{"id":79810,"date":"2017-08-04T11:34:52","date_gmt":"2017-08-04T09:34:52","guid":{"rendered":"http:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=79810"},"modified":"2018-07-03T11:21:14","modified_gmt":"2018-07-03T09:21:14","slug":"vrouemag","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vrouemag\/","title":{"rendered":"Vrouemag"},"content":{"rendered":"<p>Toe my dogtertjie vyf was, het sy een aand n\u00e1 ons oor die Skeppingsverhaal gesels het, skielik \u2019n gloeilampie-oomblik gehad.<\/p>\n<p>\u201cAh! So d\u00eds hoekom Boetie so vuil van die rugbyveld af kom en ek is nog mooi skoon na netbal? Seuntjies is van stof gemaak en ons van ribbebene &#8230; N\u00f3\u00fa verstaan ek!\u201d<\/p>\n<p>So het hierdie ma al die tyd gedink die \u201cskoner geslag\u201d verwys na skoonheid, maar daar het ek dit toe uit die voorskoolse skoonlief se bekkie.<\/p>\n<p>Hoe dit ookal sy, die maand waarin die deugde van die skoner geslag tradisioneel gevier word, het aangebreek. Vir die meeste van ons is <strong>Augustus<\/strong> egter maar net n\u00f3g \u2019n maand in die winter, boonop in \u2019n baie bedrywige derde skoolkwartaal. Die wortel voor die neus is darem \u2019n vakansiedag op 9 Augustus waar van ons \u2019n bietjie later kan l\u00ea as ander gewone weeksoggende.<\/p>\n<p>Die meeste vroue wat gewoonlik op openbare vakansiedae werk, sal egter soos altyd volgende Woensdag vroegoggend steeds werk toe vertrek en die ander sal dalk die kans gebruik om solank die huis reg te ruk na die naweek en Maandag en te sorg dat die klere- en koskas gepak en die benodighede gekoop is vir die res van die week.<\/p>\n<p>Maar, wat is <strong>Vrouedag<\/strong> en watter rol speel dit nou, drie-en-twintig jaar nadat dit die eerste keer in ons land gevier is?<\/p>\n<p>Volgens Wikipedia is Nasionale Vrouedag \u2019n \u201copenbare vakansiedag wat jaarliks op 9 Augustus in Suid-Afrika gevier word. Die eerste Nasionale Vrouedag het op 9 Augustus 1994 plaasgevind. Die dag gedenk die nasionale optog van vroue op hierdie dag in 1956 om petisie aan te teken teen wetgewing wat Afrikane verplig het om \u2019n pas te dra. Die pas is \u2019n spesiale dokument wat die beweging van swartmense gedurende die apartheidsera beperk het om sodoende die wit woongebiede te beveilig.\u201d<\/p>\n<p>Vrouedag in ons land is dus \u2019n instelling van die demokratiese regering wat in 1994 tot stand gekom het. Dit gedenk die rol wat vroue gespeel het om die mure af te breek wat in \u2019n vorige bedeling onderskeid getref het tussen mense op grond van ras.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><em>Wat is <strong>Vrouedag<\/strong> en watter rol speel dit nou, drie-en-twintig jaar nadat dit die eerste keer in ons land gevier is?<\/em><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Maar, wat dan nou van die vroue wat nie aan hierdie optog deelgeneem het of hoef deel te geneem het nie aangesien hulle ook maar net gebore is in \u2019n land waar besluitmakers reeds hulle besluite gemaak het en almal moes inval \u2013 of betoog?<\/p>\n<p>Daar word dikwels gemor oor al die openbare vakansiedae en die verlammende effek wat dit op die ekonomie en produktiwiteit van die land het. Dus is iets soos Vrouedag met sy politiese konnotasies en\u00a0viering van een geslag\u00a0een van die eerstes waaroor gekla word.<\/p>\n<p>Maar, ek wonder of dit nie juis nou, 23 jaar sedert die eerste Vrouedag gevier is en 61 jaar sedert die optog, selfs n\u00f3g nodiger is om \u2019n dag te h\u00ea waarop vroue ge\u00eber word nie? Want die hartseer realiteit is dat daar in vandag se samelewing ten spyte van beroepsgeleenthede en leierskapsplatforms vir vroue, selfs harder geveg moet word vir gelyke regte en die waardes wat vir \u2019n gesonde gemeenskap daargestel moet word.<\/p>\n<p>As prim\u00eare versorgers van kinders, bejaardes, swakkes wat nie meer na hulself kan omsien nie, en ook mans, verrig talle vroue elke dag \u2019n ondankbare werk. Dikwels is hierdie vroue enkelouers wat lank voor sonop reeds op is om om te sien na die behoeftes van ander.<\/p>\n<p>Nie alleen is hierdie vroue verantwoordelik vir die fisiese versorging van ander nie, maar hulle is ook die emosionele steunpilare en die bewakers van die sedes in die samelewing. Dit is hulle plig om gesonde gewoontes te kweek en ook as rolmodelle op te tree vir \u2019n jonger geslag.<\/p>\n<p>En d\u00edt is geen maklike taak nie. Vra enige onderwyser hoe dissipline, selfdissipline en morele waardes deesdae verskil van dekades gelede. Daar heers \u00f3f \u2019n nonchalante minagting van ander en \u2019n \u201cek verdien dit en dat\u201d-mentaliteit \u00f3f \u2019n woede wat dikwels veroorsaak dat iemand met \u2019n vuis bygedam word \u2013 hetsy agter geslote deure of op die pad.