{"id":73504,"date":"2017-06-06T14:00:31","date_gmt":"2017-06-06T12:00:31","guid":{"rendered":"http:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=73504"},"modified":"2017-06-06T14:00:31","modified_gmt":"2017-06-06T12:00:31","slug":"wipkar-finaal-hoofstuk-20","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wipkar-finaal-hoofstuk-20\/","title":{"rendered":"Wipkar FINAAL, hoofstuk 20"},"content":{"rendered":"<p>Die salon het vinniger verkoop as wat Arien verwag het. Dis asof alles in haar lewe skielik in \u2019n perfekte versnelrat begin loop het. Die egskeiding is afgehandel, hul huis is verkoop en die salon en huis in die Paarl was perfek. Jos het haar trek Kaap toe met presisie bestuur en toesig gehou oor al die klein veranderings in die nuwe salon en huis.<\/p>\n<p>Sy was effe hartseer toe sy en die seuns hom \u2019n paar weke na die trek by die lughawe gaan afsien het, maar toe hy fier en doelgerig deur die deure van die vertreksaal stap, het sy besef Jos gaan <em>ok<\/em> wees en sy en die seuns gaan ook <em>ok<\/em> wees.<\/p>\n<p>Sy skink die laaste bietjie tee uit die teepot met die blou viooltjies. Haar vingers streel oor die dun porselein terwyl haar gedagtes terugdwaal. Sy het vele potte tee verder gevorder die afgelope maande in die Paarl. Potte vol stroopsoet tee.<\/p>\n<p>Na die laaste insident by die salon het Jana vir haar \u2019n afspraak by Gerhard gemaak. Sy het al die gruwelike detail van die hele Hendri-en-Lorna sage aan hom uitgelap en sommer gereg in eie hande geneem en die dik koevert met dokumente wat Hendri na die vorige aanval by die salon afgelewer het, vir Gerhard gegee.<\/p>\n<p>\u2019n Paar dae na haar terugkeer van die Paarl, het Gerhard Arien as&#8217;t ware na sy praktyk ontbied.<\/p>\n<p>\u201cDit is tyd dat ek my gunstelingpasi\u00ebnt se lewe vir eens help uitsorteer. Maar moenie ge<em>worried<\/em>\u00a0wees nie, ek sal so \u2019n paar los rafels los want ek wil jou nie as pasi\u00ebnt verloor nie. Ag man, jy weet mos ek is \u2019n sentimentele <em>shrink<\/em>. Ek het geheg geraak aan jou.\u201d<\/p>\n<p>Die boks <em>tissues<\/em> en \u2019n pot soet tee het gereed gestaan toe sy voor hom gaan sit. Sy het nog altyd \u2019n gevoel van absolute vrede in sy kantoor ervaar. Die kantoor is by sy huis en lyk meer na \u2019n sitkamertjie as \u2019n spreekkamer. Dis die plek waar sy al gehuil het dat haar neus so rooi soos \u2019n tamatie is, maar ook die plek waar sy onverwags uit haar maag kon lag. Dis wat Gerhard nog altyd kon regkry. Om haar na die seerste gesprekke weer te kan laat lag. Liewe, wonderlike Gerhard met die mooi lagplooitjies om sy o\u00eb. Gerhard met die mooi hande en lang vingers wat so sielvol kan klavier speel &#8230; en ook haar kar se nukke \u2019n paar keer sommer voor sy spreekkamer kon uitsorteer.<\/p>\n<p>Met die intreeslag in sy kantoor het sy in trane uitgebars. Sy doen dit gewoonlik wanneer sy vir Gerhard sien. Dis asof sy voel sy mag maar haar hart voor hom uithuil. Hy het haar oudergewoonte \u2019n stywe Gerhard-drukkie gegee en die snesies nader geskuif. Sy het dadelik Hendri se koevert op sy lessenaar raakgesien.<\/p>\n<p>Gerhard het skuldig in die koers van die bruin koevert gekyk.<\/p>\n<p>\u201cJana is een van jou beste, ware vriendinne, weet jy? Sy gee regtig vir jou om. Jy is vir haar kosbaar en ek hoop jy kry iemand soos sy in die Kaap om jou vangnet by die nuwe salon te wees.\u201d<\/p>\n<p>Arien het aan hom beken sy het nooit die inhoud van die koevert behoorlik deurgegaan nie. Sy het net nie die krag gehad om dit te doen nie.<\/p>\n<p>Gerhard het opgestaan en die koevert gaan haal.