{"id":7260,"date":"2015-04-13T00:00:00","date_gmt":"2015-04-12T22:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/skep-so-geluk\/"},"modified":"2017-09-04T14:47:59","modified_gmt":"2017-09-04T12:47:59","slug":"skep-so-geluk","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/skep-so-geluk\/","title":{"rendered":"Skep s\u00f3 geluk"},"content":{"rendered":"<p>Sy manier om grense oor te steek, word in\u00a0sy leefwyse weerspie\u00ebl. As internasionale spreker\u00a0is John 300 dae van die jaar op reis. Gaan\u00a0hy wel \u201chuis toe\u201d, is dit na \u2019n wooneenheid op\u00a0\u2019n luukse skip, The World, wat die mooiste\u00a0hawens op aarde aandoen.<\/p>\n<p>Dit lyk of alles wat di\u00e9 eertydse chiropraktisyn\u00a0aanpak \u2019n sukses is. Sy eerste praktyk het\u00a0binne vier jaar tot vyf keer die oorspronlike\u00a0grootte gegroei, en John het so \u2019n welvarende\u00a0sakeman geword dat hy ook as sakekonsultant\u00a0werk. Sy boeke oor persoonlike groei is topverkopers\u00a0en sy innerlike helingsproses, The\u00a0Breakthrough Experience\u2122, verander w\u00eareldwyd\u00a0duisende mense se lewe. John se multinasionale\u00a0persoonlike en professionele ontwikkelingsmaatskappy\u00a0bestaan onder meer uit \u2019n\u00a0navorsingsafdeling en die Concourse of Wisdom\u00a0School of Philosophy and Healing, waar\u00a0studente gewone of afstandsonderrig kan kry.<\/p>\n<p>Eintlik klink dit net te goed om waar te\u00a0wees. Is John met \u2019n goue lepel in die mond\u00a0gebore?<\/p>\n<p>Glad nie. Om te kom waar hy vandag is,\u00a0moes hy te\u00ebspoed en struikelblokke oorwin. Dis\u00a0dalk juis sy eerstehandse ervaring van swaarkry\u00a0wat hom so \u2019n geloofwaardige leermeester\u00a0maak.<\/p>\n<p>John is gebore met \u2019n hand en \u2019n voet wat\u00a0binnetoe gedraai was. Van kleins af moes hy\u00a0stutte dra. Die dokters het gemeen hy sou nooit\u00a0vinnig kon beweeg nie, maar deur suiwer wilskrag\u00a0het hy homself leer hardloop. Op sewe het\u00a0die volgende komplikasie kop uitgesteek: \u2019n\u00a0leerprobleem. Sy onderwyseres het in sy teenwoordigheid\u00a0vir sy ouers ges\u00ea hy sou nooit\u00a0behoorlik kon lees, skryf of kommunikeer nie.\u00a0Hy sou maar op sport moes konsentreer.<\/p>\n<p>\u201cMet die hulp van \u2019n slimkop-meisiemaat\u00a0het ek my laerskooleksamens geslaag,\u201d vertel\u00a0John. \u201cEk het haar oor elke stuk leeswerk uitgevra\u00a0en onthou wat sy ges\u00ea het. Maar toe verhuis\u00a0ons gesin van Houston na Richmond. In\u00a0Houston was ek \u2019n goeie atleet. In Richmond\u00a0was ek \u2019n slaansak vir boelies. Akademies kon\u00a0ek ook nie vorder nie, en uiteindelik het ek my\u00a0ouers gevra of ek skool kon los en Kaliforni\u00eb toe\u00a0kon ryloop om \u2019n branderplankryer te word.\u00a0Hulle het gesien hoe die wind waai en ingestem.\u00a0Ek was veertien jaar oud.\u201d<\/p>\n<p>\u2019n Paar jaar lank het John die reusebranders\u00a0van Kaliforni\u00eb en Hawaii gery, in \u2019n tent\u00a0gewoon en \u201calles wat laag genoeg aan die\u00a0tropiese bome gegroei het, ge\u00ebet.\u201d Onwetend\u00a0het hy die saad van \u2019n giftige plant ingekry.\u00a0Strignien het in sy liggaam opgebou en hom so\u00a0siek gemaak dat hy uiteindelik vier dae lank\u00a0bewusteloos in sy tent gel\u00ea het.<\/p>\n<p>\u2019n Vrou wat daar naby in die woud gewoon\u00a0het, het op hom afgekom en hom versorg. Toe\u00a0hy sterk genoeg was, het sy hom na die naaste\u00a0gesondheidswinkel geneem. Daar het hy \u2019n\u00a0plakkaat gesien wat sy lewe sou verander: \u2019n\u00a0advertensie vir \u2019n praatjie deur dr. Paul Bragg, \u2019n\u00a0naturopaat wat \u2019n revolusion\u00eare invloed op die\u00a0Amerikaanse gesondheidswese gehad het.