{"id":7368,"date":"2015-02-18T09:40:00","date_gmt":"2015-02-18T07:40:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/michelle-dockery-gn-yskoningin\/"},"modified":"2017-07-13T13:24:49","modified_gmt":"2017-07-13T11:24:49","slug":"michelle-dockery-gn-yskoningin","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/michelle-dockery-gn-yskoningin\/","title":{"rendered":"Michelle Dockery: G\u2019n yskoningin"},"content":{"rendered":"<p><strong>Michelle Dockery<\/strong> lyk nes \u0149 Engelse aristokraat in haar koel en elegante Antonio Berardi-uitrusting, terwyl ons gewone sterflinge worstel met die treiterende hitte van die Kaliforniese somer. Die jong aktrise was die perfekte keuse vir Lady Mary in die gewilde TV-reeks. As daar kan \u0149 orkaan oor ons sou neersak, sal sy kalm teug aan haar tee in die middel van al die chaos, skynbaar onaangeraak deur enige iets wat ander mense sou ontstel. Maar in werklikheid is Michelle warm en spontaan al is dit moeilik om te glo dat sy enige iets anders as bedaard kan wees. Sy is glad nie die yskonining wat ons op die TV sien nie. Sy het ook onlangs haar veelsydigheid as aktrise bewys in die nuwe Liam Neeson aksie-fliek, Non-Stop. In die opkomende vyfde seisoen van Downton Abbey is sy verwikkeld in \u0149 liefdesdriehoek nadat sy uiteindelik klaar getreur het oor haar geliefde Matthew.<\/p>\n<p><strong>In die vyfde seisoen van Downton Abbey lyk dit of Lady Mary uiteindelik weer liefde vind?<\/strong><\/p>\n<p>Aan die einde van die vierde reeks van Downton Abby was sy n\u00e1 Matthew se dood net besig om uit die mis van haar droefheid te kom. In die vyfde reeks omhels sy weer die lewe. Sy dra weer kleur, nie net swart nie; sy het weer pret. Sy moet kies tussen Gilliam en Blake, en dis vir haar lekker om met hulle te flankeer. Ter wille van haar seun, George, en Downton se toekoms is sy onder baie druk om \u2019n besluit te neem.<\/p>\n<p><strong>Jy kry seker baie menings oor wie sy moet kies?<\/strong><\/p>\n<p>Ja! Dis nie soveel pret vir die mans nie. Hulle verskil heeltemal, en sy hou op \u2019n ander manier van elkeen.<\/p>\n<p><strong>Verskil die liefdestema van di\u00e9 reeks van Mary en Matthew se liefdestorie?<\/strong><\/p>\n<p>Soms voel dit of my karakter na die eerste reeks terugkeer, maar dit verskil tog. In die eerste reeks was sy \u2019n jong meisie wat verskillende mans \u201cuittoets\u201d om te sien of hulle by haar sal pas. Dis weer die geval, maar sy is nou meer volwasse. Maar Mary het vir seker haar byt teruggekry. Sy is nogal naar met arme Edith.<\/p>\n<p><strong>Boonop moet lady Mary hard werk om Downton Abbey te moderniseer en te laat voortleef.<br \/>\n<\/strong><br \/>\nJa, sy is \u2019n eietydse vrou. En selfs meer so in die vyfde reeks. Selfs die modes van die jare twintig is baie meer pret en modern en die karakters leef hulle heeltemal daarin uit. Mary begin weer om al die positiewe dinge in haar lewe raak te sien.<\/p>\n<p>Ek kry lus om van die klere te \u201cleen\u201d en saam met my eie klere te dra. Die <em>vintage<\/em>-styl is nou baie gewild. Die afgelope vyf tot tien jaar dra al meer mense style uit die jare twintig en dertig en die klere in die reeks is daarom nie vir die kykers vreemd nie. Daar is genoeg ooreenkomste tussen toe en nou.<\/p>\n<p><strong>Wat is jou modesmaak?<br \/>\n<\/strong><br \/>\nEk het gedurende die reekse baie oor styl geleer. Ons ontwerper van die afgelope vier jaar, Caroline McCall, het my geleer wat by my pas en watter style my vlei. Ek hou daarvan om met verskillende uitrustings te speel en nuwe ontwerpers te ontdek. Ek werk saam met \u2019n baie talentvolle jong stilis, Micaela Erlanger, en dis wonderlik om iemand te ken wat mode ken en weet hoe om al daardie ontwerpers se name uit te spreek (lag)! Ek is nie \u2019n modeslaaf nie, maar hou daarvan om ontwerpersklere op die rooi tapyt te dra. Watter vrou sou nie?<\/p>\n<p><strong>Jy het \u2019n pragtige vel. Hoe versorg jy jou vel?<br \/>\n<\/strong><br \/>\nDankie! Ek is nie \u2019n sonliefhebber nie. Ek hou van sonskyn, maar l\u00ea nie graag in die son nie. Jy sal my nooit met \u2019n sonbruinvel sien nie (lag).<\/p>\n<p><strong>Het jy \u2019n spesifieke velsorgroetine?<br \/>\n<\/strong><br \/>\nNee, nie regtig nie.<\/p>\n<p><strong>Vir watter soort geleenthede het Downton gesorg?