{"id":7968,"date":"2015-09-23T12:58:00","date_gmt":"2015-09-23T10:58:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-36\/"},"modified":"2018-04-09T12:11:18","modified_gmt":"2018-04-09T10:11:18","slug":"dans-met-die-rooirok-hoofstuk-36","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-36\/","title":{"rendered":"Dans met die rooirok: Hoofstuk 36"},"content":{"rendered":"<p><em><strong>Bloedstollend<\/strong><\/em><\/p>\n<p>Phillip se o\u00eb staar bloedbelope en moeg oor die lengte van die loop na Amelie. Hy wieg onvas op sy voete. Die stilte op die plaaswerf weergalm sy swaar asemhaling. Amelie voel of sy haar eie hartklop ook kan hoor. Sy probeer stadiger en dieper asemhaal om haar angs te probeer beheer. Sy wil nie haar lewe hier op die Groenewalds se stoep eindig nie. Haar kinders het haar nog nodig. Sy neem haar voor dat as sy lewend uit di\u00e9 gemors kom, gaan sy oppak en haar kinders uit hierdie aaklige dorp en sy geskiedenis verwyder.<\/p>\n<p>Asof hy gestuur is, vlieg \u2019n hadeda laag oor die opstal. Sy skelroep weerklink in die stilte. Dis al wat Amelie nodig het. In die breukdeel van die sekonde wat Phillip in die lug opkyk, stamp sy die loop van die geweer weg. Hy verloor sy balans en struikel besope oor sy voete. Dit gee Amelie tyd om na haar kar te hardloop. Sy is net betyds. As sy wegtrek, tref die eerste koe\u00ebl haar agterruit.<\/p>\n<p>Haar vingers bewe in die ry op haar selfoon se knoppies. Gelukkig antwoord Mia vinnig.<\/p>\n<p>\u201cSorg dat julle by die polisiestasie kom. Bly daar tot ek daar is. S\u00ea vir die polisie Phillip Groenewald volg my van sy plaas af en hy skiet op my!\u201d<\/p>\n<p>Sy sien die bakkie agter haar oor die pad slinger. Hy mis \u2019n aankomende vragmotor rakelings.<\/p>\n<p>Haar hande sweet op die stuurwiel. Vandag is die pad na die dorp ekstra lank.<\/p>\n<p>\u2019n Ent uit die dorp trek Phillip van die pad af. Sy wag nie om te sien wat hy doen nie en jaag aan.<\/p>\n<p>Die verskrikte gesigte van haar kinders by die polisiekantoor sny deur haar gewete. Sy het hulle saam met haar by die gemors ingetrek. Dis haar skuld dat hulle al hierdie trauma moet beleef. As Renier van hierdie drama hoor, het hy alle reg om Mia en Jos uit haar sorg te laat verwyder.<\/p>\n<p>Sersant Bakkies Jooste is dadelik gereed vir aksie as sy hom vertel wat op die plaas gebeur het.<\/p>\n<p>\u201cVandag trek ek daardie barbaar vir eens vas. Niemand gaan hom weer uit hierdie gemors kan praat nie. Ons het geweet hier kom moeilikheid vandag toe sy ou ma en seun vanoggend hier aangekom het en vertel Phillip is weer die kluts kwyt. Die bevelvoerder het die twee hotel toe geneem en \u2019n jong konstabel waak by die deur. Myra s\u00ea glo Phillip het hulle probeer skiet.<br \/>\nDie keer klink dit my is hy ver heen.\u201d<\/p>\n<p>Hy kyk rond in die polisiekantoor of iemand luister en s\u00ea dan sag agter sy hand:<\/p>\n<p>\u201cDaar is mos mense wat glo sy eerste vrou het haar nie self geskiet nie. Hulle glo Phillip het daardie dag die geweer in die hand gehad.\u201d<\/p>\n<p>Amelie en die kinders staan verskrik en luister hoe Bakkies verskeie oproepe maak. Twee polisievoertuie hou na \u2019n paar minute met loeiende sirenes voor die polisiekantoor stil.<\/p>\n<p>Die nuus van die jongste Groenewald-drama versprei vinnig en \u2019n paar boere maak hulle<br \/>\nafwagting by die polisiekantoor.<\/p>\n<p>Bakkies kom gee deur die volgende paar uur gereeld terugvoer aan Amelie oor die soektog na Phillip. Mense het \u2019n paar skote in die rietbos naby die dorp gehoor, maar dit was toe net boere wat vinke wegjaag. Mense het Phillip glo op verskeie plekke in die distrik gesien, maar elke keer het die polisie net te laat gekom om die besope, aggressiewe man aan te keer.<\/p>\n<p>\u201cDit gaan moeilik wees om hom te vang. Daai man ken die omgewing.\u201d Dis duidelik dat Bakkies dit geniet om in beheer van hierdie drama te wees terwyl sy stasiebevelvoerder saam met die soekspan in die distrik rondjaag.<\/p>\n<p>Die hele dorp vibreer van opgewondenheid. \u2019n Groep van Phillip se vriende het hulle eie soekgeselskap aan die gang en hulle hoop om hom op te spoor voor die polisie hom vaskeer.<\/p>\n<p>Oral op die sypaadjie staan mense in groepies en praat. Daar is twee kampe op die dorp. Diegene wat die Groenewalds deur die jare gesteun het, en diegene wat moeg is vir die familie se heerskappy op die dorp. Baie verlekker hulle in die jongste drama en gis dat Phillip dalk di\u00e9 keer vasgevat gaan word. Dit is nie die eerste keer wat hy die hele distrik op hol het as hy in sy dronkenskap met \u2019n geweer rondjaag nie.<\/p>\n<p>Bakkies kom uitasem die polisiekantoor ingehardloop met die nuus dat Myra en klein Phil nou ook in \u2019n bakkie op soek is na Phillip.<\/p>\n<p>\u201cDit gaan daai ou vrou se eie skuld wees as haar mal seun hulle vandag skiet. Die bevelvoerder het glo vir haar ges\u00ea hy kan hulle nie oppas as hulle nie in die hotel bly nie.\u201d<\/p>\n<p>\u2019n Paar nuuskierige tannies daag by die polisiekantoor op met toebroodjies en flesse tee vir die \u201carme vroutjie en haar kindertjies wat daar skuil.\u201d<\/p>\n<p>Bakkies neem die gawes in ontvangs en l\u00ea self aan die eetgoed weg.<\/p>\n<p>\u201cHulle is net nuuskierig om te kom hoor wat aangaan. Ek s\u00ea jou, Mevroutjie, vandat jy op hierdie dorp aangekom het, is daar nuwe aksie!\u201d<\/p>\n<p>Bakkies laat Hannes darem toe om Amelie te besoek en sy is dankbaar vir \u2019n bekende gesig wat sy kan vertrou.<\/p>\n<p>Die ure sleep voort sonder verdere nuus oor Phillip, behalwe dat hy glo op een van die plase by \u2019n sjebien nog drank gekoop het om sy maniese drankwoede aan te vuur.<\/p>\n<p>Die polisie en boere het die rivier, omliggende koppies, die krans en Phillip se plaas deursoek. Een boer het \u2019n mikro-vliegtuig aangebied om met die soektog te help.<\/p>\n<p>Daar hang \u2019n stofwolk oor die dorp soos bakkies heen en weer in die soektog jaag.<\/p>\n<p>Phillip ontduik die soekgeselskappe vir die res van die dag.<\/p>\n<p>\u2019n Diep moegheid oorval Amelie. Sy wens die nagmerrie wil nou ophou.