{"id":7846,"date":"2015-08-10T00:00:00","date_gmt":"2015-08-09T22:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/van-boek-tot-silwerdoek\/"},"modified":"2018-04-09T09:20:50","modified_gmt":"2018-04-09T07:20:50","slug":"van-boek-tot-silwerdoek","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/van-boek-tot-silwerdoek\/","title":{"rendered":"Van boek tot silwerdoek"},"content":{"rendered":"<p>Soveel boeke, soveel flieks. Die afgelope paar jaar is ons oorval deur boek-na-silwerdoek-aanbiedings. Wat \u2019n mens soms laat wonder of draaiboekskrywers nog oorspronklike stories kan uitdink? Leun hulle dalk alte gemaklik op die res van die skrywerskorps om hul verhaallyne vir hulle te skep?<\/p>\n<p>\u2019n Verontwaardigde snork sou nou van pas wees &#8230;<\/p>\n<p>Daar was, om sommer vinnig \u2019n paar te noem, onlangs verskeie geliefde boeke wat na flieks en deesdae ook TV-reekse omgewerk is, met wisselende sukses: <em>The Life of Pi<\/em> van Yann Martel, <em>The Hunger Games<\/em>-trilogie deur Suzanne Collins, F. Scott Fitzgerald se <em>The Great Gatsby<\/em>, <em>Lord of the Rings<\/em> en <em>The Hobbit<\/em> van J.R.R. Tolkien, <em>Les Mis\u00e9rables <\/em>deur Victor Hugo, <em>The Lorax<\/em> (Dr. Seuss), <em>We can Remember it for You Wholesale<\/em>, as Total Recall deur Philip K. Dick. Daar was ook die hartverskeurende <em>Extremely Loud and Incredibly Close<\/em> oor die nawerking van 9\/11 deur Jonathan Safran Foer, en dan seker een van die koelste antiheldflieks die afgelope dekade: <em>Lawless <\/em>(vanaf The Wettest County in the World) deur Matt Bondurant. So \u2019n lekker mengseldrama wat hom in die jare dertig afspeel met die Mafia, die drankverbod, Western-aksie en korrupte polisiemanne. Die nuwe Mad Max-held, Tom Hardy, en \u2019n briljante Guy Pearce speel in die fliek.<\/p>\n<p>Onder die gewilde boek-tot-TV-reekse staan die \u00fcber-gewilde <em>Game of Thrones<\/em> (nie gelees nie), <em>Orange is the New Black<\/em> en <em>The Slap<\/em>. Fluisteringe van mense wat drie dae siekteverlof neem en binge op \u2019n volle seisoen van \u00e9\u00e9n so \u2019n reeks is niks nuuts nie &#8230;<\/p>\n<p>Trouens, dis asof televisiereekse die rolprentbedryf verbygesteek het in die verwerking van goeie boeke na uitstekende skermverhale (dalk vanwe\u00eb die genade van meer tyd en karakterontwikkeling wat vervaardigers gegun word).<\/p>\n<p>Onvermydelik dan, volg die ewige gestryery: Wat is beter, die boek of die fliek\/reeks?<\/p>\n<p>Vir gewoontelesers wen die boek, meestal. Want in jou kop lyk Rhett \/ Mr Darcy \/ Edward \/ Heathcliff s\u00f3, en praat hy s\u00f3. En dit is eenvoudig en beslis ni\u00e9 soos Clark Gable, Colin Firth, Robert Pattinson of Laurence Olivier ni\u00e9.<\/p>\n<div style=\"text-align: center;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/02\/SEPFlieks10RR.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"451\" \/><\/div>\n<p>Maar ons moet tog bely, <span style=\"color: #ff0000;\"><strong>Lord of the Rings<\/strong><\/span>, met al sy aanpassings, was darem goeie diens van die boeke. En dan ook: Viggo Mortensen as Aragorn was eenvoudig vol.in.die.kol. Selfs nie eens jou eie verbeelding sou di\u00e9 beeld kon optower nie. Tolkien sou waarskynlik in sy stoutste drome nie die Strider so kon verbeeld nie.<\/p>\n<p>En s\u00f3 raak ons visueel verlief op die hoofkarakters in die boek &#8211; te meer nog as hulle perfek of gepas gestalte op die silwerdoek kry. Maar, belangrik, dit is beslis nie slegs die rolverdeling of SFX wat die fliek vanaf die boek \u2019n goeie een maak nie.