{"id":7560,"date":"2015-04-30T16:49:00","date_gmt":"2015-04-30T14:49:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-15\/"},"modified":"2018-04-10T10:48:09","modified_gmt":"2018-04-10T08:48:09","slug":"dans-met-die-rooirok-hoofstuk-15","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-15\/","title":{"rendered":"Dans met die rooirok: Hoofstuk 15"},"content":{"rendered":"<p><em><strong>Bois d&#8217;Elville <\/strong><\/em><\/p>\n<p>Die e-pos van Amelia se erfgenaam, Adrien Marceaux, kom vroegoggend. Hy klink sjarmant en vriendelik en is baie opgewonde om van die nuwe inwoner van Mon Abri te hoor. Hy het moeite gedoen om Amelie se vrae oor Amelia se agtergrond in Frankryk te beantwoord.<\/p>\n<p>Amelia was sy ma, Arianne, se oudste suster en hy het haar nooit ontmoet nie. Hy is nou in beheer van die Marceaux-familie se Le Crotoy-kelder in die Somme-gebied in die Noorde van Frankryk.<\/p>\n<p>\u201cAmelia se geskiedenis het groot hartseer in die familie veroorsaak. My oupa het nooit vrede gemaak met sy oudste dogter se \u2018dwalinge\u2019, soos hy dit genoem het nie. Dit het my oupa en ouma se verhouding geskeur want my ouma het teen oupa se wil met Amelia kontak gehou.<\/p>\n<p>Later jare het my ma ook met Amelia kontak gemaak en dit het my oupa diep gegrief. My oupa en ouma is as gebroke mense dood. Amelia se storie het my nog altyd gefassineer omdat ek van kleins af geweet het haar naam mag nie genoem word nie, maar my ma het my alles van haar vertel. My oupa het haar kamer na haar vertrek verse\u00ebl en jy kan dink hoe di\u00e9 verbode kamer my as kind gefassineer het. Dit was leeg want my oupa het daarop aangedring dat elke item in die huis wat aan Amelia behoort het of mense aan haar kan herinner verwyder moes word. Amelia moes met \u2019n groot boot-vrag vol besittings na julle land vertrek. Daar is nie een foto van haar in ons foto-albums nie. Maar ek weet hoe sy lyk want my ouma het \u2019n foto van Amelia in \u2019n toeknip-hartjie om haar nek gedra. My ma dra dit nou. Ek het nog altyd gedink sy is die mooiste vrou wat ek in my lewe gesien het.\u201d<\/p>\n<p>Hy vertel hoe dit gekom het dat Amelia die jong Suid-Afrikaanse soldaat ontmoet het.<\/p>\n<p>Die slag van Delville Bos (Bois d&#8217;Elville) het by Longueval in die Noorde van Frankryk plaasgevind. Amelia was in \u2019n katolieke klooster in die dorpie.<\/p>\n<p>\u201cSoos ons kan aflei, is die jong Phil Groenewald en \u2019n makker na die dorpie gestuur om of te spioeneer op die Duitse linie of om noodvoorraad te kry. Die makker is doodgeskiet en Phil swaar gewond. Van die nonne by die klooster het die gewonde jong man ingeneem en in die geheim verpleeg. Amelia was een van die meisies wat sy beddegoed moes omruil en sy en Phil het begin gesels. Die slag van die bos was reeds verby toe Phil begin herstel het. Hy en Amelia was toe reeds verlief en hy wou nie saam met die ander na die oorlog terugkeer na Suid-Afrika nie. Hy en Amelia het weggeloop en op \u2019n plaas skuiling gevind. Dit moes \u2019n groot skande gewees het want sy het uit die klooster weggeloop en hy het sonder verlof uit sy regiment weggeloop. Hulle het maande daarin geslaag om weg te kruip voor my oupa se soekgeselskap hulle opgespoor het. My oupa-hulle het blykbaar net vir Amelia geneem en die Suid-Afrikaanse Brigade laat weet waar Phil skuil. Hy het glo gevlug en sy familie het hom eers na \u2019n groot soektog opgespoor en teruggeneem Suid-Afrika toe.\u201d<\/p>\n<p>Amelie het reeds alles wat sy kon oor die slag van Delville Bos gelees en weet die Suid-Afrikaanse Brigade in diens van die Britse 9de Devisie het in Julie 1916 slaags geraak met die Duitse artillerie. Die Duitsers wou die bos inneem.<\/p>\n<p>Dit was \u2019n hewige en bloedige slag waarin die bos en byna die hele Suid-Afrikaanse Brigade byna uitgewis is.<\/p>\n<p>Die bloedigste deel van die geveg het ses dae en vyf nagte geduur. Die Suid-Afrikaners het die moeilikste pos van die Britse front in die bos beman en is blootgestel aan hewige vuur en bombardemente van die vyand van alle kante.