{"id":7849,"date":"2015-07-30T13:49:00","date_gmt":"2015-07-30T11:49:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/etiket-waars-jou-maniere\/"},"modified":"2016-12-20T15:05:52","modified_gmt":"2016-12-20T13:05:52","slug":"etiket-waars-jou-maniere","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/etiket-waars-jou-maniere\/","title":{"rendered":"Etiket: waar&#8217;s jou maniere?"},"content":{"rendered":"<h4><span style=\"color: #000000;\"><span style=\"font-size: medium;\">Vonkpos<\/span><\/span><\/h4>\n<p>&#8211; Jy begin jou e-pos, nes \u2019n regte briefie, met \u2019n ordentlike aanhef (hallo daar \/ beste of liewe) en sluit af met groete. Anders kan jy maklik baasspelerig en ongeskik klink. Dit geld ook SMS\u2019e. Onthou: mense kan jou \u201c<strong>stemtoon<\/strong>\u201d in jou woorde lees.<\/p>\n<p>&#8211; As iemand \u2019n <strong>antwoord <\/strong>verwag, antwoord hom so gou moontlik. As jy nie dadelik kan nie, merk die e-pos en stel vir jou \u2019n <em>reminder <\/em>om op te volg.<\/p>\n<p>&#8211; Maak seker jy druk die regte <strong>knoppie<\/strong>! Moenie <em>reply all<\/em> druk as jy oor jou of iemand anders se baas wil skinder nie &#8211; iemand kan dalk sy werk verloor! Of jy kan beetrooi van skaamte wees. \u2019n Kennis het \u2019n werkuitnodiging gekry vir \u2019n naweek in \u2019n spoghotel, en stuur toe vir haar man \u2019n boodskap en vra of hy in die luim vir \u2019n bietjie hotelseks is. Eers toe sy \u2019n boodskap terugkry van die persoon wat hulle genooi het wat s\u00ea hy neem aan hierdie boodskap is nie vir hom bedoel nie, het sy besef sy het nie <em>forward <\/em>gedruk nie, maar <em>reply<\/em>.<\/p>\n<p>&#8211; <strong>Moenie <\/strong>alles aanstuur wat jy ontvang nie.<\/p>\n<p>&#8211; Moenie mense per e-pos <strong>boelie<\/strong> nie. Laat hulle besluit wat hulle wil aanstuur. Daar is geen sin in daardie Christelike e-posse wat s\u00ea jy verlo\u00ebn God as jy nie di\u00e9 e-pos aanstuur vir almal wat jy ken nie. Veuve Cliquot, Microsoft, Nokia, Blackberry &#8230; niemand gebruik e-posse om gratis produkte of geld weg te gee nie. Nie eens Bill Gates nie. En geen Internetdomein sal geld skenk vir die arme meisietjie met die vier arms in die verste uithoek van Bosni\u00eb net omdat drie triljoen mense die e-pos aangestuur het nie. Dis net \u2019n manier om sensasie, gruwelike foto\u2019s, spyware en <strong>virusse <\/strong>per e-pos te versprei.\u00a0Mense se tyd is kosbaar. <strong>Respekteer <\/strong>dit.<\/p>\n<p>&#8211; Hou e-posse <strong>kort <\/strong>en hou <strong>by die punt<\/strong> as dit oor werk gaan.<\/p>\n<p>&#8211; <strong>Dink<\/strong> twee keer oor wat jy in \u2019n e-pos s\u00ea. Jy kan dit nie terugtrek sodra die <em>send<\/em>-knoppie gedruk is nie. Rassisme, seksisme, vuil taal en haatspraak is net so onaanvaarbaar per e-pos as wat dit in die regte lewe is, maar met e-pos kan dit letterlik reg om die w\u00eareld gaan vir almal om te sien.<\/p>\n<p>&#8211; Onthou ook dat jou werkgewer jou e-posse kan en mag <strong>monitor<\/strong>, dis nie privaat nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<div style=\"text-align: center;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/02\/woman-hand-smartphone-desk-large.jpg\" alt=\"\" width=\"450\" height=\"300\" \/><\/div>\n<div style=\"text-align: center;\"><\/div>\n<h4><span style=\"color: #ff0000;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span style=\"color: #000000;\">Sit \u2019n bietjie af!<\/span><\/span><\/span><\/h4>\n<p>&#8211; Goed, jou selfoon \u00eds fantasties, en dis wonderlik dat hy omtrent alles kan doen, behalwe grassny. Maar nie almal wil dit weet nie! Moenie elke e-pos wat inkom gou in ons geselskap lees nie, en hou Facebook, Twitter en WhatsApp gerus vir wanneer jy alleen is. Weer eens: dit gaan oor <strong>respek <\/strong>vir die mens wat sy tyd aan jou afstaan. B\u00eare die ding, of stel dit op <em>silent <\/em>sodat elke biep en pieng nie met die gesprek inmeng nie. (Ons is nie harteloos nie, antwoord gerus werklik dringende oproepe, soos van Barack Obama, maar net as jy \u2019n onderhandelaar vir w\u00eareldvrede is. Vir die res? Gebruik gerus daardie wonderlike ander funksie van jou slimfoon: die stempos!)