{"id":8100,"date":"2015-01-30T11:56:00","date_gmt":"2015-01-30T09:56:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-2\/"},"modified":"2018-04-09T19:42:19","modified_gmt":"2018-04-09T17:42:19","slug":"dans-met-die-rooirok-hoofstuk-2","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-2\/","title":{"rendered":"Dans met die rooirok: Hoofstuk 2"},"content":{"rendered":"<p><em><strong>Aardige geluide<\/strong><\/em><\/p>\n<p>Die kinders staan geskok na die ou huis in die vergroeide tuin en kyk. Selfs die hiperaktiewe Labrador, Buks, sit doodstil na die onthulling en kyk.<\/p>\n<p>\u201cMa! Ma verwag seker nie ons moet hier bly nie? Dis \u2019n murasie!\u201d Mia lyk of sy enige oomblik in trane kan uitbars.<\/p>\n<p>\u201cLyk my soos \u2019n spookhuis,\u201d voeg Jos by.<\/p>\n<p>\u201cO vrek, Jos, ek dink jy is reg!\u201d Ugo mik terug na die kar. \u201cHier slaap ek nie vanaand nie.\u201d<\/p>\n<p>\u201cEk ook nie,\u201d beaam Jos.<\/p>\n<p>\u201cJulle is sissies! Dit \u2019n fascinating plek. Soos iets uit \u2019n movie.\u201d Lolla kom staan langs Amelie om haar steun te vertoon.<\/p>\n<p>\u201c\u2019n Horror movie, ja. Ma? Dis nou die tyd om te s\u00ea Ma maak \u2019n grap. N\u00e8 Ma?\u201d Mia se smekende blik ontsenu Amelie effens.<\/p>\n<p>\u201cWag net tot julle sien hoe groot is julle kamers! Ek het gewag met die verwery sodat julle jul eie kleure kan kies.\u201d Sy swaai die dubbele houtdeur met die flenter loodglaswerk dramaties oop. \u201cTa daa! Welkom in Mon Abri. Ons nuwe huis!\u201d<\/p>\n<p>Die vierstuks stadskinders stap versigtig by die voorportaal in. Die enkele oorblywende bosduif wat net nie die wyk wou neem na Amelie se skoonmaakveldtog nie, fladder onheilspellend oor hulle koppe. Mia en Lolla gil soos soprane. Ugo en Jos hardloop by die deur uit.<\/p>\n<p>\u201cDis freeking scary, Ma! Ek bly nie hier nie!\u201d Mia retireer in die koers van die deur.<\/p>\n<p>Selfs Lolla lyk nie meer so dapper nie.<\/p>\n<p>Dit verg mooipraat om die kinders gekalmeer te kry vir die toer deur die huis. Die meisies is in hulle skik dat hul kamers balkonne het. Jos en Ugo het elkeen \u2019n dakkamer in die ou solder.<br \/>\nDie groot ou Aga-stoof in die kombuis is vir die kinders minder imponerend.<\/p>\n<p>\u201cWeet Ma hoe werk die ding? Lyk my ons gaan sterf van die honger hier. Is daar \u2019n Mr Delivery op die dorp?\u201d Amelie weet Mia maak nie \u2019n grap nie. Maar sy is vol vertroue dat sy die ou Aga maklik sal baasraak. Daar was een in haar ouma se huis en sy onthou dat dit nie te moeilik gelyk het om aan te steek nie.<\/p>\n<p>\u201cWag tot julle sien hoe lyk dit buite!\u201d Amelie probeer haar bes om geesdrif by haar stadskinders te wek. Gelukkig is dit vrugteseisoen en die vrugtebome se takke hang swaar tot op die grond. Dit dra darem Mia se goedkeuring weg. Sy is immers op dieet en haar nuutste eetplan sluit omtrent net vrugte in.<\/p>\n<p>\u201cDis nou freeking cool! Vye! Lolla, kyk die moewiese pruime!\u201d<\/p>\n<p>Die meisies vaar die bome in, maar Ugo het net o\u00eb vir die windpomp en dam. Hy is versot op water en swem van kleins af soos \u2019n vis.<\/p>\n<p>\u201cKom, ek gaan wys julle die lekkerste deel van die plek,\u201d nooi Amelie en stap vooruit rivier toe.<\/p>\n<p>Sy het vir hulle niks van die rivierfront van hulle erf ges\u00ea nie, want sy wou hulle verras. Haar kinders mag stadsjapies wees, maar hulle geniet uitstappies in die natuur.<\/p>\n<p>Die rivier wat oor verskeie rotse kabbel en die reuse wilgebome met takke wat laag oor die water swiep, het die kinders \u2019n paar sekondes sprakeloos. Dan storm Jos en Ugo jillend nader met Buks agterna.