{"id":74808,"date":"2017-06-20T16:02:55","date_gmt":"2017-06-20T14:02:55","guid":{"rendered":"http:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=74808"},"modified":"2017-07-13T12:57:33","modified_gmt":"2017-07-13T10:57:33","slug":"rian-van-heerden-die-mag-van-die-woord","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rian-van-heerden-die-mag-van-die-woord\/","title":{"rendered":"Rian van Heerden: die mag van die woord"},"content":{"rendered":"<p>Sy broer het net nou die dag gevra of hy nou klaar is met radio, vertel Rian van Heerden oor \u2019n koppie koffie. Hy is pas klaar met sy derdelaaste skof as aanbieder van <strong>Jacaranda FM<\/strong> se ontbytprogram. \u201cToe s\u00ea ek vir hom: <em>radio never leaves you<\/em>. Ek is nog nie heeltemal klaar nie.\u201d<\/p>\n<p>Hoe waar hierdie woorde is, besef hy toe iewers in die volgende 48 uur, want op 31 Maart 2017 \u2013 wat sy laaste dag sou wees \u2013 maak Jacaranda se stasiebestuurder die verrassende aankondiging: Rian bly nog drie maande aan.<\/p>\n<p>Hoekom, wil ek later by hom weet. Het die dramatiese middernagtelike politieke gebeure van die vorige aand, toe pres. Zuma die minister van finansies en 14 ander ministers en adjunkministers afgedank het, iets met sy besluit te doen gehad?<\/p>\n<p>\u201cSo iets, ja. Radio is my groot passie, en daar is nog te veel werk om te doen, te veel goed op my <em>bucket list<\/em> wat ek wil aftiek.\u201d Soos maatskaplike opheffing, waaraan daar \u2019n reuse-behoefte is. En natuurlik heelwat mense in magsposisies om kwaad te maak, skerts hy. \u201cMaar einde Junie maak ek beslis klaar.\u201d<\/p>\n<p>Sy antwoord is \u2019n bevestiging van iets wat ek tydens ons onderhoud reeds opgemerk het: Rian se dae as <em>shock jock<\/em> is ver agter hom. Die nuwe Rian is baie bewus van die mag van die woord en die invloed wat iemand soos \u2019n radioaanbieder op mense se alledaagse lewe en denke kan h\u00ea.<\/p>\n<p>Die kentering het gekom n\u00e1 sy gewraakte opmerking teenoor \u2019n luisteraar dat sy breindood is en haar by die Nuwe Hoop-skool vir leergestremdes in Pretoria moet inskryf. \u201cToe die woorde uit is, het ek besef ek moes dit nie ges\u00ea het nie, en ek is steeds spyt daaroor,\u201d erken hy op sy reguit manier.<\/p>\n<p>Voor di\u00e9 voorval was hy \u2019n paar keer in die sop oor iets wat hy op die lug kwytgeraak het, maar nog nooit het dit hom so diep geraak soos hierdie keer nie. Luisteraars het sy afdanking ge\u00ebis, en \u2019n vriendin het hom by die Uitsaaiklagtekommissie verkla. \u201cEk is s\u00f3 bly sy het dit gedoen, want dit was nodig,\u201d s\u00ea hy vandag. Hy het sy werk behou, maar is beboet en moes op die lug om verskoning vra. \u201cEk het daardie boete verdien, en nie omgegee om dit te betaal nie.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><em>&#8220;Toe die woorde uit is, het ek besef ek moes dit nie ges\u00ea het nie, en ek is steeds spyt daaroor&#8221;<\/em><\/h4>\n<p>Hy het daarop aangedring om die skool te besoek en ook daar om verskoning te gaan vra. Daar, tussen die leerders van die skool, het hy \u2019n oomblik beleef wat sy lewensuitkyk vir altyd verander het.<\/p>\n<p>\u201cDaar staan ek en hulle kyk na my met hierdie vrolike, onskuldige gesiggies, en ek besef skielik die mag van woorde. Dit was <em>humbling<\/em>. Daardie dag het ek vir die eerste keer regtig begin dink oor wat ek op die lug s\u00ea. Ek het van toe af \u2019n groter bewustheid van die behoeftes en regte van ander mense. Ek het meer balans in my werk gekry.\u201d<\/p>\n<p>Nie dat hy skielik in \u2019n heilige verander het nie. Daarvoor is hy steeds te uitgesproke. Maar anders as voorheen, toe hy nie omgegee het om berug te wees nie en soms omstrede goed ges\u00ea het net omdat hy kon, wonder hy nou dikwels: hoe op aarde het ons destyds weggekom met alles wat ons op lug kwytgeraak het?