{"id":76590,"date":"2025-08-08T12:42:46","date_gmt":"2025-08-08T10:42:46","guid":{"rendered":"http:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=76590"},"modified":"2025-08-08T12:48:02","modified_gmt":"2025-08-08T10:48:02","slug":"egskeiding-kinders-vir-die-naweek","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/egskeiding-kinders-vir-die-naweek\/","title":{"rendered":"Egskeiding: kinders vir die naweek"},"content":{"rendered":"<p>Kinders verbind geskeide ouers onlosmaakbaar. Maar gewoonlik is \u2019n egskeiding maar net die einde van \u2019n lang, ongelukkige pad en dis vir mense moeilik om nie emosioneel te wees nie. \u201cMaar ouers moet heeltyd dink hoe hul optrede die kinders op lang termyn gaan be\u00efnvloed, en hulle moet probeer om volwasse te wees en in beheer van hul emosies te bly,\u201d s\u00ea Elzette Fritz, opvoedkundige sielkundige.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Hy laat die kind in die steek<\/h4>\n<p>Iets waaroor baie geskeide ouers kla, is dat die \u201cnaweekouer\u201d belowe om die kinders te kom haal, maar dan nie opdaag nie. \u201cDis of hy my probeer straf deur die kinders ongelukkig te maak,\u201d kla \u2019n ma.<\/p>\n<p>Elzette s\u00ea die kind se ouderdom gaan bepaal hoe jy die situasie hanteer. Kleintjies onder drie het nie \u2019n tydpersepsie nie en dis makliker om vaag te bly en te s\u00ea dat die naweekouer gaan kom, maar nie \u2019n tyd of dag te noem nie. Dis ook makliker om hul aandag af te lei as hulle wel teleurgestel word. Met ouer kinders is dit nie so maklik nie en is dit belangrik om hul woede en teleurstelling te erken. Moenie dit probeer afmaak nie. \u201cEk kan sien jy is kwaad omdat pappa nie gekom het nie. Miskien wil hy baie graag kom, maar dalk is hy baie besig.\u201d<\/p>\n<p>Sit \u2019n wag voor jou mond en moenie dit as \u2019n geleentheid gebruik om jou eks af te kraak nie. Dis baie belangrik om hier te onderskei tussen wat j\u00f3\u00fa emosies is en wat die kind s\u2019n is. As jy hier kleitrap, koop jy vir jou baie probleme later. \u201cDie kind moet verstaan dit is die naweekouer se probleem wat die kuier in die wiele ry, en nie hy wat verwerp word nie. Die kind is nie die rede hoekom die ouer nie opgedaag het nie,\u201d s\u00ea Elzette.<\/p>\n<p>Moet ook nooit die naweekre\u00eblings deur die kinders tref nie. Bel jou eks, of stuur \u2019n sms of e-pos. Anders beland die kinders in die spervuur, s\u00ea Gretha Wiid, \u2019n ouerskapkenner van Pretoria.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Nuwe aanhangsels<\/h4>\n<p>Jy wens dalk al die Bybelse plae toe aan die nuwe meisie in jou eks se lewe wat jy vir jou hartseer verantwoordelik hou, maar moet dit nie op jou kind projekteer nie, waarsku Elzette. \u201cDis dalk \u2019n heel <em>cool<\/em> tannie met wie hy baie pret het, maar nou mag hy by die huis niks daaroor s\u00ea nie.\u201d Ja, jou deug moet ver bo di\u00e9 van korale wees, maar uiteindelik sal jy daarby baat vind.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Re\u00ebls en dissipline<\/h4>\n<p>\u2019n Desperate ma kla: \u201cIn die ander huis is bitter min dissipline en ek voel altyd soos \u2019n draak as ek grense stel.\u201d<\/p>\n<p>Gretha stel voor dat jy met die kinders \u2019n huisvergadering hou en verduidelik wat die re\u00ebls in \u201cons\u201d huis is. \u201cDis makliker as dit \u2018ons\u2019 re\u00ebls is en nie \u2018my\u2019 re\u00ebls nie. Dan weet kinders dat ongeag die re\u00ebls van die ander huis, d\u00edt is wat hier geld.\u201d<\/p>\n<p>Onthou, as julle ooreengekom het dat etes nie met SMS\u2019e en mxit-boodskappe onderbreek mag word nie, mag jy ook nie met iemand oor die foon klets nie. S\u00ea jy bel later terug.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>My kind is nie veilig nie<\/h4>\n<p>\u201cMy eks se drankprobleem was een van die deurslaggewende faktore in ons egskeiding,\u201d vertel \u2019n ma. \u201cEk was baie ontsteld toe ek hoor my kinders van vyf en agt jaar oud ry alleen met hul fietsies in die straat, en drentel saans tot nege-uur in die donker parkie saam met hul pa rond. Een van die bepalings vir die egskeidings was dat ek volle toesig oor die kinders kry. Die oplossing is dat hy nou smiddae n\u00e1 werk by die kinders kom kuier, eerder as wat hulle na hom toe gaan.