<\/p>\n<p>\u201cEk weet nie of dit jou sou gehelp het om dit te lees nie. Ons sou jou nie teen die tweede aanval kon beskerm nie. Jy het ongelukkig in \u2019n baie komplekse, nare situasie beland met Hendri. Ek dink jy moet mooi dink voor jy weer na Cari se raad luister. Jy is nie die affair-soort nie, Arien. Jy is te lojaal en &#8230;&#8221;<\/p>\n<p>Arien het hom vinnig onderbreek.<\/p>\n<p>\u201cKoekerig. Ek weet. Dit was \u2019n gevaarlike speletjie en ek het baie duur betaal vir my fout.\u201d<\/p>\n<p>Gerhard het die dokumente uit die koevert begin haal en oor die koffietafel uitgepak.<\/p>\n<p>\u201cMoenie hard wees op jouself nie. Jy was kwesbaar en dit is normaal om \u2019n ontsnaproete uit so \u2019n situasie te soek.\u201d<\/p>\n<p>\u201cEk het verdien wat met my gebeur het. Ek het in my kop gedoen wat Jos al die jare gedoen het. Ek was ontrou, al het ek nooit \u2019n fisieke verhouding met Hendri gehad nie.\u201d<\/p>\n<p>Gerhard het \u2019n koppie tee na haar uitgehou. Hy het sommer self drie teelepels suiker ingeroer. Dis sy geheime kuur vir Arien se trane.<\/p>\n<p>\u201cOns kan die ding uit verskillende hoeke deurpraat, maar ek dink jy het dit redelik goed vir jouself uitgepluis.\u201d<\/p>\n<p>Arien het die hele koppie tee met \u2019n paar groot slukke weggeslaan. Soos sy gewoonlik doen wanneer sy gespanne raak.<\/p>\n<p>\u201cWat gebeur het, is steeds vir my \u2019n skok. Ek het gedink &#8230; gehoop &#8230;\u201d<\/p>\n<p>\u201cDat dit Lorna was wat jou salon verniel het? Onthou jy wat jy vir my ges\u00ea het nadat Lorna jou in die hospitaal besoek het? Jou instink het jou gewaarsku dat Lorna die waarheid praat. Jy kon in haar sien wat jy in jouself gesien het as Jos jou verkul het.\u201d<\/p>\n<p>\u201cMaar wat van hierdie pakke sielkundige verslae?\u201d<\/p>\n<p>Gerhard het een van die verslae opgetel. Arien kon sien dat daar aan elkeen van die verslae \u2019n paar aantekeninge in Gerhard se handskrif vasgespeld is. Gerhard is seker die enigste mens in die 21ste eeu wat nog kantoorspelde gebruik, het sy by haarself gedink en effens deur die spanning geglimlag oor een van haar <em>shrink<\/em> se vele eksentrieke gewoontes.<\/p>\n<p>\u201cLorna het beslis \u2019n paar sielkundige probleme, maar dis Hendri wat jou grootste gevaar was. As ek een van my sielkundeboeke vir jou oopslaan, sal jy elke kenmerk van \u2019n narsis agter sy naam kan afmerk. Maar hy is meer as net \u2019n narsis. Hy is totaal gewetenloos. Ek het \u2019n bietjie rondgebel. Die gemeenskap van kliniese sielkundiges en psigiaters in die land is mos maar onlosmaaklik aan mekaar verbind. Hierdie verslae oor Lorna is eintlik almal verslae wat oor Hendri se sielkundige probleme opgestel is. Hy is nogal \u2019n slim bedrogpleger. As ek nie die sielkundiges en psigiaters self gebel het nie, sou ek nooit kon raai hy het met die dokumente gepeuter nie. Hy het sy naam meesterlik met Lorna se naam verander. Lorna het die waarheid gepraat. Hendri soek vroue soos \u2019n prooi uit en as hulle eers onder sy mag is, verniel hy hulle. Geen wonder Lorna het soveel sielkundige skade opgedoen nie. Sy sal nog jare terapie moet kry voor sy van al die seerkry sal kan ontslae raak. Omdat sy waarskynlik regtig lief is vir hom en dit nie kon regkry om weg te breek nie, het hy haar as sy alibi vir baie van sy siek speletjies gebruik. Hendri is \u2019n baie intelligente, maar ook \u2019n baie siek man. Hy vermaak homself deur met mense se lewens te speel. Elkeen van die vroue wat onder hom deurgeloop het, het \u2019n skrikwekkende storie om te vertel. En jy &#8230; jy het ongelukkig so reg in sy hand gespeel toe jy hom gekontak het. Jy was inderdaad sy onafgehandelde projek.\u201d<\/p>\n<p>Arien het verslae deur die pak dokumente sit en blaai. Die patroon van manipulasie en emosionele afpersing wat Hendri reeds in hul jong dae met haar begin het, het deur die jare \u2019n patroon geword wat al erger geword het. Hy het die een vrou na die ander in sy prinses verander en haar dan afgebreek.