<\/p>\n<p>&#8211; <strong>Sit dit af<\/strong>! In die kerk, in die fliek, met oueraande, in die raadsaal, in die vliegtuig. Veral in laasgenoemde. Niemand stel belang in jou teorie dat \u2019n selfoon ni\u00e9 kan veroorsaak dat \u2019n vliegtuig val nie. Uitsonderings: geen vir die vliegtuig-situasie nie, maar vir die res sal ons verstaan as jy \u2019n mediese dokter op diens is, of as jy \u2019n siek kind by die huis het. Dus, as dit \u2019n lewe-en-dood-situasie is. Die res van die w\u00eareld kan boodskappe laat. As jou selfoon inmeng met ander mense se ervaring van enigiets, is jy ongeskik. Punt.<\/p>\n<p>&#8211; As jy in ander mense se <strong>geselskap <\/strong>\u2019n selfoonoproep m\u00f3\u00e9t antwoord, vra \u00e9\u00e9rs of jy die oproep mag neem. Antwoord en s\u00ea dadelik jy kan nie nou praat nie en vra of jy later kan terugbel. As jy eenvoudig m\u00f3\u00e9t praat, verskoon jouself en gaan staan buite. Niemand wil \u2019n hoogs persoonlike gesprek aanhoor nie, en dis ongeskik om te dink die res van die geselskap moet tjoepstil sit en wag tot jy klaar gepraat is. (Selfs hegte vriende of kollegas raak ge\u00efrriteerd met swak selfoonmaniere maar is waarskynlik te ordentlik om iets te s\u00ea.)<\/p>\n<p>&#8211; Praat as-se-blief tog sagter, veral in die openbaar! (Die <strong>hardpratery <\/strong>is ongeskik en onnodig. Dis \u2019n telefoon, nie \u2019n megafoon nie. En jy lyk maklik mal, veral as jy met jou oorfone aan deur \u2019n winkel stap en praat dat die berge antwoord gee!)<\/p>\n<p>&#8211; SMS\u2019e is ook uit in <strong>flieks <\/strong>\u2013 jou liggie pla ons. En \u2019n onskuldige vragie: As jy met jou pel oor die foon wou kuier, hoekom het jy kom fliek?<\/p>\n<p>&#8211; <strong>Bluetooth <\/strong>is \u2019n wonderlike stuk apparaat vir praat en bestuur, n\u00e8? Maar daardie oorstukkie lyk simpel enige plek buite jou motor! Haal dit af, tensy jy aan \u2019n geheime sekte behoort wat gereedmaak vir die wegraping en net aan hul <em>bluetooth<\/em>-ore uitgeken gaan word!<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<div style=\"text-align: center;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/02\/apple-iphone-technology-white-large.jpg\" alt=\"\" width=\"450\" height=\"300\" \/><\/div>\n<div style=\"text-align: center;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: left;\">\n<h4><span style=\"color: #000000;\"><span style=\"font-size: medium;\">Let op wat jy op die bakkiesboek skryf!<\/span><\/span><\/h4>\n<p>&#8211; <strong>Facebook <\/strong>is \u2019n wonderlike sosiale netwerk. Jy kan op datum bly met almal in jou lewe se doen en late. Maar al die doen is nie altyd vir almal om jou so interessant nie, en behoort dalk eerder weggelaat te word. Iets soos \u201cek is baja verveelt en lis ve \u2019n glas wyn\u201d is uit. Regtig, wie gee om? (En waar het jy leer spel? Of het jy klaar die glas wyn gehad?)<\/p>\n<p>&#8211; <strong>Dis UIT<\/strong>: Vuil taal, rassisme, jou sekslewe, enige vorm van diskriminasie (bv. godsdiens) en jou persoonlike politieke siening. Bly weg van kubergevegte \u2013 die woorde is daar vir almal om te sien! \u00a0Facebook-uitsprake het al die einde van vriendskappe en loopbane beteken. <strong>Wees ekstra <\/strong><strong>versigtig <\/strong>as jou maatskappy op enige manier aan jou FB gekoppel is. Onthou ook dat jy as hul verteenwoordiger gesien k\u00e1n word.<\/p>\n<p>&#8211; <strong>SMS-taal is uit<\/strong>. Baja (baie), ve (vir), gr8 (great), late (later \u2013 genugtig, jy moes net nog een knoppie gedruk het!), yt (uit) en dun (doen) laat jou lesers se o\u00eb pyn \u00e9n verklap baie van jou. As jy nie eens die moeite doen om woorde uit te skryf nie, hoekom bodder om met ons te gesels?