{"id":8070,"date":"2015-01-27T13:40:00","date_gmt":"2015-01-27T11:40:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-1\/"},"modified":"2018-04-09T17:11:56","modified_gmt":"2018-04-09T15:11:56","slug":"dans-met-die-rooirok-hoofstuk-1","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-1\/","title":{"rendered":"Dans met die rooirok: Hoofstuk 1"},"content":{"rendered":"<p>Oor die volgende weke kan jy elke Vrydag die avonture van die du Raan-gesin in hulle nuwe tuiste volg. Dit is vol lag, en soms vloei die trane. Jy kan saam Amelie die lewe weer ontdek en \u2019n diep geheim ontrafel.<\/p>\n<p><strong>Hoofstuk een<br \/>\nKEELVOL<\/strong><\/p>\n<p>Amelie du Raan sit voor Gielie Greyling van Rubicon-uitgewers. Sy kyk hoe sy mond oop en toe gaan, maar haar ore skakel die gebulder van sy stem uit. Sy konsentreer op die beweging van sy lippe. Sy het nooit voorheen opgelet hoe groot Gielie sy mond kan oopmaak as hy bulder nie. Aan die linkerkant van sy mond sien sy drie stopsels in sy onderkaak. Aan die regterkant kan sy sien daar is \u2019n gat waar hy seker \u2019n tand verloor het. Sy probeer kyk of sy sy kleintongetjie kan sien tril.<\/p>\n<p>Sy probeer onthou wat sy tydens sy ander gillende sessies die afgelope vyftien jaar gedoen het. Dis vir haar skielik \u2019n waas. Sy probeer nou onthou of sy ook al so na Renier se mond gekyk het as hy op haar en die kinders gil.<\/p>\n<p>Dis asof daar vanoggend iewers in haar \u2019n skakelaar afgeskakel het. Een wat die verskil maak tussen omgee en nie meer omgee nie.<\/p>\n<p>Klein spatsels van Gielie se spoeg beland op haar bril. Sy haal kalm haar bril met die pers raam af en vee dit met haar serp af. Dan staan sy op en stap uit Gielie se kantoor asof \u2019n robot haar arms en bene oorgeneem het. Sy hoor Gielie agter haar aan gil, maar sy stap aan, verby die verstomde en bleek verskrikte gesigte by Rubicon-uitgewers wat pas waargeneem het hoe iemand dit waag om Gielie Greyling te ignoreer.<\/p>\n<p>In haar kantoor neem sy die foto van haar kinders van haar lessenaar af en gooi die inhoud van haar laaie in haar groot bont handsak. Dan stap sy by die deur uit. Sy weet sy gaan nooit weer by Rubicon-uitgewers se glastoring in Sandton instap nie. Sy het genoeg gehad.<\/p>\n<p>Sy bel Renier se nommer. Sy wag nie om te hoor wat haar man alles vir haar gil nie. Sy het hom nie gebel om sy mening te vra. Sy wou hom net inlig sy het pas uit haar top pos by een van die land se mees gesogte uitgewerye gestap. Voor Gielie hom bel.<\/p>\n<p>Sy druk die foon dood terwyl Renier nog voortbulder en druk \u2019n spoed-skakelknoppie wat sy al maande dreig om te gebruik. Die prokureur se sekretaresse skakel haar deur.<\/p>\n<p>Die pakkie dokumente is al gereed as sy by Coen Verwey se kantore in Randburg instap. Coen het die dokumente al \u2019n hele paar keer opgestel, maar Amelie het elke keer koue voete gekry.<\/p>\n<p>\u201cDie keer is dit finaal,\u201d lig Amelie hom in. \u201cEk gaan nie omdraai nie, jy sal sien. Ek het genoeg gehad.\u201d<\/p>\n<p>Sy weet Coen glo haar nie. Sy het al te veel kere omgedraai. Maar die keer kan hy maar die hofdatum gereed kry. Sy is voos gebaklei om lewe in haar liefdelose huwelik te probeer blaas.<\/p>\n<p>Die son kleur die horison al oranje aan die westekant van die stad as sy die kinders in Linden by die naskoolsentrum gaan oplaai. Sy ry nie met hulle huis toe nie. Sy hou voor McDonald\u2019s stil.<\/p>\n<p>Dis eers as hulle met skinkborde vol kos voor haar kom sit, wat sy die aankondiging maak.<\/p>\n<p>\u201cEk los julle pa vanaand en ek het vandag my werk gelos. Ons trek platteland toe om \u2019n nuwe lewe te gaan begin. Ons gaan van nou af elke sekonde van die lewe geniet.\u201d<\/p>\n<p>Sy hoor hoe haar lippe hulle verseker dat hulle enige tyd nog by hulle pa kan gaan kuier en sy vermoed sy praat ook oor allerhande wyshede wat sy al in vroue-tydskrifte oor egskeidings gelees het.