<\/p>\n<p>Rian het sy radiodebuut in 1992 op Tuks Radio (deesdae TuksFM) gemaak. Dit was die era waarin Howard Stern, \u2019n Amerikaanse radioaanbieder, die <em>shock jock<\/em>-konsep aan die w\u00eareld bekend gestel het.<\/p>\n<p>\u201cHoe meer omstrede jy op die radio kon wees, hoe beter. Niemand het eintlik oor die uitwerking van die gesproke woord gedink nie, of ons het bloot nie omgegee nie. Almal op radio wou berug wees \u2013 dis mos lekker! Dit het gegaan oor skok, skok en nogmaals skok.<\/p>\n<p>\u201cNou wil ek nie meer opsetlik skok nie. Ek het ook \u2019n duidelike besef gekry van radioaanbieders se verantwoordelikheid om te help. Nie net om te help dat iemand sy dag met \u2019n glimlag of \u2019n bietjie hoop begin nie, maar ook letterlike hulp om iemand se lewe te verander. Ons radiomense het ook \u2019n plig om mense in te lig en met mekaar te help versoen.\u201d<\/p>\n<p>Maar, erken hy, dit tap \u2019n mens se energie. \u201cEk sou seker kans gesien het vir nog vyf jaar as dit nie so baie uit \u2019n mens geneem het om elke oggend vir almal wat luister hoop en energie vir die dag te gee nie.\u201d Dis hoekom hy vasbeslote is om radio n\u00e1 Junie vaarwel toe te roep \u2013 altans, vir eers.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><em>&#8220;Ons radiomense het ook \u2019n plig om mense in te lig en met mekaar te help versoen&#8221;<\/em><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Ons praat oor roem. Vir Rian is dit baie relatief. \u201cWat is roem nou regtig? Wie se maatstaf gebruik ons? Hier is roem gewis nie dieselfde as in die res van die w\u00eareld nie. Hier is jy bekend in jou eie groep, maar dit beteken nie noodwendig jy is beroemd nie. Ek beskou Jacob Zuma, Julius Malema, Evita en Leon Schuster as beroemd. Maar \u00e9k is nie beroemd nie. Dalk berug, ja!\u201d skerts hy.<\/p>\n<p>Die gesprek draai na sosiale media en hoe dit mense se persepsies en optrede be\u00efnvloed. \u201cAs daar een ding is wat ek nie kan verdra nie, is dit selfopgelegde onkunde. Daar is soveel nuusbronne \u2013 gebruik dit! Alles wat in die w\u00eareld om jou gebeur, het \u2019n invloed op jou. Wees ingelig! En moet tog nie alles glo wat op sosiale media versprei word nie! Neem nou maar die Spur-rassevoorval, en die foto van die dogtertjie met die klapmerk op die gesig. Dis \u2019n foto van Amerikaanse dogtertjie wat op \u2019n bus geklap is en het opslae gemaak in die VSA, maar toe vat iemand die foto en verkondig vir die waarheid dat dit die Spur-dogtertjie is, en almal glo en versprei dit en blaas die haat net verder aan. Voor sosiale media was daar net so \u2019n paar malles wat vir jou traktaatjies oor byvoorbeeld die Illuminati gepos het. Nou deel hulle daardie twak op sosiale media, en almal slurp dit op as feite en hits mekaar aan deur dit verder te versprei. Niemand bevraagteken niks nie!\u201d<\/p>\n<p>Rian voel sterk daaroor dat ons almal \u2019n verantwoordelikheid het om te help bou aan \u2019n beter Suid-Afrika, veral in die onseker tye waarin ons nou gedompel is weens die politiek. Hy glo gewone Suid-Afrikaners kan die land vorentoe neem. \u201cOns kan nie meer rassisme toelaat nie. Ons moet eenvoudig iemand korrigeer wat daardie soort haat aanblaas. As jy dit nie doen nie, gee jy<br \/>\nas \u2019t ware jou se\u00ebn.\u201d<\/p>\n<p>Vir Rian, wat eers teologie studeer het, en die Bybel al \u201csewe of agt keer\u201d deurgelees het, is dit ondenkbaar dat iemand homself \u2019n Christen kan noem en \u2019n rassis kan wees. \u201cHoe kan jy God net vir jou en jou eie groep toe\u00ebien? Onthou ook maar: dit wat jy op sosiale media sien, is net deel van ons werklikheid. Daar is miljoene goeie mense in hierdie land wat net wil aangaan met hul lewe en wat versoening bly kies, en nie haat nie.\u201d<\/p>\n<p>Hoewel hy duidelik nie dieselfde Rian is as \u2019n paar jaar gelede nie, beteken dit nie almal hou nou skielik van hom nie. Dit weet hy maar alte goed.<\/p>\n<p>\u201cKyk, jy praat mos nou eintlik hier met \u2019n man wat uit die dood opgewek is. Verlede naweek het daar gerugte rondgegaan dat ek doodgeskiet is.