{"id":7331,"date":"2015-02-16T10:37:00","date_gmt":"2015-02-16T08:37:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-4\/"},"modified":"2018-04-23T16:22:34","modified_gmt":"2018-04-23T14:22:34","slug":"dans-met-die-rooirok-hoofstuk-4","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-4\/","title":{"rendered":"Dans met die rooirok: Hoofstuk 4"},"content":{"rendered":"<p><em><strong>Skattejag<\/strong><\/em><\/p>\n<p>Amelie is een van daardie nuuskierige mense wat sal grawe tot sy by die kern van \u2019n geheim uitkom. Sy het van die eerste dag wat sy Mon Abri gesien het, geweet sy gaan in die geskiedenis van die ou huis delf. Hoe meer sy van Amelia Marceaux en Phil Groenewald se moontlike verbintenis hoor, hoe nuuskieriger raak sy.<\/p>\n<p>Toe sy voor die trek \u2019n span werkers gebring het om die erf en huis min of meer skoon te kry, het sy doelbewus die groot stoorkamer gelos. Sy wou dit self oopmaak en uitpak. Hannes het ges\u00ea dit bevat net ou rommel wat die Franse vrou na haar dood agtergelaat het. Haar familie het glo nie eens navraag gedoen oor haar besittings nie, vertel hy. Die inhoud van haar huis het sy blykbaar aan die Rooms Katolieke kerkie in die township nagelaat. Sy was \u2019n lidmaat en volgens stories het die township-mense Amelia meer aanvaar as die dorpsmense. Volgens Hannes het die stoor deur die jare onaangeraak toegesluit gebly. Almal het aangeneem dit is vol rommel.<\/p>\n<p>Omdat die huis almal op die dorp rillings gee, het niemand dit nog gewaag om in die stoor te kom krap nie.<\/p>\n<p>Amelie was bly om dit te hoor en glo sy gaan van die vorige inwoner se geheime ontrafel as sy die geroeste slotte van die groot deure oopbreek.<\/p>\n<p>Gewapen met gereedskap waarmee mens \u2019n fort kan oopbreek, staan Amelie en die kinders die oggend vroeg voor die stoor. Die seuns stoei en werskaf byna \u2019n halfuur voor die ou slotte bes gee. Almal staan \u2019n paar tre\u00eb terug toe die dubbeldeure stadig en krakerig oopswaai. Vir die regte grillerige effek vlieg \u2019n paar vlermuise oor hulle koppe. Dik spinnerakke hang van die plafon. Die kratte en kiste wat tot teen die dak opgestapel staan, is bedek met jare se stof. Amelia Marceaux het skynbaar self die laaste jare voor haar dood nie in die stoor rondgekrap nie.<\/p>\n<p>Amelie staan en wonder of die goedere wat in die stoor weggepak is dalk deel vorm van Amelia se lewe wat sy letterlik wou wegpak en toesluit. Die stoor is aan die agterkant van die vergroeide tuin. Uit die oog.<\/p>\n<p>\u201cDis eintlik wonderlik dat almal nog te bang was om die stoor oop te maak. Dink net, ongeskonde vir soveel jaar en ons het die voorreg om dit oop te maak.\u201d<\/p>\n<p>Amelie stap stadig by die deur in. Sy voel vreemd genoeg sy moet respek toon vir Amelia se privaatheid.<\/p>\n<p>Die kinders kan nie wag om te begin krap nie. Dit voel vir hulle asof hulle in \u2019n tydkapsule instap.<\/p>\n<p>Die voorste kratte is vol boeke. Die meeste Frans en baie oor die honderd jaar oud. Volgens die inskrywings voorin kom dit uit Amelia se familie.<\/p>\n<p>Die kinders help die kratte na die huis uit dra. Daar heers \u2019n opgewondenheid en selfs Mia en Lolla gil nie meer as \u2019n verskrikte vlermuis of rot wegvlug nie. Almal glo daar skuil groot skatte onder die stof.<\/p>\n<p>\u2019n Paar stukke verweerde meubelstukke word uitgedra. Soos Amelia verwag het, begin die kinders stry oor wie wat gaan deps.<\/p>\n<p>Mia het wil haar kamer in die Franse plattelandse styl versier en sy eis dadelik \u2019n paar stukke op wat sy glo self gaan afskuur en opknap. Sy en Lolla het \u2019n tablet gaan haal om van die stukke te identifiseer want hulle glo vas dit moet waardevol wees.