{"id":76019,"date":"2017-07-07T14:14:39","date_gmt":"2017-07-07T12:14:39","guid":{"rendered":"http:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=76019"},"modified":"2017-07-07T14:14:39","modified_gmt":"2017-07-07T12:14:39","slug":"ou-liefdes-en-die-roes","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ou-liefdes-en-die-roes\/","title":{"rendered":"Ou liefdes en die roes"},"content":{"rendered":"<p>Richard Burton en Elizabeth Taylor se smeulende verhoudings, herhaalde troues en egskeidings het altyd vir voorbladnuus gesorg. (Die knewels van diamante wat hy vir haar gegee het, ook.) Di\u00e9 akteurspaar se kaperjolle is seker die bekendste voorbeeld van mense wat nie s\u00f3nder mekaar kon nie, maar nog minder m\u00e9t mekaar kon.<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/elizabeth-taylor-en-richard-burton-se-verterende-liefde\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Lees ook: Elizabeth Taylor en Richard Burton se verterende liefde<\/a><\/p>\n<p>Maar niemand trou met die voorneme om te skei nie. Jy beplan \u2019n loopbaan of \u2019n reis. Jy studeer en word deeglik opgelei. Voor jy mag motor bestuur, gaan jy vir bestuursopleiding en oefen op veilige paaie om ongelukke te voorkom. Maar min mense berei hulle werklik voor vir \u2019n huwelik en maak seker dat hulle die verhoudingsvaardighede onder die knie kry. In elke huwelik is daar gevaartye van seerkry, swaarkry en situasies wat as verwerping ervaar word.<\/p>\n<p>Trou of skei mense te maklik of te vinnig? Trou mense wat nooit moes trou nie, of skei mense wat nooit moes skei nie? Party huwelike eindig oor probleme soos \u2019n derde persoon of geweld in die huwelik. Ander eindig oor dinge soos verlore intimiteit en kommunikasie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><em>Niemand trou met die voorneme om te skei nie<\/em><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>In \u2019n huwelik kry jy altyd meer en minder as waarvoor jy gehoop of gedroom het. Wat is jou verwagtinge? Om liefgeh\u00ea te word, of om liefde te gee? Mense glo dat hulle geluk, sin, liefde, aanvaarding, begrip, respek en intimiteit gaan kry, wat hulle nie in hulself het nie. En ironies is die sin daarvan juis in die g\u00e9\u00e9 daarvan. Maar gronde vir egskeiding gaan meestal oor wat mense ni\u00e9 kry nie. As jy nie selfliefde en aanvaarding het nie, is dit moeilik om dit vir iemand anders te gee.<\/p>\n<p>Nie trou of skei is \u2019n kitsoplossing vir enige situasie nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Die hunkering bly<\/h4>\n<p>Cleodi* s\u00ea: \u201cEk is jonk getroud en het geen idee van die huwelik gehad nie. Ek het myself nie eens geken nie en boonop met \u2019n moeilike man getrou. \u2019n Ho\u00ebrisikomens: op en af \u2013 heeltemal onvoorspelbaar en impulsief. Hy kon my nie geborge laat voel nie. Ek kon ook nie vrede maak met ons verskillende waardes nie. Maar ek wil nie h\u00ea dit moet klink of hy die oorsaak van alles was nie.<\/p>\n<p>\u201cEk dink as ons later getrou het, kon dit gewerk het; sou ons dalk ons verskille kon hanteer en mekaar meer waardeer. Ek is steeds vreeslik lief vir hom en mis hom nog. By hom het ek \u2019n baie spesiale ruimte waarin ek kan wegkruip of wegraak. Hy ken my so goed en weet presies wat ek intellektueel nodig het. Tog was hy soveel keer nie daar vir my nie. Maar hy bly vir my \u2019n geesgenoot. Hy voel ook so oor my.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><em>&#8220;Ek dink as ons later getrou het, kon dit gewerk het; sou ons dalk ons verskille kon hanteer en mekaar meer waardeer&#8221;<\/em><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>\u201cAlbei van ons ervaar \u2019n gevoel van spyt en verlies oor wat ons verloor het en kon gehad het: \u2019n huis, huislikheid en kinders. By my is daar steeds die hunkering na hom en wie ek by hom (as hy op \u2019n goeie plek is) kan wees. Dis \u2019n soort kreatiewe stimulering wat ek nie by ander kry nie en wat ek mis.<\/p>\n<p>\u201cDis nou sewe jaar n\u00e1 ons egskeiding en ons is albei steeds enkellopend en sien mekaar gereeld. Daar is steeds niemand met wie ek \u2019n inniger geestesband het nie. Hy, en ek seker ook, het talle kere probeer uitbeweeg. Hy soek die ideale, perfekte vrou wat al sy behoeftes sal vervul &#8211; iemand wat hy nooit gaan kry nie. Ons bly terugkeer na ons verhouding. Ek besef as ons nie ons geestesband gaan breek nie, daar nie ruimte vir iemand anders is nie.