<\/p>\n<p>\u201cDis nou super cool, n\u00e8 Buks? Ons eie rivier! Jy kan nou elke dag swem sonder dat Pa kla oor jou hare die swembad vuil maak.\u201d Amelie weet die Labrador se vreugde oor die rivier sal Jos se hart vir die huis week maak.<\/p>\n<p>\u201cNie sleg nie, n\u00e8 Mia?\u201d Lolla is die een in die gesin wat almal gelukkig probeer hou. Amelie weet die kind gaan die aanpassing in die huis vir almal makliker maak.<\/p>\n<p>\u201cOns slaap vanaand in \u2019n gastehuis verder op teen die rivier. Die treklorrie sal m\u00f4re vroeg kom. In die blou sak agterin die kar is handdoeke en julle swemklere. Geniet eers die rivier. M\u00f4re moet ons hard begin werk om die huis te tem.\u201d<\/p>\n<p>Vir \u2019n oomblik dink Amelie sy het die kinders se harte verower, maar dan roep moeilikheid in die gewaad van \u2019n gesette vrou oor die heining.<\/p>\n<p>\u201cKoeieee! Ek het gehoor iemand was mal genoeg om die plek te koop! Ek s\u00ea vanoggend vir Bertie, ek gee julle \u2019n week dan trek julle terug stad toe.\u201d<\/p>\n<p>Die vrou het pof-wange en twee gitswart ogies kyk die kinders een vir een op en af.<\/p>\n<p>\u201cOns mense op die dorp hou nog by ons waardes &#8230;\u201d<\/p>\n<p>Amelie sien waarheen die gesprek op pad is.<\/p>\n<p>\u201cEk is Amelie du Raan en hierdie is my vier kinders. En u is?\u201d<\/p>\n<p>\u201cMagdel Els. Ek wil net vir jou s\u00ea jy gaan moeilikheid hier op ons dorp kry. Gaan julle almal in die huis slaap? Jy weet?\u201d<\/p>\n<p>Amelie sluk die woede af. Sy wil nie die eerste dag al met die buurvrou haaks wees nie.<\/p>\n<p>\u201cJy sal ons moet verskoon, ons wil nog die huis en tuin verken. Lekker dag.\u201d<\/p>\n<p>Magdel laat haar nie afsit nie.<\/p>\n<p>\u201cJulle weet dit spook in die plek?\u201d<\/p>\n<p>Amelie wens sy kan die vrou met \u2019n klip gooi. Dit is presies wat sy nie wou h\u00ea die kinders moet op hul eerste dag hoor nie.<\/p>\n<p>\u201cDaai mal ou Franse vrou gaan julle nie rus gee nie. Sy gaan julle vinnig uit haar huis ja!\u201d<\/p>\n<p>Amelie kry nie meer die woede afgesluk nie.<\/p>\n<p>\u201cOns glo nie aan spoke nie ek gaan die ou huis tot haar vorige glorie herstel. Die vrou met die rooi rok sal heeltemal in haar skik wees, glo ek. Nou moet jy ons eers verskoon.\u201d<\/p>\n<p>Die kinders drentel stom van skok agter Amelie aan. Sy stap by die agterdeur in en gaan sit op die onderste trappie van die wenteltrap in die portaal. Die kinders soek elkeen \u2019n trap uit.<\/p>\n<p>\u201cWat bedoel daai vrou? Spook dit regtig hier?\u201d Mia skuif haar reg vir die kruisverhoor.<\/p>\n<p>\u201cJulle weet mos hoe eng kan mense wees. Die agent het my al gewaarsku daar is mense wat die belaglike storie glo.\u201d<\/p>\n<p>Sy voel skuldig oor sy die waarheid effens verdraai.<\/p>\n<p>\u201cWie is die vrou met die rooi rok?\u201d Mia gaan nie maklik laat los nie. Die ander drie sit soos die jurie links en regs van haar.<\/p>\n<p>\u201cDis die Franse vrou wat eens hier gewoon het. Kan julle glo hoe laf is die mense? Hulle sien haar glo partykeer in die tuin dans met haar rooi rok! Lekker laf n\u00e8? Die arme mens is lankal dood.\u201d<\/p>\n<p>Die kinders glimlag nie eens oor die \u201clafheid\u201d nie. Hulle sit elkeen met sy eie gedagtes.<\/p>\n<p>Ugo skuif tot byna onder Mia se blad. \u201cMoet ons regtig in hierdie huis bly? Is daardie vrou in hierdie huis vermoor?\u201d<\/p>\n<p>Amelie weet sy moet nou haar plattelandse droom red.<\/p>\n<p>\u201cNee man, Ugo, ons skrik mos nie vir simpel ou stories nie? Die vrou is van ouderdom dood. In die hospitaal.\u201d<\/p>\n<p>Haar tweede wit leuen. Sy het eintlik geen id\u00e9e waar die vrou dood is nie.