{"id":75397,"date":"2017-07-03T15:30:17","date_gmt":"2017-07-03T13:30:17","guid":{"rendered":"http:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=75397"},"modified":"2017-07-03T15:31:01","modified_gmt":"2017-07-03T13:31:01","slug":"knysna-hoe-se-n-mens-dankie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/knysna-hoe-se-n-mens-dankie\/","title":{"rendered":"Knysna, hoe s\u00ea \u2019n mens dankie?"},"content":{"rendered":"<p>Ons verhaal is nie uniek nie en dit is beslis nie die mees traumatiese van al die slagoffers van die brand nie, maar dit is ons storie, en ons wil dit graag deel.<\/p>\n<p>Op 7 Junie 2017 het ons seuntjie, Kane, 2 maande oud geword en ek en my vrou wou \u2019n ete hou om die prestasie te vier dat ons dit as nuwe ouers oorleef het. Teen die 8ste was ons dakloos.<\/p>\n<p>Die 7de was \u2019n dag wat baie inwoners van Knysna nooit sal vergeet nie. Ons het almal geweet die wind is op pad, maar niemand kon voorspel wat die wind sou bring nie.<\/p>\n<p>Teen 05:30 was daar reeds \u2019n\u00a0reuk van rook in die lug. Ek het buitentoe gestap en besef die brand moes noordwes van ons wees, maar dit was nog te donker om die rook se roete duidelik te sien. Terwyl ons ontbyt ge\u00ebet het, het ek terloops aan my vrou opgemerk dat ek bly is ek is nie vandag buite om brande te beveg nie. Nie in daardie wind nie. Hoe sinneloos klink daardie opmerking nou? Dit was eers toe ek op pad was werk toe, wat ek besef het daar is nog \u2019n\u00a0groot brand aan die oostekant van Knysna.<\/p>\n<p>Deur die loop van die oggend het die rook dikker geword en daar was gerugte van paaie wat gesluit is. Op sosiale media is hulp gevra vir plase wat ontruim moes word. Die situasie het merkwaardig vinnig agteruitgegaan en Knysna was later effektief ge\u00efsoleer met die N2 wat aan beide kante gesluit is.<\/p>\n<p>Teen 13:30 kon ek nie meer op my werk konsentreer nie en het ek besluit om na die oostelike koppe te ry om te kyk na die brand wat woed. Al was dit middag, moes ek my motorligte aanskakel omdat die son weens die digte rook uitgedoof was. Teen daardie tyd het die westelike koppe ook begin brand, en mense het van die pad afgetrek om foto&#8217;s te neem of om net in ongeloof te kyk hoe vinnig die vuur oor die hange trek. Ek het later in \u2019n koerantartikel gelees dat die brandweerhoof geskat het die vuur het teen 1 km elke uur beweeg en kole het die brand tot 500 m voor die brandfront versprei. Die groot gevaar vir die brandbestryders was dat die brand teen \u2019n\u00a0pas beweeg het wat hulle nog nooit ervaar het nie. Dit was ongelooflik en onvoorspelbaar.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-75403 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/07\/Knysna-1-500x375.jpg\" alt=\"Knysna \" width=\"500\" height=\"375\" \/><\/p>\n<p>Daar was niemand op die oostelike koppe se uitkykpunt nie, nie eens die Rastafariese motorwag wat altyd daar was nie. Dit was \u2019n\u00a0ontnugterende ervaring om oor Knysna uit te kyk. \u2019n Mens kon die dorp nie regtig sien weens die rook nie en selfs Leisure Island was deels verduister. Ek het nie lank gebly nie, want die eerste gedagtes van kommer dat dit ernstig kan raak, het begin posvat. My instink het my in daardie oomblik vertel ek moet huis toe gaan, al was dit net om by my gesin te wees.<\/p>\n<p>Met my aankoms het Matty reeds gebel om te vra waar ek was. Ons het die situasie bespreek en ons ID&#8217;s, paspoorte, die kind se geboortesertifikaat, ons huweliksertifikaat en beursies bymekaar gekry. Ons het die honde se leibande aangesit en was reg om te gaan. Maar ontkenning en ongeloof oor wat besig was om te gebeur, is sterk emosies. Ek het om ons huis gestap en na die koers van die wind gekyk. Ek het die roete van die rook dopgehou en Matty verseker dat ons veilig gaan wees want die wind waai noord en ek dink nie die brand sal oor die Knysna-riviermonding spring nie.<\/p>\n<p>Buite ons heiningstrook was \u2019n groen strook waar dro\u00eb bossies oorgroei was en ek het gedink dit is beter om iets proaktief te doen, eerder as om net te wag. Ek en \u2019n\u00a0vriend en sy familie het pangas gegryp en die ruigtes om ons heining begin afkap om te keer dat die vuur deurkom. Ons het sowat \u2019n\u00a0uur gewerk toe berigte deurgekom het dat die vuur oor die riviermonding naby die Rooi Brug gespring het en vinnig deur Welbedacht beweeg het. John het saam met sy familie gaan pak en ek het aanhou kap. Ek onthou ek het herhaal: &#8220;Jy sal nie ons huis vat nie, jy sal nie ons huis vat nie!