<\/p>\n<p>\u201cDie geluk was aan jou kant, Arien. Jy het geen idee hoe gelukkig jy was om van hom te ontsnap nie. Daardie diep konserwatiewe streep van jou waarmee jy so spot, dit is wat jou weerhou het om dadelik vir Hendri se aanslae te val.\u201d<\/p>\n<p>Arien het \u2019n rilling deur haar lyf gevoel. Sy het geweet hoe naby sy in haar dagdrome was om aan Hendri oor te gee.<\/p>\n<p>Gerhard het skielik sy sagte dro\u00eb laggie gegee.<\/p>\n<p>\u201cWeet jy wie kan jy nog bedank? Vir Jos. As dit nie vir sy laaste dramatiese dwalinge was nie, kon jy al jou aandag aan Hendri gegee het, en &#8230; Ek moet self ook nog onthou om Jos te bedank. As dit nie vir hom was nie, het jy nooit in my spreekkamer beland nie.\u201d<\/p>\n<p>Arien het deur die talle sessies by Gerhard sy humorsin leer ken. Dis deel van die betowering van sy terapie.<\/p>\n<p>\u201cJa, jou Jos en sy dinge. Maar dit lyk darem nou of hy op koers is. En dis my professionele mening. Moenie worrie nie, ek sal dit nie by my rekening voeg nie. Daardie stukkie wysheid is gratis. Ek het \u2019n bietjie met die ou gepraat terwyl jy in die hospitaal was. Ek kan sien hoekom jy deur die jare by hom gestaan het. Diep in hom is hy \u2019n goeie ou. En ek dink eerlikwaar hy gaan die keer sy lewe uitsorteer. Die ironie is dat hy sy grootste steunpilaar eers moes verloor voor hy kon opstaan.\u201d<\/p>\n<p>Gerhard se laaste opmerking het Arien nie verras nie. Hy het haar mos al deeglik ingevryf. Sy is die perfekte ko-afhanklike. Deur by Jos te staan en sy dinge te verduur, het sy hom in staat gestel om op sy destruktiewe pad aan te gaan.<\/p>\n<p>Dit was asof Gerhard aangevoel het dis tyd vir nog \u2019n koppie soet tee.<\/p>\n<p>\u201cJy is lief vir hom, Arien. Dis hoekom jy so hard probeer het.\u201d<\/p>\n<p>Toe die trane weer vryelik begin loop, was die tee al geskink.<\/p>\n<p>\u201cMaar niks wat ek gedoen het, kon hom red nie.\u201d<\/p>\n<p>\u201cNee, jy is verkeerd. Jy het wel iets gedoen wat hom gered het, jy het van hom geskei. Dit het hom laat besef hy sal op sy eie homself moet regruk. Onthou, ek het jou baie keer ges\u00ea, Jos moet eers alles verloor en in die <em>gutter<\/em> beland voor hy sal kan opstaan. Gelukkig het die ou die <em>guts<\/em> gehad om dit die keer te doen.\u201d<\/p>\n<p>Rou snikke het uit Arien gebreek en Gerhard het gereed gesit met die snesies.<\/p>\n<p>\u201cEk weet nie of ek dit in my het om Jos ooit weer terug te vat nie. Ek is nog lief vir hom, maar ek dink nie ek sal ooit weer my en die kinders se lewens aan hom toevertrou nie.\u201d<\/p>\n<p>\u201cHy weet dit, Arien. En op \u2019n manier is dit wat hom aan die gang hou. Hy weet hy het jou en sy kinders verloor en ek dink regtig hy wil van nou af van die kantlyn alles doen wat hy kan om jou en die manne te help. Laat hom toe om dit te doen.\u201d<\/p>\n<p>Arien het die pakke dokumente op die koffietafel bymekaar gemaak en teruggedruk in die koevert. Asof sy die Hendri-drama finaal wou afsluit.<\/p>\n<p>\u201cWat gaan van Hendri word?\u201d<\/p>\n<p>\u201cHulle sal hom waarskynlik vir sielkundige waarneming verwys tydens die hofsaak. Hy sal dan teregstaan op die klagte van saakbeskadiging van jou salon en ook \u2019n hele paar ander klagtes van jou voorgangers. Dis die eerste keer dat hy gevang word en dit bring \u2019n klomp legkaartstukkies van vorige klagtes teen hom bymekaar. Lorna het die meeste van Hendri se klone oortuig om teen hom te getuig. Jy sal waarskynlik ook moet getuig, maar moenie worrie nie, ek sal daar wees om jou hand vas te hou.\u201d<\/p>\n<p>Arien het na die man in die leunstoel voor haar gekyk. Hy het oudergewoonte so half op sy stuitjie gel\u00ea-sit met \u2019n notaboek op sy skoot. Sy lang bene voor hom gekruis. Sy kon haar nog altyd verkyk aan die pragtige sketse wat hy sit en <em>doodle<\/em> terwyl hulle praat.