{"id":7522,"date":"2015-04-14T12:19:00","date_gmt":"2015-04-14T10:19:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-12\/"},"modified":"2018-04-06T16:15:50","modified_gmt":"2018-04-06T14:15:50","slug":"dans-met-die-rooirok-hoofstuk-12","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-12\/","title":{"rendered":"Dans met die rooirok: Hoofstuk 12"},"content":{"rendered":"<p><em><strong>Die rok<\/strong><\/em><\/p>\n<p>Amelie staar die soveelste keer na die boodskap op haar selfoon. Elke keer voel dit of haar kop gaan bars van woede en vernedering. Dis moeilik om te glo dat iemand so gewetenloos en wreed soos Phillip kan wees.<\/p>\n<p>\u201cDis jou eie skuld. Ek het jou gewaarsku.\u201d Net dit. Hy dink seker dit verskoon sy optrede.<\/p>\n<p>Seer en skok trek op \u2019n knop saam op haar maag. Sy sit op die stoep na die tuin en staar. Die son het skaars deur die nanag-koue gebreek. In die lang slapelose nag het sy met die ding geworstel. Sy voel magteloos want sy voel te verneder om iemand te vertel wat gebeur het. Dis asof sy emosioneel verkrag is. Dis die soort ervaring wat sy nie sommer net uit haar kop kan skuif nie. Sy sal dit alleen moet dra.<\/p>\n<p>Een ding is vir haar duidelik: Die Groenewalds se geheim is so groot dat Phillip bereid is om dit ten alle koste te bewaar.<\/p>\n<p>Sy het haarself nog altyd geroem daarop dat sy mense goed kan ontleed en die dag toe hulle na Buks gesoek het, was sy oortuig Phillip steek \u2019n kwesbaarheid agter sy bruuske geaardheid weg. Nou wonder sy of sy verkeerdelik afgelei het hy het nie die gelukkigste lewe gehad nie.<\/p>\n<p>Of hy is \u2019n goeie akteur, of haar afleiding is reg dat hy nie \u2019n keuse het om saam met sy ma te boer nie. Soos sy pa skynbaar ook nie \u2019n keuse gehad het nie. Sy het na die soektog na Buks gewonder wat is dit wat Phillip teen sy sin op die plaas hou buiten om na sy hoogs bejaarde ma se pype te dans. Nou weet sy dit is iets wat hom in staat stel om \u2019n gemene spel met mense te speel. Sy vermoed Phillip het berou gekry oor hy sy hart teenoor haar uitgepraat het. Toe doen hy wat \u2019n vasgekeerde dier doen: Hy byt.<\/p>\n<p>Na \u2019n lang warm stort maak Amelie vir haarself \u2019n koppie sterk Milo om krag in haar lewelose lyf te pomp. Die kinders mag nie agterkom sy is ontsteld nie. Hulle mag nooit uitvind wat gebeur het nie. Harde werk is al wat vandag haar aandag van Phillip af sal lei en na ontbyt gaan sy die stoorkamer finaal uitpak, besluit sy.<\/p>\n<p>Die seuns is al geoefen om die kratte se geroeste slotte oop te breek en die dogters se nuuskierigheid maak hulle ywerige uitpakkers.<\/p>\n<p>Amelia het skynbaar alles bewaar wat sy uit haar geboorteland saamgebring het. Daar is hope ou boeke waarvan sommige van Amelia se skoolboeke in Frankryk moes wees. Daar is selfs ou speelgoed uit haar kinderjare.<\/p>\n<p>Amelie vind dit vreemd dat iemand wat sulke sentimentele goed na \u2019n vreemde land gebring het, nooit weer wou terugkeer na die plek waar sy grootgeword het nie.<\/p>\n<p>Die geheim van die oorsprong van die blou bottels wat aan die bome hang, word opgeklaar as hulle op \u2019n krat met le\u00eb wynbottels afkom. Van die sigbare datums op die bottels kan afgelei word dit is met tussenposes sedert die Tweede W\u00eareldoorlog Suid-Afrika toe gestuur. Nie al die bottels lyk dieselfde nie, maar almal is kenmerkend blou en die verweerde etikette dui daarop dit is almal van die Le Crotoy-kelder in die Somme-gebied in die Noorde van Frankryk.\u00a0Uit Amelia se familie-albums was dit reeds duidelik sy kom uit \u2019n gesiene familie van wynboere. In een krat is daar verdroogde wyn-lote, wat waarskynlik ook die herkoms aandui van die gevlegte kranse wat saam met die bottels aan die bome hang.<\/p>\n<p>Amelia moes baie na haar land en mense verlang het en die kranse aan die bome gehang het, meen Amelie.<\/p>\n<p>As die wynbottels boodskappe deur die wind aan haar geliefde moes oordra, het die kranse waarskynlik dieselfde doel gedien as sy na haar land verlang.<\/p>\n<p>Mia raak skoon bewo\u00eb oor Amelia se hartseer lewe wat voor hulle ontplooi.<\/p>\n<p>\u201cSy moes baie eensaam gewees het hier tussen die mense wat haar nie wou aanvaar nie. Hoekom het sy nie na haar eie mense toe teruggaan nie?\u201d<\/p>\n<p>Lolla se wysheid klink na \u2019n logiese antwoord: \u201cMiskien kon sy nie teruggaan nie of wou sy nie. Aan al die goed lyk dit my sy is sak en pak daar weg. Asof sy haar hele lewe in kratte gepak het en hierheen gekom het.