{"id":81436,"date":"2023-08-01T16:26:42","date_gmt":"2023-08-01T14:26:42","guid":{"rendered":"http:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=81436"},"modified":"2023-08-01T16:28:18","modified_gmt":"2023-08-01T14:28:18","slug":"borskanker-sonder-die-knoppie-dit-gevaarliker","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/borskanker-sonder-die-knoppie-dit-gevaarliker\/","title":{"rendered":"Borskanker sonder die knoppie: is dit gevaarliker?"},"content":{"rendered":"<p>As voorsorg vir <strong>borskanker<\/strong> voel jy elke maand jou borste getrou en voorbeeldig. Daarom slaan jy jou mammagram met \u2019n geruste hart oor. En so gebeur dit dat twee, drie, vier jaar verbygaan\u00a0voor jy weer vir \u2019n mammogram gaan. En daar is jy positief. Het jy die knop gemis?<\/p>\n<p>Nee, s\u00ea prof. Justus Apffelstaedt, Kaapse borskankerchirurg. &#8220;Daar was baie moontlik nie \u2019n knop om te voel nie.<\/p>\n<p>\u201cSekere kankers \u2013 waarvan party uiters gevaarlik is \u2013 kan jy net op \u2019n mammogram optel. Dit is \u2019n gevaarlike wanopvatting dat borskanker noodwendig met \u2019n knop geassosieer word \u2013 en dus \u2019n ewe riskante wanopvatting dat \u2019n handondersoek voldoende is as sifting vir borskanker. Daar is geen plaasvervanger vir \u2019n jaarlikse <strong>mammogram<\/strong> of <strong>sonar<\/strong> vanaf veertig nie. Dit is by verre die akkuraatste manier om borskanker op te spoor.<\/p>\n<p>\u201cAs kanker vroeg ontdek word, is jou kans om jou bors te behou meer as 90%, en jou kans om nog twintig jaar gesond te wees ook meer as 90%.\u201d<\/p>\n<p>Maar moet nogtans nie ophou met jou maandelikse borsondersoek nie. Elke maand vroe\u00ebr wat \u2019n knop opgespoor word, is \u2019n maand gewen teen borskanker.<\/p>\n<p>Lees hier hoe die soorte knoppe verskil. As enigiets jou selfs net \u2019n bietje pla, laat jou dokter of kliniek deeglik daarna kyk.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Borskanker sonder knoppies \u2026 wat jy ni\u00e9 voel nie<\/h4>\n<p>Dit is juis oor party van hierdie soorte kankers waaroor ons vals gerus voel as ons geen knoppies voel nie. As jy egter benoud is oor \u2019n knoppie wat jy reeds kan voel, kan jy hier verder lees.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Mikrokalsifikasie (verkalkings)<\/h4>\n<p>\u2022 <strong>Hoe voel mikrokalsifikasie?<\/strong><\/p>\n<p>Jy voel werklik niks \u00a0nie. Dit wys net op \u2019n mammogram of sonar.<\/p>\n<p>\u2022<strong> Is mikrokalsifikasie gevaarlik?<\/strong><\/p>\n<p>Kalsifiserings \u2013 of neerslae van kalk in die borsweefsel &#8211; is baie algemeen by ouer vroue. Dokters is egter op hul hoede vir bepaalde soorte mikrokalsifikasies, want dit kom voor waar selle vinnig verdeel, soos in \u2019n nuwe of moeilik voelbare gewas.<\/p>\n<p>\u2022<strong> Wat is mikrokalsifikasie?<\/strong><\/p>\n<p>Daar is baie redes vir mikrokalsifikasies en die meeste daarvan is onskuldig. Dokters kan aan die vorm, grootte, verspreiding en patroon van die mikrokalsifikasies aflei of die kalsifikasies dalk kanker kan wees.<\/p>\n<p>\u2022<strong> Hoe word mikrokalsifikasie behandel?<\/strong><\/p>\n<p>Die meeste is goedaardig maar bepaalde soorte het \u2019n ho\u00eb risiko om kankeragtig te wees. Die dokter bevestig die diagnose met \u2019n lokale biopsie. As daar nie \u2019n gewas is nie, sal jy gereeld opgevolg word om seker te maak alles bly reg.<\/p>\n<p>As daar \u2019n gewas is \u2026 is jy gelukkig, want dis vroeg opgespoor en jou kanse op volkome herstel is rooskleurig. Maar chemo, herseptien, hormoonbehandeling, bestraling en\/of chirurgie kan nodig wees.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Makrokalsifikasie<\/h4>\n<p>\u2022<strong> Hoe voel makrokalsifikasies?<\/strong><\/p>\n<p>Jy kan niks voel nie. Dit word gewoonlik met \u2019n mammogram of sonar opgetel.<\/p>\n<p>\u2022<strong> Is makrokalsifikasie gevaarlik?<\/strong><\/p>\n<p>Dit is nie ernstig nie.