<\/p>\n<p>Vroue word dikwels fisies en emosioneel s\u00f3 mishandel dat dit deel van die norm word en \u2019n blinde oog gegooi word. Dink maar aan die \u201cSprings-monster\u201d en die kritiek wat daar teenoor sy vrou was wat so lank toegelaat het wat agter die gruwelhuis se mure gebeur het.<\/p>\n<p>Enigeen wat die nuus volg, word daagliks blootgestel aan die vergrype wat selfs die leiers en rolmodelle pleeg teenoor vroue. Ons lewe in \u2019n land waar die man aan die hoof al jare lank en by verskeie geleenthede vroue met sy woorde en dade minag, waar die hoof van die polisie eerder pornografiese materiaal via sy selfoon versprei as om te sorg vir die veiligheid van vroue en ander landsburgers en waar die media gereeld uitwys hoe die afstootlike optrede van kansvatter manlike gesagsfigure teenoor vroulike kollegas en kennisse dikwels ontken en onder die mat gevee word.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><em>Vroue word dikwels fisies en emosioneel s\u00f3 mishandel dat dit deel van die norm word en \u2019n blinde oog gegooi word<\/em><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>So baie vroue word weens die voortdurende morele verval ontmagtig om op te staan vir hulle menseregte.<\/p>\n<p>Dit is juis vir hierdie vroue wat ons moet opstaan en sterkstaan en s\u00ea: Ons reik uit na jou. Ons sal help om jou te bemagtig. Jy is \u2019n vrou. Jy is sterk. Jou taak om te versorg, beskerm, ondersteun en volwaardig mens te wees hou nooit op nie. As vrou is jy die gom van die samelewing \u2013 jy bind dit en hou dit bymekaar.<\/p>\n<p>Hoe en waar ookal jy volgende week Vrouedag vier, maak seker jy v\u00ed\u00e9r dit. Hou op kwaad of skuldig voel oor die onregte van die verlede, want dit is in die verlede. Maar, jy kan sorg dat jy as vrou elke dag s\u00f3 lewe dat jy die hede en die toekoms \u2019n beter plek maak \u2013 vir jouself en jou mense, maar ook vir ander vroue, mans en kinders.<\/p>\n<p>As ons as vroue mekaar ophef, eerder as afbreek, en saamstaan, kan ons mure afbreek en sterker anderkant uitkom.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Wat is Vrouedag en watter rol speel dit nou, drie-en-twintig jaar nadat dit die eerste keer in ons land gevier is? Blog deur Ina Genade. Foto pixelfit\/istock images<\/p>\n","protected":false},"author":8,"featured_media":79837,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[682,55176,3476],"tags":[1245,23450],"class_list":["post-79810","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-blogs","category-ina-genade","category-ontspanning","tag-bloggers","tag-entertainment"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>rooi rose blog: Vrouemag vir Vrouemaand<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Wat is Vrouedag en watter rol speel dit nou, drie-en-twintig jaar nadat dit die eerste keer in ons land gevier is? Blog deur Ina Genade.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vrouemag\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"rooi rose blog: Vrouemag vir Vrouemaand\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Wat is Vrouedag en watter rol speel dit nou, drie-en-twintig jaar nadat dit die eerste keer in ons land gevier is? Blog deur Ina Genade.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vrouemag\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2017-08-04T09:34:52+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2018-07-03T09:21:14+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/Vroue-lag.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1000\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"750\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"5 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vrouemag\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vrouemag\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Michelle Nortje\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\"},\"headline\":\"Vrouemag\",\"datePublished\":\"2017-08-04T09:34:52+00:00\",\"dateModified\":\"2018-07-03T09:21:14+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vrouemag\\\/\"},\"wordCount\":1029,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vrouemag\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/08\\\/Vroue-lag.jpg\",\"keywords\":[\"bloggers\",\"entertainment\"],\"articleSection\":[\"Blogs\",\"Ina Genade\",\"Ontspanning\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2017\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vrouemag\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vrouemag\\\/\",\"name\":\"rooi rose blog: Vrouemag vir Vrouemaand\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vrouemag\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vrouemag\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/08\\\/Vroue-lag.jpg\",\"datePublished\":\"2017-08-04T09:34:52+00:00\",\"dateModified\":\"2018-07-03T09:21:14+00:00\",\"description\":\"Wat is Vrouedag en watter rol speel dit nou, drie-en-twintig jaar nadat dit die eerste keer in ons land gevier is? Blog deur Ina Genade.