{"id":72722,"date":"2017-05-25T15:14:24","date_gmt":"2017-05-25T13:14:24","guid":{"rendered":"http:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=72722"},"modified":"2017-05-25T15:14:24","modified_gmt":"2017-05-25T13:14:24","slug":"my-storie-die-daggahel-in-die-klas","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/my-storie-die-daggahel-in-die-klas\/","title":{"rendered":"My storie: die daggahel in die klas"},"content":{"rendered":"<p>Die polisievrou neem my hardhandig aan die elmboog en stoot my by die traliedeur in. My lyf begin ruk en ek gaan sit op die sementbankie in die koue vertrek.<\/p>\n<p>Dit voel of my lewe die afgelope 24 uur \u2019n verskriklike nagmerrie was waaruit ek hopelik netnou gaan wakker word.<\/p>\n<p>Gisteroggend was ek nog \u2019n gewone onderwyseres. Toe gebeur \u2019n verskriklike ding in my klas &#8230;<\/p>\n<p>Die periodes n\u00e1 tweede pouse was by die spesifieke skool altyd \u2019n nagmerrie. Dan kom \u2019n paar kinders \u201choog\u201d gerook klas toe en is daar nie sprake van orde nie.<\/p>\n<p>As nuweling by die skool het ek aanvanklik gedink ek kan nie die kinders beheer nie, maar n\u00e1 maande het ek besef die kern van die probleem kom n\u00e1 pouse saam met die soet reuk van dagga by my klas in.<\/p>\n<p>Die skoolhoof was bewus van die daaglikse daggarokery en ek het gevoel \u2019n gebrek aan terreindiens en beheer oor die dwelmprobleem maak my magteloos om my werk te doen.<\/p>\n<p>Die hoof het my probeer oortuig as onervare onderwyseres is die swak dissipline in my klasse eerder aan my onderrigmetodes te wyte. Ek was glo te kwaai en het die kinders te hard laat werk. Daarom, het hy gemeen, rebelleer leerders teen my klasse.<\/p>\n<p>Ervare onderwysers het graag vir ons nuwelinge vertel: \u201cJulle weet net nie hoe om ons skool se kinders te hanteer nie.\u201d Stories van vorige onderwysers \u201cwat dit nie kon vat nie\u201d is in die personeelkamer vertel.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><em>Nes ek, het ander nuwe onderwysers ook gou besef hierdie is nie die nirvana van die onderwysdepartement nie. Trane het dikwels gevloei en een het n\u00e1 drie maande bedank.<\/em><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>\u2019n Onderwyseres vars uit die universiteit het n\u00e1 een vakansie by die skool aangesluit. Sy het die vakansie haar klaskamer kom mooi maak vir haar nuwe loopbaan. Arme mens, het ek gedink. Binne weke het ek haar rukkend en histeries in die personeelkamer gekry. Verneder en ontnugter. Radeloos geteister deur wrede leerders.<\/p>\n<p>\u201cHulle probeer maar die intimidasie op al julle nuwes,\u201d moes ek dikwels hoor.<\/p>\n<p>Maar ervare onderwysers het oor dieselfde probleemkinders in die personeelkamer gekla. Die verskil was hulle het lankal nie meer teen die prikkels geskop nie, of was al gewoond daaraan om die moeilike kinders te hanteer.<\/p>\n<p>Baie van die skool se leerders kom uit ellendige agtergronde waar armoede, werkloosheid, drank- en dwelmmisbruik en geweld se\u00ebvier. Die voedingskema by die skool is vir baie ook die enigste kos vir die dag.<\/p>\n<p>Ek wou so graag help om die kinders se lewe te verbeter, soos om groentetuine aan te plant. Maar maande se ongenadige teistering in die klas en swak steun van die hoof het my vlam geblus.<\/p>\n<p>Daar was aanvanklik \u2019n dissiplineboek wat die kinders laat skrik het, maar die laaste ses maande van die jaar is dit nooit geteken nie. Die kinders het blitsvinnig agtergekom daar is geen detensie of straf meer nie.<\/p>\n<p>\u2019n Kind wat in my klas \u2019n daggazol aan \u2019n ander leerder oorhandig het, is nie eens aangespreek nie. Een wat \u2019n vraestel vol dagga- en satanistiese slagspreuke bekrap het en onbeantwoord vir my teruggegee het, is nie juis gedissiplineer nie, al was hy \u2019n berugte moeilikheidmaker. \u2019n Erkende daggaroker het gedreig hy gaan my nog *&amp;% en baie het my elke dag gevloek.<\/p>\n<p>Ek het verskeie kere probleemkinders kantoor toe geneem. In een geval het ek \u2019n seun se oorfone afgeneem en hy het dit hardhandig by my teruggegryp. Hy was al digby twintig en \u2019n fors jong man. Hy het my aan die voorarms gegryp en rondgeruk. Hy was n\u00e1 \u2019n paar dae terug in die klas en ek het weke met blou kolle rondgeloop.