{"id":74524,"date":"2017-06-20T10:36:13","date_gmt":"2017-06-20T08:36:13","guid":{"rendered":"http:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=74524"},"modified":"2017-06-21T09:15:17","modified_gmt":"2017-06-21T07:15:17","slug":"rustig-in-magaliesburg-vir-jou-sintuie-en-jou-siel","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rustig-in-magaliesburg-vir-jou-sintuie-en-jou-siel\/","title":{"rendered":"Rustig in Magaliesberg: vir jou sintuie en jou siel"},"content":{"rendered":"<p>Jare lank was die begrip \u201crustig\u201d iets waaroor ek gereeld sou dagdroom, maar selde kon beleef. Dalk ervaar jy dit ook: sodra jy in die versoeking kom om sommer net te gaan sit, onthou jy van \u2019n e-pos\/oproep\/sperdatum\/huistakie wat weier om te wag.<\/p>\n<p>Toe, tot my verbasing, hoor ek \u201cRustig\u201d is ook die naam van \u2019n plek. Een wat jy op Google Maps kan opspoor.<\/p>\n<p>So het dit gekom dat ons op \u2019n wintersoggend n\u00e1 \u2019n ent stofpad tussen lowergroen bome deurry en die oorspronklike plaashuis saam met die ander geboue voor ons sien l\u00ea &#8211; prentjiemooi met \u00a0die berg in die agtergrond. Skielik was &#8220;rustig&#8221; nie meer \u2019n ontwykende toestand waarop my verbeelding \u2019n greep probeer kry het nie. Dit was d\u00e1\u00e1r: in die lug, in die grond onder ons voete, die roosbome, die wit gewels en die rooi dakke. \u2019n Kalmte, byna tasbaar, wat diep in jou kom l\u00ea.<\/p>\n<p>Ek het verstaan hoekom \u2019n stuk aarde di\u00e9 naam sou kry.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone size-medium wp-image-74695 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/06\/IMG_8879-500x333.jpg\" alt=\"ie-en-jou-siel-rustig-erfenis-huis\" width=\"500\" height=\"333\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Van stappers tot bruidspare<\/h4>\n<p>Rustig is selde sonder <strong>stappers<\/strong>, individue of groepe. Daar is drie dagroetes (3 km, 5 km en 13 km) en twee oornagroetes (13 km en 15-18 km). Ons het die 5 km-roete gestap en was be\u00efndruk met die doeltreffende merkers \u2013 as jy al \u2019n bergpad byster geraak het, stem jy waarskynlik saam dat goeie aanwysings net so belangrik is as mooi natuurskoon!<\/p>\n<p>N\u00e1 die stappery kan jy \u2019n yskoue drankie en iets lekkers by die restaurant geniet of in die blou swembad afkoel, en nie noodwendig in daardie volgorde nie.<\/p>\n<p>Begeleide voetslaanervarings word ook aangebied. Stappers wat \u2019n oornagroete aandurf, kan hul bagasie teen \u2019n ekstra fooi na die oornaghutte laat vervoer.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone size-full wp-image-74694 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/06\/Laraine-Rabie-Photography-web-80.jpg\" alt=\"ie-en-jou-siel-rustig-stappers\" width=\"299\" height=\"448\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Wegbreekbesoekers<\/strong> wat \u2019n dag of langer na siel en liggaam wil herstel, het \u2019n wye akkommodasiekeuse:<\/p>\n<ul>\n<li>Die <em>back packers<\/em> het ses kamers met ses beddens elk, \u2019n gemeenskaplike kombuis en ablusieblokke binne loopafstand.<\/li>\n<li>Die rustieke Kliphuis, een van die oudste geboue, het twee slaapkamers, \u2019n kombuisie en \u2019n private braai-area. Die ablusieblok is \u2019n klipgooi ver.<\/li>\n<li>Die plaashuis het vyf slaapkamers, drie badkamers, kombuis, groot stoep en ingeboude braai.<\/li>\n<li>Drie selfsorgtente het vier beddens, \u2019n kombuisie en en suite-badkamer.<\/li>\n<li>Een selfsorgtent het ses beddens, kombuisie en en suite-badkamer. Die tente is die netjiesste wat ons nog te\u00ebgekom het.<\/li>\n<li>Die Erfenishuis \u2013 my gunsteling &#8211; is in 1931 voltooi en onlangs tot sy eertydse glorie gerestoureer. Daar is drie dubbelkamers, \u2019n eetkamer, formele sitkamer, Viktoriaanse badkamer en luukse kombuis. Etes word soms op die stoep langs die huis bedien en pieknieks in die pragtuin met vier reusagtige palmbome.