{"id":80621,"date":"2017-08-15T11:56:42","date_gmt":"2017-08-15T09:56:42","guid":{"rendered":"http:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=80621"},"modified":"2017-08-15T11:56:42","modified_gmt":"2017-08-15T09:56:42","slug":"krotoa-van-die-kaap","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/krotoa-van-die-kaap\/","title":{"rendered":"Krotoa van die Kaap"},"content":{"rendered":"<p>Vir langer as drie honderd jaar was daar min belangstelling in <strong>Krotoa<\/strong> (Eva vir die Hollanders), \u2019n Khoi-meisie wat na Jan van Riebeeck se kinders omgesien het, en tussen die Hollanders en die Khoi-Khoi getolk het.<\/p>\n<p>Maar die afgelope paar jaar was Krotoa nie net \u2019n karakter in die gevierde Afrikaanse roman <em>Eilande<\/em> deur Dan Sleigh nie, maar het sy nou die w\u00eareldverhoog betree in \u2019n Suid-Afrikaanse rolprent oor haar lewe.<\/p>\n<p>Krotoa van die Goringhaicona (die Strandlopers) was die niggie van Autshumao, \u2019n Khoi-leier en tolk vir die Nederlanders. Die blanke setlaars het Autshumao Harry (Herrie) genoem.<\/p>\n<p>Daar is verskillende stories oor hoe Krotoa in die eerste kasteel beland het. Sommige s\u00ea sy het gekies om vir die kommandeur en sy vrou te gaan werk. Sy was toe reeds \u2019n paar Hollandse woorde magtig nadat sy as kind op \u2019n Hollandse skip gewerk het wat in die Kaap anker gegooi het. \u2019n Ander storie wil dit h\u00ea dat sy \u2019n weeskind was en dat haar oom Autshumao haar na Van Riebeeck geneem het en dat hy voordeel uit die transaksie getrek het.<\/p>\n<p>Hoe ook al, die elfjarige Krotoa het in die vroe\u00eb dae van die Hollandse nedersetting aan die Kaap as kindermeisie vir Van Riebeeck se vrou, Maria, gaan werk.<\/p>\n<p>Van Riebeeck het haar vir die eerste keer in \u2019n dagboekinskrywing in Januarie 1654 genoem. Volgens <em>Eilande<\/em> het sy Jan van Riebeeck as \u2019n vaderfiguur beskou en sy het haar bes gedoen om hom tevrede te stel, en nie net Nederlands goed bemeester nie, maar sy kon ook Engels en Portugees praat. Sy het Maria in stemtoon en maniere nageaap en saam met die gesin aan tafel ge\u00ebet. Sy het Oosterse klere en Hollandse klompe gedra. Sy was ontvanklik vir die Christelike geloof waaroor Maria met haar gepraat het.<\/p>\n<p>Namate Krotoa al hoe meer vertroud geraak het met Nederlands en met die koloniste se gewoontes, het sy as tolk tussen die twee tale en kulture opgetree. Omdat sy verskeie Khoi-Khoi-stamme geken het \u2013 onder andere ook vir Oedasoa, \u2019n opperhoof wat met \u2019n suster van haar ma getroud was, het sy vir Van Riebeeck waardevolle inligting oor die Khoi-Khoi se politiek en planne vertel. Eers het dit die Hollanders gehelp om vee by die Khoi-Khoi vir tabak, koper, krale en drank te ruil, later oor hoe die Khoi se koppe oor oorlog werk.<\/p>\n<p>Op van die togte na die binneland het sy haar kasteelklere weggeb\u00eare en tradisionele Khoi-uitrustings gedra en soos die Khoi op \u2019n bees gery.<\/p>\n<p>Die vredevolle onderhandelings tussen die twee kulture het nie lank geduur nie. Toe dit vir die Khoi duidelik word dat die Hollanders gekom het om te bly, het hulle Krotoa as \u2019n verraaier beskou.<\/p>\n<p>Toe die konflikte oor beeste en grond heftiger geword het, is die Vryburgers se huise afgebrand en is daar strafekspedisies teen die Khoi uitgestuur.<\/p>\n<p>Krotoa het probeer om alliansies tussen die Hollanders en die Khoi te bewerkstellig. Een keer het sy selfs die kommandeur so ver gekry om \u2019n vioolspeler te stuur om \u2019n potensi\u00eble bondgenoot te vermaak.<\/p>\n<p>Sy het ook sterk verskil van Doman wat die eerste Khoi-Hollander-oorlog in 1659-60 begin het. Krotoa het geweet dat as die Khoi die oorlog verloor, die Hollanders hul grond sou afneem. Dit het dan ook presies so gebeur. Doman was wel \u2019n briljante strateeg, maar hy is vroeg in die oorlog reeds gewond. Die Hollandse soldate en boere was verbaas omdat Krotoa, wat \u2019n Christen geword het, ook vir Heitsi Eibib om leiding gevra het. Maar dit was Krotoa wat aan die einde van die oorlog as die vredemaker uitgeblink het \u2013 \u201cwaarskynlik die hoogtepunt van haar loopbaan aan die fort\u201d, haal <em>The Mail &amp; Guardian<\/em> vir dr. Willa Boesak, kenner van di\u00e9 mense, aan.