{"id":7370,"date":"2015-02-18T11:01:00","date_gmt":"2015-02-18T09:01:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/rooiwarm-man-raven-klaasen\/"},"modified":"2017-07-13T13:03:41","modified_gmt":"2017-07-13T11:03:41","slug":"rooiwarm-man-raven-klaasen","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rooiwarm-man-raven-klaasen\/","title":{"rendered":"Rooiwarm man: Raven Klaasen"},"content":{"rendered":"<p>Hy is \u2019n vriendelike, rustige ou wat 1,8 meter in sy sokkies staan, en om hom op \u2019n tennisbaan in aksie te\u00a0sien, is \u2019n les in vlugvoetigheid.<\/p>\n<p>Jy kan maar s\u00ea <strong>Raven Klaasen<\/strong> (31) het op \u2019n tennisbaan grootgeword. \u201cMy ouers, Japie en Yvonne, is albei tennisspelers en het my reeds as baba saamgeneem tennisbaan\u00a0toe. Vir so lank as wat ek kan onthou, is <strong>tennis<\/strong> maar \u2019n deel van my lewe. Ek het op ses al begin speel.\u201d<\/p>\n<p>Hy glo sy ouers is die hoofrede dat hy vandag \u2019n <strong>professionele tennisspeler<\/strong> is. \u201cHulle is baie passievol oor tennis en het ongelooflik baie gedoen om vir my geleenthede te skep om van tennis \u2019n loopbaan te maak. My suster Lynne en broer Kevin het ook albei tennis gespeel. Dit maak dit makliker vir my dat almal tennis speel, want nou verstaan hulle presies waardeur ek vir my sport moet gaan.\u201d<\/p>\n<p><strong>Wou jy ooit iets anders as \u2019n tennisspeler word?<\/strong><\/p>\n<p>Ons familie is sportmal en sport is in die bloed. My pa was ook \u2019n goeie rugbyspeler. Ek het in my laat tienerjare daarvan begin droom om professioneel tennis te speel. In 2002, toe ek 19 was, het daardie droom waar geword.<\/p>\n<p><strong>Maar toe vernietig \u2019n besering byna jou droom<\/strong><\/p>\n<p>Ek het op 22 die kraakbeen en ligamente in albei my knie\u00eb ernstig beseer en moes drie operasies ondergaan. Dit het my twee jaar geneem om ten volle te herstel. Daarna was die pad maar lank en steil, en ek het lank net in die kleiner professionele toernooie meegeding. In daardie tyd het ek saam met my afrigter, Stephan de Kock, begin werk \u2013 hy is nou al agt jaar my afrigter. Die afgelope drie jaar is my beste tennisjare tot nog toe, maar eintlik voel ek my beste tennis l\u00ea nog voor my.<\/p>\n<p><strong>Was dit \u2019n moeilike tyd?<\/strong><\/p>\n<p>Die oppe en affe van sport is seker die grootste toets vir elke professionele sportman of sportvrou. Maar die geheim l\u00ea in hoe jy die oorwinnings en teleurstellings deel van jou daaglikse motivering en lewe maak. Die manier waarop jy d\u00edt doen, bepaal of jy uiteindelik wel die vrugte van al jou harde werk pluk en die hoogste sport bereik.<\/p>\n<p><strong>Wat is die heel moeilikste deel van jou loopbaan?<\/strong><\/p>\n<p>Ek kom deesdae gereelder huis toe, maar kry steeds nie genoeg tyd vir my familie en vriende nie. Ek mis my verloofde, familie en vriende die meeste. Ek en Celeste ken mekaar al van skooldae af, en is nou nege jaar saam. Al het ek in die Kaap grootgeword, geniet en waardeer ek die stad nou baie meer. Om Suid-Afrika toe te kom is die hoogtepunt van my jaar. Ek mis rugby, biltong, braaivleis en warm weer wanneer ek oorsee is.<\/p>\n<p><strong>Wat beskou jy as jou loopbaan-hoogtepunt?<\/strong><\/p>\n<p>Om in die dubbelspelfinaal van die Australiese Ope en die kwarteindronde van die Amerikaanse Ope \u2013 ook in die dubbelspel \u2013 te kon speel. Ek het al vier titels gewen op die ATP-toer. Die Association of Tennis Professionals (ATP) is die hoogste vlak van professionele tennis. Ek is ook baie trots daarop om al baie jare lank \u2019n lid van die Suid-Afrikaanse nasionale manspan, die Davisbekerspan, te kan wees.<\/p>\n<p><strong>Hoe lyk \u2019n tennisspeler se dag? Hoeveel uur per dag oefen jy?<\/strong><\/p>\n<p>Dit verskil van speler tot speler. Ek bestee omtrent drie uur per dag op die tennisbaan en nog so twee uur in die gimnasium om my lyf reg te hou. Tennis neem so vyf tot ses uur van elke dag in beslag as jy ernstig daaroor is. Met toernooie bring ek minder tydop die oefenbaan en in die gimnasium deur, want dis belangriker om uitgerus te wees vir wedstryde.<\/p>\n<p><strong>As jy nie \u2019n tennisspeler geword het nie, wat sou jy wou wees?