{"id":74799,"date":"2017-06-20T15:35:12","date_gmt":"2017-06-20T13:35:12","guid":{"rendered":"http:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=74799"},"modified":"2017-07-13T12:57:35","modified_gmt":"2017-07-13T10:57:35","slug":"anneline-kriel-die-lewe-goed","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/anneline-kriel-die-lewe-goed\/","title":{"rendered":"Anneline Kriel: die lewe is goed"},"content":{"rendered":"<p>Van Witbank tot Mauritius. En tussen di\u00e9 twee plekke het Anneline Kriel se pad wye en interessante draaie gegooi. En \u2019n gebrek aan opwinding was daar ook nie.<\/p>\n<p>Die blondekop was net 19 toe sy as <strong>Mej. W\u00eareld<\/strong> gekroon is nadat die oorspronklike wenner, Helen Morgan, n\u00e1 vier dae bedank het omdat dit aan die lig gekom het dat sy \u2019n kind het. Dit klink dalk na \u2019n sprokie, maar dit was allermins. Die bloedjong Anneline moes leer om fel kritiek en internasionale boikotte te hanteer. Sy is as die gesig van apartheid bestempel, en Amerika en Australi\u00eb het onder meer geweier dat sy as deel van die Mej. W\u00eareldtoer daarheen gaan. Tog het sy gou die liefling van die media geword.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Hoe voel sy vandag oor skoonheidskompetisies?<\/h4>\n<p>\u201cEk dink dis \u2019n goeie leerskool, en een wat vir meisies baie deure kan oopmaak. As ek nie gewen het nie, sou ek waarskynlik met my eerste liefde getrou het en my lewe sou heel anders verloop het.\u201d<\/p>\n<p>Sy het toe nie met haar jeugliefde getrou nie, maar op 25 met die casino-magnaat Sol Kerzner. Sy en haar tweede man, wyle Philip Tucker, het twee dogters, Tayla en Witney. En sy en Peter Bacon is sowat 20 jaar getroud.<\/p>\n<p>Anneline en Peter woon nou al byna ses jaar op Mauritius.<\/p>\n<p>\u201cOns twee was nog altyd gek na die eiland en ek het eindelose herinneringe aan vakansies hier. Maar om op Mauritius vakansie te hou is heelwat anders as om hier te woon. Ons lewe is eenvoudig en goed. Ons is omring deur lieflike hartsmense en ons sewe honde.<\/p>\n<p>\u201cOns handel soggens al ons sake en take af, want smiddae word dit ongelooflik warm. Later eet ons \u2019n rustige middagete wat Peter of ons huishoudster, Francois, voorberei. Francois is \u2019n lieflike Kreoolse vrou. Smiddae ontspan ons en vroegaand speel ons dikwels \u2019n potjie Scrabble. Ons hou van goeie flieks en kyk ook daagliks na die nuus sodat ons op die hoogte kan bly van wat buite die eiland gebeur.\u201d<\/p>\n<p>Dis die rustige deel van hul lewe. Hoewel Peter, voormalige hoofuitvoerende beampte van Sun International, amptelik afgetree is, dien hy nog as nie-uitvoerende raadslid in die direksies van Sun International en Woolworths en hy het ook verskeie sakebelange in Mauritius en Suid-Afrika. Peter het vir Sun International gewerk toe Anneline nog met Sol Kerzner getroud was. Min het sy toe geweet dat hy eendag haar man en geesgenoot sou word.<\/p>\n<p>Sy s\u00ea Peter is haar beste vriend en hulle deel twintig jaar al dieselfde passies. \u201cOns het ook verskeie sakebelange, soos die die aftreeboetiekhotel, sorgsentrum en meenthuise wat ons\u00a0naby Plettenbergbaai ontwikkel. Die plek se naam is Quartet. Ons het ook \u2019n ou boot, Gryphon, op \u2019n veiling in Mauritius gekoop en is besig om di\u00e9 heeltemal oor te doen en op te knap sodat ons haar kan uithuur. Peter help ook baie met my en my dogter Witney se onderneming. Sy beste eienskap is dat hy \u2019n perfeksionis is &#8211; ek hou van orde!\u201d<\/p>\n<p>Oor die verloop van haar lewe is sy heel filosofies: \u201cEk was op 19 baie onskuldig en na\u00efef, maar in di\u00e9 bedryf leer jy vinnig \u2013 ook om nie te maklik te vertrou nie. Ek glo jou lewenspad is \u2019n leerskool. Daar is altyd die goed en die sleg, maar ek het geleer om aan te beweeg. Deesdae maak ek \u2019n deur toe as iets nie vir my goed is nie en sluit die hoofstuk finaal af. Ek moet bieg dat die besluit my ook al duur te staan gekom het! Die ander kant van die munt is dat as jy passievol is oor iets en jou passie volg, sal jy soete sukses smaak.