{"id":74804,"date":"2017-06-12T15:49:10","date_gmt":"2017-06-12T13:49:10","guid":{"rendered":"http:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=74804"},"modified":"2017-07-13T12:57:43","modified_gmt":"2017-07-13T10:57:43","slug":"pierre-van-pletzen-oor-oud-word","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/pierre-van-pletzen-oor-oud-word\/","title":{"rendered":"Pierre van Pletzen oor oud word"},"content":{"rendered":"<p>Pierre van Pletzen wat tans as Manie Kraaywinkel op kykNET in <strong>PHIL 101<\/strong> te sien is, hou sommer baie van hierdie\u00a0<em>quirky<\/em>,\u00a0onvoorspelbare, eksentrieke ou met sy unieke manier van dink. Kan ook nie anders nie \u2013 Pierre is ook nie juis \u2019n hoofstroomdenker nie.<\/p>\n<p>Hy ryg deesdae die produksies in. Naas PHIL 101 het hy ook onlangs aan <strong>Meerkat Maantuig<\/strong> gewerk, \u2019n rolprent wat op Riana Scheepers se boek <em>Blinde Sambok<\/em> gegrond is.<\/p>\n<p>Aanhangers van sy <strong>7de Laan<\/strong>-karakter, Oubaas, het niks te vrese nie. Pierre het nog genoeg tyd vir die Laan.<\/p>\n<p>\u201cSedert ek op \u2019n roepbasis by die Laan is, is dit makliker. Almal moet maar meet en pas.\u201d<\/p>\n<p>Dit was vir hom heerlik om saam met regisseur Johan Cronj\u00e9 aan PHIL 101 te werk. Johan was ook medeskrywer en onder sy leiding kon Pierre die karakter analiseer en uitbou.<\/p>\n<p>\u201cDit was nie maklik om Manie te speel nie. Trouens, geen rol is r\u00earig maklik nie. Wanneer \u2019n akteur s\u00ea \u2019n rol is \u2018maklik\u2019, probeer hy nie hard genoeg nie. Dit was \u2019n goeie en uitdagende kombinasie van makliker en moeiliker tonele.\u201d<\/p>\n<p>PHIL 101 word as \u2019n \u201chisteriese\u201d komedie beskryf en die wanfunksionele filosofiedepartement aan die Sentrale Universiteit van Suid-Afrika beloof om die kykers voor die TV vasgenael te hou. Die reeks word op kykNET (DStv 144) uitgesaai en sluit akteurs in soos Frank Opperman, Bennie Fourie, Retief van der Liefde, Stiaan Smith en die nuweling Cintaine Schutte. Dis \u2019n spanpoging wat satiriese vermaak op sy beste verseker.<\/p>\n<p>Die sentrale karakter, Phillip Coetzee, is idealisties, wanaangepas en effe vreemd. Sy menseverhoudinge is nie van die beste nie en hy word aan die diep kant ingegooi toe hy hoof van die departement word. Hy is \u2019n man met baie boekekennis en min mensekennis!<\/p>\n<p>Die karakters, soos die antagonistiese baas, Dok Knipoog Knoetze en natuurlik ook Pierre se Manie, is groot pret.<\/p>\n<p>Die skrywers het vreemde karakters geskep om met die werklike lewe die draak te steek. Die mense en hul verskille, asook die vreemde eksentrisiteit wat van elke karakter \u2019n individu maak, sal die kyker laat voel hy ken baie mense wat net soos die karakters in die reeks is.<\/p>\n<p>Spelers soos Philippus Boshoff, Marie Molefe van Heerden, Corn\u00e9 Koegelenberg, Mila Guy, Sandra Vaughn, Bibi Slippers en Elma Postma maak ook \u2019n draai op die skerm en elke karakter kry lewe uit die pen van teksskrywer Jakus Eloff van Binnelanders-faam.<\/p>\n<p>Die skrywer en regisseur van die reeks het \u2019n gesofistikeerde, nuwe soort komedie geskep, s\u00ea Anneke Villet, \u2019n opdraggewende redakteur van die reeks. \u201cDit het \u2019n tong-in-die-kies aanslag en elke karakter is outentiek.\u201d<\/p>\n<p>Die vervaardigers is hoogs in hul skik dat hulle twee sulke ervare komedie-akteurs soos Pierre en Frank in die rolverdeling het. Dit is die eerste keer in dekades dat hulle weer saamwerk.<\/p>\n<p>Dit was nie vir Pierre so moeilik om n\u00e1 jare as Oubaas direk in \u2019n nuwe rol te klim nie. \u201cNatuurlik is dit maklik om na sewentien jaar van 7de Laan in Oubaas se vel te klim. Maar nou kom ander faktore ter sprake, soos tegniek, ervaring, inlewing en \u2019n vars benadering.