<\/p>\n<p>Van Riebeeck is in 1662 na Malaga in Oos-Indi\u00eb verplaas en die jong Krotoa was \u201cvaderloos\u201d.<\/p>\n<p>Intussen het Krotoa en die Deense medikus Pieter van Meerhof op mekaar verlief geraak. Pieter het haar by die kasteel besoek en hulle het laatmiddag saam met ander jongmense langs die strand gaan stap. Pieter was, volgens <em>Eilande<\/em>, bekoor deur die jong meisie wat so anders as die Hollandse meisies aan die Kaap was.<\/p>\n<p>Saam met Pieter, wat \u2019n ho\u00eb pos as soldaat in die Hollandse Oos-Indiese kompanjie gekry het, het sy gewerk om die Hollandse handel na die buitewyke van die nedersetting te bewerkstellig.<br \/>\nHulle het drie kinders gehad. Die oudste, Pieternella, is die stammoeder van verskeie Afrikaanse, gemengde ras en selfs swart families. Twee van Krotoa en Pieter se kinders is gebore voordat hulle aan trou begin dink het.<\/p>\n<p>Volgens <em>Eilande<\/em> het die nuwe kommandeur, Zacharias Wagenaar, Krotoa en Van Meerhof se \u201ctroubelofte op 26 April 1664 self ingesweer, in die bysyn van hulle twee kinders en ander getuies. Dit was die eerste keer, het hy ges\u00ea, dat \u2019n Europe\u00ebr volgens die Christelike formulier met \u2019n Kaapse inboorling sal trou. Hy het hulle alle heil en se\u00ebn toegewens. Daarna is die gebooie op drie Sondae afgekondig, en op 2 Junie is hul huwelik in die raadsaal voltrek, net n\u00e1 die kerk.\u201d<\/p>\n<p>Dit was tydens kommandeur Wagenaar se tyd aan die Kaap dat Van Meerhof die pos as bevelvoerder op Robbeneiland aangebied is. Volgens Sleigh se vertelling in <em>Eilande<\/em> was hy nie gretig nie, maar Eva wat Robbeneiland nie geken het nie, was heel geesdriftig omdat sy dan meer van haar man sou sien en hy saans tuis sou wees. Maar sy is gou ontnugter.<\/p>\n<p>Nie Pieter of Eva was gelukkig op Robbeneiland nie. Dit was te afgesonder, te onherbergsaam, te windverwaaid, sonder enige stimulasie. En vir Eva heeltemal te ver van haar eie mense.<\/p>\n<p>Die kommandeur n\u00e1 Wagenaar, Cornelis van Qualberg, het Meerhof na Oos-Afrika, Mauritius en Madagaskar gestuur om slawe te koop. Pieter is op Madagaskar in diens van die Kompanjie oorlede.<\/p>\n<p>Krotoa se lewe het nou baie moeilik geraak. Sy moes nie net sonder Van Riebeeck se beskerming klaarkom nie, maar was ook nou \u2019n jong weduwee wat moontlik geen vriende onder die ander koloniste gehad het nie. En sy was bitter eensaam op Robbeneiland.<\/p>\n<p>Ook het Pieter se dood geweldige finansi\u00eble implikasies vir sy dertigjarige weduwee ingehou. Volgens <em>Eilande<\/em> het sy niks gekry nie: \u201c &#8230; Pieter van Meerhof laat twee testamente na. In een gee hy sy besittings aan sy ou vader in Denemarke. Die ou vader sterf blykbaar, want in die tweede testament laat Pieter dit na aan die armes van die Kaap. Albei testamente is voor sy huwelik opgestel, en omdat hulle in gemeenskap van goedere getroud was, is altwee ongeldig. Die weduwee het geen testament in haar guns nie, en besit niks wat iets werd is nie, behalwe \u2019n slaaf &#8230; Alles wat hulle gebruik, kooi, tafel, klere, leie, potte en pan, behoort aan die Kompanjie en moet eendag teruggegee word.<\/p>\n<p>\u201cDaar is geen kontantuitbetaling aan die weduwee vir die verlies van die broodwinner nie, maar sy kry n\u00e1 amper \u2019n jaar gratis woning aan wal &#8230; As die Kompanjie kontant aan haar voorsien het in haar armoede, onder watter voorwendsel ook al, sou sy beslis haar kinders kon onderhou het, sonder prostitusie.\u201d<\/p>\n<p>Nadat sy in die nuwe kasteel saam met haar drie kinders gaan bly het, word sy van dronkenskap, prostitusie en kinderverwaarlosing beskuldig en in die kerkers van die nuwe kasteel gegooi. Haar kinders is in pleegsorg geplaas en sy is na Robbeneiland verban. Daar is sy in 1674 op \u2019n baie jong leeftyd \u2013 32 jaar &#8211; oorlede. Sy is in die Kasteel begrawe.