<\/p>\n<p>\u201cHy heroorweeg nie \u2019n huwelik nie, vanwe\u00eb sekere aannames uit ons verlede. Ons tye saam is goed, gemaklik. As hy ontsteld is, gee ek hom \u2019n veilige ruimte (wat nie myne bedreig nie), luister ek, gee hom kos en dan gaan hy huis toe. Die verhouding werk vir my, meer as vir hom. Tog bly die hunkering &#8230; \u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Gevaarlike roete<\/h4>\n<p>\u2019n Mens verbind jou op verskillende vlakke aan jou huweliksmaat: met \u2019n emosionele band van gevoelens, wat ook finansi\u00eble sekuriteit insluit, en met \u2019n fisieke, spirituele, morele en intellektuele band. Op al die vlakke moet jy aan die huwelik werk, \u00e9n laat gaan as die huwelik verby is.<\/p>\n<p>Emosies is nie die kernbestanddeel van huweliksgeborgenheid en stabiliteit nie, want emosies kom en gaan. Liefde is \u2019n keuse en \u2019n wilsbesluit &#8211; emosie is die lekker deel daarvan. Liefde se grootste vyand is verveeldheid, onverskilligheid en verlore passie, toewyding en waardering &#8211; \u2019n onvermo\u00eb om dankbaar die goeie in die verhouding te waardeer en geniet. \u2019n Fiksasie op alles wat verkeerd is, vernietig \u2019n verhouding.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><em>Liefde is \u2019n keuse en \u2019n wilsbesluit &#8211; emosie is die lekker deel daarvan<\/em><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>As gevoelens ons lewe en verhoudings beheer, is ons op \u2019n gevaarlike roete met onvoorspelbare en onhanteerbare berge en dale: uitbarstings, stilstuipe en depressies. Maar as gesonde waardes ons lewe beheer en bestuur, raak ons rustig, voorspelbaar en konsekwent betroubaar d\u00e1\u00e1r vir ons maat. Dan verloor jy jou nie in liefde nie, maar vind jou daarin.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Rondte twee<\/h4>\n<p>Janine* s\u00ea haar huwelik met Jaco* het glad nie gewerk nie. \u201cDit het gevoel of hy my emosioneel aftakel. Ons persoonlikhede en agtergronde is so verskillend. Hy is suid en ek noord \u2013 ek\u2019s \u2019n emosionele gevoelsmens, hy \u2019n realistiese denker. As ek met hom oor my behoeftes en gevoelens gepraat het, was dit vir hom Grieks. Hy het niks daarvan verstaan nie en nie geweet hoe om emosies te hanteer nie. Een keer moes ek ingaan vir \u2019n operasie, en was vrekbang. Maar hy het gim toe gegaan en was nie daar toe ek ingaan of uitkom nie.<\/p>\n<p>\u201cDit het altyd vir my gevoel hy sien neer op my omdat ek gesondheidsprobleme het. Ek het skuldig oor alles gevoel, of ek nie goed genoeg is nie. Hy is \u2019n moeilike mens wat oor alles kla. Mense beleef hom negatief, en het my nie kwalik geneem toe ek uitgetrek het nie. Maar ek was so pateties en sonder selfvertroue.<\/p>\n<p>\u201cHy het my bederf met juwele en materi\u00eble goed \u2013 \u2019n pragtige huis en meubels. Maar ek het altyd gevoel ek mis \u2019n man wat my waardeer vir wie en hoe ek is. Ek was onvergenoegd, verbitterd en alleen.<\/p>\n<p>\u201cHy het gedink ek is net emosioneel en ons huwelik is oukei. Hy was verslae en geskok dat ek dinge so intens beleef en my goed wil vat en loop. Hy het grootgeword met ouers wat mekaar sonder respek behandel en op mekaar skree. Hy het my nooit werklik gevloek of geskel nie, maar dit was tog daar in sy stilswye, koue o\u00eb en liggaamstaal.<\/p>\n<p>\u201cEk het uitgetrek. Toe kom die blomme en geskenke. Ek het gedink hy het groot genoeg geskrik en het n\u00e1 \u2019n kerkkamp verander, maar dit was nie blywend nie, en ons is geskei.<\/p>\n<p>\u201cToe trou ek met Jaco se teenpool, \u2019n intense en emosionele man. Ek het gedog ek het my geesgenoot gekry. Aanvanklik was dit wonderlik &#8211; tot hy my in \u2019n woedebui te pletter geduik het. Nou weet ek ek het te gou getrou. En ek weet ek moes nooit geskei het nie. Ek het een stel probleme vir \u2019n ander stel verruil.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><em>&#8220;Ek het uitgetrek. Toe kom die blomme en geskenke. Ek het gedink hy het groot genoeg geskrik en het n\u00e1 \u2019n kerkkamp verander, maar dit was nie blywend nie, en ons is geskei.&#8221;<\/em><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>\u201cAs Jaco die kinders kom oplaai, wou my hart breek. Ons het vir mekaar briefies in die kinders se tassies begin los. Ek het weer geskei.