<\/p>\n<p>Hoewel baie gesneuwel het, het die Suid-Afrikaners die Duitsers dapper op \u2019n afstand gehou.<\/p>\n<p>Bois d&#8217;Elville, soos die Franse die bos ken, was \u2019n digte woud met beuke- en haagbeuk-bome en haselneutbosse wat sowat 156 akker aan die oostekant van Longueval beslaan het. (Die Suid-Afrikaanse regering het die woud na die oorlog se vernietigingswerk probeer herskep deur berkebome en eikebome te plant waar die woud eens gestaan het).<\/p>\n<p>Die dorpie Longueval is gele\u00eb op \u2019n rif op die kruising van vier paaie. Die kloosterskool waar Amelia skoolgegaan het, was volgens Adien aan die Suidekant van die dorp naby die Duitse linies.<\/p>\n<p>Hy vertel sy oupa was ontroosbaar toe hy uitvind sy geliefde dogter is swanger.<\/p>\n<p>\u201cMy grootouers was baie eng en vir my oupa was Amelia se swangerskap die ergste ding wat hulle kon tref. Hy het glo ges\u00ea dit sou vir hom beter gewees het as sy dood was. My ouma wou Amelia na \u2019n ander klooster stuur waar ongehude moeders gehuisves word, maar my oupa wou haar nooit weer sien nie. Na groot familie-rusies het my ouma haar familie in Suid-Afrika gekontak en gevra of sy Amelia soontoe kan stuur. Hulle het onderneem om haar met die baba te help en het aangebied om die baba aan te neem.\u201d<\/p>\n<p>Hy vertel hoe sy oupa Amelia voor die oorlog verafgood het. Sy was \u2019n briljante kind en het haar ouma aan vaderskant se naam en skoonheid ge\u00ebrf. Amelia was \u2019n paar jaar alleenkind in die rykmanshuis voor haar suster gebore is.<\/p>\n<p>\u201cMy oupa het gedink sy het al die regte eienskappe om eendag die wynlandgoed oor te neem aangesien hy nie \u2019n seun het nie. Sy is na die klooster in Longueval gestuur om haar voor te berei op \u2019n lewe as streng katoliek. My oupa het reeds die regte man vir Amelia in gedagte gehad en omdat sy van kleins af so \u2019n effense rebelse streep in haar gehad het, wou hy haar deur die streng nonne laat tem voor sy na skool saam met hom kon begin boer.\u201d<\/p>\n<p>Volgens Adrien se vertellinge het die vurige Amelia moeilik by die streng kloosterlewe aangepas en moes sy oupa haar gereeld gaan aanspreek. Deel van Amelia se inbreekproses was juis dat sy as bedorwe rykmanskind gedwing is om in die klooster se wassery te werk.<\/p>\n<p>\u201cDis ironies dat Amelia se pligte om beddens skoon oor te trek haar juis die kans gegee het om te ontsnap. Dit is hoe sy die jong gewonde soldaat ontmoet het.\u201d<\/p>\n<p>Adrien het op sy beurt \u2019n klomp vrae wat hy oor Mon Abri en sy tante se verblyf in Suid-Afrika wil vra.<\/p>\n<p>\u201cEk brand om te weet hoe sy dit reggekry het om na die kind se geboorte weg te loop Sederfontein toe. Sy was nog so bloedjonk? Maar my ma het my vertel Amelia het vir niks gestuit nie. Dit verbaas my nie dat sy dit kon regkry nie. Om \u2019n huis alleen te koop en \u2019n lewe in \u2019n vreemde land te begin? Sy moes Phil baie liefgehad het. My ma het my vertel hoe Phil se pa hom gedwing het om met \u2019n ander meisie te trou. Maar my ma s\u00ea Amelia en Phil se liefde kon nie geblus word nie en hulle het steeds in die geheim ontmoet.\u201d<\/p>\n<p>Skynbaar het Amelia se ma en suster alles van haar verblyf in Suid-Afrika geweet, maar hulle is deur Adrien se oupa verbied om haar ooit te besoek.<\/p>\n<p>\u201cMy ma en ouma het nie naastenby sulke vurige persoonlikhede gehad soos Amelia nie en hoewel hulle teen sy wil met Amelia kontak gehou het, was \u2019n oorsese reis in daardie dae \u2019n root stap. My oupa was \u2019n invloedryke en magtige man in die gemeenskap en hy sou hulle op elke moontlike manier denkbaar probeer keer het om Suid-Afrika toe te gaan. My ouma het dit blykbaar darem reggekry om geld en geskenke aan Amelia te stuur.