{"id":7398,"date":"2015-02-26T00:00:00","date_gmt":"2015-02-25T22:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/kan-die-kankerdieet-help\/"},"modified":"2017-05-09T16:24:45","modified_gmt":"2017-05-09T14:24:45","slug":"kan-die-kankerdieet-help","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kan-die-kankerdieet-help\/","title":{"rendered":"Kan die &#8216;kankerdieet&#8217; help?"},"content":{"rendered":"<h4>Wat is die ketogeniese kankerdieet?<\/h4>\n<p>Die dieet bevat nie genoeg glukose in die vorm van suiker en koolhidrate om voldoende energie daaruit te put nie. Dan word vet (en soms spierweefsel) vir energie afgebreek. Wanneer <strong>vette<\/strong> afgebreek word vir energie, produseer die liggaam ketone wat dan as bron vir energie gebruik word. Dit moenie verwar word met die veel ernstiger toestand, keto-asidose wat by diabete (veral tipe 1) voorkom nie. Weens die afwesigheid van <strong>insulien<\/strong> kan glukose dan glad nie vir energie afgebreek word nie. Hier word soveel ketone afgebreek vir energie dat dit die suurheidsgraad van die bloed verander en dodelik kan wees. \u2019n Gesonde mens gaan steeds \u2019n bietjie glukose op \u2019n ketogeniese dieet inkry. \u2019n Dieet wat minder as 50-60 gram effektiewe <strong>koolhidraat<\/strong> bevat, word gewoonlik \u2019n ketogeniese dieet genoem.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Die storie in die media<\/h4>\n<p>In <strong>prof. Tim Noakes<\/strong> se boek <em>The Real Meal Revolution<\/em> skryf hy die volgende oor kanker en glukose: \u201cDaar is toenemend bewyse dat \u2019n ketogeniese dieet \u2019n kragtige alternatiewe kankerbehandeling is. Hierdie proses sal kankerselle affekteer as koolhidrate deur gesonde vette en prote\u00efene vervang word. Deur die \u201ckos\u201d (glukose en fruktose) van kankerselle te ontneem, sny jy hul lewensaar af en dwing die selle om te sterf. Wanneer selle nie energie uit glukose kry nie, moet hulle vir energie na ketone oorskakel. Normale selle kan hierdie verandering maak, maar kankerselle nie.\u201d<\/p>\n<p>Ander akademici is nie so oortuig nie. <strong>Prof. Wim de Villiers<\/strong>, dekaan van die Fakulteit Gesondheidswetenskappe aan die Universiteit van Kaapstad, en drie ander akademici s\u00ea in \u2019n brief aan die Cape Times dat \u2019n dieet laag in koolhidrate en hoog in vet tot voedingstekorte kan lei en \u2019n verhoogde risiko vir hartvatsiektes, diabetes, nierprobleme, hardlywigheid en sekere kankers kan h\u00ea.<\/p>\n<p>\u2019n <strong>Nuwe studie<\/strong> deur die Universiteit van Stellenbosch is in die internasionale wetenskaplike joernaal Plos One gepubliseer. Die studieleier, dr. Celeste Naud\u00e9, s\u00ea daar is onsekerheid oor die uitwerking van \u2019n laekoolhidraatdieet op die lange duur op siektes soos hartvatsiektes en diabetes omdat daar nie genoeg studies oor tydperke langer as twee jaar gedoen is nie. Hoewel oorgewig een van die snellers vir sekere kankers is, kon die studie ook nie n\u00e1 twee jaar \u2019n verskil vind in gewigsverlies tussen die laekoolhidraatdieet en \u2019n gebalanseerde eetplan nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>\u2019n Dieetkundige se mening<\/h4>\n<p>Kankerpasi\u00ebnte is soms desperaat en as iemand met \u2019n sterk argument kom dat \u2019n dieet <strong>kankergewasse<\/strong> kan laat krimp, gryp hulle na enige strooihalm. Zahn Otto, \u2019n geregistreerde dieetkundige by die Morningsidekliniek met \u2019n spesiale belangstelling in onkologie s\u00ea sy en die onkolo\u00eb saam met wie sy werk, is glad nie ten gunste van \u2019n ketogeniese dieet as behandeling vir kanker nie.<\/p>\n<p>\u201c<strong>Eerstens<\/strong> is daar is geen oortuigende literatuur of geloofwaardige studies wat bewys dat die dieet wel kanker kan stuit nie. <strong>Tweedens<\/strong> keer dit mense om eerder nutri\u00ebntryke, essensi\u00eble voedels in te neem omdat hulle versadig is van die ho\u00eb vet. <strong>Derdens<\/strong> kan die dieet kalsium aan jou skelet onttrek en in ondergewig pasi\u00ebnte tot spierweefselverliese lei.