<\/p>\n<p>\u201cDaai tannie van langsaan kyk mens vreemd uit. Hennie het my gewaarsku die mense op die platteland is rassiste.\u201d<\/p>\n<p>Amelie druk Ugo se maer lyfie teen haar vas.<\/p>\n<p>\u201cAi nee, dit is darem nie waar nie. Nie almal op die platteland dink dieselfde nie. Wag net tot hulle jou sien krieket speel. En wie wil nie so \u2019n vinnige atleet in hulle skool h\u00ea nie? Jy sal sien, ons gaan almal lekker bly. Kom ons maak \u2019n ooreenkoms. Julle groet die tannie langsaan hoflik, maar bly uit haar pad. Moenie na mense se simpel stories luister nie.\u201d<\/p>\n<p>Soos te wagte, steun Lolla haar.<\/p>\n<p>\u201cHey manne, kom ons pak hierdie ding soos \u2019n avontuur? Dis die koelste huis. Ons gaan vet pret h\u00ea, julle sal sien!\u201d<\/p>\n<p>Mia kyk Lolla aan asof sy haar varkies verloor het.<\/p>\n<p>\u201cKyk hoe dik is die mure! Het jy al sulke dik mure gesien? S\u00ea nou maar die vrou was \u2019n reeksmoordenaar en sy het al haar slagoffers se liggame in die mure versteek?\u201d<\/p>\n<p>Jos sien skynbaar die kans om sy verbeelding uit te leef.<\/p>\n<p>\u201cDie plek lyk soos iets uit \u2019n horror fliek! Dis seker honderde jare oud. Ek is seker hier het vreeslike tragedies afgespeel.\u201d<\/p>\n<p>Amelie weet nie meer hoe om die kinders se verbeeldingsvlugte en vrese te beheer nie.<\/p>\n<p>\u201cKan jy jou indink hoe koel sal dit vir julle stadsmaats wees as hulle sien julle bly in \u2019n plek wat lyk of dit uit \u2019n Harry Potter-fliek kom? Miskien kan ons die plek inwy met \u2019n lekker scary partytjie?\u201d<\/p>\n<p>Sy moet net keer of haar verbeelding hardloop ook met haar weg. Sy kan al die kinders se kostuums sien en die grillerige spinnerakke van die dekor teen haar gesig voel.<\/p>\n<p>Mia deel nie die geesdrif vir die atmosfeer van die huis nie.<\/p>\n<p>\u201cEk voel heeltyd koue rillings teen my rug af. Waar kom ma aan die plek? Was dit op \u2019n special op \u2019n webblad vir vampiere?\u201d<\/p>\n<p>Lolla gryp in. \u201cAg, kom ons probeer net. Gee die plek \u2019n kans. Dalk bly ons baie lekker. Dink net hoe jou boyfriends onder jou balkon kan staan en minnedigte vir jou voorlees. Soos Romeo en Juliet.\u201d<\/p>\n<p>Haar woorde tokkel die regte snare en Amelie kan sien hoe dromerig Mia se o\u00eb raak. Sy bid stilletjies dat die Romeo en Juliet-toneel nie regtig waar sal word nie, want sy sien nie kans vir \u2019n Romeo in haar dogter se kamer nie.<\/p>\n<p>Jos borduur voort op die moontlikheid van \u2019n sprokie.<\/p>\n<p>\u201cMia, jy kan in die maanlig op jou ridder wag. Dink net hoe sal hy sy pad deur die tuin moet oopveg om by jou te kom!\u201d<\/p>\n<p>Dis net die leidraad waarop Ugo se verbeelding gewag het.<\/p>\n<p>\u201cDaar skuil dalk drake in die tuin. Miskien wou die ou vrou hulle weghou met al die bottels wat sy aan die bome gehang het.\u201d<\/p>\n<p>Mia laat nie op haar wag nie.<\/p>\n<p>\u201cOns moet al die bottels afhaal, Ma, dis creepy. Hoor net hoe klingel dit as die wind waai.\u201d<\/p>\n<p>Ugo keer dadelik. \u201cIs jy nou mal? Dan kom vreet die drake ons op!\u201d<\/p>\n<p>Die gesprek op die trap raak al waaghalsiger. Tot Amelie se verligting kan sy sien die kinders begin hul eie stories geniet.<\/p>\n<p>Jos hou van die id\u00e9e om \u2019n spookpartytjie vir hulle stadsmaats te hou en gou het elkeen \u2019n grilleriger id\u00e9e om by te voeg.<\/p>\n<p>Die lig wat deur die venster aan die westekant van die portaal val, raak yler en die skadu\u2019s in die huis maak groter donker kolle.<\/p>\n<p>Terwyl die kinders die een na die ander toneel uit \u2019n grilfliek oproep, wonder Amelie hoe die trek-lorrie vorder. Sy kan nie wag om die volgende dag uit te pak nie.