{"id":7815,"date":"2015-07-28T11:26:00","date_gmt":"2015-07-28T09:26:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/dwelms-n-ander-woord-vir-hel\/"},"modified":"2016-03-01T14:43:22","modified_gmt":"2016-03-01T12:43:22","slug":"dwelms-n-ander-woord-vir-hel","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dwelms-n-ander-woord-vir-hel\/","title":{"rendered":"Dwelms, \u2019n ander woord vir hel"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #ff0000;\"><span style=\"font-size: medium;\"><strong>*Joanne Brodie<\/strong><\/span><\/span><\/p>\n<p>My verslawing was loutere hel, al <strong>25 jaar<\/strong> daarvan. Ek het met dagga begin toe ek twaalf jaar oud was &#8211; ek het dit gehaat, maar die verdraaide belewing van die werklikheid was lekker. Daarna het ek hoesmedisyne begin gebruik.<\/p>\n<p>Volgende was pynverdowers, kalmeerpille, slaappille en koka\u00efen. Ek het \u2019n jaar lank <strong>koka\u00efen <\/strong>gebruik en toe opgehou. Ek het geglo dat ek nie \u2019n <em>junkie <\/em>was nie omdat ek net voorgeskrewe medisyne gebruik het.<\/p>\n<p>Ek het tot in 1993 hiermee volgehou. Teen daardie tyd het ek tussen veertig en sestig Stopayne-tablette en \u2019n mengsel van Valium, Serepax, Rohypnol en Valeron (\u2019n skedule 7-pynmiddel) per dag gebruik. Die laaste sewe of agt jaar van my verslawing het ek nie meer pille gebruik om hoog te word nie, eerder om normaal te voel.<\/p>\n<p>In 1993 het ek in \u2019n <strong>rehabilitasiesentrum <\/strong>beland. Ek was vier weke lank daar en toe ek ontslaan is, het hulle vir my ges\u00ea ek sal nooit skoon kan bly nie, ek is te verslaaf.<\/p>\n<p>Ek is nou al amper vyftien jaar skoon.<\/p>\n<p>N\u00e1 rehab het ek by NA (Narcotics Anonymous) aangesluit. Ek het ook gereeld vir terapie gegaan en my terapeut het later voorgestel dat ek as berader opgelei word. In 1997 het ek vir \u2019n onderhoud gegaan en my werklike lewe het begin.<\/p>\n<p>Die afgelope ses jaar werk ek aan die hand van <strong>sisteemteorie <\/strong>met \u201cfamilie-sisteme\u201d. Dit help my pasi\u00ebnte baie om hul patrone in \u2019n bre\u00ebr konteks te sien. Ons kan nie die verlede verander nie, maar ons kan dit \u201cherstruktureer\u201d deur gevestigde patrone te transformeer. Dit stel hulle in staat om op \u2019n gesonder manier met die lewe voort te gaan. Die suksessyfer is hoog. Ek glo dis my roeping om mense te help. My eie veranderingsproses inspireer my &#8211; net so ook om te sien hoe ander mense verander en beter word. Dit is ongelooflik om deel van die proses te wees.<\/p>\n<p><span style=\"color: #ff0000;\"><span style=\"font-size: medium;\"><strong>Joanne se raad aan ouers<\/strong><\/span><\/span><\/p>\n<p><strong>Behandeling vir jou kind<\/strong><br \/>\nDis gewoonlik \u2019n goeie idee om so gou moontlik een of ander vorm van behandeling vir jou kind te kry, selfs al is dit net terapie. Die soort behandeling hang af van die erns van die probleem en van watter middels jou kind gebruik. As sy hero\u00efen, voorgeskrewe middels of alkohol gebruik, dink ek dit is noodsaaklik dat sy binnepasi\u00ebnt- of residensi\u00eble behandeling kry sodat die detoksifikasieproses deur professionele mense gemonitor kan word. Ek sal aanbeveel dat sy in \u2019n rehabilitasiesentrum opgeneem word.<\/p>\n<p><strong>Hoe werk die herstelproses?<\/strong><br \/>\nAanvanklik gaan dit baie moeilik wees om die onttrekkingsimptome te hanteer. Daarna moet die verslawing ondersoek word. Jou kind moet besef wat dit in haar lewe verteenwoordig het en hierdie kwessies begin oplos. Sy moet ook aanvaar dat sy vir die res van haar lewe kwetsbaar gaan wees. Di\u00e9 tydperk gaan gewoonlik met gevoelens van pyn en leegheid gepaard.<\/p>\n<p><strong>Wat lei gewoonlik tot dwelmmisbruik?<\/strong><br \/>\nEk dink oorerflikheid speel \u2019n groot rol. As daar \u2019n geskiedenis van alkoholmisbruik of dwelmverslawing in jou familie is, moet jy lig loop &#8211; dit verhoog onmiddellik jou risiko.<\/p>\n<p><strong>Hoe suksesvol is behandeling?