{"id":7377,"date":"2015-02-18T12:44:00","date_gmt":"2015-02-18T10:44:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/donkiestap\/"},"modified":"2016-03-01T14:05:43","modified_gmt":"2016-03-01T12:05:43","slug":"donkiestap","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/donkiestap\/","title":{"rendered":"Donkiestap"},"content":{"rendered":"<p>Party plekke, prentjies en ervarings vergeet jy nie, maak nie saak waar jy al was en wat jy al gedoen het nie. Dalk is dit omdat ons daarvan hou om op ho&euml; berge te kom, of om iets anders te sien en te beleef. So was die donkiestap tot in <span style=\"color: rgb(255, 0, 0);\"><strong>Gamkaskloof<\/strong><\/span>, ook bekend as <span style=\"color: rgb(255, 0, 0);\"><strong>die Hel<\/strong><\/span>, vir my. En dis nie net nog &rsquo;n staproete nie. Dis &rsquo;n &ldquo;luukse&rdquo; staptog in een van Suid-Afrika se mees afgele&euml; en kultuurhistoriese plekke en boonop in &rsquo;n W&ecirc;relderfenisgebied. Die prentjies van die donkies met hul helderkleurige bande en saalsakke wat ons bagasie uitdra teen &rsquo;n berg met fynbos in blom, sal ek altyd onthou. <\/p>\n<p> As jy van &rsquo;n strawwe stap&nbsp;hou, maar darem saans &rsquo;n lekker sagte bed en &rsquo;n keurige en geurige ete wil geniet, vat die Donkiestaproete. <\/p>\n<p> Erika Calitz het die staproete van 26 km in samewerking met Kaapse Natuurbewaring&nbsp;ontwikkel as deel van &rsquo;n gemeenskapsprojek wat vir die plaaslike bevolking werk skep. Meer as 1 500&nbsp;stappers het die roete oor die afgelope sewe jaar aangepak. Soos met ander slapsakroetes hoef stappers nie kos, bagasie of beddegoed te dra nie. Alles word verskaf. Nou wel, nie alles nie, het ons tot ons dorstigheid agtergekom. <\/p>\n<p> Op die eerste dag kom ons groep stappers in die Aloe-restaurant op die Living Waters Mountain Estate in die mooi Groenfonteinkloof bymekaar. Die laat middagson streel die&nbsp;berge pienk en trek skaduvoue in die klowe. Erika lig ons in oor die roete, veiligheid, etes en slaap- en bagasiere&euml;lings. Ons moet twee sakke pak: een dra die donkies vir ons bergop en een neem die bussie vir ons tot in die kloof.<\/p>\n<p> Op Aloe se wye stoep, wat op Wyenek uitkyk, word ons met &rsquo;n heerlike kersligete bederf. <span style=\"color: rgb(255, 0, 0);\"><strong>Wyenek<\/strong><\/span>, die oorgangsplek op die berg, is 1 523 meter hoog en die volgende dag moet ons daar oor &#8230; Ons gaan slaap in een van die gastehuise op Living Waters. Die gerestoureerde, ou-ou plaasopstal het dik, afgewitte mure, groot ysterbaddens en nog die oorspronklike vuurmaakplek. Die bekoorlike plek is slim gemeubileer: gemaklik sonder dat die tradisionele plaasgevoel in die slag gebly het. <\/p>\n<div style=\"text-align: center;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/02\/DECReis06RR.jpg\" width=\"400\" height=\"267\" alt=\"\" \/><\/div>\n<p> Vroeg die volgende oggend is ons op en eet eers &rsquo;n lekker en stewige ontbyt op die stoep. Die donkies kom nader: Buddy die leier, Saartjie en haar vulletjie Pantoffel, wat nes &rsquo;n sagte speelding lyk, en Zuma, die steekse moeilikheidmaker wat glo<br \/> eintlik die leier wil wees. Zuma het eers halsstarrig sy eie pad die bosse in gekies en moes weer aangekeer word voor ons kon vertrek. Die donkies was misbruikte en verwaarloosde diere van die omgewing wat&nbsp;in samewerking met die UK Donkey Sanctuary versorg en gerehabiliteer is. Die donkies vat die pad en stap voor saam met Nokkie die een gids. Ons volg. Die ander gids stap agter en maak seker dat almal by en oukei is. Die paadjie begin heel rustig en ons kon ons in die pragtige berglandskap verlustig. Maar kort voor lank word die paadjies al steiler. Die toets is glo om tot by Zig-Zag te kom. As die gidse daar sien dat iemand reeds te swaar kry, moet di&eacute; saam met &rsquo;n gids omdraai en nie die kwaai steiltes tot op Wyenek<br \/> aanpak nie. Nokkie vertel dat &rsquo;n man al &rsquo;n hartaanval op die berg gekry het enhy moes hom bystaan en tot by &rsquo;n landingsplek vir die helikopter dra. En ons besef: di&eacute; berg is nie &rsquo;n man se maat nie. Dis gerusstellend om te weet dat die gidse baie ervaring het, die berg en die veld goed ken en ook &rsquo;n noodhulpkursus gedoen