<\/p>\n<p>Die flenter stoel waarin Lolla potensiaal sien, se herkoms word op Google gesoek en Amelie moet beken dit lyk baie soos die voorbeeld. Lolla is daarvan oortuig dit is \u2019n okkerneurhoutstoel wat uit 1890 dateer. Die styl van die meeste stukke laat Amelie vermoed Amelia het haar meubels uit Frankryk saam met haar gebring.<\/p>\n<p>\u201cKyk, my stoel is $2,245 werd! Hoeveel rand is dit?\u201d Jil Lolla oor haar fonds.<\/p>\n<p>Mia bring haar terug aarde toe: \u201cJa, as joune gerestoureer is. En daardie prys is vir twee stoele in \u2019n goeie kondisie. Joune is byna vrot.\u201d<\/p>\n<p>Die meisies het nou geld geruik en help fluks om die volgende laag kratte uit te dra.<\/p>\n<p>Amelie en die kinders besluit saam dat hulle nie een enkele ding sal weggooi voor hulle nie op Google gekyk het of dit dalk nie iets werd is nie.<\/p>\n<p>Sy is dankbaar Renier is nie by die proses betrokke nie. Hy sou die hele spul net so na die rommelhoop laat aanry het. Hy is nie iemand vir sentiment of oudhede nie. Amelie moes tydens hul huwelik smeek voor sy oudhede kon aankoop. Renier hou van duursame, dog persoonlikheidslose stukke. Die dat Amelie hom laat begaan het om die beste stukke uit die huis na die egskeiding op te eis.<\/p>\n<p>Al is dit vrek warm en vermoeiend, taan die kinders se geesdrif vir die uitpakproses gelukkig nie. Hulle is te bang hulle mis iets.<\/p>\n<p>As dinge so aangaan, gaan die Groenewalds sukkel om haar en die kinders uit die huis te kry. Die kinders is nou net so gefassineerd met Amelia Marceaux en haar Mon Abri soos sy. Dit is vir hulle asof hulle in hul eie avontuurfliek is.<\/p>\n<p>Amelie se ingewande begin bewe van afwagting oor die verskeie kiste met ou dokumente. Dit sal beslis lig werp op die herkoms en lewe van die Franse vrou. Dit bevat dalk die inhoud van die boek wat reeds in haar kop begin vorm aanneem.<\/p>\n<p>Van die kiste is toegesluit met geroeste slotte en Amelie vermaan die seuns om die slotte versigtig oop te breek sodat die antieke hout nie beskadig nie.<\/p>\n<p>Die seuns se verbeelding hol met hulle weg. Hulle sien visioene van goud en diamante agter elke slot.<\/p>\n<p>Mia vrees weer die ergste.<\/p>\n<p>\u201cS\u00ea nou net dit is vol geraamtes en goed?\u201d<\/p>\n<p>Dit skrik Jos nie af nie.<\/p>\n<p>\u201cEk en Ugo sal die baasspeurders wees wat die geheime van Mon Abri so moorde ontrafel. Miskien vind ons ook skatte van miljoene rande en kom maak mense dokument\u00eare reeks oor ons.\u201d<\/p>\n<p>\u201cJa, cool, dan is ons beroemd en ryk,\u201d voeg Ugo by.<\/p>\n<p>Hoe dieper sy en die kinders in die stof begin grawe, hoe harder werk Amelie se brein aan die boek wat sy gaan skryf. Sy weet net nog nie of Mon Abri \u2019n romantiese verhaal of speurverhaal, of dalk beide, gaan oplewer nie.<\/p>\n<p>Sy brand om die ware Amelia se lewe uit die stukkies legkaart bymekaar te sit.<\/p>\n<p>Mia lees skynbaar haar gedagtes:<\/p>\n<p>\u201cEk wens ons kan \u2019n foto van haar opspoor. Hier moet iewers foto-albums wees.\u201d<\/p>\n<p>Dit lyk vir Amelie of hulle nooit die einde van die stoor se geheimenis gaan bereik nie. Na \u2019n paar uur het hulle nog net die voorste kratte en koste bereik.<\/p>\n<p>\u201cOns gaan nooit die plek in net een dag uitgepak kry nie! Ons beter van die kratte op die stoep begin dra voor dit re\u00ebn.\u201d<\/p>\n<p>Ugo en Jos vroetel met mening aan die slotte, maar kry niks oop nie. Die meisies spot dat hulle nie goeie speurders of skelms sal wees nie aangesien \u2019n paar ou slotte hulle baas is.<\/p>\n<p>Gelukkig gee die eerste slot uiteindelik mee. Almal staan by om die inhoud te bestudeer. Die eerste een is vol materiaal en ou rokpatrone.<\/p>\n<p>Amelie se maag maak \u2019n opgewonde draai. Die stoor is \u2019n antieke handelaar se droom. Ook \u2019n opgaarder se hemel, beken sy aan haarself want daar is omtrent nie \u2019n enkele item wat sy bereid is om weg te gooi nie. Renier het haar nooit toegelaat om op te gaar nie en sy is bevrees dat sy nou oorboord sal gaan.