{"id":7683,"date":"2015-10-15T11:35:00","date_gmt":"2015-10-15T09:35:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/victor-kaptein-van-harte\/"},"modified":"2016-02-29T12:47:02","modified_gmt":"2016-02-29T10:47:02","slug":"victor-kaptein-van-harte","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/victor-kaptein-van-harte\/","title":{"rendered":"Victor, kaptein van harte"},"content":{"rendered":"<p>Die jare sewentig was \u2019n dekade van groot gebeurtenisse. In \u201876 was daar die Soweto-opstande, die koms van televisie en Haas Das, en \u2019n jaar later, op 11 Mei 1977, is een van ons land se beste rugbyspelers en slotte, die onweerstaanbare Bok en Bul, kaptein, staatmakerman en -pa, <span style=\"color: #ff0000;\"><strong><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/uitblinkers-wat-is-hul-geheim\/\">Victor Matfield<\/a><\/strong><\/span>, gebore.<\/p>\n<p>Di\u00e9 held onder die helde groet ons met \u2019n glimlag by die swaar voordeur van die Pretorianse huis waar hy en sy vrou, Monja, pas ingetrek het. Die groot houtswaaideure is die perfekte keuse vir di\u00e9 hemelbesem wat \u2019n nommervyftienskoen dra, want hi\u00e9r sal hy sowaar nie sy kop kan stamp nie.<\/p>\n<p>Victor en Monja is nog besig om nes te skrop in die nuwe huis, maar die allerbelangrike familie- en gesinsfoto\u2019s hang reeds aan die mure.<\/p>\n<p>Di\u00e9 slot kan dalk groot en sterk wees en op die rugbyveld die opposisie se broeke laat bewe, maar hy is eintlik net \u2019n goeie ou wat daaraan glo om alle mense goed te behandel en hy wil \u2019n goeie voorbeeld stel omdat hy gedurig in die openbare oog is. Maar dis sy gesin en die mense na aan hom wat sy hart laat smelt.<\/p>\n<p>\u201cAs jy my van die veld af sien saam met my vrou en tweejarige dogtertjie, Jaime, sal jy agterkom hoe maklik dit vir so \u2019n klein meisietjie is om \u2019n groot man soos putty in haar hande te laat word. Sy draai my altyd om haar pinkie en is my b\u00e1ie groot soft spot!\u201d<\/p>\n<p>Hy was van kleins af goed in akademie \u00e9n sport, vertel hy, veral in rugby en krieket wat eintlik sy sterk punt was tot hy sy rug beseer het. Met \u2019n rugbybeurs is hy toe Tukkies toe om B.Com. Rek. te gaan swot.<\/p>\n<p>\u201cEk wou graag hard studeer en \u2019n graad kry, maar in my derde jaar het die rugby te veeleisend geword en ek het besluit om liewer net professioneel rugby te speel.\u201d<\/p>\n<p>Sy pa, Fai (ook Victor), en ma, Hettie, is altyd daar as hy speel. \u201cHulle het my geleer om nederig te wees en hard te werk. My pa het saam met my geoefen en my ma was \u2019n wiskunde-onderwyseres en ons twee het weer saam vraestelle uitgewerk.<\/p>\n<p>Hulle is die eerste mense wat my kortvat as my kop dalk \u2019n bietjie groot raak!\u201d Maar aan die ander kant is hulle ook die mense wat hom aanmoedig en motiveer.<\/p>\n<p>Victor s\u00ea as hy \u2019n slegte wedstryd gespeel het, vra hulle altyd: \u201cIs jy siek, my kind?\u201d Hy lag. \u201cDan weet ek ek het nie so lekker gespeel nie en hulle probeer dit op \u2019n sagte manier vir my s\u00ea.\u201d<\/p>\n<p>Ouderdom het hom geleer om hom nie te veel aan mediakritiek te steur nie. \u201cWat wel belangrik is, is die kritiek wat daar in die binnekring gegee word as die span Maandae bymekaarkom. En natuurlik is ek ook maar baie krities op my vertoning.\u201d<\/p>\n<p>Sy tyd saam met Monja en Jaime is baie kosbaar, veral omdat hy so baie weg is. \u201cOns is groot koffiedrinkers en hou van fliek, maar met die kleintjie is dit \u2019n bietjie moeilik, nou doen ons dit liewer by die huis.\u201d<\/p>\n<p>Die nuwe huis is baie stylvol en slim ontwerp en ingerig vir lekker gesellige kuiers. Plek-plek sien ek klein, pienk meisietjiegoed rondl\u00ea, \u2019n getuienis van Jaime se spelery waarby sy haar pa glo alte graag betrek &#8211; en as daardie groot hart eers week geword het, speel groot Vic maar geduldig en met oorgawe saam.<\/p>\n<h4>Die man agter die kaptein<\/h4>\n<p><strong>Gunstelingkos<\/strong>: Braaivleis en dan enige kookkos. My vrou se skaapblad is baie lekker.<\/p>\n<p><strong>Gunstelingfliek<\/strong>: Ek hou van romantiese komedies, die jongste een is <em>Leaving Las Vegas<\/em>.<\/p>\n<p><strong>Gunstelingplek<\/strong>: George &#8211; al die gholfbane en die see!<\/p>\n<p><strong>Beskryf jouself in \u2019n paar woorde<\/strong>: Rustig, oopkop, gesinsman, sportliefhebber.<\/p>\n<p><strong>Wat gee jou \u2019n <em>kick<\/em>?<\/strong> Om Fourie du Preez se geld op die gholfbaan te vat!