\u201d<\/p>\n<div id=\"attachment_74806\" style=\"width: 410px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-74806\" class=\"wp-image-74806 size-medium\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/06\/Pierre-van-Pletzen-2-400x600.jpg\" alt=\"Pierre-van-Pletzen\" width=\"400\" height=\"600\" \/><p id=\"caption-attachment-74806\" class=\"wp-caption-text\">Foto: Hema Patel<\/p><\/div>\n<p>Hy vat beslis nie \u2019n rol of karakter huis toe nie.<\/p>\n<p>\u201cDalk gebeur dit in die eerste paar jaar van jou toneelspelery maar as \u2019n geskoolde en geslypte werker neem tegniek en ervaring oor en dit word baie makliker om jou in \u2019n nuwe rol in te werk.\u201d<\/p>\n<p>Hy sal wel \u2019n ogie daarop hou en sy regisseur ook vra om seker te maak dat hy nie van Oubaas se mani\u00ebrismes oordra nie. \u201cMaar aan die ander kant is iets nuuts weer so \u2019n stimulasie dat die adrenalien en muse sterker werk.\u201d<\/p>\n<p>Hy is baie dankbaar dat hy sy ervaring as TV-akteur kon bou op die fondament van die eerste dekade van sy loopbaan op die verhoog.<\/p>\n<p>Hy het in \u2019n stadium gevoel dat hy genoeg verhoogwerk in al sy vorme gedoen het, maar aanvanklik was daar net hier en daar \u2019n rolprent en later televisie.<\/p>\n<p>Maar toe kom 7de Laan en sy loopbaan verander drasties: \u2019n gereelde inkomste, vaste ure en blootstelling aan televisiewerk en regie.<\/p>\n<p>Daar is so baie wat hy nog wil doen. Veral rolprentwerk. \u201cEk het aan niks meer as tien prente gewerk nie en ek sal nie omgee om meer te doen nie.\u201d<\/p>\n<p>Maar, s\u00ea hy, die verhoog sal altyd \u2019n trekpleister bly. Dis die slagaar van \u2019n akteur of regisseur, hoewel die dissipline wat \u2019n lewende gehoor van jou eis, altyd \u2019n uitdaging vir enige akteur sal inhou. Dis die plek waar hy immer tuis sal voel.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Ateljeewerk is nog \u2019n groot liefde<\/h4>\n<p>Hy hou van die geborgenheid van \u2019n gebou en alles wat die genre uniek maak. Maar op die oomblik is rolprentwerk sy gunsteling. Die ervaring maak hom gelukkig en skep nuwe uitdagings. Hy pak elke rol voluit aan en sal nooit by \u2019n bepaalde soort karakter vashaak nie. Di\u00e9 dat hy in die toekoms nie weer \u2019n tipiese \u201cOubaas\u201d-karakter sal speel nie.<\/p>\n<p>Dis vir hom lekker om gereeld saam met ander skrywers en regisseurs te werk, soos Hanneke Schutte, wat ook die regisseur van Meerkat Maantuig is.<\/p>\n<p>Die werk aan die prent was \u2019n wegkomkans uit die 7de Laan-ateljee. Hy het die rol van \u2019n oupa in die prent gespeel en Rika Sennett was die ouma aan sy sy. Die 13-jarige Anchen du Plessis was hul kleinkind.<\/p>\n<p>\u2019n Taamlike nuwe rol waarin hy hom beslis inleef, is di\u00e9 van \u2019n oupa in die werklike lewe. Sy dogter, Zetske, en haar man, Altus Theart, het onlangs \u2019n seuntjie gehad en volgens di\u00e9 oupa \u201cis hy die oulikste kind op aarde!\u201d<\/p>\n<p>Dit is vir hom ongelooflik lekker om oupa te wees. Hy is immers mal oor babas. \u201cMaar nou is dit my dogter se baba en nog meer van \u2019n wonderwerk. \u2019n Kind is \u2019n geskenk van God.\u201d<\/p>\n<p>Hy is vreeslik trots op Zetske en Altus. \u201cHulle is wonderlike ouers. En natuurlik is klein Alexander die oulikste, mooiste en slimste baba op aarde. En nee, ek\u2019s glad nie subjektief nie!\u201d<\/p>\n<p>Pierre en sy vrou, Sandra, is baie na aan sy kinders, Zetske en Peach, uit sy eerste huwelik met Elzette Maarschalk. Hulle is boonop almal in die vermaaklikheidsw\u00eareld betrokke.<\/p>\n<p>\u201cDaar is nie \u2019n geheim wat verseker dat \u2019n familie hegte bande smee nie, s\u00ea hy. Vir hulle het dit net vanself gekom en liefde, waardering. respek, ruimte, vriendskap, waardering en meer dra alles daartoe by.<\/p>\n<p>Pierre is \u2019n gesonde, hardwerkende akteur en naas die stent wat hy \u2019n paar jaar gelede gekry het, het hy niks om oor te kla nie, dankie. Dis nou ondanks die talle kere wanneer \u201coud\u201d of \u201cou\u201d met verwysing na sy karakters gebruik word.