<\/p>\n<p>Dit is meestal, of veral, die wyse waarop die draaiboek vanaf die oorspronklike storie gelig is. Anthony Minghella het dit so ontroerend reggekry met Michael Ondaatje se <em>The English Patient<\/em>. Hy het \u2019n hoofelement gekies, een tema in die verhaal, en daarop gefokus: Die liefdesverloop tussen graaf L\u00e1szl\u00f3 Alm\u00e1sy en Katharine Clifton, die vrou van sy kollega, Geoffrey. Die verhaal ontvou hom wanneer hy jare later as verbrande oorloggevangene deur die verpleegster Hana versorg word, en hy sy storie vir haar vertel. Wie sal ooit die gesig van die wroegende, gefolterde Alm\u00e1sy vergeet wat vir sy goeie vriend Peter Maddox vra wat \u2019n mens die kuiltjie in \u2019n vrou se nek noem? Net om maande later, toe alles reeds te allerlaat is, die le\u00eb antwoord te kry: \u201cThe suprasternal notch\u201d &#8211; daardie kuiltjie van Katharine waarteen hy nooit weer sy lippe, of sy duime, lig sal kan druk nie.<\/p>\n<p>Die boek fokus sterk op die rol van die Indiese bomopruimers, maar dit speel \u2019n sekond\u00eare rol in die fliek (wat nege Oscars gewen het, terloops). Die fliek en boek is twee verskillende entiteite, maar saam maak dit steeds die aanvanklike geheel.<br \/>\n<em>The English Patient<\/em> is maar net een van die vele boek-tot-silwerdoek-suksesse.<\/p>\n<p>Meer onlangs was daar <em>The King\u2019s Speech<\/em> deur David Seidler, 2002. (Dis aanvanklik teruggehou tot die koninginmoeder se dood. The stuttering king was haar man). Maar in 2010 is die ongelooflike stuk werk deur Colin Firth en Geoffrey Rush verhef tot een van die gewildstes van die jaar. Ook by die Baftas, Golden Globes en die Oscars &#8230;<\/p>\n<p>Maar daar is ook net soveel grillers daarbuite.<\/p>\n<p><span style=\"color: #ff0000;\"><span style=\"font-size: medium;\"><strong>Is daar \u2019n towerformule?<\/strong><\/span><\/span><\/p>\n<div style=\"text-align: center;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/02\/SEPFlieks04RR.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"424\" \/><\/div>\n<p>Ons het vir Leon van Nierop, resensent en ook \u2019n boek- en draaiboekskrywer (<strong><span style=\"color: #ff0000;\">Ballade vir \u2019n Enkeling<\/span><\/strong> het onlangs die land se skerms suksesvol getref), gevra wat hy as \u201cdie towerformule\u201d beskou om \u2019n goeie boek na \u2019n goeie fliek te ontplooi.<\/p>\n<p>Hy het nie getwyfel nie, was skoon onversetlik: \u201cMaak die boek t\u00f3\u00e9 nadat jy dit minstens vyf keer gelees het. Skryf dan die filmiese weergawe in pr\u00e9ntjies. Moenie paragrawe of dialoog net so uit die boek neem nie, selfs al skryf die romanskrywer goeie dialoog. Dra daardie boodskap in visuele formaat oor en bly getrou aan die skrywer se bedoeling. Wees altyd bewus van die kamera as verteller en nie die woord nie.\u201d<\/p>\n<div style=\"text-align: center;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/02\/SEPFlieks02RR.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"402\" \/><\/div>\n<p>Sallas de Jager, vervaardiger van onder meer Roepman van skrywer Jan van Tonder, <span style=\"color: #ff0000;\"><strong>Verraaiers <\/strong><\/span>en Musiek vir die Agtergrond, is \u2019n kranige draaiboekskrywer (\u00e9n regisseur \u00e9n akteur), en hy stem heelhartig saam met Leon. Hy voeg \u2019n element of twee by:<\/p>\n<p>\u201cHou by die werklike aksie en moenie verstrengel raak in die karakters se eie denke nie. Dwing jou om te fokus op die kousale verband tussen die karakter se werklike aksies (nie wat hy\/sy dink nie, maar hy\/sy d\u00f3\u00e9n) en die gevolglike reaksie of interpretasie van die ander karakters in die w\u00eareld van die storie.\u201d<\/p>\n<p>Leon, Sallas en Anel Alexander, laasgenoemde \u2019n akteur en draaiboekskrywer van onder meer Semi-Soet, wys die slaggate uit in die omskakeling van boek na fliek.<\/p>\n<p>Leon: \u201cMense is te bang om tonele te verander om visueel aan te pas en hulle skryf dialoog net so uit die boek, wat dan styf en onnatuurlik klink. Skryf dieselfde storie in nuwe formaat oor. Stroop dialoog en maak dit minder, want ons kan mos nou si\u00e9n wat gebeur. Baie tonele speel hulle in karakters se koppe af, in hul interne landskap. Daardie tonele moet filmies oorgedra word.