<\/strong><\/p>\n<p>Dit het veral in Amerika vir ons deure oopgemaak. Ek kry nou rolle wat heeltemal van my karakter in Downton verskil. My laaste twee flieks was eietydse rillers. Dis lekker om iets anders te doen, en ek sien uit na wat volgende gaan gebeur. Dis die lekkerste van akteur-wees: jy weet nooit wat jy volgende maand gaan doen nie. Dis baie bevrydend.<\/p>\n<p><strong>Watter soort rolle sal jy nog wil speel?<\/strong><\/p>\n<p>Ek sou graag wou sing en dans. Dit sal wonderlik wees om \u2019n fiktiewe of regte sangeres te speel.<\/p>\n<p><strong>Vertel ons van jou musiekloopbaan?<\/strong><\/p>\n<p>Op die oomblik werk ek nie hieraan nie. Die reeks en ander projekte neem te veel tyd in beslag. Ek is \u00a0mal oor sing en sal weer later daarop fokus.<\/p>\n<p><strong>Van watter karaktereienskappe van Mary hou jy die meeste en minste?<\/strong><\/p>\n<p>Ek hou daarvan dat sy prakties is. Sy is rasioneel en in moeilike situasies gebruik sy haar kop. Haar emosies regeer haar nie en in krisistye bly sy kalm. Sy is baie reguit, soms grens dit selfs aan ongeskiktheid (lag)! Ek hou daarvan om al haar eienskappe, selfs haar foute, te speel. Aan die ander kant kan sy soms baie gemeen wees, veral teenoor haar sussie, Edith. Ek en Laura Carmichael (wat lady Edith speel) hou die meeste van hierdie tonele. Dis meer pret as wanneer hulle vriendelik met mekaar is. Ek hou daarvan dat sy so kompleks is. Sy is onvoorspelbaar, spontaan en baie impulsief. Ek dink Mary is \u2019n wonderlike, kleurryke karakter en ek sal nooit vir haar moeg word nie.<\/p>\n<p><strong>Jou lyk altyd klassiek en stylvol. Hoe bly jy viets en fiks?<\/strong><\/p>\n<p>Ek probeer gesond leef.\u00a0Ek oefen nou meer as toe ek in die twintig was. Ek volg nie \u2019n spesifieke dieet nie. En ek is mal oor hamburgers en pizza.<\/p>\n<p><strong>Wat maak jou gelukkig?<\/strong><\/p>\n<p>Om tyd deur te bring saam met die mense wat ek liefhet. Ek is ook die peetma van my beste vriendin se twee kinders van vyf en sewe, en dis vir my wonderlik. En toneelspeel maak my gelukkig, ook omdat ek kan stoom afblaas terwyl ek dit doen.<\/p>\n<p><strong>Hoe bederf jou jouself?<\/strong><\/p>\n<p>Ek is versot op soesji! Veral in Los Angeles, want daar is fantastiese restaurante. Ek hou van reis, dis hoe ek ontspan. Danksy Downton sien ek nou meer van die w\u00eareld.<\/p>\n<p><strong>Hoe verskil jou regte ouers van jou Downton-ouers?<\/strong><\/p>\n<p>Daar is baie verskille. Cora sou nie baie tyd met haar kinders deurgebring het toe hulle klein was nie. Net soos Mary nie baie tyd saam met George deurbring nie. My ma was elke dag heeltyd by my totdat ek sewe was. Sy het eers daarna begin werk. Daar is soms wrywing tussen Mary en haar ouers omdat hulle baie ho\u00eb verwag-tinge van haar het. Ek het dit nooit met my ouers ondervind nie. Solank ek gelukkig is, is hulle gelukkig. Hulle het my ondersteun toe ek besluit het wat my loopbaan gaan wees. Ek is baie na aan my ouers, ons noem onsself die Essex-Mafia (lag)!<\/p>\n<p><strong>Wanneer s\u00ea jy ja vir \u2019n projek?<\/strong><\/p>\n<p>Vir my is die storie die kern. Akteurs is storievertellers. As die storie van die bladsy af spring, trek dit my dadelik in. Ek dink die meeste akteurs voel so. Die karakter moet interessant wees, nie noodwendig buitengewoon nie. Stil en skaam karakters kan baie interessant wees. Solank ek \u2019n verskeidenheid mense kan speel, sal ek gelukkig wees. Ek dink gewoonlik dat as iets my bang maak, ek dit moet doen. Dit hou dinge opwindend.<\/p>\n<p><strong>Highclere Castle in Hampshire word meestal vir die Downton Abbey-tonele gebruik. Hoe gereeld skiet julle daar?<\/strong><\/p>\n<p>Ons gebruik die ingangsportaal, die biblioteek, die sitkamer en tuine. Ons gebruik nie meer die slaapkamers nie omdat die tonele nou in die Ealing-ateljees verfilm word. Dis \u2019n wonderlike ou kasteel. Ek voel elke keer oorweldig wanneer ek die groot en besonderse plek sien.<\/p>\n<p><strong>Die reeks het jou bekend gemaak. Hoe het dit jou lewe verander?