\u201d<\/p>\n<p>\u201cMaak seker jy berei jou kinders vir allerhande situasies voor as hulle op ander plekke kuier,\u201d s\u00ea Gretha. Maak seker hulle kan vroeg swem en praat met hulle oor goed soos seksuele molestering. Praat met die kleuterskoolonderwyseres oor maniere om die saak aan te roer as hulle nog klein is.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-156711 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/08\/pexels-vlada-karpovich-7368267-500x333.jpg\" alt=\"\" width=\"500\" height=\"333\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Die kinders wil nie by die eks kuier nie<\/h4>\n<p>Onderskei tussen gewone skeidingsangs, wat meestal tot op vier voorkom, en ware ongelukkigheid, s\u00ea Elzette. \u201cHulle huil vreeslik as die ma moet ry, maar sodra jy om die draai is, speel hulle ewe vrolik. Ouers moet ook versigtig wees om nie die kind as \u2019n metgesel te sien wat hul eensaamheid moet verdryf nie.\u201d<\/p>\n<p>Alle studies dui op die voordeel wat dit vir kinders inhou om twee ouers te h\u00ea. Moenie jou eks van die kinders vervreem nie. As die kinders kla oor iets by die eks se huis, moet jy objektief wees en nie dinge uit verband ruk nie. Die kinderwet maak deesdae voorsiening vir tieners se voorkeure en jy kan met \u2019n maatskaplike werker praat as die kind onwillig is om te gaan kuier.<\/p>\n<p>Kinders moet altyd die reg h\u00ea om die ander ouer te bel. Maar moenie dat kinders jou op hol jaag met klein goedjies nie. Moenie op detail fokus nie, maar beoordeel \u2019n situasie as \u2019n geheel, anders gaan die kind jou elke keer bel as hy gedissiplineer word.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Probleme met tieners<\/h4>\n<p>Sielkundiges is dit eens dat \u2019n egskeiding met jonger kinders aansienlik minder slaggate as een met tieners het. \u201cTog is aggressie \u2019n baie beter emosie as depressie. Solank hulle hul emosies wys, is dit gesond,\u201d s\u00ea Elzette. En moenie die maats belet wat jou nie aanstaan nie. Hierdie verbode vrugte raak net soeter. Kyk liewer of daar \u2019n vertroueling onder die maats is met wie hy kan gesels. Hulle moet \u2019n uitlaatklep vir hul emosies h\u00ea en tekeninge en gedigte is ook goeie ontlading.<\/p>\n<p>\u201cDoen enigiets om in voeling met hul lewe te bly. Maar onthou, \u2019n dagboek is privaat en nie vir ouers se o\u00eb nie.\u201d<\/p>\n<p>Gaan kyk na hul sportwedstryde al s\u00ea hulle jy moenie gaan nie. Staan maar op die agtergrond en moenie verwag om erkenning te kry nie. Teken belangrike gebeurtenisse in hul lewe aan. Stuur \u2019n WhatsApp as jy weet dat hulle \u2019n toets skryf, of aan iets belangriks deelneem.<\/p>\n<p>En wat maak jy as niks werk nie? Kry hulp van buite. \u201cMoenie blind en doof vir gevaartekens wees nie,\u201d waarsku Elzette. As die kind weier om vir terapie te gaan, is dit belangrik dat jy met iemand gaan praat sodat jy meer in beheer van die situasie voel. \u201cRe\u00ebl vir hulle studie- of loopbaanvoorligting by \u2019n toepaslike sielkundige. Dalk doen die geleentheid vir gesprek hom s\u00f3 voor.\u201d Praat voor die tyd met die sielkundige en verduidelik die situasie. (Bel jou naaste universiteit se departement van opvoedkundige sielkunde en stel vas of hulle \u2019n kliniek het. Dis gewoonlik bekostigbaarder.)<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Hoe bly ons na aan mekaar?<\/h4>\n<p>Met kleintjies is dit belangrik om saam met hulle te speel en lyfkontak te maak. \u201cLaat hulle op jou skoot sit. Of speel in die swembad of op die gras waar julle aan mekaar vat,\u201d s\u00ea Gretha. \u201cVra met wie hulle by die skool speel; laat hulle praat. Maak een tot een kontak soos om vir hulle \u2019n storie te lees.\u201d<\/p>\n<p>Elzette ervaar dat kinders makliker praat as hulle dit speel-speel doen. \u201cDit werk uitstekend as jy aktiwiteite met kleintjies doen wat hul sintuie inspan.\u201d Speel in die sand, bak modderkoekies, swem, bak koek met regte of speeldeeg of mors saam met vingerverf. Fliek is minder suksesvol met kleintjies, maar jy kan steeds geselstyd inkry as julle saam na strokiesprente op televisie kyk en saam lag en grappe maak.<\/p>\n<p>Om \u2019n bot tiener te pols vir geselskap, is soos om \u2019n groen avokado ryp te druk. Jy\u2019s altyd agterna spyt. Die eerste sonde is om te vra \u201cWat is fout?