\u201d<\/p>\n<p>Sallas: \u201c\u2019n Mens is ook soms geneig om jou gunstelingkarakters se swak punte te verskans en dit is juis \u2019n karakter se swak punte wat hom\/haar mens maak.\u201d<\/p>\n<p>Anel: \u201cDit is onmoontlik om \u2019n boek van vierhonderd bladsye in \u2019n rolprentteks van negentig bladsye te probeer inprop. Jy moet keuses maak en sekere karakters kies en sekere punte identifiseer wat jy in jou fliek gaan ondersoek en die res laat gaan.\u201d<\/p>\n<p>Anel het pas klaar verfilm aan haar derde rolprent waarvan sy die vervaardiger ook is, <span style=\"color: #ff0000;\"><strong><em>Sink<\/em><\/strong><\/span>.<\/p>\n<p>\u201cDis gebaseer op die roman <span style=\"color: #ff0000;\"><strong>Rachel Weeping<\/strong><\/span> deur Brett Michael Innes wat ook die regisseur en draaiboekskrywer was. Dit was \u2019n baie interessante, unieke proses. Brett het \u2019n eerste <em>draft <\/em>van die boek en die draaiboek gehad en toe het ek en Corine du Toit aan boord gekom as <em>script editors<\/em>. Soos ek en Corine die draaiboek herskryf het, het Brett die roman aangepas en andersom.<\/p>\n<p>\u201cMet my eerste twee films, <em>Discreet <\/em>en <em>Semi-Soet<\/em>, het ons die tekste heeltemal nuut geskryf, so <em>Sink <\/em>was die eerste keer wat ek met \u2019n teks wat gebaseer is op \u2019n boek, gewerk het. Uit die aard van die saak kan mens baie meer detail in \u2019n boek vasvang, en dit het gehelp om meer subteks en agtergrond aan die situasies\/tonele in die filmteks te gee, asook meer vleis aan die karakters.<\/p>\n<p>\u201cAs aktrise was dit ook vir my interessant om die boek as \u2019n bron te h\u00ea om te help met die voorbereiding.\u201d (Sy vertolk een van die hoofrolle in Sink.)<\/p>\n<p>Ons wou by Sallas weet hoe hy met\u00a0Roepman\u00a0se verhaal omgegaan het. Wat moes hy opgee of sny, en wat was essensieel om te behou?<\/p>\n<p>\u201cDie belangrikste was om te besluit wat die tema van die draaiboek sou wees. Ons was bevoorreg om saam met skrywer Jan van Tonder te kon werk. Ons het besluit dat Timus se verlies aan onskuld die tema sou wees. Met daardie bril het ons na elke gebeurtenis in die boek gekyk en besluit of dit die tema dien.\u201d<\/p>\n<p>Ek het di\u00e9 drie kenners ook gepols oor watter boek-na-silwerdoek hulle as suksesse beskou en watter misluk het.<\/p>\n<p>Leon se eerste antwoord is <span style=\"color: #ff0000;\"><strong>Gone Girl:<\/strong><\/span><\/p>\n<p>\u201c\u2026 (die boek) het uitmuntend gewerk van boek na draaiboek, maar die skryfster Gilian Flynn het dit self geskryf. Sy het daarin geslaag om die innerlike w\u00earelde van haar karakters visueel oor te dra.\u201d<\/p>\n<div style=\"text-align: center;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/02\/SEPFlieks05RR.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"445\" \/><\/div>\n<p>Anel is entoesiasties oor veral twee redelik onlangse flieks, <span style=\"color: #ff0000;\"><strong>Lord of the Rings<\/strong><\/span> en <span style=\"color: #ff0000;\"><strong>The Hunger Games:<\/strong><\/span><\/p>\n<p>\u201cGollum (LotR) het vir my presies gelyk soos ek hom in my verbeelding gesien het en die w\u00eareld en mense van The Hunger Games is soos ek dit ge-<em>picture<\/em> het \u2013 en beter! Wat natuurlik bydra tot die feit dat hierdie films werk, is dat die vervaardigers gekies het om \u2019n trilogie of vier films uit die boeke te maak, want die storie is eenvoudig net te groot om in een film vas te vang.<\/p>\n<p>\u201cGroot teleurstellings waaraan ek nou kan dink, was <span style=\"color: #ff0000;\"><strong>The Lovely Bones<\/strong><\/span> en <span style=\"color: #ff0000;\"><strong>Ender\u2019s Game<\/strong><\/span>.