<\/p>\n<p>Laatmiddag kom staan Bakkies as-wit in die gesig voor haar. Vir \u2019n paar sekondes kan die spraaksamige polisieman geen woord uitkry nie. Maar as hy uiteindelik begin praat, laat sy woorde Amelie se bloed stol.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Bloedstollend Phillip se o\u00eb staar bloedbelope en moeg oor die lengte van die loop na Amelie. Hy wieg onvas op sy voete. Die stilte op die plaaswerf weergalm sy swaar asemhaling. Amelie voel of sy haar eie hartklop ook kan [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":15244,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[43452],"tags":[2257,2340,99,1628],"class_list":["post-7968","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-lees","tag-amelia","tag-amelie","tag-verhale","tag-dans-met-die-rooirok"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Dans met die rooirok: Hoofstuk 36 | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-36\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Dans met die rooirok: Hoofstuk 36 | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Bloedstollend Phillip se o\u00eb staar bloedbelope en moeg oor die lengte van die loop na Amelie. Hy wieg onvas op sy voete. Die stilte op die plaaswerf weergalm sy swaar asemhaling. Amelie voel of sy haar eie hartklop ook kan [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-36\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2015-09-23T10:58:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2018-04-09T10:11:18+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201592312587.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"640\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"613\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"5 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-36\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-36\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Dans met die rooirok: Hoofstuk 36\",\"datePublished\":\"2015-09-23T10:58:00+00:00\",\"dateModified\":\"2018-04-09T10:11:18+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-36\\\/\"},\"wordCount\":1008,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-36\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra201592312587.jpg\",\"keywords\":[\"amelia\",\"amelie\",\"verhale\",\"dans met die rooirok\"],\"articleSection\":[\"Lees\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2015\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-36\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-36\\\/\",\"name\":\"Dans met die rooirok: Hoofstuk 36 | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-36\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-36\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra201592312587.jpg\",\"datePublished\":\"2015-09-23T10:58:00+00:00\",\"dateModified\":\"2018-04-09T10:11:18+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-36\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-36\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-36\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra201592312587.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra201592312587.jpg\",\"width\":640,\"height\":613},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-36\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Dans met die rooirok: Hoofstuk 36\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Dans met die rooirok: Hoofstuk 36 | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-36\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Dans met die rooirok: Hoofstuk 36 | rooi rose","og_description":"Bloedstollend Phillip se o\u00eb staar bloedbelope en moeg oor die lengte van die loop na Amelie. Hy wieg onvas op sy voete. Die stilte op die plaaswerf weergalm sy swaar asemhaling. Amelie voel of sy haar eie hartklop ook kan [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-36\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2015-09-23T10:58:00+00:00","article_modified_time":"2018-04-09T10:11:18+00:00","og_image":[{"width":640,"height":613,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201592312587.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"5 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-36\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-36\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Dans met die rooirok: Hoofstuk 36","datePublished":"2015-09-23T10:58:00+00:00","dateModified":"2018-04-09T10:11:18+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-36\/"},"wordCount":1008,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-36\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201592312587.jpg","keywords":["amelia","amelie","verhale","dans met die rooirok"],"articleSection":["Lees"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2015","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-36\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-36\/","name":"Dans met die rooirok: Hoofstuk 36 | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-36\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-36\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201592312587.jpg","datePublished":"2015-09-23T10:58:00+00:00","dateModified":"2018-04-09T10:11:18+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-36\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-36\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-36\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201592312587.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201592312587.jpg","width":640,"height":613},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-36\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Dans met die rooirok: Hoofstuk 36"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7968","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=7968"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7968\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/15244"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=7968"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=7968"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=7968"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}