&#8221;<\/p>\n<p>Terwyl ek gekap het, het ek dit herhaal, maar toe ek opkyk na die lug oor die vallei na Eastford en Welbedacht was dit duidelik dat wat ek besig was om te doen, nutteloos was. Veral weens die groot, digte en baie dro\u00eb bomme op die erf net 50 meter van ons huis. Ek het besef as die brand dit tref, sal dit verby wees.<\/p>\n<p>Ek het oor die heining na ons huis geklim en vir Matty gaan s\u00ea ons moet pak en ry. Matty, op haar georganiseerde manier, het toe reeds hondekos, babaklere en -melk en doeke vir Kane gepak.<\/p>\n<p>Dit mag dalk vreemd klink vir diegene wat nog nie in so situasie was nie, maar jy weet nie wat om te pak nie. Ons het uiteindelik baie vreemde dinge geneem en belangrike goed agtergelaat. Ek het hardloopsokkies met gate in gegryp, maar nie \u2019n\u00a0langbroek nie. Ons het slaapsakke geneem, maar nie ons kamptoerusting nie. Ek onthou ek het na al ons foto&#8217;s teen die mure gekyk en gedink: Ek weet nie wat om te kies nie. Toe los ek alles.<\/p>\n<p>My baba- en kinderjare-boeke en speelgoed wat ek so gekoester en bewaar het om vir my kind na te laat, het ek gelos. Een eksterne hardeskyf is gepak, maar die skootrekenaar en drie ander hardeskywe met foto&#8217;s op, het dit nie gemaak nie. Ons trouversierings wat ons self gemaak het, die boks met hartvormige houtskyfies met boodskappe van vriende en familie is agtergelaat. Maar Matty het wonderbaarlik ons trou-album en Kane se baba-skanderingsboeke gegryp.<\/p>\n<p>Daar is beslis \u2019n\u00a0element van ontkenning, van &#8220;ek los dit want ons sal m\u00f4re terug wees&#8221;. Ontkenning dat dit so erg was, ontkenning dat ons in gevaar was, ontkenning dat ons dalk nie m\u00f4re \u2019n\u00a0huis sal h\u00ea nie. Dit was ontkenning wat ons daar gehou het en dit was ontkenning wat ons weerhou het om te veel te dink en onvergeetlike stukkies van ons lewens te probeer bymekaarmaak. Maar dit was ook verlammend om te moet kies wat die kosbaarste is.<\/p>\n<p>Ten spyte van dit alles was my hoofprioriteit baie duidelik nie die huis of die inhoud daarvan nie, eerder die vraag, hoe hou ek my gesin veilig? Om te vertrek voor ons vlamme gesien het, was moeilik, maar die regte besluit.<\/p>\n<p>Toe ons wegry, het ons ons buurman gesien stap met \u2019n\u00a0hamer en spykers om die deel van sy heining wat omgewaai het, te gaan regmaak. Ons het vir hom ges\u00ea ons gaan ontruim, maar hy het gedink daar gaan nie \u2019n\u00a0probleem wees\u00a0 nie en hy wou \u2019n\u00a0bietjie langer wag. \u2019n\u00a0Halfuur later moes hy, sy vrou en hul 3-jarige dogtertjie vlug met vlammende stukke puin wat op die pad om hulle re\u00ebn.<\/p>\n<div id=\"attachment_75404\" style=\"width: 510px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-75404\" class=\"wp-image-75404 size-medium\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/07\/Knysna-3-500x375.jpg\" alt=\"Knysna \" width=\"500\" height=\"375\" \/><p id=\"caption-attachment-75404\" class=\"wp-caption-text\">Voor<\/p><\/div>\n<div id=\"attachment_75405\" style=\"width: 510px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-75405\" class=\"wp-image-75405 size-medium\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/07\/Knysna-4-500x375.jpg\" alt=\"Knysna \" width=\"500\" height=\"375\" \/><p id=\"caption-attachment-75405\" class=\"wp-caption-text\">Na<\/p><\/div>\n<p>Met die N2 aan beide kante van Knysna gesluit, was ons beperk met waarheen ons kon gaan. Ek het besluit om na Thesen-eiland te gaan. Aanvanklik het ons na Matty se kantore gegaan, maar toe die krag afgaan, het ons na die SANParke-kantore verskuif. Daar het heelwat ander mense opgedaag, insluitend \u2019n\u00a0gesin wat met twee kinders met vakansie was wat uit hul gastehuis ontruim is.<\/p>\n<p>My besorgdheid het van brandgevaar verskuif na rookgevaar. Daar was oral rook. Dit het oral oor Thesen-eiland gewaai en ek het myself gevra, hoe kan ek my seun uit hierdie rook kry? Wat is my keuses? En om eerlik te wees, daar was nie opsies nie. Om met hom en die honde te probeer rondry, sou gevaarliker wees as om te bly.