{"id":75619,"date":"2023-06-27T15:32:13","date_gmt":"2023-06-27T13:32:13","guid":{"rendered":"http:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=75619"},"modified":"2023-06-27T15:32:48","modified_gmt":"2023-06-27T13:32:48","slug":"egskeiding-salf-teen-die-seer","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/egskeiding-salf-teen-die-seer\/","title":{"rendered":"Egskeiding: salf teen die seer"},"content":{"rendered":"<p>Elkeen van ons ervaar belangrike <strong>lewensoorgange<\/strong> in ons bestaan. Ons word mondig, trou, word ma of pa \u2026 en die meeste van di\u00e9 oomblikke gaan met \u2019n <strong>ritueel<\/strong> gepaard. Soms is dit \u2019n feesviering soos \u2019n huwelik, ander kere \u2019n hartseergeleentheid soos \u2019n begrafnis.\u00a0By sulke seremonies kom die betrokkenes saam om in die vreugde te deel of simpatie te betoon. Di\u00e9 wat die oorgang ervaar, weet hulle is nie alleen nie. Hulle word deur die gemeenskap gedra. Ander sien en erken byvoorbeeld die feit dat hul sosiale status verander &#8211; van enkellopend na getroude, of van eggenoot na weduwee.<\/p>\n<p><strong>Egskeidings<\/strong> is \u2019n opvallende uitsondering op di\u00e9 re\u00ebl.<\/p>\n<p>\u2019n Huwelik wat gewoonlik binne \u2019n familie- en vriendekring gesluit is, gaan in afsondering tot niet. Meestal is die regsproses die enigste konteks vir hierdie ingrypende oorgang. Daar is geen samekoms van bekendes om erkenning te gee aan dit wat was, dit wat besig is om te gebeur, en dit wat die toekoms mag inhou nie. Verbintenisse met skoonouers, swaers, en ander aangetroude familielede hang skielik in die lug.<\/p>\n<p>\u201cDie ervaring van \u2019n egskeiding sonder \u2019n ritueel is soos \u2019n ervaring van die dood sonder \u2019n begrafnis,\u201d s\u00ea dr. Christo de Klerk, narratiewe pastorale terapeut van Munster in KwaZulu-Natal. Christo was dekades lank in die bediening en sy doktorsgraad in praktiese teologie het oor egskeidingsherstel gehandel.<\/p>\n<p>\u201c\u2019n Vars benadering is van die grootste belang. Lidmate wat skei, het soos alle ander mense wat trauma ervaar die ondersteuning van die kerk baie nodig. Ongelukkig ontbeer hulle dit dikwels wanneer hulle skei en broos en gebroke is. Dit gebeur omdat alle egskeidings in die meeste kerklike kringe steeds as sonde gesien word. Gevolglik voel baie lidmate in hierdie posisie hulle het in hul geloofslewe gefaal en dat hul medegelowiges hulle veroordeel. Dit gebeur selfs wanneer hul leraars hulle sensitief benader.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><em>\u201cDie ervaring van \u2019n egskeiding sonder \u2019n ritueel is soos \u2019n ervaring van die dood sonder \u2019n begrafnis\u201d <\/em><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>\u201cBaie lidmate is in die veertien jaar in my laaste gemeente geskei. Min het aangebly. Die meeste het verdwyn. Hulle voel gebrandmerk en soek \u2019n ander geloofstuiste, of verlaat die kerk.<\/p>\n<p>\u201cEk maak nie voorspraak vir egskeiding nie. Wanneer jy mense daardeur begelei, kry jy eerstehands met die <strong>pyn<\/strong> te make wat soveel partye raak. Tog kan egskeiding nie weggewens word nie. Dis deel van ons werklikheid. Sowat vyftig persent van alle huwelike loop op die rotse en hierdie mense het bystand nodig.<\/p>\n<p>\u201cToe ek die praktiese deel van my doktorsgraad moes takel, was vyf vroue in my gemeente besig om te skei. Ek het besluit om hulle te vra om \u2019n navorsingsgroep te vorm \u2013 begeleiding en wedersydse steun vir hulle, en \u2019n studiegeleentheid vir my! Ons het \u2019n jaar lank tweeweekliks byeengekom en aspekte van egskeidingsherstel ondersoek. Uit ons gesprekke het die behoefte aan \u2019n <strong>egskeidingsritueel<\/strong> na vore gekom wat die transformasie van getroud wees na weer enkel wees kan vergestalt. Ons het \u2019n egskeidingsformulier ontwikkel wat in die ritueel voorgelees kon word, asook \u2019n sertifikaat wat bevestig dat die vroue hul nuwe lewe suksesvol gelanseer het en weer sin in die lewe vind.<\/p>\n<p>\u201c\u2019n Egskeidingseremonie is waardevol omdat dit die breuk in die huweliksverhouding erken en bevestig dat die betrokkenes ondanks hul beste bedoelings en pogings nie die huwelik kon laat slaag nie. Dit belig hul gewilligheid om verby die ontnugtering, woede en pyn na \u2019n hoopvolle toekoms te beweeg. Die deelnemers vind troos in die feit dat die omstanders hulle ondersteun en net die beste toewens. Hulle beleef genesing, afsluiting en die bewustheid van hul eie emosionele en spirituele krag. Bowenal voel hulle vry om hul toekoms met die Here se se\u00ebn aan te pak.