{"id":7366,"date":"2015-07-02T11:54:00","date_gmt":"2015-07-02T09:54:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/channing-tatum-almal-se-vriend\/"},"modified":"2017-07-13T13:24:37","modified_gmt":"2017-07-13T11:24:37","slug":"channing-tatum-almal-se-vriend","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/channing-tatum-almal-se-vriend\/","title":{"rendered":"Channing Tatum: Almal se vriend"},"content":{"rendered":"<p>Hoewel Channing Tatum almal met sy sexy ontkleedanspassies in die omstrede fliek \u2018Magic Mike 2&#8242; laat regop sit het, is di\u00e9 ster agter die skerms net so talentvol.<\/p>\n<p>Kyk di\u00e9 video om sy impromptu danspassies te sien:<\/p>\n<div class=\"video-container\"><iframe loading=\"lazy\" width=\"560\" height=\"390\" src=\"https:\/\/www.youtube.com\/embed\/5591a87761646d0692170000\/5390f86669702d5e38450000\" frameborder=\"0\" allow=\"accelerometer; autoplay; encrypted-media; gyroscope; picture-in-picture\" allowfullscreen><\/iframe><\/div>\n<p><strong>Jy speel die rol van die w\u00eareldkampioenstoeier Mark Schultz, wat ook op stel was. Watter soort ervaring was dit?<\/strong><\/p>\n<p>Hy is \u2019n uitsonderlike atleet. Ek dink nie ek was al ooit s\u00f3 op my senuwees voor enige ontmoeting nie, en glo my, ek het al \u2019n hele paar bekende en indrukwek-kende mense ontmoet. Hy was baie oop en het my vertrou met persoonlike inligting en geheime wat ek gedink het heeltemal buite perke sou wees. Sommige dae was dit waardevol om hom daar te h\u00ea en ander dae verwarrend.<\/p>\n<p><strong>Jy moes leer stoei. Was dit maklik? <\/strong><\/p>\n<p>Dit was een van die pynlikste ervarings van my lewe! En ek is \u2019n sportiewe ou. \u2019n Stoeigeveg het nie rondes nie en jy het nie \u2019n ruskans nie. Jy moet gemaklik daarmee wees om ongemaklik te wees. In die prent is stoei \u2019n metafoor vir karakters wat ongemaklik is en pyn verduur. Dit gaan alles daaroor om jou pyn in te hou. Die sport word baie onderskat, want mense dra snaakse kostuums, maar ek belowe jou dit is glad nie snaaks wanneer jy teenoor \u2019n man in die kryt staan wat jou wil vermorsel nie.<\/p>\n<p><strong>Jy is so atleties. Dit lyk nie asof daar iets is wat jy nie kan doen nie. Is daar \u2019n sport waarin jy nie goed is nie?<\/strong><\/p>\n<p>Ja, basketbal. Ek is vrot daarmee. Ek kan goed perdry, maar nie motorfiets nie. Ek weet nie hoekom nie. Dit gaan ook mos oor balans, dis net meganies. Ek hou gewoonlik van fisieke goed, want ek doen baie moeite om iets te bemeester waarin ek goed is. Ek hou van die toegewydheid wat dit verg om so iets te doen. Ek raak \u2019n bietjie obsessief wanneer ek sien iemand doen iets wat ek nie kan doen nie. Maar ek het nog nooit so oor basketbal gevoel nie.<\/p>\n<p><strong>Sien jy jou as \u2019n rolmodel?<\/strong><\/p>\n<p>Ek het vir seker nie die lewe van \u2019n tipiese rolmodel gelei nie. Mense s\u00ea gereeld vir my: \u201cMy kind wil doen wat jy gedoen het.\u201d My reaksie is gewoonlik: \u201cEk hoop regtig hy doen dit nie.\u201d My ouers het my geleer dat ek nie dieselfde foute as hulle moet maak nie en ek moes toe maar dinge op my eie uitwerk. Ek het dikwels uitgegaan en presies gedoen wat ek nie veronderstel was om te doen nie. Ek het hulle DNS in my. My pa was \u2019n rowwe ou. Jy kon hom nooit voors\u00ea nie. Hy het altyd ges\u00ea jy moenie toelaat dat iemand vir jou s\u00ea wat om te doen nie. Hy het ongelukkig nagelaat om te s\u00ea dat ons wel moet doen wat h\u00fd ons voors\u00ea om te doen. Hy het my en my suster geleer om sterk, onafhanklike mense te wees wat nie eens sy opdragte wou uitvoer nie. Maar die lewe bestaan uit ervarings. Niemand kan vir jou s\u00ea hoe om te lewe nie. Ek kan uit ander mense se ervarings leer, maar jy kan dit nie uit \u2019n boek leer nie. Ek kan na advies luister, maar ek sal niks leer as ek dit nie ook beleef het nie. Ek wil nie h\u00ea my dogter moet uitgaan en onverantwoordelike goed aanvang nie, maar ek wil h\u00ea sy moet l\u00e9\u00e9f. Ek hoop sy doen wat sy doen omdat sy daarop besluit het en nie omdat al die ander mense dit doen nie.<\/p>\n<p><strong>Watter eienskappe is vir jou belangrik in \u2019n goeie vriend?