\u201d<\/p>\n<p>Sallas s\u00ea dis \u2019n moeilike vraag, want die mediums verskil so. \u201c<span style=\"color: #ff0000;\"><strong>Forrest Gump<\/strong><\/span> (Winston Groom) was \u2019n beter fliek as die boek waarop dit gegrond was.\u00a0Tom Hanks se interpretasie van die karakter was beter as die karakter wat ek in die boek gelees het. Ek dink <span style=\"color: #ff0000;\"><strong>The Notebook<\/strong><\/span> (Nicholas Sparks) is ook \u2019n goeie voorbeeld van \u2019n suksesvolle draaiboek wat op \u2019n roman gegrond is.\u201d<\/p>\n<div style=\"text-align: center;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/02\/the-notebook.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"445\" \/><\/div>\n<p>Sallas raak \u2019n interessante punt aan: Daar \u00eds flieks wat beter as die boek is. Die onlangse <em>Divergent: Allegiant<\/em> met die stralende Shailene Woodley en hartebreker Theo James is \u2019n uitstekende voorbeeld. Soos The Washington Post dit verwoord: \u201cDie fliekweergawe van Veronica Roth se distopiese romans is gewaagder, vinniger en baie suksesvoller as die boek &#8230; \u201d<\/p>\n<p>Eina.<\/p>\n<p>Dit wil wel soms voorkom of kortverhale beter in draaiboeke omgeskakel kan word as epiese romans. Dink maar aan Philip K. Dick se <em>Do Androids Dream of Electric Sheep<\/em><em>?<\/em> wat verwerk is na die kultus-sci-fi-fliek, <em>Blade Runner<\/em>. Of Annie Proulx se onthutsende <em>Brokeback Mountain<\/em>. En <em>The Living Daylights en Octopussy<\/em> \u2013 ja, di\u00e9 twee 007-flieks was eers kortverhale wat James Bond se penpa, Ian Fleming, geskryf het.<\/p>\n<p>Nog grotes sluit in: <em>Total Recall<\/em> (vanaf <em>We can remember it for You Wholesale<\/em>, ook Philip K. Dick); die stylvolle Audrey Hepburn se klassieke <em>Breakfast at Tiffany\u2019s<\/em> (Truman Capote); en die vader van alle oorlogdramas, <em>Apocalypse Now<\/em>, wat aangepas is vanaf Joseph Conrad se ontsetelende (sic) novelle, The Heart of Darkness.<\/p>\n<p>Leon dink \u2019n goeie draaiboekskrywer sal albei gemaklik kan doen. \u201cDie draaiboekskrywer moet sorg dat daar genoeg storie is om die rolprent te dra, soos met <em>Brokeback Mountain<\/em>. Sekere temas moet uitgebou word, of as daar temas \/ gebeure bykom, moet dit verrykend wees, karakteriserend met subteks eerder net as gebeure wat uitgerek of herhaal word.\u201d<\/p>\n<p>Anel is dit met hom eens: \u201cIn die rolprentw\u00eareld praat ons van \u2019n \u2018log line\u2019, daardie een re\u00ebltjie wat jou hele fliek aan \u2019n vreemdeling kan verduidelik. Nie drie nie, nie sewe nie, net \u00e9\u00e9n. Draaiboekskrywers wat nie \u2019n boek se essensie in daardie re\u00ebltjie kan vasvang nie, moet oorweeg om eerder \u2019n mini- of dramareeks uit die boek te maak.\u201d<\/p>\n<p>Sallas: \u201cEk verkies vir seker \u2019n kortverhaal, want dit gee jou die struktuur en tema van die storie en daar is nog \u2019n bietjie artistieke vryheid om die karakters te ontgin. <em>Shawshank Redemption <\/em>(Stephen King) is \u2019n goeie voorbeeld van \u2019n sterk kortverhaal wat in \u2019n fantastiese rolprent omskep is.\u201d<\/p>\n<p>Hoe ook al, die kenners stem saam: Om \u2019n boek, hetsy \u2019n reeks, roman of kortverhaal, in \u2019n goeie fliek of reeks te ontwikkel, benodig jy \u2019n sentrale tema, kennis van die oorsprongstuk, eie strukture, inkleding en konteks wat deur die kamera geskiet word, harde sny- of byvoegwerk en dan daardie een enkele loksin wat die hele konsep kan saamvat.<\/p>\n<p>En voil\u00e0!<\/p>\n<p>Geen leser-kyker gaan n\u00e1 die tyd vir jou kwaad wees nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: center;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/SEPFlieks03RR.