{"id":7932,"date":"2015-08-20T10:25:00","date_gmt":"2015-08-20T08:25:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/vergewe\/"},"modified":"2017-05-16T15:28:09","modified_gmt":"2017-05-16T13:28:09","slug":"vergewe","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vergewe\/","title":{"rendered":"Om te vergewe"},"content":{"rendered":"<p>Hul gesteun en gekreun het in onaardse geluide ontaard en projektielbraking was aan die orde van die chaotiese oomblik. Skuim het om hul monde begin staan. Die grootmense het Boontoe geroep en van die predikante het prewelend duiwels begin uitdryf.<\/p>\n<p>Terwyl geliefde vriende en nuwe kennisse en kollegas rondom my geval het, het ek en net \u2019n handjie vol ander wonderbaarlik staande gebly en die verskrikking aanskou. Ek het aan \u201cduisende val om my \u2026\u201d gedink; aan Dani\u00ebl in die leeukuil aan Sadrag, Mesag en Abednego in die oond. Waarom sou ek aan di\u00e9 verskrikking ontkom? Was ek \u2019n uitverkorene?<\/p>\n<p>Net toe ek oortuig is dis \u2019n ho\u00ebr roeping, verklaar \u2019n dokter \u2019n paar uur later tussen kinders wat Umtata se hospitaalgange vol l\u00ea en van die dominees wat steeds verbete die besetenheid besweer: \u201cDis voedselvergiftiging.\u201d<\/p>\n<p>Dit was \u2019n wintervakansie op ho\u00ebrskool. Van heinde en ver het skoolkinders skoolbusse volgepak om in die Transkei op \u2019n sendingstasie naby Umtata te gaan help arbei. Buiten om Koringkorrel-kaartjies met Bybelversies daarop in houertjies te pak vir verspreiding, het ons hoofsaaklik godsdiensliedjies gesing, gebid en tot bekering gekom. En potensiaal onder die ander skole se kinders getakseer en ge\u00ebet.<\/p>\n<p>Want ten spyte daarvan dat ons deurentyd diep onder die indruk van ons afvalligheid gebring is, was die vleeslike nie vergete nie. Buiten die hormone wat deur \u2019n skaar tieners se are gebruis het, was almal heeltyd honger.<\/p>\n<p>Ons het in skofte gewerk: of Koringkorrels pak of kosmaak. Vir drie etes op \u2019n dag waarvoor honderde, hongerige kinders in rye val, het di\u00e9 op kombuisskof deur tonne kos in die sendingstasie se kombuis gewerk.<\/p>\n<p>N\u00e1 die beproewing waartydens daar genadiglik nie lewensverlies was nie, het die grootmense die kos se gang ontleed en tot die slotsom gekom dat die pynappelslaai in die sinkskottel met die laaste ete die derduiwel was. Dit was nie Satan nie, maar een van salmonella se trawante: \u2019n Chemiese reaksie is deur die verbinding tussen suur en sink aan die gang gesit met skrikwekkende nagevolge. Dit het my ook oor my \u201cuitverkorenheid\u201d laat besin. Ek het ontkom omdat ek van die laastes in die ry was en die skottel \u00e1f-slaai toe al op was.<\/p>\n<p>Tot vandag toe nog het ek wonderbaarlik ten spyte van blootstelling aan baie soorte kos en kosgeleenthede aan voedselvergiftiging ontkom. Geluk en genade, maar gewis ook omdat ons pa banger vir bedorwe kos was as wat die duiwel vir \u2019n slypsteen is.<\/p>\n<p>\u2019n Vrees vir goed wat \u201cgif getrek\u201d het, is by ons ingeskerp. Buiten om ons doodbang vir bedorwe kos te maak, het hy ons pret bederf. Met sy vermaninge oor \u201cgiftrek\u201d het hy \u2019n diep agterdog oor verversings by ons gewek: \u201cMoenie hoender op \u2019n troue eet nie. Ook nie vis op \u2019n funksie nie of vissmeer of sardientjies op \u2019n kosbliktoebroodjie nie. Ook nie kos uit \u2019n blikkie nie. Dit het gif getrek. Ook nie kos wat onder die ligte l\u00ea in \u2019n kafee nie. D\u00eds nou waar die kieme broei.\u201d Heel jammer het hy en my ma dikwels kos wat \u2019n billike honger kon stil vir die hond uitgekrap as daar net \u2019n sweempie van kommer oor die bruikbaarheid daarvan was. Die inval van die bederf-brigade is wat elke kok en eter vrees.<\/p>\n<p>As hy kon, sou hy soos oudae se konings vir elkeen van sy brokkies \u2019n proekneg aanstel om eers ons kos te toets, want buiten kos wat \u201cgif trek\u201d, is daar ander kos wat \u201cskoon, heilige gif \u00eds\u201d, het hy vermaan. \u201cPaddastoele. Daaraan sit jy nie jou mond nie.