{"id":7369,"date":"2015-02-18T10:44:00","date_gmt":"2015-02-18T08:44:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/die-vere-maak-die-voel\/"},"modified":"2016-02-29T13:13:53","modified_gmt":"2016-02-29T11:13:53","slug":"die-vere-maak-die-voel","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-vere-maak-die-voel\/","title":{"rendered":"Die vere maak die vo\u00ebl"},"content":{"rendered":"<h4>Unieke styl<\/h4>\n<p><span style=\"color: #ff0000;\"><strong>Marianne Fassler<\/strong><\/span> is al baie name genoem: Suid-Afrika se Vivienne Westwood, Alice in Wonderland \u2026<\/p>\n<p>Sy is \u2019n legende in die modebedryf en haar eiesoortige styl is nog net so interessant, humoristies en elegant soos toe sy in 1975 haar eerste skeppings by haar ouerhuis vertoon het. Haar kreatiewe werkswinkel, Leopard Frock, dien as kantoor en winkel en is deel van haar huis in Saxonwold, Johannesburg. \u201cUnremarkable\u201d is die grootste modeflater wat jy in haar o\u00eb kan begaan. \u201cDis erger as aantrekflaters,\u201d glo Marianne. \u201cOnthou, dis gewoonlik jou optrede wat jou common maak, nie jou klere nie. Moenie bang wees om nuwe dinge aan te gryp nie.\u201d Sy kyk met deernis terug na foto\u2019s van haar in vreemde skeppings. \u201cDis so deel van my geskiedenis soos die plooitjies op my gesig.\u201d<\/p>\n<p>Unremarkable is Marianne nie. Haar helder rooi dreadlocks (haar eie hare) is versier met silwer haartooisels en haar uitrusting vir die onderhoud het \u2019n luiperdmotief-insetsel &#8211; waarop sy waarskynlik die patentereg het!<\/p>\n<p>\u201cDis belangrik dat jy in voeling met jou eie identiteit is. As jy gemaklik is met wie jy is, het jy onmeetbare selfvertroue. Ek het deur die jare gereeld vroue gekry wat na my kom en s\u00ea ek het hulle die guts gegee om hul eie identiteit uit te leef. \u201cSteve Jobs het ges\u00ea mense koop nie wat jy maak nie, maar hoekom jy dit maak. Ek glo mode is die manier waarop jy jouself uitleef en dat my kli\u00ebnte in my <em>design ethic<\/em> inkoop. Ek is nie elkeen se <em>cup of tea<\/em> nie en dis vir my irrelevant wat mense met my inspirasie doen. Tog bly dit \u2019n groot kompliment as ek hulle kon inspireer om hul eie styl te kry. \u201cEk ontwerp klere wat vroue \u2019n boost gee as hulle dit aantrek en dis ook die terugvoer wat ek kry. Speel met jou uitrustings om by jou bui te pas. As ek effens af voel en ek moet die aand \u2019n geleentheid bywoon, sal ek my hare op dra met \u2019n kleurryke band, helder lipstiffie aansit en nog \u2019n ekstra paar armbande inryg. Dit kikker my sommer op.\u201d<\/p>\n<p>Humor, styl, kleur en funksionaliteit is vir haar die belangrikste elemente in klere. Sy glo ook nie aan spesiale uitrustings vir spoggeleenthede nie.<\/p>\n<p>\u201cMense bestee baie geld aan \u2019n kledingstuk vir \u2019n eenmalige geleentheid en dan l\u00ea dit in die kas en stof opgaar. Bel\u00ea liewer in iets wat jy keer op keer kan dra, of kry maniere waarop jy geleentheidsdrag kan aanpas om dit elke dag te dra.\u201d<\/p>\n<p>Sy s\u00ea sy koop byvoorbeeld goedkoop beenkouse (leggings) wat sy dan by couture-klere dra. Marianne glo as jy minder koop, het jy meer geld om die regte ding van gehalte te koop.<\/p>\n<p>\u201cEk het min klere in my kas en glo as jy die regte item kry, jy jou minder oor die prys moet bekommer. Dit gril my as mense meer koop as wat hulle dra. En koop goeie skoene \u2013 ongemaklike skoene wys die hele aand op jou gesig. \u201cVroue in die sakew\u00eareld waag deesdae meer met hul voorkoms en pas die besigheidspakkie van tevore aan om \u2019n eie identiteit te weerspie\u00ebl.\u201d<\/p>\n<p>Hoe skep jy jou unieke styl? vra ek die meester die kuns af.<\/p>\n<p>\u201cBreek die re\u00ebls wat jy in jou kop het. Kleur gaan saam met kleur en <em>prints<\/em> met <em>prints<\/em>. Dra lemmetjiegroen by wynrooi en bont by bont. Kyk hoe kleur in die natuur gebruik word: sonder re\u00ebls. En ouderdom is geen verskoning nie. Ouer vroue het selfvertroue en hulle gee nie \u2019n hel om wat ander dink nie. My ma is 91 en sy trek steeds <em>fabulous<\/em> aan.\u201d (Haar ma is die bekende skilder Hannatjie van der Wat.)<\/p>\n<p>\u201cOnthou, jou klere is jou tweede vel. Sorg dat dit iets kommunikeer.