{"id":7392,"date":"2015-10-19T10:04:00","date_gmt":"2015-10-19T08:04:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/praat-praat\/"},"modified":"2016-01-18T14:00:58","modified_gmt":"2016-01-18T12:00:58","slug":"praat-praat","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/praat-praat\/","title":{"rendered":"Praat-Praat"},"content":{"rendered":"<p>Ondanks ons beste bedoelings <strong>kommunikeer <\/strong>ouers en kinders nie altyd soveel soos ons moet nie. \u201cTyd is vir almal \u2019n probleem en die werklikheid is dat dit nie gaan verander nie. Die beste oplossing is om beter luisteraars te raak,\u201d s\u00ea NikkiBush, ouerskapskenner van Olivedale, Johannesburg. \u201cDit gebeur dikwels dat ons net met \u2019n halwe oor luister omdat ons soveel ander goed het om aan te dink.\u201d Tog is goeie kommunikasie die hoeksteen van \u2019n suksesvolle opvoeding. Dit wys ook vir \u2019n kind dat hy gerespekteer word vir wat hy is en bou selfvertroue.<\/p>\n<p><span style=\"color: #ff0000;\"><strong>Soet &amp; Suur<\/strong><\/span><\/p>\n<p>Nikki s\u00ea sy en haar man en twee seuns speel elke aand \u2019n <strong>speletjie<\/strong> aan tafel. Hulle noem dit \u201cSoet en Suur\u201d en elkeen vertel wat die lekkerste ding is wat daardie dag gebeur het. In die volgende rondte praat hulle oor die slegste gebeure en elkeen vertel ook hoe dit hom laat voel het. Niemand mag die verteller onderbreek terwyl hy praat nie. Agterna volg die bespreking en daar word raad gegee of gelukwensings uitgedeel. \u201cDis ook die ideale geleentheid om morele lesse te leer. My man het vertel hoe vies hy was dat hy in die verkeer vasgesit het en laat vir \u2019n vergadering was. Hy was gefrustreerd, want dis ongemanierd om laat te wees; dis \u2019n teken dat jy nie die persoon respekteer as jy laat is nie. So leer kinders waardevolle lesse.\u201d<\/p>\n<p>Probeer altyd om op die <strong>positiewe <\/strong>te fokus. Dis ook belangrik om elke kind sy volle spreekbeurt te gee en nie kommentaar te lewer tot n\u00e1 elkeen sy ervarings gedeel het nie.<\/p>\n<p><span style=\"color: #ff0000;\"><strong>Wat kan jy doen?<\/strong><\/span><\/p>\n<p>\u2022 <strong>Luister<\/strong>. Kinders kom gou agter as jy nie werklik luister nie en net \u201ch\u2019m\u201d s\u00ea. Vra vrae en probeer vasstel hoe hulle in sekere situasies reageer het: \u201cIs jy opgewonde omdat jy vir die span gekies is?\u201d \u201cVoel jy hartseer omdat jy nie \u2019n rol in die konsert gekry het nie?\u201d<\/p>\n<p>\u2022 <strong>Vra die regte vrae<\/strong>: Moenie vrae vra wat met \u2019n \u201coraait\u201d of \u201coukei\u201d beantwoord kan word nie, soos \u201cHoe was jou dag?\u201d nie. Vra liewer: \u201cWat het julle vandag in kuns gedoen?\u201d \u201cVertel my van jou toets\/ rugbyoefening\/wedstryd.\u201d \u201cWat het julle gedoen wat pret was?\u201d<\/p>\n<p>\u2022 <strong>Beperk oproepe<\/strong>. As jy min tyd het om aan die kinders te bestee, maak \u2019n re\u00ebl dat wanneer hulle by jou is, jy vir \u2019n sekere tyd nie oproepe sal beantwoord nie. \u2019n Halfuur se toegewyde aandag is beter as twee uur waarin jy ook nog op jou skootrekenaar werk enop die foon praat.<\/p>\n<p>\u2022<strong> Wees beskikbaar.<\/strong> Dit help nie julle gaan hou piekniek en jou gedagtes is myle ver nie. Maak seker jy is in hart en siel teenwoordig. Onthou, beskikbaarheid is \u2019n bewuste besluit.<\/p>\n<p>\u2022 <strong>Tydsberekening <\/strong>is belangrik. Wanneer \u2019n paar steune en kreune al antwoorde is, is jou kind meestal te moeg om te gesels. Hou die vrae tot hy uitgerus en ontspanne is.<\/p>\n<p>\u2022 <strong>Fokus <\/strong>liewer op die kinders as die skool. \u201cWat het jy pouse gedoen?\u201d<\/p>\n<p>\u2022 <strong>Maak dit prettig<\/strong>. Vir jonger kinders kan jy s\u00ea: \u201cEk dink jy het vandag niks by die skool gedoen nie en niks nuwe goed geleer nie.\u201d Wanneer hy weet dis \u2019n grappie, is die kanse beter dat jy iets uit hom gaan kry. Fokus op hul vriende en die lekker goed pleks van die klaskamer en leer.<\/p>\n<p>\u2022 <strong>Aandete <\/strong>is \u2019n gulde geleentheid om te kommunikeer en stories uit te ruil. Gaan sit aan tafel, nie met skinkborde voor die televisie nie. Maak ook \u2019n re\u00ebl dat selfone nie tafel toe kom nie.