<\/p>\n<p>Die aand l\u00ea die kinders laag in hul kamers terwyl Amelie rustig met \u2019n glas wyn Renier se tirade oor haar bedanking en die egskeidingsbrief op die koffietafel aanhoor. Die skakelaartjie in haar bly afgeskakel. Miskien het dit te doen met die feit dat sy haar bedanking en egskeiding al jare in haar onderbewussyn beplan.<\/p>\n<div><strong>XXX<\/strong><\/div>\n<p>\u201cOok nie hierdie een nie,\u201d lig Amelie eiendomsagent Hannes Benade in as hulle die tuinhekkie van die soveelste huis in Sederfontein agter hulle toetrek.<\/p>\n<p>\u201cDit was die laaste van die huise wat in die mark is,\u201d sug die lang maer man.<\/p>\n<p>\u201cDaar moet nog iets wees. \u2019n Plek met karakter. Langs die rivier. Vyf slaapkamers, groot bome. Daar moet tog so \u2019n plek wees?\u201d<\/p>\n<p>Op pad terug na sy kantoor ry hulle verby \u2019n vergroeide tuin. Tussen die bome loer \u2019n verweerde ou herehuis uit.<\/p>\n<p>\u201cStop!\u201d gil sy. \u201cWat van di\u00e9 plek?\u201d<\/p>\n<p>\u201cDis Mon Abri. Die plek staan jare al leeg. Niemand wil dit koop nie. Glo my, ek probeer al jare. Dit het aan \u2019n Franse kluisenaar behoort en almal op die dorp glo die ou vrou spook steeds hier. Sy dans glo in die maanlig in die tuin in \u2019n rooi rok, maar ek het haar nog nooit gesien nie. Sy is vyf jaar gelede dood en het die plek aan haar susterskind in Frankryk nagelaat. Hy is glo skatryk en het nog nie veel navraag gedoen oor sy erfporsie nie.\u201d<\/p>\n<p>\u201cEk wil sommer nou na die huis gaan kyk!\u201d<\/p>\n<p>Amelie stoot die verroeste tuinhekkie oop. \u2019n Bordjie in fyn sierskrif dui die huis se naam aan: Mon Abri.<\/p>\n<p>\u201cWat beteken dit? Die naam?\u201d<\/p>\n<p>\u201cBlykbaar beteken dit iets soos My Hawe. Arme vrou. Dit was ook al wat sy gehad het. Die mense op die dorp wou niks met haar te doen gehad het nie. Daar is vreeslike stories, maar die wat die waarheid ken, swyg daaroor.\u201d<\/p>\n<p>Rankplante groei die groot dubbelverdieping byna toe. Die voordeur staan op \u2019n skrefie oop en verskrikte bosduiwe vlieg uit die voorportaal.<\/p>\n<p>Die plafonne is hoog en die vertrekke groot. Die plankvloere is plek-plek vrot en die meeste vensters gebreek. Dit lyk of die boemelaars wat die dorp besoek, nie aan die spookstories glo nie want daar is tekens dat mense soms in die huis oornag.<\/p>\n<p>\u201cEk sal die plek neem.\u201d<\/p>\n<p>\u201cDit val uitmekaar! Kyk die barste,\u201d probeer Hannes keer.<\/p>\n<p>\u201cDis presies wat ek soek.\u201d<\/p>\n<p>Die ou huis is 100 jaar oud en het \u2019n vrugteboord met perskes, vye en pruime. Daar is \u2019n skuur, \u2019n boorgat en \u2019n plaasdam. Die onderpunt van die vierdubbele burgererf grens aan die rivier. Sy sien klaar visioene van hoe sy groente plant en hoenders aanhou. Sy wil selfversorgend leef. Daar is nie \u2019n Woolies op die dorp waar sy na werk vinnig geriefskos kan koop nie.<\/p>\n<p>Die oorgroeide tuin mag vir Hannes na \u2019n woesterny lyk, maar vir haar is die \u2019n towerparadys. Daar is min sonskynkolle in die tuin. Die reuse bome vorm \u2019n woud rondom die huis. Aan omtrent elke laaghangende tak hang blou wynbottels wat in die wind klingel. Tussen die bottels hang kranse wat uit druiwelote gevleg is. Dit herinner Amelie aan Indiaanse droomvangers.<\/p>\n<p>\u201cWat is dit?\u201d vra sy Hannes.<\/p>\n<p>\u201cEk weet nie, maar die mense op die dorp s\u00ea hier het vreemde dinge in hierdie huis gebeur. Party mense glo sy was \u2019n heks. Daar is allerlei stories oor bonatuurlike dinge, maar op Sederfontein weet mens nooit wat waar is nie. Punt is, die ou mense praat nie graag oor hierdie huis nie. Is jy seker jy wil dit koop? Wil jy nie eers bietjie op die dorp rondvra oor die huis nie? Ek meen, ek sal dankbaar wees as die plek eintlik verkoop en ek die man in Frankryk se geld kan stuur. Maar jy lyk na \u2019n goeie mens en ek wil jou darem waarsku oor die stories.\u201d<\/p>\n<p>Amelie kyk Herman uitdagend aan.<\/p>\n<p>\u201cEk hou van \u2019n plek met karakter. Ek sal dit koop.