<\/p>\n<p>\u201cMa, ons kan seker nie alles hou nie! Ons gaan nie plek vir al die goed in die huis h\u00ea nie,\u201d maak Jos later beswaar. Seker Renier se DNA wat in haar kind skuil, besluit Amelie.<\/p>\n<p>\u201cOns sal dit alles uitsorteer en van die goed laat waardeer. Party goed kan ons dalk aan \u2019n museum skenk,\u201d kondig sy aan, maar sy weet in haar hart sy gaan bitter moeilik van enigiets ontslae raak. Dit sal vir haar ook nie reg voel om Amelia Marceaux se goed weg te gooi of weg te gee nie.<\/p>\n<p>\u201cEk wonder hoe sy voel as ons so deur haar goed krap.\u201d Met di\u00e9 woorde herinner Mia die ander daaraan dat die kratte en kiste eens \u2019n ander mens se private besittings was.<\/p>\n<p>\u201cHey manne, ek hoop nie sy word vir ons kwaad en kom besoek ons vanaand nie!\u201d Lolla spreek skynbaar van die ander se vrees uit en Jos gebruik die geleentheid om die ander nog banger te maak.<\/p>\n<p>\u201cWat sal gebeur as ons \u2019n geraamte onder al die goed kry? S\u00ea nou maar die vrou was regtig effe, mal of \u2019n reeksmoordenaar?\u201d<\/p>\n<p>Mia meen hulle moenie met disrespek van Amelia praat nie.<\/p>\n<p>\u201cNet ingeval sy hier iewers is en na ons luister,\u201d voeg sy by.<\/p>\n<p>\u201cEeuww, hoe kry ek \u2019n koue rilling!\u201d Lolla vou haar arms om haar skouers en gaan staan \u2019n rukkie buite.<\/p>\n<p>Nog \u2019n kis se deksel word oopgewikkel en die inhoud laat die meisie vergeet van die moontlikheid van Amelia se spook wat dalk iewers rondhang.<\/p>\n<p>Die kis is vol babaklere wat beslis uit vroeg die vorige eeu dateer. Dit lyk nie of dit ooit gebruik is nie. Party nog in oorspronklike verpakking. Fyn gebreide truitjies enskoentjies.\u00a0Geborduurde kappies en borslappe. Elke item sorgvuldig en apart in sypapier toegewikkel. Museumstukke.<\/p>\n<p>Amelie voel skielik vreemd hartseer. Wat sou Amelia met die kis vol babaklere gemaak het? Sy was glo nooit getroud nie? Sou sy eens \u2019n baba verwag het of gehoop het om eendag \u2019n kind te h\u00ea? Amelie voel aan dat daar \u2019n hartseer storie agter die kleertjies skuil.<\/p>\n<p>\u2019n Koue rilling streel teen Amelie se nek af. Sy dink eers sy verbeel haar, maar dan voel sy dit weer. Sy kyk na die kinders. Nie een van hulle kom dit agter nie. Dis \u2019n snikhete Desemberdag buite. Is dit dalk Amelia wat vir haar iets wil s\u00ea? Dan vermaan Amelie haarself om nie toe te gee aan spookgedagtes nie.<\/p>\n<p>Die kinders se gejuig met die oopmaak van nog \u2019n slot ruk haar terug na die werklikheid.<\/p>\n<p>\u201cFoto-albums! Dis <em>freeking cool<\/em>!\u201d Mia begin dadelik rondblaai. Al die albums kom uit Frankryk en bevat skynbaar foto\u2019s van die Marceaux-familie. \u201cKyk Ma, lyk my hulle was wynboere. Hier is baie foto\u2019s van wingerde. Kyk net die pragtige ou herehuise. Hulle was seker ryk.\u201d<\/p>\n<p>Dis vir Amelie hartseer dat daar sulke kosbare ou foto\u2019s van \u2019n Franse familie in stowwerige kiste in \u2019n klein Suid-Afrikaanse dorpie is. Dis net so hartseer dat niemand na die vrou se dood die herinneringe kom opeis het nie.<\/p>\n<p>\u201cDalk moet ons die familie probeer opspoor en vra of ons nie van die goed aan hulle kan stuur nie,\u201d stel sy voor.<\/p>\n<p>Jos keer.<\/p>\n<p>\u201cWag \u2019n bietjie. Hulle kan die foto\u2019s en briewe kry, maar ons verkoop die antieke goed. Finders Keepers.\u201d<\/p>\n<p>\u201cBriewe? Wie het briewe gesien?\u201d Amelie se radars as skrywer is dadelik uitgestrek.<\/p>\n<p>\u201cHier, Ma, \u2019n hele houtkissie vol van die goed.\u201d Jos kom sit langs sy ma want hy wil niks mis nie.<\/p>\n<p>Amelie se hande bewe as sy die vergeelde briewe uithaal. Sy vryf met haar hande oor die ou se\u00ebls.