<\/strong><br \/>\nIndien daar drie dwelmverslaafdes is, is die kanse goed dat een van hulle kort n\u00e1 behandeling weer na dwelms sal gryp, dat een skoon sal bly en dat jy nie weer van die derde verslaafde sal hoor nie. Maar ek weet dat behandeling, enige soort behandeling, voordelig vir enigiemand is.<br \/>\nBel Joanne by 079854 9535.<\/p>\n<div style=\"text-align: center;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/02\/MAYdwelms02RR.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"446\" \/><\/div>\n<p><span style=\"color: #ff0000;\"><span style=\"font-size: medium;\"><strong>*Anoux Venter<\/strong><\/span><\/span><\/p>\n<p>Ek was net \u2019n paar dae oud toe ek in Pretoria deur die wonderlikste twee mense op aarde <strong>aangeneem <\/strong>is. Ons was baie lief vir mekaar. Ek het alles gehad waaroor \u2019n kind kon droom, en ook al die liefde en sekuriteit. My ma kon nie swanger word nie, maar n\u00e1 baie jare en baie gebede het sy vir my \u2019n wonderlike sussie in die w\u00eareld gebring. Sy was die beste ding wat nog met my gebeur het.<\/p>\n<p>Op <strong>skool <\/strong>het dit vir my gevoel asof ek nie inpas nie en ek het aandag probeer trek deur stout te wees en rebels op te tree. Ek was die enigste Afrikaanse kind in \u2019n Engelse laerskool en eers teen die einde van my laerskooltyd het ek uiteindelik tuis gevoel. Toe ek nie by die ho\u00ebrskool van my keuse (die een waarheen al my vriende sou gaan) aanvaar is nie, was ek verpletter.<\/p>\n<p>Ek is toe na \u2019n Afrikaanse ho\u00ebrskool en ek het niks daarvan gehou nie. Op <strong>13<\/strong>, op \u2019n partytjie, is ek <em>gedare <\/em>om \u2019n paar glase <strong>brandewyn <\/strong>te drink en ek het dit gedoen om my vriende te vermaak. Die drank het my ook baie lekker laat voel.<\/p>\n<p>Vroeg in my tienerjare het ek aan <strong>depressie <\/strong>begin lei en dit het gevoel asof ek in \u2019n donker gat verdwyn. Ek het die verkeerde vriende gemaak. Saam met hulle is ek na klubs waar ek geleer rook en drink het. Op vyftien het ek met <strong>dagga<\/strong> begin eksperimenteer. Ek het aan die begin net \u2019n bietjie op \u2019n slag gerook en ook nie eens dikwels nie.<\/p>\n<p>Daardie jaar het ek vir Raine ontmoet en my hele lewe het verander. Ek was dadelik smoorverlief op hom. Ons was onafskeidbaar en het alles saam gedoen. Ons vriendskap het vinnig in \u2019n vurige romanse ontwikkel. As ek nou terugdink, was Raine waarskynlik my grootste <strong>verslawing<\/strong>.<\/p>\n<p>My w\u00eareld het ineengestort toe hulle \u2019n jaar later Hermanus toe getrek het. Ek kon nie glo dat hy my sommer net agtergelaat het nie. Ek het nie geweet hoe ek sonder hom sou kon leef nie. Ek het gedink ek het hom net so nodig soos <strong>suurstof<\/strong>.<\/p>\n<p>My depressie het vererger en \u2019n dokter het <strong>antidepressante <\/strong>voorgeskryf. Daarna was my lewe \u2019n mengelmoes van pille, drank en dwelms terwyl ek die pyn van skeiding probeer verdoof het. Ek het intens na Raine verlang en die volgende drie jaar het ons heen en weer gekuier. Ons verhouding het net al hoe sterker en <strong>obsessiewer<\/strong> geraak.<\/p>\n<p>Dis eers toe ek n\u00e1 matriek Kaap toe is om kuns te studeer, dat ek agtergekom het hy is aan <strong>hero\u00efen <\/strong>verslaaf. Ek was seker dat ek hom sou verloor as ek nie meedoen nie. Die verlies sou s\u00f3 verskriklik wees dat ek nie eens daaraan wou dink nie. Ons het baie gemaklik begin saamleef en ek het vinnig aan hero\u00efen en koka\u00efen verslaaf geraak.<\/p>\n<p>Ons het probeer swot \u00e9n werk en van hand tot mond gelewe. Ons het hard probeer om <strong>normaal <\/strong>te wees, maar gou al ons besittings verkoop om hero\u00efen in die hande te kry. N\u00e1 sowat drie jaar was ek uiteindelik so <strong>verslaaf <\/strong>dat hero\u00efen belangriker geword het as Raine of enigiets anders. Ek is terug na my ouers. Hulle was baie bekommerd en agterdogtig oor my nuwe, vreemde gedrag, maar hulle kon my net nie betrap nie. En ek het hulle in die o\u00eb gekyk en <strong>gelieg<\/strong>.