{"id":7805,"date":"2015-07-21T10:02:00","date_gmt":"2015-07-21T08:02:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/een-panda-drie-vroue-en-sewe-tasse\/"},"modified":"2016-03-03T15:24:17","modified_gmt":"2016-03-03T13:24:17","slug":"een-panda-drie-vroue-en-sewe-tasse","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/een-panda-drie-vroue-en-sewe-tasse\/","title":{"rendered":"Een Panda, drie vroue en sewe tasse"},"content":{"rendered":"<p>Na \u2019n jolige vier nagte in Istanbul is dit tyd om ons <em>girls&#8217; roadtrip<\/em> in\u00a0Kroasi\u00eb te begin.<\/p>\n<p>Die<em> small, economic car<\/em> is al maande terug op die internet bespreek (LW: <a href=\"http:\/\/www.rentalcargroup.com\">www.rentalcargroup.com<\/a> het wonderlike pryse) en al het die prentjies duidelik aangedui dat vier persone en net een tas kan inpas, is ek vol moed dat daar nooit hierdie tyd van die jaar genoeg klein karretjies is vir al die <em>cheapskates<\/em> soos ek nie en dat hul verseker vir ons \u2019n groter kar gaan aanbied.<\/p>\n<p>Foutjie&#8230;. by Zagreb se lughawe slaan ek en die agent mekaar amper by die verhuringskiosk, want sy beweer<em> extra full <\/em>i<em>nsurance<\/em> dek nie die wiele en die vensters van \u2019n motor nie. Nouja, na \u2019n gekibbel en gedreig kom sy af met byna die helfte van die versekeringskoste en oorhandig die sleutel en dokumente wrewelrig.<\/p>\n<p>Hier moet ek net noem dat ons baie mooi goedjies in Istanbul raakgeloop het en dat J se mediumgrootte tas al uit sy nate gebars het na die eerste twee dae daar. Dus is ekstra sakke en handbagasietasse bygekoop en ook nou deel van ons trek. Die bagasietotaal is dus: 3 groot tasse, 3 kleiner tasse, 3 handsakke (baie ruim) en \u2019n bonkige rugsakkie. Die ander probleem is dat nie een van ons die Miss Twiggy-prys sal wen nie.<\/p>\n<p>By die parkeerplek wag die verteenwoordiger van die <em>small, economic car<\/em> ons in en as hy mik vir die klein rooi Panda Fiat, probeer ek hom liggies stuur na die groot Volvo, maar nee&#8230; hy steek vas en sluit oop . Ons kyk vir hom, hy kyk vir ons, hy kyk na ons tasse en weer na ons en ons kyk na die Panda. Hy oorhandig so vinnig as moontlik die kontrak en wys duidelik daarop dat die motor skaars twee weke oud is en nog geen skrapie het of probleme gegee het nie. Voor ons nog kan vra vir hulp met die tasse verdwyn hy soos \u2019n skim in die dynserige straatligskemerte. Ek en M is nie die handigste<em> girls<\/em> op aarde nie en as dit nie vir J was nie het ons seker nou nog staan en tasse laai en herlaai.<\/p>\n<p>Dakhoogte en sonder \u2019n agterruit-visie vertrek ons na die middestad van Zagreb vir \u2019n oornagslapie. Die ongelukkige passasier wat agter sit word papgedruk deur die tasse wat oorhel en haar uitsig is die kopstuk van die voorste passasierstoel. Daar aangekom tref dit ons dat al hierdie bagasie in die motor moet slaap, want om alles uit te pak en drie blokke ver te dra gaan nie werk nie \u2013 nie vir net een nag se slaap nie. Dis \u2019n nou straatjie voor \u2019n woonstelblok en die SA paranoia skop in. Ons goed gaan gesteel word; ons kan nie drie keer loop na die woonstelblok nie. More is al ons inkopies van die afgelope paar dae gesteel! Die agent van ons oorslaapwoonstel kraai van die lag en stel ons gerus: &#8220;Very safe in Zagreb, nobody steal your luggage or car.&#8221; Huh, hoe s\u00ea juffrou nou? Ons kyk verlangend vir oulaas na ons bagasie en Panda voor ons aanstap.<\/p>\n<p>Onnodig om te s\u00ea &#8211; die Panda en al die bagasie het rustig vir ons staan en wag die volgende oggend.<\/p>\n<p>Nou begin die reis na Plitvice Jezera \u2013 een van die mooiste natuurverskynsels in die wereld (nee, ek oordryf nie). Ek is die bestuurder en die <em>girls<\/em> moet beurte maak om te navigeer. Ek kom al vir 12 jaar\u00a0Kroasi\u00eb toe, maar die twee se uitspraak van plekke se name maak my so deurmekaar dat selfs \u2019n dorpnaam wat bekend is, onverstaanbaar raak. J merk vrolik op dat sy nou uiteindelik die oorsprong van Jappafrans gevind het. Gelukkig is daar naamborde langs die pad en terwyl die twee klank dat die sweet aftap kry ek ons by die eerste bestemming \u2013 Plitvicemere.