<\/p>\n<p>&#8211; Onthou: die <strong>foto\u2019s <\/strong>wat jy plaas, is daar vir die hele w\u00eareld om te sien. En ons wil regtig nie alles sien nie &#8230;<\/p>\n<p>&#8211; Druk gerus die unfriend-knoppie. Net soos in die regte lewe gaan mense jou meet aan jou vriende en hul uitsprake.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><span style=\"color: #ff0000;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span style=\"color: #000000;\">Is elmbo\u00eb op die tafel steeds taboe?<\/span> <\/span><\/span><\/h4>\n<p>Beslis tydens ete, s\u00ea Emsie Schoeman, dekades lank al \u2019n etiketghoeroe. \u201cMaar as jy eers klaar ge\u00ebet het en die lekker geselstyd aangebreek het, mag jy maar ontspan, veral tydens koffie.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><span style=\"color: #000000;\"><span style=\"font-size: medium;\">Tafelmaniere 101<\/span><\/span><\/h4>\n<p>Mag ek \u2019n broodrolletjie in \u2019n restaurant met my hande oopbreek?<br \/>\nJa.<\/p>\n<p>Smeer ek die botter of konfyt direk op my broodjie?<br \/>\nNee, jy skep dit eers op jou bordjie.<\/p>\n<p>Wat maak ek met my servet as ek van die tafel opstaan?<br \/>\nPlaas dit links van jou bord, ook as jy klaar ge\u00ebet het. Nooit \u00f3p jou bord nie.<\/p>\n<p>Hoe gaan die kelner weet ek is klaar ge\u00ebet?<br \/>\nSit jou mes en vurk netjies langs mekaar sodra jy klaar is.<\/p>\n<p>As iemand vra ek moet die sout aangee, geld dit vir peper ook?<br \/>\nAltyd \u2013 die twee gaan saam.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<\/div>\n<div style=\"text-align: center;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/02\/NOVParty03RR_jpg_web.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"450\" \/><\/div>\n<div style=\"text-align: left;\">\n<h4><span style=\"color: #ff0000;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span style=\"color: #000000;\">S\u00ea reg dankie!<\/span> <\/span><\/span><\/h4>\n<p>Emsie s\u00ea: Dis steeds <strong>hoogmode<\/strong>. Maar jy hoef nie meer \u2019n kaartjie te pos n\u00e1 \u2019n ete by \u2019n vriendin nie. \u201cTye het beslis verander. Ek stel voor jy koop \u2019n paar mooi kaartjies wat ook as boekmerk kan dien, en neem dit saam na die ete. Daarin bedank jy jou <strong>gasvrou <\/strong>vir die uitnodiging en s\u00ea hoe baie jy uitsien na die aand. Dan is dit heeltemal in orde om die volgende dag net \u2019n SMS of e-pos te stuur waarin jy haar bedank.\u201d<\/p>\n<p>Ons s\u00ea: Vir <strong>geskenke <\/strong>s\u00ea jy beslis nog dankie \u2013 en nie net in die algemeen nie. Iets soos: \u201cBaie dankie vir my geskenk! Die geld\/geskenkbewys is \u2019n heerlike bonus \u2013 ek gaan myself daarmee bederf\/dit spaar vir my oorsese reis\/nuwe huis, of wat ook al.\u201d Jy kan dit per e-pos of SMS doen, veral as jy al reeds dankie ges\u00ea het toe julle saam gekuier het. Maar onthou gerus dat ouer mense (veral bejaardes en diegene wat nie tegnologies bedrewe is nie) nog van \u2019n handgeskrewe briefie of \u2019n oproep hou, veral as hulle baie moeite gedoen het met jou geskenk. Maar as jou ouma van 98 op WhatsApp is, is die kanse goed dat sy net so opgewonde sal wees oor jou SMS!<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Hou dit eg!<\/h4>\n<\/div>\n<div style=\"text-align: left;\">\n<p>\u201cDie nuwe trui laat my hart bons soos springmielies in \u2019n warm pot\u201d is \u2019n bietjie oordrewe. \u201cDankie vir my pragtige trui!\u201d is meer as voldoende.<\/p>\n<p><strong>Vir trougeskenke s\u00ea jy behoorlik dankie. <\/strong><br \/>\nEn nie eers as die eerste baba gebore is nie. Direk n\u00e1 die wittebrood en met \u2019n handgeskrewe kaartjie wat jy pos of gaan gee. Onthou om op te skryf wat elke persoon vir jou gee wanneer jy die trougeskenke oopmaak \u2013 iemand wat \u2019n R500-geskenkbewys gegee het, gaan nie vir \u2019n vadoek bedank wil word nie.