{"id":7629,"date":"2023-04-24T11:05:00","date_gmt":"2023-04-24T09:05:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/fibromialgie-die-pyn-wat-nooit-ophou-nie\/"},"modified":"2023-04-24T11:44:10","modified_gmt":"2023-04-24T09:44:10","slug":"fibromialgie-die-pyn-wat-nooit-ophou-nie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/fibromialgie-die-pyn-wat-nooit-ophou-nie\/","title":{"rendered":"Fibromialgie: die pyn wat nooit ophou nie"},"content":{"rendered":"<p>Christelle Duminy (27) is \u2019n Randse terapeut en haar werk met breinbeseerde kinders is vir haar baie bevredigend. Selfs deur die vormlose werksweetpak val haar brose soort skoonheid op. Sy\u2019s een van daardie engele des ligs: mense wat die w\u00eareld \u2019n beter plek maak\u00a0met hul inspirerende optimisme sodat almal harder probeer en makliker moed hou.<\/p>\n<p>Sy praat eers ligweg oor <strong>fibromialgie<\/strong>, bo-oor hoe dit h\u00e1\u00e1r raak. Sy vertel niemand weet wat dit veroorsaak nie; daar is nie medisyne of genesing daarvoor nie; lyers ervaar die moegheid en pyn as die ergste; jy raak dit maar lateraan gewoond; so kyk sy nou \u2019n DVD tuis, want dit raak te pynlik om \u2019n fliek in die teater deur te sit; ja, sy het maniere gevind om met fibromialgie saam te leef; eintlik is sy oukei.<\/p>\n<p>Maar n\u00e1 \u2019n rukkie laat sy di\u00e9 skans sak. \u201cEk is maar net sewe en twintig! So iets moes nie nou al met my gebeur het nie. Ek het altyd gedroom om my eie huis te h\u00ea. En van kinders. Maar nou is dit so \u2019n stryd om\u00a0net na myself om te sien &#8211; ek k\u00e1n nie. Wat nog te s\u00ea van \u2019n hele huishouding? Dit voel vir my daardie drome kan nie meer vir my\u00a0waar word nie, want ek is nie daartoe in staat nie. En dis nie my skuld nie &#8211; ek het niks gedoen om dit te verdien nie.\u201d<\/p>\n<p>Jy voel die kern van die swaar rondom di\u00e9 siekte: dat dit mense klein en arm aan die lewe self maak. Dit stroop hulle van hul krag, van hul vermo\u00ebns en uiteindelik van\u00a0hul drome. Dit reduseer \u2019n vervullende, vol lewe &#8211; waarin vrylik gegee is, met oorgawe gedoen is en sonder voorbehoud deelgeneem is &#8211; na een van pynlike, blote oorlewing. Di\u00e9 verliese is emosioneel pynlik, selfs erger as die fisieke lyding. Vier jaar gelede het Christelle nog graag gaan dans.<\/p>\n<p>\u201cLangarm \u2026 dit was al wat ek geken het! Maar ek kan net nie meer nie. My spiere is te tam en seer. Op \u2019n slegte dag is \u00e9nige vorm van aanraking seer &#8211; ek wil deur die dak spring van pyn as iemand net aan my raak. Op sulke dae is drukkies \u2019n foltering. Ek sien nie eens kans vir fliek nie. Ek het nie die krag om aan te trek, hare te was en vir twee, drie uur te sit nie. My lyf word naderhand so seer dat ek net wil huis\u00a0toe gaan om te gaan l\u00ea. \u201cEk kan ook nie meer sommer net saam met my vriendekring gaan uiteet en soos tevore enigiets bestel nie. Pizza en als met meel en gis gee my binne twintig minute ongelooflike krampe.<\/p>\n<p>\u201cJou lewensgehalte verander ingrypend. As jy so moeg is, bly min dinge oor. Mense verstaan dit nie eintlik nie. Vir hulle lyk jy\u00a0nie siek nie, en as jy s\u00ea jy is moeg reken hulle hulle is \u00f3\u00f3k aan die einde van die dag moeg en h\u00falle sien kans daarvoor \u2013 wat is dit dan nou met j\u00f3\u00fa.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Hoe het sy siek geraak?<\/h4>\n<p>Christelle s\u00ea sy het in April 2005 griep gehad &#8211; altans dit was wat sy gedink het omdat haar lyf seer was. Sy het beter geraak, maar die pyne in haar gewrigte en veral in haar werwelkolom het gebly. En sy het ongelooflik sleg begin slaap.