<\/p>\n<p>\u201cHoe gaan ek die Kaap oorleef sonder jou?\u201d<\/p>\n<p>Sy was verras om te sien haar vraag het hom onkant betrap. Hy het hartseer na haar gekyk, opgestaan en die ketel weer aangeskakel.<\/p>\n<p>\u201cEk sal vir jou \u2019n sak tee en suiker saam gee Kaap toe. Dit behoort jou aan die gang te hou.\u201d<\/p>\n<p>In haar hart was daar skielik \u2019n diep warm gevoel vir hierdie man wat haar al op haar heel slegste tye gesien het.<\/p>\n<p>\u201cSal jy by my kom kuier in die Kaap?\u201d<\/p>\n<p>\u201cO aarde, dit sal darem hoogs onprofessioneel wees. Wil jy h\u00ea hulle moet my liksens wegvat?\u201d<\/p>\n<p>Sy het die lag diep uit haar maag voel borrel. Daardie laggie wat Gerhard altyd uit haar kan ryg. Gerhard en sy potte soet tee.<\/p>\n<p>\u201cWeet jy wat? Jy is van hierdie oomblik af amptelik ge<em>fire<\/em> as my <em>shrink<\/em>. Wag, ek betaal gou my rekening op my foon elektronies en dan is jy amptelik nie meer my sielkundige nie. Sal jy dan by my kom kuier in die Paarl?\u201d<\/p>\n<p>Die koppies is weer vol tee geskink.<\/p>\n<p>\u201cJy weet natuurlik my praktyk kan nie bekostig om \u2019n pasi\u00ebnt soos jy te verloor nie? Ek dink jy en Jos se dinge het omtrent alleen vir my nuwe vleuelklavier betaal.\u201d<\/p>\n<p>Die lag het weer deur Arien geborrel.<\/p>\n<p>\u201cKom stap deur dat ek haar vir jou kan wys. Die mooiste Baby Grand. Ek noem haar Florence, ter nagedagtenis aan my ma wat my leer klavier speel het. Ma het altyd \u2019n Baby Grand begeer.\u201d Sy lang vingers het liefdevol oor die klavier gestreel en hy het voor die klawers ingeskuif.<\/p>\n<p>\u201cTerwyl jy my nog ryker maak daar op jou foon, sal ek vir jou \u2019n stukkie speel wat ek gisteraand gekomponeer het.\u201d<\/p>\n<p>Arien het weggesak in een van Gerhard se sagte leunstoele. Sy het haar o\u00eb toegemaak en haar oorgegee aan die sagte, strelende melodie wat gevoel het of dit in \u2019n ewige euforie aanhou. Sy moes aan die slaap geraak het, want toe sy wakker word, was dit reeds sterk skemer. \u2019n Kombers was om haar toegevou. Gerhard het aan die oorkant van die vertrek met sy rug na haar gesit en skryf by \u2019n antieke lessenaar. Naas die kantoorspelde is Gerhard een van de min mense wat sy ken wat nog met \u2019n vulpen skryf. Sy handskrif l\u00ea rustig en vloeiend na regs.<\/p>\n<p>\u201cWat skryf jy?\u201d<\/p>\n<p>\u201cO, is jy wakker? Genade, ek voel seergemaak dat my komposisie jou so verveel het dat jy aan die slaap geraak het. Ek skryf vir jou iets wat jy moet saamvat Kaap toe. Voorskrifte van moets en moenies. Ek is \u2019n beheervraat, onthou.\u201d<\/p>\n<p>Nog \u2019n laggie het uit haar maag geborrel.<\/p>\n<p>\u201cJos het die manne by die rugby gaan haal. Hy het ges\u00ea ek moet jou maar laat slaap. Jy het die rus nodig.\u201d<\/p>\n<p>Sy het diep uitgerus gevoel toe sy van Gerhard af wegry.<\/p>\n<p>Terwyl Arien in haar salon in die Paarl sit en tee drink, besef sy daardie middag in Gerhard se spreekkamer was vir haar \u2019n draaipunt.<\/p>\n<p>Voor sy gery het, het Gerhard haar een van sy spesiale drukkies gegee. Maar dit was anders. Sy kon voel hoe die lang man haar op haar hare soen.<\/p>\n<p>Hy het \u2019n pakkie in haar hande gestop.<\/p>\n<p>\u201cDis vir jou vir die Kaap. Maak dit eers oop as jy daar is.\u201d<\/p>\n<p>Nadat haar huis uitgepak is en elke skildery en ornament sy staanplekkie gekry het, het sy Gerhard se pakkie uitgehaal.<\/p>\n<p>Die handskrif wat so met selfvertroue regs l\u00ea, het haar \u2019n knop in die keel gegee.