{"id":7992,"date":"2016-06-14T08:00:00","date_gmt":"2016-06-14T06:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/oscar-n-narcissis-of-nie\/"},"modified":"2016-11-23T09:44:21","modified_gmt":"2016-11-23T07:44:21","slug":"oscar-pistorius-narcissis-of-nie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/oscar-pistorius-narcissis-of-nie\/","title":{"rendered":"Oscar Pistorius: narcissis of nie?"},"content":{"rendered":"<p>Ek het baie uiteenlopende menings oor die kwessie van narcissisme gekry in die navorsing vir my Oscar-boek, <em>Van sprokie tot tragedie in die kollig<\/em>, wat onlangs verskyn het. In di\u00e9 uittreksel uit die boek gee een kenner haar mening.<\/p>\n<p>Nellie Prinsloo, \u2019n kliniese sielkundige van Johannesburg met byna drie dekades se ervaring, het haar internskap as kliniese sielkundige by die Weskoppies-psigiatriese hospitaal gedoen. Sy het eers \u2019n graad in verpleegkunde behaal en het as studenteverpleegster ook in die mans-opnamesaal van Weskoppies gewerk.<\/p>\n<p>Prinsloo word al sedert 1989 as \u2019n deskundige getuie in hofsake gebruik, en het al meer as honderd sielkundige evaluasies vir hofsake gedoen in sake met aanklagte wat wissel van moord, kindermolestering en bedrog tot toesig oor minderjarige kinders en eise teen die Padongelukfonds.<\/p>\n<p>Die <em>Diagnostics and Statistical Manual of Mental Disorders<\/em> (sogenaamde DSM-IV-TR\u00ae) van die Amerikaanse Psigiatrie-vereniging s\u00ea die volgende oor die diagnose van narcissisme:<\/p>\n<p><em>\u201cThe essential feature of Narcissistic Personality Disorder is a pervasive pattern of grandiosity, need for admiration, and lack of empathy that begins by early adulthood and is present in a variety of contexts. Individuals with this disorder have a grandiose sense of self-importance.\u201d<br \/>\n<\/em><br \/>\nPrinsloo meen \u2019n mens moet baie versigtig wees om uit enkele, losstaande boodskappe afleidings oor mense se verhoudings en hul persoonlikhede te maak. \u201cOns weet eenvoudig nie alles nie.\u201d Prinsloo beklemtoon dat sy versigtig is om \u2019n persoonlikheidsteuring van enige aard by iemand te diagnoseer sonder om hom persoonlik te evalueer. \u201cEk dink dit is baie gevaarlik om sommer net \u2019n diagnose te maak na aanleiding van wat jy in die koerant lees of op televisie sien. Onthou, \u2019n artikel word altyd gekleur met die joernalis se sienswyse en persoonlikheid.\u201d<\/p>\n<p>Volgens haar is die vernaamste kenmerk van \u2019n narcissis \u2019n patroon van grootheidswaan.<\/p>\n<p>Individue wat aan grootheidswaan ly, het ook \u2019n <em>\u201cgrandiose sense of self-importance\u201d <\/em>en oorskat aanhoudend hul vermo\u00ebns en dik aan oor hul prestasies, wat hulle pretensieus of spoggerig laat voorkom. <em>\u201cThey may blithely assume that others attribute the same value to their efforts and may be surprised when the praise they expect and feel they deserve, is not forthcoming.\u201d \u00a0<\/em>Volgens die DSM onderskat \u2019n narcissis ook ander mense se bydrae tot sy prestasies.<\/p>\n<p>Prinsloo meen dat Pistorius nie aan grootheidswaan ly nie. \u201cHy hoef nie te dink hy is \u2019n goeie atleet nie, want hy \u00eds \u2019n uitstekende atleet.\u201d Volgens haar ontbreek die narcissis se tipiese behoefte aan roem en aansien ook by Pistorius. \u201cEk het hom nog nooit op \u2019n seepkis gesien of gehoor nie.\u201d Sy vra: \u201cIs daar enige bewyse dat Oscar byvoorbeeld al ooit joernaliste gebel en gevra het dat hulle onderhoude met hom voer? Dis iets wat \u2019n tipiese narcissis byvoorbeeld sal doen. In onderhoude praat hy oor dit wat hy werklik bereik het, maar dit kom altyd oor asof hy beskeie is en nie die eie ek beklemtoon nie.\u201d<\/p>\n<p>Volgens haar het \u2019n narcissis, benewens die grootheidswaan, boonop \u2019n behoefte om ander af te breek of hul prestasies te onderskat. \u201cKom ons ontleed die storie met die langer lemme by die Paralimpiese Spele in Londen. As \u2019n mens in ag neem hoeveel drama hy gehad het om te bewys dat sy lemme hom nie bevoordeel nie, is dit seker te verstane dat hy iemand bevraagteken wat met langer lemme as hy hardloop en hom wen. Sou enige atleet in \u2019n soortgelyke posisie nie maar dieselfde gedoen het nie? Sou \u2019n tennisspeler wat by Wimbledon opdaag met \u2019n raket waarvan die kop groter as normaalweg voorkom nie ook deur sy teenstanders bevraagteken word nie?\u201d<\/p>\n<p>\u2019n Tweede riglyn, volgens die DSM, is fantasie\u00eb oor onbeperkte sukses, mag, briljantheid, skoonheid of die ideale liefde.