<\/li>\n<\/ul>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone wp-image-74690 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/06\/IMG_8841-400x600.jpg\" alt=\"ie-en-jou-siel-rustig-fontein\" width=\"311\" height=\"467\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>By Rustig word<strong> bruidspare en hul huweliksgaste<\/strong> op die hande gedra. Die restaurantkompleks met sy praguitsig, reusestoep, kinderspeelkamer, volledig toegeruste kroeg en sigaarkamer of <em>VIP lounge<\/em> kan tot 150 gaste akkommodeer. As die weer saamspeel, kan die huwelikseremonie in die tuin met sy fontein en lieflike bome gehou word.<\/p>\n<p>Twee belangrike trekpleisters is die fynkos wat op Rustig bedien word en die besonderse fotogeleenthede. Gaan loer gerus by\u00a0<a href=\"http:\/\/www.rustig.co.za\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">rustig.co.za<\/a> om \u2019n idee te kry van die tuin en die Erfenishuis waar die bruid, bruidegom en hul gevolg kan oorbly. En omdat Rustig slaapplek het vir 74 gaste, kan \u2019n huweliksfees in \u2019n kuiernaweek omskep word.<\/p>\n<p>Die bou van \u2019n kapel is in die beplanningsfase.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone size-full wp-image-74693 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/06\/IMG_9046.jpg\" alt=\"ie-en-jou-siel-rustig-troue\" width=\"299\" height=\"448\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Rustig is ideaal vir <strong>konferensies, korporatiewe funksies, spanbougeleenthede, jaareindfunksies <\/strong>en so meer. Die restaurantkompleks is veelsydig genoeg om aan uiteenlopende vereistes te voldoen, en die groot bome kan altyd as wegbreekruimtes ingespan word.<\/p>\n<p><strong>Private funksies<\/strong> soos verjaardagpartytjies, herdenkings, bruids- of Ooievaarstees en skoolfunksies (daguitstappies of oornag) word almal verbeeldingryk hanteer.<\/p>\n<p>Ek noem die lekkerste laaste: Rustig se <strong>pieknieks<\/strong> in die tuin, of op die stoep van die Erfenishuis. Al wat ek gaan s\u00ea is dat die kos, die kreatiewe aanbieding en die gulhartigheid waarmee ons verwen is, iets is wat elke lekkerbek self moet gaan beleef. Voorafbespreking is noodsaaklik.<\/p>\n<p>Moenie Rustig se <strong>spesiale verblyfaanbiedings<\/strong>\u00a0by\u00a0<a href=\"http:\/\/www.rustig.co.za\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">rustig.co.za<\/a> misloop nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone size-full wp-image-74680 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/06\/Laraine-Rabie-Photography-web-272.jpg\" alt=\"ie-en-jou-siel-rustig-kinders\" width=\"448\" height=\"299\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Kindervriendelik<\/h4>\n<p>Rustig se eienaar, Johan Oosthuizen, is nie net \u2019n suksesvolle sakeman en boer nie, maar ook die trotse oupa van\u00a0ses kleinkinders. Die kleingoed kom gereeld op Rustig kuier en daar is oorgenoeg vir hulle en hul ouderdomsgenote om te doen: \u2019n speelparkie, trampolien, springkasteel, raak-aan-\u2019n-lammetjie-ervaring, \u2019n spesiale kinderspyskaart en peuselpakkies, asook temapartytjies vir kinders.<\/p>\n<p>Bel vooraf om te verseker dat hierdie aanbiedings op die dag van jul besoek beskikbaar is.<\/p>\n<p>Hierdie wintervakansie (2017) word \u2019n \u201c<em>Kiddies Craft Corner<\/em>&#8221; van twee uur per dag aangebied, en vir middagete kan die kinders hul eie pizza maak of piekniek hou in die tuin.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>\u2019n Tikkie geskiedenis<\/h4>\n<p>Die eienaar se ma, \u201cOuma Janna\u201d soos almal op Rustig haar noem, is in die oorsponklike plaashuis gebore. As jy in die Erfenishuis oornag, sal die familieportrette en ander memorabilia jou dalk ook terugneem na vervlo\u00eb dae.<\/p>\n<p>Rustig re\u00ebl graag geskiedkundige praatjies oor die Magalies Meander-omgewing waar Anglo-Boereoorlogveldslae onder meer plaasgevind het .<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone size-full wp-image-74685 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/06\/IMG_20170611_123508.jpg\" alt=\"ie-en-jou-siel-rustig-veld\" width=\"448\" height=\"336\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Pluspunte<\/h4>\n<ul>\n<li>Rustig is sowat 45 minute se ry vanaf Johannesburg sowel as Pretoria.