<\/p>\n<div style=\"text-align: center;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/02\/20150617_155119.jpg\" alt=\"\" width=\"350\" height=\"197\" \/><\/div>\n<div style=\"text-align: left;\"><em>\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Plitvice Jezera<br \/>\n<\/em><\/div>\n<p>Die volgende bestemming is Opatija in Istria en as ons vroegaand daar land begin die hele ritueel van oornagplek vind, parkeerplek met agterdog beje\u00ebn, panic oor die bagasie in die motor agter \u2019n <em>scaly <\/em>gebou en opsleep van kleiner, net so swaar tasse van voor af. As ek so wegstap van die Panda verbeel ek my die klein wieletjies buig almal effens na buite \u2013 <em>knock knees<\/em> van al die gewig&#8230;<\/p>\n<div style=\"text-align: center;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/02\/20150618_113909-1.jpg\" alt=\"\" width=\"350\" height=\"349\" \/><\/div>\n<p><em>\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Opatija<br \/>\n<\/em><br \/>\nOns spandeer nog \u2019n paar dae in Rovinj met sy beeldskone kerkie op die hoogste koppie, poskaartmooi straatjies en Griekse sangers wat teen die riva sing (hul skip seker gestrand op pad Griekeland toe). \u2019n Dagbesoek aan die truffel-dorpie Motovun verloop amper sonder voorval. Die dorpie is ook bo-op \u2019n heuweltjie gelee en hier kan jy wit en swart truffels, truffelolie, truffelpatee en selfs kaas met truffels in proe. Toe \u2019n hewige re\u00ebnbui uitsak, duik ons by \u2019n oulike restaurantjie in en ek eet natuurlik&#8230;. truffelpasta.<\/p>\n<p>Ons ry laatmiddag terug van Motovun, maar kibbel heelpad oor die regte roete. Party mense sweer hoog en laag dat hulle van die plekke herken en ek s\u00ea die pad se oppervlak is dan hobbelrig wat vroe\u00ebr vandag so mooi geteer was. Later stop ons maar vir aanwysings. Ons het wel die regte pad gevind, maar ongelukkig in die verkeerde rigting gery en amper in Sloveni\u00eb geland. Die terugdraai beloon ons met die mooiste re\u00ebnboog wat die oor die hemelruim span en oral word nog gestop vir foto&#8217;s van ou huise, mooi plaaslanderye en pophuiskerkies op heuwels.<\/p>\n<div style=\"text-align: center;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/02\/20150619_170405.jpg\" alt=\"\" width=\"350\" height=\"622\" \/><\/div>\n<p><em>\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Motovun<\/em><\/p>\n<p>Die Panda gedra haar uitstekend en as ons na 467km in Split land, is sy reg vir \u2019n bietjie ferrie-ry. Jy parkeer jou motor so vroeg as moontlik in die ry en as die ferrieman die teken gee, mag almal inry. Ons skommel vir twee ure lekker tot in Stari Grad, Hvar-eiland.<\/p>\n<p>Om een of ander rede land ons alewig donker by \u2019n plek, maar hierdie keer is ek vol bravade want ek ken die dorpie, dis my tweede tuisdorp en ek weet waar elke hoekie of hobbeltjie is.<\/p>\n<p>Jy moet buite die klein nou straatjies aan die buitewyke van die dorp parkeer, maar al ons<em> locals<\/em> weet jy kan met \u2019n baie nou (en ek bedoel nou) straatjie ry tot op die kerkplein en eers jou bagasie aflaai voor jy die motor gaan parkeer. Heeltemal af-<em>showerig<\/em> ry ek voort \u2013 ek ken mos die w\u00eareld.<\/p>\n<p>Die volgende oomblik gggggrhhhrsssskrrrtsssshhh iets onder die motor en so met die terugratpoging raak die geluid nog meer vreesaanjaend. Dit klink of die hele onderstel van die Panda afgeskeur word. Ons sit vir \u2019n oomblik gevries en spring dan uit. J is weereens die buigsaamste en loer handeviervoet onder die motor in. Intussen het die bure ook begin versamel. \u2019n Stuk metaalpyp wat lyk of dit voorheen platgeslaan was, is nou opgeskroef soos \u2019n vleismeul se binnekant. Die hobbelrige, ho\u00eb middelmannetjie en \u2019n ysterarm wat eintlik karre moet weghou van die kerkplein het die skade veroorsaak. Ons staan pieringoog rond en al wat ek dink is&#8230;. ek moet nou daardie motoragent waarmee ek so gestry het in Zagreb stert tussen die bene bel.<\/p>\n<p>Die volgende oggend is J weer handeviervoet met die selfoonkamera onder die motor in en tussen haar en \u2019n paar gesoute Kroatiese omies besluit hulle die skade is nie so groot nie. Die metaalpyp is nou wel losgeskeur en hang op die grond en die uitlaatpyp brul soos \u2019n V8-enjin, maar verder is dit nie te erg nie, aldus die verdere terugvoer van A &#8211; dis nou J se man, vir wie ons die fotos en verduidelikings na Suid-Afrika whatsapp het. Ons besluit om liewer nie die agentskap in te lig nie.<\/p>\n<p>Ons vra rond vir hulp by \u2019n onwillige buurman en as die ander twee <em>girls<\/em> die dag by Zlatni Rat, Bol se strand gaan deurbring, begin ek na \u2019n motorwerktuigkundige soek. Die eerste een praat glad nie Engels nie en wys met \u2019n 180 grade armswaai na die 20+ geroeste bakkies, lorries en motors wat hy nog moet herstel.