<\/p>\n<p><span style=\"color: #ff0000;\"><strong>Leer hulle lag<\/strong><\/span><\/p>\n<p>Humor is \u2019n wonderlike manier om spanning te verlig. Vertel van die lawwe ding wat jou daardie\u00a0dag oorgekom het en vra wat die lafste ding is wat die kinders\u00a0beleef het. Dit leer kinders dat\u00a0jy ook foute maak en dat jy vir jou foute kan lag. Almal is boonop vroliker wanneer hulle\u00a0gelag het. Dis ook \u2019n lekker manier om kinders in die kar aan die gesels te kry.<\/p>\n<p><span style=\"color: #ff0000;\"><strong>Benut toevallige tye<\/strong><\/span><\/p>\n<p>\u2022 Die meeste van ons bestee baie tyd saam met ons kinders in die <strong>motor<\/strong>. Nikki s\u00ea dis die ideale tyd vir gesels en die bespreking van ongemaklike onderwerpe, want kinders hoef\u00a0jou nie in die o\u00eb te kyk nie. Die ander voordeel is natuurlik dat hulle ook nie kan wegstap nie!<\/p>\n<p>\u2022 <strong>Speel <\/strong>kaart of bordspeletjies &#8211; nie noodwendig ter wille van die kommunikasie nie, maar om saam pret te h\u00ea en \u2019n vertrouensverhouding vir toekomstige kommunikasie op te bou. Dit verlig spanning en maak \u00a0dit vir die kinders makliker om oor hul gevoelens te praat.<\/p>\n<p>\u2022 <strong>Pa\u2019s <\/strong>sukkel soms om met kleintjies te kommunikeer. Rol saam met hulle op die mat en \u201cstoei\u201d. Die liggaamlike aanraking is wonderlike kommunikasie en net \u2019n ander manier om drukkies uit te deel. \u201cSpeletjies bou br\u00fbe tussen ouers en kinders in \u2019n \u2018taal\u2019 wat kinders verstaan. Maar speel ter wille van die pret en nie met die verwagting om \u2019n probleem op te los nie,\u201d s\u00ea Nikki.<\/p>\n<p>\u2022 Doen dinge saam met <strong>tieners<\/strong>. Gaan draf, ry fiets, woon mosa\u00efekklasse by. Soms kan julle \u2019n wonderlike gesprek h\u00ea, maar die samesyn is belangrik vir die vestiging van \u2019n vertrouensverhouding sodat kinders jou met hul gevoelens en probleme sal vertrou. Dit l\u00ea die grondslag vir <strong>kommunikasie<\/strong>.<\/p>\n<p><span style=\"color: #ff0000;\"><strong>Kry nog rolmodelle\u00a0<\/strong><\/span><\/p>\n<p>\u201cDis belangrik dat tieners ook goeie verhoudings met ander volwassenes opbou, soos familielede of die ouers van hul vriende. Dit verseker dat die kind ander lae van ondersteuning het wanneer hy nie reg is om met jou te gesels nie. Een van die ma\u2019s bel jou dalk net eendag om te s\u00ea dat jou kind baie ongelukkig gelyk het toe hy daar gekuier het.\u201d<\/p>\n<p><strong>Vinnige wenke:<\/strong><\/p>\n<p>\u2022 Laat die kind weet jy stel belang deur <strong>oogkontak <\/strong>te maak en op hom te fokus.<\/p>\n<p>\u2022 Hou jul gesprekke <strong>privaat <\/strong>en moenie sy probleme voor ander mense bespreek nie, behalwe as dit deel van die oplossing is.<\/p>\n<p>\u2022 Skakel die <strong>televisie <\/strong>af.<\/p>\n<p>\u2022 Veroordeel die <strong>gedrag<\/strong>, nie die kind nie.<\/p>\n<p>\u2022 As jy te kwaad of te moeg is om <strong>rasioneel<\/strong> te dink, wag tot jy afgekoel het en bespreek die voorval later.<\/p>\n<p>\u2022 Moenie die kind onderbreek wanneer hy sy storie vertel nie, <strong>luister <\/strong>geduldig tot hy klaar is.<\/p>\n<p>\u2022 Wees so <strong>hoflik <\/strong>met jou kind as wat jy met \u2019n vriend sou wees.<\/p>\n<p>\u2022 Sak <strong>fisiek <\/strong>af tot op \u2019n kind se vlak. Sit\/hurk op die vloer, of sit albei op die bank.<\/p>\n<p>\u2022 Moenie hare kloof oor <strong>kleinighede <\/strong>nie. Vra w\u00e1t gebeur het, nie hoekom nie.<\/p>\n<p>\u2022 Moenie <strong>preek <\/strong>nie, ook nie goed s\u00ea soos: \u201cEk weet wat die beste vir jou is\u201d nie. Dit stuit kommunikasie. Bespreek eerder die probleem en werk saam aan \u2019n oplossing.<\/p>\n<p>\u2022 Moenie afbrekende <strong>woorde <\/strong>soos \u201cdom\u201d, \u201csimpel\u201d en \u201clui\u201d gebruik nie.<\/p>\n<p>\u2022 S\u00ea altyd vir die kind jy is bly sy het met jou kom <strong>praat<\/strong>.<\/p>\n<p>\u2022 <strong>Herhaal<\/strong>, of som aan die einde van die storie op wat die kind ges\u00ea het om seker te maak dat jy wel verstaan het.<\/p>\n<p>\u2022 Hoe kleiner die kind, hoe korter moet jou <strong>raad <\/strong>wees. Vir jong kinders is 30 sekondes genoeg.<\/p>\n<p>\u2022 Moenie goed vir groter kinders oor en oor s\u00ea nie. Veral nie vir tieners nie. N\u00e1 die tweede keer raak hul o\u00eb glasig en daarna kan jy netsowel in \u2019n vreemde taal praat.<\/p>\n<p>\u2022 Onthou: Kommunikasie is verbaal sowel as <strong>nieverbaal<\/strong>. \u2019n Drukkie, <em>high five<\/em>, knipoog of glimlag is ook maniere om te kommunikeer.