{"id":7413,"date":"2015-03-16T11:13:00","date_gmt":"2015-03-16T09:13:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-8\/"},"modified":"2018-04-23T13:46:26","modified_gmt":"2018-04-23T11:46:26","slug":"dans-met-die-rooirok-hoofstuk-8","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-8\/","title":{"rendered":"Dans met die rooirok: Hoofstuk 8"},"content":{"rendered":"<p><em><strong>Moles op die hotelstoep<\/strong><\/em><\/p>\n<p>Amelie het geweet Renier se nuuskierigheid sal hom dwing om te kom kyk hoe dit met haar nuwe lewe op Sederfontein gaan. Die feit dat hy op pad is, maak haar nie juis vanoggend opgewonde nie. Gelukkig weet hy niks van die spookstories oor haar huis of haar ongewildheid op die dorp nie. Dit sal hom net onnodig laat lekker-kry as hy weet haar plattelandse uittog is toe nie heeltemal nirvana nie.<\/p>\n<p>Dit is die eerste jaar in baie wat hulle gesin nie tydens die Desember-vakansie by hul vakansiewoonstel op Plet is nie. Renier het \u2019n paar jaar gelede \u2019n aandeel in \u2019n luukse woonstelkompleks saam met sy kollegas gekoop. Desember was daar omtrent \u2019n uittog van die glaspaleise teen Northcliff-koppie na die woonstelgebou op Plet. Amelie het nooit in die brigade van die ander vroue gepas nie. Sy kon dit net nie regkry om met \u2019n ontwerperstrandpakkie onder tien lae sonblok onder \u2019n gazebo na die see te sit en kyk nie. Sy hou daarvan om na die vissies en anemone in rotspoele te kyk en om kilometers ver langs die see te loop en skulpies optel.<\/p>\n<p>As sy haar sin kon kry, sou hulle eerder \u2019n huis gekoop het met \u2019n grasperk waar die kinders krieket kan speel. Nietemin het sy en die kinders die luukse woonstel nog altyd geniet. Dit is teenaan die strand en die kinders is almal kranige branderplankryers.<\/p>\n<p>Renier het selde iets saam haar en die kinders gedoen. As hy saam met hulle strand toe gegaan het, was sy selfoon immer aan sy oor vasgekluister. Maar meestal het hy verkies om in die woonstel te bly om te werk. Amelie het hom laat begaan anders het hy soos \u2019n knorpot onder die gazebo gesit. Sy het dit dus later ook verkies dat hy in die woonstel bly want dan kon hy onverstoord met sy \u201ckontakte\u201d gesels. Sy voel effens bitter as sy daaraan dink dat Renier seker nou met sy nuwe vryheid elke aand by die uithangplekke in Sandton skemerkelkies drink saam met ambisieuse jong vroue. Onverstoord.<\/p>\n<p>Vandat sy en die kinders op Sederfontein ingetrek het, het nie een van hulle gekla dat hulle vanjaar die see mis nie. Daar is genoeg opwinding om hulle besig te hou.<\/p>\n<p>Ugo en Jos baljaar met Buks by die rivier en hulle geniet die plaasdam skynbaar meer as hulle skitterblou swembad in Northcliff. Die meisies versier hul kamers en die restourasie-gogga het hulle behoorlik gebyt. Hulle het al \u2019n paar van Amelia Marceaux se verweerde meubelstukke uit die stoorkamer gered.<\/p>\n<p>Die restourasie het gesorg dat hulle naas Hannes darem een ander vriend op die dorp het. Wouter Masyn van die hardewarewinkel is ook redelik nuut op die dorp en steur hom ook nie aan die mense se geskinder nie. Hy is \u2019n geskeide man en Lolla en Mia is daarvan oortuig hy het \u2019n ogie op Amelie. Hulle giggel elke keer as hy ander kli\u00ebnte ignoreer en \u2019n verskoning soek om Amelie eerste te help. Amelie gee darem nie te veel om nie want Wouter is \u2019n mooie man. Lank, fors, blond en bruingebrand. As hy nie in sy winkel is nie, boer hy met sy kano op die rivier. Hy het al \u2019n paar keer Mon Abri se rivierfront \u2019n vasmeerplek vir sy kano gemaak sodat hy kan kom loer hoe sy \u201cbeste kli\u00ebnt\u201d vorder met die opknapwerk aan haar huis. Amelie vind sy raad waardevol en aangesien hy sag op die oog is, gee sy nie om as hy hom op haar stoep kom tuismaak nie.<\/p>\n<p>Die oggend van Renier se aankoms op Sederfontein is Wouter juis aan die koffiedrink op die stoep. Sy roei-klere klou aan sy gespierde lyf. Iets moedswillig in Amelie is bly die aantreklike Camel-man sit op haar stoep as haar eksman se nuwe Mercedes by die voorhek intrek.<\/p>\n<p>Die kinders is bly om Renier te sien en selfs Buks swaai sy stert effens.