<\/strong><\/p>\n<p>Dit gaan nie vir my oor spesifieke eienskappe nie. Ek het twee beste vriende. Een is my kreatiewe vennoot, Reid Carolin. Ons het op heeltemal verskillende maniere grootgeword. Hy het in \u2019n ryk woonbuurt in Chicago grootgeword en aan Harvard gestudeer. Ek het net een semester op kollege voltooi. Ons verskil baie. Hy deurdink alles terwyl ek meer fisiek is, maar op \u2019n manier verstaan ons mekaar. Al my vriende is baie vergewensgesind \u2013 as ons mekaar \u2019n ruk lank nie gesien het nie, kan jy net die telefoon optel en aangaan waar ons laas opgehou het sonder dat die een die ander kwalik neem. En ek hou van mense wat weet hoe om die lewe te geniet. Ek is mal oor die lewe \u2013 ek wil dit ervaar. Ek wil nuwe goed doen wat nie noodwendig iets met my loopbaan of gesinslewe te make het nie. Ek is avontuurlustig en my vriende moet ook dieselfde belangstellings h\u00ea.<\/p>\n<p><strong>Jy is op \u2019n goeie plek in jou lewe. Dit gaan goed met jou loopbaan, mense wil saam met jou werk, jy is gelukkig getroud en is nou \u2019n pa.<\/strong><\/p>\n<p>Jy werk hard daaraan om op \u2019n plek te kom waar jy dink alles is nou uitgepluis; waar jy weet wat jy vir die res van jou lewe wil doen. Dan gebeur daar uit die bloute iets wat alles deurmekaar krap en jy besef jy weet eintlik glad nie wat jy wil h\u00ea nie. Dit het gebeur toe my vrou swanger geword het (hy lyk angsbevange). Swangerskap is ongelooflik. Dis die grootste werk wat daar is, behalwe natuurlik om die kind groot te maak. Ek het baie respek vir alles wat vroue op \u2019n fisieke en emosionele vlak moet deurgaan om die lewe aan \u2019n baba te skenk. Dit verstom my.<\/p>\n<p><strong>Leef julle gesonder vandat julle ouers is?<\/strong><\/p>\n<p>Nie een van ons het ooit gerook nie &#8211; dit was nie \u2019n kwessie nie. Ek hou glad nie van groente nie en my vrou is vegan (lag). Maar sy verstaan sommige mense het vleis in hul dieet nodig. Sy is nie een van daardie mense wat haar standaarde aan ander opdwing nie. Ons huislewe is baie gebalanseerd. Sy weet wat ek nodig het en ek weet wat sy nodig het. Ek het grootgeword op McDonald\u2019s en dis \u2019n moeilike gewoonte om af te leer. Ek bemoei my nie regtig met die vet-en-maer-kwessie nie. Ek wil net h\u00ea my kinders moet gesond wees. My vrou het my geleer om groen gladdejantjies te drink. Nou drink ek my groente! Solank jy gebalanseerd lewe en na jou lyf luister, sal jy oukei wees.<\/p>\n<p><strong>Hoe kry julle dit reg om op so \u2019n jong ouderdom gelukkig getroud te wees \u2013 veral in Hollywood?<br \/>\n<\/strong><br \/>\nOns is verskriklik oop en eerlik met mekaar en ek glo dis een van die dinge wat ons nege en \u2019n half jaar lank bymekaar gehou het. Sy sal vir my s\u00ea as sy nie goed voel nie, of as ek nie genoeg aandag aan haar gegee het nie, en glo my, sy het baie aandag en liefde nodig! My vrou is soos \u2019n Persiese kat. Sy moet heeltyd aandag kry. Dis my verantwoordelikheid.<\/p>\n<p><strong>Hoe voel dit om \u2019n pa te wees?<\/strong><\/p>\n<p>Dis alles en niks wat \u2019n mens verwag het dit sou wees nie. Ek was nooit regtig besorg oor die swangerskap, geboorte en die eerste jaar daarna nie. Maar \u2019n vrou weet sy moet vir nege maande swanger wees, geboorte gee en borsvoed. Die mans dink net aan al die pret wat hulle gaan h\u00ea as die kind groter is. Ek was glad nie gereed vir die eerste twee jaar nie. Jy gee baie liefde, maar kry nie veel terug nie, behalwe slapelose nagte. Vroue is superwesens wat dit betref. Hulle weet outomaties wat om te doen. Jy besef dan eers hoe papbroekig mans kan wees. Ons ervaar pyn heeltemal anders as vroue. Mans kan \u2019n klap deur die gesig vat, maar die pyn wat vroue vir lang tydperke moet verduur, sal \u2019n man middeldeur breek. Dit was \u2019n reuse-oomblik toe ek die eerste keer my dogter vashou. Ek het skielik besef ek sal moet leer hoe om hare te vleg, en dat sy my naels gaan wil verf. As akteur wentel die w\u00eareld heeltyd om jou, maar as jy kinders het, verander dinge heeltemal. Dis ongelooflik.<\/p>\n<p><strong>Jy was People se \u201cSexiest Man Alive\u201d. Hoe het dit gevoel?<\/strong><\/p>\n<p>Dis \u2019n baie vreemde ervaring en \u2019n baie groot eer, maar dis natuurlik nie regtig wat dit beteken nie. Jy is ni\u00e9 \u201cdie sexyste man wat lewe\u201d nie. Ek het geweet my vriende sal my vir die res van my lewe daaroor spot. Ek sal nooit weer enige argument kan wen nie.<\/p>\n<p><strong>Veral jonger mense dink deesdae dat dit nie belangrik is om te trou nie. Is dit vir jou belangrik en hoe het dit jul verhouding verander?