{"id":7931,"date":"2025-08-15T14:34:00","date_gmt":"2025-08-15T12:34:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/gee-jou-huwelik-n-tweede-kans\/"},"modified":"2025-08-15T14:41:39","modified_gmt":"2025-08-15T12:41:39","slug":"gee-jou-huwelik-n-tweede-kans","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gee-jou-huwelik-n-tweede-kans\/","title":{"rendered":"Gee jou huwelik \u2019n tweede kans"},"content":{"rendered":"<p>\u201cHoe op aarde het dit met my gebeur? Ek kan nie glo ons gaan skei nie. Dis mos onmoontlik? Almal het gedink ons pas so goed bymekaar en ek was so seker dat ons vir mekaar bedoel is, dat ons liefde alles sal kan hanteer. Aanvanklik was ons saamwees betowerend, wonderlik. Maar daardie gevoel het met die jare vervaag en weggesyfer &#8230; Daar was al hoe minder vonkeling, intimiteit en nabyheid. Al wat meer geword het, was die irritasie, die verskille wat geskille geword het, die verwyte, die koue, kille afstand en ons verwydering &#8230; &#8221;<\/p>\n<p>As jy nie self di\u00e9 soort verwydering beleef het nie, ken jy waarskynlik tientalle pare wat die doodloopstraat van kille afstand en verwyte tot by die skeihof geloop het. Dit het die teken van ons tyd geword, onafwendbaar, tensy jy betyds besef waarheen jy op pad is.<\/p>\n<p>Die Amerikaanse skrywer, akademikus en huweliks- en gesinsterapeut William Doherty s\u00ea jy kan byna enige huwelik binne twee jaar vernietig deur net twee dinge te doen: <strong>Fokus <\/strong>gedurig op wat jy nie in die huwelik kry nie, en op die wyse waarop jou huweliksmaat nie aan jou <strong>verwagtinge <\/strong>voldoen nie; nie vir jou gee wat jy so nodig het, of wat jy verdien nie.<\/p>\n<p>Hoe groter die obsessie met wat jy nie kry nie en op jou huweliksmaat se foute, hoe gevaarliker. En die hartseerste is dat die een wat dit doen, nie besef waarmee sy besig is nie. Nie tot dit te laat is nie. Dis \u2019n stadige, maar seker pad met min waarskuwingstekens dat dit \u2019n doodloopstraat is.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><span style=\"color: #ff0000;\"> <strong>Anja* se storie<\/strong><\/span><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>\u201cEk weet Jaco* is lief vir my, maar hy is so besig met sy eie dinge. As ek s\u00ea die verhouding is nie meer dieselfde nie, s\u00ea hy dis my probleem. Hy verstaan nie dat hy my nie gee wat ek nodig het nie. En hy wil nie hieroor praat nie. Ons baklei nie.\u00a0Ons behandel mekaar met respek en bedagsaamheid. Hy help met huishoudelike take. Wat wil ek meer h\u00ea? Hy hoor nie wat ek regtig s\u00ea nie en maak dit af. Dis asof dit nie vir hom saak maak dat ek voel ons het twee vreemdelinge geword wat \u2019n bed deel nie.\u201d<\/p>\n<p>Anja het uitgetrek toe hy weier om \u2019n terapeut te gaan spreek. Jaco het gedink hy tree reg op: Hy drink nie, is getrou, vriendelik, ondersteunend en opbouend. Wat wil sy meer h\u00ea? Hy doen niks wat haar ongelukkig kan maak nie. Maar hy het ook min gedoen om haar gelukkig te maak.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><span style=\"color: #ff0000;\"><strong>Neem geslagsverskille in ag<\/strong><\/span><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>John Gray, skrywer van die topverkoper Men are from Mars, Women are from Venus, skryf dat mans en vroue heeltemal verskillend kommunikeer en verskillende behoeftes het. Ons verwag dikwels van ons huweliksmaats om soos ons te dink, voel, kommunikeer of reageer.<\/p>\n<p>Mans wil voel hul vroue vertrou hulle, ook met hul besluite en oordeel. As \u2019n vrou vir \u2019n man ongevraagde advies gee, voel dit vir hom sy dink hy weet nie wat hy doen nie, of doen dit nie goed of reg nie. Mans waardeer nie ongevraagde raad of kritiek nie. As iets \u2019n man pla, sal hy meestal daaroor loop en broei en nie daaroor praat nie.<\/p>\n<p>Aan die einde van die proses, as hy \u2019n oplossing gekry het, sal hy die resultaat kommunikeer. Wanneer hy daaroor praat, wil hy gewoonlik hulp of raad h\u00ea. \u2019n Man het ruimte nodig om deur sy eie denkprosesse te werk. Om aan te dring dat hy n\u00f3\u00fa met jou daaroor moet praat omdat jy kan sien iets pla, help nie.