<\/p>\n<p>\u2022<strong> Wat is makrokalsifikasies?<\/strong><\/p>\n<p>Dit is \u2019n ANDI (<em>aberrations of normal development and involution<\/em>), wat beteken dit is maar net normale weefsel waarin daar verkalkings is.<\/p>\n<p>\u2022<strong> Hoe word makrokalsifikasie behandel?<\/strong><\/p>\n<p>Behandeling is onnodig, buiten dat jy gereeld \u2019n borsondersoek moet doen.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Paget se Siekte<\/h4>\n<p>\u2022<strong> Hoe voel Paget se Siekte?<\/strong><\/p>\n<p>Daar is nie \u2019n knop nie. Dit lyk en voel eerder soos ekseem. Dit begin met \u2019n rooi skilferigheid om die tepel wat oor \u2019n jaar of twee vererger tot dit aanmekaar brand en jeuk. Omdat die simptome aanvanklik niks meer as ligweg irriterend is nie, kom vroue ongelukkig baie laat by die dokter uit.<\/p>\n<p>\u2022<strong> Is Paget se Siekte gevaarlik?<\/strong><\/p>\n<p>Dis \u2019n vroe\u00eb vorm van borskanker, maar dis geneesbaar. Jy sal moet vasbyt, want jy kan \u2019n mastektomie verwag.\u00a0Tepels met simptome moet dadelik aandag kry, want genesing hang af van hoe vroeg die kanker opgespoor is.<\/p>\n<p>\u2022<strong> Wat is Paget se Siekte?<\/strong><\/p>\n<p>Dit is een van die skaarser borskankers \u2013 net een uit elke honderd borskankers word as Paget se Siekte geklassifiseer.<\/p>\n<p>\u2022<strong> Hoe word Paget se Siekte behandel?<\/strong><\/p>\n<p>Jou dokter gaan aggressief wees. As daar \u201cekseem\u201d van die tepel is, neem hy \u2019n biopsie daarvan vir diagnose. Dan volg \u2019n mammogram om te kyk of daar \u2019n gewas dieper in die bors is. Daarna volg \u2019n mastektomie, wat di\u00e9 kanker genees. Jy is meestal darem chemo- en radioterapie gespaar.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Inflammatoriese borskanker (IBC)<\/h4>\n<p>\u2022<strong> Hoe voel inflammatoriese borskanker?<\/strong><\/p>\n<p>Al is \u2019n knop hier ook nie ter sprake nie, sal jy dit aan die bors voel: die hele bors voel eerder warm, seer en \u201cswaar\u201d en is rooi en opgeswel. Dit ontwikkel vinnig, oor enkele maande eerder as oor jare.<\/p>\n<p>\u2022<strong> Is inflammatoriese borskanker gevaarlik?<\/strong><\/p>\n<p>Dit is erg, maar hou moed. Met die nuwe chemoterapie\u00eb oorleef tot een uit elke twee mense vyf jaar en langer. Dit is nie \u2019n maklike paadjie nie: wees goed vir jouself. Hou jou kop op die regte plek. Jou gesindheid gaan \u2019n groot verskil maak aan jou gesondheid en lewensgehalte.<\/p>\n<p>\u2022<strong> Wat is inflammatoriese borskanker?<\/strong><\/p>\n<p>Dit is \u2019n skaars soort kanker wat vinnig na die limfvate van die bors versprei.<\/p>\n<p>\u2022<strong> Hoe word inflammatoriese borskanker behandel?<\/strong><\/p>\n<p>Dit is \u2019n aggressiewe kanker en hoe vroe\u00ebr dit behandel word, hoe beter. Jou dokter sal dadelik met chemoterapie begin om kankerselle wat dalk reeds deur die liggaam versprei het, uit te wis. Daarna volg \u2019n volledige mastektomie om die borsweefsel te verwyder en dan radioterapie om agterblywende kankerselle te vernietig. Soms volg nog \u2019n kursus hormonale kankerterapie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Lobul\u00eare neoplasie (ook LCIS genoem)<\/h4>\n<p>\u2022<strong> Hoe voel lobul\u00eare neoplasie?<\/strong><\/p>\n<p>Jy sal dit nie voel nie. Dit word meestal net toevallig opgespoor met \u2019n mammagram of sonar. Hierdie soort ontwikkel by jonger vroue, wat juis nie vir jaarlikse mammogramme gaan nie.<\/p>\n<p>\u2022<strong> Is lobul\u00eare neoplasie gevaarlik?<\/strong><\/p>\n<p>Nie regtig nie of altans nie onmiddellik nie. Dit beteken wel dat jou risiko op borskanker in die volgende twintig jaar ho\u00ebr is.<\/p>\n<p>\u2022<strong> Wat is lobul\u00eare neoplasie?<\/strong><\/p>\n<p>Dit word nie as \u2019n borskanker beskou nie maar eerder as \u2019n weefselafwyking gesien wat \u2019n potensi\u00eble voorspeller van kanker is. Dit verhoog jou risiko op borskanker 30-50%.