<\/p>\n<p>\u201cKyk net die datumstempels! Die meeste net na die Eerste W\u00eareldoorlog uit Frankryk gepos.&#8221;<\/p>\n<p>Amelie lei af dat Amelia na die oorlog op die dorp kom woon het. Die meeste briewe uit Frankryk kom van een mens. Dan is daar \u2019n aparte pakkie briewe wat met \u2019n syserp toegewikkel is. Dit is ook aan Amelia geadresseer, maar gerig aan \u2019n adres in Frankryk. Dit is tydens en net na die Eerste W\u00eareldoorlog gepos en die handskrif is spykeragtig en meer manlik as die van die ander briewe. Amelie brand om te sien van wie dit kom. Dit is dalk liefdesbriewe. Dalk bevat dit die storie hoekom sy as jong Franse meisie Suid-Afrika toe gekom het. S\u00ea nou net dit kom van Phil Groenewald?<\/p>\n<p>Amelie wil nie dadelik die briewe begin oopmaak nie. Sy weet nie hoekom nie, maar sy wil dit later doen as sy alleen is. Hierdie briewe moet van Amelia se privaatste dele van haar lewe omsluit en sy voel sy moet dit met respek lees.<\/p>\n<p>Sy voel weer die koue streling teen haar nek. Verbeel sy haar?<\/p>\n<p>\u201cMa! Maaaa!\u201d<\/p>\n<p>Mia se gille laat haar wip van die skrik.<\/p>\n<p>Dan gil die ander kinders saam.<\/p>\n<p>\u201cMa! Kom kyk! Dis <em>freeking scary<\/em>!\u201d Mia is byna histeries.<\/p>\n<p>Die kinders koek saam om \u2019n foto-album. Hulle is almal bleek van die skrik en kyk met wydgesperde o\u00eb na haar.<\/p>\n<p>\u201cMa, die ding <em>freek<\/em> my nou uit,\u201d hyg Mia.<\/p>\n<p>Terwyl sy opstaan om te gaan kyk wat die kinders so skok in die foto-albums, voel Amelie dit weer. Dis asof iemand liggies \u2019n yskoue asem in haar nek blaas.<\/p>\n<p>*<a id=\"75&amp;h=Verhale&quot;&quot;\" target=\"\"><\/a><strong>Lees die vorige hoofstukke hier<\/strong><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Skattejag Amelie is een van daardie nuuskierige mense wat sal grawe tot sy by die kern van \u2019n geheim uitkom. Sy het van die eerste dag wat sy Mon Abri gesien het, geweet sy gaan in die geskiedenis van die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":13386,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[43452],"tags":[1628,99,1518],"class_list":["post-7331","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-lees","tag-dans-met-die-rooirok","tag-verhale","tag-kortverhaal"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Dans met die rooirok: Hoofstuk 4 | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-4\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Dans met die rooirok: Hoofstuk 4 | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Skattejag Amelie is een van daardie nuuskierige mense wat sal grawe tot sy by die kern van \u2019n geheim uitkom. Sy het van die eerste dag wat sy Mon Abri gesien het, geweet sy gaan in die geskiedenis van die [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-4\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2015-02-16T08:37:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2018-04-23T14:22:34+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra2015216103722.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"640\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"613\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"11 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-4\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-4\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Dans met die rooirok: Hoofstuk 4\",\"datePublished\":\"2015-02-16T08:37:00+00:00\",\"dateModified\":\"2018-04-23T14:22:34+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-4\\\/\"},\"wordCount\":2147,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-4\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra2015216103722.jpg\",\"keywords\":[\"dans met die