<\/p>\n<p>Mia is nou baie dapper en vertel van \u2019n fliek wat sy gesien het waarin \u2019n gesin ook in so \u2019n ou huis ingetrek het.<\/p>\n<p>\u201cDie spoke het die een na die ander gesin uit die huis laat trek, maar die pa van hierdie gesin wou nie trek nie.\u201d<\/p>\n<p>Die kinders hang aan Mia se lippe en Amelie wonder of die storie bevorderlik is vir hulle verblyf in die huis. Maar Mia vertel die storie so met oorgawe dat sy self skrikkerig na die donker kolle in die portaal begin loer. Verbeel sy haar of voel sy \u2019n koel bries teen haar nek?<\/p>\n<p>Skielik hoor hulle \u2019n aardige gegil soos \u2019n baba wat skree. Amelie en die kinders val oor mekaar soos hulle gelyk by die voordeur probeer uitbondel. Buks, die dapper waghond, agterna.<\/p>\n<p>Die skreeuende baba gee nou skril gille en aardige gromme.<\/p>\n<p>Buks begin blaf en al die hare op sy rug staan regop.<\/p>\n<p>Amelie en die kinders staan versteen in die voortuin en kyk na die ou huis in die laaste strale van die son. Iewers vanuit die dieptes van haar kamers eggo die skril gille van die baba.<\/p>\n<p>Amelie voel hierdie keer \u2019n definitiewe koue wind teen haar rug waai, maar sy staan doodstil om nie die kinders verder op hol te jag nie.<\/p>\n<p>In die oranje skakerings van die son wat sak, lyk dit skielik of haar droomhuis vir haar grynslag.<\/p>\n<p><strong><a id=\"68326&amp;h=Dans-met-die-rooirok:-Hoofstuk-1#PrettyPhoto\/0\/&quot;&quot;\" target=\"\"><\/a>Lees hoofstuk 1 hier<\/strong><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Aardige geluide Die kinders staan geskok na die ou huis in die vergroeide tuin en kyk. Selfs die hiperaktiewe Labrador, Buks, sit doodstil na die onthulling en kyk. \u201cMa! Ma verwag seker nie ons moet hier bly nie? Dis \u2019n [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":15598,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[43452],"tags":[99,1628],"class_list":["post-8100","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-lees","tag-verhale","tag-dans-met-die-rooirok"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Dans met die rooirok: Hoofstuk 2 | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-2\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Dans met die rooirok: Hoofstuk 2 | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Aardige geluide Die kinders staan geskok na die ou huis in die vergroeide tuin en kyk. Selfs die hiperaktiewe Labrador, Buks, sit doodstil na die onthulling en kyk. \u201cMa! Ma verwag seker nie ons moet hier bly nie? Dis \u2019n [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-2\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2015-01-30T09:56:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2018-04-09T17:42:19+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201513011562.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"640\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"613\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"10 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-2\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-2\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Dans met die rooirok: Hoofstuk 2\",\"datePublished\":\"2015-01-30T09:56:00+00:00\",\"dateModified\":\"2018-04-09T17:42:19+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-2\\\/\"},\"wordCount\":2019,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-2\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra201513011562.jpg\",\"keywords\":[\"verhale\",\"dans met die rooirok\"],\"articleSection\":[\"Lees\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2015\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-2\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-2\\\/\",\"name\":\"Dans