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><em>&#8220;\u2019n Egskeidingseremonie is waardevol omdat dit die breuk in die huweliksverhouding erken en bevestig dat die betrokkenes ondanks hul beste bedoelings en pogings nie die huwelik kon laat slaag nie&#8221;<\/em><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Aan eie lyf<\/h4>\n<p>Twee vroue wat jare gelede deel was van Christo se egskeidingsherstelgroep gesels oor hul belewenis:<\/p>\n<p><strong>Gerda*<\/strong> &#8211; destyds veertig en pas geskei &#8211; het met drie tieners van \u2019n ander provinsie na Christo se gemeente getrek. \u201cDie woord \u2018egskeiding\u2019 was nooit deel van my woordeskat nie, maar ek het by die punt gekom waar ek besef het ons stukkende huweliksverhouding doen die kinders meer kwaad as goed.<\/p>\n<p>\u201cDie groepervaring in \u2019n opbouende atmosfeer was deel van my gesond word. Dit was wonderlik om te ontdek dat ander my gevoelens deel \u2013 ek het aanvanklik geglo my negatiewe gedagtes is uit pas. Deur na die ander vroue te luister, het ek perspektief gekry en geleer dat ek slegs verantwoordelik was vir dit wat \u00e9k in my huwelik verkeerd gedoen het, nie vir \u00e1lles wat skeefgeloop het nie. Waar ek eers te skaam was om te s\u00ea ek is geskei, het ek die <strong>vrymoedigheid<\/strong> gekry om dit te doen.<\/p>\n<p>\u201cDie egskeidingsritueel, \u2019n informele geleentheid op \u2019n Saterdagoggend, was die amptelike afsluiting van ons terapie. Ons het elkeen \u2019n paar mense genooi wat vir ons baie beteken het. Afgesien van Christo was daar net vroue.<\/p>\n<p>\u201cChristo het verskeie Skrifgedeeltes en die egskeidingsformulier voorgelees, en toe het ons Nagmaal gebruik. Daarna het elk van die vyf deelnemers haar sertifikaat ontvang en ons het oor \u2019n heerlike ontbyt gekuier.<\/p>\n<p>\u201cDie ritueel was vir my \u2019n besonderse belewenis. My vroe\u00eb ervaring as geskeide was een van teregwysing: jy hoor altyd die Here verafsku egskeiding. Ek verafsku dit ook, maar terselfdertyd weet ek die Here ken en verstaan my situasie. Tydens die Nagmaal het ek gedink: Hier sit ek, ek eet die brood en drink die wyn, dis tasbare tekens dat Christus ook vir my gesterf het ondanks alles wat gebeur het!<\/p>\n<p>\u201cSedertdien het daar weer <strong>balans<\/strong> in my menswees gekom. Ek is nog enkellopend en dis soms eensaam vandat die kinders die nes verlaat het, maar daar is vrede in my huis. Ek leef my in my beroep uit en ek voel ek beteken iets vir ander, alles deur die genade van die Here.\u201d<\/p>\n<p><strong>Elize*<\/strong> was in die dertig toe haar suster in \u2019n onlusverwante voorval doodgeskiet is. Kort daarna het haar swaer verongeluk en hul seuns van tien en 14 het Elize en haar man se verantwoordelikheid geword.<\/p>\n<p>\u201cOns was 12 jaar getroud, maar het nog nie kinders gehad nie. Die aanpassing met die seuns was vir my man te groot. Op my beurt het ek hul aanneming en grootmaak as die Here se doel met my lewe gesien. Uiteindelik moes ek tussen my man en die kinders kies.<\/p>\n<p>\u201cOns was in Christo se gemeente en ook huisvriende. Toe my verhoudingsituasie onhoudbaar word en ek besluit om te skei, het Christo my pastoraal begelei. Die navorsingsgroep het later gekom.<\/p>\n<p>\u201cHoewel die vroue almal \u2018private\u2019 mense is, kon ons ons gedagtes en emosies eerlik met mekaar deel. Binne die groep kon ek maar ontspan. Die <strong>dinamiek<\/strong> was ongelooflik \u2013 ons het soveel gemeen gehad en mekaar ook prakties ondersteun wanneer een byvoorbeeld hospitaal toe moes gaan. Dit het my gehelp om my gevoel van uselessness, my twyfel oor my vermo\u00ebns as ouer, en die finansi\u00eble breekspul te verwerk. Daar was waardering vir wie ek is en wat ek doen.<\/p>\n<p>\u201cEk het agtergekom die manier waarop jy jou egskeiding verwerk, be\u00efnvloed die mens wat jy daarna is \u00e9n hoe jy jou kinders hanteer. \u2019n Egskeiding is \u2019n onbeskryflike ontwrigting, en boonop het ek \u2019n akute mediese toestand gehad. Maar ek wou nie bitter word nie.<\/p>\n<p>\u201cBy Christo het ek geleer <strong>vergifnis<\/strong> neem tyd. As jy jouself te vroeg dwing om dit te doen, is dit vals. Ware vergifnis bring genesing en vrede.