rooirok\",\"verhale\",\"kortverhaal\"],\"articleSection\":[\"Lees\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2015\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-4\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-4\\\/\",\"name\":\"Dans met die rooirok: Hoofstuk 4 | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-4\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-4\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra2015216103722.jpg\",\"datePublished\":\"2015-02-16T08:37:00+00:00\",\"dateModified\":\"2018-04-23T14:22:34+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-4\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-4\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-4\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra2015216103722.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra2015216103722.jpg\",\"width\":640,\"height\":613},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-4\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Dans met die rooirok: Hoofstuk 4\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Dans met die rooirok: Hoofstuk 4 | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-4\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Dans met die rooirok: Hoofstuk 4 | rooi rose","og_description":"Skattejag Amelie is een van daardie nuuskierige mense wat sal grawe tot sy by die kern van \u2019n geheim uitkom. Sy het van die eerste dag wat sy Mon Abri gesien het, geweet sy gaan in die geskiedenis van die [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-4\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2015-02-16T08:37:00+00:00","article_modified_time":"2018-04-23T14:22:34+00:00","og_image":[{"width":640,"height":613,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra2015216103722.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"11 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-4\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-4\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Dans met die rooirok: Hoofstuk 4","datePublished":"2015-02-16T08:37:00+00:00","dateModified":"2018-04-23T14:22:34+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-4\/"},"wordCount":2147,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-4\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra2015216103722.jpg","keywords":["dans met die rooirok","verhale","kortverhaal"],"articleSection":["Lees"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2015","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-4\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-4\/","name":"Dans met die rooirok: Hoofstuk 4 | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-4\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-4\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra2015216103722.jpg","datePublished":"2015-02-16T08:37:00+00:00","dateModified":"2018-04-23T14:22:34+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-4\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-4\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-4\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra2015216103722.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra2015216103722.jpg","width":640,"height":613},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-4\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Dans met die rooirok: Hoofstuk 4"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7331","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=7331"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7331\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/13386"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=7331"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=7331"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=7331"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}