<\/p>\n<p>\u201cEk en Jaco is weer getroud. Ek weet nie regtig wat ek anders kon doen nie. Maar albei van ons het verander. Ek voel nie meer ek kry nie wat ek wil h\u00ea nie. Nou wil ek h\u00ea, en waardeer wat ek gekry het. Die Here het sy lewe verander. Hy het \u2019n verhouding met God, is positief en betrokke by die kerk. Ons verwagtinge van die huwelik en mekaar is anders: Ons is meer verdraagsaam, tevrede en dankbaar, sal meer dinge oorsien. Ons gee meer ruimte vir mekaar om onsself te wees. Op materi\u00eble vlak het ons baie verloor, maar in mekaar gekry wat geld nie kan koop of jy in boeke kan leer nie.<\/p>\n<p>\u201cTog is daar nog tye wat die ou patrone en seer weer deurslaan. Dan fokus ek maar daarop om hom soos \u2019n koning te behandel, want dan maak hy my sy koningin.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Verkeerde redes<\/h4>\n<p>Mense trou of herenig dikwels te gou en om die verkeerde redes, soos om gods-dienstige redes of vanwe\u00eb skuldgevoelens. Hulle voel hulle het gesondig en trou dan sonder om die verhoudingsprobleme op te los. Of hulle trou omdat hulle skuldig voel oor die kinders, verlange en alleenheid. \u2019n Behoefte aan geborgenheid laat mense vinnig vergeet waarom hulle geskei het. As daar nie werklik verandering en groei was nie, stamp mense maklik hul koppe teen dieselfde klip en kom hulle in \u2019n volgende verhouding gou weer op dieselfde punt. Beloftes van verandering is nie genoeg nie.<\/p>\n<p>Die meeste hertroues sneuwel oor dieselfde redes as wat die eerste huwelik gesneuwel het.<\/p>\n<p>Goethe, die Duitse digter\/dramaturg het ges\u00ea: \u201cOns mag nooit die dinge wat werklik saak maak, uitlewer aan die genade van dit wat nie belangrik is nie.\u201d Dit is belangrik waarin jy jou tyd, energie, fokus, passie, gedagtes, geld en emosies bel\u00ea, want dis wat groei en wat jy kry. Verande-ring en groei in verhoudings is altyd moontlik, maar dit gebeur net as jy jou persepsies en gewoontes verander. As jy nie deel van die oplossing is nie, is jy moontlik deel van die probleem. Egskeiding behoort die laaste uitweg te wees, n\u00e1 alles reeds probeer is.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><em>Die meeste hertroues sneuwel oor dieselfde redes as wat die eerste huwelik gesneuwel het<\/em><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>*Skuilname is gebruik en verhale is met betrokkenes se goedkeuring vertel.<br \/>\nAnys Rossouw is \u2019n sielkundige.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Soveel mense skei, maar kan mekaar nie los nie. Hulle kan nie met mekaar leef nie, maar ook nie sonder mekaar nie. Maar dikwels duur die onmin n\u00e1 \u2019n egskeiding voort en word die ou probleme net buite die huwelik voortgesit. Hoe gemaak? Deur Anys Rossouw. Foto Pixabay<\/p>\n","protected":false},"author":8,"featured_media":76022,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[651,662],"tags":[825,832,2053,23443],"class_list":["post-76019","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-verhoudings","category-jou-lewe","tag-liefde","tag-egskeiding","tag-huwelik","tag-relationships"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Ou liefdes en die roes | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ou-liefdes-en-die-roes\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Ou liefdes en die roes | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Soveel mense skei, maar kan mekaar nie los nie. Hulle kan nie met mekaar leef nie, maar ook nie sonder mekaar nie. Maar dikwels duur die onmin n\u00e1 \u2019n egskeiding voort en word die ou probleme net buite die huwelik voortgesit. Hoe gemaak? Deur Anys Rossouw. Foto Pixabay\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ou-liefdes-en-die-roes\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2017-07-07T12:14:39+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/07\/Huwelik.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1000\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"665\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"8 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ou-liefdes-en-die-roes\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ou-liefdes-en-die-roes\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Michelle Nortje\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\"},\"headline\":\"Ou liefdes en die roes\",\"datePublished\":\"2017-07-07T12:14:39+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ou-liefdes-en-die-roes\\\/\"},\"wordCount\":1698,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ou-liefdes-en-die-roes\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/07\\\/Huwelik.jpg\",\"keywords\":[\"Liefde\",\"egskeiding\",\"huwelik\",\"relationships\"],\"articleSection\":[\"Verhoudings\",\"Jou