<\/p>\n<p>Wouter spring op en skud vervaard blad. Amelie kan sien dit is effe heftiger as waaraan Renier gewoond is.<\/p>\n<p>\u201cNou ja, dan roei ek verder rivier af. Dankie vir die koffie, Amelie. Ek stuur later die dag die nuwe verf wat jy bestel het. En Renier, geniet jou kuier op ons dorp.\u201d<\/p>\n<p>Wouter is skaars om die hoek van die huis of Renier spoeg sy eerste snedige aanmerking uit.<\/p>\n<p>\u201cSien jy het gou aan beweeg?\u201d<\/p>\n<p>Amelie ignoreer sy aanmerking.<\/p>\n<p>\u201cPragtige ou huis n\u00ea?\u201d<\/p>\n<p>\u201cDie plek val uitmekaar! En hierdie boskaas van \u2019n tuin. Jy gaan dit mos nooit leefbaar kan maak nie?\u201d<\/p>\n<p>\u201cOns hou van die tuin soos dit is. Kom, ek gaan wys jou hoe dit binne lyk en hoe pragtig die agtertuin is.\u201d<\/p>\n<p>Soos sy verwag, het Renier nie een positiewe aanmerking oor die huis en tuin nie. Soms wonder sy hoe twee mense met sulke uiteenlopende smake soveel jaar getroud kon wees. Sy weet as sy nie al die jare aan Renier se voorkeure toegegee het nie, sou hulle huwelik vinniger gesneuwel het. Dit pla haar dus nie as hy niks van haar ou huis hou nie. Sy het al die jare ook nie van een van die moderne huise gehou wat hy vir hulle gekoop het nie.<\/p>\n<p>Renier stel voor hulle gaan drink iewers op die dorp koffie om oor die laaste formaliteite van die verdeling van hulle eiendom te praat. Die kinders laat spaander rivier toe want hulle weet wat gaan volg as hulle ouers oor sake moet praat: konflik.<\/p>\n<p>Die Palmiethotel langs die ko\u00f6perasie het lekker wye stoepe waar mens teen die hitte kan skuiling soek. Tot Amelie se ontsteltenis loer \u2019n paar boere nuuskierig na haar en Renier.<\/p>\n<p>Phillip Groenewald kom maak hom moedswillig tuis by \u2019n tafel langs hulle.<\/p>\n<p>Renier knip sy bruin leer aktetas oop en haal die pakke dokumente uit. Hy is duidelik nie lus vir praatjies oor haar en die kinders se aanpassing op die platteland nie.<\/p>\n<p>\u201cDie huis is steeds in die mark. Ek gaan nie met die prys afkom nie. Ek het dit op \u2019n webtuiste vir potensi\u00eble oorsese beleggers geadverteer en ek glo ons sal ons prys kry.&#8221;<\/p>\n<p>Hy stoot\u2019n? dokument oor die tafel.<\/p>\n<p>\u201cTeken asseblief. Dit is die dokumente van die Plet-woonstel. Ek sal dit graag voortaan net vir besigheidsdoeleindes wil gebruik. Om kli\u00ebnte te onthaal.\u201d<\/p>\n<p>\u201cEn die kinders? Mag hulle nie daar by jou kom kuier nie? Jy weet hoe lief is hulle vir die strand.\u201d<\/p>\n<p>\u201cJy en die kinders kan mos vir julle \u2019n plek by \u2019n ander strand koop met die geld wat ek vir jou gaan uitkeer. Ek dink nie dis \u2019n goeie idee as ons by dieselfde plekke vakansie hou nie.\u201d<\/p>\n<p>\u201cEk praat nie van my nie, ek praat van die kinders. Jou kinders. Gaan jy hulle nie soms saam met jou na die woonstel nooi nie? En terwyl ons van die kinders praat. Watter naweek kan hulle na jou toe kom?\u201d<\/p>\n<p>Renier steek vererg \u2019n sigaret op. Hy blaas moedswillig die rook in Amelie se gesig.<\/p>\n<p>\u201cEk is baie besig. Ons het \u2019n klomp nuwe kontrakte. En die Plet-woonstel is vir kli\u00ebnte, soos ek ges\u00ea het. Die kinders &#8230; ek sal Mia en Jos soms afvlieg vir \u2019n naweek.\u201d<\/p>\n<p>\u201c\u2019n Naweek? Dink jy dit is genoeg vakansietyd saam met jou kinders? En Lolla en Ugo? Ek kan nie glo dat jy hulle nou net so gaan afskryf nie. Jy is die enigste pa wat hulle ken.\u201d<\/p>\n<p>\u201cDie aanneming was jou keuse.\u201d<\/p>\n<p>\u201cEn jy het dit geniet as mense jou vir jou ruimhartigheid prys. Onthou jy die artikel in Finansies &amp; Sukses? Die pragtige foto\u2019s van jou en jou gemengde gesin?\u201d<\/p>\n<p>\u201cAmelie, dis jou keuse om te skei. Ugo en Lolla is deel van die prys wat jy betaal vir jou keuse. Hulle is jou verantwoordelikheid.\u201d<\/p>\n<p>\u201cJy het hulle wettig aangeneem. Kom ons sien wat s\u00ea die hof. Ek glo die pers sal die nuusbrokkie geniet.\u201d<\/p>\n<p>\u201cDreig jy my?\u201d<\/p>\n<p>\u2019n Rits beledigings spoel uit sy mond.<\/p>\n<p>Elke keer as Renier vasgekeer raak, beskuldig hy haar in onvleiende taal van <em>affairs<\/em> met van die skrywers wie se tekste sy al moes versorg.