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Krotoa n\u00e1 haar man se dood<\/h4>\n<p>Oor Krotoa se gedrag net die volgende: Dit moet in aanmerking geneem word dat die Khoi taamlik vry grootgeword het in teenstelling met die formele, stywe lewe in die kasteel. Volgens Khoi-tradisies kon jy nie grond of iemand anders besit het nie. Hulle het ook nie manlike chauvinisme geken nie. Ook het di\u00e9 mense nie drank geken soos die Europe\u00ebrs wat dit al eeue lank geniet het nie. Die Khoi het dus geen genetiese weerstand teen drank gehad nie en het maklik daaraan verslaaf geraak.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Baie eerstes vir Krotoa<\/h4>\n<p>Sy was nie net die eerste Khoi-Khoi wat met \u2019n Europe\u00ebr getroud is nie, s\u00ea dr. Willa Boesak, navorser oor die Khoisan in \u2019n berig in die <em>Mail &amp; Guardian<\/em> (5 Sept. 2016). Krotoa was ook die eerste jong Khoimeisie wat in \u2019n Europese gesin aangestel is om na die kinders om te sien en met huistake te help. (Sy is volgens <em>Eilande<\/em> met brood, tabak en arak rysbrandewyn \u201cbetaal\u201d.) Sy was ook die eerste vrou wat as tolk tussen die Hollanders en die Khoi aan die Kaap gebruik is en die eerste Khoi-Khoi wat in die Hollands Gereformeerde Kerk gedoop is en \u2019n Christelike begrafnis in die Kasteel gekry het.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Gedenkdiens in 2016<\/h4>\n<p>In Augustus 2016 is \u2019n gedenkdiens ter nagedagtenis aan Krotoa in Kaapstad gehou. Verskeie hooggeplaastes van die regering en afstammelinge van Krotoa het dit bygewoon.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Krotoa se dogter in die letterkunde<\/h4>\n<p>Buiten Dan Sleigh se veelbekroonde <em>Eilande<\/em> waarin Pieternella, Krotoa en Pieter se dogter, se lewe en voorlewe deur \u2019n aantal manlike karakters beskryf word, is Pieternella se jong lewe toe sy en haar broer Mauritius toe is, die kern van Dalene Matthee se jeugroman <strong>Pieternella van die Kaap<\/strong>. Albei die boeke is deur Tafelberg uitgegee.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: left;\">Die rolprent<\/h4>\n<p>Die prent wat in Augustus 2017 is, gaan oor die lewe van die vurige Khoimeisie Krotoa en haar kennismaking met die Hollandse kultuur. Sy probeer die twee w\u00earelde met mekaar versoen, maar word uiteindelik deur haar stam verwerp en deur die Nederlanders vernietig.<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/video-krotoa-film-se-amptelike-lokprent-vrygestel\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Video: Krotoa-film se amptelike lokprent vrygestel<\/a><\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-70713 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/04\/KROTOA-400x600.jpg\" alt=\"KROTOA\" width=\"400\" height=\"600\" \/><\/p>\n<p>Die regisseur en vervaardiger <strong>Roberta Durrant<\/strong> se Suid-Afrikaanse TV-produksies, onder meer <em>Home Affairs<\/em>, <em>Sokhulu and Partners<\/em> en <em>Madam &amp; Eve<\/em> is internasionaal vir verskeie pryse benoem. Die spelers in die hoofrolle van Krotoa is plaaslik bekend: <strong>Crystal Donna Roberts<\/strong> speel die naamrol, <strong>Armand Aucamp<\/strong> is Jan van Riebeeck en <strong>Marcel van Heerden<\/strong> Zacharias Wagenaar.<\/p>\n<p>Volgens die rolprentmakers wil die verhaal met sy ryk en sterk karakters wat verskillende standpunte oor kolonisasie huldig, \u2019n <strong>unieke perspektief<\/strong> op \u2019n gedeelde Suid-Afrikaanse en Nederlandse geskiedenis bied. Identiteit, die behoefte om aan te pas en versoening is die universele temas van die sterk verhaal, volgens die regisseursnotas.