<\/p>\n<p>\u201cHierdie is jou oorlewingspak vir die Kaap. Laat die Earl Grey-tee goed trek. Onthou om eers die koppie met kookwater uit te spoel om dit warm te maak. Maak die melk ook effens warm. Gooi altyd eers die melk en dan die tee in. Ek stuur genoeg tee. En hier is my ma se teepot. Die blou viooltjies het my aan jou laat dink. Die pot is net so mooi en broos soos jy. Ek hoop die lewe behandel jou goed daar in die Kaap. Ek stuur ook \u2019n groot pak suiker saam. As die lewe druk, onthou die geheim is drie teelepels suiker. Ek sal jou oor \u2019n paar maande kom op<em>check<\/em>. Hou \u2019n trekseltjie tee vir as ek kom. Liefde, jou eks <em>shrink<\/em>.\u201d<\/p>\n<p>Arien kook die ketel weer. Elke keer as sy die ritueel gehoorsaam volg, laat dit haar glimlag en dink aan die liewe eksentrieke Gerhard en sy dingetjies. Dis asof Gerhard se towerkrag in elke koppie soet genesende tee is.<\/p>\n<p>Op haar teeskinkbord hou sy \u2019n trekseltjie Earl Grey. Vir wanneer Gerhard kom kuier.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die einde van Wipkar het aangebreek. Welkom by hoofstuk 20! Geskryf deur Martie Swanepoel. Foto Pixabay<\/p>\n","protected":false},"author":8,"featured_media":65029,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[43452,3476],"tags":[239,1518,4119,12985],"class_list":["post-73504","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-lees","category-ontspanning","tag-verhaal","tag-kortverhaal","tag-vervolgverhaal","tag-wipkar"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Wipkar FINAAL, hoofstuk 20 | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wipkar-finaal-hoofstuk-20\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Wipkar FINAAL, hoofstuk 20 | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die einde van Wipkar het aangebreek. Welkom by hoofstuk 20! Geskryf deur Martie Swanepoel. Foto Pixabay\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wipkar-finaal-hoofstuk-20\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2017-06-06T12:00:31+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/01\/Rooi-lippe-e1484912239144.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"813\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"604\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"13 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wipkar-finaal-hoofstuk-20\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wipkar-finaal-hoofstuk-20\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Michelle Nortje\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\"},\"headline\":\"Wipkar FINAAL, hoofstuk 20\",\"datePublished\":\"2017-06-06T12:00:31+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wipkar-finaal-hoofstuk-20\\\/\"},\"wordCount\":2690,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wipkar-finaal-hoofstuk-20\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/01\\\/Rooi-lippe-e1484912239144.jpg\",\"keywords\":[\"Verhaal\",\"kortverhaal\",\"vervolgverhaal\",\"wipkar\"],\"articleSection\":[\"Lees\",\"Ontspanning\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2017\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wipkar-finaal-hoofstuk-20\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wipkar-finaal-hoofstuk-20\\\/\",\"name\":\"Wipkar FINAAL, hoofstuk 20 | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wipkar-finaal-hoofstuk-20\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wipkar-finaal-hoofstuk-20\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/01\\\/Rooi-lippe-e1484912239144.jpg\",\"datePublished\":\"2017-06-06T12:00:31+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wipkar-finaal-hoofstuk-20\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wipkar-finaal-hoofstuk-20\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wipkar-finaal-hoofstuk-20\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/01\\\/Rooi-lippe-e1484912239144.