<\/p>\n<p><em>\u201cThey may ruminate about \u2018long overdue\u2019 admiration and privilege and compare themselves favourably with famous or privileged people.\u201d<\/em> Prinsloo meen Pistorius het reeds al bogenoemde gehad en dat daar nie bewyse is dat hy oor nog m\u00e9\u00e9r sukses gefantaseer het nie. Selfs sy grootste kritici sal moet erken dat Pistorius nog altyd baie hard gewerk het om sukses te behaal, en nie bloot rondgesit en daaroor gefantaseer het nie.<\/p>\n<p>Volgens die derde riglyn dink mense met narcissistiese persoonlikheidsteuring aan hulself as <em>\u201csuperior, special or unique and expect others to recognise them as such\u201d<\/em>. Sulke mense, volgens die handleiding, mag voel dat hulle slegs verstaan word deur ander met net soveel status, of wil assosieer met mense net so \u201cuniek\u201d, \u201cperfek\u201d of \u201cbegaafd\u201d soos hulle. Die DSM verduidelik dan dat sulke mense glo hul behoeftes is spesiaal en bo die begrip van gewone siele. Hul selfbeeld word verbeter deur di\u00e9 van die mense met wie hulle assosieer. \u2019n Narcissis kan op die beste mense (dokters, prokureurs, haarkappers, afrigters) se dienste aandring en sal tipies lid wees van die heel beste instellings, maar kan moontlik die prestasies en kwalifikasies van diegene wat hulle teleurstel, afskiet. Ook hiervoor bestaan daar nie bewyse wat aan ons bekend is nie, meen Prinsloo.<\/p>\n<p>Leana Clunies-Ross, wat Pistorius en sy suster, Aim\u00e9e, vir \u2019n tydskrifvoorblad gefotografeer het, kan nie uitgepraat raak oor hoe tegemoetkomend en vriendelik Pistorius was tydens die fotosessie nie. Nog \u2019n Johannesburgse fotograaf, wat anoniem wil bly, vertel dat Pistorius min verander het sedert sy hom as 17-jarige atleet die eerste keer afgeneem het. Deur die jare het sy hom gereeld afgeneem. \u201cHy was nog altyd net nederig in my geselskap en het altyd met groot respek teenoor my opgetree.\u201d<\/p>\n<p>Die vierde riglyn waarvolgens \u2019n narcissistiese persoonlikheidsteuring by iemand gediagnoseer kan word, is \u2019n oordadige behoefte aan bewondering, wat nodig is om hul brose selfbeeld \u2019n hupstoot te gee. Volgens die DSM kan hulle behep wees met hoe goed hulle presteer en hoe ander hulle daarvoor bewonder. Dit kan tot \u2019n \u201ckonstante behoefte\u201d aan aandag en bewondering lei. <em>\u201cThey may expect their arrival to be greeted with great fanfare and are astonished if others do not covet their possessions.\u201d<\/em><\/p>\n<p>Hierdie behoefte aan bewondering kan daartoe lei dat hulle gedurig vir komplimente vis. Prinsloo meen dat daar ook nie voldoende bewyse hieroor aan ons bekend is nie. \u2019n Ingesteldheid dat dinge hulle toekom, is die vyfde DSM-riglyn. Sulke mense wil dikwels nie in rye wag nie en glo dit wat vir h\u00falle belangrik is, is verhewe bo ander mense se behoeftes en begeertes. \u201cDaar is ook nie bewyse hiervoor aan ons bekend nie. So iets sou tog seker tydens die verhoor geopper gewees het toe daar karaktergetuienis teen hom gebring is op die ander aanklagte,\u201d meen Prinsloo.<\/p>\n<p>Hierdie houding dat dinge hom toekom, gekombineer met \u2019n gebrek aan sensitiwiteit vir die behoeftes van ander, kan lei tot die bewustelike of onbewustelike uitbuiting van ander (riglyn ses). Narcissiste verwag dat wat hulle ook al wil h\u00ea of nodig het, vir hulle gegee moet word.<em> \u201cThey tend to form friendships or romantic relationships only if the other person seems likely to advance their purposes or otherwise enhance their selfesteem.\u201d <\/em>Ook hiervoor bestaan daar volgens Prinsloo geen bewyse in Oscar se geval nie.<\/p>\n<p>Net so met die sewende riglyn, waarvolgens narcissiste gewoonlik nie empatie met ander het nie en dit moeilik vind om ander se begeertes, subjektiewe ervarings en gevoelens in ag te neem. \u201cHy het myns insiens in die WhatsApp-boodskappe probeer om Reeva se kant van die saak in te sien en haar gevoelens in ag te neem.\u201d<\/p>\n<p>Jaloesie is nog \u2019n faktor. Narcissiste gun ander nie hul sukses of besittings nie, en kan selfs voel dat hulle eintlik s\u00e9lf die prestasies, bewondering of voorregte verdien. Hulle sal ander se bydraes minag. Arrogante, hooghartige gedrag en \u2019n neerhalende houding is tiperend van narcissiste, s\u00ea die DSM. Maar ook hiervoor kan Prinsloo nie bewyse vind in die getuienis nie. \u201cHy (Oscar) het byvoorbeeld dadelik verskoning gevra vir die skoot in die restaurant en ook aangebied om vir die skade te betaal.