<\/p>\n<p><strong>Wat dink jy van Suid-Afrika? <\/strong>Ons het \u2019n <em>great<\/em> land, met probleme, ja, maar ook positiewe goed. Dikwels besef jy eers wat jy het as jy weggaan. Ons was nou lank in Frankryk en ons inkopiesentrums en paaie lyk baie beter en is meer gevorderd. Hier <em>moan <\/em>mense so maklik, soos toe krag die groot <em>issue<\/em> was, maar stap ek in Frankryk in \u2019n gebou in, is die ligte af, want jy moet dit aanskakel en weer afsit as jy loop. In Suid-Afrika werk dit nie so nie. Die ligte brand en baie min mense doen hul deel om te spaar. As ons almal net \u2019n bietjie positiewer word en harder probeer, kan ons ons land nog beter maak.<\/p>\n<p><strong>As jy een ding kon verander, wat sou dit wees? <\/strong>\u2019n Werk vir almal in SA.<\/p>\n<p><strong>Wat maak jou woedend? <\/strong>Arrogansie.<\/p>\n<p><strong>En watter opponente krap aan jou?<\/strong> Ag, maar die WP. Dis \u2019n ou Bulle vs WP-<em>rivalry<\/em>, deel van die geskiedenis. \u2019n Ou soos Percy sal vir die Sharks kan speel, maar nooit vir die Bulle nie, en andersom. Maar ek het groot WP-vriende, soos Schalk en Jean.<\/p>\n<p><strong>Wanneer huil jy?<\/strong> Die laaste keer was in \u2019n <em>movie <\/em>toe \u2019n man se dogtertjie vermoor is. As jy \u2019n pa is, kan jy nie meer sulke <em>movies <\/em>kyk nie.<\/p>\n<p><strong>Watter waardes is vir jou belangrik? <\/strong>Jy moet so lewe dat mense jou waardes in jou optrede kan sien en nie in jou woorde nie. Jy moet mense behandel soos jy behandel wil word.<\/p>\n<p><strong>Hoekom hou jy van vroue? <\/strong>Hulle is so sag en ondersteunend. Ons mans is net beter mense as ons saam met ons vroue is. O, ja, en hulle is <em>nice <\/em>om na te kyk.<\/p>\n<p><strong>Beskryf vir my die hedendaagse vrou en man<\/strong>: Die hedendaagse vrou moet haar eie drome h\u00ea, maar sy moet steeds daardie moederlike instinkte behou sodat sy altyd daar is vir haar gesin. Voordele? Sy is nie hulpeloos sonder haar man nie. Nadele? Sy het dalk \u2019n bietjie min tyd vir die gesin. En mans? Almal jaag net meer geld en status na. Hulle werk harder, maar die gesin word al meer afgeskeep.<\/p>\n<p><strong>Wat maak \u2019n vrou onweerstaanbaar?<\/strong> \u2019n Sterk karakter, wilskrag, en die vermo\u00eb om haar eie drome na te jaag. Maar ook die vermo\u00eb om vinnig en onverwags daardie ander, sagte kant wat ons mans partykeer nodig het, na vore te laat kom.<\/p>\n<p><strong>Wanneer is \u2019n vrou vir jou sexy?<\/strong> Sy moet <em>confident<\/em> wees. As sy vir haarself sexy is, sal sy dit uitstraal. \u2019n Goed versorgde vrou is baie sexy.<\/p>\n<p><strong>Wat is jou gunstelingdeel van die vroulike liggaam? <\/strong>Sal in die moeilikheid kom as ek di\u00e9 een antwoord, maar my vriende sal weet.<\/p>\n<p><strong>Dink jy elke pot het \u2019n deksel?<\/strong> Ek dink elke pot het meer as een deksel. Geen verhouding is perfek nie en geen man of vrou is perfek nie &#8211; \u2019n verhouding is iets waaraan jy altyd moet werk. As jy saam met jou <em>partner<\/em> \u2019n beter mens as voorheen word, weet jy jy het die regte mens gekies.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die jare sewentig was \u2019n dekade van groot gebeurtenisse. In \u201876 was daar die Soweto-opstande, die koms van televisie en Haas Das, en \u2019n jaar later, op 11 Mei 1977, is een van ons land se beste rugbyspelers en slotte, [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":14365,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[675],"tags":[24,68,340,1183,2335,2336],"class_list":["post-7683","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-bekendes","tag-sukses","tag-rooiwarm-man","tag-uitblinkers","tag-rugby","tag-victor-matfield","tag-talentvol"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Victor, kaptein van harte | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/victor-kaptein-van-harte\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Victor, kaptein van harte | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die jare sewentig was \u2019n dekade van groot gebeurtenisse. In \u201876 was daar die Soweto-opstande, die koms van televisie en Haas Das, en \u2019n jaar later, op 11 Mei 1977, is een van ons land se beste rugbyspelers en slotte, [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/victor-kaptein-van-harte\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2015-10-15T09:35:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2016-02-29T10:47:02+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra2015101511354.