het. <\/p>\n<p> Ons stap en stop en stap en stop. Stop om die boegoe te ruik; om terug te kyk; sommer net &rsquo;n bietjie asem te skep; om na die lente se blommeprag hier reg by ons te&nbsp;kyk: proteas, fynbos, heide, die waboomprotea. Dis so mooi. <\/p>\n<p> Die paadjie kronkel op, meestal op. Tog daal ons soms af in &rsquo;n klofie waar ons middagete eet en baie dankbaar vir skadu en water is. En ons maak alle bottels wat ons het, weer vol. Ons groepie het verstaan alle kos en drinkgoed, behalwe alkoholiese drankies, word voorsien. Dit was &rsquo;n groot fout. Ons het te min water saamgeneem. Die dors&nbsp;het ons gevang en party van ons het geglo dat ons ons Heiland teen hierdie helse berg gaan leer ken. N&aacute; middagete en verby <span style=\"color: rgb(255, 0, 0);\"><strong>Aartappeldraai<\/strong><\/span> word die pad met sy klipstapeltjies wat die roete aandui, al steiler. Die donkies wag vir die stappers. <\/p>\n<p> Ongelooflik om te hoor dat die kinders van die Gamkaskloof&nbsp;wat op Groenrivier skoolgegaan het, op &rsquo;n Vrydagmiddag n&aacute; skool gou kaalvoet oor die berg huis toe gedraf het. En op &rsquo;n Sondagmiddag terug. Ons stap deur plate goudgeel heuningbostee.<\/p>\n<p> Party mense kry swaar, maar die ervare stappers loop rustig en verlustig hulle in die omgewing. Die gidse en donkies is die ene geduld. Nokkie beweer vroue is beter stappers. En toe is ons bo in Wyenek en l&ecirc; die w&ecirc;reld wyd na weerskante. Ons voel trots op onsself, diep onder die indruk van die ontsagwekkende grootsheid van die berg en die 1 200 m wat ons geklim het. Ons beginpunt is net &rsquo;n stippeltjie d&oacute;&eacute;r onder.<\/p>\n<p> Ons daal geleidelik so 1,5 km aan die ander kant af tot waar ons tentjies, &rsquo;n koue bier en die koue, wonderlike watervalstort ons inwag. Ons stap verby &rsquo;n klipstellasie van waar die Gamkasklowers toentertyd hul ruilhandelware en produkte aan kopers van die buitew&ecirc;reld gesmous het.<\/p>\n<p> Daardie aand eet ons lekker aan die kos wat die personeel van die Donkey Trail vir ons voorsit. Ons kuier in die tentafskorting, want bo-op die berg is dit vrek koud. Ons verwonder ons aan waar die strome  water hier hoog bo in die berg vandaan kan kom.<\/p>\n<p> Dag drie is bergaf met ander plantegroei: verby bliksembosse, deur plate dek- en bergriet tot in die kloof. Ons verwonder ons aan die groot goed, maar soms meer aan die klein goedjies, die poprosies, wilde malvas, kapokbossies, wilde roosmaryn, potblou&nbsp;Nivenia en aalwyne wat aan die oostekant van die berghange groei. En toe sien ons die kloof. Toe ek die groen-groen kronkel van die kloof soos genade tussen die ruwe, ongenaakbare berge sien l&ecirc;, begin ek in stil, gedagtelose verwondering &rsquo;n stukkie verstaan van waarom mense met gelatenheid in hierdie verlatenheid kom bly het. Die paadjie slingerslangdraai om rotse en hange al meer af kloof toe. Ons is lekker moeg toe ons die Donkey Trail se minibussie in die pas kry. Niemand sien werklik kans om die pas af te stap nie, want ons water is op. Ons ry die laaste paar kilometer van die bergpas tot in die Hel,&nbsp;wat vir my eerder soos die hemel tussen hierdie helse berge lyk. Ek kyk liewer nie hier reg langs die bussie af nie, maar gooi my blik op die berge daar voor, daar ver. <\/p>\n<p> Onder ry ons onder die koeltegroen van&nbsp;doringbome in en geniet &rsquo;n biertjie (of meer) en ons keurige gepakte kospakkies. En later &rsquo;n heerlike stort in die gerestoureerde gastehuisie van Natuurbewaring, eens die skoolmeester se huis. <\/p>\n<p> <\/p>\n<div style=\"text-align: center;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/02\/DECReis05RR.jpg\" width=\"400\" height=\"267\" alt=\"\" \/><\/div>\n<p> Ons besoek die inligtingskantoor van Natuurbewaring en leer baie oor die omgewing se geskiedenis   en plantegroei. <\/p>\n<p> Die aand kuier ons om &rsquo;n vuur en eet heerlike braaivleis en ander tradisionele geregte by die&nbsp;restaurant op Fonteinplaas &#8211; wat nog deur nasate van kloofbewoners besit en bestuur word. Die eienaar, Piet Joubert, vertel graag stories en legendes oor die kloof. Ons hoor hoe ondernemend die Gamkasklowers was. Ook dat die naam &ldquo;Hel&rdquo; vir die inwoners onaanvaarbaar was, en nie