<\/p>\n<p>\u201cOns stem saam dat verfynde koolhidrate en suiker beperk moet word. Maar \u2019n dieet hoog in versadigde vette is nie die antwoord nie. Kos met \u2019n roomsous gaan jou versadig laat voel en dan kom jy nie by vars vrugte en groente uit nie. \u201cBoonop word \u2019n dieet hoog in versadigde vet ook met \u2019n verhoogde pro-inflammatoriese respons geassosieer, \u2019n situasie wat met kanker verbind word.\u201d<\/p>\n<p>Daar is ook te min vesel in die dieet omdat sekere kossoorte uitgesny word. Kos is meer as net die lys vitamiene en minerale wat jy kan neerskryf. Al die elemente in kos werk as \u2019n \u201cpakket\u201d saam om optimale gesondheid te verseker.<\/p>\n<p>\u201cWanneer kankergewasse reeds in die aktiewe groeifase is, word voeding nie as \u2019n prim\u00eare behandelingsmeganisme beskou nie. Wat navorsing wel bewys het, is dat 5 -7 porsies rou en gaar groente (prim\u00ear) en vars vrugte (sekond\u00ear) per dag verreweg die grootste siekte-voorkomende uitwerking het en beskerming teen hartvatsiektes, beroerte en kanker bied.<\/p>\n<p>\u201cBaie pasi\u00ebnte doen aanvullende behandeling saam met konvensionele chemoterapie en bestraling, maar dis belangrik dat hulle dit met hul onkoloog en dieetkundige bespreek. Mense sien kruie en aanvullings as &#8216;natuurlike\u2019 middels, maar dit het alles \u2019n uitwerking op die liggaam en kan ook \u2019n uitwerking op die werking van chemoterapie en bestraling h\u00ea.\u201d<\/p>\n<p>Navorsing wat in Julie 2014 in die<em> British Medical Journal <\/em>gepubliseer is, toon dat \u2019n dieet wat 5 -7 porsies groente en vrugte bevat, besliste <strong>gesondheidsvoordele <\/strong>inhou. Vrugte en groente bevat ook verbindings wat fitochemikalie\u00eb genoem word. Dit stimuleer komplementerende meganismes in die gesonde menslike liggaam wat ensieme stuit wat kankerselle sou kon aktiveer. In kankerlyers help dit om medikasie, gifstowwe en karsinogene te metaboliseer. Dus ondersteun dit die liggaam tydens kankerbehandeling. Tog het aanvullings nie noodwendig dieselfde uitwerking as die ware Jakob nie. \u201cDie liggaam reageer op kos as \u2019n geheel. Dus, die vitamien C in \u2019n nartjie het meer voordele as wanneer die vitamien C ge\u00efsoleer en as \u2019n pil gedrink word. Natuurlike vars vrugte en groente is steeds die beste bron van voedingstowwe en daarom is dit belangrik om \u2019n verskeidenheid te eet.<\/p>\n<p>\u201cBaie pasi\u00ebnte doen aanvullende behandeling saam met chemoterapie en radiobestraling, maar dis belangrik dat hulle dit met hul onkoloog en dieetkundige bespreek. Mense sien kruie en aanvullings as &#8216;natuurlike\u2019 middels, maar dit het alles \u2019n uitwerking op die liggaam en kan ook \u2019n uitwerking op die werking van behandeling h\u00ea. \u2019n Kankerlyer wat radiobestraling en\/of chemo kry se liggaam is reeds onder geweldige stres en groot dosisse vitamiene plaas \u2019n verdere las op die metabolisme. Vars vrugte en groente is vir die liggaam meer hanteerbaar.<\/p>\n<p>\u201cOns glo dat alternatiewe terapie\u00eb nie bedoel word as \u2019n vervanging van hoofstroombehandeling nie. Hierdie ingrypings behoort as aanvullend gesien te word.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Die wetenskap<\/h4>\n<p>David Gorski, bekende Amerikaanse chirurgiese onkoloog, akademikus en kampvegter vir mediese praktyke wat op die wetenskap gegrond is, s\u00ea voorstanders van die ketogeniese dieet maak aansprake dat kanker net \u2019n <strong>metaboliese siekte<\/strong> is en dat \u2019n ketogeniese dieet vir alle kankers beter as chemo werk.<\/p>\n<p>\u201cOngelukkig doen dit desperate kankerlyers geen guns nie. Kanker is \u2019n baie ingewikkelde siekte met \u2019n groot verskeidenheid invloede op die liggaam. Dis \u2019n metaboliese en genetiese siekte en as daar \u2019n eenvoudige oplossing soos \u2019n dieet was, sou dit wonderlike nuus wees. Tog is dit na\u00efef om te dink dat iemand skielik iets oor kanker uitvind waaraan niemand nog gedink of ondersoek het nie.\u201d<\/p>\n<p>Sy kritiek is veral gemik op dr. Thomas Seyfried wat s\u00ea dat kankerselle <strong>glukose<\/strong> nodig het om te oorleef en dat \u2019n dieet sonder glukose kankerselle kan laat sterf. Dr. Seyfried voer ook aan dat chemo en bestraling pasi\u00ebnte sieker as gesonder maak en dit bloot \u2019n instrument vir maatskappye, hospitale en dokters is om hulself te verryk.