\u201d<\/p>\n<p>Die huis is boonop naby die skole en sy sal nie donker moet opstaan en kinders aanjaag en daarna die pad deur die stadsverkeer na die skool hoef te pak nie. Geen nasorgsentrums nie.<br \/>\nSalig.<\/p>\n<p>Die skuur gaan haar skryf-studio en biblioteek wees. Sy gaan hier die groot Afrikaanse roman skryf, besluit sy. Sy het nog nie die storie-idee nie, maar dit sal kom as sy haar suwwe brein en hart gelaaf het, glo sy. Deur die jare het sy genoeg manuskripte verwerk om te weet hoe om te skryf en hoe om dit nie te doen nie.<\/p>\n<p>Niemand gaan haar uittog uit die stad uit haar kop praat nie. Sy speel al jare met die idee in haar kop. Renier is \u2019n stadsmens. Hy wil naby die geldtorings van Sandton bly. Verkieslik ook naby die Newscaf\u00e9 waar hy en sy kollegas netwerk met meisies in korporatiewe pakkies en stilleto\u2019s. Sy het probeer om in Renier se w\u00eareld van geldjag en ambisie in te pas, maar sy kan nie.<\/p>\n<p>Hy het met die jare haar ambisie probeer aanvuur en sy weet hy was trots op haar vordering by Rubicon-uitgewers. Sy ore was doof vir haar klagtes oor Gielie se emosionele afknouery en gegil. Hy het nie simpatie met haar trane en angsaanvalle oor werk gehad nie. \u201cStaan op en gaan aan,\u201d is sy beleid en sy moes daarby hou. Nie eens met haar swangerskappe was daar simpatie nie. In die korporatiewe w\u00eareld mag mens voortplant, maar dit moet verkieslik nie met jou produktiwiteit en ambisie inmeng nie. Sy durf nie by Rubicon-uitgewers oor \u2019n seer rug of geswelde voete gekla het nie. Sy het tot op die dag van haar kinders se geboorte gewerk en ses weke daarna weer agter haar lessenaar ingeskuif. Geen kaartjie of bos blomme van kollegas nie. Onprofessioneel, glo Gielie. Hy maak dit van dag een duidelik as jy by sy maatskappy instap. Hy wil nie weet of jy \u2019n hond of kind het nie. Jy is daar om te werk. Hy wil geen fraai prentjies wat onhandige kleuterhandjies geteken het, teen kennisgewingborde sien nie. Net een foto van jou gesin is op jou lessenaar toelaatbaar. As jou kind by die skool \u2019n arm breek, moet jy verkieslik re\u00ebl dat iemand anders hom hospitaal toe neem. Na jou werksure kan jy weer jou rol as ma oorneem.<\/p>\n<p>Gielie by die werk. Renier by die huis.<\/p>\n<p>Sy kon nooit sien hoe Mia ballet oefen of hoe Jos sy bes probeer om die rugbyspan te haal nie. Dit is hoekom hulle kinders in spogskole is want dan kan ander mense die kinders versorg terwyl die ouers geld najaag, is basies Renier se houding oor die opvoeding van skoolgaande kinders.<\/p>\n<p>Selina Skosana het van die kinders se geboorte tot met haar dood drie jaar gelede die Du Raan-huishouding bestuur. Die kinders versorg, gekook en inkopielysies saamgestel. Toe gee Selina se rondloperman haar Vigs as sy finale afskeidsgeskenk en Amelie sit met twee kinders wat sy nie oor haar hart kon kry om weg te stuur nie.<\/p>\n<p>Renier was woedend toe Amelie aankondig sy sal Selina se kinders soos haar eie verder grootmaak omdat Selina soveel vir haar kinders gedoen het. Hulle het byna voor die skeihof gedraai voor hy toegegee het. Amelie vermoed die feit dat hy twee swart kinders versorg het vir Renier punte getel by die swart vennote in sy firma. Nou vat sy hierdie voordeel by hom weg.<\/p>\n<p>Renier glo sy gaan \u2019n mislukking maak van haar uittog uit die stad en juis daarom gaan sy hom verkeerd bewys.<\/p>\n<p>\u201cWaarvan dink jy gaan julle leef? Van die storietjies wat jy gaan probeer skryf? Jy is \u2019n uitgewer, Amelie, nie \u2019n skrywer nie. Jy leef in \u2019n droomw\u00eareld.\u201d Het Renier haar borrel al \u2019n paar keer probeer bars. Hy glo nie sy sal \u2019n maand sonder hom, haar luukse huis in Northcliff en Woolworths se luukshede kan uithou nie.<\/p>\n<p>\u201cLaat toets jou vir menopouse. Dit is jou hormone wat jou so jaag. Gaan rus bietjie tot jy weer tot jou sinne kom,\u201d het hy gegil voor hy finaal met sy leertasse by die deur uit is.