{"id":7650,"date":"2015-05-29T13:25:00","date_gmt":"2015-05-29T11:25:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-19\/"},"modified":"2018-04-23T15:08:02","modified_gmt":"2018-04-23T13:08:02","slug":"dans-met-die-rooirok-hoofstuk-19","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-19\/","title":{"rendered":"Dans met die rooirok: Hoofstuk 19"},"content":{"rendered":"<p><em><strong>Die erfporsie<\/strong><\/em><\/p>\n<p>Amelie kan nie tot rus kom nie. Die besoek aan Oom Boet het heelwat vrae beantwoord, maar ook \u2019n paar nuwe vrae geskep.<\/p>\n<p>Iets moes die nag met Phil se laaste besoek aan Amelia gebeur het. Dit maak vir haar net nie sin dat Amelia nie met Phil se vertrek kon aanvoel iets vreeslik gaan gebeur nie.<\/p>\n<p>Daar is \u2019n krat dokumente in die stoorkamer wat Amelie nog nie deurgegaan het nie. Sy het al bolangs daarin geloer en weet dit bevat van die mees onlangse dokumente voor Amelia se dood.<\/p>\n<p>Die seuns help Amelie om die krat tot in die kombuis te sleep. Dan begin sy die dokumente uitpak.<\/p>\n<p>Daar is heelwat kwitansies en amptelike briewe van die Marceaux-familie-trust en dit is duidelik Amelia se ma, Agnes, het selfs na haar dood vir haar dogter gesorg.<\/p>\n<p>Latere dokumente van die trust laat Amelie regop sit. Daar is duidelike verwysings na Alett se erfporsie indien Amelia tot sterwe sou kom. Dit stipuleer dat indien Alett self tot sterwe kom, haar boedelbegunstigdes di\u00e9 deel van die erfporsie moet kry. En ook die helfte van Le Crotoy!<\/p>\n<p>So ver Amelie weet, het haar ouma geen ruim erfporsie in haar leeftyd ontvang nie. Sy het nederig geleef. Haar tante het beslis ook nie van die erfporsie melding gemaak nie. Haar ouma sou nie so nederig geleef het as die helfte van een van Frankryk se welvarendste wynplase aan haar behoort het nie.<\/p>\n<p>Dit laat \u2019n effense wrang smaak in Amelie se mond. Haar ouma het die bloed van twee skatryk families in haar are gehad, di\u00e9 van die Marceaux\u2019s en di\u00e9 van die Groenewalds. Die ironie is sy het tot haar sterfbed \u2019n eenvoudige bestaan gevoer en nooit die voordeel van een van die rykdomme gehad nie.<\/p>\n<p>Sy neem haar voor om te baklei vir haar ouma se regmatige deel van ten minste die Marceaux-fortuin. Sy sal iets waardevol daarmee doen tot haar ouma se nagedagtenis.<\/p>\n<p>Skielik verstaan sy haar ouma se betrokkenheid by \u2019n tehuis vir ongehude moeders in Pretoria. Sy het dit waarskynlik gedoen oor haar eie ma by haar geboorte nie \u2019n keuse gehad het as om haar te laat aanneem nie. As sy haar ouma se erfporsie kry, sal sy sorg dat di\u00e9 tehuis daarvan kry.<\/p>\n<p>Dit is vir haar vreemd dat so \u2019n groot familietrust nie die moeite gedoen het om die erfgename van die helfte van die rykdom op te spoor nie. Dit klink net nie reg nie. Daar moet iewers iets gebeur het, wat dit verhoed het. Die kans is goed dat haar ouma nooit eens van die erfporsie geweet het nie.<\/p>\n<p>Amelie se ma was Alett se enigste begunstigde en Amelie self is haar ma se enigste begunstigde. Dit gee Amelie dus die reg om aanspraak te maak op haar deel van die erfporsie!<\/p>\n<p>Sy wonder of Adrien Marceaux daarvan bewus is. As hy dieselfde afskrifte van die Trust-dokumente het, is dit waarskynlik. Hy het dalk voor haar geweet van di\u00e9 kinkel in die erfporsie. Hy het nie in een van sy e-posse daarvan melding gemaak nie.<\/p>\n<p>Amelie was onder die indruk dat Mon Abri en die meubels van die enigste bates was wat Amelia gehad het. Nou blyk dit die trustfonds wat haar sake bestuur het, het miljoene Euro\u2019s in \u2019n Franse bank, en die helfte kom haar toe!<\/p>\n<p>Sy kan nie help om nou te wonder of Adrien nie dalk bybedoelinge het met sy uitnodiging na Frankryk nie. Dit klink al meer of hy nie net aan die boek wil werk nie.<\/p>\n<p>Adrien het hom volgens Hannes nie juis aan Mon Abri gesteur nie en geen wonder nie, dit is net \u2019n druppel in die emmer vergeleke met die miljoene in die trust wat hy van sy tante erf.