<\/p>\n<p>\u2022<strong> Hoe word lobul\u00eare neoplasie behandel?<\/strong><\/p>\n<p>Aangesien hierdie neoplasia \u2019n ho\u00eb risiko van borskanker inhou, sal jy jaarlikse digitale mammografie en ultraklank moet odergaan.<\/p>\n<p>Met die eerste tekens dat die neoplasie in kanker verander sal jou dokter besluit wat die beste is, met in ag neming van jou familiegeskiedenis. Chemo, herseptien, hormoonbehandeling en\/of bestraling kan nodig wees maar vir party vroue word slegs \u2019n mastektomie gedoen.<\/p>\n<p>Neoplasies kan hormoonsensitief wees, en dus moet vroue met neoplasies ook liewer hormoonbehandeling soos die Pil en HVT vermy, want dit kan die kanker \u201caanskakel\u201d \u2026 en onthou \u201cnatuurlike\u201d kruie-estrogeen en plant-ekstrakte is net so onveilig.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Skleroserende adenose<\/h4>\n<p>\u2022<strong> Hoe voel skleroserende adenose?<\/strong><\/p>\n<p>Jy kan niks voel nie. Dit word gewoonlik net met \u2019n mammagram of sonar opgetel.<\/p>\n<p>\u2022<strong> Is skleroserende adenose gevaarlik?<\/strong><\/p>\n<p>Dit is nie ernstig nie. Maar volg dit elke jaar op.<\/p>\n<p>\u2022<strong> Wat is skleroserende adenose?<\/strong><\/p>\n<p>Dit is ook \u2019n ANDI \u2013 baie soos makrokalsifikasies in die vorige seksie.<\/p>\n<p>\u2022<strong> Hoe word skleroserende adenose behandel?<\/strong><\/p>\n<p>Net soos met makrokalsifikasie moet jy van nou af jou maandelikse borsondersoek gereeld doen en elke jaar vir \u2019n mammogram gaan. Maak ook seker dat jy \u2019n basismammogram het wat veilig bewaar is, vir latere verwysing.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Atipiese duktale hiperplasie<\/h4>\n<p>\u2022<strong> Hoe voel \u2019n atipiese duktale hiperplasie?<\/strong><\/p>\n<p>\u2019n Maandelikse borsondersoek kan ook hierdie kanker nie opspoor nie. Jy voel dus niks nie. Die letsel word gewoonlik deur \u2019n mammogram of sonar opgetel.<\/p>\n<p>\u2022<strong> Is atipiese duktale hiperplasie gevaarlik?<\/strong><\/p>\n<p>Jy kan ontspan \u2026 vir eers. Hierdie diagnose beteken jou kanse op kanker is beslis verhoog maar gelukkig is dit nie nou kanker nie.<\/p>\n<p>\u2022<strong> Wat is atipiese duktale hiperplasie?<\/strong><\/p>\n<p>Dit dui daarop dat abnormale selle in die melkbuise vorm. Dit is nie streng gesproke \u2019n kanker nie maar jou kanse op borskanker is baie groot.<\/p>\n<p>\u2022<strong> Hoe word atipiese duktale hiperplasie behandel?<\/strong><\/p>\n<p>Atipiese duktale hiperplasie moet chirurgies volledig verwyder word, want in een uit vier gevalle is daar reeds borskanker aanwesig. As daar geen borskanker is nie, sal jy baie noukeurig opgevolg moet word met jaarlikse mammogramme en borssonars.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Die soorte borskankers wat \u2019n voelbare knop maak<\/h4>\n<p>As jy dalk \u2019n knoppie voel, vra jouself die volgende. Dit sal jou en jou dokter help met die diagnose.<\/p>\n<ul>\n<li>Presies waar sit hy? In watter posisie moet jou arm wees of moet jy sit of l\u00ea om dit die duidelikste te voel?<\/li>\n<li>Hoe groot is dit?<\/li>\n<li>Is dit hard, sag, jellieagtig, of dalk eerder soos \u2019n verdikking?<\/li>\n<li>Is dit seer?<\/li>\n<li>Is dit beweeglik? Sit dit vas, asof dit geanker is?<\/li>\n<\/ul>\n<p>Knoppies kan een van die volgende wees:<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Fibroadenoom<\/h4>\n<p>\u2022<strong> Hoe voel \u2019n fibroadenoom?<\/strong><\/p>\n<p>Die knop is 1 &#8211; 2 cm en soms tot 5 cm groot. Dit is hard, rubberagtig, selde seer en is tipies beweeglik. Dit word soms \u2019n \u201cborsmuis\u201d genoem omdat dit so beweeglik is.<\/p>\n<p>\u2022<strong> Is fibroadenome gevaarlik?<\/strong><\/p>\n<p>Nee, jy kan maar ontspan.<\/p>\n<p>\u2022<strong> Wat is \u2019n fibro-adenoom?