\u201d Luisteraars se reaksie op sy \u201cdood\u201d het hom maar net weer daaraan herinner dat mense in die openbare oog uitgelewer bly aan die publiek se mening, verdiend of onverdiend. \u201cDaar was mense wat baie bly was dat dit nie waar was nie, maar ja, daar was ook diegene wat ges\u00ea het hulle sal vir die skieter skietlesse gee dat hy volgende keer kan raakskiet.\u201d<\/p>\n<p>Dit slaan hom steeds stom dat die luisteraars wat die ongeskikste boodskappe stuur dikwels ook dieselfde mense is wat vir hom Bybelversies aanhaal, maar daarmee het hy ook vrede gemaak.<\/p>\n<p>\u201cEk moes \u2019n dik vel ontwikkel in hierdie beroep, en het dit lank terug vir myself uitgemaak: daar is vier of vyf mense in my lewe vir wie ek die reg gee om \u2019n mening oor my lewe uit te spreek. Na hulle sal ek luister. Na die res &#8211; glad nie.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Rian oor Rian en met Rian<\/h4>\n<p>Hy het geen twyfel dat sy pad vorentoe weer met radio sal kruis nie, maar voorlopig wag daar drie nuwe uitdagings: \u2019n <strong>eenmanstuk<\/strong> wat hy spesiaal vir die Innibos-kunstefees ontwikkel, \u2019n nuwe <strong>televisieprogram<\/strong> wat mense gaan laat regop sit, en sy <strong>outobiografie<\/strong> wat volgende jaar verskyn.<\/p>\n<p>Moenie dink die boek gaan bloot Rian se storie van A tot Z wees nie. \u201cDis nogal moeilik om te <strong>besluit<\/strong> wat sit jy in, en wat laat jy uit. Dit sal waarskynlik gaan oor die goed wat ek eerder nie moes ges\u00ea het nie.\u201d Hy bly \u2019n oomblik stil, dink \u2019n bietjie. Vervolg dan: \u201cOf nee, eintlik moes ek dit tog ges\u00ea het. Want dit het <strong>groot debatte<\/strong> tot gevolg gehad.\u201d<\/p>\n<p>Later vanjaar gaan ons hom ook weer op <strong>kykNET<\/strong> beleef in \u2019n program \u201cwat mense beslis aan die praat gaan kry\u201d. Meer wil hy nie op die oomblik verklap nie, maar dis duidelik uit sy ondeunde glimlag dat hy nie kan wag om weer die TV-waters te roer nie.<\/p>\n<p>Sy verhoogproduksie gaan <em><strong>Rian met Rian<\/strong><\/em> heet. \u201cDis \u2019n soort <strong>selfgesprek<\/strong> om die goed te vertel wat vertel moet word. En ek gaan nie terugstaan vir die onderhoudvoerder nie, hoor. Ek gaan myself grind. As jy al daardie stories bymekaarweef, gaan jy \u2019n prentjie kry van my en die tyd waarin ek geleef het.\u201d<\/p>\n<p>Daar is baie <strong>stories<\/strong> wat hy voel nog nooit vertel is nie. \u201cSoos wat werklik gebeur het toe ek die aand \u2019n brief aan Rapport geskryf het om te s\u00ea ek is gay. Of die dag wat ek saam met Eug\u00e8ne Terre\u2019Blanche op sy plaas deurgebring het n\u00e1 sy ontslag uit Rooigrond-gevangenis. Sy perd het my met die kop gestamp, ons het sy ma se graf gaan besoek &#8230; \u201d Hy bly \u2019n oomblik stil, asof hy terugdink. \u201cEug\u00e8ne op vol spoed in \u2019n onderhoud was soos \u2019n stoomtrein!\u201d<\/p>\n<p>Gaan hy <strong>toer<\/strong> met die produksie? \u201cAg, ek sal maar sien. Dis vir my meer \u2019n <strong>platform<\/strong> om al hierdie stories te vertel as iets om mee geld te maak. Dit gee my kans om van aangesig tot aangesig met die <strong>publiek<\/strong> te kom. Dis maklik om agter \u2019n mikrofoon te sit en vir mense te s\u00ea wat jy dink hulle moet en wil hoor, maar om dit op \u2019n verhoog te doen, is iets heeltemal anders. Hulle kan jou gooi met iets, of uitstap.\u201d<\/p>\n<p>En het mense al? \u201cNog nie gegooi met iets nie, maar uitgestap, ja. En dadelik <strong>gebedsgroepies<\/strong> gaan stig om vir my te bid! En met my een vertoning in Pretoria is die onlustepolisie, kompleet met R4-aanvalsgewere, gestuur om vir my \u2019n dagvaarding te bring. En dit alles oor ek plakkate onwettig opgesit het. Al die wins wat ek met daardie vertoning gemaak het, het ek net weer so op regskoste en die boete uitgegee.