<\/p>\n<p>Die honde was verstaanbaar onrustig en onrustige honde wil gereeld \u2019n\u00a0draai loop. Elke keer as ek die kantoor verlaat het om buite rond te loop, was die toneel anders. Die westelike koppe het steeds gebrand, maar die vuur het die koppe gespring en was nou aan die oostekant wat na Pezula beweeg het. Die dorp was gehul in rook en \u2019n mens kon vlamme in talle gebiede sien. Gasbottels het oral ontplof en die parkeerarea was vol vlugtelinge. Almal het in ongeloof gekyk na die toneel wat om ons afspeel. Ons het later verneem dat 10 000 mense hul huise ontruim het.<\/p>\n<p>Matty en die honde het uiteindelik om middernag aan die slaap geraak en ek het met Kane in my arms geslaap. My agterstewe was dood want ek kon nie beweeg nie. Dit was die minste wat ek vir Kane kon doen. Ek kon nie beweeg nie want ek wou hom nie wakker maak nie.<\/p>\n<p>My foon het om 02:00 daardie oggend gelui. Dit was my buurman wat hulp gevra het. Hy was terug by sy huis en hoewel dit nie uitgebrand het nie, was daar nog brande om hom en hy het gevra of ek hom sou help om die brande te blus. Ek het Kane vir Matty gegee en gaan help.<\/p>\n<p>Dit is onmoontlik om die rit te beskryf. Al die pad tot by Knysna-hoogtes het ek verby verbrande en smeulende huise en uitgebrande swart dele gery. Toe ek opdraai in Upper McCelland-rylaan, het ek geweet ons huis is weg. Daar was niks oor van die hele ry huise nie. \u2019n\u00a0Uitgebrande bakkie het nog gestaan en rook. My kar se hoofligte oor \u2019n\u00a0leemte van puin gevee. Daar was niks oor nie. Waar die 31 huise in daardie gedeelte van Templemanweg gestaan het, was daar niks. Net no. 10 het nog gestaan.<\/p>\n<p>Ek en my buurman het water op een of twee van die brandplekke gegooi, maar met geen lopende water nie, was daar nie veel meer om te doen nie. Ek het teruggegaan na my gesin en toe ons hoor die N2 was weer oop, het ons die honde en ons sakke geneem en in die kar geklim. Met Kane steeds slapend op Matty se skoot het ons Knysna verlaat. Dit was dieselfde onwerklike rit verby smeulende geboue, brande en verbrande motors. Rook het sigbaarheid swak gemaak en op een plek moes ek uitswaai om \u2019n\u00a0brandende boom te mis wat oor die snelweg geval het en die linkerbaan blokkeer het. My hart het byna gaan staan toe die brandende takke die windskerm en die kant van die kar ref. Dit was waarskynlik die naaste wat ons aan onmiddellike gevaar gekom het en dit het my byna gebreek om te dink dit kon gebeur het net toe ons byna uit die gevaar ontsnap het. Gelukkig het ons baie stadig gery.<\/p>\n<p>Kommunikasie was sedert ongeveer 19:00 byna nul en ek weet nie hoe ons gelyk het toe ons by Matty se ouers aangekom het nie. Maar ek sal nooit die verskriklike verligting vergeet toe ek besef ons is veilig nie.<\/p>\n<p>Donderdag was soos baie ander dae, \u2019n vae herinnering. Ek het teruggekeer na Knysna om die kantoor se sleutels af te gee en my skoonpa het saamgekom om Matty se motor na Sedgefield te bestuur. Die rit was baie stil. Ons het vinnig by ons huis gestop en rondgestap. Ek het my gereedskapkissie in die as gesien l\u00ea. Ek het dit probeer optel, maar dit was nog steeds so warm dat ons besluit het om dit daar te los. Ek het dit nooit weer gekry nie, iemand anders het besluit dat hulle dit meer nodig het &#8230; Vir \u2019n rukkie het dit my kwaad gemaak dat wanneer alles van jou weggeneem is, iemand dit wat wel oorgebly het, ook nog sal vat. Ek is egter nou meer verdraagsaam en dit is nogal hartseer om te dink dat daar mense is wat sal probeer om voordeel te trek uit iemand anders se verlies.<\/p>\n<p>Ek weet nie waar die tyd heen gegaan het of wat ons die volgende week gedoen het nie. Ek onthou dat ek die versekeringsmaatskappy gebel het en hoe ek moes probeer om my emosies te beteuel toe ek herhaaldelik moes verduidelik dat ons ons huis in die Knysna-brande verloor het. Die vlak van deernis, empatie, ondersteuning, aanmoediging en liefde wat ons van familie, vriende, werkskollegas en totale vreemdelinge ontvang het, was absoluut wonderlik en oorweldigend.<\/p>\n<p>Dit was dalk een van die moeilikste aspekte vir my. Om te verstaan \u200b\u200ben te aanvaar dat ons hulp nodig het (beide materieel en emosioneel) en dat ons aan die ontvangkant van die humanit\u00eare trein was en nie aan die gee-kant nie. Dit was \u2019n ervaring wat ons nederig laat besluit het om almal te bedank wat ons op enige manier gehelp het.