\u201d<\/p>\n<h4>My wondermiddel<\/h4>\n<p><strong><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/zetske-se-winteroefeninge\/\">Zetske van Pletzen<\/a><\/strong> (Marcel van Niekerk van 7de Laanfaam) s\u00ea oefening hou haar kop en lyf op koers en help haar om goed in haar klere te voel.<\/p>\n<p>\u201cDis so belangrik om \u2019n gesonde selfbeeld te h\u00ea. Ek sien gereeld vroue in ons bedryf wat goed lyk, maar nogtans negatief oor hul voorkoms voel. Dan maak dit nie saak hoe hard jy aan jou voorkoms werk nie, jy bly ongelukkig. \u201cOns almal ken daardie dae wanneer jy voor jou kas staan en niks kan kry wat jou mooi laat voel nie. Maar as jy daarop ingestel is om die goeie raak te sien, verander dit jou uitkyk. My positiewe ingesteldheid gee my selfvertroue en is daardie hupstoot wanneer ek die dag \u2019n bietjie af voel.\u201d<\/p>\n<p>Tog is die werklikheid dat aktrises meer werk kry as hulle verskeie rolle kan speel, en \u2019n goeie figuur bly \u2019n pluspunt.<\/p>\n<p>\u201cEk het nie altyd \u2019n keuse oor wat ek dra nie en dikwels verg rolle dat ek \u2019n bikini moet dra. \u201cOefening beheer my gemoed en gewig. En ai, ek hou b\u00e1ie van eet, so ek m\u00f3\u00e9t oefen. Ek is nie elke dag lus vir oefen nie, maar agterna is ek altyd bly omdat ek so goed voel. Die bonus is dat ek in die buitelug oefen en dit laat my sommer n\u00f3g beter voel. Dis ook \u2019n wonderlike manier om spanning te verlig.\u201d<\/p>\n<p>Zetske is tans handelsmerkambassadeur vir <em>Adventure Boot Camp<\/em>. Sy steur haar nie veel aan modes nie en trek aan soos sy voel met die fokus op gemak.<\/p>\n<p>\u201cEk sal hier en daar elemente gebruik wat by my styl inpas, maar ek is glad nie \u2019n groot shopper nie. My man, Altus Theart, is die een wat graag koop en ook vir my goed koop.\u201d<\/p>\n<p>Omdat sy dikwels ontwerpers se klere na geleenthede moes dra en nie altyd style kon kry wat pasreg vir haar is nie, het sy en modeontwerper Leo Validus koppe bymekaargesit en saam \u2019n <strong>klerereeks<\/strong> geskep wat onder die naam \u201cZetske\u201d verkoop word.<\/p>\n<p>\u201cOns ontwerp saam aan die klere en soek die materiale ook saam uit. Die reeks is in Mei bekend gestel en doen baie goed.\u201d Die reeks is tans in Johannesburg en Pretoria by boetieks beskikbaar en hulle hoop om dit uit te brei en ook \u2019n aanlynwinkel te h\u00ea.<\/p>\n<p>\u201cEk glo die belangrikste is dat klere jou vlei. Onthou, j\u00fd moet die rok dra, die rok moenie vir jou dra nie! Bepaal jou figuur se sterk en swak punte en trek daarvolgens aan. En probeer \u2019n slag iets nuuts! \u2019n Mens beland so maklik in \u2019n groef.\u201d<\/p>\n<p>Haar wenk vir vroue is dat jy alle negatiewe gedagtes oor jouself moet verban. \u201cDit sal jou uitkyk verander, al is jy nie op jou ideale gewig nie.\u201d<\/p>\n<h4>Selfvertroue deur dekades<\/h4>\n<p>\u201cTydlose elegansie\u201d is die twee woorde wat <span style=\"color: #ff0000;\"><strong>Jenny le Roux<\/strong><\/span>, eienaar en ontwerper van <strong>Habits-klereboetiek<\/strong> in Claremont Kaapstad, beskryf.<\/p>\n<p>Hierdie eertydse moderedakteur het 28 jaar gelede haar eie boetiek begin en roem haar op klere wat tussen kettingwinkels en couture val.<\/p>\n<p>\u201cNamate jy ouer word, word dit \u2019n balanseertoertjie tussen <em>mutton dressed as lamb<\/em> en die verdoemenis dat jy soos jou ma lyk,\u201d spot Jenny. \u201cDaar kom op \u2019n dag daardie aaklige oomblik wanneer jy skielik besef jy weet nie meer wat jou styl is nie. Nie alle mense is so gelukkig soos Vivienne Westwood wat <em>outrageous<\/em> kan lyk maar daarmee wegkom nie. \u201cDie belangrikste wat jy moet onthou, is om nie die mode slaafs na te volg nie. Dis nooit \u2019n geval van l<em>one size fits all<\/em> nie. Tweedens is styl dikwels die selfvertroue wat jy uitstraal, eerder as \u2019n spesifieke voorkoms.\u201d<\/p>\n<p>Gelukkig het Jenny vroeg in haar lewe besef wat ware styl is. \u201cEk het drie stiefma\u2019s gehad wat almal baie stylvol was. N\u00e1 skool het ek \u2019n jaar lank in Itali\u00eb gebly &#8211; in die <em>flower power<\/em>-dae van die jare sestig \u2013 en besef die Italiaanse vroue het \u2019n aangebore aanvoeling vir styl. Hulle het minder uitrustings gehad en het eerder meer aan \u2019n kledingstuk bestee sodat hulle dit jare lank kon gebruik. Dit het haar bygebly en die besef van gehalte gevestig. Sy onthou die keer toe sy jare gelede op \u2019n lys van bes gekledes was en koerantfotograwe haar klerekas kom afneem het.