vanwe&euml; die hitte ontstaan het nie, maar eerder te make had met die hellings rondom die kloof. <\/p>\n<p> Die stories word mooi&nbsp;en goed vertel, tog ruik jy &rsquo;n geskiedenis van onmin en intriges. En jy dink aan die woorde van die Franse filosoof Jean-Paul Sartre wat ges&ecirc; het &ldquo;hell is other people&rdquo;. Nie dat dit in hierdie kloof met sy mense<br \/> enigsins anders is of was as elders nie. Gamkaskloof is &rsquo;n weggesteekte juweel wat soveel jare lank ontoeganklik vir die buitew&ecirc;reld, en aan die skaars kant van genade was, want die kloof word aan&nbsp;die noorde, ooste, suide en weste deur rotse omring. <\/p>\n<p> Die staat het eers in 1962 &rsquo;n pad tot in die kloof gebou. Tot in daardie stadium is die kloofbewoners per voet oor die berg om op die naaste dorp noodsaaklike proviand te kry, of om hul produkte te gaan verkoop. Andersins is hulle met die Gamkarivierloop langs tot op Prins Albert. Ons staproete is juis een wat die inwoners dikwels gebruik het om met hul pakdonkies hul ware te gaan koop en verkoop. Die bou van die pad het die kloof en die lewe van een van die mees afgesonderde gemeenskappies onherroeplik verander. Byna alle bewoners, op&nbsp;die Jouberts na, het die kloof teen 1992 verlaat. Tans is die grootste deel van Gamkaskloof deel van die Swartbergnatuurreservaat en is dit in 1997 as &rsquo;n nasionale gedenkwaardigheid verklaar.<\/p>\n<p> Gamkaskloof het &rsquo;n besondere ekologiese <span style=\"color: rgb(255, 0, 0);\"><strong>mikroklimaat <\/strong><\/span>wat as &rsquo;n ekologiese brandpunt beskou word, omdat hier drie plantstreke bymekaarkom en meer as nege duisend plantspesies aangetref word. Geen wonder die kloof is as een van Suid-Afrika se ses W&ecirc;relderfenisgebiede verklaar nie. Die volgende oggend n&aacute; &rsquo;n goeie plaasontbyt is ons per minibus terug na Living Waters. <\/p>\n<p> Op die pragtige <span style=\"color: rgb(255, 0, 0);\"><strong>48 km-roete <\/strong><\/span>uit die kloof tot by die aansluiting bo in die Swartbergpas, kronkel-kronkel die minute saligmooi om tot meer as twee uur. Ons het vir oulaas talle kere vir foto&rsquo;s gestop. <\/p>\n<p> Op <span style=\"color: rgb(255, 0, 0);\"><strong>Living Waters<\/strong><\/span> het ons die staptog met&nbsp;&rsquo;n heerlike middagete afgesluit. Uiteindelik kon ons nie glo ons het soveel in so &rsquo;n kort tydjie gesien en beleef nie. &rsquo;n Stukkie hemel in die Hel. <\/p>\n<p> <\/p>\n<div style=\"text-align: center;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/DECReis04RR.jpg\" width=\"400\" height=\"225\" alt=\"\" \/><\/div>\n<p><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Party plekke, prentjies en ervarings vergeet jy nie, maak nie saak waar jy al was en wat jy al gedoen het nie. Dalk is dit omdat ons daarvan hou om op ho&euml; berge te kom, of om iets anders te [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":13501,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[2968],"tags":[1911,1912,4,1003],"class_list":["post-7377","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-reis","tag-swartberge","tag-donkiestap","tag-reis-in-sa","tag-reisartikels"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Donkiestap | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/donkiestap\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Donkiestap | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Party plekke, prentjies en ervarings vergeet jy nie, maak nie saak waar jy al was en wat jy al gedoen het nie. Dalk is dit omdat ons daarvan hou om op ho&euml; berge te kom, of om iets anders te [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/donkiestap\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2015-02-18T10:44:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2016-03-01T12:05:43+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra2015218124445.