<\/p>\n<p>Dit klink na so \u2019n klein uitdrukking. Iets wat \u2019n mens dikwels s\u00ea maar nie veel betekenis dra nie, maar met diepe dankbaarheid, opregtheid en nederigheid, dankie.<\/p>\n<p>Dit is duidelik dat daar dinge is wat nooit vervang kan word nie, maar as jy dink aan \u2019n huis as \u2019n plek waar jy herinneringe bou, ontspan, tyd bestee saam met diegene na aan jou, dan is dit die deel wat die seerste maak. \u2019n Fisieke struktuur kan herbou word en sommige van die inhoud kan vervang word. Ander nie. Sekere dinge laat egter herinneringe en \u2019n groot verlies.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-75406 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/07\/Knysna-5-500x375.jpg\" alt=\"Knysna \" width=\"500\" height=\"375\" \/><\/p>\n<p>Ons het deur die as van ons huis gesif vir interessante voorwerpe waaruit \u2019n plaaslike kunstenaar \u2019n herdenkingbeeld kon skep. Ons het \u2019n paar treffende stukke gevind. Die verdraaide wiele van ons bergfietse, my vrou se armband met die woord STRENGTH aan die binnekant gegraveer, die ou Pearston-koshuisklok, die oorblyfsels van my koedoe-toekennings en gesmelte en verwronge medaljes van baie wedlope en fietsryrenne wat ons saam en as \u2019n paartjie voltooi het.<\/p>\n<p>Ons het ons oomblikke wanneer ons net wil huis toe gaan. Daar is \u00a0oomblikke wanneer ons net ge\u00efrriteerd en knorrig is sonder om regtig te weet hoekom, en ons het ons oomblikke waar ons net \u00earens stil wil gaan sit om te huil.<\/p>\n<p>Maar ons probeer om uit te sien na die toekoms en geleenthede te identifiseer eerder as om vas te kyk in die verliese van ons huidige situasie. Ons is op die oomblik verskuif na die sylyn en dit hang net van onsself af wat ons met die nuwe toekoms gaan maak.<\/p>\n<p>Sonder twyfel is ons seun, Kane, \u2019n massiewe se\u00ebn en hy het ons gehelp om hierdie ontstuimige emosies te navigeer. Dit is so \u2019n voorreg en kalmerende invloed om hom net te kan vashou. En met sy glimlaggende reaksie op ons toegewyde aandag, draai hy ons om sy klein vet vingertjies. Beide Matty en Kane het my gehelp om my te sentreer en my gegrond te hou en daarvoor is ek ewig dankbaar.<\/p>\n<p>\u2019n Vriend het my herinner aan iets waaraan ek myself heeltyd probeer herinner: Die vermo\u00eb om terug te bons na so \u2019n ervaring. Om op te staan en weer te begin. Persoonlik en as \u2019n gemeenskap. Dit is beslis aangehelp deur al die mense in ons lewe. Daarsonder sou daar meer krake in ons fasade gewees het.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><em>Die vermo\u00eb om terug te bons na so \u2019n ervaring. Om op te staan en weer te begin<\/em><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Miskien sal dit weer in die toekoms verander, maar op die oomblik het ek \u2019n afkeer om iets vir \u2019n\u00a0spesiale geleentheid te b\u00eare. Ons het \u2019n\u00a0bottel wyn van \u2019n\u00a0beperkte oes verloor wat ons gehou het vir ons 10de huweliksherdenking.<\/p>\n<p>Nou dink ek ons moes destyds die wyn gedrink het op die volgende 10 jaar en dan nog een gekoop het vir die 10 jaar-viering.<\/p>\n<p>My vriend het my ook aan die word \u201cherstel\u201d herinner.<\/p>\n<p>Ons het nou die geleentheid om ons lewens te herstel en in die proses iets beter te skep as wat ons gehad het. Dit kan die fisieke huis wees, maar meer belangrik, dit gaan ook oor hoe ons groei as individue en as \u2019n jong gesin.<\/p>\n<p>Ek is nou meer doelgerig om op te staan en aan te gaan en om ons lewens te herstel. Dit dryf ons en gee ons \u2019n\u00a0rigting om in te beweeg.<\/p>\n<p>Dit sal tyd neem, maar ons sal ons lewens herbou. Intussen is daar baie om voor te leef en baie liefde om te deel.<\/p>\n<p>Dankie aan almal. Julle is te veel om te noem. Party is anoniem, en baie het nie kontaknommers gelaat nie, maar julle het almal \u2019n\u00a0impak op ons lewens gehad en ons hoop dat ons eendag dieselfde vir iemand anders kan doen.<\/p>\n<p>Ons is julle ewig dankbaar.<\/p>\n<p>Kyle, Matty, Kane, Simola en Divot.