<\/p>\n<p>Amelie weet haar besluit het niks met haar menopouse te doen nie. Dit het baie met keelvolheid te doen, weet sy. Sy wil wegkom van die stad, gillende Gielie en bulderende Renier. Sy wil haar kinders in die platteland verder grootmaak en red wat daar aan hulle te redde is na die invloed van bedorwe stadskinders in \u2019n snob-skool. En sy wil skryf. Sy weet sy is nie \u2019n skrywer nie &#8230; wel, nog nie. Maar sy gaan nie haar droom laat vaar om ten minste te probeer om \u2019n roman te skryf nie. Dit en die restourasie van die ou huis is vir eers al waarvoor sy krag het.<\/p>\n<p>Renier het behoorlik gestik van woede oor die ruim onderhoud waarvoor sy gevra het vir hulle twee kinders. Hy weier om vir Selina se twee te sorg. Waarskynlik oor sy swart bemagtigingsvoordeel nou daarmee heen is.<\/p>\n<p>Renier se onderhoud en die lekker vet pensioen- en agterstallige verlof-uitbetaling van Rubicon-uitgewers gaan haar en die kinders hopelik \u2019n ruk aan die lewe hou.<\/p>\n<p>Die kinders deel nie heeltemal haar opwinding oor die skuif na die platteland nie. Die geite van stadstieners het reeds in hul koppe kom nes maak, maar Amelie weet hulle is verlig oor die egskeiding. Die spanning tussen haar en Renier is al jare onhoudbaar en dit was sekerlik nie lekker vir die kinders om die paar uur \u2019n dag wat hulle wel hul ouers kon sien, die een rusie na die ander waar te neem nie.<\/p>\n<p>Amelie het al gewonder waar dinge vir hulle skeef geloop het, maar besef dit wat met hulle gebeur het, gebeur met so baie ander as die paartjie sukses en geld begin najaag en elkeen so besig raak in sy eie beroep dat daar nie meer sprake van romanse of selfs \u2019n vriendskapsverhouding is nie. Sy aanvaar haar lang werkure as deel van haar aandeel aan die verbrokkeling, maar sedert Renier ambisie geproe het, was die aandelemark met al sy kompetering en laatnag-vergaderings en partytjies Renier se eerste liefde. Van die onderwysers by die kinders se skole het al begin dink sy is \u2019n enkelma.<\/p>\n<p>Renier het byna geen verhouding meer met haar of die kinders nie en sy hoop die skuif na die platteland sal hom dwing om meer aandag aan die kinders te gee aangesien hy een keer \u2019n aand die kinders \u2019n volle naweek moet neem en sy gestipuleer het dat hy daardie naweke nie mag werk of sosiale geleenthede vir sy werk mag bywoon nie. Sy kon in die prokureur se kantoor sien di\u00e9 gedagte maak hom benoud. Vir haar gaan dit nie net om hom \u2019n punt te bewys nie, maar om hom te dwing om \u2019n pa te wees. Dit sal hom en die kinders goed doen om \u2019n nuwe verhouding op te bou.<\/p>\n<p>Sy self het ook baie skadebeheer om toe te pas op haar verhouding met die kinders. Sy en die kinders het buiten vakansietye waarin sy af was (en dit was min), nie veel tyd in mekaar se geselskap deurgebring nie. Nou gaan sy heeldag by die huis wees en met tieners in die huis weet sy dit gaan konflik veroorsaak as sy haar gebied as ma weer wil begin opeis.<\/p>\n<p>Mia se mond is die dikste van al die kinders oor die trek. Sy sien glo nie kans vir graad tien in \u2019n ander skool weg van haar super koel maats nie. Amelie hou net mooi niks van Mia se maats nie. Sy dink hulle is oud voor hulle tyd en stel te vroeg te intens in k\u00earels belang. Sy besef lankal haar meisiekind se hakke is baie rooi en hoop die laaste paar jaar van haar skoolloopbaan op die platteland sal haar weer kindwees kan laat ervaar.<\/p>\n<p>Jos is haar alleenloperkind en al waarin hy belangstel, is sy kitaar en rekenaar. Daar was \u2019n tyd toe Amelie baie bekommerd oor hom was want hy het hard gesukkel om Renier se guns te wen deur te probeer rugby speel, maar hy het net nie die talent as rugbyspeler gehad nie. Tot haar verligting het hy sy passie in sy kitaarmusiek en rekenaarspeletjies begin uitleef. (Renier was verpletter omdat hy nie met sy rugbybulletjie sou kon spog nie.) Die skuif na die platteland pla Jos nie want hy en die paar maats wat hy het, kan oor die internet steeds speletjies teen mekaar speel. Dit is immers wat hulle in die stad gedoen het.