\u201d<\/p>\n<p>Hoewel Adrien wynmaker van beroep is, is hy soos Amelie ook \u2019n aspirante skrywer en wil hy ook sy rebelse tante se verhaal in \u2019n boek omskep. Hy wil baie graag van haar foto\u2019s en afskrifte van haar dokumente en briewe h\u00ea.<\/p>\n<p>\u201cEk is bly om te hoor dat jy \u2019n uitgewer van beroep is. Ek wonder of ons nie saam aan die boek kan werk nie? Ek glo ek sal baie uit jou kennis kan leer en daarby dink ek nie die boek moet net in Frans uitgegee word nie. Soos jy kan sien uit my e-pos is my Engels nie heeltemal op standaard nie. Van wyn maak weet ek baie, maar van skryf minder.\u201d<\/p>\n<p>Adrien se grootouers is al oorlede, maar sy ma leef nog.<\/p>\n<p>\u201cMy ma is baie jare na Amelia gebore, maar hulle het \u2019n hegte band gehad en sy voel ook dit is nou die regte tyd om die storie te vertel. My ma het my nie so hiper streng grootgemaak as wat sy en Amelia grootgemaak is nie. Soos in baie families verander mense se oortuiginge met die jare. Die Marceaux is steeds \u2019n trotse familie, maar ek is \u2019n nuwe geslag. Ek kyk met trots terug na ons familiegeskiedenis, maar voel Amelia is deel daarvan. Ek hoop ek en jy kan haar soveel jaar na haar dood vereer met \u2019n vertelling van haar verhaal. Ek hoop dat jy my aanbod sal oorweeg. Sien asseblief aangehegte dokumente en foto\u2019s van my en my ma en ons plaas.\u201d<\/p>\n<p>Tipies Fransman is een van die aangehegte dokumente \u2019n kort curriculum vitae van Adrien en \u2019n formele versoek om saam met hom aan die boek te werk.<\/p>\n<p>\u201cHiermee nooi ek u vriendelik vir \u2019n kort besoek aan my plaas voor Kersfees. Ek glo drie dae sal genoeg wees vir al die formaliteite en daarna is u welkom om op my onkoste deur Frankryk te toer. Die uwe Adrien Marceaux.\u201d<\/p>\n<p>Amelia maak die foto\u2019s van die pragplaas en wynkelders een vir een oop. Baie van die geboue dateer uit die vorige eeu en die Marceaux chateau staan imposant tussen heuwels wingerde.<br \/>\nOp foto\u2019s van die Le Crotoy-kelder se museum herken Amelie die blou bottels wat in Mon Abri se tuin aan die bome in die wind klingel.<\/p>\n<p>Op een foto het Adrien \u2019n kaartjie wat Amelia aan sy ma gestuur het ingeskandeer. Amelie herken al die netjiese fyn kursiewe handskrif: <em>Listen to the wind, it talks, Listen to the silence, it speaks.<\/em><\/p>\n<p>Daar is ook \u2019n foto van die klooster in Longueval en foto\u2019s soos Bois d&#8217;Elville vandag lyk.<br \/>\nOp die foto\u2019s van Arianne kan sy duidelik die familietrekke raaksien wat sy met Amelia deel. Arianne het blonde krulhare en is skynbaar effe growwer gebou as haar ousus. Haar kleredrag lyk ook baie meer konserwatief as haar flambojante suster.<\/p>\n<p>Amelie wonder hoekom Adrien n\u00earens van sy pa melding maak nie. Dis vir haar ook vreemd dat hy dieselfde van as sy ma het en nie sy pa se van het nie.<\/p>\n<p>Al die nuwe inligting vul die raaisels rondom Amelia mooi aan en Amelie raak al meer opgewonde oor die vooruitsig van die boek. Sy het gemengde gevoelens oor Adrien se aanbod om die boek saam met hom te skryf. Dis haar eerste alleen-projek en sy voel effe selfsugtig oor die storie wat sy saam met Mon Abri gekoop het. Sy weet dit is ook Adrien en sy familie se storie en dat hulle sekerlik die reg het om hul uitgeworpe familielid se geskiedenis neer te pen.<\/p>\n<p>Die aanbod is iets waaroor sy haar voorneem, sy eers sal nadink. Sy uitnodiging na Le Crotoy is beslis baie aanloklik en sy wonder of sy dit nie moet aanvaar sodat sy Adrien en sy ma eers kan leer ken voor sy haar besluit neem nie. Met die restourasie aan haar huis en Kersfees om die draai sal sy nie langer as drie dae kan kuier nie.<\/p>\n<p>Amelie klik op die laaste foto wat aangeheg is. Adrien Marceaux verskyn in sy volle glorie op haar skerm. Hy het die voorkoms wat \u2019n vrou se hormone op loop kan sit. Hy is \u2019n lang skraal donkerkop man met broeiende pikswart o\u00eb bokant sy prominente wangbene. Die perdry-broek span oor sy lenige gespierde bene en die wit hemp kontrasteer met sy soel vel.