\u201d<\/p>\n<p>Amelie en die dogters koek rondom die skootrekenaar om berekenings volgens die dokumente in die kratte te maak.<\/p>\n<p>Hulle lei af Amelia was omtrent sestien jaar oud toe sy in 1916 na Suid-Afrika gekom het. Sy het in Mon Abri gewoon tot sy in die jaar 2000 op 98 oorlede is.<\/p>\n<p>\u201cStella s\u00ea sy dink Phil was betrokke by die geveg in Delville Wood. Hier s\u00ea dit dit het in 1916 ge\u00ebindig, die jaar toe Amelia Suid-Afrika toe gekom het. Volgens hierdie kaart maak dit sin dat hy Amelia in daardie tyd kon ontmoet het want die dorp Le Crotoy waar die wynplaas is, was ook in die Somme-gebied waar Delville is. Dit beteken sy was maar 14 jaar oud tydens die geveg en as sy toe met Phil \u2019n verhouding aangeknoop het, was haar ouers moontlik nie tevrede daarmee nie. Dalk het sy weggeloop Suid-Afrika toe?\u201d<\/p>\n<p>Mia het \u2019n nuwe kinkel gereed.<\/p>\n<p>\u201cMaar Mamma, as sy weggeloop het, sou sy nie soveel goed saamgebrig het nie. Het hulle haar nie dalk weggejaag nie? O hemel Mamma, dalk was sy swanger! Die krat met die babaklere!\u201d<\/p>\n<p>Uit die foto-albums kan hulle aflei sy kom uit \u2019n Katolieke gesin en daar is verskeie foto\u2019s wat aandui hulle was toegewyd aan hulle geloof. Al het meisies in daardie jare vroeg getrou, sou \u2019n ongehude swangerskap \u2019n groot skande gewees het.<\/p>\n<p>\u201cEk gaan net vandag nog vir oom Hannes vra om die e-posadres van die erfgenaam vir my te gee. Ek sal graag wil weet of ons afleidings reg is. Ek dink ons raai waarskynlik reg. Die arme mens is seker hiernatoe gepos oor sy swanger is.\u201d<\/p>\n<p>Lolla trek die krat met babaklere nader.<\/p>\n<p>\u201cDit lyk nie of dit gebruik is nie. Wat sou van die baba geword het? Almal s\u00ea dan sy het alleen hier gebly? Dalk is die baba dood? As die baba geleef het, was sy omtrent 84 toe Amelia dood is.\u201d<\/p>\n<p>Mia maak woes berekenings en aantekeninge. Die nuuskierigheid het haar nou behoorlik aangesteek.<\/p>\n<p>\u201cAs sy swanger was toe sy hier aangekom het, is die kind of dood of hier in Suid-Afrika aangeneem! Wat sou van Amelia se kind geword het?\u201d<\/p>\n<p>Amelie skrik vir die volgende leidraad wat haar kind wil opvolg: \u201cMamma se ouma het as kind baie op die dorp gekom?\u201d<\/p>\n<p>Amelie weet waarop Mia afstuur. Die ooreenkoms tussen haar en Amelia en die name wat byna dieselfde klink raak al hoe moeiliker om te ignoreer.<\/p>\n<p>\u201cDit kan tog nie? My ouma Alett was van Franse afkoms maar so ver ek weet het haar familie saam met die Hugenote Suid-Afrika toe gekom. Ek was nooit daarvan bewus dat sy \u2019n aangenome kind was nie, en as sy was, sou hulle nie daaroor gepraat het nie. Ouma was \u2019n baie statige en private mens. Kan dit toeval wees dat sy as kind gereeld op Sederfontein gekom het waar Amelia soos \u2019n kluisenaar gewoon het? Ek wonder by wie het my ouma kom kuier.\u201d<\/p>\n<p>Mia dink die toeval is te groot.<\/p>\n<p>\u201cSederfontein moes toe nog kleiner gewees het. Dink net, Mamma se ouma kuier op die dorp waar \u2019n vrou gewoon het wat byna nes mamma lyk met byna dieselfde naam? Ons sal moet uitvind wat hier aangaan! Kan oumagroot nie dalk Amelia se verlore kind wees nie? Ek meen, regtig Mamma? Dit begin mos sin maak?&#8221;<\/p>\n<p>Amelie se kop hardloop paadjies deur haar herinneringe van haar ouma.<\/p>\n<p>\u201cNou is nie ouma Alett of my ma meer daar om dinge te verduidelik nie. Dis net Ouma se laatlam-suster, Cecelia, wat oor is en sy is deesdae baie vergeetagtig, ek wonder of sy hierdie dinge sal kan onthou.\u201d<\/p>\n<p>Die meisies dans behoorlik rond van opgewondenheid.<\/p>\n<p>\u201cMamma moet haar gaan vra! Wanneer ry ons Pretoria toe?\u201d<\/p>\n<p>Amelie voel skoon duiselig van al die inligting en raaisels. Al die stellings klink of daar iewers waarheid in kan wees, maar dis asof die legkaartstukke net nie behoorlik wil inpas nie.<\/p>\n<p>Die res van die dag sleep hulle heelwat rommel uit die stoor weg om by die twee laaste kratte uit te kom.<\/p>\n<p>Die eerste een bevat ou linne wat waarskynlik saam met Amelia uit Frankryk gekom het. Die dik katoenlakens is vergeel, maar nog in \u2019n goeie toestand. Daar is \u2019n handgemaakte verweerde kwilt wat Amelia as een van die beste fondse uit die stoorkamer beskou.