<\/p>\n<p>Uiteindelik het \u2019n baie <strong>goeie vriend<\/strong> besluit dat iets gedoen moet word en hy het my ouers alles vertel. My ouers het my nie verwerp nie, maar my gehelp om te detoks. Hulle het sterk gestaan terwyl ek my demone een vir een oorwin het.<br \/>\nEk het \u2019n wonderlike man ontmoet en ons is vandag getroud. Hy is ongelooflik <strong>ondersteunend <\/strong>en staan my met alles by. Ek kan eerlik s\u00ea ek het vrede in my hart en is baie gelukkig. Ek waardeer nou gewone dinge, soos sonskyn en die geluid van lag.<\/p>\n<div style=\"text-align: center;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/02\/MAYdwelms03RR.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"476\" \/><\/div>\n<p><span style=\"color: #ff0000;\"><span style=\"font-size: medium;\"><strong>Donker liefde<\/strong><\/span><\/span><\/p>\n<p>In haar boek, <em>Donker liefde<\/em>, skryf Anoux Venter oop en eerlik oor haar verhouding met hero\u00efen en die verwoesting wat dit in haar en die mense om haar se lewe veroorsaak het. Human &amp; Rousseau, 2007.<\/p>\n<p><span style=\"color: #ff0000;\"><span style=\"font-size: medium;\"><strong>Anoux se raad aan ouers<\/strong><\/span><\/span><\/p>\n<p>&#8211; Moet nooit dink dit kan nie met jou kind gebeur nie.<br \/>\n&#8211; Iemand kan vir haar dwelms by \u2019n partytjie aanbied en sy besluit dalk om dit net een keer te probeer.<br \/>\n&#8211; Let op vroe\u00eb waarskuwingstekens, soos rebelsheid en veral depressie.<br \/>\n&#8211; Dwelms word dikwels gebruik om aan depressie te probeer ontsnap. Kry hulp vir depressie &#8211; dit sal nie vanself beter word nie.<\/p>\n<p><span style=\"color: #ff0000;\"><span style=\"font-size: medium;\"><strong>Anoux se raad aan \u00a0tieners<\/strong><\/span><\/span><\/p>\n<p>Al is dit \u2019n <strong>clich\u00e9<\/strong>: dwelms is <strong>n\u00f3\u00f3it <\/strong>oukei nie. Jy kan dit nie net vir \u2019n bietjie ontspanning en pret gebruik nie. Jy kan baie gou daaraan verslaaf raak. En die skade wat verslawing aanrig, is baie groter as wat jy jou kan indink. Dit gaan nie net oor fisieke verslawing nie. Jare nadat die fisieke verslawing verby is, sukkel jy nog met die emosionele en sielkundige aspekte daarvan. Dit veroorsaak groot skade aan verhoudings en di\u00e9 skade kan baie lank neem om te herstel. Dink ook daaraan dat jy kan sterf voordat jy die kans gehad het om jammer te s\u00ea aan die mense wie se lewe jy verwoes het. Baie dwelmverslaafdes kry nooit \u2019n tweede kans nie. Wil jy dit regtig aan jou vriende en geliefdes doen?<\/p>\n<p><span style=\"color: #ff0000;\"><span style=\"font-size: medium;\"><strong>*Melinda Ferguson<\/strong><\/span><\/span><\/p>\n<p>Ek was vier jaar oud toe my pa voor my aan \u2019n <strong>hartaanval <\/strong>dood is. My ma moes vier kinders alleen grootmaak en sy het begin <strong>drink<\/strong>. Ek het in \u2019n alkoholiese omgewing grootgeword en begin drink toe ek tien jaar oud was. Dit was die begin van \u2019n <strong>verslawing <\/strong>wat ses jaar lank my lewe oorheers het.<\/p>\n<p>My <strong>dwelmverslawing <\/strong>het so handuit geruk dat ek alles verloor het: my huis, my huwelik en, die ergste van alles, my twee seuntjies. Ek het in Hillbrow beland, op straat. Dit was hel. Ek was heeltemal verslaaf aan patetiese stukkies <em>crack <\/em>en \u2019n stowwerige poeiertjie, <strong>hero\u00efen<\/strong>. Ek kon nie beweeg of dink as ek nie hoog was nie.<\/p>\n<p>In 1999 het ek niks oorgehad nie en ek kon \u00f3f doodgaan \u00f3f besluit om gesond te word. Op 1 September het ek oorgegee. In die begin was dit geweldig moeilik om skoon te bly omdat ek my lewe heeltemal opgemors het. Dit was moeilik om te glo dat dinge beter kon word. Maar n\u00e1 twee jaar het my lewe begin verander en verbeter.<\/p>\n<p>Nou h\u00e9t ek \u2019n <strong>lewe<\/strong>, maar nie net \u2019n \u201cgewone\u201d lewe nie. My lewe het \u2019n doel, \u2019n rede en rigting \u2026 Ek is nou agt jaar skoon. Ek het so opgegaan in my <strong>herstelproses <\/strong>dat ek nie eens kan dink dat ek weer dwelms of drank kan, of w\u00edl gebruik nie. Dis verby.