{"id":7933,"date":"2015-08-20T10:51:00","date_gmt":"2015-08-20T08:51:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/as-jy-jou-werk-verloor\/"},"modified":"2016-08-04T14:11:53","modified_gmt":"2016-08-04T12:11:53","slug":"as-jy-jou-werk-verloor","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/as-jy-jou-werk-verloor\/","title":{"rendered":"As jy jou werk verloor"},"content":{"rendered":"<p>Hier sit die manne, dink ek, maar dit is nie die Royal-hotel nie. Dit is die <strong>Werkloosheidsvoorsieningsfondskantoor <\/strong>in Middelburg. Dit is net n\u00e1 8:00 en daar is 35 ouens in die WVF-ry \u00ad\u2013 net aan die navraekant. Ek sal terugkom, s\u00ea ek vir Pa wat saamgekom het \u201com te kyk of jy sal veilig wees\u201d.<\/p>\n<p>Om 14:45 kan ek my geluk nie glo nie, want al wat in die ry agtergebly het, is \u2019n vrou met krukke, amper soos die lam seuntjie in Die Rotvanger van Hamlin.<\/p>\n<p>\u201cOns help nie meer di\u00e9 tyd mense nie,\u201d verklaar die amptenaar die le\u00eb sitplekke. Van halfdrie af verwerk hulle net aansoeke. Maar hy kry my moedelose gesig jammer, ek moet net \u2019n bietjie vir sy buurman wag.<\/p>\n<p>Snaakse goed gaan deur jou kop so onder die reguit blik van mnr. Membathisi Mdladlana, minister van arbeid, uit die goue raampie bokant jou kop. Het jy, bevoorregte, ooit gedink jy sal met jou ID en \u2019n <strong>afbetalingsbrief <\/strong>op jou skoot sit en wag vir \u2019n aalmoes uit die hand van die staat?<\/p>\n<p>Die skoolhoof het nie verniet al daai jare terug met saalopening gepreek oor die gelykenis van die talente nie: Jy het nogal geleer, ewe verder gaan leer en kromgestaan in die soutpanne sodat jou CV nie so skaam ingeryg soos \u2019n somersosatie moet lyk nie. Jy het seker \u2019n keer \u2019n lui kollega te hard voor die bors gegryp en partykeer penne verloor, maar darem nie uitve\u00ebrs gesteel en huis toe gevat nie.<\/p>\n<p>Die ironie. Jy, wat net twee maande terug saam met die res van die gesin vir Ousus se oudste ges\u00ea het: \u201cTukkies toe met jou\u201d, sit nou sonder jop. En vir hoeveel jare het jy nie finansi\u00eble kopie taalversorg oor \u00e1nder mense se <strong>werkverlies <\/strong>nie? Jy is amper lus en val in \u2019n gat van narsistiese selfbejammering, man.<\/p>\n<p>\u201cHow are you?\u201d roep die buurman my toonbank toe, en ek kom agter my vryskutkontrakte by die koerante het sowaar ook UIF, soos dit in die volksmond bekend staan, afgetrek. Maar Beeld en Rapport se personeelmense hou al vakansie, ek moet Januarie teruggaan.<\/p>\n<p>Joe, en ek het so \u2019n lekker werk gehad, daar word dan partykeer flieks gemaak oor reisjoernaliste! \u201cDie goeie oue tyd, my vriend,\u201d het ons hand vol redaksielede verdrietig vir mekaar gesing voor ons uitmekaargespat het met die toemaak van ons tydskrif. Die ou wat wel in die maatskappy kon agterbly, het ons geweet, kry die swaarste. Gelukkig het die enkelma met twee kinders n\u00e1 die eerste maagsweermaand werk gekry, net ons ander drie wag vir die doppie uit hierdie anderste bar.<\/p>\n<p>\u201cJulle moenie julself verwyt en dink as julle anders gedit of gedat het sou dinge beter uitgewerk het nie,\u201d probeer \u2019n oudkollega troos, maar daai dik onderlip is al weer hier half onder jou tande. Ons het nie vir die d\u00eam sonsondergange gekyk nie, ons moes hulle afneem. Al daai laat nagte, naweke en bloedsweet tussen die blaaie, en hy s\u00ea d\u00edt!<\/p>\n<p>\u2019n Mens kom uit jou <strong>ongedurigheid <\/strong>agter jy soek half iemand om kwalik te neem, maar wie? Die nuwe, jong besturende direkteur? Die uitgewer? Ons het, soos skoolkinders, vir die personeelbeampte \u2019n bynaam uitgedink, maar \u201cdie ekonomie\u201d het op die amptelike persverklaring gestaan. Die res van die gebou se harte het saam met ons gebloei; \u2019n wildvreemde vrou het in trane uitgebars toe sy groet.