<\/p>\n<p>Dr. Bragg het \u2019n onuitwisbare indruk op die\u00a0sewentienjarige John gemaak. Aan die einde\u00a0van sy praatjie het hy almal wat daar was in \u2019n\u00a0meditasie gelei sodat hulle hul lewensroeping\u00a0kon ontdek. In di\u00e9 geestestoestand het John sy\u00a0droom ge\u00ebien: hy wou die kosmiese wette (universal\u00a0laws) bestudeer, veral met betrekking tot\u00a0gesondheid en menslike bewussyn. Hy wou\u00a0reis om hierdie kennis aan ander oor te dra, en\u00a0mense genees. \u201cTeen die einde van die meditasie\u00a0was ek in trane. Ek het geweet: ek sou \u2019n\u00a0filosoof, leermeester en geneser word.\u201d<\/p>\n<p>Gou het hy besef watter hindernisse tussen\u00a0hom en sy lewensideaal l\u00ea. \u201cMy drome het ver\u00a0buite die bereik gelyk van \u2019n brandarm surfer\u00a0wat pas by die dood omgedraai en met ernstige\u00a0leerprobleme pleks van \u2019n matrieksertifikaat\u00a0gesit het.\u201d<\/p>\n<p>Hy het die moed bymekaargeskraap om dr.\u00a0Bragg om raad te vra. Die oplossing, het dr.\u00a0Bragg ges\u00ea, was dat John elke dag van die res\u00a0van sy lewe met oortuiging moes s\u00ea: \u201cI am a\u00a0genius and I apply my wisdom.\u201d As jy dit kan\u00a0\u201csien\u201d, kan jy dit word, het hy John verseker.<\/p>\n<p>Die uiteinde was dat John op agttien huis\u00a0toe is en met die hulp van woordeboeke en\u00a0ensiklopedie\u00eb leer lees het. Hy het sy ho\u00ebrskoolekwivalenttoets\u00a0geslaag en formeel \u00e9n op\u00a0sy eie begin studeer. \u201cEk het byna niks anders\u00a0gedoen as gelees nie &#8211; soms tot agttien of\u00a0twintig uur per dag. My ma se broer, \u2019n universiteitsdosent,\u00a0het kratte boeke by ons huis laat\u00a0aflewer.\u00a0Kosmologie het my belangstelling in\u00a0astronomie geprikkel, wat weer tot fisika, metafisika,\u00a0teologie, mitologie, antropologie en ander\u00a0gebiede gelei het. Nuwe w\u00earelde het vir my\u00a0oopgegaan.\u201d<\/p>\n<p>Hy het \u2019n formidabele leesspoed ontwikkel. Sy rekord staan op 11 000 bladsye per\u00a0dag. \u201cDaardie dag het ek halfdrie die oggend\u00a0begin lees, en tot middernag deurgedruk.\u201d Hy\u00a0lees steeds minstens drie uur per dag. Gesels jy\u00a0met hom, besef jy dis parate kennis di\u00e9. Raak\u00a0net aan \u2019n onderwerp, en hy kom met interessante\u00a0feite vorendag.<\/p>\n<p>N\u00e1 hy sy B.Sc.-graad voltooi het, is hy as\u00a0chiropraktisyn opgelei. Hy het die spreekkamer\u00a0mettertyd vir die verhoog verruil en sy droom\u00a0om dit met w\u00eareldbekende leermeesters soos\u00a0dr. Wayne Dyer en Deepak Chopra te deel, verwesenlik.<\/p>\n<p>John is daartoe verbind om ander te inspireer\u00a0om hul eie potensiaal raak te sien, hul\u00a0lewensdoel te ontdek, hul harte oop te maak en\u00a0\u2019n lewe te skep wat hul stoutste verwagtinge\u00a0oortref. Hy verstaan nie net die kuns om mense\u00a0tot groot hoogtes aan te spoor nie, maar staan\u00a0reg met planne en praktiese oefeninge vir elke\u00a0aspek en fase van die groeiproses. Omdat hy\u00a0glo dat die hart, siel en kop saam baie meer as\u00a0elkeen afsonderlik kan vermag, fokus hy op\u00a0spirituele waarhede wat deur wetenskaplike\u00a0navorsing gerugsteun en in die alledaagse lewe\u00a0toegepas kan word.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Vir almal beskore<\/h4>\n<p>John is vas oortuig dat elkeen \u2019n uitsonderlike\u00a0lewe kan h\u00ea en vir ander tot se\u00ebn kan wees. \u201c\u2019n\u00a0Betekenislose lewe of \u2019n waardelose mens bestaan\u00a0eenvoudig nie. Daar is net mense wat\u00a0nog salig onbewus is van hul innerlike roepstem.