<\/strong><\/p>\n<p>Dit was in die begin regtig \u2019n groot aanpassing. Net voor die tweede episode uitgesaai is, het ek een oggend in ons plaaslike kafee ingeloop en daar pryk die drie susters op die voorblad van drie koerante! Dit was \u2019n groot oomblik, eintlik oorweldigend. \u2019n Mens pas maar aan, hierna was die verandering redelik geleidelik. Voor Downton het ek sewe jaar lank teaterwerk in Londen gedoen, so dit het nie oornag met my gebeur nie. Londen is so \u2019n energieke stad, en almal is besig met hul eie dinge sodat jy eintlik ongesiens met jou lewe kan aangaan. Ek kan treinry sonder dat mense my pla. Los Angeles is \u2019n ander storie, want dis die kern van die vermaaklikheidsbedryf. Mense is altyd op die uitkyk na bekendes. Maar dit was nog nooit vir my \u2019n probleem nie. Dit is deel van die werk.<\/p>\n<p><strong>In die Downton-era kon die aristokrasie nie juis trou met wie hulle wou nie. Wat verwag jy van \u2019n verhouding?<\/strong><\/p>\n<p>Mary was onder baie druk om met die regte man te trou. Sy soek liefde, maar sy moet ook iemand kies wat reg vir haar seun is. Dis gelukkig nie iets waaroor ek my hoef te bekommer nie. Ek hou van mans wat my laat lag; iemand saam met wie ek pret kan h\u00ea. My verhouding is vir my \u2019n private saak. Al wat ek sal s\u00ea, is dat ek \u2019n wonderlike man in my lewe het en dat ek baie gelukkig is.<\/p>\n<p><strong>Het julle mekaar op stel ontmoet? <\/strong><\/p>\n<p>Adam Leech (wat Branson speel) het ons aan mekaar voorgestel. Hy was Kupido.<\/p>\n<p><strong>Bly jy soos Mary kalm in \u2019n krisis?<\/strong><\/p>\n<p>(lag) Soms kry my emosies die oorhand. Ek het geleer om meer prakties te wees, nie so impulsief nie. Mary dink voor sy reageer. Ek moes leer om my emosies te beheer.<\/p>\n<p><strong>Hoe ontspan jy aan die einde van die dag?<\/strong><\/p>\n<p>Deur net by die huis rond te sit en dalk \u2019n fliek te kyk. As dit \u2019n moeilike dag was, sal ek dalk gaan draf. Wanneer jy elf uur lank op \u2019n eetkamerstoel moes sit en dieselfde ding oor en oor moes s\u00ea, is dit goed om weer te beweeg.<\/p>\n<p>Vertaal deur Hannelie Diedericks<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Michelle Dockery lyk nes \u0149 Engelse aristokraat in haar koel en elegante Antonio Berardi-uitrusting, terwyl ons gewone sterflinge worstel met die treiterende hitte van die Kaliforniese somer. Die jong aktrise was die perfekte keuse vir Lady Mary in die gewilde [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":13488,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[675],"tags":[972,1387,1901,23450],"class_list":["post-7368","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-bekendes","tag-margaret-uit-hollywood","tag-celebs","tag-michelle-dockery","tag-entertainment"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Michelle Dockery: G\u2019n yskoningin | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/michelle-dockery-gn-yskoningin\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Michelle Dockery: G\u2019n yskoningin | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Michelle Dockery lyk nes \u0149 Engelse aristokraat in haar koel en elegante Antonio Berardi-uitrusting, terwyl ons gewone sterflinge worstel met die treiterende hitte van die Kaliforniese somer. Die jong aktrise was die perfekte keuse vir Lady Mary in die gewilde [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/michelle-dockery-gn-yskoningin\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2015-02-18T07:40:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2017-07-13T11:24:49+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra20152189406.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"640\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"427\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"8 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/michelle-dockery-gn-yskoningin\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/michelle-dockery-gn-yskoningin\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Michelle Dockery: G\u2019n yskoningin\",\"datePublished\":\"2015-02-18T07:40:00+00:00\",\"dateModified\":\"2017-07-13T11:24:49+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/michelle-dockery-gn-yskoningin\\\/\"},\"wordCount\":1668,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/michelle-dockery-gn-yskoningin\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra20152189406.jpg\",\"keywords\":[\"Margaret uit Hollywood\",\"celebs\",\"Michelle Dockery\",\"entertainment\"],\"articleSection\":[\"Bekendes\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2015\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/michelle-dockery-gn-yskoningin\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/michelle-dockery-gn-yskoningin\\\/\",\"name\":\"Michelle