<\/strong><\/p>\n<p>Dis \u2019n moeilike vraag, want ek speel al vir so lank tennis dat ek my nie \u2019n lewe daarsonder kan voorstel nie. Ek sou dalk \u2019n ander sport as loopbaanrigting gekies het. Maar ek wil graag vir altyd \u2019n tennisloopbaan h\u00ea \u2013 dit is my passie, en ek hoop om eendag my kennis en ervaring te gebruik om jong spelers te help. Toe ek jonger was, was ek baie doelgerig en gefokus op my tennis en het nie veel ander goed gedoen nie. Ek probeer gholf speel wanneer ek \u2019n kans kry, maar dis moeilik om die tyd daarvoor in te ruim. Reis is \u2019n groot deel van my werk, en ek geniet dit vreeslik om meer te sien en te leer van die lande wat ek besoek. Ek kyk graag rugby, en as ek effens swaarder was, het ek dit dalk as sport probeer!<\/p>\n<p><strong>Hoe bly jy gefokus op so \u2019n intense, mededingende loopbaan?<\/strong><\/p>\n<p>Dis \u2019n goeie vraag, en dalk een van die moeilikste gedeeltes van ons sport. Ek is baie gelukkig om \u2019n goeie span mense om my te h\u00ea. My afrigter, Stephan de Kock en fiksheidsinstrukteur, Fayaadh Dhansay, sorg onderskeidelik dat my spel op standard en my lyf in die beste toestand moontlik is. Sonder Celeste en my familie en vriende sou ek dit ook nie kon doen nie. Almal van hulle moedig my aan om hard te werk en ondersteun my deur goeie \u00e9n slegte tye. Ek aanvaar die kompetisie en druk as deel van die sport, en dis gelukkig vir my lekker.<\/p>\n<p><strong>Toekomsdrome en toekomsplanne?<\/strong><\/p>\n<p>Ek wil nog \u2019n paar jaar speel en hoop om \u2019n Grand Slam-titel te wen. Ek voel ek het nog heelwat om te bereik. Daarna wil ek permanent terugkeer Suid-Afrika toe en \u2019n bietjie inhaal op al die tyd wat ek saam met my geliefdes verloor het. Ek wil ook graag tennis afrig en help om tennis in Suid-Afrika te ontwikkel en te laat groei.<\/p>\n<p><strong>Jou raad aan jong spelers wat droom van groot sukses?<\/strong><\/p>\n<p>Moenie jouself met ander vergelyk nie \u2013 dis een van die grootste foute wat jy kan maak. Elke speler se loopbaan ontwikkel teen sy eie pas, en dis belangrik om op jou eie spel te fokus. Dit neem tyd om jou spel te verbeter en jy moet geduldig wees. Sukses verg harde werk en deursettingsvermo\u00eb.<\/p>\n<p><strong>Wat het tennis jou geleer?<\/strong><\/p>\n<p>Die grootste les is beslis uithouvermo\u00eb. Tennis is \u2019n unieke sport omdat jy so baie tyd alleen deurbring &#8211; dit maak selfdissipline en geduld noodsaaklik. Ek dink die lesse wat tennis \u2019n mens leer, is ook waardevolle lewenslesse.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Hy is \u2019n vriendelike, rustige ou wat 1,8 meter in sy sokkies staan, en om hom op \u2019n tennisbaan in aksie te\u00a0sien, is \u2019n les in vlugvoetigheid. Jy kan maar s\u00ea Raven Klaasen (31) het op \u2019n tennisbaan grootgeword. \u201cMy [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":13490,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[661],"tags":[68,1387,1903,23450,24339],"class_list":["post-7370","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-ons-mense","tag-rooiwarm-man","tag-celebs","tag-raven-klaasen","tag-entertainment","tag-local-celebs"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Rooiwarm man: Raven Klaasen | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rooiwarm-man-raven-klaasen\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Rooiwarm man: Raven Klaasen | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Hy is \u2019n vriendelike, rustige ou wat 1,8 meter in sy sokkies staan, en om hom op \u2019n tennisbaan in aksie te\u00a0sien, is \u2019n les in vlugvoetigheid. Jy kan maar s\u00ea Raven Klaasen (31) het op \u2019n tennisbaan grootgeword. \u201cMy [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rooiwarm-man-raven-klaasen\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2015-02-18T09:01:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2017-07-13T11:03:41+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201531095759.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"533\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"496\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"5 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/rooiwarm-man-raven-klaasen\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/rooiwarm-man-raven-klaasen\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Rooiwarm man: Raven Klaasen\",\"datePublished\":\"2015-02-18T09:01:00+00:00\",\"dateModified\":\"2017-07-13T11:03:41+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/rooiwarm-man-raven-klaasen\\\/\"},\"wordCount\":1056,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/rooiwarm-man-raven-klaasen\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra201531095759.jpg\",\"keywords\":[\"rooiwarm