<\/p>\n<p>Vroue werk net mooi anders. Sy wil voel dat hy na haar luister en verstaan. Sy wil praat oor die dinge wat pla, haar gevoelens deel. Dis haar verwerkingsproses. As sy praat, beteken dit nie sy soek raad of hulp nie. Sy wil net verstaan word. As hy haar onderbreek en oplossings gee, voel dit of sy nie gehoor en verstaan word nie. Om te hoor: \u201cDis nie so erg nie, kom ons vergeet dit en gaan aan,\u201d help nie. Inteendeel, dit laat haar voel hy verstaan glad nie en maak haar gevoelens as onbelangrik af.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><span style=\"color: #ff0000;\"><strong>Liefdesbehoeftes verskil<\/strong><\/span><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Gray s\u00ea ook dat mans en vroue heeltemal verskillende liefdesbehoeftes het. Sy wil voel dat hy vir haar omgee en sorg; dat hy luister, haar verstaan en respekteer; dat hy geheg is aan haar en dat sy vir hom \u2019n baie ho\u00eb prioriteit is. Verder wil sy die versekering h\u00ea en dikwels hoor dat hy dink sy is mooi, maer genoeg en spesiaal en dat hy haar liefhet &#8211; al die goed wat aan die begin van die verhouding teenwoordig was.<\/p>\n<p>Mans het ander behoeftes en wil eerstens voel dat sy hom vertrou en aanvaar. Hy wil voel dat hy gewaardeer word vir wie hy is en vir al hy harde werk om die gesin te onderhou. Hy wil voel dat sy hom bewonder en erkenning gee vir sy beskerming en versorging van die gesin. Hy soek goedkeuring en aanmoediging.<\/p>\n<p>Maar die ironie is dat dit wat vroue vir hul mans gee, eintlik hul eie behoefte is, omdat dit die taal is wat hulle verstaan. Sy wil h\u00ea hy moet praat sodat sy hom kan verstaan en begryp. Sy versorg hom goed en verseker hom van haar liefde en toewyding. Mans gee weer vir hul vroue wat hulle so graag wil h\u00ea. Hy vertrou, aanvaar en bewonder haar.<\/p>\n<p>Op di\u00e9 manier mis hulle mekaar en kry nie een wat hy of sy graag wil h\u00ea nie. Wat glad nie beteken dat hulle mekaar nie lief het nie. Maar gee sy vir hom wat hy wil h\u00ea, is die kans goed dat sy sal kry wat sy wil h\u00ea.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><span style=\"color: #ff0000;\"><strong>Die verbruikersmentaliteit<\/strong><\/span><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Ons huwelike word ook ondermyn deur die tydsgees waarin ons leef. In \u2019n individualistiese, ek-geori\u00ebnteerde verbruikersamelewing is my geluk, belange en behoeftes al wat werklik saak maak. Ons het regte en hoef nie met die tweede beste tevrede te wees nie. As iets nie meer werk nie, herstel ons dit nie. Dit vat te veel tyd. Ons gooi dit weg en vervang dit deur iets beters. As die huwelik nie werk nie, dan skei ons maar. Vriende, familie, die media en selfs terapeute ondermyn ook dikwels huwelike met opmerkings soos: \u201cWat hou jou in di\u00e9 huwelik? Waarom het jy nog nie jou goed gevat en geloop nie?\u201d<\/p>\n<p>Dit stroop die huwelik van toewyding en \u2019n verbintenis tot daadwerklike pogings om in die huweliksgeluk te bel\u00ea en dit te maak werk.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><strong><span style=\"color: #ff0000;\">Vermy die volgende slaggate op jou huwelikspad<\/span> <\/strong><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>In die volgende slaggate l\u00ea hartseer, onvervuldheid en \u2019n goeie kans dat dit ook jou huwelik voor die skeihof kan laat parkeer &#8211; met \u2019n boetekaartjie waaraan jy lank sal betaal.<\/p>\n<ul>\n<li><strong>Gebrekkige kommunikasie<\/strong>: \u2019n Huwelik is in die moeilikheid as huweliksmaats nie meer werklik kan gesels nie &#8211; as al die gesprekke net oor die kinders gaan en gestroop is van intimiteit.<\/li>\n<li><strong>Swak konflikhantering<\/strong>: Daar is konflik in enige huwelik, maar geliefdes mag nie meer oorlog as liefde maak nie. As die fokus in die konflikhantering slegs op die idees en belange van een huweliksmaat geplaas word, ontstaan daar probleme. So ook as konflik vermy word, of een party onttrek en opkrop, of as konflik \u2019n moddergooiery is wat nie by oplossings uitkom waarmee albei partye gemaklik is nie.