<\/p>\n<p>Die laaste krat bevat klere wat volgens die styl uit die veertigs en vyftigs dateer. Amelia het goeie smaak gehad en die rokke is almal getailleer en waarskynlik deur \u2019n vaardige kleremaakster gemaak. Aan die materiaal en patrone uit van die vorige kratte kan hulle aflei dat dit waarskynlik Amelia self is.<\/p>\n<p>Die <em>vintage<\/em> klere het die meisiekinders in vervoering en hulle pas die een uitrusting na die ander aan.<\/p>\n<p>\u201cMamma moet ook aanpas, kyk, julle het omtrent dieselfde liggaamsbou gehad.\u201d<\/p>\n<p>Lolla hou \u2019n olyfgroen aandrok voor Amelie. Terwyl sy dit aantrek, wonder sy waarheen Amelia die rok en die ander aandrokke sou dra. Die rok pas net nie in die leefstyl van iemand wat soos \u2019n kluisenaar geleef het nie. Miskien het sy dit gedra die aande wat Phil weggesluip het om by haar te kom kuier.<\/p>\n<p>\u201cDit pas asof dit vir Mamma gemaak is? Kyk, Mia!\u201d<\/p>\n<p>Amelie vee met haar hande oor die tafsy. Die rok is presies die regte lengte.<\/p>\n<p>Die meisies delf dieper in die krat en haal die interessantste skeppings uit. Al het Amelia in Suid-Afrika gebly, het sy skynbaar tred gehou met nuwe modes uit Europa. Daar was verskeie ou patrone en knipsels uit Franse tydskrifte in een van die kratte.<\/p>\n<p>Amelie geniet die modeparade saam met haar meisiekinders. Hulle het selfs \u2019n spie\u00ebl uit die huis gaan haal en neem foto\u2019s van elke uitrusting wat geparadeer word. Die lug ruik die ene mottegif, maar dit en die stofneerslae op die klere skrik hulle nie af nie.<\/p>\n<p>Amelie is nog besig om \u2019n Chanel-styl pakkie aan te pas toe sy die meisies eers na hulle asems hoor snak en daarna in \u2019n koor hoor gil.<\/p>\n<p>\u201cMaaaaa! Kyk!\u201d<\/p>\n<p>Haar knie\u00eb raak lam as sy sien wat dit is wat hulle uit die krat lig.<\/p>\n<p>\u201cDis <em>freeking amazing<\/em>, is dit nie? Ma?\u201d<\/p>\n<p>Amelie voel hoe haar mond droog word. Dit kan tog nie wees nie? Sy loop bewend nader en steek haar hand versigtig uit na die rok. Die materiaal is sysag onder haar vingerpunte. Die hals is laag en agter is die rug oop tot op die lae rug. Die pante klok uit na onder en vorm \u2019n effense sleep agter.<\/p>\n<p>\u201cMamma? Wat is verkeerd?\u201d Lolla se stem ruk haar terug na die werklikheid.<\/p>\n<p>\u201cDit lyk of Mamma \u2019n spook gesien het!\u201d<\/p>\n<p>Amelie wonder of die kind nie inderdaad reg is nie. Sy het nog nie een oomblik geglo dat Amelia in die huis spook nie, maar nou &#8230;<\/p>\n<p>\u201cWat is dit Mamma? Wat is dit aan die rok wat Mamma so laat skrik?\u201d Mia hou terstond \u2019n glas koeldrank na haar uit en Amelie sluk gulsig om van die droogheid ontslae te raak.<\/p>\n<p>Sy kyk weer na die rok wat nou oor die kis gedrapeer l\u00ea. Dis ongelooflik, maar hier voor haar is die feite. Dit is beslis die rok wat Amelia in haar droom aangehad het! Die rooi rok waarmee sy deur die kamer gedans het. Die rok van haar droom.<\/p>\n<p>Of was dit \u2019n droom?<\/p>\n<p><a id=\"75&amp;h=Verhale&quot;&quot;\" target=\"\"><\/a>Lees hoofstuk 1-11 hier<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die rok Amelie staar die soveelste keer na die boodskap op haar selfoon. Elke keer voel dit of haar kop gaan bars van woede en vernedering. Dis moeilik om te glo dat iemand so gewetenloos en wreed soos Phillip kan [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":13883,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[43452],"tags":[99,1628],"class_list":["post-7522","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-lees","tag-verhale","tag-dans-met-die-rooirok"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Dans met die rooirok: Hoofstuk 12 | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-12\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Dans met die rooirok: Hoofstuk 12 | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die rok Amelie staar die soveelste keer na die boodskap op haar selfoon. Elke keer voel dit of haar kop gaan bars van woede en vernedering. Dis moeilik om te glo dat iemand so gewetenloos en wreed soos Phillip kan [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-12\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2015-04-14T10:19:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2018-04-06T14:15:50+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra2015414121944.