<\/p>\n<p>Die prent het voor sy plaaslike bekendstelling heelwat <strong>aandag oorsee getrek<\/strong> en was \u2019n treffer by internasionale feeste. Dit het ses amptelike keurings by internasionale rolprentfeeste gekry en agt pryse \u2013 onder meer \u2019n Beste Rolprent van die Fees-toekenning by die <em>Depth Of Field International Film Festival<\/em>, \u2019n platinum-toekenning by die <em>Internasionale Rolprenttoekennings<\/em>, \u2019n diamant-toekenning by die <em>W\u00eareldfees vir Rolprentmakers<\/em> en \u2019n W\u00eareld-platinumtoekenning by die <em>World Woman<\/em>-toekennings.<\/p>\n<p>Plaaslik is die prent reeds deur sowat *23 500 kykers gesien (*getal korrek teen tyd van publikasie). Met nagenoeg 1\u00bd miljoen rand in verdienste, het dit steeds \u2019n plek in die amptelike top 10 van die nasionale rolprenttrefferlys.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Krotoa het twee kulture goed verstaan, haar eie Khoi-Khoi-kultuur sowel as die Hollandse koloniste se Kaapse leefwyse. Maar as jy tussen twee kulture leef, kan die lewe moeilik word &#8230; Deur Corlia Fourie. Foto&#8217;s verskaf<\/p>\n","protected":false},"author":8,"featured_media":70714,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[675],"tags":[1387,3434,24339],"class_list":["post-80621","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-bekendes","tag-celebs","tag-ons-mense","tag-local-celebs"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Beeld van \u2019n vrou: KROTOA van die Kaap<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Krotoa het twee kulture goed verstaan, haar eie Khoi-Khoi-kultuur sowel as die Hollandse koloniste se Kaapse leefwyse. Maar hoe leef jy tussen twee kulture?\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/krotoa-van-die-kaap\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Beeld van \u2019n vrou: KROTOA van die Kaap\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Krotoa het twee kulture goed verstaan, haar eie Khoi-Khoi-kultuur sowel as die Hollandse koloniste se Kaapse leefwyse. Maar hoe leef jy tussen twee kulture?\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/krotoa-van-die-kaap\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2017-08-15T09:56:42+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/04\/KROTOA-2.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1000\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"667\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"9 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/krotoa-van-die-kaap\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/krotoa-van-die-kaap\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Michelle Nortje\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\"},\"headline\":\"Krotoa van die Kaap\",\"datePublished\":\"2017-08-15T09:56:42+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/krotoa-van-die-kaap\\\/\"},\"wordCount\":1797,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/krotoa-van-die-kaap\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/04\\\/KROTOA-2.jpg\",\"keywords\":[\"celebs\",\"ons mense\",\"local celebs\"],\"articleSection\":[\"Bekendes\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2017\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/krotoa-van-die-kaap\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/krotoa-van-die-kaap\\\/\",\"name\":\"Beeld van \u2019n vrou: KROTOA van die Kaap\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/krotoa-van-die-kaap\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/krotoa-van-die-kaap\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/04\\\/KROTOA-2.jpg\",\"datePublished\":\"2017-08-15T09:56:42+00:00\",\"description\":\"Krotoa het twee kulture goed verstaan, haar eie Khoi-Khoi-kultuur sowel as die Hollandse koloniste se Kaapse leefwyse. Maar hoe leef jy tussen twee kulture?\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/krotoa-van-die-kaap\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/krotoa-van-die-kaap\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/krotoa-van-die-kaap\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/04\\\/KROTOA-2.