<\/li>\n<li>Vir my l\u00ea Rustig se sjarme enersyds in die rus en vrede wat jy daar ervaar, en andersyds \u2013 of liewer, ver\u00e1l \u2013 in die opregte vriendelikheid van die personeel. Jy word met die wydste glimlag ontvang en deurgaans met die grootste bedagsaamheid behandel.<\/li>\n<li>Goeie kos \u2013 goeie vleis, vars groente en ander bestanddele wat keurig berei en voorgesit word \u2013 is op sigself \u2019n vreugde. Alle gaste, ook di\u00e9 wat in die tente \u201ckampeer\u201d, kan hul eie vleis bring (of by Rustig bestel) en vra dat die restaurant vir die bykosse sorg. Sorg dat jy die gebak te proe kry, veral die <em>croissants<\/em>!<\/li>\n<li>Rustig se ingang word bewaak en die terrein word deur sekuriteitswagte gepatrolleer. Parkering is veilig.<\/li>\n<li>Dagbesoekers betaal \u2019n toegangsfooi om die dag by Rustig deur te bring.<\/li>\n<li>Op \u2019n wildrit saam met Rustig se bestuurder, Victor Hawla, het ek die eerste keer ooit swart rooibokke gesien. Daar is ook elande, koedoes, rooihartbeeste, duikers, klipspringers, apies, nagapies, meerkatte, ystervarke, jakkalse, bobbejane en ander klein wildsoorte. Daar is twee luiperds in die berg, maar hulle is sku. Die groot verskeidenheid vo\u00eblsoorte sluit witkruisarende in. Wildritte kan \u2019n sonsopkomsontbyt in die veld insluit of \u2019n ander tyd van die dag plaasvind.<\/li>\n<li>Die 25m-lange swembad word verhit.<\/li>\n<li>Gaste word teen die koue beskerm\u00a0met elektriese komberse op die beddens en verwarmers.<\/li>\n<li>Die webwerf dui aan watter verblyfopsies kombuisware, linne, badhanddoeke, kampstoele en hout insluit.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Rustig spel inderdaad \u201cStaproetes en sielerus\u201d. Maar dis lank nie al nie. Hier is soveel\u00a0bederf-ervarings vir jou sintuie, pret vir die kleinspan, gawe kanse om jou verbintenisse met vriende en familie (of jou bruid of bruidegom!) te versterk, en die omvattende skoonheid van die natuur. Jy hoef net tot rus te kom om dit te geniet.<\/p>\n<p>Meer inligting by <a href=\"http:\/\/www.rustig.co.za\">rustig.co.za<\/a> &#8211; jy kry Rustig ook op Facebook en #RustigHekpoort op Instagram.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-74697 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/06\/IMG_8888.jpg\" alt=\"ie-en-jou-siel-rustig-swembad\" width=\"448\" height=\"299\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u201cStaproetes en sielerus\u201d lui die logo van Rustig, \u2019n bestemming teen die suidelike hang van die Magaliesberg. Die logo bevat \u2019n element van waarheid, maar dis lank nie die hele storie nie &#8230; Deur Mariette Snyman. Foto\u2019s Laraine Rabie, Gerhard B\u00fcchner en verskaf<\/p>\n","protected":false},"author":21,"featured_media":74673,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[2968,3476],"tags":[157,158],"class_list":["post-74524","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-reis","category-ontspanning","tag-vakansie","tag-reis"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Rustig in Magaliesberg: vir jou sintuie en jou siel | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"\u201cStaproetes en sielerus\u201d lui die logo van Rustig, \u2019n bestemming teen die suidelike hang van die Magaliesberg. Ons het daar gaan kuier.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rustig-in-magaliesburg-vir-jou-sintuie-en-jou-siel\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Rustig in Magaliesberg: vir jou sintuie en jou siel | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"\u201cStaproetes en sielerus\u201d lui die logo van Rustig, \u2019n bestemming teen die suidelike hang van die Magaliesberg. Ons het daar gaan kuier.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rustig-in-magaliesburg-vir-jou-sintuie-en-jou-siel\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2017-06-20T08:36:13+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2017-06-21T07:15:17+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/06\/IMG_8809-e1497947263523.