<\/p>\n<p>Amelie gee nie meer om of Phillip Groenewald of die hele Sederfontein haar hoor nie. Sy is moeg vir Renier se verbale geboelie. Sy trek die dokument nader en teken dit.<\/p>\n<p>\u201cToe, daar is jou liefdesnessie nou net jou eie.\u201d<\/p>\n<p>Die vlaag beledigings uit Renier se mond raak intenser. Amelie is bly hulle sit op \u2019n openbare plek want as Renier so kwaad word, stamp hy haar maklik rond.<\/p>\n<p>\u201cJy kan maar hof toe gaan oor Ugo en Lolla, ek sal sorg dat die hof hoor watter slet jy is.\u00a0Skaars op die dorp en klaar \u2019n man op sleeptou.\u201d<\/p>\n<p>Renier stoot die tafel woedend in Amelie se rigting. Dit stamp haar wind uit.<\/p>\n<p>By die tafel langsaan skuif \u2019n stoel hard agteruit. Phillip Groenewald troon bo Renier uit. Hy neem Renier met die een hand aan die kraag en met die ander klap hy hom met die plat hand deur die gesig.<\/p>\n<p>\u2018\u2019\u2019n Man wat so met \u2019n vrou praat verdien nie \u2019n vuishou nie.\u201d<\/p>\n<p>Dan volg nog \u2019n klap.<\/p>\n<p>Renier steier al vloekend van die stoep af. Die klippe skiet oor die stoep soos sy Mercedes wegtrek.<\/p>\n<p>Amelie hoes en proes nog om haar asem terug te kry. Sy voel hoe Phillip sy hande onder haar arms indruk en haar regop trek.<\/p>\n<p>\u201cKom, haal diep asem.\u201d<\/p>\n<p>\u2019n Steekpyn laat haar dubbeld vou.<\/p>\n<p>\u201cEk dink van jou ribbes is dalk gebreek. Dries, bring my bakkie nader. Bel Dok Nel en s\u00ea hom ek kry hom by sy spreekkamer.\u201d<\/p>\n<p>Amelie voel hoe die groot man haar oplig en in die bakkie tel. Sy is te kortasem om te\u00eb te stribbel. Diep onder die pyn wil sy nie h\u00ea Phillip Groenewald moet haar help nie.<\/p>\n<p>Dok Nel bevestig dat twee van haar ribbes waarskynlik gebreek is. Hy draai haar ribbekas styf toe met verbande en gee haar \u2019n inspuiting teen pyn. Die inspuiting laat haar kop draai. Skielik maak niks meer saak nie en sy sak in saligheid weg.<\/p>\n<p>Die laaste ding wat Amelie sekerlik na \u2019n floute wil sien, is die ysblou o\u00eb van Phillip naby haar gesig. Sy ruik pyptabak en speserye aan sy klere. Hy ruk van haar af weg.<\/p>\n<p>\u201cEk sien jy gaan dit maak, vroumens. Ek sal sorg dat een van my werkers jou netnou huis toe neem. Dok s\u00ea jy beter \u2019n rukkie l\u00ea.\u201d<\/p>\n<p>Dan is hy skielik weg.<\/p>\n<p>Amelie voel haar hele lyf bewe. Seker die nagevolge van die skok, dink sy.<\/p>\n<p>** <a id=\"75&amp;h=Verhale&quot;&quot;\" target=\"\"><\/a>Lees hoofstuk 1-7 hier<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Moles op die hotelstoep Amelie het geweet Renier se nuuskierigheid sal hom dwing om te kom kyk hoe dit met haar nuwe lewe op Sederfontein gaan. Die feit dat hy op pad is, maak haar nie juis vanoggend opgewonde nie. [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":13585,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[43452],"tags":[99,1628],"class_list":["post-7413","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-lees","tag-verhale","tag-dans-met-die-rooirok"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Dans met die rooirok: Hoofstuk 8 | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-8\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Dans met die rooirok: Hoofstuk 8 | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Moles op die hotelstoep Amelie het geweet Renier se nuuskierigheid sal hom dwing om te kom kyk hoe dit met haar nuwe lewe op Sederfontein gaan. Die feit dat hy op pad is, maak haar nie juis vanoggend opgewonde nie. [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-8\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2015-03-16T09:13:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2018-04-23T11:46:26+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201531611132.