<\/p>\n<p>\u201cHulle was baie teleurgesteld met my klein kassie vol klere en het bly vra waar ek my ander klere b\u00eare. \u201cEk het \u2019n paar stukke wat ek oor en oor dra, soos die baie goeie swart aandbaadjie wat op \u2019n manstyl gesny is.\u201d Die baadjie was baie duur, maar saam met \u2019n swart fluweelbroek is dit haar staatmakers vir die aand. \u201cEk voel altyd net reg as ek dit aanhet. \u201cDie re\u00ebl is eenvoudig: As jy in die winkel staan en nie seker is of die klere vir jou werk nie, moenie koop nie. As jy ongemaklik voel daarin, is dit nie vir jou nie. \u201cEk dra oorwegend wit en swart en voel altyd selfversekerd daarin. Daarmee kan jy nooit verkeerd gaan nie. Tog het ek skielik helder rooi begin dra en hou vreeslik daarvan. My gunstelingkledingstuk as ek goed wil voel, is \u2019n <strong>oorgrootrooi kasjmiertrui<\/strong>. As ek na foto\u2019s kyk waarop ek die trui aanhet, straal ek. Ek hou ook van jeans en is bereid om duur vir goeie jeans te betaal.\u201d<\/p>\n<p>En sy het onwrikbare vertroue in \u2019n goeie wit hemp vir elke vrou. \u201cDit doen net iets vir \u2019n vrou. Ek voel altyd wonderlik as ek \u2019n mooi wit hemp dra.<\/p>\n<p>\u201cVandag se jongmense het baie meer waagmoed as dit by aantrek kom. Hulle steur hulle minder aan modeneigings en skep graag hul eie styl. As jy dra wat jou pas, het jy selfvertroue. Kies dele van jou lyf\u00a0waarvan jy hou en laat jou styl daarop fokus. \u201cEk s\u00ea altyd dat alle vroue mooi skouers het, want die vel word daar glad getrek. Dit het ek by Donna Karan geleer. Benut dit en wys jou skouers. Maak net seker dat jy jou arms bedek as hulle nie jou sterk punt is nie. \u201cMy styl het deur die jare nie veel verander nie. Selfs my juwele is steeds dieselfde.\u201d<\/p>\n<p>Tog hou Jenny daarvan om haar bestaande styl met kleiner items te komplementeer wat anders en eksentriek is, soos prettige kostuumjuwele en serpe.<\/p>\n<p>\u201cKlere het \u2019n groot sielkundige invloed op my en as ek goed voel in \u2019n uitrusting, het ek selfvertroue en sien ek kans vir enigiets.\u201d<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Unieke styl Marianne Fassler is al baie name genoem: Suid-Afrika se Vivienne Westwood, Alice in Wonderland \u2026 Sy is \u2019n legende in die modebedryf en haar eiesoortige styl is nog net so interessant, humoristies en elegant soos toe sy in [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":13489,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[675],"tags":[1902],"class_list":["post-7369","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-bekendes","tag-marianne-fassler-zetske-van-pletzen-jenny-le-roux"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Die vere maak die vo\u00ebl | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-vere-maak-die-voel\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Die vere maak die vo\u00ebl | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Unieke styl Marianne Fassler is al baie name genoem: Suid-Afrika se Vivienne Westwood, Alice in Wonderland \u2026 Sy is \u2019n legende in die modebedryf en haar eiesoortige styl is nog net so interessant, humoristies en elegant soos toe sy in [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-vere-maak-die-voel\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2015-02-18T08:44:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2016-02-29T11:13:53+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra2015218104424.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"530\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"800\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"9 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-vere-maak-die-voel\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-vere-maak-die-voel\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Die vere maak die vo\u00ebl\",\"datePublished\":\"2015-02-18T08:44:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-02-29T11:13:53+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-vere-maak-die-voel\\\/\"},\"wordCount\":1717,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-vere-maak-die-voel\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra2015218104424.jpg\",\"keywords\":[\"Marianne