{"id":7384,"date":"2015-02-20T11:01:00","date_gmt":"2015-02-20T09:01:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-5\/"},"modified":"2026-05-27T08:23:12","modified_gmt":"2026-05-27T06:23:12","slug":"dans-met-die-rooirok-hoofstuk-5","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-5\/","title":{"rendered":"Dans met die rooirok: Hoofstuk 5"},"content":{"rendered":"<p><em><strong>Dooie kat<\/strong><\/em><\/p>\n<p>Amelie staar na die foto van Amelia Marceaux. Dis asof sy in \u2019n spie\u00ebl kyk! Dis ongelooflik! Hoe kan \u2019n vrou wat vroeg in die vorige eeu in Frankryk gebore is so baie na haar lyk? Nou weet sy hoekom Phillip Groenewald haar so aangegaap het. Hy moes iewers \u2019n foto van Amelia in haar jonger dae gesien het, maar waar?<\/p>\n<p>Mia is die een wat eerste haar woorde vind.<\/p>\n<p>\u201cWat gaan hier aan Ma? Sien ons spoke? Ma en die vrou kon susters gewees het!\u201d<\/p>\n<p>Die ander stem in \u2019n koor van beamings saam.<\/p>\n<p>Amelie weet self nie hoe die ooreenkoms moontlik is nie.<\/p>\n<p>\u201cEk is net so verstom soos julle. Ek hoop daar is \u2019n logiese verduideliking daarvoor.\u201d<\/p>\n<p>Lolla probeer \u2019n grap maak. \u201cGelukkig was Ma al gebore toe die vrou dood is, anders was dit regtig <em>creepy<\/em>. Dan het ek aan re\u00efnkarnasie begin glo.\u201d<\/p>\n<p>Mia blaai vervaard in die albums rond op soek na nog foto\u2019s van Amelia.<\/p>\n<p>\u201cMa, is Ma seker ouma en oupa het Ma se naam in \u2019n boek gelees? Die ooreenkoms van die name? En julle lyk darem vreeslik baie na mekaar.\u201d<\/p>\n<p>Amelie se brein grawe in haar herkoms.<\/p>\n<p>\u201cAan my ouma se kant was die familie van Hugenote-afkoms. Miskien, as ons my stamboom nagaan, is ek en Amelia verlangs familie. Dit kan gebeur dat die gene so sterk in \u2019n bloedlyn loop. Dit maak tog sin dat my voorgeslagte en hare dalk familie kon wees?\u201d<\/p>\n<p>Jos se speurvernuf neem oor.<\/p>\n<p>\u201cHoekom het Ma juis hierdie huis gekoop? Hoekom in Sederfontein?\u201d<\/p>\n<p>Amelie se mond raak droog van skok.<\/p>\n<p>\u201cMy ouma! Sy het van kleins af vertel hoe mooi is dit hier op Sederfontein! Voor ek hierheen gery het om \u2019n huis te kom soek, was ek nog nooit hier nie. Dis net &#8230; ek was moedeloos van al die spanning en het besluit ek moet uit die stad wegkom. Toe onthou ek my ouma se stories van Sederfontein. Sjoe, as ek en Amelia regtig verwant is, is dit darem \u2019n toeval! Of nie?\u201d<\/p>\n<p>\u201cMaar die huis, ma, hoekom het Ma hierdie huis gekoop?\u201d<\/p>\n<p>\u201cJossie, Ma weet nie eintlik hoekom nie. Toe ek saam met die agent hier verbygery het, het ek net geweet ek wil die huis h\u00ea. Jy weet? Die huis het soort van met my gepraat.\u201d<\/p>\n<p>Die kinders snak na hul asems asof hulle deel is van \u2019n spreekkoor.<\/p>\n<p>Amelie besef vir die eerste keer dat daar van die begin af \u2019n vreemde bekendheid aan die huis was. Asof sy al hier was &#8230;<\/p>\n<p>\u201cToe ek by die hekkie instap, het ek geweet ek wil hier bly.\u201d<\/p>\n<p>Lolla rek haar o\u00eb.<\/p>\n<p>\u201cHey manne, ek dog die plek kan my nie meer uit<em>freak<\/em> nie, maar nou is ek eers krapperig. Hier is vreemde dinge aan die gang en ons ma is deel daarvan!\u201d<\/p>\n<p>Mia voel daar moet \u2019n verduideliking wees.<\/p>\n<p>\u201cHet Oumagrootjie nie dalk vir Amelia Marceaux geken nie? Hoe het sy geweet dit is so mooi hier? Dalk is dit hoekom Ouma Ma Amelie genoem het? Ek glo nie meer daai storie van die naam in die boek nie. In daardie tyd het mense kinders familiename gegee. Ai, hoekom is Ouma nou al dood? Ons sou haar kon vra!