<\/strong><\/p>\n<p>Dit is \u2019n vergroeiing van die melkbuise, melkkliere en vetweefsel. Fibroadenome is die algemeenste soort knop in die bors en is goedaardig. Dit ontwikkel dikwels by vroue in hul laat tiener- en vroe\u00eb twintigerjare.<\/p>\n<p>\u2022<strong> Hoe word \u2019n fibro-adenoom behandel?<\/strong><\/p>\n<p>Veiligheidshalwe bevestig die dokter sy diagnose met \u2019n ultraklank, gevolg deur \u2019n naaldbiopsie om onder die mikroskoop te kyk of die weefsel kankeragtig is. Fibro-adenome word slegs verwyder, as hulle groei, groter as 3 cm is of seer is.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Borshematoom<\/h4>\n<p>\u2022<strong> Hoe voel \u2019n hematoom?<\/strong><\/p>\n<p>Die knop is groot, sag en soms pynlik.<\/p>\n<p>\u2022<strong> Is borshematome gevaarlik?<\/strong><\/p>\n<p>Glad nie.<\/p>\n<p>\u2022<strong> Wat is \u2019n borshematoom?<\/strong><\/p>\n<p>\u2019n Hematoom is \u2019n kneusing in die bors. Dit ontstaan meestal n\u00e1 \u2019n besering of harde stamp teen die bors, wat na so twee weke vanself verdwyn.<\/p>\n<p>\u2022<strong> Hoe word \u2019n borshematoom behandel?<\/strong><\/p>\n<p>As die knop langer as twee weke bly sal jou dokter jou vir toepaslike beeldingsondersoeke stuur. Beeldings onderskei duidelik tussen \u2019n hematoom en ander soorte kankergewasse. As dit \u2019n hematoom is, is niks verder nodig nie. As dit anders of vreemd lyk sal &#8216;n naaldbiopsie uitgevoer word.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Vetnekrose<\/h4>\n<p>\u2022<strong> Hoe voel \u2019n vetnekrose?<\/strong><\/p>\n<p>Jy voel \u2019n ronde, ferm knop. Hoewel sommige nekroses seer is, is dit meestal \u2019n pynlose borsknop.<\/p>\n<p>\u2022<strong> Is \u2019n vetnekrose gevaarlik?<\/strong><\/p>\n<p>Nee, glad nie.<\/p>\n<p>\u2022<strong> Wat is \u2019n vetnekrose?<\/strong><\/p>\n<p>Vetnekroses ontwikkel n\u00e1 trauma aan die bors soos n\u00e1 \u2019n harde stamp, of chirurgie soos \u2019n borsverkleining. Vroue met diabetes kry meer dikwels vetnekroses.<\/p>\n<p>\u2022<strong> Hoe word \u2019n vetnekrose behandel?<\/strong><\/p>\n<p>Jou dokter sal jou vir mammografie en\/of borssonar stuur. Omdat vetnekroses op \u2019n mammogram en sonar net soos borskanker kan lyk, sal hy waarskynlik \u2019n fynnaaldaspirasie doen, net om seker te maak.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Fillo\u00efedestumor<\/h4>\n<p>\u2022<strong> Hoe voel \u2019n fillo\u00efedestumor?<\/strong><\/p>\n<p>Jy voel \u2019n ferm, beweeglike knop wat binne weke of maande merkbaar vergroot. Dit is nie seer nie.<\/p>\n<p>\u2022<strong> Is \u2019n fillo\u00efedestumor gevaarlik?<\/strong><\/p>\n<p>Di\u00e9 een verg vasbyt, want hy is soos die kat met nege lewens: hy kom weer. Nogtans is die vooruitsigte op \u2019n normale lewe vir nege uit tien vroue daarmee eintlik heel goed.<\/p>\n<p>\u2022<strong> Wat is \u2019n fillo\u00efedestumor?<\/strong><\/p>\n<p>Dit is \u2019n groeisel van die bindweefsel van die bors. Fillo\u00efedestumors bestaan in \u2019n wye verskeindenheid van kwaadaardige weefsels. By rondom 60% van vroue is hulle goedaardig, al hervat dit na verwydering. Aan die ander kant is daar fillo\u00efedestumors wat baie vinning herhaal na verwydering en ook vining uitsaai na ander organe.<\/p>\n<p>\u2022<strong> Hoe word \u2019n fillo\u00efedestumor behandel?<\/strong><\/p>\n<p>Fillo\u00efedestumors word chirurgies verwyder, maar hulle neig om weer te groei presies waar hulle verwyder is. As die tumor herhaal, word \u2019n mastektomie gedoen. Jou dokter sal jou baie gereeld opvolg om seker te maak dat die kanker nie uitsaai nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>\u2019n Sist<\/h4>\n<p>\u2022<strong> Hoe voel \u2019n sist in die bors?<\/strong><\/p>\n<p>Dit kan soos \u2019n druiwekorrel voel \u2013 ferm maar asof jy dit kan plat druk. Die rand is gewoonlik egalig, asof jy die rand van \u2019n sak voel. \u2019n Sist is duidelik voelbaar en dikwels pynlik. Vir baie vroue is dit meer pynlik rondom menstruasie. Een uit elke twintig vroue tussen 35 en 50 kry siste, soms \u2019n hele paar op een slag.