<\/p>\n<p>As ek terugkyk op my lewe, is daar soveel waarvoor ek dankbaar is. Groot en klein. Dit was heerlik om as aktrise te kon werk en ek sal dit altyd onthou. My modeldae het weer vir my die geleentheid gebied om baie te reis.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><em>&#8220;Ek was op 19 baie onskuldig en na\u00efef, maar in di\u00e9 bedryf leer jy vinnig \u2013 ook om nie te maklik te vertrou nie&#8221;<\/em><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>\u201cEk sal nooit in my kinders se pad staan in hul soeke na hul eie drome nie. Ek en Peter het vir finansi\u00eble ondersteuning gesorg sodat hulle hul studie kon voltooi. Di\u00e9 keuses is nie altyd permanent nie en ek glo aan \u2019n plan B!<\/p>\n<p>\u201cMy oudste, Tayla, woon in Kaapstad en die jongste, Witney, besit \u2019n swemreeks genaamd Laya Swim. Sy reis voortdurend. Hulle is jong volwassenes wat hul voete in \u2019n mededingende beroepsw\u00eareld probeer vind. Ek het ook drie stiefdogters wat almal reeds ma\u2019s is. Hulle is vir my \u2019n groot bron van vreugde. By hulle het ek geleer dat \u2019n mens liefde en vertroue moet troetel omdat dit nie vanself gebeur nie. Naomi woon op \u2019n plaas naby Stellenbosch, Olivia is in Los Angeles en Claudia in Engeland.\u201d<\/p>\n<p>Anneline is ingestel op haar familie. \u201cAs jong meisie was ek glad nie familievas nie. Toe wou ek die lewe geniet. Maar dinge verander as jy ouer word en jou waardes verander ook.\u201d<\/p>\n<p>Sy is gemaklik oor ouer word. \u201cDit is interessant om ouer te word. Ek benut en geniet die kennis wat ek deur die jare bymekaargemaak het. Natuurlike skoonheid was nog altyd my voorkeur. Ek probeer ook gesond eet en leef, oefen matig &#8211; swem is my gunsteling &#8211; en tuinmaak is my lekkerste tydverdryf. Ek is \u2019n regte huishen!<\/p>\n<p>\u201cOm die le\u00ebnessindroom vry te spring het ons \u2019n paar straathonde aangeneem,\u201d vertel Anneline laggend. \u201cOns het ook ons twee honde van Suid-Afrika af saamgebring. Diere l\u00ea my na aan die hart. Hoe kan diere wat op die mens aangewese is, so mishandel word? Dit is skokkend en hartseer dat soveel mense die vermo\u00eb verloor het om menslik en barmhartig teenoor weerlose wesens te wees. Ek sien daagliks hoe mense respek vir lewe verloor het. My hart bloei ook vir Suid-Afrikaanse boere, vlugtelinge en mense wat van honger omkom.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><em>&#8220;As jong meisie was ek glad nie familievas nie. Toe wou ek die lewe geniet. Maar dinge verander as jy ouer word en jou waardes verander ook&#8221;<\/em><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Die plaasmoorde veral, ontstel haar. \u201cEk het \u2019n stem en ek gaan hom gebruik. Ek voel verplig om \u2019n bewusmakingsveldtog van stapel te stuur omdat ek omgee vir die mense wat hul lewe op so \u2019n sinlose en wrede manier verloor. Daar is boere in my familie ook. Ek is baie teleurgesteld dat president Jacob Zuma nog nie die plaasmoorde openlik veroordeel het nie. Dit is onaanvaarbaar. Hoekom is hy so onaangeraak deur iets wat ons hele land raak? Ons leef in \u2019n verligte era waar die welstand van almal vir die president van die hoogste belang moet wees. Met \u2019n ondersteunende leier kan ons \u2019n wonderlike land h\u00ea, maar nou voel dit asof almal stroomop swem.\u201d<\/p>\n<p>En nee, sy mis nie al die negatiwiteit waardeur sy elke dag in Suid-Afrika gebombardeer was nie. Maar sy kom kuier gereeld by haar familie en vriende in Suid-Afrika.<\/p>\n<p>Maar wanneer die Bacons op hul katamaran, Kili, klim en op die blou water van Mauritius seil, vervaag die w\u00eareld daarbuite.<\/p>\n<p>\u201cWanneer ek tussen die visse snorkel, onthou ek elke keer hoe bevoorreg ek is. Ek is so dankbaar vir my lewe, my dogters, familie en my gesondheid. Sonder gesondheid is jou genot so beperk. As ek terugkyk op my lewe, kan ek eerlik s\u00ea dat selfs die slegte tye goed was. Ek dank die Here vir \u2019n beeldskone lewe.\u201d<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-74802 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/06\/Anneline-Kriel-2-400x600.jpg\" alt=\"Anneline-Kriel\" width=\"400\" height=\"600\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>In \u2019n neutedop<\/h4>\n<p>\u2022 Anneline is op 28 Julie 1955 op Witbank (Emalahleni) gebore.