<\/p>\n<p>Jy kan nou probeer vinger wys, het die skoolhoof sweerlik ook destyds kwytgeraak, maar drie vingers wys terug. Ek het \u2019n kans gewaag, ek het geweet ek gaan vir \u2019n jong tydskrif werk, en, soos Abraham H. de Vries se balsem-sin vir ons verslae gees in die laaste uitgawe gelui het: \u201cAlles waardevols is weerloos.\u201d<\/p>\n<p>En <strong>spyt <\/strong>kan ek nie wees nie, nie oor al die wonderlike mense wat my pad gekruis het nie, nie oor die vreemde klippe wat ek kon oplig vir stories nie en allermins oor die <strong>herinneringe <\/strong>wat jy deur baie langer as sewe maer jare sal kan dra: Daai regop staan op die branderplank (al het almal ges\u00ea die brandertjies op die foto lyk kl\u00e9in), die onbeplande &#8211; en onbeklede &#8211; swem in die kloof (ons het nie die draai in die pad terug stroom toe gesien nie) &#8230; en as my pen-sondes my eendag inhaal en die <strong>galgtou <\/strong>my einde is, sal ek nou weet om as laaste maal te vra vir melktert uit Swellendam se koperpanne.<\/p>\n<p>Buitendien, ek is steeds bevoorreg: \u201cMa,\u201d bel ek huis toe, \u201csal Ma-hulle die gemeste kalf slag?\u201d<\/p>\n<p>\u201cHier het so \u2019n maer hoendertjie verbygehol gekom wat ons gevang het,\u201d s\u00ea sy, maar ek weet die Oosstraat-hotel se deure staan oop vir solank ek dit oor my hart kan kry om daar te bly, nie anders om nie. My (en die bank se) huis is vanwe\u00eb die Kaapse draai verhuur (hou, huurders, hou, ek wil nie terugtrek tamatiestraat toe nie). En as \u2019n mens so tussen die versekerings en medies deur mooi werk met daai twee-en-\u2019n-half-maande-pakket &#8230;<\/p>\n<p>\u201c<em>If God closes a door, He opens a window<\/em>,\u201d haal vriend en vyand vir jou uit The Sound of Music aan. Ja, ek glo dit, knik ek kop. Wat is die <strong>plan<\/strong>? wil hulle dan in dieselfde asem weet.<\/p>\n<p>\u2019n Ryk, enkellopende boer is nie \u2019n oplossing op kort termyn nie, het my pel op Trompsburg laat hoor. \u201cEk werk aan \u2019n projek, my <em>tan <\/em>en my pa se wynversameling,\u201d s\u00ea ek vir almal. Hou dit lig, lig. \u201cProjek\u201d is vaag genoeg dat dit maar kan skeefloop sonder die skaamkry agterna; \u2019n mens begin skanse oprig vir die selfbeeld, kom ek agter.<\/p>\n<p>Maar \u2019n versigtige \u201chet jy al iets?\u201d is \u2019n vraag wat hom drieweekliks kan herhaal, besef jy ook gou. Jou mense gee om, praatjies maak is al genade. \u201cMan, dit re\u00ebn so lekker in Mpumalanga, jy sal nie glo hoe groen die w\u00eareld al is nie. En ek draf so lekker.\u201d Die serotonien moet loop, spot jy.<\/p>\n<p><strong>Tyd <\/strong>is skielik volop. Oor Kersfees bak ons kleinkoekies en ek speel so lank Monopoly saam met Ousus se seuns dat ek twee keer \u2019n skoonheidskompetisie wen. Dit is huise en hotelle net waar jy kyk.<\/p>\n<p>Die regte mark lyk nie so lekker nie. Ekonoom Mike Sch\u00fcssler meen in Suid-Afrika gaan daar nie vanjaar \u2019n merkbare verskil tussen die lot van geskoolde en ongeskoolde arbeid wees nie: na verwagting gaan nog 100 000 mense hul werk verloor. Finansi\u00eble dienste en eiendom se indiensnemingsverwagtinge is die swakste, s\u00ea die pers.<\/p>\n<p>Vryskutdeure slaan toe. Al verskil tussen my en 20% van joernaliste by die Afrikaanse koerante landwyd is dat ek voor Krismis geweet het ek is in my dinges in, hulle weet ook die swaard gaan val, net nie oor wie en wanneer nie.<\/p>\n<p>Terug in die WVF-kantoor kan ek sien die oes aan nuwe <strong>werkloses <\/strong>het nie skraler geword nie. Jonk en oud, aangetrek en oorpak, keps en kopdoek, ons sit die rye vol. Hoeveel van hulle het honger kinders by die huis, en hoe gaan hulle skoolklere koop?<\/p>\n<p>\u201cAre you here for your employees?\u201d vra die ou met die bril langs my.<\/p>\n<p>Die res van hoofstuk twee en drie wil niemand hoor nie, almal was al in die tou vir \u2019n gesteelde ID of nuwe lisensie. N\u00f3g sit, vorms en verkeerde nommers. Maar uiteindelik, oor \u2019n maand moet ek met my bankrekeningnommer terugkom.