<\/p>\n<p>\u201cEk het maklik aan die slaap geraak, maar was kort-kort wakker. Dit was asof ek nie my l\u00ea kon kry nie \u2013 op geen manier kon my liggaam gemaklik raak en ontspan nie. Ek was gevolglik ontsettend moeg.<\/p>\n<p>\u201cDanksy my agtergrond in gesondheid het ek fibromialgie begin vermoed, maar jy ontken mos liewer as om te erken. Ek het nog drie maande gewag voor ek na \u2019n rumatoloog is &#8211; wat my ergste vrese bevestig het.\u201d<\/p>\n<p>En toe begin die lang pad na aanvaarbare\u00a0gesondheid.<\/p>\n<p>\u201cEk het als probeer. Genade, die lysie is lank. Van energiedrankies, voedingaanvullers, \u2019n chiropraktisyn tot allerlei rate.<\/p>\n<p>\u201cIn daardie stadium het ek gehoop op \u2019n kitsantwoord \u2013 \u2019n pil of iemand wat my gesond gaan maak.<\/p>\n<p>\u201cDit het my lank geneem om te besef\u00a0niks en niemand gaan op sigself help nie. My gesondheid is in my eie hande: \u00e9k sal moet kyk wat werk en wat laat my beter voel en uitsny wat nie help nie.<\/p>\n<p>\u201cMaar ek het besef ek kan by verskillende kenners hulp kry. \u2019n Homeopaat het my geleer hoe om my prikkelbare derm onder beheer te kry; \u2019n drukpuntpraktisyn help ontsettend baie vir my rugpyn; met <em>Walk for Life<\/em> kry ek die nodige oefening. As daar ander simptome opduik, gaan ek dokter toe. Ek werk soveel ek kan en ek hou my\u00a0kop positief deur op gesonde, lekker dinge te fokus.<\/p>\n<p>\u201cNiks werk alleen nie, maar saam gee alles vir my \u2019n aanvaarbare lewensgehalte. Ek aanvaar die nuwe lewe nog nie regtig nie, maar ek is op een of ander pad met myself. Ek is dankbaar dat ek kon bly werk &#8211; en selfs sosiaal bly. Ek was Vrydag Nuweland toe en dit was \u2019n fees!&#8221;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Fibromialgie: die feite<\/h4>\n<p>\u2022<strong> Ipekonders of \u2019n modekwaal?<\/strong> Nee, fibromialgie is \u2019n erkende siekte en die algemeenste oorsaak van langtermyn- wydverspreide <strong>chroniese spierpyn<\/strong>. Opvallend baie lyers is toppresteerders wat hulle tot die uiterste druk.<\/p>\n<p>\u2022<strong> Daar is nie toetse vir fibromialgie nie.<\/strong> Die siekte word gediagnoseer as dit vir jou pynlik is as daar op minstens elf van sestien spesifieke punte gedruk word (kyk op die skets), tesame met \u2019n groep simptome.<\/p>\n<p>\u2022 Die <strong>3 prominentste bykomende simptome<\/strong> waaroor lyers kla, is <strong>pyn<\/strong> (by party redelik lig, by ander intens), dat hulle ontsettend <strong>sleg slaap<\/strong> en oorweldigende <strong>moegheid<\/strong>. Talle kla ook van hoofpyn, prikkelbare dermsindroom, nuwe kossensitiwiteite, verswakte konsentrasie, vergeetagtigheid en die onvermo\u00eb om woorde te kry en vloeiend te praat.<\/p>\n<p>\u2022<strong> Die oorsaak bly onbekend.<\/strong> Die meeste lyers koppel dit aan \u2019n voorval soos \u2019n slegte griep, of \u2019n stresvolle ervaring soos \u2019n motorongeluk. Vermoedelik is daar \u2019n genetiese band wat deur die soort omgewingsfaktore \u201caangeskakel\u201d word. Hoe ook al lyk dit of die liggaam\u00a0na sensitisering sensasies verkeerd lees en\/of verwerk sodat lyers hulle hiper-intens ervaar. Normale pyn word dus in die oortreffende trap ervaar.<\/p>\n<p>\u2022<strong> Die eerste stap na herstel is \u2019n akkurate diagnose<\/strong>, s\u00ea prof. Helgard Meyer, dosent in huisartskunde aan die Universiteit van Pretoria. Begin by jou huisdokter &#8211; of soek rond tot jy \u2019n algemene praktisyn kry wat spesifiek in fibromialgie belang stel. Hy sal ander siektes uitskakel\u00a0en\/of jou na \u2019n rumatoloog verwys. Vir die langtermynbestuur is \u2019n algemene praktisyn jou beste vennoot.