\u201d Of erger, \u201cHoekom is jy so dikmond?\u201d Soms is hulle bloot moeg, of het nie veel om te s\u00ea nie.<\/p>\n<p>Jy het dalk baie uitgesien om hom te sien en nou kry jy die lang lip. \u201cOntspan en gee hulle ruimte,\u201d s\u00ea Gretha. \u201cLaat hulle \u2019n bietjie tot verhaal kom en vat \u2019n koeldrank kamer toe. Loop maar weer. Dalk voel hulle later lus vir gesels. Tieners soek opregte belangstelling, maar het meer lyf- en emosionele ruimte nodig.\u201d<\/p>\n<p>Moenie heeltyd om hulle kloek nie. Bespreek aan die begin van die naweek watter tye julle saam gaan wees, en wanneer hy en sy maats gaan kuier. So vermy jy rusies en misverstande. Bring liewer twee sinvolle uur saam deur as wat jy hom verbied om sy vriende te sien. Dis tog onrealisties om te dink dat julle elke oomblik saam moet wees.<\/p>\n<p>As jy die ruimte het, help dit baie om vir hulle \u2019n eie kamer met basiese goed in te rig, dan voel hulle nie soos kuiergaste nie.<\/p>\n<p>Gretha s\u00ea as julle ongemaklik in mekaar se geselskap is, kan dit help om iets te doen waar jy en die tiener elkeen \u2019n maat saamneem. Dalk verkeer julle as \u2019n groepie meer sosiaal. Sorg net dat julle nie twee aparte groepies vorm nie.<\/p>\n<p>Elzette meen \u2019n fliek kan \u2019n goeie aanknopingspunt vir gesprek wees. Gaan drink koffie agterna en bespreek die fliek.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>\u2019n Leser vra<\/h4>\n<p><strong>Vraag:<\/strong> My eks het n\u00e1 \u2019n afwesigheid van 13 jaar skielik besluit hy wil nou deel van ons 14-jarige seun se lewe wees. Nou is pa en seun groot pelle en voel ek soos \u2019n buitestander. As my kind terugkom n\u00e1 \u2019n naweek by hom is hy buierig en kry ek nie \u2019n vriendelike woord uit hom nie. Maar as hy d\u00e1\u00e1r is, is alles wonderlik en is die lewe \u2019n fees &#8211; veral omdat daar bitter min re\u00ebls en dissipline is.<\/p>\n<p>Ek en my seun was voorheen op mekaar aangewese en het \u2019n besonderse verhouding gehad. Nou is ek skielik die vark in die verhaal wat altyd kla oor huiswerk en laat uitbly. Ek voel bitter dat hy al die jare afwesig was toe ek gesukkel het, maar nou die ridder op die wit perd is.<\/p>\n<p><strong>Antwoord van \u2019n opvoedkundige sielkundige:<\/strong> Onthou, ouers het ook maar verskillende uitkyke oor dissipline in gewone huisgesinne en die meeste tieners rebelleer een of ander tyd. Kry self terapie om jou weerbaar te maak.<\/p>\n<p><strong>Antwoord van \u2019n ouerskapkenner:<\/strong> \u2019n Kind ervaar altyd \u2019n leemte n\u00e1 \u2019n egskeiding en hunker na daardie ouer wat hy nie het nie. Gee erkenning aan sy behoefte aan sy pa.<br \/>\nMaar die verhouding met die pa moenie ten koste van die kind geskied nie. Maak nie saak wat by die pa se huis geld nie, verduidelik dat \u201cons\u201d re\u00ebls steeds geld. Onthou, die ouer wat kies om eerder \u2019n pel as ouer te wees, gaan nie eendag as \u2019n ouer waardeer word nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Raad van \u2019n ma wat daardeur is<\/h4>\n<p>\u2022 Vergewe die ongeregtighede voor die egskeiding.<br \/>\n\u2022 Begin \u2019n nuwe lewe en laat die fokus daarop val eerder as om terug te kyk.<br \/>\n\u2022 Kry jou eie ondersteuningsgroep sodat jy nie op die eks moet staatmaak as jy \u2019n naweek of aand wil weggaan nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Lees ook:\u00a0<\/strong><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/egskeiding-hoef-jou-nie-te-breek-nie-10-wenke\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Egskeiding hoef jou nie te breek nie: 10 wenke<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>As jy gedink het die egskeiding was \u2019n bloedige stryd, kan die verhouding daarna \u2019n koue oorlog tussen twee verontregte volwassenes word. En die kinders wat tussen twee huise moet kuier, ly dikwels daaronder. Maak so met die slaggate. Deur Anet Schoeman<\/p>\n","protected":false},"author":8,"featured_media":156712,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[679,662],"tags":[23444,24736,134,135,832,834,2053,23443],"class_list":["post-76590","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-ouerskap","category-jou-lewe","tag-parenting","tag-family","tag-ouerskap","tag-verhoudings","tag-egskeiding","tag-kinders","tag-huwelik","tag-relationships"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Egskeiding: kinders vir die naweek | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"As jy gedink het die egskeiding was \u2019n bloedige stryd, kan die verhouding daarna \u2019n koue oorlog tussen twee verontregte volwassenes word. En die kinders wat tussen twee huise moet kuier, ly dikwels daaronder. Maak so met die slaggate.