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><em>Van die kinders is te oud vir hul graad en ek het in sekere klasse van 14- tot 20-jariges gehad. My een leerling was al 22.<\/em><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>\u2019n Seun het een dag heeltyd die klas ontwrig en ek het hom \u2019n paar keer probeer uitjaag. N\u00e1 \u2019n gesukkel het hy vermakerig vorentoe gestap, sy gulp oopgerits en die orgaan uitgehaal. Ek het hom aan sy dik arm gegryp en kantoor toe gesleep. Daar het die skoolhoof gevind die \u201corgaan\u201d is \u2019n opgerolde bruin sykous.<\/p>\n<p>\u201cDie seuns maak hulle skoene daarmee skoon,\u201d het die hoof verduidelik asof ek oorreageer het. Hy het wel die seun se pa ingeroep, maar n\u00e1 \u2019n paar dae was die seun terug in my klas en het hy elke dag daarop aangedring om my met die hand te kom groet.<\/p>\n<p>Ek is \u2019n paar keer \u201cper ongeluk\u201d raakgestamp of geskop. Een keer het ek \u2019n paar meters oor my klaskamer se vloer geskuif nadat ek gepootjie is.<\/p>\n<p>Klasse het elke dag, elke periode, so verloop: Die leerders drentel laat die klas binne, jy sukkel vyf minute om hulle stil te kry, nog vyf om die boeke uit te kry en dan begin die magspel. Gewoonlik laat een \u2019n harde wind aan die een kant van die klas, dit word begroet met een aan die ander kant. Almal jil dan asof dit die eerste wind is wat hulle hoor. As jy hulle uiteindelik met moeite stil kry, begin die geluide. \u2019n Sagte ge-mmmmmm wat jy nie kan vaspen nie. Eers di\u00e9 kant van die klas, dan agter, dan voor. Kougom word binnensmonds geklap of sagte fluite en dieregeluide word soos golwe deur die klas gestuur.<\/p>\n<p>Hulle kyk presies hoe ver hulle jou kan dryf voor jy jou humeur verloor. En as jy ingee, wen hulle en is daar vir die res van die periode nie klas nie. Ek het selfs die ervare onderwysers hul humeure sien verloor. Een het die kinders in sy klas toegesluit en hulle het uit protes deur die vensters ge\u00fcrineer. Enkele van die ervarenes het lyfstraf toegedien, en ek het gesien hoe die skoolhoof seuns aan die tepel beetkry en dit draai.<\/p>\n<p>Ek het \u2019n paar kere erge oproerigheid in my klas gehad. Gevegte waarin bloed geloop of pruike gewaai het. Een pouse het ek uit desperaatheid die klasdeur gesluit en geweier dat hulle uitgaan voor hulle nie bedaar nie. Dit was \u2019n groot fout. Hulle het die banke en stoele omgegooi en opruiende liedjies begin dreunsing en my teen die deur vasgedruk en selfoonfoto\u2019s van my hulpeloosheid geneem.<\/p>\n<p>Hulle het die geveg gewen.<\/p>\n<p>Toe breek die noodlottige dag aan. Ek moes op \u2019n spesifieke tyd \u2019n oproep na \u2019n professor maak om my kind se voornemende universiteitsloopbaan te bespreek. Dit het in klastyd geval en ek kon nie die klas alleen los nie, want matrieks het in die aangrensende klasse toetse geskryf.<\/p>\n<p>Dit klink nou na\u00efef, maar ek was desperaat en het die klas mooi gevra om \u201cnet vir hierdie een dag\u201d vyf minute lank stil te wees. Die oomblik toe die professor my oproep beantwoord, het hel losgebars en het die kinders my openlik en gillend gekoggel. Ek het desperaat beduie hulle moet stil wees. Die pandemonium het erger geraak. Ek het die oproep onderbreek en was amptelik ver verby my perke gedryf.<\/p>\n<p>Toe neem ek my le\u00eb koffiebeker en mik vir die kennisgewingbord. Dit sal hulle hopelik tot bedaring bring, het ek gemeen.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><em>Ek sal die res van my lewe in stadige aksie sien hoe die seun op sy knie\u00eb sak en hoe dik, slymerige bloed uit die gat in sy kop stroom.<\/em><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Ek onthou flitse van hoe ek sy kop onder \u2019n kraan probeer afwas. Hoe ek gil dat iemand vir my lappe moet bring. Die oproerige beskuldigings van kinders dring steeds tot my deur. Daardie onmenslikheid waarmee almal staan en toekyk hoe ek sukkel.