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"516\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"339\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Mariette Snyman\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Mariette Snyman\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"6 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/rustig-in-magaliesburg-vir-jou-sintuie-en-jou-siel\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/rustig-in-magaliesburg-vir-jou-sintuie-en-jou-siel\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Mariette Snyman\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/0fddfbc7964e5432744ab907a4c40c07\"},\"headline\":\"Rustig in Magaliesberg: vir jou sintuie en jou siel\",\"datePublished\":\"2017-06-20T08:36:13+00:00\",\"dateModified\":\"2017-06-21T07:15:17+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/rustig-in-magaliesburg-vir-jou-sintuie-en-jou-siel\\\/\"},\"wordCount\":1147,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/rustig-in-magaliesburg-vir-jou-sintuie-en-jou-siel\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/06\\\/IMG_8809-e1497947263523.jpg\",\"keywords\":[\"vakansie\",\"reis\"],\"articleSection\":[\"Reis\",\"Ontspanning\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2017\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/rustig-in-magaliesburg-vir-jou-sintuie-en-jou-siel\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/rustig-in-magaliesburg-vir-jou-sintuie-en-jou-siel\\\/\",\"name\":\"Rustig in Magaliesberg: vir jou sintuie en jou siel | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/rustig-in-magaliesburg-vir-jou-sintuie-en-jou-siel\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/rustig-in-magaliesburg-vir-jou-sintuie-en-jou-siel\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/06\\\/IMG_8809-e1497947263523.jpg\",\"datePublished\":\"2017-06-20T08:36:13+00:00\",\"dateModified\":\"2017-06-21T07:15:17+00:00\",\"description\":\"\u201cStaproetes en sielerus\u201d lui die logo van Rustig, \u2019n bestemming teen die suidelike hang van die Magaliesberg. Ons het daar gaan kuier.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/rustig-in-magaliesburg-vir-jou-sintuie-en-jou-siel\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/rustig-in-magaliesburg-vir-jou-sintuie-en-jou-siel\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/rustig-in-magaliesburg-vir-jou-sintuie-en-jou-siel\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/06\\\/IMG_8809-e1497947263523.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/06\\\/IMG_8809-e1497947263523.jpg\",\"width\":516,\"height\":339,\"caption\":\"Rustig Magaliesburg\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/rustig-in-magaliesburg-vir-jou-sintuie-en-jou-siel\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Rustig in Magaliesberg: vir jou sintuie en jou siel\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/0fddfbc7964e5432744ab907a4c40c07\",\"name\":\"Mariette Snyman\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/6a862306729ff00bb273e06947416e137e38ae913367803ad31a948e1536174e?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/6a862306729ff00bb273e06947416e137e38ae913367803ad31a948e1536174e?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/6a862306729ff00bb273e06947416e137e38ae913367803ad31a948e1536174e?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Mariette Snyman\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Rustig in Magaliesberg: vir jou sintuie en jou siel | rooi rose","description":"\u201cStaproetes en sielerus\u201d lui die logo van Rustig, \u2019n bestemming teen die suidelike hang van die Magaliesberg. Ons het daar gaan kuier.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rustig-in-magaliesburg-vir-jou-sintuie-en-jou-siel\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Rustig in Magaliesberg: vir jou sintuie en jou siel | rooi rose","og_description":"\u201cStaproetes en sielerus\u201d lui die logo van Rustig, \u2019n bestemming teen die suidelike hang van die Magaliesberg. Ons het daar gaan kuier.