<\/p>\n<p>Amelie bekommer haar oor Lolla en Ugo se aanpassing in die meer konserwatiewe omgewing. Hannes het haar al gewaarsku dat die inwoners van die dorp nie almal ewe opgewonde gaan wees oor die intrek van \u2019n gemengde gesin nie. En, het hy gewaarsku, die inwoners gaan haar skeef aankyk omdat sy astrant genoeg is om die dorp se spookhuis te betrek.<\/p>\n<p>Lolla en Mia sal hopelik saamstaan by die skool al verskil haar twee meisiekinders se geaardhede soos dag en nag. Lolla is die ambisieuse een wat meer op akademie as k\u00earels fokus, maar sy deel Mia se voorliefde vir mooi klere. Vir die twee sal dit \u2019n tragedie wees om so ver weg te wees van die Cresta- en Sandton-winkelsentrums.<\/p>\n<p>Sy is dankbaar die kinders gaan elkeen \u2019n ruim kamer h\u00ea en hoop hulle voel so entoesiasties oor die avontuur van die huis se opknap as sy.<\/p>\n<p>Die weke voor die trek koop Amelie elke moontlike boek oor restourasie en groentetuine. Sy skaf ook \u2019n oorpak en \u2019n spul gereedskap aan. Sy is van plan om haar huis en tuin self te tem.<\/p>\n<p>Hannes, die doemprofeet, het voorspel dat geen werker op die dorp by die spookhuis sal wil kom werk nie. Daarom is Amelie verplig om voor die trek met \u2019n span werkers van Johannesburg deur te ry en die huis skoon te maak en te sorg dat die krane, toilette en elektrisiteit ten minste werk voor hulle intrek.<\/p>\n<p>Met die inpak en deel van die meubels tussen haar en Renier verbaas Amelie haarself oor hoe maklik sy van sentiment afstand kan doen. Eie aan Renier se geaardheid kies hy die leer sitkamerstel en die beste van als. Sy laat hom begaan want sy neem haar voor dit is die laaste keer wat hy haar sal kan boelie.<\/p>\n<p>Dis eers as die laaste bokse in die trek-lorrie gelaai word, wat Amelie die impak van haar besluite besef. Sy en die kinders en die diere is op pad platteland toe en al bewe haar binneste, weet sy diep in haar hart sy moet uit die stad wegkom. Weg van Rubicon-uitgewers en weg van Renier en sy ambisie wat hulle huwelik en gesinslewe versmoor het.<\/p>\n<p><strong><a id=\"68500&amp;h=Dans-met-die-rooirok:-Hoofstuk-2&quot;&quot;\" target=\"\"><\/a>Lees hoofstuk 2 hier<\/strong><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Oor die volgende weke kan jy elke Vrydag die avonture van die du Raan-gesin in hulle nuwe tuiste volg. Dit is vol lag, en soms vloei die trane. Jy kan saam Amelie die lewe weer ontdek en \u2019n diep geheim [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":15512,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[43452],"tags":[71,99,1592,1628],"class_list":["post-8070","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-lees","tag-botox-barbies-en-bietse","tag-verhale","tag-kersverhaal","tag-dans-met-die-rooirok"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Dans met die rooirok: Hoofstuk 1 | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-1\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Dans met die rooirok: Hoofstuk 1 | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Oor die volgende weke kan jy elke Vrydag die avonture van die du Raan-gesin in hulle nuwe tuiste volg. Dit is vol lag, en soms vloei die trane. Jy kan saam Amelie die lewe weer ontdek en \u2019n diep geheim [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-1\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2015-01-27T11:40:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2018-04-09T15:11:56+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra2015127142136.