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><em>&#8220;Ware vergifnis bring genesing en vrede&#8221;<\/em><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>\u201cIn die groep het ek <em>issues<\/em> uitgepluis wat later verhoudingskade sou veroorsaak het. Ek is ook bevry van die oordeel wat die kerk weens my egskeiding oor my laat hang het. Ek het besef in \u2019n geforseerde verhouding word jy die mens wat God ni\u00e9 wil h\u00ea jy moet wees nie. Dit was God se wil dat ek sterk genoeg sou wees om uit die verhouding te klim.<\/p>\n<p>\u201cEk het my eks-skoonsus en my vriendin na die egskeidingsritueel genooi, Hulle het geweet waardeur ek is en ook dat ek oor die trauma kon se\u00ebvier. Hulle het ges\u00ea dis verstommend om na ons vyf te kyk, want hulle kon geen verbittering of afbrekendheid by ons sien nie. Dit was vir hulle wonderlik dat ons elkeen se verhouding met God in stand gebly het.<\/p>\n<p>\u201cEk is intussen weer getroud met \u2019n man wat ek deur my werk ontmoet het. Hy gee werklik om vir die seuns, maar dit het my b\u00e1ie lank geneem om sy liefde vir die kinders te leer vertrou. Ek sien die hand van God in al hierdie gebeure, en ek het sy opdrag aan my uitgevoer so goed ek kon.\u201d<br \/>\n*skuilname<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Helende rituele<\/h4>\n<p><strong>Partytjie<\/strong><\/p>\n<p>Am\u00e9lie* is 18 jaar gelede op 42 geskei.<\/p>\n<p>\u201cEk hou nooit partytjies nie \u2013 ek nooi eerder \u2019n paar mense oor vir \u2019n intieme ete \u2013 maar ek het besluit dis \u2019n groot dag di\u00e9. Ek wou erkenning gee aan die lang pad wat ek moes stap, die verlede afgooi en my toekoms vier. Ek wou dit uits\u00ea: \u2018Ek is nou geskei, en dis verby!\u2019 My vriendinne en skoonsusters het gekom en die gebeure het spontaan ontvou. Ek het Antjie Krog se gedig \u201cek staan op \u2019n moerse rots\u201d voorgelees en elkeen het vir my \u2019n wens gegee. Ons het ge\u00ebet, gedans en gepaartie.<\/p>\n<p>Ek dink ek was \u2019n bietjie buite myself \u2013 dit was \u2019n besonder emosionele dag. So \u2019n geleentheid help jou om jouself weer te vind en vas te stel waar in die kosmos jy nou eintlik hoort.\u201d<br \/>\n*skuilnaam<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Aan verskillende fronte<\/strong><\/p>\n<p>Sinta Ebersohn van Stellenbosch ontwikkel onder meer aanlynleerprogramme, maar haar hartsprojek is <a href=\"http:\/\/www.fairdivorce.co.za\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">fairdivorce.co.za<\/a> &#8211; \u2019n eenstop-egskeidingshulpwebwerf vir almal wat deur egskeiding geraak word.<\/p>\n<p>\u201cNes baie ander mense wat skei, is ek deur \u2019n uitmergelende regsproses wat vier jaar geduur het. In \u2019n stadium het ek besef dit besoedel my bestaan en dat ek dit anders moes benader. Fairdivorce is uit di\u00e9 insig gebore. Dit bied inligting, hulpbronne, steun, praktiese advies en inspirasie op spirituele, sielkundige, finansi\u00eble, praktiese, fisieke en regsgebied.<\/p>\n<p>\u201cWanneer \u2019n paartjie hulle \u2018for better or for worse\u2019 verbind, dink hulle dalk nie daaraan dat \u2018for worse\u2019 op \u2019n egskeiding kan dui nie. Ons visie is om die oorlog wat dikwels met \u2019n egskeiding gepaardgaan in \u2019n beskaafde en redelike skeiproses te omskep en te verseker dat mense hul waardigheid behou.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Sinta se rituele<\/strong><\/p>\n<p>\u2022 N\u00e1 my egskeiding het ek \u2019n lekker <strong>vuur<\/strong> gemaak en die dokumentasie en ander oorblyfsels van die proses in rook laat opgaan. Terwyl ek na die vlamme gestaar het, het ek daarop gefokus om hierdie dinge vry te laat.<\/p>\n<p>\u2022 Na aanleiding van dr. John Demartini se boek <em>The Value Factor<\/em> het ek my <strong>waardes<\/strong> in hero\u00ebnskou geneem. Ons waardes, in die sin van prioriteite, rig ons lewe. My hoogste waarde bly steeds om lewenslank te leer en Fairdivorce skakel hierby in.<\/p>\n<p>\u2022 Omdat omstandighede so ingrypend verander wanneer mense skei, is nuwe <strong>gesinsrituele<\/strong> nodig. Ek en die seuns het gebruike bedink wat ons gesinstruktuur bevestig. Soggens vroeg gee ons mekaar stywe drukkies vir die dag. Tydens aandete praat ons elkeen oor iets waarvoor ons dankbaar is, die hoogte- en laagtepunt van die dag, iets wat vir ons snaaks was en iets omtrent die volgende dag waarna ons uitsien. Dit bevorder \u2019n kultuur van dankbaarheid en hou die gesprek aan die gang sodat dit hopelik in hul tienerjare sal voortduur wanneer daar baie keer minder kommunikasie is!<\/p>\n<p>\u2022 Ons was vroe\u00ebr nie dikwels met <strong>vakansie<\/strong> nie en het besluit ons wil een maal per jaar vakansie hou.