<\/p>\n<div id=\"attachment_75402\" style=\"width: 510px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-75402\" class=\"wp-image-75402 size-medium\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/07\/Knysna-7-500x375.jpg\" alt=\"Knysna\" width=\"500\" height=\"375\" \/><p id=\"caption-attachment-75402\" class=\"wp-caption-text\">Matty, Kane en Kyle<\/p><\/div>\n<div id=\"attachment_75407\" style=\"width: 415px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-75407\" class=\"wp-image-75407 \" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/07\/Knysna-6-e1499088490998-451x600.jpg\" alt=\"Knysna \" width=\"405\" height=\"539\" \/><p id=\"caption-attachment-75407\" class=\"wp-caption-text\">Simola en Pivot<\/p><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dit was moeilik om te besluit hoe om almal te bedank en hoe om ons dankbaarheid te wys vir al die ondersteuning die afgelope maand na die Knysna-brand. Ons het besluit dat een manier waarop ons dit kan doen, is om ons storie te deel &#8230; Deur Kyle Smith. Foto&#8217;s verskaf deur Kyle en sy vrou, Matty<\/p>\n","protected":false},"author":8,"featured_media":75400,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[674,662],"tags":[5684,21215,23603,23604,23605],"class_list":["post-75397","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-in-die-nuus","category-jou-lewe","tag-trauma","tag-natuurramp","tag-brandstigting","tag-fires","tag-disaster"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Knysna, hoe s\u00ea \u2019n mens dankie? | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Dit was moeilik om te besluit hoe om almal te bedank en hoe om ons dankbaarheid te wys vir al die ondersteuning die afgelope maand na die Knysna-brand.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/knysna-hoe-se-n-mens-dankie\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Knysna, hoe s\u00ea \u2019n mens dankie? | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Dit was moeilik om te besluit hoe om almal te bedank en hoe om ons dankbaarheid te wys vir al die ondersteuning die afgelope maand na die Knysna-brand.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/knysna-hoe-se-n-mens-dankie\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2017-07-03T13:30:17+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2017-07-03T13:31:01+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/07\/Knysna-2.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"653\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"491\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"14 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/knysna-hoe-se-n-mens-dankie\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/knysna-hoe-se-n-mens-dankie\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Michelle Nortje\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\"},\"headline\":\"Knysna, hoe s\u00ea \u2019n mens dankie?\",\"datePublished\":\"2017-07-03T13:30:17+00:00\",\"dateModified\":\"2017-07-03T13:31:01+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/knysna-hoe-se-n-mens-dankie\\\/\"},\"wordCount\":2791,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/knysna-hoe-se-n-mens-dankie\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/07\\\/Knysna-2.jpg\",\"keywords\":[\"trauma\",\"natuurramp\",\"brandstigting\",\"fires\",\"disaster\"],\"articleSection\":[\"In die nuus\",\"Jou lewe\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2017\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/knysna-hoe-se-n-mens-dankie\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/knysna-hoe-se-n-mens-dankie\\\/\",\"name\":\"Knysna, hoe s\u00ea \u2019n mens dankie? | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/knysna-hoe-se-n-mens-dankie\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/knysna-hoe-se-n-mens-dankie\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/07\\\/Knysna-2.jpg\",\"datePublished\":\"2017-07-03T13:30:17+00:00\",\"dateModified\":\"2017-07-03T13:31:01+00:00\",\"description\":\"Dit was moeilik om te besluit hoe om almal te bedank en hoe om ons dankbaarheid te wys vir al die ondersteuning die afgelope maand na die Knysna-brand.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/knysna-hoe-se-n-mens-dankie\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/knysna-hoe-se-n-mens-dankie\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/knysna-hoe-se-n-mens-dankie\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/07\\\/Knysna-2.