{"id":7378,"date":"2015-02-19T12:30:00","date_gmt":"2015-02-19T10:30:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/antarktika-te-groot-vir-n-lens\/"},"modified":"2015-12-07T07:35:57","modified_gmt":"2015-12-07T05:35:57","slug":"antarktika-te-groot-vir-n-lens","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/antarktika-te-groot-vir-n-lens\/","title":{"rendered":"Antarktika: Te groot vir \u2019n lens"},"content":{"rendered":"<p>Koue en die ontberings wat met so &rsquo;n reis gepaardgaan, is iets wat die meeste van ons so ver moontlik probeer vermy. En tog het die mens reeds talle uitdagings oorkom om lande soos Noorwe&euml;, Ysland en Alaska &#8211; &ldquo;daardie klas van r&ecirc;rige koel plekkies&rdquo;, soos Blouwillem in die koerant skryf &ndash; vir die mens toeganklik te maak. Maar die koudste plek op aarde, die vasteland van <span style=\"color: rgb(255, 0, 0);\"><strong>Antarktika<\/strong><\/span>, bly tot vandag toe &rsquo;n byna mistieke, ongerepte wit w&ecirc;reld met geen permanente inwoners nie. <\/p>\n<p> Net navorsers (vierduisend in&nbsp;die somer en duisend in die winter) waag dit, gewoonlik vir &rsquo;n maksimum van twee jaar, op die vasteland se veertig permanente navorsingstasies wat aan altesame dertig lande behoort . Daarom is daar ook geen amptelike taal op die vasteland nie. Wat beweeg ander mense om vir hul plesier hierdie afgele&euml; w&ecirc;reld te besoek wat beskryf word as die &ldquo;koudste, winderigste, droogste, hoogste, stilste, onvriendelikste en mees afgele&euml; van alle vastelande&rdquo;? <\/p>\n<p> Twee gesoute reisigers van Stellenbosch, <span style=\"color: rgb(255, 0, 0);\"><strong>Johann en Susan Slazus<\/strong><\/span>, het verlede jaar in die Antarktiese somer die geleentheid aangegryp om uit eie ervaring antwoorde op hierdie vraag te kry.<\/p>\n<p> Luister jy na hul belewenisse op &rsquo;n reis van <span style=\"color: rgb(255, 0, 0);\"><strong>19 dae<\/strong><\/span> op &rsquo;n Russiese navorsingskip besef jy die mens se verlange om iets te ontdek wat tot dusver buite bereik was, is so oud soos die mensdom self. Die dramatiese, hero&iuml;ese verhale van die vroe&euml; ontdekkingsreisigers, mense soos die Portugese navigator Ferdinand Magellaan en die twee Britse seevaarders, kaptein James Cook en sir Francis Drake, vuur tot vandag toe van navorsers tot toeriste aan om ook hierdie onherbergsame vasteland te gaan verken. <\/p>\n<p> Sedert die robjagter John Davis na bewering in 1821 die eerste mens geword het wat in Antarktika voet aan wal gesit het, het baie dinge darem verander. Vandag kan moderne reisigers die manjifieke ysberge, die ruwe kuslyn en die talle eilande wat soveel uitdagings aan die vroe&euml; ontdekkingsreisigers gebied het, op &rsquo;n betreklike veilige en gerieflike manier verken en waardeer. <\/p>\n<p> &ldquo;Ons was in 2012 in teenoorgestelde omstandighede digby die ewenaar in die <span style=\"color: rgb(255, 0, 0);\"><strong>Masai Mara<\/strong><\/span> in Kenia, bekend vir die jaarlike migrasie van die wildebeeste. Eenaand om die kampvuur vertel fotograaf Marius Coetzee van Oryx, wat w&ecirc;reldwyd fotografiese ekspedisies onderneem, van sy planne om &rsquo;n groep fotograwe op &rsquo;n Antarktika-bootvaart te neem,&rdquo; gaan haal die Slazusse hul storie. Dalk was dit in die hitte van die oomblik maar Johann, immer aan die verken en &rsquo;n ywerige fotograaf, het nie &rsquo;n oomblik geweifel nie. &ldquo;Hy het dadelik ges&ecirc;: &lsquo;ek is in!&rsquo; en as hy s&ecirc; hy is in, is ek ook in,&rdquo; vertel Susan laggend. Kort voor lank was nog vriende&nbsp;van Stellenbosch, Carl en AnnetteTaljaard, ook vuur en vlam vir die koue. <\/p>\n<p> Antarktika word gekenmerk deur <span style=\"color: rgb(255, 0, 0);\"><strong>uiterstes<\/strong><\/span>. In die lang wintermaande kan dit dae lank pikdonker raak terwyl daar in die kort somer in Desember 24 uur sonlig per dag is. Die koudste temperatuur wat tot nog toe op aarde gemeet is, was op 21 Julie in 1983 toe &rsquo;n onvoorstelbare<span style=\"color: rgb(255, 0, 0);\"><strong> -89 &deg;C<\/strong><\/span> by Vostok-stasie op&nbsp;die vasteland aangeteken is.