<\/p>\n<p>In elkeen van ons is iets onsterfliks wat\u00a0ons wil opwek en lei om ons lewensdoel uit te\u00a0leef. \u2019n Genius is iemand wat na di\u00e9 binnestem\u00a0luister.\u201d<\/p>\n<p>Alles goed en wel, maar waar begin jy om\u00a0jou droomlewe te skep? Die kort antwoord is:\u00a0omskep jou gedagtes, en die transformasie van\u00a0jou gevoelens en jou lewe volg vanself.<\/p>\n<p>John verkondig nie sogenaamde positiewe\u00a0denke nie. \u201cOm altyd op die positiewe te wil\u00a0fokus, is onrealisties. Daardeur ontken jy \u2019n\u00a0groot deel van die werklikheid.\u201d<\/p>\n<p>Hy wil juis h\u00ea ons moet alle kante van die\u00a0werklikheid raaksien. Dis moeiliker as wat dit\u00a0lyk! Toets jouself aan die volgende stellings:<\/p>\n<p>*Eintlik behoort ek altyd gelukkig te voel.<br \/>\n*Hartseer hoort nie in my lewe nie.<br \/>\n*Ek behoort heeltyd geprys te word; kritiek\u00a0is die laaste ding wat ek nodig het.<\/p>\n<p>As jy jou met di\u00e9 strewes kan vereenselwig,\u00a0is jy seker maar soos die meeste van ons. En\u00a0tog &#8211; wie se lewe lyk so?<\/p>\n<p>\u201cElkeen van ons ervaar geluk \u00e9n hartseer,\u00a0lof \u00e9n kritiek. As jy net die \u2018goeie\u2019 verwag, kan jy\u00a0teleurstelling, \u2019n gevoel van mislukking en selfs\u00a0depressie te wagte wees. Ek glo die oorsaak\u00a0van \u2019n gebroke hart is \u2019n fantasie wat aan skerwe\u00a0gespat het: iemand het eensydige\u00a0verwagtings van \u2019n geliefde gehad, en is toe\u00a0met sy of haar ander kant gekonfronteer.\u201d<\/p>\n<p>John vergelyk dit met \u2019n hoefystermagneet.<\/p>\n<p>\u201cDit het twee pole. Al sny jy dit tien keer in die\u00a0helfte, gaan daar nooit n\u00e9t \u2019n positiewe pool\u00a0wees nie. Dit geld ook mense, en dis wys om\u00a0jou verwagtings in di\u00e9 lig te ondersoek.\u201d<\/p>\n<p>Depressie, s\u00ea John, ontstaan dikwels wanneer iemand iets onrealisties wil h\u00ea of wees.<\/p>\n<p>\u201cHulle blameer hulself of ander omdat hulle nie\u00a0die onmoontlike kan regkry nie! \u2019n Doeltreffender\u00a0benadering is om te aanvaar dat die werklikheid\u00a0twee kante het, en \u2019n bewuste besluit te\u00a0neem om albei kante te omhels. Om vervuld te\u00a0leef, het jy die positiewe \u00e9n die negatiewe,\u00a0steun \u00e9n uitdagings, samewerking sowel as\u00a0konflik nodig.<\/p>\n<p>Jy het ook \u2018goeie\u2019 en \u2018minder goeie\u2019 eienskappe.\u00a0Jy is gaaf \u00e9n goor, vol hoop \u00e9n moedeloos,\u00a0begrypend \u00e9n ongeduldig. Dis normaal.<\/p>\n<p>Dit maak jou mens en dit laat jou groei.\u201d\u00a0Hierdie gedagtegang is vir baie van ons\u00a0vreemd. Ons is geleer om op die uitkyk te wees\u00a0vir die negatiewe in ons en dit met hand en tand\u00a0te beveg; s\u00f3 sou ons beter, liefdevoller mense\u00a0word.<\/p>\n<p>John verras sy lesers deur in sy boeke te\u00a0wys hoe algehele aanvaarding van die werklikheid\u00a0&#8211; presies nes dit is &#8211; tot innerlike vrede en\u00a0deurleefde liefde vir jouself en ander kan lei.<\/p>\n<p>Onder die oppervlak van die realiteit sien hy \u2019n\u00a0volmaakte orde of divine order raak. Hy verduidelik\u00a0dit teen die agtergrond van die kwantumfisika,\u00a0maar dis ongelukkig te breedvoerig\u00a0om in \u2019n kort tydskrifartikel weer te gee.<\/p>\n<p>\u201cWanneer iemand tegelykertyd \u2019n positiewe\u00a0en \u2019n ewe sterk negatiewe emosie ervaar, soos\u00a0ekstase en intense emosionele pyn, kanselleer\u00a0hulle mekaar uit om geboorte te gee aan \u2019n\u00a0gevoel van omvattende liefde en lig,\u201d s\u00ea John.<\/p>\n<p>Wanneer ervaar ons gelyktydig \u2019n positiewe en\u00a0\u2019n negatiewe emosie? \u201cIn elke situasie,\u201d antwoord\u00a0hy.