lewe\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2017\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ou-liefdes-en-die-roes\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ou-liefdes-en-die-roes\\\/\",\"name\":\"Ou liefdes en die roes | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ou-liefdes-en-die-roes\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ou-liefdes-en-die-roes\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/07\\\/Huwelik.jpg\",\"datePublished\":\"2017-07-07T12:14:39+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ou-liefdes-en-die-roes\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ou-liefdes-en-die-roes\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ou-liefdes-en-die-roes\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/07\\\/Huwelik.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/07\\\/Huwelik.jpg\",\"width\":1000,\"height\":665,\"caption\":\"Foto: Pixabay\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ou-liefdes-en-die-roes\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Ou liefdes en die roes\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\",\"name\":\"Michelle Nortje\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Michelle Nortje\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Ou liefdes en die roes | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ou-liefdes-en-die-roes\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Ou liefdes en die roes | rooi rose","og_description":"Soveel mense skei, maar kan mekaar nie los nie. Hulle kan nie met mekaar leef nie, maar ook nie sonder mekaar nie. Maar dikwels duur die onmin n\u00e1 \u2019n egskeiding voort en word die ou probleme net buite die huwelik voortgesit. Hoe gemaak? Deur Anys Rossouw. Foto Pixabay","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ou-liefdes-en-die-roes\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2017-07-07T12:14:39+00:00","og_image":[{"width":1000,"height":665,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/07\/Huwelik.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Michelle Nortje","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Michelle Nortje","Est. reading time":"8 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ou-liefdes-en-die-roes\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ou-liefdes-en-die-roes\/"},"author":{"name":"Michelle Nortje","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd"},"headline":"Ou liefdes en die roes","datePublished":"2017-07-07T12:14:39+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ou-liefdes-en-die-roes\/"},"wordCount":1698,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ou-liefdes-en-die-roes\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/07\/Huwelik.jpg","keywords":["Liefde","egskeiding","huwelik","relationships"],"articleSection":["Verhoudings","Jou lewe"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2017","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ou-liefdes-en-die-roes\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ou-liefdes-en-die-roes\/","name":"Ou liefdes en die roes | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ou-liefdes-en-die-roes\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ou-liefdes-en-die-roes\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/07\/Huwelik.jpg","datePublished":"2017-07-07T12:14:39+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ou-liefdes-en-die-roes\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ou-liefdes-en-die-roes\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ou-liefdes-en-die-roes\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/07\/Huwelik.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/07\/Huwelik.jpg","width":1000,"height":665,"caption":"Foto: Pixabay"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ou-liefdes-en-die-roes\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Ou liefdes en die roes"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd","name":"Michelle Nortje","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","caption":"Michelle Nortje"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/76019","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=76019"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/76019\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/76022"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=76019"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=76019"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=76019"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}