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Rian van Heerden was nog nooit bang om sy s\u00ea te s\u00ea nie, maar deesdae dink hy twee keer oor sy woorde. Hy gesels met ons oor wat di\u00e9 kentering veroorsaak het, en ook oor sy toekomsplanne. Deur Ilse Salzwedel. Foto Peter Whitfield<\/p>\n","protected":false},"author":8,"featured_media":74809,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[661,15259,15261,675],"tags":[722,1164,1387,23450,24339],"class_list":["post-74808","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-ons-mense","category-caxton","category-use-all-images-and-text","category-bekendes","tag-radio","tag-afrikaans","tag-celebs","tag-entertainment","tag-local-celebs"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Rian van Heerden: die mag van die woord | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rian-van-heerden-die-mag-van-die-woord\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Rian van Heerden: die mag van die woord | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Rian van Heerden was nog nooit bang om sy s\u00ea te s\u00ea nie, maar deesdae dink hy twee keer oor sy woorde. Hy gesels met ons oor wat di\u00e9 kentering veroorsaak het, en ook oor sy toekomsplanne. Deur Ilse Salzwedel. Foto Peter Whitfield\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rian-van-heerden-die-mag-van-die-woord\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2017-06-20T14:02:55+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2017-07-13T10:57:33+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/06\/Rian-van-Heerden.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1000\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1363\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"9 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/rian-van-heerden-die-mag-van-die-woord\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/rian-van-heerden-die-mag-van-die-woord\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Michelle Nortje\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\"},\"headline\":\"Rian van Heerden: die mag van die woord\",\"datePublished\":\"2017-06-20T14:02:55+00:00\",\"dateModified\":\"2017-07-13T10:57:33+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/rian-van-heerden-die-mag-van-die-woord\\\/\"},\"wordCount\":1890,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/rian-van-heerden-die-mag-van-die-woord\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/06\\\/Rian-van-Heerden.jpg\",\"keywords\":[\"radio\",\"afrikaans\",\"celebs\",\"entertainment\",\"local celebs\"],\"articleSection\":[\"Ons mense\",\"Caxton\",\"Use all images and text\",\"Bekendes\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2017\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/rian-van-heerden-die-mag-van-die-woord\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/rian-van-heerden-die-mag-van-die-woord\\\/\",\"name\":\"Rian van Heerden: die mag van die woord | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/rian-van-heerden-die-mag-van-die-woord\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/rian-van-heerden-die-mag-van-die-woord\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/06\\\/Rian-van-Heerden.jpg\",\"datePublished\":\"2017-06-20T14:02:55+00:00\",\"dateModified\":\"2017-07-13T10:57:33+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/rian-van-heerden-die-mag-van-die-woord\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/rian-van-heerden-die-mag-van-die-woord\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/rian-van-heerden-die-mag-van-die-woord\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/06\\\/Rian-van-Heerden.