\u201d Ons het hom maklik geglo, want die ander naam vir \u2019n sampioen was hoeka \u201cduiwelbrood\u201d. Ons is ook die peperbome se pienk trossies en die rosyntjiebome se bruin trossies bessies verbied. Boomgom was darem in orde. Ons het gehoor van die jong tuinier wat in Jan van Riebeeck se tyd van die nuutaangeplante wildeamandelbome se eerste vruggies ge\u00ebet en gesterf het en ons het ook gehoor van Daisy de Melker. Asof die natuurlike aanslag van kieme en giftige aard nie\u00a0erg genoeg was nie, word die \u201cgif in die koffie\u201d ingeroer met die bedoeling om te moor. Die gevreesde Daisy de Melker, een van Suid-Afrika se bekendste moordenaars, het met strignien die mans in haar lewe wat haar aanstoot gegee het, een vir een afgemaai. Niksvermoedend het haar eggenote en seun nie die amandelgeur van strignien in hul kos en koffie as dodelike wolwegif ge\u00ebien nie en hulle letterlik doodge\u00ebet.<\/p>\n<p>Dit was juis om di\u00e9 soort moordenaars te fnuik, dat daar aan die koninklike howe van oudae \u2019n spesiale diens-kneg was wat eers die koning se kos moes proe voordat Sy Hoogheid kon wegl\u00ea. Elke etenstyd was die stomme kneg met die proetaak se lewe in gevaar net sodat die koning langer kon leef. Was dit snelwerkende gif waarmee \u2019n vyand van die koning &#8211; dikwels met behulp van die kok &#8211; sy kos vergiftig het, het die proekneg omgekap voordat die koning die kos ge\u00ebet het. Was dit klein dosisse gif wat tydsaam die koning moes laat sterwe, is die proekneg ook daaraan blootgestel en sou hy dus min of meer dieselfde tyd as die koning doodgaan wat dan die oorsaak van die koning se dood &#8211; voedselvergiftiging &#8211; sou bevestig. Dieselfde taak moes die chef de gobelet met die koning se drinkgoed verrig. Kelk vir kelk moes hy proe en sodoende sy lewe waag om die koning s\u2019n te spaar. Anders as talle proeknegte en konings het ons ons kos oorleef.<\/p>\n<p>Metterjare het ek ten spyte van die vrees wat ons ingeboesem is, versot geraak op eksotiese sampioene, aromatiese pienk peperkorrels en agtergekom kos kan maar uit blikkies ge\u00ebet word. Daarby het ek op allerhande kosse afgekom wat nooit my pa se toets vir varsheid of geskiktheid vir menslike verbruik sou deurstaan nie. En trou aan die Wet op Verbode Vrugte, het ek op sommige daarvan versot geraak.<\/p>\n<p>\u201cMuf\u201d of \u201cskif\u201d en \u201ckonkoksie\u201d en \u201cbrousel\u201d is in kosterme ongewens, terwyl werkwoorde soos \u201cstook,\u201d \u201cbrou\u201d, en \u201ctrek\u201d verdag klink met \u2019n toonaard wat koverte bedrywighede suggereer &#8211; asof die Skerpioene graag hul angel sou wou inslaan &#8211; is dit juis di\u00e9 prosesse waarmee di\u00e9 onkonvensionele fynkos geskep word.<\/p>\n<p>Al sit ek nie my mond aan tamatie- of Worcestershiresous nie, is \u2019n woeste sous wat as die oermoeder van vandag se geursouse gereken word, se direkte afstammeling \u2019n geurgenie wat ek in my kombuis loslaat wanneer ek Oosterse geregte berei. Om die antieke Romeine se garum of liquamen te maak, word klein vissies soos mulvisse, sprotte, ansjovisse en makriel en groot visse se binnegoed met speserye, asyn en sout gemeng en in die son gelos om te masereer. Daarna word dit \u2019n bietjie verwerk en as geurmiddel gebruik. Di\u00e9 sous se nakomelinge wat \u201ctrassi\u201d, \u201cblachan\u201d, \u201ckapi\u201d of \u201cbalachaung\u201d genoem word, laat jou sidder wanneer jy die potjie oopmaak. My Mariella-kind het aan die huil geraak toe sy dit die eerste keer ruik en sien ek roer dit in die Nasi Goreng in waarna sy so uitgesien het. Maar soos dit afkook en met die ander bestanddele versoen, verleen dit \u2019n onbeskryflike diepte en \u2019n rykheid van geur.<\/p>\n<p>Dis ook die ingewikkelde geur van goeie skimmelkaas soos die Franse Roquefort en Engelse Stilton waarmee jy my kan omkoop. N\u00f3g \u2019n lekkernytjie wat vir sommige mense aanloklik en vir ander afstootlik is.