<\/p>\n<p> In die somermaande haal dit darem so 5 &deg;C aan die kus. Dit was &rsquo;n bietjie van &rsquo;n waagstuk maar Mark Twain het iewers ges&ecirc; &rsquo;n mens sal later in jou lewe meer teleurgesteld wees&nbsp;oor die dinge wat jy nie gedoen het nie as die dinge wat jy wel gedoen het. En die Slazusse maak hulle nie sommer hieraan skuldig nie. Susan erken wel dat as sy geweet het wat sy nou weet, sy miskien nie&nbsp;so gou sou ingestem het nie. <\/p>\n<p> &ldquo;En tog dink ek, ek sou steeds ja s&ecirc; &#8211; al het ons navorsingskippie maar erg&nbsp;petiterig gelyk teen die groot, luuksepassasierskepe wat in Ushuaia se hawe gel&ecirc; en wag het. En al moes ons elke dag twee keer aan wal gaan deur met &rsquo;n leer af te klim en in die Zodiac (rubberboot) neer te plons. Dis nou met rubberstewels en al waarmee jy soms kniediep in die sneeu of ghwano wegsink. &rsquo;n&nbsp; Ander navorsingskip uit Nieu-Seeland het in dieselfde tyd aan die ander kant van Antarktika twee weke lank in die ys vasgesit.<\/p>\n<p> &ldquo;Ons moes ons daagliks met soveel lae klere teen die koue pantser dat jy soos &rsquo;n <span style=\"color: rgb(255, 0, 0);\"><strong>Michelinmannetjie <\/strong><\/span>lyk. En dit met klere wat drie keer warmer is as die Europese ski-drag. Met die terugkeer na die boot was daar elke keer &rsquo;n sogenaamde &ldquo;vacuum party&rdquo; om enige siektes of die oordrag van saad wat aan jou stewels kan vassit, te voorkom.&rdquo; <\/p>\n<p> Die navorsingskepe neem net in die somermaande toeriste aan boord om die navorsing en die instandhouding van die skepe te finansier. &ldquo;Hulle praat so &rsquo;n bietjie neerhalend van die passasierskepe as land-huggers, want hulle kan nie soos &rsquo;n kleiner skip by al die eilande aandoen nie.&rdquo; <\/p>\n<p> <span style=\"color: rgb(255, 0, 0);\"><strong>Fotograwe <\/strong><\/span>is natuurlik ook ontdekkingsreisigers uit eie reg. Johann wat op nege sy eerste Kodak-bokskamera gekry en later sy eie foto&rsquo;s in sy eie donkerkamer ontwikkel het, wou opsluit ook hierdie wye wit w&ecirc;reld deur &rsquo;n lens gaan betrag. Hy is &rsquo;n oogspesialis en van sy werk, soos laserbehandelings, is ook baie fotografies en opties gekoppel, maar selfs vir hom was die omvang van Antarktika soms net te groot en ontsagwekkend vir &rsquo;n lens. &ldquo;Ek het baie keer net eenvoudig die kamera neergesit om die oomblik volledig te beleef en in my geheue weg te b&ecirc;re.&rdquo; <\/p>\n<p> Die toer het middel-Desember in Suid-Amerika afgeskop met &rsquo;n besoek aan Buenos Aires in Argentini&euml;. Die dag n&aacute; Kersfees het hulle die tango&rsquo;s en wynproe&euml; van Argentini&euml; agtergelaat om in <span style=\"color: rgb(128, 0, 0);\"><strong>Ushuaia<\/strong><\/span>, die mees suidelike dorp in die w&ecirc;reld, aan boord te gaan. <\/p>\n<p> Ushuaia word beskou as die poort tot Antarktika omdat die <span style=\"color: rgb(255, 0, 0);\"><strong>Martialbergreeks<\/strong><\/span>, een van die laaste bastions van die magtige Andesgebergte, die streek teen die sterk noordelike winde beskut. In Ushuaia het Marius gere&euml;l dat die groep in twee helikopters (sonder deure!) oor die valleie van die Andes met sy beeldskone gletsers, mere en eilande kon vlieg. Laasgenoemde lyk vanw&euml;e die blou water van die gletsers soos tropiese eilande, maar dis beslis nie water waarin jy dit enigsins wil waag nie. <\/p>\n<p> &ldquo;Ons is met die oop deure en al deur &rsquo;n <span style=\"color: rgb(255, 0, 0);\"><strong>sneeustorm <\/strong><\/span>maar danksy al die opwinding oor die fotonemery, het ons skoon van die koue vergeet,&rdquo; vertel Johann. <\/p>\n<p> Nog &rsquo;n groot avontuur vir <span style=\"color: rgb(255, 0, 0);\"><strong>seevo&euml;lgeesdriftiges <\/strong><\/span>is besoeke aan die eilande in die Antarktiese waters waar kolonies van tot 50 000 pikkewyne te sien is. Onder die passasiers was &rsquo;n groep vo&euml;lkykers wat hulle kon verlustig in die sowat 45 vo&euml;lspesies wat hier aangetref word. Dit sluit onder meer vier soorte albatrosse en agt soorte pikkewyne in. <\/p>\n<p> &ldquo;Ons het sewe van die agt soorte pikkewyne gesien,&rdquo; s&ecirc; Johann. &ldquo;Die agste soort, die <span style=\"color: rgb(255, 0, 0);\"><strong>keiserpikkewyn<\/strong><\/span>, kom net op die vasteland voor en om daardie kolonie met &rsquo;n helikopter te gaan besoek, moet jy bereid wees om 60 000 Amerikaanse dollar uit te haal. Ons was toe heel tevrede om ons net by die walvisse en die ander sewe soorte te bepaal &#8230; &rdquo; <\/p>\n<p> Op Oujaarsdag was hulle op die <span style=\"color: rgb(255, 0, 0);\"><strong>Falklandeilande <\/strong><\/span>waar die Britte in 1982 die Argentynse magte verslaan het. Vandag is tagtig persent van die sowat 2 000 inwoners van die geskiedkundige dorpie Stanley Britte. <\/p>\n<p> &ldquo;Dis so Brits as wat kan kom, met &rsquo;n Union Jack voor die goewerneur se huis en &rsquo;n plaaslike pub waar jy van vis en aartappelskyfies tot bangers and mash kan eet.&rsquo;&rsquo; Vir baie op die boot was dit die laaste lekker eet vir &rsquo;n hele ruk, want tussen die Falkland-eilande en hul volgende bestemming, South Georgia-eiland, het die berugte <span style=\"color: rgb(255, 0, 0);\"><strong>Scotia-seestraat<\/strong><\/span> gewag.<\/p>\n<p> &ldquo;&rsquo;n <span style=\"color: rgb(255, 0, 0);\"><strong>Seestroom <\/strong><\/span>wat tussen Antarktika en Suid-Amerika vasgevang word, maak daarvan een van die onstuimigste se&euml; ter w&ecirc;reld. Ons was van die weinige mense wat nie seesiek-pille gedrink het nie, seker omdat ons altyd gewapen was met &rsquo;n bottle rooiwyn om ons balans te hou!&rdquo; &ldquo;Dit was r&oacute;f wanneer daardie boot begin skommel het!&rdquo; voeg Susan by. Die episode het gelukkig gou vervaag met die aanskoue van alles wat nog op hulle gewag het, van die gletserys se fassinerende teksture en patrone tot die dramatiese ysberge, sommige tot 120 km lank &#8230; meer as genoeg fotomateriaal vir die fotograwe wat elke middag vergader het om foto&rsquo;s te vergelyk en bespreek. <\/p>\n<p> Die uiteindelike voet aan wal op die vasteland van Antarktika was ook &rsquo;n onvergeetlike oomblik. &ldquo;Ons het verkies om die Big Dip-tradisie te laat verbygaan en nie in die ysige water te spring. Ons het darem vir die <span style=\"color: rgb(255, 0, 0);\"><strong>kroegman<\/strong><\/span> gevra om van die duisend jaar oue <span style=\"color: rgb(255, 0, 0);\"><strong>gletserys <\/strong><\/span>in ons whiskey te gooi,&rdquo; s&ecirc; Johann. <\/p>\n<p> Susan koester die herinnering aan die <span style=\"color: rgb(255, 0, 0);\"><strong>pikkewyne<\/strong><\/span> wat hul kos in die see gaan vang en dan in enkelgelid op hul &ldquo;penguin highway&rdquo; na hul neste in die rotshange terugstap. &ldquo;Die neste word met klippies uitgepak en sodra &rsquo;n buurman sy waaksaamheid verslap, word sy klippies gegaps. Danksy die bewaringsbewustheid kan die kostelike diertjies sonder enige teken van vrees daar rondloop en jou rustig op en af bekyk. Hulle beweeg altyd in groepies. &ldquo;Ek kan nie anders as om te dink dat Antarktika een van daardie plekke is wat die Vader met &rsquo;n glinster in die oog gemaak het nie.