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/07\\\/Knysna-2.jpg\",\"width\":653,\"height\":491,\"caption\":\"Knysna-vure\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/knysna-hoe-se-n-mens-dankie\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Knysna, hoe s\u00ea \u2019n mens dankie?\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\",\"name\":\"Michelle Nortje\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Michelle Nortje\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Knysna, hoe s\u00ea \u2019n mens dankie? | rooi rose","description":"Dit was moeilik om te besluit hoe om almal te bedank en hoe om ons dankbaarheid te wys vir al die ondersteuning die afgelope maand na die Knysna-brand.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/knysna-hoe-se-n-mens-dankie\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Knysna, hoe s\u00ea \u2019n mens dankie? | rooi rose","og_description":"Dit was moeilik om te besluit hoe om almal te bedank en hoe om ons dankbaarheid te wys vir al die ondersteuning die afgelope maand na die Knysna-brand.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/knysna-hoe-se-n-mens-dankie\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2017-07-03T13:30:17+00:00","article_modified_time":"2017-07-03T13:31:01+00:00","og_image":[{"width":653,"height":491,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/07\/Knysna-2.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Michelle Nortje","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Michelle Nortje","Est. reading time":"14 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/knysna-hoe-se-n-mens-dankie\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/knysna-hoe-se-n-mens-dankie\/"},"author":{"name":"Michelle Nortje","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd"},"headline":"Knysna, hoe s\u00ea \u2019n mens dankie?","datePublished":"2017-07-03T13:30:17+00:00","dateModified":"2017-07-03T13:31:01+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/knysna-hoe-se-n-mens-dankie\/"},"wordCount":2791,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/knysna-hoe-se-n-mens-dankie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/07\/Knysna-2.jpg","keywords":["trauma","natuurramp","brandstigting","fires","disaster"],"articleSection":["In die nuus","Jou lewe"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2017","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/knysna-hoe-se-n-mens-dankie\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/knysna-hoe-se-n-mens-dankie\/","name":"Knysna, hoe s\u00ea \u2019n mens dankie? | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/knysna-hoe-se-n-mens-dankie\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/knysna-hoe-se-n-mens-dankie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/07\/Knysna-2.jpg","datePublished":"2017-07-03T13:30:17+00:00","dateModified":"2017-07-03T13:31:01+00:00","description":"Dit was moeilik om te besluit hoe om almal te bedank en hoe om ons dankbaarheid te wys vir al die ondersteuning die afgelope maand na die Knysna-brand.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/knysna-hoe-se-n-mens-dankie\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/knysna-hoe-se-n-mens-dankie\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/knysna-hoe-se-n-mens-dankie\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/07\/Knysna-2.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/07\/Knysna-2.jpg","width":653,"height":491,"caption":"Knysna-vure"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/knysna-hoe-se-n-mens-dankie\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Knysna, hoe s\u00ea \u2019n mens dankie?"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd","name":"Michelle Nortje","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","caption":"Michelle Nortje"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/75397","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=75397"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/75397\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/75400"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=75397"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=75397"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=75397"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}