<\/p>\n<p>\u2022<strong> Is \u2019n borssist gevaarlik?<\/strong><\/p>\n<p>Al is dit seer, kan jy maar ontspan: siste in die bors is selde gevaarlik.<\/p>\n<p>\u2022<strong> Wat is \u2019n sist in die bors?<\/strong><\/p>\n<p>Dit is \u2019n sakkie met vloeistof, wat om onbekende redes vorm.<\/p>\n<p>\u2022<strong> Hoe word borssiste behandel?<\/strong><\/p>\n<p>Die dokter maak met ultraklank seker dit is werklik net \u2019n sakkie met vloeistof sonder kankeragtige weefsel. Hy kan ook \u2019n naaldaspirasie doen om die sist te dreineer en die pyn te verlig. As die sist bloed bevat of as dit binne drie maande groter word, word dit verwyder omdat daar \u2019n klein risiko is dat die sistwand kankeragtig kan wees.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Ongedefinieerde weefselmassa<\/h4>\n<p>\u2022<strong> Hoe voel \u2019n ongedefinieerde weefselmassa?<\/strong><\/p>\n<p>Jy voel \u2019n sagte verdikking.<\/p>\n<p>\u2022<strong> Is weefselmassas gevaarlik?<\/strong><\/p>\n<p>Nee, meestal nie.<\/p>\n<p>\u2022<strong> Wat is hierdie weefselmassa?<\/strong><\/p>\n<p>Dit is areas waar die borsweefsel digter is. Dit hou met jou hormone verband, en is dus nie \u2019n kanker nie.<\/p>\n<p>\u2022<strong> Hoe word so \u2019n ongedefinieerde weefselmassa behandel?<\/strong><\/p>\n<p>Meestal is behandeling onnodig maar die dokter sal waarskynlik sy diagnose met \u2019n biopsie bevestig.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Duktale karsinoom in situ (DCIS)<\/h4>\n<p>\u2022<strong> Hoe voel DCIS?<\/strong><\/p>\n<p>Dit voel soos \u2019n los, nie-pynlike knop met \u2019n onegalige rand. As jy gereeld vir \u2019n mammogram gaan, sal die DCIS vroeg as mikrokalsifikasies opwys, lank voor jy dit voel.<\/p>\n<p>\u2022<strong> Is DCIS gevaarlik?<\/strong><\/p>\n<p>Ja, die meeste van die DCIS ontwikkel verder tot infiltrerende kankers &#8211; tensy hulle vroegtyding behandel word.<\/p>\n<p>\u2022<strong> Wat is DCIS?<\/strong><\/p>\n<p>DCIS is \u2019n vroe\u00eb stadium van borskanker. Dit het geen moontlikheid om te versprei nie.<\/p>\n<p>\u2022<strong> Hoe word DCIS behandel?<\/strong><\/p>\n<p>Chirurgiese verwydering van die DCIS is gewoonlik genoeg om jou volkome te gnees. Meestal word net die aangetaste weefsel self verwyder maar soms is dit nodig om die hele bors te verwyder. Bestraling kan bygevoeg word.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Lees ook:\u00a0<\/strong><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/borskanker-jong-swanger-ondersoek\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">7 goed wat jy moet weet oor borskanker<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Van die gevaarlikste borskankers vorm nie \u2019n voelbare knop nie. En dikwels is duidelik voelbare knoppe nie borskanker nie.  Al is jou borskankerspesialis die beste persoon om jou knoppie te diagnoseer, is dit interessant en veral gerusstellend om self die knoppe in ons borste te verken. Hier is \u2019n kitsoorsig van die 13 algemeenste borskankers. Plus hoe elkeen voel, hoe ernstig dit is en wat jy kan verwag. Deur Salom\u00e9 Delport. Foto: istock \/ cstar55<\/p>\n","protected":false},"author":8,"featured_media":138754,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[2949,667],"tags":[90,590,762,23664],"class_list":["post-81436","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-leef-gesond","category-gesondheid","tag-kanker","tag-cancer","tag-borskanker","tag-health"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Borskanker sonder die knoppie: is dit gevaarliker? | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Van die gevaarlikste borskankers vorm nie \u2019n voelbare knop nie. En dikwels is duidelik voelbare knoppe nie borskanker nie. Dit is wat jy moet weet:\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/borskanker-sonder-die-knoppie-dit-gevaarliker\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Borskanker