrikaner wat 8ste plek in die 2017 Le Tour de France behaal het. Foto&#039;s: ASO\/Digital Reporters\/Sarah Meyssonnier.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/louis-meintjes\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Ons gesels met Louis Meintjes | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Ons gesels met Louis Meintjes, die Suid-Afrikaner wat 8ste plek in die 2017 Le Tour de France behaal het. Foto&#039;s: ASO\/Digital Reporters\/Sarah Meyssonnier.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/louis-meintjes\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2017-09-01T10:56:22+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/louis1-e1504262534314.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1200\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1163\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"6 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/louis-meintjes\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/louis-meintjes\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Catherine Schenck\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\"},\"headline\":\"Ons gesels met Louis Meintjes\",\"datePublished\":\"2017-09-01T10:56:22+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/louis-meintjes\\\/\"},\"wordCount\":1267,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/louis-meintjes\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/08\\\/louis1-e1504262534314.jpg\",\"keywords\":[\"sport\",\"celebs\",\"nuut &amp; nou\",\"ons bekendes\",\"louis meintjies\"],\"articleSection\":[\"Ons mense\",\"Bekendes\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2017\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/louis-meintjes\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/louis-meintjes\\\/\",\"name\":\"Ons gesels met Louis Meintjes | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/louis-meintjes\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/louis-meintjes\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/08\\\/louis1-e1504262534314.jpg\",\"datePublished\":\"2017-09-01T10:56:22+00:00\",\"description\":\"Ons gesels met Louis Meintjes, die Suid-Afrikaner wat 8ste plek in die 2017 Le Tour de France behaal het. Foto's: ASO\\\/Digital Reporters\\\/Sarah Meyssonnier.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/louis-meintjes\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/louis-meintjes\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/louis-meintjes\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/08\\\/louis1-e1504262534314.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/08\\\/louis1-e1504262534314.jpg\",\"width\":1200,\"height\":1163,\"caption\":\"Foto: ASO\\\/Digital Reporters\\\/Sarah Meyssonnier\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/louis-meintjes\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Ons gesels met Louis Meintjes\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\",\"name\":\"Catherine Schenck\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Catherine Schenck\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Ons gesels met Louis Meintjes | rooi rose","description":"Ons gesels met Louis Meintjes, die Suid-Afrikaner wat 8ste plek in die 2017 Le Tour de France behaal het. Foto's: ASO\/Digital Reporters\/Sarah Meyssonnier.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/louis-meintjes\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Ons gesels met Louis Meintjes | rooi rose","og_description":"Ons gesels met Louis Meintjes, die Suid-Afrikaner wat 8ste plek in die 2017 Le Tour de France behaal het. Foto's: ASO\/Digital Reporters\/Sarah Meyssonnier.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/louis-meintjes\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2017-09-01T10:56:22+00:00","og_image":[{"width":1200,"height":1163,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/louis1-e1504262534314.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Catherine Schenck","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Catherine Schenck","Est. reading time":"6 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/louis-meintjes\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/louis-meintjes\/"},"author":{"name":"Catherine Schenck","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1"},"headline":"Ons gesels met Louis Meintjes","datePublished":"2017-09-01T10:56:22+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/louis-meintjes\/"},"wordCount":1267,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/louis-meintjes\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/louis1-e1504262534314.jpg","keywords":["sport","celebs","nuut &amp; nou","ons bekendes","louis meintjies"],"articleSection":["Ons mense","Bekendes"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2017","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/louis-meintjes\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/louis-meintjes\/","name":"Ons gesels met Louis Meintjes | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/louis-meintjes\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/louis-meintjes\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/louis1-e1504262534314.jpg","datePublished":"2017-09-01T10:56:22+00:00","description":"Ons gesels met Louis Meintjes, die Suid-Afrikaner wat 8ste plek in die 2017 Le Tour de France behaal het. Foto's: ASO\/Digital Reporters\/Sarah Meyssonnier.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/louis-meintjes\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/louis-meintjes\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/louis-meintjes\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/louis1-e1504262534314.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/louis1-e1504262534314.jpg","width":1200,"height":1163,"caption":"Foto: ASO\/Digital Reporters\/Sarah Meyssonnier"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/louis-meintjes\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Ons gesels met Louis Meintjes"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1","name":"Catherine Schenck","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","caption":"Catherine Schenck"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/81496","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/38"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=81496"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/81496\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/81501"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=81496"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=81496"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=81496"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}