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"567\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"850\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"6 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/victor-kaptein-van-harte\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/victor-kaptein-van-harte\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Victor, kaptein van harte\",\"datePublished\":\"2015-10-15T09:35:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-02-29T10:47:02+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/victor-kaptein-van-harte\\\/\"},\"wordCount\":1162,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/victor-kaptein-van-harte\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra2015101511354.jpg\",\"keywords\":[\"sukses\",\"rooiwarm man\",\"uitblinkers\",\"rugby\",\"victor matfield\",\"talentvol\"],\"articleSection\":[\"Bekendes\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2015\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/victor-kaptein-van-harte\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/victor-kaptein-van-harte\\\/\",\"name\":\"Victor, kaptein van harte | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/victor-kaptein-van-harte\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/victor-kaptein-van-harte\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra2015101511354.jpg\",\"datePublished\":\"2015-10-15T09:35:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-02-29T10:47:02+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/victor-kaptein-van-harte\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/victor-kaptein-van-harte\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/victor-kaptein-van-harte\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra2015101511354.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra2015101511354.jpg\",\"width\":567,\"height\":850},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/victor-kaptein-van-harte\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Victor, kaptein van harte\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Victor, kaptein van harte | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/victor-kaptein-van-harte\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Victor, kaptein van harte | rooi rose","og_description":"Die jare sewentig was \u2019n dekade van groot gebeurtenisse. In \u201876 was daar die Soweto-opstande, die koms van televisie en Haas Das, en \u2019n jaar later, op 11 Mei 1977, is een van ons land se beste rugbyspelers en slotte, [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/victor-kaptein-van-harte\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2015-10-15T09:35:00+00:00","article_modified_time":"2016-02-29T10:47:02+00:00","og_image":[{"width":567,"height":850,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra2015101511354.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"6 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/victor-kaptein-van-harte\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/victor-kaptein-van-harte\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Victor, kaptein van harte","datePublished":"2015-10-15T09:35:00+00:00","dateModified":"2016-02-29T10:47:02+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/victor-kaptein-van-harte\/"},"wordCount":1162,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/victor-kaptein-van-harte\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra2015101511354.jpg","keywords":["sukses","rooiwarm man","uitblinkers","rugby","victor matfield","talentvol"],"articleSection":["Bekendes"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2015","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/victor-kaptein-van-harte\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/victor-kaptein-van-harte\/","name":"Victor, kaptein van harte | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/victor-kaptein-van-harte\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/victor-kaptein-van-harte\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra2015101511354.jpg","datePublished":"2015-10-15T09:35:00+00:00","dateModified":"2016-02-29T10:47:02+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/victor-kaptein-van-harte\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/victor-kaptein-van-harte\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/victor-kaptein-van-harte\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra2015101511354.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra2015101511354.jpg","width":567,"height":850},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/victor-kaptein-van-harte\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Victor, kaptein van harte"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7683","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=7683"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7683\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/14365"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=7683"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=7683"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=7683"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}