<\/p>\n<p><span style=\"color: #ff0000;\"><b>Tieners<\/b><\/span><\/p>\n<p>\u2022 Tieners kan baie emosioneel raak en soms is dit \u2019n goeie ding om tyd te koop. Maak seker jy is voorbereid om \u2019n plofbare situasie te ontlont. S\u00ea byvoorbeeld, \u201cKom ons praat m\u00f4re\/vanaand hieroor. Ek sal eers oor die saak moet dink.\u201d Dit gee jou kans om te bedaar en minder emosioneel te reageer. Op die manier leer kinders ook die soort probleemoplossingsvaardighede aan .<\/p>\n<p>\u2022 Wees bewus van jou stemtoon. Ons raak almal moeg en ongeduldig en weet nie altyd watter indruk ons stemtoon wek nie. Dink bewustelik oor jou stemtoon voor jy begin praat.<\/p>\n<p>\u2022 Moenie \u2019n dag se werkfrustrasie op die kinders uithaal nie. Kry\u00a0jou kop skoon en begin op \u2019n nuwe bladsy wanneer jy tuiskom.<\/p>\n<p><span style=\"color: #ff0000;\"><b>Gebaretaal vir babas\u00a0<\/b><\/span><\/p>\n<p>\u201cSpraakbane duur langer as groot en fyn motoriese ontwikkeling om gevestig te word en babas kan gebaretaal gebruik voor hulle kan praat,\u201d s\u00ea Jeanette Loots, \u2019n arbeidsterapeut van Pretoria wat gebaretaal vir al drie haar kinders (nou 2, 4 en 7) geleer het toe hulle nog babas was.<\/p>\n<p>\u201cOns eersteling, Nina, het op ses maande woordjies begin s\u00ea en toe het ek vir haar gebaretaal begin leer. Op \u2019n jaar kon sy sowat 120 woorde, 120 gebare en verskeie geluide (soos \u201cwoef- woef\u201d vir \u2019n hondjie) gebruik om te kommunikeer.\u201d<\/p>\n<p>Al drie haar kinders het gouer as die gemiddelde kind gepraat. \u201cOmdat jy gedurig praat en die gebaar wys, leer hulle ook die woordjies en sodra hulle dit kan s\u00ea, hou hulle op om die gebaar te gebruik. Dit vertraag nie spraak nie, maar versnel dit eerder. Dis net \u2019n bykomende opsie vir kommunikasie en hoe meer sintuie betrek word, hoe meer leerprosesse kan plaasvind.<\/p>\n<p>\u201cDis die beste om op ses maande te begin. Die meeste babas behoort op agt of nege maande die gebare te kan gebruik. Ek het die Amerikaanse gebare vir dowes as \u2019n vertrekpunt gebruik. Namate ons gevorder het, het ek sekere goed vereenvoudig en nuwe tekens versin. Ek het \u2019n paar boeke gekoop en baie inligting op die web gekry,\u201d s\u00ea Jeanette.<\/p>\n<p>Dr. Kerstin T\u00f6nsing, \u2019n spraakterapeut aan die Universiteit van Pretoria se Sentrum vir Aanvullende en Alternatiewe Kommunikasie, s\u00ea gebaretaal kan die frustrasies van die <em>terrible twos<\/em> verminder. \u201cNie alle kinders reageer ewe goed daarop nie, maar dis beslis nog \u2019n manier van kommunikasie. Maar moenie te ho\u00eb verwagtinge koester nie. Volgens studiebevindings kan dit spraak gemiddeld met \u2019n maand versnel, maar vir sommige kinders kan dit baie goed werk.\u201d<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ondanks ons beste bedoelings kommunikeer ouers en kinders nie altyd soveel soos ons moet nie. \u201cTyd is vir almal \u2019n probleem en die werklikheid is dat dit nie gaan verander nie. Die beste oplossing is om beter luisteraars te raak,\u201d [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":13536,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[679],"tags":[1930,134,834],"class_list":["post-7392","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-ouerskap","tag-kommunikasie","tag-ouerskap","tag-kinders"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Praat-Praat | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/praat-praat\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Praat-Praat | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Ondanks ons beste bedoelings kommunikeer ouers en kinders nie altyd soveel soos ons moet nie. \u201cTyd is vir almal \u2019n probleem en die werklikheid is dat dit nie gaan verander nie. Die beste oplossing is om beter luisteraars te raak,\u201d [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/praat-praat\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2015-10-19T08:04:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2016-01-18T12:00:58+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra20151019125930.