\u201d<\/p>\n<p>Amelie is self ontsenu. Die verwikkelinge maak nou \u2019n draai in haar verlede en daarop was sy nie voorbereid nie. Sy fynkam haar gedagtes oor presies hoekom sy besluit het om die huis te koop. Sy onthou \u2019n gevoel van absolute vreedsaamheid toe sy by die hekkie ingestap het.<\/p>\n<p>Die verloop van gebeure is vir haar bisar. Sy wou uit die stad kom om rus te vind en toe koop sy \u2019n huis met \u2019n naam wat &#8220;my skuiling&#8221; beteken. Maar nou is hierdie &#8220;skuiling&#8221; besig om haar lewe meer aan te raak as wat sy beplan het. Sy het nog altyd gedink sy is \u2019n doodgewone meisie uit \u2019n doodgewone agtergrond. Nou wonder sy oor die stories wat haar ouma haar vertel het. Haar ouma was beslis al op Sederfontein want sy het die reuse wilgerbome langs die rivier waar sy as kind gespeel het perfek beskryf. En haar naam? Amelie? Amelia? Die toeval is net te groot.<\/p>\n<p>Die kinders sit nou elkeen met \u2019n album op die skoot, maar Amelie self is te lam om te reageer.<\/p>\n<p>Buks se geblaf onderbreek die geskokte stilte wat om die stoorkamer hang. Hulle ken al sy blaf as hy regtig gevaar sien.<\/p>\n<p>Jos en Ugo gaan loer om die hoek van die huis.<\/p>\n<p>\u201cHy blaf daar voor in die tuin!\u201d<\/p>\n<p>Amelie voel die lewe na haar bene terugkeer.<\/p>\n<p>\u201cWag, ek stap saam dan gaan kyk ons.\u201d<\/p>\n<p>Die Labrador hardloop in sirkels naby die voorhekkie. Amelie en die seuns versteen as hulle sien wat hom so ontstel. Aan die hekkie hang \u2019n dooie kat!<\/p>\n<p>Amelie raak rasend van woede.<\/p>\n<p>\u201cEk gaan nie langer toelaat dat die spul mal mense op die dorp ons intimideer nie.\u201d<\/p>\n<p>Sy stap woedend die huis in om haar motorsleutels te gaan haal.<\/p>\n<p>\u201cJos, julle bly by die meisies, ek gaan \u2019n bietjie by Phillip Groenewald kuier. Hierdie speletjie wat hulle speel raak nou te erg en ek is moeg daarvan.\u201d<\/p>\n<p>Die seuns wil nog keer, maar hulle ken hulle ma as sy op \u2019n missie is.<\/p>\n<p>Amelie het geen idee waar die Groenewalds se plaas is nie, maar sy weet waar om te begin soek. Sy hou in \u00a0\u2019n stofwolk voor die ko\u00f6perasie stil. Die groepie boere wat op die stoep staan en gesels retireer as hulle sien sy is woedend.<\/p>\n<p>\u201cWaar bly Phillip Groenewald?\u201d sis sy.<\/p>\n<p>\u2019n Dikkerige man met \u2019n pankop probeer haar intimideer en kom staan teenaan haar.<\/p>\n<p>\u201cEn hoekom wil Mevroutjie weet?\u201d<\/p>\n<p>\u201cJy! Julle weet waarskynlik baie goed! Waar bly die Groenewalds?\u201d<\/p>\n<p>Die dik mannetjie vat haar om die skouer. Sy ruik brandewyn op sy asem.<\/p>\n<p>\u201cHoekom so kwaai, Mevroutjie?\u201d<\/p>\n<p>Hy gee haar \u2019n drukkie en sy ruk los.<\/p>\n<p>Die enkele les oor selfverdediging wat Jos en Ugo haar geleer het, skop in. Sy lig haar knie vinnig en hoog op en toe sy weer sien, buig die dik man vooroor van die pyn en die res van die mans skater soos hulle lag.<\/p>\n<p>Amelie bars verby hulle. Die verskrikte toonbankklerk van die ko\u00f6perasie beduie haar in die rigting van die Groenewalds se plaas nog voor sy kan vra.<\/p>\n<p>Sy spat die mans vol klippe en stof soos sy wegtrek. Op pad na die plaas spring haar brein in allerlei rigtings van woede.<\/p>\n<p>Haar kar gly-gly deur die draai van die plaas se afrit. Dit skommel en skud oor die plaaspad, maar dit skrik haar nie af nie. Sy jaag soos \u2019n besetene.<\/p>\n<p>Myra Groenewald staan haar en inwag op die wye stoep. Die nuus het taamlik vinnig van die ko\u00f6perasie se stoep versprei, besef Amelie. Die ou vrou staan haar \u2019n rukkie woordeloos en aanstaar en Amelie weet hoekom. Myra is beslis ook bewus van hoe merkwaardig baie sy na Amelia Marceaux lyk.