<br \/>\n\u2022 Sy het aan die Universiteit van Pretoria studeer.<br \/>\n\u2022 Sy het \u2019n broer, Ernst, en sussie, Renette.<br \/>\n\u2022 In 1974 het sy die Mej. Suid-Afrika-kroon gedra voordat sy die Mej. W\u00eareld-titel verower het.<br \/>\n\u2022 Anneline het buiten haar modelwerk ook in verskeie flieks, verhoogproduksies en televisiereekse opgetree.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Meer as 40 jaar gelede het die Mej. W\u00eareldkroon netjies op die blonde kop van Anneline Kriel gesit. Sedertdien het haar w\u00eareld heeltemal verander. Sy woon nou op \u2019n eiland en dra die kroon van vrou, ma, diereversorger en tuinier. Deur Corn\u00e9l Dunn. Foto\u2019s Johan Wilke<\/p>\n","protected":false},"author":8,"featured_media":74800,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[661,15259,15261,675],"tags":[6,1387,1745,23450,24339],"class_list":["post-74799","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-ons-mense","category-caxton","category-use-all-images-and-text","category-bekendes","tag-skoonheid","tag-celebs","tag-model","tag-entertainment","tag-local-celebs"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Anneline Kriel: die lewe is goed | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/anneline-kriel-die-lewe-goed\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Anneline Kriel: die lewe is goed | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Meer as 40 jaar gelede het die Mej. W\u00eareldkroon netjies op die blonde kop van Anneline Kriel gesit. Sedertdien het haar w\u00eareld heeltemal verander. Sy woon nou op \u2019n eiland en dra die kroon van vrou, ma, diereversorger en tuinier. Deur Corn\u00e9l Dunn. Foto\u2019s Johan Wilke\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/anneline-kriel-die-lewe-goed\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2017-06-20T13:35:12+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2017-07-13T10:57:35+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/06\/Anneline-Kriel.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1000\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1423\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"7 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/anneline-kriel-die-lewe-goed\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/anneline-kriel-die-lewe-goed\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Michelle Nortje\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\"},\"headline\":\"Anneline Kriel: die lewe is goed\",\"datePublished\":\"2017-06-20T13:35:12+00:00\",\"dateModified\":\"2017-07-13T10:57:35+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/anneline-kriel-die-lewe-goed\\\/\"},\"wordCount\":1318,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/anneline-kriel-die-lewe-goed\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/06\\\/Anneline-Kriel.jpg\",\"keywords\":[\"skoonheid\",\"celebs\",\"model\",\"entertainment\",\"local celebs\"],\"articleSection\":[\"Ons mense\",\"Caxton\",\"Use all images and text\",\"Bekendes\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2017\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/anneline-kriel-die-lewe-goed\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/anneline-kriel-die-lewe-goed\\\/\",\"name\":\"Anneline Kriel: die lewe is goed | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/anneline-kriel-die-lewe-goed\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/anneline-kriel-die-lewe-goed\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/06\\\/Anneline-Kriel.jpg\",\"datePublished\":\"2017-06-20T13:35:12+00:00\",\"dateModified\":\"2017-07-13T10:57:35+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/anneline-kriel-die-lewe-goed\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/anneline-kriel-die-lewe-goed\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/anneline-kriel-die-lewe-goed\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/06\\\/Anneline-Kriel.