<\/li>\n<li><strong>Persoonlikheidsverskille wat maak dat net die een se voorkeure in ag geneem word<\/strong>: \u201cMy sin vir orde en netheid is die enigste geldige re\u00ebl waarvolgens dinge in die huis gedoen word.\u201d<\/li>\n<li><strong>Die kinders kom eerste-benadering<\/strong>: Die grootste geskenk wat jy jou kinders kan gee, is \u2019n gelukkige huwelik. Die sekuriteit en stabiliteit van die huwelik gee jou kinders hul sekuriteit en stabiliteit. Natuurlik moet die huwelik aanpas om ook in die kinders se behoeftes te voorsien, maar die huwelik kan nie ter wille van ouerskap skipbreuk ly nie. Moenie toelaat dat die kinders al jul tyd opslurp nie. \u2019n Ma kan so maklik voel dat haar kinders haar nodiger as haar man het.<\/li>\n<\/ul>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><span style=\"color: #ff0000;\"><strong>Kies weer jou huwelik<\/strong><\/span><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<ol>\n<li><strong>Weier <\/strong>om te aanvaar dat jou huwelik gedoem is tot mislukking of middelmatigheid. Dring daarop aan dat julle albei hulp kry. Om nie hulp te kry nie, is soos om nie dokter toe te gaan as jy siek is nie. Wees eerlik met jouself en begin by jouself. Aanvaar dat een mens nie aan al jou behoeftes kan voldoen nie. Maak aanpassings en gee wat hy nodig het. Kommunikeer duidelik wat vir jou onaanvaarbaar is, maar ook dat jy toegewy is aan die verbetering van die verhouding. Moenie magspeletjies speel nie.<\/li>\n<li><strong>Kies<\/strong> jou woorde met wysheid. Woorde breek af waar geen stok of swaard kan bykom nie. Met die regte woorde en bedoeling kan moeilike situasies omgetower word; kan jy liefh\u00ea met passie en teerheid, kan jy vrede en hemel op aarde skep. Of jy kan julle vasketting met jou eie sinisme, negatiwiteit en die verdoemenis en hel op aarde leef wat jy sien en praat.<\/li>\n<li><strong>Fokus<\/strong> jou energie op die resultaat wat jy wil bereik. Jy kan nie noord, in die rigting van mynhope ry as jy eintlik by die sonsee van Kaap de Goede Hoop wil uitkom nie. Op di\u00e9 manier sal jou poging om te vernuwe en reg te maak, jou nie laat vassit in die modderverwyte vir alles wat in die huwelik verkeerd is nie. Negatiwiteit is aansteeklik en steel hoop, energie en die moontlikheid van verandering.<\/li>\n<li><strong>Gee<\/strong> wat jy wil ontvang: As jy intimiteit wil h\u00ea, gee intimiteit en raak aan hom. As jy aanvaarding wil gee, aanvaar hom en waak teen kritiek. As jy liefde, respek of geduld wil h\u00ea, gee dit.<\/li>\n<li><strong>Aanvaar<\/strong> jou maat met al sy eienaardighede en tekortkominge wat nie kan verander nie. Moenie hom immer kritiseer en probeer verander nie. Vergewe sy foute. Vergifnis is die sement van \u2019n verhouding. Moenie dinge so erg persoonlik opneem en kritiek in elke opmerking lees nie.<\/li>\n<li><strong>Kommunikeer<\/strong> jou behoeftes duidelik en maak seker wat syne is. Moenie aannames maak nie. Jy neem dalk te maklik aan dat hy die lewe en probleme soos jy behoort te sien, of moet voel soos jy voel. Of dat as hy regtig omgee, hy behoort te weet wat jy wil h\u00ea en hoe jy wil voel. En dan glo ons boonop dat ons reg is en verdedig ons standpunt en verontregting. Kyk \u2019n bietjie deur sy o\u00eb en wys dat jy luister.<\/li>\n<li><strong>Neem verantwoordelikheid<\/strong> vir jou eie huweliksgeluk. Moenie jou ouers, kinders, werk, of jou huweliksmaat vir jou ongelukkigheid kwalik neem nie, want so bly jy \u2019n slagoffer wat uitgelewer is aan ander se invloed op jou geluk en huwelik.<\/li>\n<li>Maak jou huwelik \u2019n <strong>prioriteit <\/strong>waaraan jy baie tyd en nadenke bestee. Ons beplan en stel doelwitte vir ons loopbaan, finansies en selfs vir ons aftrede, maar laat na om dit ook vir ons persoonlike groei, spiritualiteit en verhoudings te doen.