<\/p>\n<p>Ek onthou hoe ek bebloed in die personeelkamer sit en huil het; hoe die kind se pa my verseker hy verstaan die situasie en dat vier steke nie so erg is nie.<\/p>\n<p>My dokter moes my \u2019n kalmeerinspuiting gee en \u2019n bloedtoets doen omdat ek die bloeiende kind sonder chirurgiese handskoene gehelp het. Ek is met \u2019n pak antiretrovirale middels huis toe.<br \/>\nToe kom die ma se oproep: \u201cJy sal betaal vir wat jy gedoen het.\u201d<\/p>\n<p>Die skoolhoof het by my huis opgedaag met die raad: \u201cJy moet liewers bedank, want jy het nie \u2019n kans om hierdie saak te wen nie.\u201d (Later het ek gewonder of hy nie net bang was ek praat uit nie.)<br \/>\n\u2019n Onderwysvakbondraadgewer het vir my ges\u00ea die onderwyswet faal die onderwyser. As \u2019n kind jou tot die uiterste dryf, mag jy nie \u2019n vinger lig nie.<\/p>\n<p>Ek hoor die dreungeluid van singende gevangenes \u2019n ent weg. Die son skyn deur die tralievenster hoog teen die muur. In die ander hoek sit \u2019n vrou my nuuskierig en aankyk. N\u00e1 \u2019n ruk kom haar prokureur. Sy is deel van \u2019n bende wat 17 gewapende rooftogte gepleeg het. \u2019n Paar selle verder kap haar bendemaats teen hul seldeur en skree vir haar boodskappe.<\/p>\n<p>N\u00e1 \u2019n genadige stilte vra sy my skielik: \u201cSal jy vir my bid?\u201d<\/p>\n<p>Ek kyk na die skrefie son deur die tralies. God maak seker \u2019n grap?<\/p>\n<p>Sy kom sit langs my op die sementbankie. Haar o\u00eb is skielik baie naby aan myne. \u201cAsseblief \u2026 ek wil nie teruggaan tronk toe nie.\u201d<\/p>\n<p>In die smeking in haar blik sien ek Ernest, \u2019n 22-jarige \u201cseun\u201d by die skool wat ek onder my vlerk geneem het. Hy was al in die tronk omdat hy iemand met \u2019n mes gesteek het. Hy is in die tronk verkrag en daar is \u2019n hartjie op sy hand wat sy verkragters getatoe\u00eber het sodat hulle hom kan uitken as hy weer kom. \u201cEk wil nooit weer teruggaan nie. Ek sal verander,\u201d het hy belowe.<\/p>\n<p>Hy het elke dag voor in my klas gesit. Sy lang lyf eintlik te groot vir die skoolbank.<\/p>\n<p>Tot die dagga hom teruggewen het.<\/p>\n<p>Die vrou op die sementbankie vertel my hoe sy uit armoede begin steel het, swanger geraak, en in die bendelewe verval het.<\/p>\n<p>God, ek is nie lus om hierdie vrou se probleme aan te hoor nie. Ek wil nou net fokus op my eie ellende, kla ek in die koers van die sonkol. Tog voel ek my arms om haar vou en my lippe bid woorde wat ek nie ken nie.<\/p>\n<p>Met my volgende hofverskynings op die klag van aanranding met die doel om ernstig te beseer, het ek elke keer gewonder wat van haar geword het.<\/p>\n<p>Die mediese en regskoste het my bankrekening en senuwees al dunner geskaaf. My dokter het my vir \u2019n maand afgeboek en vol antidepressante en kalmeerpille gepomp.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><em>Die skoolhoof het my een middag gebel en gevra wat my plan is. Hy het my laat voel ek het iets gelykstaande aan \u2019n halsmisdaad gepleeg.<\/em><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Ek gaan nie bedank nie, het ek hom stilgemaak. Ek gaan terugbaklei. Hy het ysig stil geword toe ek hom aan die kern van die dissiplinekwessie, die dwelmprobleem, herinner. Ek het hom deeglik laat verstaan ek weet van sy tepelknypery en ander onderwysers se handigheid met die lat.<\/p>\n<p>Toe ek teruggaan skool toe was hy afsydig. Kollegas het oor die ervaring grappies gemaak. Kinders het my openlik verbaal aangeval oor die \u201cverskriklike daad teen \u2019n onskuldige kind\u201d.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><em>N\u00e1 al die trauma het die kind se ma die saak teen my teruggetrek. Maar ek was uitgemergel en het bedank en die onderwys verlaat.<\/em><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Onlangs het ek die laaste pakke boeke weggegooi. Ek was eens so trots daarop, want dit was bewyse dat ek \u2019n groep leer- en milieu-gestremde kinders met die minimum druipgevalle deur \u2019n nasionale eksamen gehelp het. My toewyding is nooit geprys nie. Ek het trouens gevoel ek is vir die wolwe gegooi.<\/p>\n<p>Al wat uiteindelik saak gemaak het, was die beker wat ek gegooi het.