<\/p>\n<p>In di\u00e9 <strong>bootjie <\/strong>was ook al twee aangetroude neefs met MBA\u2019s. \u201cDit was van die ergste tye in my lewe,\u201d s\u00ea die mediese ou, en die ou uit die mynwese het by motors verkoop gaan draai, weet ek.<\/p>\n<p>Wat maak jy as die een <strong>CV<\/strong> na die ander wat jy uitstuur in niemandsland verdwyn? Sal dit help om goedkoper gesigroom te begin koop? Of hoe lank kan jy jou haarsny rek sonder dat jy slonserig lyk en mense jou jammer kry?<\/p>\n<p>Tyd bly volop.<\/p>\n<p>Die bure se papegaai fluit darem al vir my roomkleurige bene as ek soggens verbydraf, en Pa trek elke Sondag \u2019n kurkprop uit.<\/p>\n<p>Man, dit was \u2019n re\u00ebnjaar soos min in Mpumalanga. Maar nou byt die luggie al soggens, die Ho\u00ebveldse winter is nie ver nie.<br \/>\nAs daardie skoolhoof dit nie ges\u00ea het nie, s\u00ea ek dit nou sommer namens hom: Moedhou en aanhou. Alles sal regkom, s\u00ea Jan Brand, die karnallie.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Hier sit die manne, dink ek, maar dit is nie die Royal-hotel nie. Dit is die Werkloosheidsvoorsieningsfondskantoor in Middelburg. Dit is net n\u00e1 8:00 en daar is 35 ouens in die WVF-ry \u00ad\u2013 net aan die navraekant. Ek sal terugkom, [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":15174,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[680],"tags":[5097,1585,2648,2649,2650,2651,5093],"class_list":["post-7933","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-sukses-en-geld","tag-anti-aging","tag-werk","tag-werkloos","tag-afdanking","tag-afbetaling","tag-aflegging","tag-teenveroudering"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>As jy jou werk verloor | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/as-jy-jou-werk-verloor\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"As jy jou werk verloor | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Hier sit die manne, dink ek, maar dit is nie die Royal-hotel nie. Dit is die Werkloosheidsvoorsieningsfondskantoor in Middelburg. Dit is net n\u00e1 8:00 en daar is 35 ouens in die WVF-ry \u00ad\u2013 net aan die navraekant. Ek sal terugkom, [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/as-jy-jou-werk-verloor\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2015-08-20T08:51:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2016-08-04T12:11:53+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201582011031-e1470312670900.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"498\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"432\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"7 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/as-jy-jou-werk-verloor\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/as-jy-jou-werk-verloor\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"As jy jou werk verloor\",\"datePublished\":\"2015-08-20T08:51:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-08-04T12:11:53+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/as-jy-jou-werk-verloor\\\/\"},\"wordCount\":1386,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/as-jy-jou-werk-verloor\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra201582011031-e1470312670900.jpg\",\"keywords\":[\"anti aging\",\"werk\",\"werkloos\",\"afdanking\",\"afbetaling\",\"aflegging\",\"teenveroudering\"],\"articleSection\":[\"Sukses en geld\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2015\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/as-jy-jou-werk-verloor\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/as-jy-jou-werk-verloor\\\/\",\"name\":\"As jy jou werk verloor | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/as-jy-jou-werk-verloor\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/as-jy-jou-werk-verloor\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra201582011031-e1470312670900.jpg\",\"datePublished\":\"2015-08-20T08:51:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-08-04T12:11:53+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/as-jy-jou-werk-verloor\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/as-jy-jou-werk-verloor\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/as-jy-jou-werk-verloor\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra201582011031-e1470312670900.