<\/p>\n<p>\u2022 Sommige vroue verkoop hul verloof- en trouringe, of smelt dit en skep \u2019n nuwe juweelstuk. Ek en my seuns het besluit as hulle eendag die jawoord vra, kan hulle die <strong>diamante<\/strong> deel. S\u00f3 bly die ringe wat van hul pa af kom in die familie.<\/p>\n<p>\u2022 Ek het vir myself \u2019n <strong>liefdesnessie<\/strong> in my slaapkamer geskep om afskeid te neem van dit wat was en my voor te berei op \u2019n nuwe liefde. Met nuwe beddegoed, \u2019n <em>throw<\/em>, strooikussings, kerse, wierook en ander spesiale dingetjies het ek \u2019n romantiese atmosfeer geskep.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Lees ook:\u00a0<\/strong><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/egskeiding-hoef-jou-nie-te-breek-nie-10-wenke\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Egskeiding hoef jou nie te breek nie: 10 wenke<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Hoe stukkender \u2019n egskeiding jou laat, hoe minder het jy in jou om jou kinders, nabymense en die samelewing te bied. Dalk is n\u00f3\u00fa die tyd om die genesingskrag van egskeidingsrituele te ontdek. Deur Mariette Snyman. Foto Pixabay<\/p>\n","protected":false},"author":8,"featured_media":138346,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[651,15259,15261,662],"tags":[5684,6304,23443,23446,24093,832,2053],"class_list":["post-75619","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-verhoudings","category-caxton","category-use-all-images-and-text","category-jou-lewe","tag-trauma","tag-divorce","tag-relationships","tag-marriage","tag-wellbeing","tag-egskeiding","tag-huwelik"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Egskeiding: salf teen die seer | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Hoe stukkender \u2019n egskeiding jou laat, hoe minder het jy in jou om jou kinders, nabymense en die samelewing te bied. Lees hier:\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/egskeiding-salf-teen-die-seer\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Egskeiding: salf teen die seer | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Hoe stukkender \u2019n egskeiding jou laat, hoe minder het jy in jou om jou kinders, nabymense en die samelewing te bied. Lees hier:\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/egskeiding-salf-teen-die-seer\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2023-06-27T13:32:13+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2023-06-27T13:32:48+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/pexels-cottonbro-studio-4098224.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1280\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"853\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"10 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/egskeiding-salf-teen-die-seer\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/egskeiding-salf-teen-die-seer\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Michelle Nortje\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\"},\"headline\":\"Egskeiding: salf teen die seer\",\"datePublished\":\"2023-06-27T13:32:13+00:00\",\"dateModified\":\"2023-06-27T13:32:48+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/egskeiding-salf-teen-die-seer\\\/\"},\"wordCount\":2056,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/egskeiding-salf-teen-die-seer\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/06\\\/pexels-cottonbro-studio-4098224.jpg\",\"keywords\":[\"trauma\",\"divorce\",\"relationships\",\"marriage\",\"wellbeing\",\"egskeiding\",\"huwelik\"],\"articleSection\":[\"Verhoudings\",\"Caxton\",\"Use all images and text\",\"Jou lewe\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2023\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/egskeiding-salf-teen-die-seer\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/egskeiding-salf-teen-die-seer\\\/\",\"name\":\"Egskeiding: salf teen die seer | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/egskeiding-salf-teen-die-seer\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/egskeiding-salf-teen-die-seer\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/06\\\/pexels-cottonbro-studio-4098224.jpg\",\"datePublished\":\"2023-06-27T13:32:13+00:00\",\"dateModified\":\"2023-06-27T13:32:48+00:00\",\"description\":\"Hoe stukkender \u2019n egskeiding jou laat, hoe minder het jy in jou om jou kinders, nabymense en die samelewing te bied. Lees hier:\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/egskeiding-salf-teen-die-seer\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/egskeiding-salf-teen-die-seer\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/egskeiding-salf-teen-die-seer\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/06\\\/pexels-cottonbro-studio-4098224.