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/06\\\/Rian-van-Heerden.jpg\",\"width\":1000,\"height\":1363,\"caption\":\"Rian van Heerden\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/rian-van-heerden-die-mag-van-die-woord\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Rian van Heerden: die mag van die woord\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\",\"name\":\"Michelle Nortje\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Michelle Nortje\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Rian van Heerden: die mag van die woord | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rian-van-heerden-die-mag-van-die-woord\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Rian van Heerden: die mag van die woord | rooi rose","og_description":"Rian van Heerden was nog nooit bang om sy s\u00ea te s\u00ea nie, maar deesdae dink hy twee keer oor sy woorde. Hy gesels met ons oor wat di\u00e9 kentering veroorsaak het, en ook oor sy toekomsplanne. Deur Ilse Salzwedel. Foto Peter Whitfield","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rian-van-heerden-die-mag-van-die-woord\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2017-06-20T14:02:55+00:00","article_modified_time":"2017-07-13T10:57:33+00:00","og_image":[{"width":1000,"height":1363,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/06\/Rian-van-Heerden.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Michelle Nortje","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Michelle Nortje","Est. reading time":"9 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rian-van-heerden-die-mag-van-die-woord\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rian-van-heerden-die-mag-van-die-woord\/"},"author":{"name":"Michelle Nortje","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd"},"headline":"Rian van Heerden: die mag van die woord","datePublished":"2017-06-20T14:02:55+00:00","dateModified":"2017-07-13T10:57:33+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rian-van-heerden-die-mag-van-die-woord\/"},"wordCount":1890,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rian-van-heerden-die-mag-van-die-woord\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/06\/Rian-van-Heerden.jpg","keywords":["radio","afrikaans","celebs","entertainment","local celebs"],"articleSection":["Ons mense","Caxton","Use all images and text","Bekendes"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2017","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rian-van-heerden-die-mag-van-die-woord\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rian-van-heerden-die-mag-van-die-woord\/","name":"Rian van Heerden: die mag van die woord | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rian-van-heerden-die-mag-van-die-woord\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rian-van-heerden-die-mag-van-die-woord\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/06\/Rian-van-Heerden.jpg","datePublished":"2017-06-20T14:02:55+00:00","dateModified":"2017-07-13T10:57:33+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rian-van-heerden-die-mag-van-die-woord\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rian-van-heerden-die-mag-van-die-woord\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rian-van-heerden-die-mag-van-die-woord\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/06\/Rian-van-Heerden.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/06\/Rian-van-Heerden.jpg","width":1000,"height":1363,"caption":"Rian van Heerden"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rian-van-heerden-die-mag-van-die-woord\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Rian van Heerden: die mag van die woord"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd","name":"Michelle Nortje","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","caption":"Michelle Nortje"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/74808","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=74808"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/74808\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/74809"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=74808"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=74808"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=74808"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}