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rustig-in-magaliesburg-vir-jou-sintuie-en-jou-siel\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2017-06-20T08:36:13+00:00","article_modified_time":"2017-06-21T07:15:17+00:00","og_image":[{"width":516,"height":339,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/06\/IMG_8809-e1497947263523.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Mariette Snyman","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Mariette Snyman","Est. reading time":"6 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rustig-in-magaliesburg-vir-jou-sintuie-en-jou-siel\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rustig-in-magaliesburg-vir-jou-sintuie-en-jou-siel\/"},"author":{"name":"Mariette Snyman","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/0fddfbc7964e5432744ab907a4c40c07"},"headline":"Rustig in Magaliesberg: vir jou sintuie en jou siel","datePublished":"2017-06-20T08:36:13+00:00","dateModified":"2017-06-21T07:15:17+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rustig-in-magaliesburg-vir-jou-sintuie-en-jou-siel\/"},"wordCount":1147,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rustig-in-magaliesburg-vir-jou-sintuie-en-jou-siel\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/06\/IMG_8809-e1497947263523.jpg","keywords":["vakansie","reis"],"articleSection":["Reis","Ontspanning"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2017","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rustig-in-magaliesburg-vir-jou-sintuie-en-jou-siel\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rustig-in-magaliesburg-vir-jou-sintuie-en-jou-siel\/","name":"Rustig in Magaliesberg: vir jou sintuie en jou siel | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rustig-in-magaliesburg-vir-jou-sintuie-en-jou-siel\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rustig-in-magaliesburg-vir-jou-sintuie-en-jou-siel\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/06\/IMG_8809-e1497947263523.jpg","datePublished":"2017-06-20T08:36:13+00:00","dateModified":"2017-06-21T07:15:17+00:00","description":"\u201cStaproetes en sielerus\u201d lui die logo van Rustig, \u2019n bestemming teen die suidelike hang van die Magaliesberg. Ons het daar gaan kuier.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rustig-in-magaliesburg-vir-jou-sintuie-en-jou-siel\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rustig-in-magaliesburg-vir-jou-sintuie-en-jou-siel\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rustig-in-magaliesburg-vir-jou-sintuie-en-jou-siel\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/06\/IMG_8809-e1497947263523.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/06\/IMG_8809-e1497947263523.jpg","width":516,"height":339,"caption":"Rustig Magaliesburg"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rustig-in-magaliesburg-vir-jou-sintuie-en-jou-siel\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Rustig in Magaliesberg: vir jou sintuie en jou siel"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/0fddfbc7964e5432744ab907a4c40c07","name":"Mariette Snyman","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/6a862306729ff00bb273e06947416e137e38ae913367803ad31a948e1536174e?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/6a862306729ff00bb273e06947416e137e38ae913367803ad31a948e1536174e?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/6a862306729ff00bb273e06947416e137e38ae913367803ad31a948e1536174e?s=96&d=mm&r=g","caption":"Mariette Snyman"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/74524","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/21"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=74524"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/74524\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/74673"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=74524"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=74524"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=74524"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}