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/06\\\/pexels-cottonbro-studio-4098224.jpg\",\"width\":1280,\"height\":853},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/egskeiding-salf-teen-die-seer\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Egskeiding: salf teen die seer\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\",\"name\":\"Michelle Nortje\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Michelle Nortje\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Egskeiding: salf teen die seer | rooi rose","description":"Hoe stukkender \u2019n egskeiding jou laat, hoe minder het jy in jou om jou kinders, nabymense en die samelewing te bied. Lees hier:","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/egskeiding-salf-teen-die-seer\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Egskeiding: salf teen die seer | rooi rose","og_description":"Hoe stukkender \u2019n egskeiding jou laat, hoe minder het jy in jou om jou kinders, nabymense en die samelewing te bied. Lees hier:","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/egskeiding-salf-teen-die-seer\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2023-06-27T13:32:13+00:00","article_modified_time":"2023-06-27T13:32:48+00:00","og_image":[{"width":1280,"height":853,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/pexels-cottonbro-studio-4098224.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Michelle Nortje","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Michelle Nortje","Est. reading time":"10 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/egskeiding-salf-teen-die-seer\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/egskeiding-salf-teen-die-seer\/"},"author":{"name":"Michelle Nortje","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd"},"headline":"Egskeiding: salf teen die seer","datePublished":"2023-06-27T13:32:13+00:00","dateModified":"2023-06-27T13:32:48+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/egskeiding-salf-teen-die-seer\/"},"wordCount":2056,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/egskeiding-salf-teen-die-seer\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/pexels-cottonbro-studio-4098224.jpg","keywords":["trauma","divorce","relationships","marriage","wellbeing","egskeiding","huwelik"],"articleSection":["Verhoudings","Caxton","Use all images and text","Jou lewe"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2023","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/egskeiding-salf-teen-die-seer\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/egskeiding-salf-teen-die-seer\/","name":"Egskeiding: salf teen die seer | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/egskeiding-salf-teen-die-seer\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/egskeiding-salf-teen-die-seer\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/pexels-cottonbro-studio-4098224.jpg","datePublished":"2023-06-27T13:32:13+00:00","dateModified":"2023-06-27T13:32:48+00:00","description":"Hoe stukkender \u2019n egskeiding jou laat, hoe minder het jy in jou om jou kinders, nabymense en die samelewing te bied. Lees hier:","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/egskeiding-salf-teen-die-seer\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/egskeiding-salf-teen-die-seer\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/egskeiding-salf-teen-die-seer\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/pexels-cottonbro-studio-4098224.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/pexels-cottonbro-studio-4098224.jpg","width":1280,"height":853},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/egskeiding-salf-teen-die-seer\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Egskeiding: salf teen die seer"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd","name":"Michelle Nortje","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","caption":"Michelle Nortje"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/75619","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=75619"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/75619\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/138346"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=75619"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=75619"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=75619"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}