{"id":7607,"date":"2015-05-11T09:47:00","date_gmt":"2015-05-11T07:47:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-16\/"},"modified":"2018-04-10T09:38:34","modified_gmt":"2018-04-10T07:38:34","slug":"dans-met-die-rooirok-hoofstuk-16","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-16\/","title":{"rendered":"Dans met die rooirok: Hoofstuk 16"},"content":{"rendered":"<p><em><strong>Die Briewe\u00a0<\/strong><\/em><\/p>\n<p>Amelie maak die strik om die bondeltjie verweerde briewe versigtig los asof sy met \u2019nn heilige taak besig is. Die tyd voel uiteindelik reg om dit te lees. Sy wil so veel moontlik agtergrond h\u00ea voor sy Frankryk toe vertrek.<\/p>\n<p>Daar is \u2019n opgewonde roering in haar oor die besoek. Sy kan nie wag om die huis te sien waar Amelia grootgeword het nie. Sy wil in die wingerde gaan stap waar sy as kind gespeel het en wyn uit die nou al bekende blou bottels proe. Dan wil sy beslis ook by Delville Bos gaan stap waar Phil en Amelia se storie begin het.<\/p>\n<p>Sy staal haar nou al om met Adrien Marceaux oor die weg te kom. Iets aan sy gedrag laat haar net vermoed dat hulle koppe gaan stamp en dat hy arrogant is.<\/p>\n<p>Hy is smeulend aantreklik op sy foto, beken sy aan haarself, maar dit is \u2019n bonus dat die man saam met wie sy moontlik aan die boek gaan werk, sag op die oog is.<\/p>\n<p>Al roer die Fransman haar hormone so effe, is sy filmster-voorkoms op die oomblik die laaste ding waaraan sy haar gaan steur. Sy is van plan om haar besoek aan die Marceaux- wynlandgoed \u2019n sakebesoek te hou. Sy wil die situasie in Frankryk deeglik opsom voor sy instem om saam met Adrien te werk.<\/p>\n<p>Na die vernederende ervaring met Phillip het sy haarself deeglik vermaan om nie weer so maklik te val vir enige aantreklike man wat aan haar aandag gee nie. Sy verstom haar dat sy so buite haar aard in \u2019nn man se arms geval het, maar haar opleeswerk op Google toon daar is \u2019n verduideliking wat haar optrede verskoon. Volgens sommige kenners beland so baie mense na \u2019n egskeiding halsoorkop in verkeerde verhoudings omdat hulle smag na \u2019n nuwe liefde of aanvaarding en ook omdat hulle hormone inmeng met hulle redelike denke. Phillip het glo al \u2019n string gebreekte harte agter hom en hy ken waarskynlik hierdie swak plek in nuutgeskeide vroue se harte goed. Dit is hoekom hy haar so maklik in sy strik kon vang.<\/p>\n<p>Na die Phillip-fiasko kon sy nie glo toe sy haarself uitvang dat sy soos \u2019n tienermeisie na Adrien se foto staar nie. Hy is beslis die mooiste man wat sy in \u2019n lang tyd gesien het, maar sy is seker hy is deeglik van sy skoonheid bewus. Die siniese deel in haar brein lig haar in dat die foto van die mooie man waarskynlik met Photoshop gedokter is. Sy kan haar net indink hoe hy regtig lyk met neus- en oorhare en al.<\/p>\n<p>Die effense gloed wat sy foto haar gegee het, skryf sy toe aan \u2019n oomblik van swakheid.\u00a0Sekerlik die gevolge van die kort-na-die-egskeiding sindroom waarvan sy gelees het. Adrien is buitendien verlangse familie!<\/p>\n<p>Sy neem haar voor om haar weerstand teen aantreklike mans op te bou en om haar gedagtes na iets meer neutraal te verplaas.<\/p>\n<p>Haar skootrekenaar en \u2019n pot tee staan gereed vir die vertaling van die briewe.<\/p>\n<p>Die tekstuur van die skryfpapier en die netjiese skrif van die briefskrywers herinner aan \u2019n era voor rekenaars toe mense nog moeite gedoen het om netjiese briewe te skryf. Elkeen lyk mooi genoeg om te raam. N\u00earens is daar eens \u2019n inkvlekkie van \u2019n vulpen wat onhandig gehanteer is nie.<\/p>\n<p>Amelie verdeel die briewe in verskillende hopies. Een vir elke handskrif.<\/p>\n<p>Daar is een groep briewe wat vanaf Le Crotoy na die kloosterskool in Longueval gestuur is. Almal is gerig aan Pour mon bien-aim\u00e9 Amelia en is afgesluit met avec tout mon amour, Maman.<\/p>\n<p>Amelia se ma, Agnes, skryf in die meeste oor algemene goed wat op Le Crotoy gebeur en hoe die oorlog hulle raak. Amelie kan aflei dat Amelia se ouers tydens die oorlog gemeen het hulle dogter is veiliger in die klooster as by die huis. Hoewel baie katedrale en kerke onder bomme deurgeloop het, was daar tog soldate wat respek vir plekke van aanbidding gehad het.<\/p>\n<p>In \u2019n hele paar briewe vermaan Agnes Amelia oor haar rebelsheid en vra haar om tog geduldiger met die nonne te wees. Sy verseker haar dogter dat haar pa, Gerard, haar na die klooster gestuur het met die beste bedoelings.