<\/p>\n<p><strong>Dis resessie, en ek neem altyd \u2019n gereg of \u2019n slaai saam na \u2019n ete by vriende. Moet ek dan steeds blomme vir die gasvrou neem?<\/strong><br \/>\n<strong>Emsie s\u00ea<\/strong>: \u201cNee wat, dis onnodig. Weer eens, neem \u2019n mooi handgemaakte kaartjie wat sy kan hou, en moet nooit die waarde van \u2019n klein geskenkie soos \u2019n koekie lekkerruikseep of sjokolade onderskat nie.\u201d<\/p>\n<p><strong>Ons s\u00ea<\/strong>: Neem vir haar die jongste rooi rose! Dit kos minder as \u2019n bos blomme, hou langer en dalk maak sy \u2019n vriendin vir die res van haar lewe!<\/p>\n<\/div>\n<div style=\"text-align: center;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/02\/OCTTUIN002RR.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"450\" \/><\/div>\n<div style=\"text-align: left;\">\n<p><span style=\"font-size: medium;\"><strong>As die trouklokke lui<\/strong><\/span><strong>\u201cMy vriendinne trou almal deesdae op ver plekke, en bespreek soms \u2019n hele naweek op \u2019n wildplaas of vakansieoord. Ons moet vir ons eie verblyf en reiskoste betaal. Moet ek dan steeds \u2019n duur trougeskenk gee?\u201d<\/strong><\/p>\n<p><strong>Emsie s\u00ea<\/strong>: \u201cEk dink nie dis regverdig om so iets van \u2019n mens se gaste te verwag as hulle boonop duur vir hul akkommodasie moet betaal nie. As julle \u2019n klomp goeie vriendinne is, hoekom gee julle nie elkeen \u2019n sekere bedrag geld en sit dit saam in \u2019n koevert met \u2019n kaartjie waarin almal iets geskryf het nie? Dit laat die geskenk sommer groter lyk.\u201d<\/p>\n<p><strong>\u201cEk trou binnekort, en ons wil graag kontant h\u00ea. Kan ek dit in my troukaartjie s\u00ea?\u201d<\/strong><\/p>\n<p><strong>Emsie s\u00ea<\/strong>: \u201cBeslis nie! Dis regtig platvloers om dit op die troukaartjie te laat druk. Almal weet tog dat jongmense deesdae kontant verkies. Doen dit meer subtiel as jy dan moet. Vra \u2019n vriendin, jou ma of skoonma om die woord te versprei dat julle kontant sou verkies, of sit \u2019n aparte nota binne-in die koevert wat s\u00ea dat julle \u2019n trouregister by \u2019n winkel het vir ingeval mense sukkel om te besluit wat om te gee, en ook baie dankbaar sal wees vir \u2019n geskenkbewys of kontant as hulle nie kan besluit nie.\u201d\u00a0Jy bedel nie op jou troue nie.<\/p>\n<p><strong>Ons s\u00ea<\/strong>: Sorg dat daar iets vir elke begroting op \u2019n trouregister is! Nie almal kan R500 aan \u2019n trougeskenk bestee nie. Onthou, tye is taai!<\/p>\n<p>Dis beslis ook ongeskik om vir mense \u201copdragte\u201d te gee om vir jou iets spesifieks op die trouregister te koop.<\/p>\n<p>As jy redeneer dat dit jou duur kos om die troue te hou en dat hulle daarom vir jou \u2019n duur geskenk moet gee, dink weer. Jy k\u00e1n \u2019n goedkoper en steeds stylvolle troue hou as jy kreatief is en bietjie rondsoek na goedkoper venues, \u00e9n jy nooi die mense na jou troue wat jy daar wil h\u00ea omdat hulle vir jou spesiaal is \u2013 nie om die waarde van die troue in presente of geld terug te kry nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Is \u2019n kontantkroeg in orde?<\/h4>\n<p><strong>Emsie s\u00ea<\/strong>: \u201cEk dink nie dis baie stylvol nie. Dis soos om kontant te vra op jou troukaartjie. Daar moet darem drinkgoed op elke tafel wees.\u201d<\/p>\n<p><strong>Ons s\u00ea<\/strong>: Weer eens, jy nooi die mense as jou gaste en moet sorg dat die basiese vonkelwyn, koeldrank en wyn op elke tafel is vir heildronke, en iets om saam met die ete te drink. Jy gaan hulle tog nie vir ete nooi by jou huis en laat betaal vir elke drankie nie? Maar ja, as jy \u2019n klomp groot drinkers verwag, laat hulle vir sterker drank betaal \u2013 dis vir almal van ons aanvaarbaar. Jy wil beslis ook nie stormdronk mense op jou spesiale dag h\u00ea nie.