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/egskeiding-kinders-vir-die-naweek\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Egskeiding: kinders vir die naweek | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"As jy gedink het die egskeiding was \u2019n bloedige stryd, kan die verhouding daarna \u2019n koue oorlog tussen twee verontregte volwassenes word. En die kinders wat tussen twee huise moet kuier, ly dikwels daaronder. Maak so met die slaggate.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/egskeiding-kinders-vir-die-naweek\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2025-08-08T10:42:46+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2025-08-08T10:48:02+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/08\/pexels-vlada-karpovich-7368192.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1920\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1280\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"9 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/egskeiding-kinders-vir-die-naweek\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/egskeiding-kinders-vir-die-naweek\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Michelle Nortje\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\"},\"headline\":\"Egskeiding: kinders vir die naweek\",\"datePublished\":\"2025-08-08T10:42:46+00:00\",\"dateModified\":\"2025-08-08T10:48:02+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/egskeiding-kinders-vir-die-naweek\\\/\"},\"wordCount\":1854,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/egskeiding-kinders-vir-die-naweek\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/08\\\/pexels-vlada-karpovich-7368192.jpg\",\"keywords\":[\"parenting\",\"family\",\"ouerskap\",\"Verhoudings\",\"egskeiding\",\"kinders\",\"huwelik\",\"relationships\"],\"articleSection\":[\"Ouerskap\",\"Jou lewe\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2025\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/egskeiding-kinders-vir-die-naweek\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/egskeiding-kinders-vir-die-naweek\\\/\",\"name\":\"Egskeiding: kinders vir die naweek | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/egskeiding-kinders-vir-die-naweek\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/egskeiding-kinders-vir-die-naweek\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/08\\\/pexels-vlada-karpovich-7368192.jpg\",\"datePublished\":\"2025-08-08T10:42:46+00:00\",\"dateModified\":\"2025-08-08T10:48:02+00:00\",\"description\":\"As jy gedink het die egskeiding was \u2019n bloedige stryd, kan die verhouding daarna \u2019n koue oorlog tussen twee verontregte volwassenes word. En die kinders wat tussen twee huise moet kuier, ly dikwels daaronder. Maak so met die slaggate.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/egskeiding-kinders-vir-die-naweek\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/egskeiding-kinders-vir-die-naweek\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/egskeiding-kinders-vir-die-naweek\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/08\\\/pexels-vlada-karpovich-7368192.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/08\\\/pexels-vlada-karpovich-7368192.jpg\",\"width\":1920,\"height\":1280},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/egskeiding-kinders-vir-die-naweek\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Egskeiding: kinders vir die naweek\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\",\"name\":\"Michelle Nortje\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Michelle Nortje\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Egskeiding: kinders vir die naweek | rooi rose","description":"As jy gedink het die egskeiding was \u2019n bloedige stryd, kan die verhouding daarna \u2019n koue oorlog tussen twee verontregte volwassenes word. En die kinders wat tussen twee huise moet kuier, ly dikwels daaronder. Maak so met die slaggate.