{"id":7949,"date":"2015-08-10T00:00:00","date_gmt":"2015-08-09T22:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/lees-hier-voor-jy-vir-n-knievervanging-gaan\/"},"modified":"2016-06-29T13:49:20","modified_gmt":"2016-06-29T11:49:20","slug":"lees-hier-voor-jy-vir-n-knievervanging-gaan","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/lees-hier-voor-jy-vir-n-knievervanging-gaan\/","title":{"rendered":"Lees hier voor jy vir \u2019n knievervanging gaan"},"content":{"rendered":"<h4>Wat is hyaluroon?<strong><br \/>\n<\/strong><\/h4>\n<p>Hyaluroon is aan die meeste van ons bekend as die <strong>vuller <\/strong>wat plastiese chirurge as plooivuller gebruik. Met ander woorde, dit val vir ons in die kategorie van &#8216;n skoonheidsproduk.<\/p>\n<p>Maar nou het dit \u2019n nuwe toepassing: as <strong>kussing <\/strong>tussen jou gewrigte.<\/p>\n<p>Ons gewrigte is meganiese wonderwerke: in plaas daarvan dat ons bene bloot buig, is daar tussen alle bene wat aan mekaar raak, \u2019n \u2018kussing.\u2019<\/p>\n<p>Byna al jou bene \u2013 in jou rug, hande, nek en voete \u2013 is met \u2019n kussingstelsel van hul naasliggende bene geskei. In jou <strong>knie<\/strong>ken jy dit as jou knieskyf en meniskus (wat altwee strukture is) en sinoviale vloeistof (wat jy met ghries kan vergelyk). Ons noem dit in die algemeen ons werwel- en gewrigkussings.<\/p>\n<p>Die taak van die kussinkies is om <strong>impak <\/strong>te absorbeer. Wanneer jy loop, sorg jou knieskyf en meniskus dat jou onderbeen nie te hard in jou bobeen inkap nie. So keer dit dat jou bobeen verweer.<\/p>\n<p>Hoewel die gewrigkussings gemaak is om hulself voortdurend te herstel, beskadig harde impak hulle mettertyd. Veral impaksport soos rugby, tennis, netbal en draf, verweer jou kussings sodat jou bene van veral jou knie\u00eb en heupe op &#8216;n jonger ouderdom sonder kussings is.<\/p>\n<p>Soos dit verweer, is daar al minder \u2013 of niks \u2013 wat jou bene skei.<\/p>\n<p>Daarsonder skuur jou bene teen mekaar, wat lei tot pynlike <strong>verwering<\/strong>. Ons ken dit as osteoartritis (osteo = been; arthritis pynlike, stywe gewrigte).<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Hoe werk hyaluroon in osteoartritis?<\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Hyaluroonsuur is een van die natuurlike bestanddele van die sinoviale vloeistof van die <strong>kussingstelsel <\/strong>van jou gewrigte, wat veral jou knie\u00eb en heupe teen osteo-artritis beskerm.<\/p>\n<p>Hyaluroon het \u2019n\u00a0baie besonderse eienskap: onder druk verander dit maklik van vloeistof na gel. Sonder druk keer dit maklik terug na \u2019n\u00a0vloeistof.<\/p>\n<p>Dink aan hoe gewrigte beweeg, byvoorbeeld jou knie wanneer jy loop.<\/p>\n<p>Om \u2019n\u00a0tree te gee, moet jy dit oplig, wat beteken dat dit moet buig\/draai. Die gewrig gaan lekker glad loop as daar smering is. Terwyl jou knie in die lug is, is daar geen druk nie en werk jou hyaluroon soos \u2019n\u00a0vloeistof \u2013 letterlik knieghries.<\/p>\n<p>Sodra jy jou voet neersit, dra jou knie gewig. Dan het jou been <strong>beskerming <\/strong>teen impak nodig. Gewig beteken druk, en druk verander hyaluroon in \u2019n\u00a0gel wat \u2019n\u00a0kussing tussen jou bo- en onderbeen vorm.<\/p>\n<p>Hyaluroon word natuurlik deur jou liggaam gemaak. Dit is dus nie liggaamsvreemd nie.<\/p>\n<p>Daaruit het die idee ontstaan dat dit aangevul kan word met \u2019n\u00a0inspuiting tussen die beengewrigte, om so die smering en impak te verbeter, wat osteoartritis verlig<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Wie baat die meeste by hyaluroon as behandeling vir knie-artritis?<strong><br \/>\n<\/strong><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Dr. Hennie Bosch, ortopeed van Durbanville, Kaapstad, beskou hyalurooninspuitings as net een van die terapie\u00eb om artritis te behandel.<\/p>\n<p>\u201cDit werk uitstekend om <strong>osteoartritis <\/strong>te verlig maar net tydelik.<\/p>\n<p>\u201cDit werk vir party mense baie beter as vir ander. Mense wat baie aktief is gaan hierdie kunsmatige kussinkie gouer \u2018uitwerk\u2019, terwyl dit by die minder aktiewes effens langer hou. Jy kan ook jou kussinkies langer laat hou deur die eerste drie, vier dae baie min gewig op jou gewrigte te sit, sodat die hyaluroonsuur kans kry om in te werk.