<\/p>\n<p>\u201cWragtag!\u201d Kom dit oor die ou vrou se dun lippe. \u201cOu mal Amelia in lewende lywe! Uit die dode!\u201d<\/p>\n<p>Amelie laat haar nie deur die groot vrou se imposante figuur afskrik nie.<\/p>\n<p>\u201cWaar is jou seun?\u201d<\/p>\n<p>\u201cNet so ongeskik soos Ameila. Groet jy nie?\u201d<\/p>\n<p>\u201cEk wil dadelik met jou seun praat. Ek is nou moeg vir sy planne om my en my kinders uit Mon Abri te verdryf!\u201d<\/p>\n<p>\u201cS\u00ea my &#8230; Amelie? Wat het jy regtig op Sederfontein kom maak? Jy en jou aanlapseltjies?\u201d<\/p>\n<p>Die snedige manier waarop die vrou duidelik na Lolla en Ugo verwys, maak Amelie nog kwater. Sy ken haarself, as sy so kwaad is dat sy doodkalm raak, is sy op haar gevaarlikste.<\/p>\n<p>\u2019n Bakkie kom nader gejaag. Sy weet dit is Phillip.<\/p>\n<p>\u201cEn toe? Ek hoor jy het moles by die ko\u00f6perasie gemaak?\u201d<\/p>\n<p>Amelie wens sy kan die snedige trek om sy mond afvee.<\/p>\n<p>\u201cLuister hier, Phillip Groenewald! Ek gee nie om hoeveel mag jy en jou mammie hier op die dorp het nie. Ek en my kinders is hier om te bly. Die dooie kat gaan my nie laat afskrik nie. Ek sal dit by die DBV gaan aflaai en jy beter hoop hulle bevind nie dat die dier doelbewus doodgemaak is nie. Ek kom van die stad af. Ek skrik nie so maklik vir julle soos die mense op die dorp nie.\u201d<\/p>\n<p>Phillip staan eers nader, maar sy boodskappers van die ko\u00f6perasie het hom seker ingelig oor die dik boer se nederlaag. Hy staan \u2019n entjie tru.<\/p>\n<p>\u201cHet ma mos ges\u00ea sy is net so \u2019n geitjie soos Amelia. Verstommend n\u00e9 Ma? Die ooreenkoms?\u201d<\/p>\n<p>Dis asof Amelie alle redelike gedagtes verloor.<\/p>\n<p>\u201cAs julle Amelia al die jare nie uit die dorp kon verdryf nie, moenie dink ek gaan so maklik skrik nie.\u201d<\/p>\n<p>Myra Groenewald se o\u00eb is dieselfde ysblou as haar seun s\u2019n.<\/p>\n<p>\u201cNou wat het jy presies op die dorp kom maak? Wat is die band tussen jou en die mal Franse vrou?\u201d<\/p>\n<p>Amelie voel skielik moedswillig. As die Groenewalds vuil wil speel, kan sy ook.<\/p>\n<p>\u201cSal jy nie graag wou weet nie, n\u00e9 Mevrou? Ek is hier om die dorp se geheime oop te krap. Daardie dinge waaroor julle glo nie graag praat nie? Ek is hier om daaroor te praat., Ek gaan \u2019n boek skryf sodat die hele w\u00eareld kan lees hoe julle \u2019n arme vrou se lewe hel gemaak het.\u201d<\/p>\n<p>Haar woorde het die gewenste uitwerking. Sy kan sien Myra en Phillip is effe ontsenu. Hulle het seker verwag sy sal haar verbintenis met Amelia ontken.<\/p>\n<p>As hulle maar weet dat sy self nie so seker is waar haar en Amelia se bloedlyne gekruis het nie, maar aangesien sy sien dit ontsenu die Groenewalds, sal sy dit gebruik.<\/p>\n<p>Myra se o\u00eb blits.<\/p>\n<p>\u201cHou jy jou neus uit dinge waar dit nie hoort nie. Ek waarsku jou. Jy is nog te kort op die dorp om te weet hier is die Groenewalds baas.\u201d<\/p>\n<p>\u201cO, is julle? En wie het julle aangestel? Beskerm julle iets? Wat is julle familie se groot geheim? Dis jammer Phil Groenewald is dood, ek sou hom graag \u2019n paar vrae wou vra.\u201d<\/p>\n<p>Amelie sien sy het nou te ver gegaan. Dit lyk of Myra \u2019n soort toeval kry. Phillip roep om hulp en twee werkers help die ou vrou tot in die huis. Amelie voel effe skuldig, maar sy weet sy het nou Myra se sensitiefste snaar aangeraak. Die blote noem van Phil se naam het \u2019n duidelike vrees oopgegrawe.