<\/p>\n<p>Maar as hy oor iets mag kla, sal dit sy knie\u00eb wees. Di\u00e9 keil hom deesdae \u2019n bietjie op maar sal ook eersdaags aandag kry.<\/p>\n<p>Hy hou sy gesondheid dop en sy huwelik met die \u201cwonderlike Sandra\u201d dra beslis daartoe by. \u201cHaar liefde en onderskraging is vir my van onskatbare waarde.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Al kom die voorsetsel \u2018ou\u2019 voor in rolle soos Oubaas en Oupa, en al is hy deesdae in die werklike lewe ook oupa, is daar niks ouds aan Pierre van Pletzen nie, dankie! Deur Martie Swanepoel. Foto&#8217;s Hema Patel<\/p>\n","protected":false},"author":8,"featured_media":74805,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[661,15259,15261,675],"tags":[1387,3621,23450,24339],"class_list":["post-74804","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-ons-mense","category-caxton","category-use-all-images-and-text","category-bekendes","tag-celebs","tag-afrikaanse-akteur","tag-entertainment","tag-local-celebs"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Pierre van Pletzen oor oud word | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/pierre-van-pletzen-oor-oud-word\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Pierre van Pletzen oor oud word | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Al kom die voorsetsel \u2018ou\u2019 voor in rolle soos Oubaas en Oupa, en al is hy deesdae in die werklike lewe ook oupa, is daar niks ouds aan Pierre van Pletzen nie, dankie! Deur Martie Swanepoel. Foto&#039;s Hema Patel\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/pierre-van-pletzen-oor-oud-word\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2017-06-12T13:49:10+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2017-07-13T10:57:43+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/06\/Pierre-van-Pletzen.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1000\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"965\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"6 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/pierre-van-pletzen-oor-oud-word\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/pierre-van-pletzen-oor-oud-word\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Michelle Nortje\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\"},\"headline\":\"Pierre van Pletzen oor oud word\",\"datePublished\":\"2017-06-12T13:49:10+00:00\",\"dateModified\":\"2017-07-13T10:57:43+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/pierre-van-pletzen-oor-oud-word\\\/\"},\"wordCount\":1182,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/pierre-van-pletzen-oor-oud-word\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/06\\\/Pierre-van-Pletzen.jpg\",\"keywords\":[\"celebs\",\"afrikaanse akteur\",\"entertainment\",\"local celebs\"],\"articleSection\":[\"Ons mense\",\"Caxton\",\"Use all images and text\",\"Bekendes\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2017\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/pierre-van-pletzen-oor-oud-word\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/pierre-van-pletzen-oor-oud-word\\\/\",\"name\":\"Pierre van Pletzen oor oud word | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/pierre-van-pletzen-oor-oud-word\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/pierre-van-pletzen-oor-oud-word\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/06\\\/Pierre-van-Pletzen.jpg\",\"datePublished\":\"2017-06-12T13:49:10+00:00\",\"dateModified\":\"2017-07-13T10:57:43+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/pierre-van-pletzen-oor-oud-word\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/pierre-van-pletzen-oor-oud-word\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/pierre-van-pletzen-oor-oud-word\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/06\\\/Pierre-van-Pletzen.