<\/p>\n<p>Seyfried haal die Duitse fisioloog Otto Warburg aan wat in 1931 vasgestel het dat kankerselle op suiker (glukose) gedy. Hoewel daar heelwat studies hieroor gedoen is, kon dit nog nie bewys word dat dit op dieselfde manier in die liggaam as in die laboratorium reageer nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Die Borschirurg en akademikus<\/h4>\n<p>Prof. Justus Apffelstaedt is professor in chirurgie aan die Universiteit van Stellenbosch en hoof van die Tygerberg Borskliniek. Hy s\u00ea uit \u2019n onlangse wetenskaplike oorsig het dit geblyk dat alle sogenaamde \u201ckankerdi\u00ebte\u201d ten beste geen waarde het nie en waarskynlik nadelig is. \u201cEk sien pasi\u00ebnte wat weens hierdie di\u00ebte verswak en dan vinniger agteruitgaan. Die eensydigheid van die meeste \u2018kankerdi\u00ebte\u2019 weerhou noodsaaklike <strong>voedingstowwe<\/strong> van normale selle wat mense weerloos maak teen die toksiese\u00a0uitwerking van behandeling en om weerstand teen die kankergewas te bied. Die menslike liggaam is \u2019n baie fyn gebalanseerde en komplekse masjien wat normale glukosevlakke oor \u2019n wye veld van ho\u00eb en lae inname sal handhaaf. Om enige effek van \u2019n dieet in hierdie omstandighede te verwag is kortsigtig.\u201d<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Wat is die ketogeniese kankerdieet? Die dieet bevat nie genoeg glukose in die vorm van suiker en koolhidrate om voldoende energie daaruit te put nie. Dan word vet (en soms spierweefsel) vir energie afgebreek. Wanneer vette afgebreek word vir energie, [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":13552,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[2950,667],"tags":[90,2183,2455,5079,5093,5097],"class_list":["post-7398","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-dieet","category-gesondheid","tag-kanker","tag-koolhidrate","tag-vette","tag-metabolisme","tag-teenveroudering","tag-anti-aging"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Kan die &#039;kankerdieet&#039; help? | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kan-die-kankerdieet-help\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Kan die &#039;kankerdieet&#039; help? | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Wat is die ketogeniese kankerdieet? Die dieet bevat nie genoeg glukose in die vorm van suiker en koolhidrate om voldoende energie daaruit te put nie. Dan word vet (en soms spierweefsel) vir energie afgebreek. Wanneer vette afgebreek word vir energie, [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kan-die-kankerdieet-help\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2015-02-25T22:00:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2017-05-09T14:24:45+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra2015226131750.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"640\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"960\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"7 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kan-die-kankerdieet-help\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kan-die-kankerdieet-help\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Kan die &#8216;kankerdieet&#8217; help?\",\"datePublished\":\"2015-02-25T22:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2017-05-09T14:24:45+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kan-die-kankerdieet-help\\\/\"},\"wordCount\":1319,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kan-die-kankerdieet-help\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra2015226131750.jpg\",\"keywords\":[\"kanker\",\"Koolhidrate\",\"vette\",\"metabolisme\",\"teenveroudering\",\"anti aging\"],\"articleSection\":[\"Dieet\",\"Gesondheid\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2015\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kan-die-kankerdieet-help\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kan-die-kankerdieet-help\\\/\",\"name\":\"Kan die 