<\/p>\n<p>Sy klik vinnig om die foto weer toe te maak. Sy het beslis nie nog \u2019n smeulend-aantreklike man in haar lewe nodig nie. Die vernedering van Phillip is te kort in haar geheue.<\/p>\n<p>Amelie probeer die res van die oggend om van Adrien te vergeet. Sy wil eers nadink oor wat sy self met die boek wil maak.<\/p>\n<p>Sy het skaars na middagete op die sonstoep ingedut of Hannes maak haar wakker.<\/p>\n<p>\u201cToe, watse geslaap is dit in die middel van die dag? Jy het \u2019n huis om te restoureer, onthou! Jy beter spring as jy wil klaarkry voor die erfgenaam kom kuier.\u201d<\/p>\n<p>\u201cKom kuier? Wie kom kuier?\u201d<\/p>\n<p>\u201cAdrien Marceaux het \u2019n e-pos gestuur en my vertel julle gaan saam aan Amelia se boek werk. Jy gaan glo eers Frankryk toe en dan kom hy na Kersfees hierheen.\u201d<\/p>\n<p>\u201cWat? Is die Fransman mal? Ek het nog geen besluite geneem nie! Watter arrogansie! Wie is hy om sulke besluite namens my te neem?\u201d<\/p>\n<p>Sy kan voel hoe haar wange van woede gloei. Hannes sien dit raak en geniet dit klaarblyklik as sy haar so opwerk.<\/p>\n<p>\u201cKalmeer, kalmeer. Wil jy nou my kli\u00ebnt wegjaag? Onthou, hy het nog nie al die dokumente vir die oordrag op jou naam geteken nie. As jy Mon Abri wil behou, beter jy vriendelik wees met die Fransman. Toe? Hoe lyk dit, gaan jy sy aanbod vir \u2019n gratis vakansie aanneem? Jy beter, want hy het ges\u00ea hy stuur vir my \u2019n krat wyn saam jou terug.\u201d<\/p>\n<p>In haar verbeelding kan Amelie die arrogante Fransman se vermakerige glimlag en die duiwels in sy swart o\u00eb sien. Die blikskottel weet natuurlik hoe sy oor Mon Abri voel. Hannes is reg, as sy die huis by Adrien wil koop, sal sy sy arrogansie moet verduur.<\/p>\n<p>Sy voel effens magteloos want sy weet haar brandende nuuskierigheid om terug te stap op Amelia se voetspore gaan die oorlog teen haar verset wen.<\/p>\n<p><a id=\"75&amp;h=Verhale&quot;&quot;\" target=\"\"><\/a>Lees hoofstuk 1-14 hier<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Bois d&#8217;Elville Die e-pos van Amelia se erfgenaam, Adrien Marceaux, kom vroegoggend. Hy klink sjarmant en vriendelik en is baie opgewonde om van die nuwe inwoner van Mon Abri te hoor. Hy het moeite gedoen om Amelie se vrae oor [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":13981,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[43452],"tags":[99,1628,2156],"class_list":["post-7560","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-lees","tag-verhale","tag-dans-met-die-rooirok","tag-hoofstuk-15"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Dans met die rooirok: Hoofstuk 15 | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-15\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Dans met die rooirok: Hoofstuk 15 | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Bois d&#8217;Elville Die e-pos van Amelia se erfgenaam, Adrien Marceaux, kom vroegoggend. Hy klink sjarmant en vriendelik en is baie opgewonde om van die nuwe inwoner van Mon Abri te hoor. Hy het moeite gedoen om Amelie se vrae oor [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-15\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2015-04-30T14:49:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2018-04-10T08:48:09+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra2015430164932.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"640\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"613\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"12 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-15\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-15\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Dans met die rooirok: Hoofstuk 15\",\"datePublished\":\"2015-04-30T14:49:00+00:00\",\"dateModified\":\"2018-04-10T08:48:09+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-15\\\/\"},\"wordCount\":2354,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-15\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra2015430164932.jpg\",\"keywords\":[\"verhale\",\"dans