Dockery: G\u2019n yskoningin | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/michelle-dockery-gn-yskoningin\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/michelle-dockery-gn-yskoningin\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra20152189406.jpg\",\"datePublished\":\"2015-02-18T07:40:00+00:00\",\"dateModified\":\"2017-07-13T11:24:49+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/michelle-dockery-gn-yskoningin\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/michelle-dockery-gn-yskoningin\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/michelle-dockery-gn-yskoningin\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra20152189406.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra20152189406.jpg\",\"width\":640,\"height\":427},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/michelle-dockery-gn-yskoningin\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Michelle Dockery: G\u2019n yskoningin\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Michelle Dockery: G\u2019n yskoningin | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/michelle-dockery-gn-yskoningin\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Michelle Dockery: G\u2019n yskoningin | rooi rose","og_description":"Michelle Dockery lyk nes \u0149 Engelse aristokraat in haar koel en elegante Antonio Berardi-uitrusting, terwyl ons gewone sterflinge worstel met die treiterende hitte van die Kaliforniese somer. Die jong aktrise was die perfekte keuse vir Lady Mary in die gewilde [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/michelle-dockery-gn-yskoningin\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2015-02-18T07:40:00+00:00","article_modified_time":"2017-07-13T11:24:49+00:00","og_image":[{"width":640,"height":427,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra20152189406.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"8 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/michelle-dockery-gn-yskoningin\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/michelle-dockery-gn-yskoningin\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Michelle Dockery: G\u2019n yskoningin","datePublished":"2015-02-18T07:40:00+00:00","dateModified":"2017-07-13T11:24:49+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/michelle-dockery-gn-yskoningin\/"},"wordCount":1668,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/michelle-dockery-gn-yskoningin\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra20152189406.jpg","keywords":["Margaret uit Hollywood","celebs","Michelle Dockery","entertainment"],"articleSection":["Bekendes"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2015","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/michelle-dockery-gn-yskoningin\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/michelle-dockery-gn-yskoningin\/","name":"Michelle Dockery: G\u2019n yskoningin | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/michelle-dockery-gn-yskoningin\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/michelle-dockery-gn-yskoningin\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra20152189406.jpg","datePublished":"2015-02-18T07:40:00+00:00","dateModified":"2017-07-13T11:24:49+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/michelle-dockery-gn-yskoningin\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/michelle-dockery-gn-yskoningin\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/michelle-dockery-gn-yskoningin\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra20152189406.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra20152189406.jpg","width":640,"height":427},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/michelle-dockery-gn-yskoningin\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Michelle Dockery: G\u2019n yskoningin"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7368","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=7368"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7368\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/13488"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=7368"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=7368"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=7368"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}