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/01\\\/Rooi-lippe-e1484912239144.jpg\",\"width\":813,\"height\":604,\"caption\":\"Foto: Pixabay\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wipkar-finaal-hoofstuk-20\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Wipkar FINAAL, hoofstuk 20\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\",\"name\":\"Michelle Nortje\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Michelle Nortje\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Wipkar FINAAL, hoofstuk 20 | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wipkar-finaal-hoofstuk-20\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Wipkar FINAAL, hoofstuk 20 | rooi rose","og_description":"Die einde van Wipkar het aangebreek. Welkom by hoofstuk 20! Geskryf deur Martie Swanepoel. Foto Pixabay","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wipkar-finaal-hoofstuk-20\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2017-06-06T12:00:31+00:00","og_image":[{"width":813,"height":604,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/01\/Rooi-lippe-e1484912239144.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Michelle Nortje","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Michelle Nortje","Est. reading time":"13 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wipkar-finaal-hoofstuk-20\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wipkar-finaal-hoofstuk-20\/"},"author":{"name":"Michelle Nortje","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd"},"headline":"Wipkar FINAAL, hoofstuk 20","datePublished":"2017-06-06T12:00:31+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wipkar-finaal-hoofstuk-20\/"},"wordCount":2690,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wipkar-finaal-hoofstuk-20\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/01\/Rooi-lippe-e1484912239144.jpg","keywords":["Verhaal","kortverhaal","vervolgverhaal","wipkar"],"articleSection":["Lees","Ontspanning"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2017","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wipkar-finaal-hoofstuk-20\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wipkar-finaal-hoofstuk-20\/","name":"Wipkar FINAAL, hoofstuk 20 | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wipkar-finaal-hoofstuk-20\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wipkar-finaal-hoofstuk-20\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/01\/Rooi-lippe-e1484912239144.jpg","datePublished":"2017-06-06T12:00:31+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wipkar-finaal-hoofstuk-20\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wipkar-finaal-hoofstuk-20\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wipkar-finaal-hoofstuk-20\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/01\/Rooi-lippe-e1484912239144.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/01\/Rooi-lippe-e1484912239144.jpg","width":813,"height":604,"caption":"Foto: Pixabay"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wipkar-finaal-hoofstuk-20\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Wipkar FINAAL, hoofstuk 20"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd","name":"Michelle Nortje","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","caption":"Michelle Nortje"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/73504","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=73504"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/73504\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/65029"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=73504"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=73504"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=73504"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}