<\/p>\n<p><strong>\u201cEn die toilette is &#8230; \u201d<\/strong><\/p>\n<p><strong>Emsie s\u00ea <\/strong>dis onnodig om dit aan te kondig voordat daar met die toesprake begin word. \u201cToilette is tog altyd duidelik gemerk. Dis heeltemal onnodig!\u201d<\/p>\n<\/div>\n<div style=\"text-align: center;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/DECDOENS001RR_jpg_web.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"400\" \/><\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Jou lewe verskil radikaal van jou ma s\u2019n. Jy gaan n\u00earens sonder jou slimfoon, tablet, iPod of GPS nie. Jy ken die verskil tussen \u2019n bul- en \u2019n beermark (jou persoonlike finansi\u00eble adviseur leer jou), jy het jou eie kredietkaart, huis en motorplan. Sykouse is opsioneel, en jy gee nie om om vir jou eie rekening te betaal nie. Maar al het die lewe h\u00f3\u00e9 modern geword, geld etiket steeds, al het dit nou plek-plek \u2019n effens nuwer gedaante. Ons gee raad!<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":14883,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[674],"tags":[2530,2531],"class_list":["post-7849","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-in-die-nuus","tag-etiket","tag-maniere"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Etiket: waar&#039;s jou maniere? | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/etiket-waars-jou-maniere\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Etiket: waar&#039;s jou maniere? | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Jou lewe verskil radikaal van jou ma s\u2019n. Jy gaan n\u00earens sonder jou slimfoon, tablet, iPod of GPS nie. Jy ken die verskil tussen \u2019n bul- en \u2019n beermark (jou persoonlike finansi\u00eble adviseur leer jou), jy het jou eie kredietkaart, huis en motorplan. Sykouse is opsioneel, en jy gee nie om om vir jou eie rekening te betaal nie. Maar al het die lewe h\u00f3\u00e9 modern geword, geld etiket steeds, al het dit nou plek-plek \u2019n effens nuwer gedaante. Ons gee raad!\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/etiket-waars-jou-maniere\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2015-07-30T11:49:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2016-12-20T13:05:52+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra2015730135439.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"640\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"427\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"11 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/etiket-waars-jou-maniere\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/etiket-waars-jou-maniere\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Etiket: waar&#8217;s jou maniere?\",\"datePublished\":\"2015-07-30T11:49:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-12-20T13:05:52+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/etiket-waars-jou-maniere\\\/\"},\"wordCount\":2135,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/etiket-waars-jou-maniere\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra2015730135439.jpg\",\"keywords\":[\"etiket\",\"maniere\"],\"articleSection\":[\"In die nuus\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2015\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/etiket-waars-jou-maniere\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/etiket-waars-jou-maniere\\\/\",\"name\":\"Etiket: waar's jou maniere? | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/etiket-waars-jou-maniere\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/etiket-waars-jou-maniere\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra2015730135439.jpg\",\"datePublished\":\"2015-07-30T11:49:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-12-20T13:05:52+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/etiket-waars-jou-maniere\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/etiket-waars-jou-maniere\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/etiket-waars-jou-maniere\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra2015730135439.