\u201d<\/p>\n<p>In \u2019n twiet op 4 Julie 2012 waarin Pistorius aankondig dat hy by die Suid-Afrikaanse span vir die Olimpiese Spele in Londen ingesluit is, is daar ook nie sprake van \u2019n hoogdrawende houding nie, en Pistorius gee selfs erkenning aan sy teenstanders:<\/p>\n<p><em>Today is really one of the happiest days of my life! Will be in London 2012 for both the Olympic and Paralympic Games. Thank you to everyone that has made me the athlete I am! God, family and friends, my competitors and supporters! You have all had a hand!<\/em><\/p>\n<p>Prinsloo meen mense het \u2019n wanpersepsie van wat \u2019n narcissis is. \u201cOmdat Pistorius in die openbare oog is, neem hulle outomaties aan dat hy daarna smag en daarvan hou. Myns insiens kan so \u2019n waarneming selfs dui op jaloesie van die persoon wat hom in die eerste plek as \u2019n narcissis beskou. Ons moet onthou Pistorius het nie internasionale atletiek en die roem wat daarmee saamgaan as beroep gekies nie, maar bloot \u2019n talent ontwikkel wat veroorsaak het dat hy noodgedwonge in die openbare oog was. Dit was dalk \u2019n geval van \u2018adapt or die\u2019 in die kollig.\u2019\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Ander mening<\/h4>\n<p>Die kriminoloog en profielsamesteller, Laurie Pieters-James, voel op haar beurt sterk daaroor dat daar wel patrone van emosionele mishandeling in Oscar en Reeva se verhouding was, en dat die WhatsApp-boodskappe daarop dui dat Pistorius \u2019n narcissistiese persoonlikheid het. \u201cAs Reeva net voorheen daarna opgelet het, sou sy steeds met ons gewees het,\u201d meen Pieters-James. Lees haar en ander menings in Van sprokie tot tragedie in die kollig.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-52064 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/06\/Oscar-Pistorius-Van-sprokie-tot-Tragedie-393x600.jpg\" alt=\"Oscar-Pistorius-Van-sprokie-tot-Tragedie\" width=\"393\" height=\"600\" \/><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Voor, tydens en selfs n\u00e1 Oscar Pistorius se opspraakwekkende verhoor is die term \u2018narcissis\u2019 dikwels in dieselfde asem as die sportheld se naam gebruik. Maar kan jy sulke afleidings maak op grond van wat in die hof getuig  en in die media berig is? Deur Ilse Salzwedel. Foto Instagram<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":52061,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[674],"tags":[2717,2718,4894],"class_list":["post-7992","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-in-die-nuus","tag-oscar-pistorius","tag-narcissisme","tag-moord"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Oscar Pistorius: narcissis of nie? | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/oscar-pistorius-narcissis-of-nie\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Oscar Pistorius: narcissis of nie? | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Voor, tydens en selfs n\u00e1 Oscar Pistorius se opspraakwekkende verhoor is die term \u2018narcissis\u2019 dikwels in dieselfde asem as die sportheld se naam gebruik. Maar kan jy sulke afleidings maak op grond van wat in die hof getuig en in die media berig is? Deur Ilse Salzwedel. Foto Instagram\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/oscar-pistorius-narcissis-of-nie\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2016-06-14T06:00:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2016-11-23T07:44:21+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/09\/Oscar-Pistorius-Instagram.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"598\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"594\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"8 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/oscar-pistorius-narcissis-of-nie\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/oscar-pistorius-narcissis-of-nie\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Oscar Pistorius: narcissis of nie?\",\"datePublished\":\"2016-06-14T06:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-11-23T07:44:21+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/oscar-pistorius-narcissis-of-nie\\\/\"},\"wordCount\":1558,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/oscar-pistorius-narcissis-of-nie\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/09\\\/Oscar-Pistorius-Instagram.jpg\",\"keywords\":[\"oscar pistorius\",\"narcissisme\",\"moord\"],\"articleSection\":[\"In die nuus\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2016\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/oscar-pistorius-narcissis-of-nie\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/oscar-pistorius-narcissis-of-nie\\\/\",\"name\":\"Oscar