\u201d<\/p>\n<p>Phillip is bleek van woede. Hy neem haar ferm aan die arm en lei haar die stoep af.<\/p>\n<p>\u201cRy nou, vroumens. Jy het genoeg skade vir die dag aangerig. Ek waarsku jou, as my ma iets oorkom, sal jy spyt wees. Jy krap nou aan dinge wat liewer gelos moet word.\u201d<\/p>\n<p>Amelie ruk haar arm los. Phillip troon groot en bruingebrand oor haar uit.<\/p>\n<p>\u201cEk sal ry, maar los nou my en my kinders uit. Kry dit nou in julle koppe, ons gaan nie skrik vir julle bangmakery nie.\u201d<\/p>\n<p>Op pad terug na die dorp bewe Amelie se hande so dat sy skaars die stuurwiel kan vashou.\u00a0Voor haar l\u00ea die dorpie rustig in \u2019n kom. In die verte sien sy die groen bome waar sy weet die rivier kronkel.<\/p>\n<p>Watter diep geheime is in die o\u00ebnskynlike rustigheid van die dorpie gehul? Wat het tussen Ameila Marceaux en Phil Groenewald gebeur wat die Groenewalds so angstig probeer toesmee?<\/p>\n<p>Amelie kyk na haar eie beeld in die kar se truspie\u00ebltjie. Dis asof Amelia vir haar terugkyk. Sy voel die koue streling agter haar nek.<\/p>\n<p>\u201cWat is jou geheime Amelia? Hoekom is ek op hierdie dorp? Het jy my hierheen gelok? Het jy \u2019n storie om te vertel?\u201d<\/p>\n<p><u><a id=\"68326&amp;h=Dans-met-die-rooirok:-Hoofstuk-1&quot;&quot;\" target=\"\"><\/a>Lees hoofstuk 1 &#8211; 4 hier<\/u><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dooie kat Amelie staar na die foto van Amelia Marceaux. Dis asof sy in \u2019n spie\u00ebl kyk! Dis ongelooflik! Hoe kan \u2019n vrou wat vroeg in die vorige eeu in Frankryk gebore is so baie na haar lyk? Nou weet [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":13526,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[43452],"tags":[99,1628],"class_list":["post-7384","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-lees","tag-verhale","tag-dans-met-die-rooirok"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Dans met die rooirok: Hoofstuk 5 | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-5\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Dans met die rooirok: Hoofstuk 5 | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Dooie kat Amelie staar na die foto van Amelia Marceaux. Dis asof sy in \u2019n spie\u00ebl kyk! Dis ongelooflik! Hoe kan \u2019n vrou wat vroeg in die vorige eeu in Frankryk gebore is so baie na haar lyk? Nou weet [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-5\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2015-02-20T09:01:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2026-05-27T06:23:12+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201522011152.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"640\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"613\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"11 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-5\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-5\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Dans met die rooirok: Hoofstuk 5\",\"datePublished\":\"2015-02-20T09:01:00+00:00\",\"dateModified\":\"2026-05-27T06:23:12+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-5\\\/\"},\"wordCount\":1969,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-5\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra201522011152.jpg\",\"keywords\":[\"verhale\",\"dans met die rooirok\"],\"articleSection\":[\"Lees\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2015\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-5\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-5\\\/\",\"name\":\"Dans met die rooirok: Hoofstuk 5 | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-5\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-5\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra201522011152.jpg\",\"datePublished\":\"2015-02-20T09:01:00+00:00\",\"dateModified\":\"2026-05-27T06:23:12+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-5\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-5\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-5\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra201522011152.