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/06\\\/Anneline-Kriel.jpg\",\"width\":1000,\"height\":1423,\"caption\":\"Anneline-Kriel\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/anneline-kriel-die-lewe-goed\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Anneline Kriel: die lewe is goed\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\",\"name\":\"Michelle Nortje\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Michelle Nortje\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Anneline Kriel: die lewe is goed | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/anneline-kriel-die-lewe-goed\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Anneline Kriel: die lewe is goed | rooi rose","og_description":"Meer as 40 jaar gelede het die Mej. W\u00eareldkroon netjies op die blonde kop van Anneline Kriel gesit. Sedertdien het haar w\u00eareld heeltemal verander. Sy woon nou op \u2019n eiland en dra die kroon van vrou, ma, diereversorger en tuinier. Deur Corn\u00e9l Dunn. Foto\u2019s Johan Wilke","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/anneline-kriel-die-lewe-goed\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2017-06-20T13:35:12+00:00","article_modified_time":"2017-07-13T10:57:35+00:00","og_image":[{"width":1000,"height":1423,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/06\/Anneline-Kriel.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Michelle Nortje","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Michelle Nortje","Est. reading time":"7 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/anneline-kriel-die-lewe-goed\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/anneline-kriel-die-lewe-goed\/"},"author":{"name":"Michelle Nortje","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd"},"headline":"Anneline Kriel: die lewe is goed","datePublished":"2017-06-20T13:35:12+00:00","dateModified":"2017-07-13T10:57:35+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/anneline-kriel-die-lewe-goed\/"},"wordCount":1318,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/anneline-kriel-die-lewe-goed\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/06\/Anneline-Kriel.jpg","keywords":["skoonheid","celebs","model","entertainment","local celebs"],"articleSection":["Ons mense","Caxton","Use all images and text","Bekendes"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2017","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/anneline-kriel-die-lewe-goed\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/anneline-kriel-die-lewe-goed\/","name":"Anneline Kriel: die lewe is goed | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/anneline-kriel-die-lewe-goed\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/anneline-kriel-die-lewe-goed\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/06\/Anneline-Kriel.jpg","datePublished":"2017-06-20T13:35:12+00:00","dateModified":"2017-07-13T10:57:35+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/anneline-kriel-die-lewe-goed\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/anneline-kriel-die-lewe-goed\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/anneline-kriel-die-lewe-goed\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/06\/Anneline-Kriel.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/06\/Anneline-Kriel.jpg","width":1000,"height":1423,"caption":"Anneline-Kriel"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/anneline-kriel-die-lewe-goed\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Anneline Kriel: die lewe is goed"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd","name":"Michelle Nortje","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","caption":"Michelle Nortje"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/74799","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=74799"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/74799\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/74800"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=74799"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=74799"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=74799"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}