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"640\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"613\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"9 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-8\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-8\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Dans met die rooirok: Hoofstuk 8\",\"datePublished\":\"2015-03-16T09:13:00+00:00\",\"dateModified\":\"2018-04-23T11:46:26+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-8\\\/\"},\"wordCount\":1772,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-8\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra201531611132.jpg\",\"keywords\":[\"verhale\",\"dans met die rooirok\"],\"articleSection\":[\"Lees\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2015\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-8\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-8\\\/\",\"name\":\"Dans met die rooirok: Hoofstuk 8 | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-8\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-8\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra201531611132.jpg\",\"datePublished\":\"2015-03-16T09:13:00+00:00\",\"dateModified\":\"2018-04-23T11:46:26+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-8\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-8\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-8\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra201531611132.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra201531611132.jpg\",\"width\":640,\"height\":613},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-8\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Dans met die rooirok: Hoofstuk 8\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Dans met die rooirok: Hoofstuk 8 | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-8\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Dans met die rooirok: Hoofstuk 8 | rooi rose","og_description":"Moles op die hotelstoep Amelie het geweet Renier se nuuskierigheid sal hom dwing om te kom kyk hoe dit met haar nuwe lewe op Sederfontein gaan. Die feit dat hy op pad is, maak haar nie juis vanoggend opgewonde nie. [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-8\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2015-03-16T09:13:00+00:00","article_modified_time":"2018-04-23T11:46:26+00:00","og_image":[{"width":640,"height":613,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201531611132.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"9 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-8\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-8\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Dans met die rooirok: Hoofstuk 8","datePublished":"2015-03-16T09:13:00+00:00","dateModified":"2018-04-23T11:46:26+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-8\/"},"wordCount":1772,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-8\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201531611132.jpg","keywords":["verhale","dans met die rooirok"],"articleSection":["Lees"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2015","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-8\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-8\/","name":"Dans met die rooirok: Hoofstuk 8 | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-8\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-8\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201531611132.jpg","datePublished":"2015-03-16T09:13:00+00:00","dateModified":"2018-04-23T11:46:26+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-8\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-8\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-8\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201531611132.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201531611132.jpg","width":640,"height":613},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-8\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Dans met die rooirok: Hoofstuk 8"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7413","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=7413"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7413\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/13585"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=7413"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=7413"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=7413"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}