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra201522011152.jpg\",\"width\":640,\"height\":613},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-5\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Dans met die rooirok: Hoofstuk 5\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Dans met die rooirok: Hoofstuk 5 | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-5\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Dans met die rooirok: Hoofstuk 5 | rooi rose","og_description":"Dooie kat Amelie staar na die foto van Amelia Marceaux. Dis asof sy in \u2019n spie\u00ebl kyk! Dis ongelooflik! Hoe kan \u2019n vrou wat vroeg in die vorige eeu in Frankryk gebore is so baie na haar lyk? Nou weet [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-5\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2015-02-20T09:01:00+00:00","article_modified_time":"2026-05-27T06:23:12+00:00","og_image":[{"width":640,"height":613,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201522011152.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"11 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-5\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-5\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Dans met die rooirok: Hoofstuk 5","datePublished":"2015-02-20T09:01:00+00:00","dateModified":"2026-05-27T06:23:12+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-5\/"},"wordCount":1969,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-5\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201522011152.jpg","keywords":["verhale","dans met die rooirok"],"articleSection":["Lees"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2015","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-5\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-5\/","name":"Dans met die rooirok: Hoofstuk 5 | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-5\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-5\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201522011152.jpg","datePublished":"2015-02-20T09:01:00+00:00","dateModified":"2026-05-27T06:23:12+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-5\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-5\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-5\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201522011152.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201522011152.jpg","width":640,"height":613},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-5\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Dans met die rooirok: Hoofstuk 5"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7384","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=7384"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7384\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":164943,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7384\/revisions\/164943"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/13526"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=7384"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=7384"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=7384"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}