met die rooirok: Hoofstuk 2 | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-2\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-2\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra201513011562.jpg\",\"datePublished\":\"2015-01-30T09:56:00+00:00\",\"dateModified\":\"2018-04-09T17:42:19+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-2\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-2\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-2\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra201513011562.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra201513011562.jpg\",\"width\":640,\"height\":613},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-2\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Dans met die rooirok: Hoofstuk 2\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Dans met die rooirok: Hoofstuk 2 | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-2\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Dans met die rooirok: Hoofstuk 2 | rooi rose","og_description":"Aardige geluide Die kinders staan geskok na die ou huis in die vergroeide tuin en kyk. Selfs die hiperaktiewe Labrador, Buks, sit doodstil na die onthulling en kyk. \u201cMa! Ma verwag seker nie ons moet hier bly nie? Dis \u2019n [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-2\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2015-01-30T09:56:00+00:00","article_modified_time":"2018-04-09T17:42:19+00:00","og_image":[{"width":640,"height":613,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201513011562.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"10 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-2\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-2\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Dans met die rooirok: Hoofstuk 2","datePublished":"2015-01-30T09:56:00+00:00","dateModified":"2018-04-09T17:42:19+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-2\/"},"wordCount":2019,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-2\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201513011562.jpg","keywords":["verhale","dans met die rooirok"],"articleSection":["Lees"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2015","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-2\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-2\/","name":"Dans met die rooirok: Hoofstuk 2 | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-2\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-2\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201513011562.jpg","datePublished":"2015-01-30T09:56:00+00:00","dateModified":"2018-04-09T17:42:19+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-2\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-2\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-2\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201513011562.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201513011562.jpg","width":640,"height":613},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-2\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Dans met die rooirok: Hoofstuk 2"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/8100","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=8100"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/8100\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/15598"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=8100"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=8100"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=8100"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}