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/egskeiding-kinders-vir-die-naweek\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Egskeiding: kinders vir die naweek | rooi rose","og_description":"As jy gedink het die egskeiding was \u2019n bloedige stryd, kan die verhouding daarna \u2019n koue oorlog tussen twee verontregte volwassenes word. En die kinders wat tussen twee huise moet kuier, ly dikwels daaronder. Maak so met die slaggate.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/egskeiding-kinders-vir-die-naweek\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2025-08-08T10:42:46+00:00","article_modified_time":"2025-08-08T10:48:02+00:00","og_image":[{"width":1920,"height":1280,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/08\/pexels-vlada-karpovich-7368192.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Michelle Nortje","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Michelle Nortje","Est. reading time":"9 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/egskeiding-kinders-vir-die-naweek\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/egskeiding-kinders-vir-die-naweek\/"},"author":{"name":"Michelle Nortje","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd"},"headline":"Egskeiding: kinders vir die naweek","datePublished":"2025-08-08T10:42:46+00:00","dateModified":"2025-08-08T10:48:02+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/egskeiding-kinders-vir-die-naweek\/"},"wordCount":1854,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/egskeiding-kinders-vir-die-naweek\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/08\/pexels-vlada-karpovich-7368192.jpg","keywords":["parenting","family","ouerskap","Verhoudings","egskeiding","kinders","huwelik","relationships"],"articleSection":["Ouerskap","Jou lewe"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2025","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/egskeiding-kinders-vir-die-naweek\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/egskeiding-kinders-vir-die-naweek\/","name":"Egskeiding: kinders vir die naweek | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/egskeiding-kinders-vir-die-naweek\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/egskeiding-kinders-vir-die-naweek\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/08\/pexels-vlada-karpovich-7368192.jpg","datePublished":"2025-08-08T10:42:46+00:00","dateModified":"2025-08-08T10:48:02+00:00","description":"As jy gedink het die egskeiding was \u2019n bloedige stryd, kan die verhouding daarna \u2019n koue oorlog tussen twee verontregte volwassenes word. En die kinders wat tussen twee huise moet kuier, ly dikwels daaronder. Maak so met die slaggate.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/egskeiding-kinders-vir-die-naweek\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/egskeiding-kinders-vir-die-naweek\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/egskeiding-kinders-vir-die-naweek\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/08\/pexels-vlada-karpovich-7368192.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/08\/pexels-vlada-karpovich-7368192.jpg","width":1920,"height":1280},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/egskeiding-kinders-vir-die-naweek\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Egskeiding: kinders vir die naweek"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd","name":"Michelle Nortje","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","caption":"Michelle Nortje"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/76590","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=76590"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/76590\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":156713,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/76590\/revisions\/156713"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/156712"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=76590"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=76590"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=76590"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}