Fassler; Zetske van Pletzen; Jenny le Roux\"],\"articleSection\":[\"Bekendes\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2015\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-vere-maak-die-voel\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-vere-maak-die-voel\\\/\",\"name\":\"Die vere maak die vo\u00ebl | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-vere-maak-die-voel\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-vere-maak-die-voel\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra2015218104424.jpg\",\"datePublished\":\"2015-02-18T08:44:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-02-29T11:13:53+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-vere-maak-die-voel\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-vere-maak-die-voel\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-vere-maak-die-voel\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra2015218104424.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra2015218104424.jpg\",\"width\":530,\"height\":800},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-vere-maak-die-voel\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Die vere maak die vo\u00ebl\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Die vere maak die vo\u00ebl | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-vere-maak-die-voel\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Die vere maak die vo\u00ebl | rooi rose","og_description":"Unieke styl Marianne Fassler is al baie name genoem: Suid-Afrika se Vivienne Westwood, Alice in Wonderland \u2026 Sy is \u2019n legende in die modebedryf en haar eiesoortige styl is nog net so interessant, humoristies en elegant soos toe sy in [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-vere-maak-die-voel\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2015-02-18T08:44:00+00:00","article_modified_time":"2016-02-29T11:13:53+00:00","og_image":[{"width":530,"height":800,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra2015218104424.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"9 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-vere-maak-die-voel\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-vere-maak-die-voel\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Die vere maak die vo\u00ebl","datePublished":"2015-02-18T08:44:00+00:00","dateModified":"2016-02-29T11:13:53+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-vere-maak-die-voel\/"},"wordCount":1717,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-vere-maak-die-voel\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra2015218104424.jpg","keywords":["Marianne Fassler; Zetske van Pletzen; Jenny le Roux"],"articleSection":["Bekendes"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2015","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-vere-maak-die-voel\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-vere-maak-die-voel\/","name":"Die vere maak die vo\u00ebl | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-vere-maak-die-voel\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-vere-maak-die-voel\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra2015218104424.jpg","datePublished":"2015-02-18T08:44:00+00:00","dateModified":"2016-02-29T11:13:53+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-vere-maak-die-voel\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-vere-maak-die-voel\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-vere-maak-die-voel\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra2015218104424.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra2015218104424.jpg","width":530,"height":800},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-vere-maak-die-voel\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Die vere maak die vo\u00ebl"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7369","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=7369"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7369\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/13489"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=7369"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=7369"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=7369"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}