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"640\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"613\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"15 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-1\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-1\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Dans met die rooirok: Hoofstuk 1\",\"datePublished\":\"2015-01-27T11:40:00+00:00\",\"dateModified\":\"2018-04-09T15:11:56+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-1\\\/\"},\"wordCount\":3102,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-1\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra2015127142136.jpg\",\"keywords\":[\"botox barbies en bietse\",\"verhale\",\"Kersverhaal\",\"dans met die rooirok\"],\"articleSection\":[\"Lees\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2015\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-1\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-1\\\/\",\"name\":\"Dans met die rooirok: Hoofstuk 1 | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-1\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-1\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra2015127142136.jpg\",\"datePublished\":\"2015-01-27T11:40:00+00:00\",\"dateModified\":\"2018-04-09T15:11:56+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-1\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-1\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-1\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra2015127142136.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra2015127142136.jpg\",\"width\":640,\"height\":613},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-1\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Dans met die rooirok: Hoofstuk 1\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Dans met die rooirok: Hoofstuk 1 | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-1\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Dans met die rooirok: Hoofstuk 1 | rooi rose","og_description":"Oor die volgende weke kan jy elke Vrydag die avonture van die du Raan-gesin in hulle nuwe tuiste volg. Dit is vol lag, en soms vloei die trane. Jy kan saam Amelie die lewe weer ontdek en \u2019n diep geheim [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-1\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2015-01-27T11:40:00+00:00","article_modified_time":"2018-04-09T15:11:56+00:00","og_image":[{"width":640,"height":613,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra2015127142136.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"15 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-1\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-1\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Dans met die rooirok: Hoofstuk 1","datePublished":"2015-01-27T11:40:00+00:00","dateModified":"2018-04-09T15:11:56+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-1\/"},"wordCount":3102,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-1\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra2015127142136.jpg","keywords":["botox barbies en bietse","verhale","Kersverhaal","dans met die rooirok"],"articleSection":["Lees"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2015","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-1\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-1\/","name":"Dans met die rooirok: Hoofstuk 1 | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-1\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-1\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra2015127142136.jpg","datePublished":"2015-01-27T11:40:00+00:00","dateModified":"2018-04-09T15:11:56+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-1\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-1\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-1\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra2015127142136.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra2015127142136.jpg","width":640,"height":613},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-1\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Dans met die rooirok: Hoofstuk 1"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/8070","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=8070"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/8070\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/15512"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=8070"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=8070"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=8070"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}