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/06\\\/Pierre-van-Pletzen.jpg\",\"width\":1000,\"height\":965,\"caption\":\"Pierre-van-Pletzen\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/pierre-van-pletzen-oor-oud-word\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Pierre van Pletzen oor oud word\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\",\"name\":\"Michelle Nortje\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Michelle Nortje\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Pierre van Pletzen oor oud word | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/pierre-van-pletzen-oor-oud-word\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Pierre van Pletzen oor oud word | rooi rose","og_description":"Al kom die voorsetsel \u2018ou\u2019 voor in rolle soos Oubaas en Oupa, en al is hy deesdae in die werklike lewe ook oupa, is daar niks ouds aan Pierre van Pletzen nie, dankie! Deur Martie Swanepoel. Foto's Hema Patel","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/pierre-van-pletzen-oor-oud-word\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2017-06-12T13:49:10+00:00","article_modified_time":"2017-07-13T10:57:43+00:00","og_image":[{"width":1000,"height":965,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/06\/Pierre-van-Pletzen.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Michelle Nortje","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Michelle Nortje","Est. reading time":"6 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/pierre-van-pletzen-oor-oud-word\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/pierre-van-pletzen-oor-oud-word\/"},"author":{"name":"Michelle Nortje","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd"},"headline":"Pierre van Pletzen oor oud word","datePublished":"2017-06-12T13:49:10+00:00","dateModified":"2017-07-13T10:57:43+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/pierre-van-pletzen-oor-oud-word\/"},"wordCount":1182,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/pierre-van-pletzen-oor-oud-word\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/06\/Pierre-van-Pletzen.jpg","keywords":["celebs","afrikaanse akteur","entertainment","local celebs"],"articleSection":["Ons mense","Caxton","Use all images and text","Bekendes"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2017","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/pierre-van-pletzen-oor-oud-word\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/pierre-van-pletzen-oor-oud-word\/","name":"Pierre van Pletzen oor oud word | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/pierre-van-pletzen-oor-oud-word\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/pierre-van-pletzen-oor-oud-word\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/06\/Pierre-van-Pletzen.jpg","datePublished":"2017-06-12T13:49:10+00:00","dateModified":"2017-07-13T10:57:43+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/pierre-van-pletzen-oor-oud-word\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/pierre-van-pletzen-oor-oud-word\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/pierre-van-pletzen-oor-oud-word\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/06\/Pierre-van-Pletzen.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/06\/Pierre-van-Pletzen.jpg","width":1000,"height":965,"caption":"Pierre-van-Pletzen"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/pierre-van-pletzen-oor-oud-word\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Pierre van Pletzen oor oud word"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd","name":"Michelle Nortje","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","caption":"Michelle Nortje"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/74804","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=74804"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/74804\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/74805"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=74804"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=74804"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=74804"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}