<\/p>\n<p>\u201cPappa se wense vir jou is die beste. Hy droom dat jy eendag die plaas gaan oorneem en bekend sal staan as die vrou wat die hoogste posisie in wynmakery in Frankryk bereik het. Mamma mis jou lag en ons lang wandelings in die wingerde. Ek stuur vir jou \u2019n nuwe rok van materiaal wat ek voor die oorlog in Parys gekoop het. Mamma hoop jy hou daarvan. Die plooitjies oor die korset is van die nuutste modes wat ek in Parys gesien het.\u201d<\/p>\n<p>Rondom die tyd van die slag van Delville Bos is daar minder briewe, wat te verstane is tydens \u2019n oorlog, maar die briewe is meer gelaai met emosie. Deel van die emosie spruit uit Agnes se kommer oor hulle almal se veiligheid tydens die oorlog. In \u2019n paar briewe is dit duidelik dat sy bewus is van die vriendskap en latere romanse tussen Amelia en die bloedjong Suid-Afrikaanse soldaat. Agnes vermaan haar om versigtig te wees en in een brief dreig sy om haar dogter te laat haal.<\/p>\n<p>\u201cOns is almal nou baie emosioneel met die oorlog. Wees versigtig dat jy nie hierdie emosies met liefde verwar nie. Ek kan verstaan dat jy jammer voel vir die jong man wat gewond is en so ver weg is van sy huis. Wees net versigtig my kind. \u2019n Groot liefde soos wat jy beskryf, kom net een keer in \u2019n leeftyd. Maak seker hierdie een is daardie groot liefde.\u201d<\/p>\n<p>Die ontstellendste brief is die een waar die ma al weet haar dogter is swanger.<\/p>\n<p>\u201cEk sal met Pappa hieroor moet praat voor die nonne dit uitvind en hom kontak. Is jy seker jy wil nie tog maar met een van die nonne praat nie? Hulle sal jou kan help. Verstaan jy wat Mamma bedoel? Hulle sal weet wat om te doen.\u201d<\/p>\n<p>In \u2019n volgende brief kan Amelie aflei dat Gerard van sy dogter se swangerskap weet en dat sy ast ware gevange gehou is deur die nonne tot haar pa haar kan kom haal.<\/p>\n<p>\u201cOnthou dat ek jou liefhet, my liefste Amelia. Ek weet jou pa sien geen ander uitweg nie, maar ek ken \u2019n God van liefde. Daar is vergifnis my kind. Ek huil nagte om oor jou. Jy is my kind en ek sal jou nooit verwerp nie.\u201d<\/p>\n<p>\u2019n Lang tydperk verloop voor die ma briewe aan \u2019n ander adres in die Somme-gebied stuur. Dit is waarskynlik die adres waarheen Amelia en Phil weggeloop het. Die ma klink baie onsteld en smeek haar dogter om na te dink voor sy iets onverantwoordelik aanvang.<\/p>\n<p>\u201cEk skryf in die geheim sodat Pappa nie uitvind waar jy is nie. Daar is \u2019n uitweg, my kind. Jy kan na \u2019n klooster gaan waar ongehude moeders bly. Ek smeek jou om nie jou toekoms weg te gooi nie. Jy kan nie so in sonde saam met \u2019n man leef nie. Mamma het jou oneindig lief en sal jou steun waar jy ook al is. Ek weet jy is nou bang Pappa sal jou teen jou wil kom haal, maar om saam met \u2019n vreemde jong man rond te vlug, is nie die uitweg nie.\u201d<\/p>\n<p>In nog \u2019n brief is dit duidelik Phil se pa het iemand gestuur om hom te soek en die klooster het hom na Le Crotoy gestuur. Gerard het skynbaar die man \u2019n ruim vergoeding aangebied as hy sy dogter vind.<\/p>\n<p>\u201cEk het nie gedink ek sou hierdie woorde teen jou Pappa se wil skryf nie, my kind, maar nou is my raad aan jou en Phil om te vlug. Dinge hier op Le Crotoy het in waansin verander. Ek ken jou Pappa nie meer nie. Ek handel teen my man se wil, maar God weet ek het jou lief my kind. My trane droog nie op nie, my liefste klein Amelia. Wees veilig. Wees asseblief veilig.\u201d<\/p>\n<p>Daar is \u2019n lang tydperk waarin geen briewewisseling plaasvind nie, en dan is daar \u2019n baie hartseer brief wat Agnes aan Amelia geskryf het toe sy al in Kaapstad by die Du Preez&#8217;s was.<\/p>\n<p>Amelie weet nou al haar ouma se aangenome ma sou die swanger Franse meisie met liefde ontvang het, maar sy kan haar indink hoe verstote Amelia moes gevoel het nadat haar pa haar onterf en verwerp het en haar op \u2019n skip Suid-Afrika toe gesit het.