<\/p>\n<p>\u2019n Kroaat wat in Australi\u00eb grootgeword het, stap nader en sien hier moet hy uithelp. Hy ry voor my uit na die volgende <em>mechanic<\/em>. Dis \u2019n enkelgarage sonder \u2019n deur &#8211; gesaai met blikke, oliekolle, moere, boute en meer rommel as parte en o ja, ook \u2019n put. Die man is n\u00earens te vinde en die Aussie roep \u2019n paar maal hard na hom. Hy kom sleepvoet aangedrentel in sy wessie en s\u00ea dat sy ma baie siek is en hy ons nie kan help nie. Gelukkig is George \u2019n man wat nie vinnig nee vir \u2019n antwoord vat nie en hy verduidelik dat ek \u2019n \u201clocal\u201d van die dorp is. Net daar s\u00ea Rade hy sal my help \u2013 so oor twee ure as hy klaar sy middagslapie geneem het. Klokslag twee uur later stop ek weer voor Rade se werkswinkel. Hy het intussen sy buurman wat drie woorde Engels verstaan ook opgekommandeer om te help vertaal en die geselskap aan die gang te hou.<\/p>\n<p>Toe ek noem dat dit \u2019n huurmotor is en ek groot moeilikheid gaan kry oor die skade, is dit asof daar lig opgaan in albei die manne se o\u00eb en hulle spring weg met mening. Enige Kroaat sal werk dat die sweet tap as hul \u2019n instansie wat \u201connodig\u201d jou geld vat kan uitoorl\u00ea.<\/p>\n<p>Terwyl ek rustig vir twee ure op \u2019n olieblik sit en facebook lees, buig Rade die metaalpyp weer plat, las sommer twee stukkies metaal in waar dit kraak, en sweis dit mooi vas onder die motor. As ons die motor aanskakel brul dit nog en hy skud sy kop \u2013 sak weer af in die put en sweis ook die gat in die uitlaatpyp toe. Ons aldrie klop mekaar op die skouers en wens mekaar oor en weer geluk met die goeie handewerk en die totale koste van 200 Kuna (ongeveer R385).<\/p>\n<p>Twee dae later word die motor teruggegee by die motorverhuringsmaatskappy \u2013 gelukkig die keer op \u2019n ander plek&#8230; Die sweet tap my af toe die agent om die motor loop en onder dit inloer. Met \u2019n tevrede kopknik teken hy die kontrak met \u2019n groot regmerk \u2013 geen skade, alles is in orde! Gelukkig het ek geen wiele of vensters gebreek.<\/p>\n<p>Intussen het ek \u2019n brief aan die Fiat-mense in Itali\u00eb geskryf om te s\u00ea dat hulle ons drie <em>girls<\/em> en die sewe tasse as \u2019n advertensie kan gebruik en dat ons vir die wonderwerk verrig graag elkeen \u2019n Panda as skenking vir ons twee matriekkinders sal ontvang.<\/p>\n<p><strong>Foto&#8217;s Beatrix Roux<\/p>\n<p><\/strong><\/p>\n<div style=\"text-align: center;\"><strong><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/20150619_134930.jpg\" alt=\"\" width=\"350\" height=\"197\" \/><\/strong><\/div>\n<p><em>\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Rovinj<\/em><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Na \u2019n jolige vier nagte in Istanbul is dit tyd om ons girls&#8217; roadtrip in\u00a0Kroasi\u00eb te begin. Die small, economic car is al maande terug op die internet bespreek (LW: www.rentalcargroup.com het wonderlike pryse) en al het die prentjies duidelik [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":42817,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[682],"tags":[388,616],"class_list":["post-7805","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-blogs","tag-kroasie","tag-beatrix-roux"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Een Panda, drie vroue en sewe tasse | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/een-panda-drie-vroue-en-sewe-tasse\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Een Panda, drie vroue en sewe tasse | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Na \u2019n jolige vier nagte in Istanbul is dit tyd om ons girls&#8217; roadtrip in\u00a0Kroasi\u00eb te begin. Die small, economic car is al maande terug op die internet bespreek (LW: www.rentalcargroup.com het wonderlike pryse) en al het die prentjies duidelik [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/een-panda-drie-vroue-en-sewe-tasse\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2015-07-21T08:02:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2016-03-03T13:24:17+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/07\/Een-Panda-drie-vroue-en-sewe-tasse.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"800\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"533\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"9 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/een-panda-drie-vroue-en-sewe-tasse\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/een-panda-drie-vroue-en-sewe-tasse\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Een Panda, drie vroue en sewe tasse\",\"datePublished\":\"2015-07-21T08:02:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-03-03T13:24:17+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/een-panda-drie-vroue-en-sewe-tasse\\\/\"},\"wordCount\":1745,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/een-panda-drie-vroue-en-sewe-tasse\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/07\\\/Een-Panda-drie-vroue-en-sewe-tasse.jpg\",\"keywords\":[\"Kroasie\",\"Beatrix