<\/p>\n<p>In The Breakthrough Experience verduidelik\u00a0hy hoe die onsigbare volmaakte orde sorg dat\u00a0ons \u00e1ltyd \u2019n positiewe saam met \u2019n negatiewe\u00a0ervaring kry om ons in \u2019n hartstoestand van\u00a0volkome balans te bring. Maar ons saboteer\u00a0gewoonlik die proses.\u00a0Skeefgetrekte verwagtings\u00a0laat ons teen een van die emosies vaskyk,\u00a0en ons mis die kans om albei emosies raak te\u00a0sien en in \u2019n dieptetoestand van ware liefde te\u00a0integreer. Hierdie soort liefde is meer as \u2019n positiewe\u00a0gevoel. \u201cDis \u2019n grootse belewenis wat\u00a0moeilik in woorde uitgedruk word, maar altyd\u00a0trane van dankbaarheid bring.\u201d<\/p>\n<p>\u2019n Eenvoudige voorbeeld van hoe positiewe\u00a0en negatiewe emosies in pare kom, is di\u00e9\u00a0van \u2019n pa wat met \u2019n kind raas terwyl die ma die\u00a0kind jammer kry. Die klein stouterd word terselfdertyd\u00a0uitgedaag en gesteun.<\/p>\n<p>Hierdie verstommende balans kenmerk\u00a0ook ingrypende gebeure soos ongelukke en\u00a0verkragtings. John se innerlike helingsproses,\u00a0The Breakthrough Experience, is onder meer\u00a0ontwerp om \u201cslagoffers\u201d te help om die gawe of\u00a0bedekte se\u00ebn in traumatiese gebeure te kry. Dit\u00a0kan aanvanklik wreed klink, maar die talle\u00a0gevallestudies in The Breakthrough Experience\u00a0wys hoe pynlike ervarings mense eintlik bevoordeel\u00a0het deur hulle onafhanklik te maak of\u00a0hulle \u2019n hartsbegeerte te gee om ander te help.<\/p>\n<p>N\u00e1 so \u2019n helingsproses sien mense hulle nie\u00a0meer as slagoffers nie, maar as gese\u00ebndes.<\/p>\n<p>Hulle vergewe altyd die een wat hulle te na\u00a0gekom het, selfs n\u00e1 jare van haatdraendheid.<\/p>\n<p>Dikwels verdwyn hul fisieke kwale spontaan,\u00a0maar John benadruk dat hy dit nie waarborg\u00a0nie. Die belangrikste is om mense met die goddelike\u00a0gawe van hul innerlike lig en liefde te\u00a0herenig.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Nog baie meer<\/h4>\n<p>The Breakthrough Experience is nie die enigste\u00a0aspek van John se werk nie. In sy boek How to\u00a0make one hell of a profit and still get to heaven\u00a0wys hy hoe jy finansi\u00eble en ander vorme van\u00a0oorvloed in jou lewe kan skep. Die parmantige\u00a0titel het niks met die algemene siening van die\u00a0hiernamaals te doen nie. \u201cHemel\u201d dui op \u2019n\u00a0hartstoestand van waardering, vervulling en die\u00a0vermo\u00eb om die hier en nou te beleef &#8211; pleks van\u00a0toekomsvrees of spyt oor die verlede.<\/p>\n<p>\u201cDankbaarheid vir die se\u00ebninge van die lewe\u00a0kweek die diep wete dat jy saak maak, dat jy\u00a0\u2018hoort\u2019, en dat jy \u2019n betekenisvolle roeping het\u00a0om te vervul,\u201d skryf John.<\/p>\n<p>Nes in sy ander boeke is daar tientalle\u00a0opdragte en oefeninge wat jou die werklikheid\u00a0anders laat sien en gevolglik jou gevoelslewe en\u00a0optrede laat verander. Dink en doen jy nuut, kry\u00a0jy nuwe uitkomste &#8211; ook finansieel.<\/p>\n<p>In You Can Have an Amazing Life in Just 60\u00a0Days beskryf John sestig kosmiese wette wat\u00a0jou lewe op geestelike, verstandelike, fisieke,\u00a0professionele, finansi\u00eble, sosiale en gesinsgebied\u00a0kan verryk of selfs kan omkeer. Di\u00e9 wette\u00a0is algemeengeldende re\u00ebls wat hy te\u00ebgekom\u00a0het op al die studievelde waar hy dit gewaag\u00a0het. Hy wys onder meer hoe jy \u2019n meesterplan\u00a0vir jou lewe kan skep en dit stap vir stap werklikheid\u00a0kan maak.<\/p>\n<p>Om dr. John Demartini en sy impak op die\u00a0w\u00eareld in \u2019n paar bladsye saam te vat, is nie so\u00a0maklik nie. Jy moet hom eintlik op die verhoog\u00a0sien of sy boeke lees. Sy diep waardering vir\u00a0elke mens, hoogaangeskrewe of onbekend, kom\u00a0die duidelikste in \u2019n persoonlike gesprek na vore.