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra2015730135439.jpg\",\"width\":640,\"height\":427},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/etiket-waars-jou-maniere\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Etiket: waar&#8217;s jou maniere?\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Etiket: waar's jou maniere? | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/etiket-waars-jou-maniere\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Etiket: waar's jou maniere? | rooi rose","og_description":"Jou lewe verskil radikaal van jou ma s\u2019n. Jy gaan n\u00earens sonder jou slimfoon, tablet, iPod of GPS nie. Jy ken die verskil tussen \u2019n bul- en \u2019n beermark (jou persoonlike finansi\u00eble adviseur leer jou), jy het jou eie kredietkaart, huis en motorplan. Sykouse is opsioneel, en jy gee nie om om vir jou eie rekening te betaal nie. Maar al het die lewe h\u00f3\u00e9 modern geword, geld etiket steeds, al het dit nou plek-plek \u2019n effens nuwer gedaante. Ons gee raad!","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/etiket-waars-jou-maniere\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2015-07-30T11:49:00+00:00","article_modified_time":"2016-12-20T13:05:52+00:00","og_image":[{"width":640,"height":427,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra2015730135439.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"11 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/etiket-waars-jou-maniere\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/etiket-waars-jou-maniere\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Etiket: waar&#8217;s jou maniere?","datePublished":"2015-07-30T11:49:00+00:00","dateModified":"2016-12-20T13:05:52+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/etiket-waars-jou-maniere\/"},"wordCount":2135,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/etiket-waars-jou-maniere\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra2015730135439.jpg","keywords":["etiket","maniere"],"articleSection":["In die nuus"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2015","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/etiket-waars-jou-maniere\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/etiket-waars-jou-maniere\/","name":"Etiket: waar's jou maniere? | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/etiket-waars-jou-maniere\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/etiket-waars-jou-maniere\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra2015730135439.jpg","datePublished":"2015-07-30T11:49:00+00:00","dateModified":"2016-12-20T13:05:52+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/etiket-waars-jou-maniere\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/etiket-waars-jou-maniere\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/etiket-waars-jou-maniere\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra2015730135439.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra2015730135439.jpg","width":640,"height":427},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/etiket-waars-jou-maniere\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Etiket: waar&#8217;s jou maniere?"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7849","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=7849"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7849\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/14883"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=7849"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=7849"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=7849"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}