man\",\"celebs\",\"Raven Klaasen\",\"entertainment\",\"local celebs\"],\"articleSection\":[\"Ons mense\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2015\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/rooiwarm-man-raven-klaasen\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/rooiwarm-man-raven-klaasen\\\/\",\"name\":\"Rooiwarm man: Raven Klaasen | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/rooiwarm-man-raven-klaasen\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/rooiwarm-man-raven-klaasen\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra201531095759.jpg\",\"datePublished\":\"2015-02-18T09:01:00+00:00\",\"dateModified\":\"2017-07-13T11:03:41+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/rooiwarm-man-raven-klaasen\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/rooiwarm-man-raven-klaasen\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/rooiwarm-man-raven-klaasen\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra201531095759.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra201531095759.jpg\",\"width\":533,\"height\":496},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/rooiwarm-man-raven-klaasen\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Rooiwarm man: Raven Klaasen\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Rooiwarm man: Raven Klaasen | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rooiwarm-man-raven-klaasen\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Rooiwarm man: Raven Klaasen | rooi rose","og_description":"Hy is \u2019n vriendelike, rustige ou wat 1,8 meter in sy sokkies staan, en om hom op \u2019n tennisbaan in aksie te\u00a0sien, is \u2019n les in vlugvoetigheid. Jy kan maar s\u00ea Raven Klaasen (31) het op \u2019n tennisbaan grootgeword. \u201cMy [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rooiwarm-man-raven-klaasen\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2015-02-18T09:01:00+00:00","article_modified_time":"2017-07-13T11:03:41+00:00","og_image":[{"width":533,"height":496,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201531095759.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"5 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rooiwarm-man-raven-klaasen\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rooiwarm-man-raven-klaasen\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Rooiwarm man: Raven Klaasen","datePublished":"2015-02-18T09:01:00+00:00","dateModified":"2017-07-13T11:03:41+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rooiwarm-man-raven-klaasen\/"},"wordCount":1056,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rooiwarm-man-raven-klaasen\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201531095759.jpg","keywords":["rooiwarm man","celebs","Raven Klaasen","entertainment","local celebs"],"articleSection":["Ons mense"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2015","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rooiwarm-man-raven-klaasen\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rooiwarm-man-raven-klaasen\/","name":"Rooiwarm man: Raven Klaasen | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rooiwarm-man-raven-klaasen\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rooiwarm-man-raven-klaasen\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201531095759.jpg","datePublished":"2015-02-18T09:01:00+00:00","dateModified":"2017-07-13T11:03:41+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rooiwarm-man-raven-klaasen\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rooiwarm-man-raven-klaasen\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rooiwarm-man-raven-klaasen\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201531095759.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201531095759.jpg","width":533,"height":496},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rooiwarm-man-raven-klaasen\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Rooiwarm man: Raven Klaasen"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7370","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=7370"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7370\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/13490"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=7370"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=7370"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=7370"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}