<\/strong><\/p>\n<p>Ek dink dis \u2019n persoonlike keuse. Ek wou altyd in \u2019n verhouding wees. Dit het niks met my loopbaan te make nie. Om getroud te wees het my baie oor kompromie geleer. Ek kan dinge uit iemand anders se perspektief sien. Daardie s\u00eading: Happy Wife, Happy Life is waar. En wanneer jy kinders het, voel jy ook weer soos \u2019n kind. Dit het my ook baie met my toneelspel gehelp. Daar is maklike en gelukkige tye en die een leer by die ander wat sy of haar swakhede en foute is en wat gedoen moet word om dit te oorkom.<\/p>\n<p><strong>Jy het \u2019n baie suksesvolle jaar agter die rug. Wat het roem jou geleer?<\/strong><br \/>\nRoem is net \u2019n stappie om nog iets te leer, maak nie saak of dit nou met my gesin, loopbaan of iets anders te make het nie. Ek sien dit nie asof ek iets groots bereik het nie. Dis net nog \u2019n ervaring waarvoor ek gewerk het.<\/p>\n<p><strong>Maar finansieel moes dit \u2019n verandering in jou lewe gemaak het?<\/strong><\/p>\n<p>Ek vlieg nou eersteklas en het \u2019n mooi huis. Ons bly nie meer in \u2019n woonstelletjie nie, maar verder het ons lewe nie juis verander nie. Ek het dieselfde vriende as toe ek arm was en Jenna my huur moes betaal omdat ek dit nie kon bekostig nie. Dankie tog sy het geld gehad! Geld stel my in staat om kreatiewer te wees. Ek hoef nie werk te aanvaar waarin ek nie glo nie. Ek kan ook ander dinge doen. Ons het byvoorbeeld \u2019n restaurant in New Orleans geopen.<\/p>\n<p><strong>Wat is die keersy daarvan om sexy en aantreklik te wees?<\/strong><\/p>\n<p>Dis interessant. Ek en my vriende praat gereeld oor kindersterre en hoe vinnig hul ster verskiet. Sukses en geld kan jou pootjie, want jy het nie geleer om in die regte w\u00eareld te leef nie. Mense sien op na jou en jy hoef jou nie met banale goed, soos ander mense op te hou nie. Dis asof hul ontwikkeling gevries het. Ek hoop ek het daardie les geleer en dat my sukses nie dieselfde uitwerking het nie, want ek wil altyd bly groei.<\/p>\n<p>Vertaal deur Hannelie Diedericks<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Hoewel Channing Tatum almal met sy sexy ontkleedanspassies in die omstrede fliek \u2018Magic Mike 2&#8242; laat regop sit het, is di\u00e9 ster agter die skerms net so talentvol. Kyk di\u00e9 video om sy impromptu danspassies te sien: Jy speel die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":13480,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[675],"tags":[972,1387,1899,23450],"class_list":["post-7366","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-bekendes","tag-margaret-uit-hollywood","tag-celebs","tag-channing-tatum","tag-entertainment"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Channing Tatum: Almal se vriend | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/channing-tatum-almal-se-vriend\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Channing Tatum: Almal se vriend | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Hoewel Channing Tatum almal met sy sexy ontkleedanspassies in die omstrede fliek \u2018Magic Mike 2&#8242; laat regop sit het, is di\u00e9 ster agter die skerms net so talentvol. Kyk di\u00e9 video om sy impromptu danspassies te sien: Jy speel die [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/channing-tatum-almal-se-vriend\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2015-07-02T09:54:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2017-07-13T11:24:37+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201521884019.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"640\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"457\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"9 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/channing-tatum-almal-se-vriend\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/channing-tatum-almal-se-vriend\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Channing Tatum: Almal se vriend\",\"datePublished\":\"2015-07-02T09:54:00+00:00\",\"dateModified\":\"2017-07-13T11:24:37+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/channing-tatum-almal-se-vriend\\\/\"},\"wordCount\":1797,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/channing-tatum-almal-se-vriend\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra201521884019.jpg\",\"keywords\":[\"Margaret uit Hollywood\",\"celebs\",\"Channing