<\/p>\n<p>Het sy belangstelling in Mon Abri eers opgevlam toe hy besef wie dit is wat Mon Abri wil koop?\u00a0Hy moes dadelik besef het dit is iemand wat hom die helfte van sy rykdom kan laat afstaan.<\/p>\n<p>Sy is daarvan oortuig dat Adrien haar verbintenis met Amelia waarskynlik uitgerafel het voor sy dit kon doen.<\/p>\n<p>Amelie pak al die Trust-dokumente op \u2019n hopie want sy wil dit met haar prokureur bespreek voor sy Frankryk toe vlieg. Sy gaan nie toelaat dat Adrien haar uit haar deel van die boedel kul nie. Al kry sy net Mon Abri uit die boedel, sal sy tevrede wees. Dit sal haar pas as sy nie die groot verband hoef af te betaal nie.<\/p>\n<p>Haar skietgoed is gereed vir die sjarmante Fransman en sy ma, besluit sy. Al moet sy deur die nag werk, sy gaan so veel van Amelia se dokumente deurwerk wat sy kan.<\/p>\n<p>Sy kry \u2019n paar briewe van Amelia aan haar suster Arianne wat aandui dat die twee susters se verhouding nie altyd wonderlik was nie. In van die briewe klink Arianne bitter oor Amelia die oorsaak was dat hulle ouers se verhouding verbrokkel het. In van die briewe maak Arianne melding van Adrien wat die enigste hoop is om die Marceaux-naam voort te dra. Sy noem nie Adrien se pa nie en dit bly vir Amelie vreemd dat Adrien se van Marceaux is en hy nie sy biologiese pa se van dra nie.<\/p>\n<p>Arianne speel duidelik \u2019n manipulerende speletjie met haar suster en dit is duidelik dat die groot Marceaux trust die spil is waarom die meeste briewe wentel. Dit is moeilik om Amelia se kant van die saak te peil, maar Amelie kan aflei dat haar voorsaat nie eintlik erg aan die Europese geld gehad het nie. Mon Abri was haar koninkryk en in van die briewe maak Arianne melding dat dit vir Adrien moeilik sal wees om die huis na Amelia se dood in stand te hou. Dit klink of Amelia nie wou gehad het haar huis moet verkoop word nie. Die enigste rede waaraan Amelie kan dink, is dat Amelia Mon Abri op Sederfontein na haar dood in stand wou hou om die gemeenskap en die Groenewalds te herinner dat hulle haar nooit kon breek nie.<\/p>\n<p>Amelie kry koue rillings as sy dink hoe Amelia in \u2019n bisarre sameloop van omstandighede tog haar sin gekry het. Mon Abri is besig om te herstel na sy volle vorige glorie en dit is inderdaad \u2019n steen des aanstoots vir die Groenewalds en die gemeenskap.<\/p>\n<p>Al is Amelie nie \u2019n bygelowige mens nie, voel dit vir haar effe ontstellend dat \u2019n bonatuurlike aantrekkingskrag haar na Mon Abri en Sederfontein gelok het na haar lewe in die stad verkrummel het.<\/p>\n<p>Sy is daarvan oortuig dat Hannes nie geweet het van Mon Abri se verbintenis met die Marceaux trust nie. Maar iemand op Sederfontein moes Adrien waarskynlik ingelig het oor die jongste verwikkelinge by Mon Abri. Maar wie? Haar e-posse aan Adrien het nie in diep detail ingegaan oor haar bloedlyn-verbintenis met Amelia nie. Noudat sy weer Adrien se e-posse lees, weet sy sy is waarskynlik reg dat hy reeds op sy manier die legkaartstukke ingepas het en dat dit moontlik vir hom rooi ligte laat flikker het dat hy \u2019n deel van sy erfporsie sal moet afstaan aan Amelia se nasaat in Suid-Afrika.<\/p>\n<p>Die krat bevat \u2019n foto-album met moderner foto\u2019s van Adrien en Arianne. Dit klink of Amelia nie eens na haar pa se dood weer na Frankryk teruggekeer het nie. Vandat haar pa haar as swanger jong meisie op die skip gesit het, het sy nooit weer na haar vaderland teruggekeer nie. Sy het verkies om as verstoteling op \u2019n dorp te bly waar sy moes aanskou hoe haar geliefde \u2019n lewe met \u2019n ander vrou deel.<\/p>\n<p>Amelie kry haar voorsaat jammer. Sy moes baie bitter gevoel het omdat sy uit haar land verban is. Daar is \u2019n kort briefie in haar handskrif langs foto\u2019s van Adrien in die kelders op haar geboorteplaas.<\/p>\n<p>Amelia skryf oor haar verlange na Le Crotoy: \u201cJare se trane het in die wynvate agtergebly en gee die wyn \u2019n bittersoet aroma op die tong. \u2019n Ondertoon wat geslagte lank daar sal bly. Wynvate onthou. My naam is op die vate ingekerf. Ek sal altyd in daardie kelders wees. Altyd. Duisende myle daarvandaan skink ek die wyn in my glas. Ek lig my glas in die Vrystaatse son en ek kyk. Ek sien Le Crotoy in die wasigheid aan die ander kant.