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"429\" \/><\/div>\n<p><span style=\"color: #ff0000;\"><span style=\"font-size: medium;\"><strong>Wenners<\/strong><\/span><\/span><\/p>\n<p>Daar is eenstemmigheid: Goeie omskakelings sluit in: The Unbearable Lightness of Being van Milan Kundera, Fiela se Kind deur Dalene Matthee, Girl with the Dragon Tattoo, die Sweedse \u00e9n Amerikaanse weergawes van Stieg Larsson, en Boris Pasternak se Dr. Zhivago.<\/p>\n<p><span style=\"color: #ff0000;\"><span style=\"font-size: medium;\"><strong>Rampe<\/strong><\/span><\/span><\/p>\n<p>Maar rampe is meer algemeen. Die eerste \u2013 en enigste \u2013 keer wat ek Love in the Time of Cholera van Gabriel Garc\u00eda M\u00e1rquez gesien het, wou ek letterlik huil. Ek het. Een van my heel gunstelingboeke was visueel vermink.\u00a0Ditto Life of Pi (Yann Martel) \u2013 my opinie, Silk van Alessandro Baricco, Triomf deur Marlene van Niekerk, Die Twilight-reeks deur Stephenie Meyer, Captain Corelli\u2019s Mandolin van Louis de Berni\u00e8res en die Johnny Depp-Alice in Wonderland deur Lewis Carroll.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Soveel boeke, soveel flieks. Die afgelope paar jaar is ons oorval deur boek-na-silwerdoek-aanbiedings. Wat \u2019n mens soms laat wonder of draaiboekskrywers nog oorspronklike stories kan uitdink? Leun hulle dalk alte gemaklik op die res van die skrywerskorps om hul verhaallyne [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":14866,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[3476],"tags":[845,1027,2520,2521],"class_list":["post-7846","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-ontspanning","tag-flieks","tag-boeke","tag-silwerdoek","tag-draaiboek"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Van boek tot silwerdoek | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/van-boek-tot-silwerdoek\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Van boek tot silwerdoek | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Soveel boeke, soveel flieks. Die afgelope paar jaar is ons oorval deur boek-na-silwerdoek-aanbiedings. Wat \u2019n mens soms laat wonder of draaiboekskrywers nog oorspronklike stories kan uitdink? Leun hulle dalk alte gemaklik op die res van die skrywerskorps om hul verhaallyne [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/van-boek-tot-silwerdoek\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2015-08-09T22:00:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2018-04-09T07:20:50+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra2015728144055.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"500\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"332\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"11 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/van-boek-tot-silwerdoek\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/van-boek-tot-silwerdoek\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Van boek tot silwerdoek\",\"datePublished\":\"2015-08-09T22:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2018-04-09T07:20:50+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/van-boek-tot-silwerdoek\\\/\"},\"wordCount\":2144,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/van-boek-tot-silwerdoek\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra2015728144055.jpg\",\"keywords\":[\"Flieks\",\"Boeke\",\"silwerdoek\",\"draaiboek\"],\"articleSection\":[\"Ontspanning\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2015\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/van-boek-tot-silwerdoek\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/van-boek-tot-silwerdoek\\\/\",\"name\":\"Van boek tot silwerdoek | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/van-boek-tot-silwerdoek\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/van-boek-tot-silwerdoek\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra2015728144055.jpg\",\"datePublished\":\"2015-08-09T22:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2018-04-09T07:20:50+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/van-boek-tot-silwerdoek\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/van-boek-tot-silwerdoek\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/van-boek-tot-silwerdoek\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra2015728144055.