<\/p>\n<p>\u201cDie probleem is dat jou liggaam hyaluroon resorbeer (opneem en afbreek). \u2019n\u00a0Inspuiting hou jou ses na twaalf maande, wat afhang van jou aktief jy is. Dan moet jy weer ingespuit word.<\/p>\n<p>\u201cHyalurooninspuitings is en bly dus \u2019n\u00a0tydelike oplossing.<\/p>\n<p>\u201cOns doen dit tog as \u2019n\u00a0alternatief vir knievervanging vir die mense wat te bejaard vir narkose is, en dus nie die operasie kan hanteer nie.<\/p>\n<p>\u2019n\u00a0<strong>Knievervanging <\/strong>is ook baie duur. Jy kan reken op R80 000 \u2013 R100 000 per knie. Min mense sonder \u2019n\u00a0mediese fonds kan dit bekostig. Vir hulle kan \u2019n\u00a0<strong>hyalurooninspuiting <\/strong>bekostigbaarder wees, hoewel nie op die lang duur nie.<\/p>\n<p>\u201cEn baie mense is te jonk vir \u2019n\u00a0knievervanging. In die re\u00ebl hou \u2019n\u00a0knievervanging jou sowat 25 jaar.<\/p>\n<p>\u201cAl hierdie mense kan hyaluroonsuur gebruik om hul knievervanging uit te stel of te vermy.\u201d<br \/>\nHyalurooninspuitings vir osteoartritis is dus \u2019n\u00a0opsie vir jou as:<br \/>\n\u2022 Jy kan nie <strong>narkose <\/strong>kry nie<br \/>\n\u2022 Jy is te <strong>jonk <\/strong>\u2013 onder vyftig \u2013 vir \u2019n\u00a0knievervanging<br \/>\n\u2022 jy nie \u2019n\u00a0operasie kan <strong>bekostig <\/strong>nie<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Is daar ander behandeling vir osteoartritis as hyaluroon inspuitings?<\/h4>\n<p><strong><br \/>\n<\/strong><br \/>\nDaar is. Volgens dr. Hennie Bosch sluit terapie\u00eb wat goed werk vir osteoartritis werk in:<\/p>\n<p>\u2022 <strong>K<\/strong><strong>ortisone <\/strong>\u201cDit verlig die inflammasie uitstekend. Mens wil egter nie net daarop staat maak nie. Jou liggaam raak daaraan gewoond en dan werk dit lateraan nie meer doeltreffend nie. Mens wil ook nie by jonger mense te vroeg met kortisoon begin nie omdat dit been dunner maak en op die lang duur bloeddruk en bloedsuiker verhoog.<br \/>\n\u2022 <strong>NSAIDs <\/strong>(nie-stero\u00efed anti-inflammatoriese middels) Hulle keer ook inflammasie uitstekend. Maar hulle kan tot bloeding lei en beroerte veroorsaak. Mens behoort hulle ook net vir kort tye te gebruik, en nie jare aaneen nie. Artritis is egter \u2019n\u00a0langtermyn toestand.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Wat van vitamiene en ander alternatiewe vir osteoartritis?<strong><br \/>\n<\/strong><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Dr. Bosch s\u00ea baie mense baat matig daarby. Vir ander werk dit nie. Jy moet maar self toets of dit jou artritis-simptome verlig.\u00a0Die beste alternatiewe middels vir osteoartritis is:<\/p>\n<p>\u2022 <strong>Glukosamien en chondro\u00eftien<\/strong> As dit vir jou werk, sal jy na sowat vier weke minder pyn h\u00ea en jou knie verder kan buig as vantevore.\u00a0Die sal die maksimum voordeel na sowat twaalf weke ervaar. Pyn en styfheid wat jy nou steeds het gaan nie hiermee verlig word nie.<br \/>\nNota: Mense op bloedverdunners en diabete mag nie glukosamien sulfaat gebruik sonder dat hul dokter daarvan weet nie.<\/p>\n<p>\u2022 die <strong>omegas<\/strong><\/p>\n<p>\u2022 <strong>MSM<\/strong><br \/>\nNog \u2019n\u00a0wenk:\u00a0Verloor gewig en verlig kniepyn.\u00a0\u201cDit help ook om gewig op jou knie en heupe te verminder.\u00a0Vir elke een kilo wat jy minder weeg, verminder jy die druk op jou gewrigte met vier kilo\u2019s. Dit maak \u2019n\u00a0groot verskil.\u00a0Vir bejaardes help &#8216;n loopraam omdat dit deel van die gewig dra.<\/p>\n<p>\u201cProbeer ook fisioterapie vir jou osteo-artritis. Dit help jou om jou spiere reg te gebruik, wat meebring dat jy die gewrigte reg gebruik. Dit lei weer daartoe dat hulle nie so maklik uitslyt nie.\u201d<\/p>\n<p>Hoeveel kos hyaluroon inspuitings in vergelyking met &#8216;n knievervanging?<strong><br \/>\n<\/strong><\/p>\n<p>Jy kan verwag om rondom R800 per inspuiting te betaal, plus jou dokter se besoekfooi.\u00a0Jy gaan waarskynlik twee keer per jaar vir \u2019n\u00a0hyalurooninspuiting aanmeld \u2013 wat jou R2000 plus per knie per jaar gaan kos.