<\/p>\n<p>\u2022<strong> Daar is g\u00e9\u00e9n wonderkure nie<\/strong>, die aansprake ten spyt. Sommige medisyne werk vir sommige mense. Toets dit met \u2019n oop gemoed \u2013 en as dit nie binne \u2019n redelike tyd help nie, gesels weer met jou dokter.<\/p>\n<p>\u2022<strong> Min lyers raak beter as hulle nie ook hul lewenstyl aanpas nie<\/strong>. Jy m\u00f3\u00e9t oefen, reg slaap en jou eetgewoontes by jou liggaam aanpas. \u201cOefening\u201d beteken nie jy moet nou \u2019n marathonatleet word nie. Lyers vind die meeste baat by ligte lae-impakoefening soos tien tot twintig\u00a0minute se stap. Kos wat spesifiek irriteer, moet uitgesny word, asook kafe\u00efen. (Oppas vir kombinasiepynpille omdat baie kafe\u00efen bevat.)<\/p>\n<p>\u2022<strong> \u2019n Vaste slaaproetine is \u2019n m\u00f3\u00e9t.<\/strong> Gaan slaap op \u2019n vaste tyd, slaap soveel ure as wat jy nodig het om uitgerus op te staan, en nie baie meer of baie minder nie en moenie deur die dag \u2019n uiltjie knip nie. Slaappille word soms vir \u2019n paar weke aanbeveel, maar baie selde vir langer.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Christelle se strategie\u00eb<\/h4>\n<p>Ek het geleer niks gaan my genees nie &#8211; fibromialgie is met my, lewenslank. Ek aanvaar dit swaar maar daar is dinge wat help, soos:<\/p>\n<p>\u2022 \u2019n <strong>ondersteuningstelsel<\/strong>. Jy het mense nodig wat verstaan en instaan\u00a0as jy \u2019n slegte dag het en nie by alles uitkom nie.<\/p>\n<p>\u2022<strong> Luister <\/strong>na j\u00f3\u00fa liggaam. Vir my is brood gelyk aan pyn. Dus weet ek my\u00a0liggaam wil dit nie h\u00ea nie. Ek fokus liewer op goed wat vir my werk, soos die drukpunttegniek en Walk for Life. Maar mense verskil en elkeen van ons moet ons eie resep kry.<\/p>\n<p>\u2022 Kry <strong>balans<\/strong>. Ek weet nou dis belangrik om nie jouself te druk en net\u00a0te werk of net te rus nie. Jy moet werk, slaap, oefening en ontspanning\u00a0balanseer.<\/p>\n<p>\u2022 Hou jou binnegesprek <strong>positief<\/strong>. My onvermo\u00ebns knou my selfbeeld nogal &#8211; ek kon altyd so baie doen. Ek werk daaraan deur \u2019n lys van my take te maak en hulle af te tik soos ek hulle voltooi sodat ek sien ek vorder t\u00f3g.<\/p>\n<p>\u2022 Kry <strong>praktiese hulp<\/strong>. As jy met \u2019n taak sukkel, vra \u2019n arbeids- of fisioterapeut watter oulike patente daarmee kan help. Ek het byvoorbeeld \u2019n polsspalk aangeskaf omdat my polse vermoeid raak as ek bestuur.<\/p>\n<p>\u2022<strong> Maak staat op God.<\/strong> Dis eintlik eerste op my lys. As ek snags van\u00a0pyn wakker l\u00ea, kan ek nie my huismense uit die slaap hou nie, maar ek\u00a0kan met God praat. Hy troos my ontsettend baie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Lees ook:\u00a0<\/strong><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/verlig-aambeie-op-die-natuurlike-manier\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Verlig aambeie op die natuurlike manier<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Fibromialgie is \u2019n erkende siekte en die algemeenste oorsaak van langtermyn- wydverspreide chroniese spierpyn. Lees meer hier en leer van die feite. Foto Pixabay<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":136997,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[2949,667],"tags":[5555,5562,5710,5711,23664,23685,200,2160],"class_list":["post-7629","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-leef-gesond","category-gesondheid","tag-gesonde-leefstyl","tag-slaapprobleme","tag-spierpyn","tag-spiere","tag-health","tag-exercise","tag-siekte","tag-oefening"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Fibromialgie: die pyn wat nooit ophou nie<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Fibromialgie is \u2019n erkende siekte en die algemeenste oorsaak van langtermyn- wydverspreide chroniese spierpyn. Lees meer hier en leer van die feite.