<\/p>\n<p>In die volksmond is dit \u201cvrotkaas\u201d en op ander palate is dit fynkos. \u2019n Besondere soort blougroen skimmel gedy in ravyntjies op die kaas se oppervlak en in are wat soos die neerslag van edelgesteentes deur die kaas kronkel. Ware Roquefort word in die dorpie Roquefort in die Franse Saint-Affrique-distrik tussen Mei en September van skaapooimelk gemaak. Om tot wasdom te kom, word dit in gunstige omstandighede in die klam grotte in die Causses-streek vir minstens \u2019n jaar rypgemaak voordat di\u00e9 verruklike kaas se romerige tekstuur en besondere geur goed genoeg na fynproewers se smaak ontwikkel het.<\/p>\n<p>Muf &#8211; wat andersins kos se doodsvonnis is &#8211; is juis die werking wat aan Roquefort sy uitsonderlike aard gee. Die wrongel word met gedroogde, verpoeierde brood gemeng en daarin gedy di\u00e9 kultuur wat di\u00e9 kaas so geurig maak.<\/p>\n<p>\u2019n Ander voorbeeld van \u201cvrot\u201d wat in \u201cverruklik\u201d verander, is die Chinese se \u201cduisendjaareier\u201d. Eiers word met potas bedek en dan moet iemand volgens tradisie honderd dae lank daarby waak sonder om te skinder of met \u2019n vreemdeling te praat.<\/p>\n<p>Di\u00e9 onthouding is vir mense s\u00f3 moeilik dat die honderd dae soos duisend jaar voel &#8211; vandaar die naam. Terwyl gewone eiers al met \u2019n swawelslag ontplof het, word hier \u2019n gedaanteverwisseling voltrek. \u2019n Sonderlinge geur en tekstuur wat \u2019n aanwins vir die kosskat is, ontstaan danksy die regte omstandighede en die tyd se gang.<\/p>\n<p>Uit \u2019n ramp wat die wingerd tref wanneer die botrytis cinerea-swam die druiwe muwwerig aantas, kan met geluk en in gunstige omstandighede van die kosbaarste wyn gemaak word. Uit die verrotte, verrimpelde korrels se gedaanteverwisseling kom \u2019n goue, soet nektar wat bewerkstellig is deur alle noodsaaklike fases wat voltrek is.<\/p>\n<p>Vanwe\u00eb my pa se leringe om van gifkos af weg te bly, is ek aangegryp deur die gedaanteverwisseling wat kan plaasvind sodat iets wat vir die vullisblik bestem is, kan veredel tot iets gesogs. Mettertyd het ek agterkom dit gebeur nie net met kos nie, maar met mense ook. Ons het almal die elemente in ons om \u00e1f te raak, die geneigdheid om mislik, afstootlik en walglik, selfs giftig te wees. Net reg vir die vullishoop &#8211; tensy ons toelaat dat \u2019n edeler proses in ons voltrek word sodat ons ryp raak, gedy en tot wasdom kom en in plaas van vrot, verruklik raak.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Hul gesteun en gekreun het in onaardse geluide ontaard en projektielbraking was aan die orde van die chaotiese oomblik. Skuim het om hul monde begin staan. Die grootmense het Boontoe geroep en van die predikante het prewelend duiwels begin uitdryf. [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":15173,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[677,662],"tags":[234,235],"class_list":["post-7932","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-inspirasie","category-jou-lewe","tag-vergewe","tag-vergifnis"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Om te vergewe | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vergewe\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Om te vergewe | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Hul gesteun en gekreun het in onaardse geluide ontaard en projektielbraking was aan die orde van die chaotiese oomblik. Skuim het om hul monde begin staan. Die grootmense het Boontoe geroep en van die predikante het prewelend duiwels begin uitdryf. [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vergewe\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2015-08-20T08:25:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2017-05-16T13:28:09+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201582010317.