<\/p>\n<p>Ek het \u2019n wonderlike werk by \u2019n tydskrif, \u2019n fantastiese verhouding, pragtige seuns, \u2019n boek op die rakke en is besig om nog een te skryf. Afgesien van al die ander gawes wat ek ontvang het sedert ek skoon is, is dit \u2019n geskenk net om wakker te word sonder die smagting na dwelms.<\/p>\n<div style=\"text-align: center;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/MAYdwelms05RR.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"461\" \/><\/div>\n<p><span style=\"color: #ff0000;\"><span style=\"font-size: medium;\"><strong>\u2018Smacked: A Harrowing True Story of Addiction and Survival\u2019<\/strong><\/span><\/span><\/p>\n<p>In Smacked skryf Melinda oor haar ses jaar van dwelmver-slawing en prostitusie en hoe sy uit die onderw\u00eareld ontsnap het. Struik, 2005.<\/p>\n<p><span style=\"color: #ff0000;\"><span style=\"font-size: medium;\"><strong>Melinda se raad aan ouers<\/strong><\/span><\/span><\/p>\n<p>&#8211; Sorg dat jy weet watter soorte dwelms beskikbaar is, hoe elke soort lyk en wat die uitwerking daarvan is.<br \/>\n&#8211; Praat met jou kinders oor hul probleme. Moenie vir hulle preek nie. Wees eerlik.<br \/>\n&#8211; Vra jouself af of jou gedrag dalk bydra tot jou kinders se probleem en of jy \u2019n goeie voorbeeld vir hulle stel.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>*Joanne Brodie My verslawing was loutere hel, al 25 jaar daarvan. Ek het met dagga begin toe ek twaalf jaar oud was &#8211; ek het dit gehaat, maar die verdraaide belewing van die werklikheid was lekker. Daarna het ek hoesmedisyne [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":14755,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[679],"tags":[130,134,135,150,2356,2479,2480],"class_list":["post-7815","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-ouerskap","tag-tieners","tag-ouerskap","tag-verhoudings","tag-ouers","tag-dwelms","tag-hel","tag-dwelmverslaafdes"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Dwelms, \u2019n ander woord vir hel | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dwelms-n-ander-woord-vir-hel\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Dwelms, \u2019n ander woord vir hel | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"*Joanne Brodie My verslawing was loutere hel, al 25 jaar daarvan. Ek het met dagga begin toe ek twaalf jaar oud was &#8211; ek het dit gehaat, maar die verdraaide belewing van die werklikheid was lekker. Daarna het ek hoesmedisyne [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dwelms-n-ander-woord-vir-hel\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2015-07-28T09:26:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2016-03-01T12:43:22+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201572814521.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"640\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"424\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"9 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dwelms-n-ander-woord-vir-hel\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dwelms-n-ander-woord-vir-hel\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Dwelms, \u2019n ander woord vir hel\",\"datePublished\":\"2015-07-28T09:26:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-03-01T12:43:22+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dwelms-n-ander-woord-vir-hel\\\/\"},\"wordCount\":1875,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dwelms-n-ander-woord-vir-hel\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra201572814521.jpg\",\"keywords\":[\"tieners\",\"ouerskap\",\"Verhoudings\",\"ouers\",\"dwelms\",\"hel\",\"dwelmverslaafdes\"],\"articleSection\":[\"Ouerskap\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2015\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dwelms-n-ander-woord-vir-hel\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dwelms-n-ander-woord-vir-hel\\\/\",\"name\":\"Dwelms, \u2019n ander woord vir hel | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dwelms-n-ander-woord-vir-hel\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dwelms-n-ander-woord-vir-hel\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra201572814521.jpg\",\"datePublished\":\"2015-07-28T09:26:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-03-01T12:43:22+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dwelms-n-ander-woord-vir-hel\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dwelms-n-ander-woord-vir-hel\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dwelms-n-ander-woord-vir-hel\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra201572814521.