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/04\\\/KROTOA-2.jpg\",\"width\":1000,\"height\":667,\"caption\":\"KROTOA\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/krotoa-van-die-kaap\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Krotoa van die Kaap\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\",\"name\":\"Michelle Nortje\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Michelle Nortje\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Beeld van \u2019n vrou: KROTOA van die Kaap","description":"Krotoa het twee kulture goed verstaan, haar eie Khoi-Khoi-kultuur sowel as die Hollandse koloniste se Kaapse leefwyse. Maar hoe leef jy tussen twee kulture?","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/krotoa-van-die-kaap\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Beeld van \u2019n vrou: KROTOA van die Kaap","og_description":"Krotoa het twee kulture goed verstaan, haar eie Khoi-Khoi-kultuur sowel as die Hollandse koloniste se Kaapse leefwyse. Maar hoe leef jy tussen twee kulture?","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/krotoa-van-die-kaap\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2017-08-15T09:56:42+00:00","og_image":[{"width":1000,"height":667,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/04\/KROTOA-2.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Michelle Nortje","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Michelle Nortje","Est. reading time":"9 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/krotoa-van-die-kaap\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/krotoa-van-die-kaap\/"},"author":{"name":"Michelle Nortje","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd"},"headline":"Krotoa van die Kaap","datePublished":"2017-08-15T09:56:42+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/krotoa-van-die-kaap\/"},"wordCount":1797,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/krotoa-van-die-kaap\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/04\/KROTOA-2.jpg","keywords":["celebs","ons mense","local celebs"],"articleSection":["Bekendes"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2017","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/krotoa-van-die-kaap\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/krotoa-van-die-kaap\/","name":"Beeld van \u2019n vrou: KROTOA van die Kaap","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/krotoa-van-die-kaap\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/krotoa-van-die-kaap\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/04\/KROTOA-2.jpg","datePublished":"2017-08-15T09:56:42+00:00","description":"Krotoa het twee kulture goed verstaan, haar eie Khoi-Khoi-kultuur sowel as die Hollandse koloniste se Kaapse leefwyse. Maar hoe leef jy tussen twee kulture?","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/krotoa-van-die-kaap\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/krotoa-van-die-kaap\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/krotoa-van-die-kaap\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/04\/KROTOA-2.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/04\/KROTOA-2.jpg","width":1000,"height":667,"caption":"KROTOA"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/krotoa-van-die-kaap\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Krotoa van die Kaap"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd","name":"Michelle Nortje","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","caption":"Michelle Nortje"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/80621","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=80621"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/80621\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/70714"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=80621"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=80621"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=80621"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}