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"534\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"800\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"8 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/donkiestap\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/donkiestap\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Donkiestap\",\"datePublished\":\"2015-02-18T10:44:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-03-01T12:05:43+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/donkiestap\\\/\"},\"wordCount\":1690,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/donkiestap\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra2015218124445.jpg\",\"keywords\":[\"swartberge\",\"donkiestap\",\"reis in sa\",\"Reisartikels\"],\"articleSection\":[\"Reis\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2015\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/donkiestap\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/donkiestap\\\/\",\"name\":\"Donkiestap | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/donkiestap\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/donkiestap\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra2015218124445.jpg\",\"datePublished\":\"2015-02-18T10:44:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-03-01T12:05:43+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/donkiestap\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/donkiestap\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/donkiestap\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra2015218124445.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra2015218124445.jpg\",\"width\":534,\"height\":800},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/donkiestap\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Donkiestap\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Donkiestap | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/donkiestap\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Donkiestap | rooi rose","og_description":"Party plekke, prentjies en ervarings vergeet jy nie, maak nie saak waar jy al was en wat jy al gedoen het nie. Dalk is dit omdat ons daarvan hou om op ho&euml; berge te kom, of om iets anders te [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/donkiestap\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2015-02-18T10:44:00+00:00","article_modified_time":"2016-03-01T12:05:43+00:00","og_image":[{"width":534,"height":800,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra2015218124445.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"8 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/donkiestap\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/donkiestap\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Donkiestap","datePublished":"2015-02-18T10:44:00+00:00","dateModified":"2016-03-01T12:05:43+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/donkiestap\/"},"wordCount":1690,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/donkiestap\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra2015218124445.jpg","keywords":["swartberge","donkiestap","reis in sa","Reisartikels"],"articleSection":["Reis"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2015","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/donkiestap\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/donkiestap\/","name":"Donkiestap | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/donkiestap\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/donkiestap\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra2015218124445.jpg","datePublished":"2015-02-18T10:44:00+00:00","dateModified":"2016-03-01T12:05:43+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/donkiestap\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/donkiestap\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/donkiestap\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra2015218124445.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra2015218124445.jpg","width":534,"height":800},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/donkiestap\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Donkiestap"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7377","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=7377"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7377\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/13501"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=7377"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=7377"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=7377"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}