\u201d<\/p>\n<p>Op die foto\u2019s kan Amelie sien hoe Adrien die middelpunt van sy ma se w\u00eareld is. Sy is op die meeste foto\u2019s saam met haar seun. Dit is opvallend dat hy geen familietrek van sy ma het nie.\u00a0Hy is donker, lank en het \u2019n soel vel. Waarskynlik die gelaatstrekke van sy biologiese pa.<\/p>\n<p>Na \u2019n lang soektog vind Amelie uiteindelik \u2019n brief waarin Arianne melding maak van Phil. Sy smeek haar suster om terug te keer. Die brief is na Phil se dood geskryf:<\/p>\n<p>\u201cDaar is niks meer wat jou daar hou nie. Hoekom bly klou aan \u2019n droom wat nooit waar kon word nie? Hy was jou nooit werd nie. Wat het hy vir jou opgeoffer? Jy het alles vir hom gelos. Jou familie is deur hom in twee geskeur. Mamma se trane het soos \u2019n waterval deur daardie skeur gestort. Wanneer gaan dit vir jou genoeg wees? Hy het gekry wat hy verdien het. Vergewe my, maar hy het die dood verdien. Maak jou nou los van daardie ellendige plek. Ek kan nie begryp waarom jy nog in daardie huis wil bly nie. Mon Abri is nie jou koesterplek nie, my suster. Dit is \u2019n monument van jou liefde vir \u2019n man wat dit nie werd is nie.\u201d<\/p>\n<p>Die brief moes Amelia ontstel het. Dit is eers opgefrommel en daarna weer uitgestryk.<\/p>\n<p>In \u2019n bruin koevert kry Amelia nog \u2019n verwysing na Phil. Daar is \u2019n paar knipsels van koerantberigte na sy dood en ook \u2019n begrafnisbrief. Sou Amelia dit gewaag het om na die begrafnis te gaan? Daar is foto\u2019s van die krans waar Phil afgestort het. Agterop die een foto staan. \u201cWaar ek jou die laaste keer kon groet\u201d. Wat sou Amelia daarmee bedoel het? Het sy met haar besoek aan die krans van Phil gaan afskeid neem?<\/p>\n<p>Daar is \u2019n knaende gedagte wat Amelie probeer dood druk, maar wat heeltyd opborrel: Was Amelia daardie verskriklike aand saam met Phil by die krans?<\/p>\n<p><a id=\"75&amp;h=Verhale&quot;&quot;\" target=\"\"><\/a> *Lees hoofstuk 1-18 hier<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die erfporsie Amelie kan nie tot rus kom nie. Die besoek aan Oom Boet het heelwat vrae beantwoord, maar ook \u2019n paar nuwe vrae geskep. Iets moes die nag met Phil se laaste besoek aan Amelia gebeur het. Dit maak [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":14241,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[43452],"tags":[1471,1628,2288],"class_list":["post-7650","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-lees","tag-kortverhale","tag-dans-met-die-rooirok","tag-hoofstuk"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Dans met die rooirok: Hoofstuk 19 | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-19\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Dans met die rooirok: Hoofstuk 19 | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die erfporsie Amelie kan nie tot rus kom nie. Die besoek aan Oom Boet het heelwat vrae beantwoord, maar ook \u2019n paar nuwe vrae geskep. Iets moes die nag met Phil se laaste besoek aan Amelia gebeur het. Dit maak [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-19\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2015-05-29T11:25:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2018-04-23T13:08:02+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra2015529132556.