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra201572814521.jpg\",\"width\":640,\"height\":424},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dwelms-n-ander-woord-vir-hel\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Dwelms, \u2019n ander woord vir hel\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Dwelms, \u2019n ander woord vir hel | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dwelms-n-ander-woord-vir-hel\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Dwelms, \u2019n ander woord vir hel | rooi rose","og_description":"*Joanne Brodie My verslawing was loutere hel, al 25 jaar daarvan. Ek het met dagga begin toe ek twaalf jaar oud was &#8211; ek het dit gehaat, maar die verdraaide belewing van die werklikheid was lekker. Daarna het ek hoesmedisyne [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dwelms-n-ander-woord-vir-hel\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2015-07-28T09:26:00+00:00","article_modified_time":"2016-03-01T12:43:22+00:00","og_image":[{"width":640,"height":424,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201572814521.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"9 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dwelms-n-ander-woord-vir-hel\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dwelms-n-ander-woord-vir-hel\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Dwelms, \u2019n ander woord vir hel","datePublished":"2015-07-28T09:26:00+00:00","dateModified":"2016-03-01T12:43:22+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dwelms-n-ander-woord-vir-hel\/"},"wordCount":1875,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dwelms-n-ander-woord-vir-hel\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201572814521.jpg","keywords":["tieners","ouerskap","Verhoudings","ouers","dwelms","hel","dwelmverslaafdes"],"articleSection":["Ouerskap"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2015","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dwelms-n-ander-woord-vir-hel\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dwelms-n-ander-woord-vir-hel\/","name":"Dwelms, \u2019n ander woord vir hel | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dwelms-n-ander-woord-vir-hel\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dwelms-n-ander-woord-vir-hel\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201572814521.jpg","datePublished":"2015-07-28T09:26:00+00:00","dateModified":"2016-03-01T12:43:22+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dwelms-n-ander-woord-vir-hel\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dwelms-n-ander-woord-vir-hel\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dwelms-n-ander-woord-vir-hel\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201572814521.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201572814521.jpg","width":640,"height":424},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dwelms-n-ander-woord-vir-hel\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Dwelms, \u2019n ander woord vir hel"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7815","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=7815"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7815\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/14755"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=7815"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=7815"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=7815"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}