'kankerdieet' help? | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kan-die-kankerdieet-help\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kan-die-kankerdieet-help\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra2015226131750.jpg\",\"datePublished\":\"2015-02-25T22:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2017-05-09T14:24:45+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kan-die-kankerdieet-help\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kan-die-kankerdieet-help\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kan-die-kankerdieet-help\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra2015226131750.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra2015226131750.jpg\",\"width\":640,\"height\":960,\"caption\":\"Roomklitser\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kan-die-kankerdieet-help\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Kan die &#8216;kankerdieet&#8217; help?\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Kan die 'kankerdieet' help? | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kan-die-kankerdieet-help\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Kan die 'kankerdieet' help? | rooi rose","og_description":"Wat is die ketogeniese kankerdieet? Die dieet bevat nie genoeg glukose in die vorm van suiker en koolhidrate om voldoende energie daaruit te put nie. Dan word vet (en soms spierweefsel) vir energie afgebreek. Wanneer vette afgebreek word vir energie, [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kan-die-kankerdieet-help\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2015-02-25T22:00:00+00:00","article_modified_time":"2017-05-09T14:24:45+00:00","og_image":[{"width":640,"height":960,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra2015226131750.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"7 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kan-die-kankerdieet-help\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kan-die-kankerdieet-help\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Kan die &#8216;kankerdieet&#8217; help?","datePublished":"2015-02-25T22:00:00+00:00","dateModified":"2017-05-09T14:24:45+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kan-die-kankerdieet-help\/"},"wordCount":1319,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kan-die-kankerdieet-help\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra2015226131750.jpg","keywords":["kanker","Koolhidrate","vette","metabolisme","teenveroudering","anti aging"],"articleSection":["Dieet","Gesondheid"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2015","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kan-die-kankerdieet-help\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kan-die-kankerdieet-help\/","name":"Kan die 'kankerdieet' help? | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kan-die-kankerdieet-help\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kan-die-kankerdieet-help\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra2015226131750.jpg","datePublished":"2015-02-25T22:00:00+00:00","dateModified":"2017-05-09T14:24:45+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kan-die-kankerdieet-help\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kan-die-kankerdieet-help\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kan-die-kankerdieet-help\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra2015226131750.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra2015226131750.jpg","width":640,"height":960,"caption":"Roomklitser"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kan-die-kankerdieet-help\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Kan die &#8216;kankerdieet&#8217; help?"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7398","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=7398"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7398\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/13552"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=7398"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=7398"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=7398"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}