sonder die knoppie: is dit gevaarliker? | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Van die gevaarlikste borskankers vorm nie \u2019n voelbare knop nie. En dikwels is duidelik voelbare knoppe nie borskanker nie. Dit is wat jy moet weet:\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/borskanker-sonder-die-knoppie-dit-gevaarliker\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2023-08-01T14:26:42+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2023-08-01T14:28:18+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/08\/tracey-hocking-5N1gLVUmp10-unsplash-scaled.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1709\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"2560\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"11 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/borskanker-sonder-die-knoppie-dit-gevaarliker\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/borskanker-sonder-die-knoppie-dit-gevaarliker\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Michelle Nortje\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\"},\"headline\":\"Borskanker sonder die knoppie: is dit gevaarliker?\",\"datePublished\":\"2023-08-01T14:26:42+00:00\",\"dateModified\":\"2023-08-01T14:28:18+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/borskanker-sonder-die-knoppie-dit-gevaarliker\\\/\"},\"wordCount\":2267,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/borskanker-sonder-die-knoppie-dit-gevaarliker\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/08\\\/tracey-hocking-5N1gLVUmp10-unsplash-scaled.jpg\",\"keywords\":[\"kanker\",\"Cancer\",\"borskanker\",\"health\"],\"articleSection\":[\"Leef gesond\",\"Gesondheid\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2023\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/borskanker-sonder-die-knoppie-dit-gevaarliker\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/borskanker-sonder-die-knoppie-dit-gevaarliker\\\/\",\"name\":\"Borskanker sonder die knoppie: is dit gevaarliker? | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/borskanker-sonder-die-knoppie-dit-gevaarliker\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/borskanker-sonder-die-knoppie-dit-gevaarliker\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/08\\\/tracey-hocking-5N1gLVUmp10-unsplash-scaled.jpg\",\"datePublished\":\"2023-08-01T14:26:42+00:00\",\"dateModified\":\"2023-08-01T14:28:18+00:00\",\"description\":\"Van die gevaarlikste borskankers vorm nie \u2019n voelbare knop nie. En dikwels is duidelik voelbare knoppe nie borskanker nie. Dit is wat jy moet weet:\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/borskanker-sonder-die-knoppie-dit-gevaarliker\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/borskanker-sonder-die-knoppie-dit-gevaarliker\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/borskanker-sonder-die-knoppie-dit-gevaarliker\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/08\\\/tracey-hocking-5N1gLVUmp10-unsplash-scaled.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/08\\\/tracey-hocking-5N1gLVUmp10-unsplash-scaled.jpg\",\"width\":1709,\"height\":2560},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/borskanker-sonder-die-knoppie-dit-gevaarliker\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Borskanker sonder die knoppie: is dit gevaarliker?