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"640\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"613\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"10 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-12\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-12\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Dans met die rooirok: Hoofstuk 12\",\"datePublished\":\"2015-04-14T10:19:00+00:00\",\"dateModified\":\"2018-04-06T14:15:50+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-12\\\/\"},\"wordCount\":1956,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-12\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra2015414121944.jpg\",\"keywords\":[\"verhale\",\"dans met die rooirok\"],\"articleSection\":[\"Lees\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2015\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-12\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-12\\\/\",\"name\":\"Dans met die rooirok: Hoofstuk 12 | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-12\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-12\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra2015414121944.jpg\",\"datePublished\":\"2015-04-14T10:19:00+00:00\",\"dateModified\":\"2018-04-06T14:15:50+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-12\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-12\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-12\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra2015414121944.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra2015414121944.jpg\",\"width\":640,\"height\":613},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-12\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Dans met die rooirok: Hoofstuk 12\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Dans met die rooirok: Hoofstuk 12 | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-12\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Dans met die rooirok: Hoofstuk 12 | rooi rose","og_description":"Die rok Amelie staar die soveelste keer na die boodskap op haar selfoon. Elke keer voel dit of haar kop gaan bars van woede en vernedering. Dis moeilik om te glo dat iemand so gewetenloos en wreed soos Phillip kan [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-12\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2015-04-14T10:19:00+00:00","article_modified_time":"2018-04-06T14:15:50+00:00","og_image":[{"width":640,"height":613,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra2015414121944.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"10 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-12\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-12\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Dans met die rooirok: Hoofstuk 12","datePublished":"2015-04-14T10:19:00+00:00","dateModified":"2018-04-06T14:15:50+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-12\/"},"wordCount":1956,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-12\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra2015414121944.jpg","keywords":["verhale","dans met die rooirok"],"articleSection":["Lees"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2015","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-12\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-12\/","name":"Dans met die rooirok: Hoofstuk 12 | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-12\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-12\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra2015414121944.jpg","datePublished":"2015-04-14T10:19:00+00:00","dateModified":"2018-04-06T14:15:50+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-12\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-12\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-12\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra2015414121944.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra2015414121944.jpg","width":640,"height":613},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-12\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Dans met die rooirok: Hoofstuk 12"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7522","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=7522"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7522\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/13883"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=7522"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=7522"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=7522"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}