<\/p>\n<p>John ken die soet \u00e9n die suur. In Desember\u00a0is sy vrou aan borskanker oorlede. Sy drie kinders\u00a0sien hy min. Maar hy leef met passievolle\u00a0oorgawe, raak maklik aangedaan en deel graag\u00a0sy gawes met ander: veral die vermo\u00eb om die\u00a0werklikheid te s\u00ed\u00e9n.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Speurtog<\/h4>\n<p>Maak nie saak wat jy doen nie; jy word\u00a0deurentyd gesteun \u00e9n uitgedaag, s\u00ea dr.\u00a0John Demartini. Jy moet net die vermo\u00eb\u00a0ontwikkel om dit raak te sien.<\/p>\n<p>\u0001Wanneer iemand jou afbreek, moet jy\u00a0aanhou kyk tot jy sien waar jy terselfdertyd\u00a0opgebou word. Die persoon wat die\u00a0teenpool verskaf, kan manlik of vroulik\u00a0wees, by jou of elders, een mens of\u00a0meer, werklik of \u201cvirtueel\u201d. Een vrou met\u00a0wie John gewerk het, het tydens \u2019n traumatiese\u00a0gebeurtenis die teenwoordigheid\u00a0van engele ervaar.<br \/>\n\u0001<br \/>\nDie tweede ontdekking wat jy kan\u00a0maak, is dat niks ooit in jou lewe ontbreek\u00a0nie &#8211; dit kom net in \u2019n vorm wat jy\u00a0nie herken nie. As dit jou byvoorbeeld\u00a0hinder dat jou man selde jou hand\u00a0vashou of jou \u2019n drukkie gee, moet jy\u00a0kyk waar jy reeds daardie warmte kry.<\/p>\n<p>Hou jou kind of \u2019n vriendin jou gereeld\u00a0vas? Eien die vorm wat die vervulling\u00a0aanneem en wees in liefde dankbaar\u00a0daarvoor. Onvoorwaardelike liefde\u00a0omvorm situasies. Moenie verbaas wees\u00a0as jou man binnekort terloops aan jou\u00a0begin raak nie!\u201d<\/p>\n<p>Meer inligting, onder meer oor The\u00a0Breakthrough Experience en ander werkwinkels\u00a0wat dr. Demartini in Suid-Afrika\u00a0aanbied, by\u00a0<a href=\"http:\/\/www.drdemartini.com\" target=\"_blank\">www.drdemartini.com<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Sy manier om grense oor te steek, word in\u00a0sy leefwyse weerspie\u00ebl. As internasionale spreker\u00a0is John 300 dae van die jaar op reis. Gaan\u00a0hy wel \u201chuis toe\u201d, is dit na \u2019n wooneenheid op\u00a0\u2019n luukse skip, The World, wat die mooiste\u00a0hawens op [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":13161,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[680],"tags":[24,1773,1774,5093,5097,27962,29127,31533,31711],"class_list":["post-7260","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-sukses-en-geld","tag-sukses","tag-geluk","tag-begroting","tag-teenveroudering","tag-anti-aging","tag-work","tag-money","tag-career","tag-private-finance"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Skep s\u00f3 geluk | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/skep-so-geluk\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Skep s\u00f3 geluk | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Sy manier om grense oor te steek, word in\u00a0sy leefwyse weerspie\u00ebl. As internasionale spreker\u00a0is John 300 dae van die jaar op reis. Gaan\u00a0hy wel \u201chuis toe\u201d, is dit na \u2019n wooneenheid op\u00a0\u2019n luukse skip, The World, wat die mooiste\u00a0hawens op [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/skep-so-geluk\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2015-04-12T22:00:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2017-09-04T12:47:59+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201535151229.