&rdquo;<\/p>\n<p> <span style=\"font-size: medium;\"><strong>Shackleton en Antarktika<\/strong><\/span><\/p>\n<p> Die legendariese ontdekkingsreisiger sir Ernest Shackelton se <span style=\"color: rgb(255, 0, 0);\"><strong>Enduranceekspedisie <\/strong><\/span>(1914) word as een van die grootste oorlewingsverhale van alle tye bestempel. Sy doelwit was om eerste die Antarktiese vasteland van die Weddell-see na die Rosssee oor te steek, maar &rsquo;n dag voor hulle Antarktika sou bereik, is hulle in see-ys vasgevang wat later hul skip inmekaargedruk het. Die bemanning is gedwing om die skip te verlaat en wat daarop gevolg het, was &rsquo;n reis van 16 dae oor 1 300 km op die oop see, boonop in &rsquo;n klein reddingsbootjie met golwe van tot 16 meter hoog. Tot vandag toe word hierdie vaart na South Georgia-eiland beskou as een van die waagmoedigste bootvaarte in die mens se geskiedenis. <\/p>\n<p> Shackleton en twee ander mans het South Georgia deurkruis en daarin geslaag om hulp te kry. Al 22 manskappe wat 105 dae lank op Elephant-eiland gestrand was, het dit <span style=\"color: rgb(255, 0, 0);\"><strong>oorleef<\/strong><\/span>. Hulle is elke oggend met die volgende bevel wakker gemaak: &ldquo;Staan op. Trek aan. Pak julle voorraad. Die kaptein kom!&quot;<\/p>\n<p> <\/p>\n<div style=\"text-align: center;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/NOVReis01RR.jpg\" width=\"500\" height=\"334\" alt=\"\" \/><\/div>\n<p><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Koue en die ontberings wat met so &rsquo;n reis gepaardgaan, is iets wat die meeste van ons so ver moontlik probeer vermy. En tog het die mens reeds talle uitdagings oorkom om lande soos Noorwe&euml;, Ysland en Alaska &#8211; &ldquo;daardie [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":13508,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[2968],"tags":[1913],"class_list":["post-7378","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-reis","tag-antarktika-russiese-navorsingskip-rooi-rose-reis"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Antarktika: Te groot vir \u2019n lens | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/antarktika-te-groot-vir-n-lens\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Antarktika: Te groot vir \u2019n lens | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Koue en die ontberings wat met so &rsquo;n reis gepaardgaan, is iets wat die meeste van ons so ver moontlik probeer vermy. En tog het die mens reeds talle uitdagings oorkom om lande soos Noorwe&euml;, Ysland en Alaska &#8211; &ldquo;daardie [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/antarktika-te-groot-vir-n-lens\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2015-02-19T10:30:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2015-12-07T05:35:57+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201521912300.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"640\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"427\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"9 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/antarktika-te-groot-vir-n-lens\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/antarktika-te-groot-vir-n-lens\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Antarktika: Te groot vir \u2019n lens\",\"datePublished\":\"2015-02-19T10:30:00+00:00\",\"dateModified\":\"2015-12-07T05:35:57+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/antarktika-te-groot-vir-n-lens\\\/\"},\"wordCount\":1810,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/antarktika-te-groot-vir-n-lens\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra201521912300.jpg\",\"keywords\":[\"Antarktika; Russiese navorsingskip; rooi rose reis\"],\"articleSection\":[\"Reis\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2015\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/antarktika-te-groot-vir-n-lens\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/antarktika-te-groot-vir-n-lens\\\/\",\"name\":\"Antarktika: Te groot vir \u2019n lens | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/antarktika-te-groot-vir-n-lens\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/antarktika-te-groot-vir-n-lens\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra201521912300.jpg\",\"datePublished\":\"2015-02-19T10:30:00+00:00\",\"dateModified\":\"2015-12-07T05:35:57+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/antarktika-te-groot-vir-n-lens\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/antarktika-te-groot-vir-n-lens\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/antarktika-te-groot-vir-n-lens\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra201521912300.