met die rooirok\",\"hoofstuk 15\"],\"articleSection\":[\"Lees\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2015\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-15\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-15\\\/\",\"name\":\"Dans met die rooirok: Hoofstuk 15 | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-15\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-15\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra2015430164932.jpg\",\"datePublished\":\"2015-04-30T14:49:00+00:00\",\"dateModified\":\"2018-04-10T08:48:09+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-15\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-15\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-15\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra2015430164932.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra2015430164932.jpg\",\"width\":640,\"height\":613},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-15\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Dans met die rooirok: Hoofstuk 15\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Dans met die rooirok: Hoofstuk 15 | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-15\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Dans met die rooirok: Hoofstuk 15 | rooi rose","og_description":"Bois d&#8217;Elville Die e-pos van Amelia se erfgenaam, Adrien Marceaux, kom vroegoggend. Hy klink sjarmant en vriendelik en is baie opgewonde om van die nuwe inwoner van Mon Abri te hoor. Hy het moeite gedoen om Amelie se vrae oor [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-15\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2015-04-30T14:49:00+00:00","article_modified_time":"2018-04-10T08:48:09+00:00","og_image":[{"width":640,"height":613,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra2015430164932.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"12 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-15\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-15\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Dans met die rooirok: Hoofstuk 15","datePublished":"2015-04-30T14:49:00+00:00","dateModified":"2018-04-10T08:48:09+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-15\/"},"wordCount":2354,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-15\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra2015430164932.jpg","keywords":["verhale","dans met die rooirok","hoofstuk 15"],"articleSection":["Lees"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2015","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-15\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-15\/","name":"Dans met die rooirok: Hoofstuk 15 | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-15\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-15\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra2015430164932.jpg","datePublished":"2015-04-30T14:49:00+00:00","dateModified":"2018-04-10T08:48:09+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-15\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-15\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-15\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra2015430164932.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra2015430164932.jpg","width":640,"height":613},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-15\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Dans met die rooirok: Hoofstuk 15"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7560","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=7560"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7560\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/13981"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=7560"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=7560"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=7560"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}