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"500\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"755\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"8 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vergewe\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vergewe\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Om te vergewe\",\"datePublished\":\"2015-08-20T08:25:00+00:00\",\"dateModified\":\"2017-05-16T13:28:09+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vergewe\\\/\"},\"wordCount\":1620,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vergewe\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra201582010317.jpg\",\"keywords\":[\"vergewe\",\"vergifnis\"],\"articleSection\":[\"Inspirasie\",\"Jou lewe\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2015\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vergewe\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vergewe\\\/\",\"name\":\"Om te vergewe | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vergewe\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vergewe\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra201582010317.jpg\",\"datePublished\":\"2015-08-20T08:25:00+00:00\",\"dateModified\":\"2017-05-16T13:28:09+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vergewe\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vergewe\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vergewe\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra201582010317.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra201582010317.jpg\",\"width\":500,\"height\":755},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vergewe\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Om te vergewe\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Om te vergewe | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vergewe\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Om te vergewe | rooi rose","og_description":"Hul gesteun en gekreun het in onaardse geluide ontaard en projektielbraking was aan die orde van die chaotiese oomblik. Skuim het om hul monde begin staan. Die grootmense het Boontoe geroep en van die predikante het prewelend duiwels begin uitdryf. [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vergewe\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2015-08-20T08:25:00+00:00","article_modified_time":"2017-05-16T13:28:09+00:00","og_image":[{"width":500,"height":755,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201582010317.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"8 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vergewe\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vergewe\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Om te vergewe","datePublished":"2015-08-20T08:25:00+00:00","dateModified":"2017-05-16T13:28:09+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vergewe\/"},"wordCount":1620,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vergewe\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201582010317.jpg","keywords":["vergewe","vergifnis"],"articleSection":["Inspirasie","Jou lewe"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2015","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vergewe\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vergewe\/","name":"Om te vergewe | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vergewe\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vergewe\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201582010317.jpg","datePublished":"2015-08-20T08:25:00+00:00","dateModified":"2017-05-16T13:28:09+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vergewe\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vergewe\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vergewe\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201582010317.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201582010317.jpg","width":500,"height":755},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vergewe\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Om te vergewe"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7932","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=7932"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7932\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/15173"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=7932"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=7932"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=7932"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}