\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\",\"name\":\"Michelle Nortje\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Michelle Nortje\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Borskanker sonder die knoppie: is dit gevaarliker? | rooi rose","description":"Van die gevaarlikste borskankers vorm nie \u2019n voelbare knop nie. En dikwels is duidelik voelbare knoppe nie borskanker nie. Dit is wat jy moet weet:","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/borskanker-sonder-die-knoppie-dit-gevaarliker\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Borskanker sonder die knoppie: is dit gevaarliker? | rooi rose","og_description":"Van die gevaarlikste borskankers vorm nie \u2019n voelbare knop nie. En dikwels is duidelik voelbare knoppe nie borskanker nie. Dit is wat jy moet weet:","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/borskanker-sonder-die-knoppie-dit-gevaarliker\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2023-08-01T14:26:42+00:00","article_modified_time":"2023-08-01T14:28:18+00:00","og_image":[{"width":1709,"height":2560,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/08\/tracey-hocking-5N1gLVUmp10-unsplash-scaled.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Michelle Nortje","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Michelle Nortje","Est. reading time":"11 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/borskanker-sonder-die-knoppie-dit-gevaarliker\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/borskanker-sonder-die-knoppie-dit-gevaarliker\/"},"author":{"name":"Michelle Nortje","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd"},"headline":"Borskanker sonder die knoppie: is dit gevaarliker?","datePublished":"2023-08-01T14:26:42+00:00","dateModified":"2023-08-01T14:28:18+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/borskanker-sonder-die-knoppie-dit-gevaarliker\/"},"wordCount":2267,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/borskanker-sonder-die-knoppie-dit-gevaarliker\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/08\/tracey-hocking-5N1gLVUmp10-unsplash-scaled.jpg","keywords":["kanker","Cancer","borskanker","health"],"articleSection":["Leef gesond","Gesondheid"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2023","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/borskanker-sonder-die-knoppie-dit-gevaarliker\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/borskanker-sonder-die-knoppie-dit-gevaarliker\/","name":"Borskanker sonder die knoppie: is dit gevaarliker? | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/borskanker-sonder-die-knoppie-dit-gevaarliker\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/borskanker-sonder-die-knoppie-dit-gevaarliker\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/08\/tracey-hocking-5N1gLVUmp10-unsplash-scaled.jpg","datePublished":"2023-08-01T14:26:42+00:00","dateModified":"2023-08-01T14:28:18+00:00","description":"Van die gevaarlikste borskankers vorm nie \u2019n voelbare knop nie. En dikwels is duidelik voelbare knoppe nie borskanker nie. Dit is wat jy moet weet:","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/borskanker-sonder-die-knoppie-dit-gevaarliker\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/borskanker-sonder-die-knoppie-dit-gevaarliker\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/borskanker-sonder-die-knoppie-dit-gevaarliker\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/08\/tracey-hocking-5N1gLVUmp10-unsplash-scaled.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/08\/tracey-hocking-5N1gLVUmp10-unsplash-scaled.jpg","width":1709,"height":2560},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/borskanker-sonder-die-knoppie-dit-gevaarliker\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Borskanker sonder die knoppie: is dit gevaarliker?"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd","name":"Michelle Nortje","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","caption":"Michelle Nortje"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/81436","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=81436"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/81436\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/138754"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=81436"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=81436"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=81436"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}