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra201582011031-e1470312670900.jpg\",\"width\":498,\"height\":432,\"caption\":\"Vrou op gebou\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/as-jy-jou-werk-verloor\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"As jy jou werk verloor\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"As jy jou werk verloor | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/as-jy-jou-werk-verloor\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"As jy jou werk verloor | rooi rose","og_description":"Hier sit die manne, dink ek, maar dit is nie die Royal-hotel nie. Dit is die Werkloosheidsvoorsieningsfondskantoor in Middelburg. Dit is net n\u00e1 8:00 en daar is 35 ouens in die WVF-ry \u00ad\u2013 net aan die navraekant. Ek sal terugkom, [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/as-jy-jou-werk-verloor\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2015-08-20T08:51:00+00:00","article_modified_time":"2016-08-04T12:11:53+00:00","og_image":[{"width":498,"height":432,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201582011031-e1470312670900.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"7 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/as-jy-jou-werk-verloor\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/as-jy-jou-werk-verloor\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"As jy jou werk verloor","datePublished":"2015-08-20T08:51:00+00:00","dateModified":"2016-08-04T12:11:53+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/as-jy-jou-werk-verloor\/"},"wordCount":1386,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/as-jy-jou-werk-verloor\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201582011031-e1470312670900.jpg","keywords":["anti aging","werk","werkloos","afdanking","afbetaling","aflegging","teenveroudering"],"articleSection":["Sukses en geld"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2015","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/as-jy-jou-werk-verloor\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/as-jy-jou-werk-verloor\/","name":"As jy jou werk verloor | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/as-jy-jou-werk-verloor\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/as-jy-jou-werk-verloor\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201582011031-e1470312670900.jpg","datePublished":"2015-08-20T08:51:00+00:00","dateModified":"2016-08-04T12:11:53+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/as-jy-jou-werk-verloor\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/as-jy-jou-werk-verloor\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/as-jy-jou-werk-verloor\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201582011031-e1470312670900.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201582011031-e1470312670900.jpg","width":498,"height":432,"caption":"Vrou op gebou"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/as-jy-jou-werk-verloor\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"As jy jou werk verloor"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7933","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=7933"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7933\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/15174"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=7933"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=7933"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=7933"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}