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"640\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"613\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"9 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-19\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-19\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Dans met die rooirok: Hoofstuk 19\",\"datePublished\":\"2015-05-29T11:25:00+00:00\",\"dateModified\":\"2018-04-23T13:08:02+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-19\\\/\"},\"wordCount\":1730,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-19\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra2015529132556.jpg\",\"keywords\":[\"kortverhale\",\"dans met die rooirok\",\"hoofstuk\"],\"articleSection\":[\"Lees\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2015\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-19\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-19\\\/\",\"name\":\"Dans met die rooirok: Hoofstuk 19 | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-19\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-19\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra2015529132556.jpg\",\"datePublished\":\"2015-05-29T11:25:00+00:00\",\"dateModified\":\"2018-04-23T13:08:02+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-19\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-19\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-19\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra2015529132556.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra2015529132556.jpg\",\"width\":640,\"height\":613},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-19\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Dans met die rooirok: Hoofstuk 19\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Dans met die rooirok: Hoofstuk 19 | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-19\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Dans met die rooirok: Hoofstuk 19 | rooi rose","og_description":"Die erfporsie Amelie kan nie tot rus kom nie. Die besoek aan Oom Boet het heelwat vrae beantwoord, maar ook \u2019n paar nuwe vrae geskep. Iets moes die nag met Phil se laaste besoek aan Amelia gebeur het. Dit maak [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-19\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2015-05-29T11:25:00+00:00","article_modified_time":"2018-04-23T13:08:02+00:00","og_image":[{"width":640,"height":613,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra2015529132556.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"9 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-19\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-19\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Dans met die rooirok: Hoofstuk 19","datePublished":"2015-05-29T11:25:00+00:00","dateModified":"2018-04-23T13:08:02+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-19\/"},"wordCount":1730,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-19\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra2015529132556.jpg","keywords":["kortverhale","dans met die rooirok","hoofstuk"],"articleSection":["Lees"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2015","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-19\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-19\/","name":"Dans met die rooirok: Hoofstuk 19 | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-19\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-19\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra2015529132556.jpg","datePublished":"2015-05-29T11:25:00+00:00","dateModified":"2018-04-23T13:08:02+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-19\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-19\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-19\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra2015529132556.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra2015529132556.jpg","width":640,"height":613},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-19\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Dans met die rooirok: Hoofstuk 19"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7650","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=7650"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7650\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/14241"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=7650"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=7650"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=7650"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}