<\/p>\n<p>\u201cMy liefste Amelia. Hoe treur my hart nie oor jou nie. Dit voel of die winter vanjaar ekstra koud is. My eerste winter sonder my Amelia. Die wind huil elke nag saam met my om die huis se hoeke. Pappa praat omtrent nooit meer met my nie. Woorde het tussen ons opgedroog. Dit voel my ons dien elkeen \u2019n verskillende God. Jy moet een ding onthou, Amelia, die God wat die ware een is, Hy is \u2019n God van liefde en vergifnis. As jy hierdie brief ontvang, is die baba seker al gebore. Jy sal elke oomblik in my gebede wees. Ek weet jy is in goeie sorg en ek dank God daarvoor. Ek weet ook jy sal die regte besluit oor die baba neem. Jou baba sal goed versorg word as die Du Preez\u2019s hom aanneem. Hulle is Protestante, maar hulle glo aan dieselfde God as ek en jy. Ek weet hulle smag na \u2019n kind van hul eie. Hou moed my klein Amelia, hou vas aan die lewe.\u201d<\/p>\n<p>Daar is een brief van Agnes wat van die Kaapse adres na Sederfontein aangestuur is. Dit is twee maande na die vorige een gedateer en die verlange van die ma na haar dogter is ewe hartverskeurend.<\/p>\n<p>\u201cMy kleine Amelia, jou seer skeur elke keer deur my as ek jou laaste brief lees. Ek weet dit moes vir jou verskriklik gewees het om jou kind oor te gee. Ek is \u2019n ma en ek weet dit sou vir my ondraaglik gewees het. Byna net so ondraaglik soos dit nou vir my is om jou nie te kan bystaan in jou smart nie. Ek sou verkies het dat jy by die Du Preez\u2019s aanbly, maar ek begryp dat dit jou pynig om jou baba in \u2019n ander vrou se arms te sien. Ek hoop die nuwe dorp ontvang jou met ope arms. Ek stuur vir jou geld om \u2019n veilige huis te koop. Begin jou nuwe lewe daar, my Amelia. Ek weet nou jou liefde vir Phil is die groot liefde waarvan ek jou vertel het. Ek bid dat hy jou net so lief sal h\u00ea.&#8221;<\/p>\n<p>In die volgende klompie briewe is dit duidelik dat die verhouding tussen Agnes en Gerard onherstelbaar geskeur het. Gerard het hom skynbaar in \u2019n stil bitter w\u00eareld teruggetrek nadat hy sy dogter uit sy lewe gesny het. Hy kon blykbaar ook nie aanvaar dat sy vrou teen sy wil met Amelia kontak hou nie.<\/p>\n<p>\u201cPappa beskou my verraad as \u2019n verraad teen God. Maar al het God ons as man en vrou saamgevoeg, glo ek nie dit is sy wil dat \u2019n ma van haar kind geskei moet word nie. Dit is hoekom ek elke dag ook saam met jou huil oor jou klein Alett. Ek weet hoe dit voel om jou kind te verloor. Maar jy is elke sekonde van die dag in my hart, my klein Amelia.\u201d<\/p>\n<p>Die rou emosie van die briewe dreineer Amelie emosioneel en fisiek. Sy voel sy kan nie al die emosie in een dag verwerk nie en pak die briewe vir eers weer weg.<\/p>\n<p>Sy sit op haar bed en staar na Amelia sed beskilderde muur. Die hartverskeurende verse maak vir haar al meer sin. Soos die een van die koue noordewinde om die huis se hoeke. Sy weet nou Amelia het verwys na die winde van haar ma se hartseer.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<div>\n<p><em>Jou bries smelt die ysdruppels in soutige strome op my wange<\/em><\/p>\n<p>Om my huis se hoeke waai jou treurlied die tema van my verdriet<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<\/div>\n<div><a id=\"75&amp;h=Verhale&quot;&quot;\" target=\"\"><\/a>Lees hoofstuk 1-15 hier<\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Briewe\u00a0 Amelie maak die strik om die bondeltjie verweerde briewe versigtig los asof sy met \u2019nn heilige taak besig is. Die tyd voel uiteindelik reg om dit te lees. Sy wil so veel moontlik agtergrond h\u00ea voor sy Frankryk [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":14084,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[43452],"tags":[1628,2215],"class_list":["post-7607","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-lees","tag-dans-met-die-rooirok","tag-die-briewe"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Dans met die rooirok: Hoofstuk 16 | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-16\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Dans met die rooirok: Hoofstuk 16 | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die Briewe\u00a0 Amelie maak die strik om die bondeltjie verweerde briewe versigtig los asof sy met \u2019nn heilige taak besig is. Die tyd voel uiteindelik reg om dit te lees. Sy wil so veel moontlik agtergrond h\u00ea voor sy Frankryk [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-16\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2015-05-11T07:47:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2018-04-10T07:38:34+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201551194751.