<\/li>\n<li><strong>Koester<\/strong> jul liefdesrituele: Doen weer die dinge wat julle na mekaar toe aangetrek het en na aan mekaar laat voel het: Gaan alleen uit, fliek, dans, eet by kerslig, gesels, stap &#8230; Doen moeite om spesiale dae en geleenthede te vier. Gesels oor hoe julle jul sekslewe opwindender kan maak.<\/li>\n<li><strong>Geniet <\/strong>en waardeer die goeie wat jy het. Sien sy pogings raak en gee erkenning vir wat hy vir jou doen en gee, al is dit nie volmaak nie.<\/li>\n<\/ol>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Lees ook:\u00a0<\/strong><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/huis-paleis-aftree-oord-dinge-wat-jy-moet-weet\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Huis, paleis, aftree-oord\u2026 8 dinge wat jy moet weet<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u201cHoe op aarde het dit met my gebeur? Ek kan nie glo ons gaan skei nie. Dis mos onmoontlik? Almal het gedink ons pas so goed bymekaar en ek was so seker dat ons vir mekaar bedoel is, dat ons [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":156933,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[651],"tags":[234,235,2053],"class_list":["post-7931","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-verhoudings","tag-vergewe","tag-vergifnis","tag-huwelik"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Gee jou huwelik \u2019n tweede kans | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Jou huwelik is nie \u2019n verbruikersitem wat jy kan weggooi as dit nie werk nie, of jou man \u2019n motor wat jy kan inruil vir \u2019n beter een nie.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gee-jou-huwelik-n-tweede-kans\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Gee jou huwelik \u2019n tweede kans | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Jou huwelik is nie \u2019n verbruikersitem wat jy kan weggooi as dit nie werk nie, of jou man \u2019n motor wat jy kan inruil vir \u2019n beter een nie.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gee-jou-huwelik-n-tweede-kans\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2025-08-15T12:34:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2025-08-15T12:41:39+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/08\/pexels-cottonbro-4009040.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1920\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1280\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"9 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gee-jou-huwelik-n-tweede-kans\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gee-jou-huwelik-n-tweede-kans\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Gee jou huwelik \u2019n tweede kans\",\"datePublished\":\"2025-08-15T12:34:00+00:00\",\"dateModified\":\"2025-08-15T12:41:39+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gee-jou-huwelik-n-tweede-kans\\\/\"},\"wordCount\":1918,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gee-jou-huwelik-n-tweede-kans\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/08\\\/pexels-cottonbro-4009040.jpg\",\"keywords\":[\"vergewe\",\"vergifnis\",\"huwelik\"],\"articleSection\":[\"Verhoudings\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2025\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gee-jou-huwelik-n-tweede-kans\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gee-jou-huwelik-n-tweede-kans\\\/\",\"name\":\"Gee jou huwelik \u2019n tweede kans | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gee-jou-huwelik-n-tweede-kans\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gee-jou-huwelik-n-tweede-kans\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/08\\\/pexels-cottonbro-4009040.jpg\",\"datePublished\":\"2025-08-15T12:34:00+00:00\",\"dateModified\":\"2025-08-15T12:41:39+00:00\",\"description\":\"Jou huwelik is nie \u2019n verbruikersitem wat jy kan weggooi as dit nie werk nie, of jou man \u2019n motor wat jy kan inruil vir \u2019n beter een nie.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gee-jou-huwelik-n-tweede-kans\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gee-jou-huwelik-n-tweede-kans\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gee-jou-huwelik-n-tweede-kans\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/08\\\/pexels-cottonbro-4009040.