Pistorius: narcissis of nie? | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/oscar-pistorius-narcissis-of-nie\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/oscar-pistorius-narcissis-of-nie\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/09\\\/Oscar-Pistorius-Instagram.jpg\",\"datePublished\":\"2016-06-14T06:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-11-23T07:44:21+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/oscar-pistorius-narcissis-of-nie\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/oscar-pistorius-narcissis-of-nie\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/oscar-pistorius-narcissis-of-nie\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/09\\\/Oscar-Pistorius-Instagram.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/09\\\/Oscar-Pistorius-Instagram.jpg\",\"width\":598,\"height\":594,\"caption\":\"Oscar-Pistorius-Instagram\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/oscar-pistorius-narcissis-of-nie\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Oscar Pistorius: narcissis of nie?\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Oscar Pistorius: narcissis of nie? | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/oscar-pistorius-narcissis-of-nie\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Oscar Pistorius: narcissis of nie? | rooi rose","og_description":"Voor, tydens en selfs n\u00e1 Oscar Pistorius se opspraakwekkende verhoor is die term \u2018narcissis\u2019 dikwels in dieselfde asem as die sportheld se naam gebruik. Maar kan jy sulke afleidings maak op grond van wat in die hof getuig en in die media berig is? Deur Ilse Salzwedel. Foto Instagram","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/oscar-pistorius-narcissis-of-nie\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2016-06-14T06:00:00+00:00","article_modified_time":"2016-11-23T07:44:21+00:00","og_image":[{"width":598,"height":594,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/09\/Oscar-Pistorius-Instagram.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"8 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/oscar-pistorius-narcissis-of-nie\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/oscar-pistorius-narcissis-of-nie\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Oscar Pistorius: narcissis of nie?","datePublished":"2016-06-14T06:00:00+00:00","dateModified":"2016-11-23T07:44:21+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/oscar-pistorius-narcissis-of-nie\/"},"wordCount":1558,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/oscar-pistorius-narcissis-of-nie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/09\/Oscar-Pistorius-Instagram.jpg","keywords":["oscar pistorius","narcissisme","moord"],"articleSection":["In die nuus"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2016","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/oscar-pistorius-narcissis-of-nie\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/oscar-pistorius-narcissis-of-nie\/","name":"Oscar Pistorius: narcissis of nie? | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/oscar-pistorius-narcissis-of-nie\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/oscar-pistorius-narcissis-of-nie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/09\/Oscar-Pistorius-Instagram.jpg","datePublished":"2016-06-14T06:00:00+00:00","dateModified":"2016-11-23T07:44:21+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/oscar-pistorius-narcissis-of-nie\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/oscar-pistorius-narcissis-of-nie\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/oscar-pistorius-narcissis-of-nie\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/09\/Oscar-Pistorius-Instagram.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/09\/Oscar-Pistorius-Instagram.jpg","width":598,"height":594,"caption":"Oscar-Pistorius-Instagram"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/oscar-pistorius-narcissis-of-nie\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Oscar Pistorius: narcissis of nie?"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7992","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=7992"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7992\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/52061"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=7992"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=7992"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=7992"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}