Roux\"],\"articleSection\":[\"Blogs\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2015\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/een-panda-drie-vroue-en-sewe-tasse\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/een-panda-drie-vroue-en-sewe-tasse\\\/\",\"name\":\"Een Panda, drie vroue en sewe tasse | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/een-panda-drie-vroue-en-sewe-tasse\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/een-panda-drie-vroue-en-sewe-tasse\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/07\\\/Een-Panda-drie-vroue-en-sewe-tasse.jpg\",\"datePublished\":\"2015-07-21T08:02:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-03-03T13:24:17+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/een-panda-drie-vroue-en-sewe-tasse\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/een-panda-drie-vroue-en-sewe-tasse\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/een-panda-drie-vroue-en-sewe-tasse\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/07\\\/Een-Panda-drie-vroue-en-sewe-tasse.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/07\\\/Een-Panda-drie-vroue-en-sewe-tasse.jpg\",\"width\":800,\"height\":533},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/een-panda-drie-vroue-en-sewe-tasse\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Een Panda, drie vroue en sewe tasse\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Een Panda, drie vroue en sewe tasse | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/een-panda-drie-vroue-en-sewe-tasse\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Een Panda, drie vroue en sewe tasse | rooi rose","og_description":"Na \u2019n jolige vier nagte in Istanbul is dit tyd om ons girls&#8217; roadtrip in\u00a0Kroasi\u00eb te begin. Die small, economic car is al maande terug op die internet bespreek (LW: www.rentalcargroup.com het wonderlike pryse) en al het die prentjies duidelik [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/een-panda-drie-vroue-en-sewe-tasse\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2015-07-21T08:02:00+00:00","article_modified_time":"2016-03-03T13:24:17+00:00","og_image":[{"width":800,"height":533,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/07\/Een-Panda-drie-vroue-en-sewe-tasse.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"9 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/een-panda-drie-vroue-en-sewe-tasse\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/een-panda-drie-vroue-en-sewe-tasse\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Een Panda, drie vroue en sewe tasse","datePublished":"2015-07-21T08:02:00+00:00","dateModified":"2016-03-03T13:24:17+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/een-panda-drie-vroue-en-sewe-tasse\/"},"wordCount":1745,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/een-panda-drie-vroue-en-sewe-tasse\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/07\/Een-Panda-drie-vroue-en-sewe-tasse.jpg","keywords":["Kroasie","Beatrix Roux"],"articleSection":["Blogs"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2015","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/een-panda-drie-vroue-en-sewe-tasse\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/een-panda-drie-vroue-en-sewe-tasse\/","name":"Een Panda, drie vroue en sewe tasse | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/een-panda-drie-vroue-en-sewe-tasse\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/een-panda-drie-vroue-en-sewe-tasse\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/07\/Een-Panda-drie-vroue-en-sewe-tasse.jpg","datePublished":"2015-07-21T08:02:00+00:00","dateModified":"2016-03-03T13:24:17+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/een-panda-drie-vroue-en-sewe-tasse\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/een-panda-drie-vroue-en-sewe-tasse\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/een-panda-drie-vroue-en-sewe-tasse\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/07\/Een-Panda-drie-vroue-en-sewe-tasse.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/07\/Een-Panda-drie-vroue-en-sewe-tasse.jpg","width":800,"height":533},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/een-panda-drie-vroue-en-sewe-tasse\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Een Panda, drie vroue en sewe tasse"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7805","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=7805"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7805\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/42817"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=7805"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=7805"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=7805"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}