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"640\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"613\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"10 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-16\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-16\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Dans met die rooirok: Hoofstuk 16\",\"datePublished\":\"2015-05-11T07:47:00+00:00\",\"dateModified\":\"2018-04-10T07:38:34+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-16\\\/\"},\"wordCount\":2027,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-16\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra201551194751.jpg\",\"keywords\":[\"dans met die rooirok\",\"die briewe\"],\"articleSection\":[\"Lees\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2015\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-16\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-16\\\/\",\"name\":\"Dans met die rooirok: Hoofstuk 16 | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-16\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-16\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra201551194751.jpg\",\"datePublished\":\"2015-05-11T07:47:00+00:00\",\"dateModified\":\"2018-04-10T07:38:34+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-16\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-16\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-16\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra201551194751.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra201551194751.jpg\",\"width\":640,\"height\":613},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-16\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Dans met die rooirok: Hoofstuk 16\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Dans met die rooirok: Hoofstuk 16 | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-16\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Dans met die rooirok: Hoofstuk 16 | rooi rose","og_description":"Die Briewe\u00a0 Amelie maak die strik om die bondeltjie verweerde briewe versigtig los asof sy met \u2019nn heilige taak besig is. Die tyd voel uiteindelik reg om dit te lees. Sy wil so veel moontlik agtergrond h\u00ea voor sy Frankryk [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-16\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2015-05-11T07:47:00+00:00","article_modified_time":"2018-04-10T07:38:34+00:00","og_image":[{"width":640,"height":613,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201551194751.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"10 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-16\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-16\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Dans met die rooirok: Hoofstuk 16","datePublished":"2015-05-11T07:47:00+00:00","dateModified":"2018-04-10T07:38:34+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-16\/"},"wordCount":2027,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-16\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201551194751.jpg","keywords":["dans met die rooirok","die briewe"],"articleSection":["Lees"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2015","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-16\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-16\/","name":"Dans met die rooirok: Hoofstuk 16 | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-16\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-16\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201551194751.jpg","datePublished":"2015-05-11T07:47:00+00:00","dateModified":"2018-04-10T07:38:34+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-16\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-16\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-16\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201551194751.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201551194751.jpg","width":640,"height":613},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-16\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Dans met die rooirok: Hoofstuk 16"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7607","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=7607"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7607\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/14084"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=7607"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=7607"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=7607"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}