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/08\\\/pexels-cottonbro-4009040.jpg\",\"width\":1920,\"height\":1280},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gee-jou-huwelik-n-tweede-kans\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Gee jou huwelik \u2019n tweede kans\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Gee jou huwelik \u2019n tweede kans | rooi rose","description":"Jou huwelik is nie \u2019n verbruikersitem wat jy kan weggooi as dit nie werk nie, of jou man \u2019n motor wat jy kan inruil vir \u2019n beter een nie.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gee-jou-huwelik-n-tweede-kans\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Gee jou huwelik \u2019n tweede kans | rooi rose","og_description":"Jou huwelik is nie \u2019n verbruikersitem wat jy kan weggooi as dit nie werk nie, of jou man \u2019n motor wat jy kan inruil vir \u2019n beter een nie.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gee-jou-huwelik-n-tweede-kans\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2025-08-15T12:34:00+00:00","article_modified_time":"2025-08-15T12:41:39+00:00","og_image":[{"width":1920,"height":1280,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/08\/pexels-cottonbro-4009040.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"9 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gee-jou-huwelik-n-tweede-kans\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gee-jou-huwelik-n-tweede-kans\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Gee jou huwelik \u2019n tweede kans","datePublished":"2025-08-15T12:34:00+00:00","dateModified":"2025-08-15T12:41:39+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gee-jou-huwelik-n-tweede-kans\/"},"wordCount":1918,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gee-jou-huwelik-n-tweede-kans\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/08\/pexels-cottonbro-4009040.jpg","keywords":["vergewe","vergifnis","huwelik"],"articleSection":["Verhoudings"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2025","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gee-jou-huwelik-n-tweede-kans\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gee-jou-huwelik-n-tweede-kans\/","name":"Gee jou huwelik \u2019n tweede kans | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gee-jou-huwelik-n-tweede-kans\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gee-jou-huwelik-n-tweede-kans\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/08\/pexels-cottonbro-4009040.jpg","datePublished":"2025-08-15T12:34:00+00:00","dateModified":"2025-08-15T12:41:39+00:00","description":"Jou huwelik is nie \u2019n verbruikersitem wat jy kan weggooi as dit nie werk nie, of jou man \u2019n motor wat jy kan inruil vir \u2019n beter een nie.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gee-jou-huwelik-n-tweede-kans\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gee-jou-huwelik-n-tweede-kans\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gee-jou-huwelik-n-tweede-kans\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/08\/pexels-cottonbro-4009040.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/08\/pexels-cottonbro-4009040.jpg","width":1920,"height":1280},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gee-jou-huwelik-n-tweede-kans\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Gee jou huwelik \u2019n tweede kans"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7931","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=7931"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7931\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":156934,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7931\/revisions\/156934"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/156933"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=7931"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=7931"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=7931"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}