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"640\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"427\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"8 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/praat-praat\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/praat-praat\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Praat-Praat\",\"datePublished\":\"2015-10-19T08:04:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-01-18T12:00:58+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/praat-praat\\\/\"},\"wordCount\":1634,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/praat-praat\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra20151019125930.jpg\",\"keywords\":[\"Kommunikasie\",\"ouerskap\",\"kinders\"],\"articleSection\":[\"Ouerskap\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2015\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/praat-praat\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/praat-praat\\\/\",\"name\":\"Praat-Praat | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/praat-praat\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/praat-praat\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra20151019125930.jpg\",\"datePublished\":\"2015-10-19T08:04:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-01-18T12:00:58+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/praat-praat\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/praat-praat\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/praat-praat\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra20151019125930.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra20151019125930.jpg\",\"width\":640,\"height\":427},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/praat-praat\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Praat-Praat\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Praat-Praat | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/praat-praat\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Praat-Praat | rooi rose","og_description":"Ondanks ons beste bedoelings kommunikeer ouers en kinders nie altyd soveel soos ons moet nie. \u201cTyd is vir almal \u2019n probleem en die werklikheid is dat dit nie gaan verander nie. Die beste oplossing is om beter luisteraars te raak,\u201d [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/praat-praat\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2015-10-19T08:04:00+00:00","article_modified_time":"2016-01-18T12:00:58+00:00","og_image":[{"width":640,"height":427,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra20151019125930.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"8 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/praat-praat\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/praat-praat\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Praat-Praat","datePublished":"2015-10-19T08:04:00+00:00","dateModified":"2016-01-18T12:00:58+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/praat-praat\/"},"wordCount":1634,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/praat-praat\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra20151019125930.jpg","keywords":["Kommunikasie","ouerskap","kinders"],"articleSection":["Ouerskap"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2015","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/praat-praat\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/praat-praat\/","name":"Praat-Praat | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/praat-praat\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/praat-praat\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra20151019125930.jpg","datePublished":"2015-10-19T08:04:00+00:00","dateModified":"2016-01-18T12:00:58+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/praat-praat\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/praat-praat\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/praat-praat\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra20151019125930.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra20151019125930.jpg","width":640,"height":427},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/praat-praat\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Praat-Praat"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7392","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=7392"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7392\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/13536"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=7392"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=7392"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=7392"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}