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vrouemag\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vrouemag\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vrouemag\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/08\\\/Vroue-lag.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/08\\\/Vroue-lag.jpg\",\"width\":1000,\"height\":750,\"caption\":\"Foto: pixelfit\\\/istock images\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vrouemag\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Vrouemag\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\",\"name\":\"Michelle Nortje\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Michelle Nortje\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"rooi rose blog: Vrouemag vir Vrouemaand","description":"Wat is Vrouedag en watter rol speel dit nou, drie-en-twintig jaar nadat dit die eerste keer in ons land gevier is? Blog deur Ina Genade.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vrouemag\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"rooi rose blog: Vrouemag vir Vrouemaand","og_description":"Wat is Vrouedag en watter rol speel dit nou, drie-en-twintig jaar nadat dit die eerste keer in ons land gevier is? Blog deur Ina Genade.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vrouemag\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2017-08-04T09:34:52+00:00","article_modified_time":"2018-07-03T09:21:14+00:00","og_image":[{"width":1000,"height":750,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/Vroue-lag.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Michelle Nortje","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Michelle Nortje","Est. reading time":"5 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vrouemag\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vrouemag\/"},"author":{"name":"Michelle Nortje","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd"},"headline":"Vrouemag","datePublished":"2017-08-04T09:34:52+00:00","dateModified":"2018-07-03T09:21:14+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vrouemag\/"},"wordCount":1029,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vrouemag\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/Vroue-lag.jpg","keywords":["bloggers","entertainment"],"articleSection":["Blogs","Ina Genade","Ontspanning"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2017","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vrouemag\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vrouemag\/","name":"rooi rose blog: Vrouemag vir Vrouemaand","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vrouemag\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vrouemag\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/Vroue-lag.jpg","datePublished":"2017-08-04T09:34:52+00:00","dateModified":"2018-07-03T09:21:14+00:00","description":"Wat is Vrouedag en watter rol speel dit nou, drie-en-twintig jaar nadat dit die eerste keer in ons land gevier is? Blog deur Ina Genade.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vrouemag\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vrouemag\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vrouemag\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/Vroue-lag.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/Vroue-lag.jpg","width":1000,"height":750,"caption":"Foto: pixelfit\/istock images"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vrouemag\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Vrouemag"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd","name":"Michelle Nortje","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","caption":"Michelle Nortje"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/79810","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=79810"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/79810\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/79837"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=79810"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=79810"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=79810"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}