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra2015728144055.jpg\",\"width\":500,\"height\":332},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/van-boek-tot-silwerdoek\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Van boek tot silwerdoek\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Van boek tot silwerdoek | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/van-boek-tot-silwerdoek\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Van boek tot silwerdoek | rooi rose","og_description":"Soveel boeke, soveel flieks. Die afgelope paar jaar is ons oorval deur boek-na-silwerdoek-aanbiedings. Wat \u2019n mens soms laat wonder of draaiboekskrywers nog oorspronklike stories kan uitdink? Leun hulle dalk alte gemaklik op die res van die skrywerskorps om hul verhaallyne [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/van-boek-tot-silwerdoek\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2015-08-09T22:00:00+00:00","article_modified_time":"2018-04-09T07:20:50+00:00","og_image":[{"width":500,"height":332,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra2015728144055.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"11 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/van-boek-tot-silwerdoek\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/van-boek-tot-silwerdoek\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Van boek tot silwerdoek","datePublished":"2015-08-09T22:00:00+00:00","dateModified":"2018-04-09T07:20:50+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/van-boek-tot-silwerdoek\/"},"wordCount":2144,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/van-boek-tot-silwerdoek\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra2015728144055.jpg","keywords":["Flieks","Boeke","silwerdoek","draaiboek"],"articleSection":["Ontspanning"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2015","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/van-boek-tot-silwerdoek\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/van-boek-tot-silwerdoek\/","name":"Van boek tot silwerdoek | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/van-boek-tot-silwerdoek\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/van-boek-tot-silwerdoek\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra2015728144055.jpg","datePublished":"2015-08-09T22:00:00+00:00","dateModified":"2018-04-09T07:20:50+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/van-boek-tot-silwerdoek\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/van-boek-tot-silwerdoek\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/van-boek-tot-silwerdoek\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra2015728144055.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra2015728144055.jpg","width":500,"height":332},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/van-boek-tot-silwerdoek\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Van boek tot silwerdoek"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7846","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=7846"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7846\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/14866"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=7846"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=7846"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=7846"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}