<\/p>\n<p>*<em>N\u00e1 my bedanking het die skool \u2019n program saam met die Suid-Afrikaanse Nasionale Raad vir Alkoholisme en Dwelmverslawing aangepak waarin die dwelmprobleem by die skool streng beheer word.<\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die polisievrou neem my hardhandig aan die elmboog en stoot my by die traliedeur in. My lyf begin ruk en ek gaan sit op die sementbankie in die koue vertrek. Dit voel of my lewe die afgelope 24 uur \u2019n [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":8,"featured_media":72726,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[674,662],"tags":[1204,2356,3318,4478,6596],"class_list":["post-72722","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-in-die-nuus","category-jou-lewe","tag-dagga","tag-dwelms","tag-jou-kind","tag-onderwys","tag-drank"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>My storie oor bedwelmde kinders: die daggahel in die klas<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Bedwelmde kinders het \u2019n onderwyseres \u2019n jaar lank geteister tot sy geknak het en \u2019n ongelukkige voorval haar loopbaan vernietig het. Lees haar verhaal hier\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/my-storie-die-daggahel-in-die-klas\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"My storie oor bedwelmde kinders: die daggahel in die klas\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Bedwelmde kinders het \u2019n onderwyseres \u2019n jaar lank geteister tot sy geknak het en \u2019n ongelukkige voorval haar loopbaan vernietig het. Lees haar verhaal hier\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/my-storie-die-daggahel-in-die-klas\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2017-05-25T13:14:24+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/Klaskamer.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1000\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"563\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"10 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/my-storie-die-daggahel-in-die-klas\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/my-storie-die-daggahel-in-die-klas\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Michelle Nortje\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\"},\"headline\":\"My storie: die daggahel in die klas\",\"datePublished\":\"2017-05-25T13:14:24+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/my-storie-die-daggahel-in-die-klas\\\/\"},\"wordCount\":1974,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/my-storie-die-daggahel-in-die-klas\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/05\\\/Klaskamer.jpg\",\"keywords\":[\"dagga\",\"dwelms\",\"jou kind\",\"onderwys\",\"drank\"],\"articleSection\":[\"In die nuus\",\"Jou lewe\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2017\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/my-storie-die-daggahel-in-die-klas\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/my-storie-die-daggahel-in-die-klas\\\/\",\"name\":\"My storie oor bedwelmde kinders: die daggahel in die klas\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/my-storie-die-daggahel-in-die-klas\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/my-storie-die-daggahel-in-die-klas\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/05\\\/Klaskamer.jpg\",\"datePublished\":\"2017-05-25T13:14:24+00:00\",\"description\":\"Bedwelmde kinders het \u2019n onderwyseres \u2019n jaar lank geteister tot sy geknak het en \u2019n ongelukkige voorval haar loopbaan vernietig het. Lees haar verhaal hier\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/my-storie-die-daggahel-in-die-klas\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/my-storie-die-daggahel-in-die-klas\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/my-storie-die-daggahel-in-die-klas\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/05\\\/Klaskamer.