Tatum\",\"entertainment\"],\"articleSection\":[\"Bekendes\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2015\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/channing-tatum-almal-se-vriend\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/channing-tatum-almal-se-vriend\\\/\",\"name\":\"Channing Tatum: Almal se vriend | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/channing-tatum-almal-se-vriend\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/channing-tatum-almal-se-vriend\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra201521884019.jpg\",\"datePublished\":\"2015-07-02T09:54:00+00:00\",\"dateModified\":\"2017-07-13T11:24:37+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/channing-tatum-almal-se-vriend\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/channing-tatum-almal-se-vriend\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/channing-tatum-almal-se-vriend\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra201521884019.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra201521884019.jpg\",\"width\":640,\"height\":457},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/channing-tatum-almal-se-vriend\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Channing Tatum: Almal se vriend\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Channing Tatum: Almal se vriend | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/channing-tatum-almal-se-vriend\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Channing Tatum: Almal se vriend | rooi rose","og_description":"Hoewel Channing Tatum almal met sy sexy ontkleedanspassies in die omstrede fliek \u2018Magic Mike 2&#8242; laat regop sit het, is di\u00e9 ster agter die skerms net so talentvol. Kyk di\u00e9 video om sy impromptu danspassies te sien: Jy speel die [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/channing-tatum-almal-se-vriend\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2015-07-02T09:54:00+00:00","article_modified_time":"2017-07-13T11:24:37+00:00","og_image":[{"width":640,"height":457,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201521884019.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"9 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/channing-tatum-almal-se-vriend\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/channing-tatum-almal-se-vriend\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Channing Tatum: Almal se vriend","datePublished":"2015-07-02T09:54:00+00:00","dateModified":"2017-07-13T11:24:37+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/channing-tatum-almal-se-vriend\/"},"wordCount":1797,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/channing-tatum-almal-se-vriend\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201521884019.jpg","keywords":["Margaret uit Hollywood","celebs","Channing Tatum","entertainment"],"articleSection":["Bekendes"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2015","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/channing-tatum-almal-se-vriend\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/channing-tatum-almal-se-vriend\/","name":"Channing Tatum: Almal se vriend | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/channing-tatum-almal-se-vriend\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/channing-tatum-almal-se-vriend\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201521884019.jpg","datePublished":"2015-07-02T09:54:00+00:00","dateModified":"2017-07-13T11:24:37+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/channing-tatum-almal-se-vriend\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/channing-tatum-almal-se-vriend\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/channing-tatum-almal-se-vriend\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201521884019.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201521884019.jpg","width":640,"height":457},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/channing-tatum-almal-se-vriend\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Channing Tatum: Almal se vriend"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7366","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=7366"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7366\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/13480"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=7366"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=7366"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=7366"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}