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/fibromialgie-die-pyn-wat-nooit-ophou-nie\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Fibromialgie: die pyn wat nooit ophou nie\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Fibromialgie is \u2019n erkende siekte en die algemeenste oorsaak van langtermyn- wydverspreide chroniese spierpyn. Lees meer hier en leer van die feite.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/fibromialgie-die-pyn-wat-nooit-ophou-nie\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2023-04-24T09:05:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2023-04-24T09:44:10+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/04\/kinga-howard-kqDEH7M2tGk-unsplash.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1920\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1371\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"8 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/fibromialgie-die-pyn-wat-nooit-ophou-nie\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/fibromialgie-die-pyn-wat-nooit-ophou-nie\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Fibromialgie: die pyn wat nooit ophou nie\",\"datePublished\":\"2023-04-24T09:05:00+00:00\",\"dateModified\":\"2023-04-24T09:44:10+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/fibromialgie-die-pyn-wat-nooit-ophou-nie\\\/\"},\"wordCount\":1519,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/fibromialgie-die-pyn-wat-nooit-ophou-nie\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/04\\\/kinga-howard-kqDEH7M2tGk-unsplash.jpg\",\"keywords\":[\"gesonde leefstyl\",\"slaapprobleme\",\"spierpyn\",\"spiere\",\"health\",\"exercise\",\"siekte\",\"Oefening\"],\"articleSection\":[\"Leef gesond\",\"Gesondheid\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2023\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/fibromialgie-die-pyn-wat-nooit-ophou-nie\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/fibromialgie-die-pyn-wat-nooit-ophou-nie\\\/\",\"name\":\"Fibromialgie: die pyn wat nooit ophou nie\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/fibromialgie-die-pyn-wat-nooit-ophou-nie\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/fibromialgie-die-pyn-wat-nooit-ophou-nie\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/04\\\/kinga-howard-kqDEH7M2tGk-unsplash.jpg\",\"datePublished\":\"2023-04-24T09:05:00+00:00\",\"dateModified\":\"2023-04-24T09:44:10+00:00\",\"description\":\"Fibromialgie is \u2019n erkende siekte en die algemeenste oorsaak van langtermyn- wydverspreide chroniese spierpyn. Lees meer hier en leer van die feite.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/fibromialgie-die-pyn-wat-nooit-ophou-nie\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/fibromialgie-die-pyn-wat-nooit-ophou-nie\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/fibromialgie-die-pyn-wat-nooit-ophou-nie\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/04\\\/kinga-howard-kqDEH7M2tGk-unsplash.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/04\\\/kinga-howard-kqDEH7M2tGk-unsplash.jpg\",\"width\":1920,\"height\":1371},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/fibromialgie-die-pyn-wat-nooit-ophou-nie\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Fibromialgie: die pyn wat nooit ophou nie\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Fibromialgie: die pyn wat nooit ophou nie","description":"Fibromialgie is \u2019n erkende siekte en die algemeenste oorsaak van langtermyn- wydverspreide chroniese spierpyn. Lees meer hier en leer van die feite.