\u00a0As jy di\u00e9 sommetjie maak, is \u2019n\u00a0knievervanging op die lang duur nie so duur nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Wat van hyaluroon inspuitings vir rug- of nekpyn?<strong><br \/>\n<\/strong><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Dr. Hennie Bosch verduidelik dat hierdie toestande gewoonlik nie deur verwering van die kussinkies van net een gewrig ontstaan nie.<\/p>\n<p>\u201cOmdat jy per gewrig betaal is hyalurooninspuitings meestal te duur as opsie as jou rug- en nekpyn.<br \/>\n\u201cDaarby is daar meestal ook ander probleme agter jou nek- of rugpyn, waarvoor hyalurooninspuitings nie gaan help nie.<br \/>\n\u201cDie algemene riglyn is om te vra:<br \/>\n\u2022 Is net een gewrig of \u2019n\u00a0hele reeks gewrigte aangetas?<br \/>\n\u2022 L\u00ea die oorsaak by die sinoviale vloeistof van die werwelkussing, of is daar ander oorsake vir die gewrigpyne?<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Wat is hyaluroon? Hyaluroon is aan die meeste van ons bekend as die vuller wat plastiese chirurge as plooivuller gebruik. Met ander woorde, dit val vir ons in die kategorie van &#8216;n skoonheidsproduk. Maar nou het dit \u2019n nuwe toepassing: [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":15219,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[2949,667],"tags":[2669,2670,5093,5097],"class_list":["post-7949","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-leef-gesond","category-gesondheid","tag-knievervanging","tag-hyaluroonsuur","tag-teenveroudering","tag-anti-aging"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Lees hier voor jy vir \u2019n knievervanging gaan | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/lees-hier-voor-jy-vir-n-knievervanging-gaan\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Lees hier voor jy vir \u2019n knievervanging gaan | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Wat is hyaluroon? Hyaluroon is aan die meeste van ons bekend as die vuller wat plastiese chirurge as plooivuller gebruik. Met ander woorde, dit val vir ons in die kategorie van &#8216;n skoonheidsproduk. Maar nou het dit \u2019n nuwe toepassing: [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/lees-hier-voor-jy-vir-n-knievervanging-gaan\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2015-08-09T22:00:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2016-06-29T11:49:20+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra2015827131851.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"640\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"427\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"6 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/lees-hier-voor-jy-vir-n-knievervanging-gaan\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/lees-hier-voor-jy-vir-n-knievervanging-gaan\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Lees hier voor jy vir \u2019n knievervanging gaan\",\"datePublished\":\"2015-08-09T22:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-06-29T11:49:20+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/lees-hier-voor-jy-vir-n-knievervanging-gaan\\\/\"},\"wordCount\":1189,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/lees-hier-voor-jy-vir-n-knievervanging-gaan\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra2015827131851.jpg\",\"keywords\":[\"knievervanging\",\"hyaluroonsuur\",\"teenveroudering\",\"anti aging\"],\"articleSection\":[\"Leef gesond\",\"Gesondheid\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2015\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/lees-hier-voor-jy-vir-n-knievervanging-gaan\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/lees-hier-voor-jy-vir-n-knievervanging-gaan\\\/\",\"name\":\"Lees hier voor jy vir \u2019n knievervanging gaan | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/lees-hier-voor-jy-vir-n-knievervanging-gaan\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/lees-hier-voor-jy-vir-n-knievervanging-gaan\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra2015827131851.jpg\",\"datePublished\":\"2015-08-09T22:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-06-29T11:49:20+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/lees-hier-voor-jy-vir-n-knievervanging-gaan\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/lees-hier-voor-jy-vir-n-knievervanging-gaan\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/lees-hier-voor-jy-vir-n-knievervanging-gaan\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra2015827131851.