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/05\\\/Klaskamer.jpg\",\"width\":1000,\"height\":563,\"caption\":\"Foto: Pixabay\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/my-storie-die-daggahel-in-die-klas\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"My storie: die daggahel in die klas\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\",\"name\":\"Michelle Nortje\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Michelle Nortje\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"My storie oor bedwelmde kinders: die daggahel in die klas","description":"Bedwelmde kinders het \u2019n onderwyseres \u2019n jaar lank geteister tot sy geknak het en \u2019n ongelukkige voorval haar loopbaan vernietig het. Lees haar verhaal hier","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/my-storie-die-daggahel-in-die-klas\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"My storie oor bedwelmde kinders: die daggahel in die klas","og_description":"Bedwelmde kinders het \u2019n onderwyseres \u2019n jaar lank geteister tot sy geknak het en \u2019n ongelukkige voorval haar loopbaan vernietig het. Lees haar verhaal hier","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/my-storie-die-daggahel-in-die-klas\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2017-05-25T13:14:24+00:00","og_image":[{"width":1000,"height":563,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/Klaskamer.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Michelle Nortje","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Michelle Nortje","Est. reading time":"10 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/my-storie-die-daggahel-in-die-klas\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/my-storie-die-daggahel-in-die-klas\/"},"author":{"name":"Michelle Nortje","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd"},"headline":"My storie: die daggahel in die klas","datePublished":"2017-05-25T13:14:24+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/my-storie-die-daggahel-in-die-klas\/"},"wordCount":1974,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/my-storie-die-daggahel-in-die-klas\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/Klaskamer.jpg","keywords":["dagga","dwelms","jou kind","onderwys","drank"],"articleSection":["In die nuus","Jou lewe"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2017","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/my-storie-die-daggahel-in-die-klas\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/my-storie-die-daggahel-in-die-klas\/","name":"My storie oor bedwelmde kinders: die daggahel in die klas","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/my-storie-die-daggahel-in-die-klas\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/my-storie-die-daggahel-in-die-klas\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/Klaskamer.jpg","datePublished":"2017-05-25T13:14:24+00:00","description":"Bedwelmde kinders het \u2019n onderwyseres \u2019n jaar lank geteister tot sy geknak het en \u2019n ongelukkige voorval haar loopbaan vernietig het. Lees haar verhaal hier","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/my-storie-die-daggahel-in-die-klas\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/my-storie-die-daggahel-in-die-klas\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/my-storie-die-daggahel-in-die-klas\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/Klaskamer.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/Klaskamer.jpg","width":1000,"height":563,"caption":"Foto: Pixabay"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/my-storie-die-daggahel-in-die-klas\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"My storie: die daggahel in die klas"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd","name":"Michelle Nortje","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","caption":"Michelle Nortje"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/72722","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=72722"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/72722\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/72726"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=72722"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=72722"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=72722"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}