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra201521912300.jpg\",\"width\":640,\"height\":427},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/antarktika-te-groot-vir-n-lens\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Antarktika: Te groot vir \u2019n lens\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Antarktika: Te groot vir \u2019n lens | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/antarktika-te-groot-vir-n-lens\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Antarktika: Te groot vir \u2019n lens | rooi rose","og_description":"Koue en die ontberings wat met so &rsquo;n reis gepaardgaan, is iets wat die meeste van ons so ver moontlik probeer vermy. En tog het die mens reeds talle uitdagings oorkom om lande soos Noorwe&euml;, Ysland en Alaska &#8211; &ldquo;daardie [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/antarktika-te-groot-vir-n-lens\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2015-02-19T10:30:00+00:00","article_modified_time":"2015-12-07T05:35:57+00:00","og_image":[{"width":640,"height":427,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201521912300.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"9 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/antarktika-te-groot-vir-n-lens\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/antarktika-te-groot-vir-n-lens\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Antarktika: Te groot vir \u2019n lens","datePublished":"2015-02-19T10:30:00+00:00","dateModified":"2015-12-07T05:35:57+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/antarktika-te-groot-vir-n-lens\/"},"wordCount":1810,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/antarktika-te-groot-vir-n-lens\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201521912300.jpg","keywords":["Antarktika; Russiese navorsingskip; rooi rose reis"],"articleSection":["Reis"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2015","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/antarktika-te-groot-vir-n-lens\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/antarktika-te-groot-vir-n-lens\/","name":"Antarktika: Te groot vir \u2019n lens | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/antarktika-te-groot-vir-n-lens\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/antarktika-te-groot-vir-n-lens\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201521912300.jpg","datePublished":"2015-02-19T10:30:00+00:00","dateModified":"2015-12-07T05:35:57+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/antarktika-te-groot-vir-n-lens\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/antarktika-te-groot-vir-n-lens\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/antarktika-te-groot-vir-n-lens\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201521912300.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201521912300.jpg","width":640,"height":427},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/antarktika-te-groot-vir-n-lens\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Antarktika: Te groot vir \u2019n lens"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7378","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=7378"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7378\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/13508"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=7378"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=7378"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=7378"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}