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra2015827131851.jpg\",\"width\":640,\"height\":427},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/lees-hier-voor-jy-vir-n-knievervanging-gaan\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Lees hier voor jy vir \u2019n knievervanging gaan\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Lees hier voor jy vir \u2019n knievervanging gaan | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/lees-hier-voor-jy-vir-n-knievervanging-gaan\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Lees hier voor jy vir \u2019n knievervanging gaan | rooi rose","og_description":"Wat is hyaluroon? Hyaluroon is aan die meeste van ons bekend as die vuller wat plastiese chirurge as plooivuller gebruik. Met ander woorde, dit val vir ons in die kategorie van &#8216;n skoonheidsproduk. Maar nou het dit \u2019n nuwe toepassing: [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/lees-hier-voor-jy-vir-n-knievervanging-gaan\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2015-08-09T22:00:00+00:00","article_modified_time":"2016-06-29T11:49:20+00:00","og_image":[{"width":640,"height":427,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra2015827131851.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"6 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/lees-hier-voor-jy-vir-n-knievervanging-gaan\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/lees-hier-voor-jy-vir-n-knievervanging-gaan\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Lees hier voor jy vir \u2019n knievervanging gaan","datePublished":"2015-08-09T22:00:00+00:00","dateModified":"2016-06-29T11:49:20+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/lees-hier-voor-jy-vir-n-knievervanging-gaan\/"},"wordCount":1189,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/lees-hier-voor-jy-vir-n-knievervanging-gaan\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra2015827131851.jpg","keywords":["knievervanging","hyaluroonsuur","teenveroudering","anti aging"],"articleSection":["Leef gesond","Gesondheid"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2015","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/lees-hier-voor-jy-vir-n-knievervanging-gaan\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/lees-hier-voor-jy-vir-n-knievervanging-gaan\/","name":"Lees hier voor jy vir \u2019n knievervanging gaan | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/lees-hier-voor-jy-vir-n-knievervanging-gaan\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/lees-hier-voor-jy-vir-n-knievervanging-gaan\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra2015827131851.jpg","datePublished":"2015-08-09T22:00:00+00:00","dateModified":"2016-06-29T11:49:20+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/lees-hier-voor-jy-vir-n-knievervanging-gaan\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/lees-hier-voor-jy-vir-n-knievervanging-gaan\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/lees-hier-voor-jy-vir-n-knievervanging-gaan\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra2015827131851.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra2015827131851.jpg","width":640,"height":427},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/lees-hier-voor-jy-vir-n-knievervanging-gaan\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Lees hier voor jy vir \u2019n knievervanging gaan"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7949","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=7949"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7949\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/15219"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=7949"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=7949"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=7949"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}