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/fibromialgie-die-pyn-wat-nooit-ophou-nie\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Fibromialgie: die pyn wat nooit ophou nie","og_description":"Fibromialgie is \u2019n erkende siekte en die algemeenste oorsaak van langtermyn- wydverspreide chroniese spierpyn. Lees meer hier en leer van die feite.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/fibromialgie-die-pyn-wat-nooit-ophou-nie\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2023-04-24T09:05:00+00:00","article_modified_time":"2023-04-24T09:44:10+00:00","og_image":[{"width":1920,"height":1371,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/04\/kinga-howard-kqDEH7M2tGk-unsplash.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"8 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/fibromialgie-die-pyn-wat-nooit-ophou-nie\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/fibromialgie-die-pyn-wat-nooit-ophou-nie\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Fibromialgie: die pyn wat nooit ophou nie","datePublished":"2023-04-24T09:05:00+00:00","dateModified":"2023-04-24T09:44:10+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/fibromialgie-die-pyn-wat-nooit-ophou-nie\/"},"wordCount":1519,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/fibromialgie-die-pyn-wat-nooit-ophou-nie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/04\/kinga-howard-kqDEH7M2tGk-unsplash.jpg","keywords":["gesonde leefstyl","slaapprobleme","spierpyn","spiere","health","exercise","siekte","Oefening"],"articleSection":["Leef gesond","Gesondheid"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2023","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/fibromialgie-die-pyn-wat-nooit-ophou-nie\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/fibromialgie-die-pyn-wat-nooit-ophou-nie\/","name":"Fibromialgie: die pyn wat nooit ophou nie","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/fibromialgie-die-pyn-wat-nooit-ophou-nie\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/fibromialgie-die-pyn-wat-nooit-ophou-nie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/04\/kinga-howard-kqDEH7M2tGk-unsplash.jpg","datePublished":"2023-04-24T09:05:00+00:00","dateModified":"2023-04-24T09:44:10+00:00","description":"Fibromialgie is \u2019n erkende siekte en die algemeenste oorsaak van langtermyn- wydverspreide chroniese spierpyn. Lees meer hier en leer van die feite.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/fibromialgie-die-pyn-wat-nooit-ophou-nie\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/fibromialgie-die-pyn-wat-nooit-ophou-nie\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/fibromialgie-die-pyn-wat-nooit-ophou-nie\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/04\/kinga-howard-kqDEH7M2tGk-unsplash.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/04\/kinga-howard-kqDEH7M2tGk-unsplash.jpg","width":1920,"height":1371},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/fibromialgie-die-pyn-wat-nooit-ophou-nie\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Fibromialgie: die pyn wat nooit ophou nie"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7629","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=7629"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7629\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/136997"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=7629"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=7629"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=7629"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}