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"640\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"426\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"12 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/skep-so-geluk\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/skep-so-geluk\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Skep s\u00f3 geluk\",\"datePublished\":\"2015-04-12T22:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2017-09-04T12:47:59+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/skep-so-geluk\\\/\"},\"wordCount\":2345,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/skep-so-geluk\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra201535151229.jpg\",\"keywords\":[\"sukses\",\"geluk\",\"begroting\",\"teenveroudering\",\"anti aging\",\"work\",\"money\",\"career\",\"private finance\"],\"articleSection\":[\"Sukses en geld\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2015\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/skep-so-geluk\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/skep-so-geluk\\\/\",\"name\":\"Skep s\u00f3 geluk | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/skep-so-geluk\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/skep-so-geluk\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra201535151229.jpg\",\"datePublished\":\"2015-04-12T22:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2017-09-04T12:47:59+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/skep-so-geluk\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/skep-so-geluk\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/skep-so-geluk\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra201535151229.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra201535151229.jpg\",\"width\":640,\"height\":426},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/skep-so-geluk\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Skep s\u00f3 geluk\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Skep s\u00f3 geluk | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/skep-so-geluk\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Skep s\u00f3 geluk | rooi rose","og_description":"Sy manier om grense oor te steek, word in\u00a0sy leefwyse weerspie\u00ebl. As internasionale spreker\u00a0is John 300 dae van die jaar op reis. Gaan\u00a0hy wel \u201chuis toe\u201d, is dit na \u2019n wooneenheid op\u00a0\u2019n luukse skip, The World, wat die mooiste\u00a0hawens op [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/skep-so-geluk\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2015-04-12T22:00:00+00:00","article_modified_time":"2017-09-04T12:47:59+00:00","og_image":[{"width":640,"height":426,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201535151229.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"12 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/skep-so-geluk\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/skep-so-geluk\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Skep s\u00f3 geluk","datePublished":"2015-04-12T22:00:00+00:00","dateModified":"2017-09-04T12:47:59+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/skep-so-geluk\/"},"wordCount":2345,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/skep-so-geluk\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201535151229.jpg","keywords":["sukses","geluk","begroting","teenveroudering","anti aging","work","money","career","private finance"],"articleSection":["Sukses en geld"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2015","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/skep-so-geluk\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/skep-so-geluk\/","name":"Skep s\u00f3 geluk | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/skep-so-geluk\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/skep-so-geluk\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201535151229.jpg","datePublished":"2015-04-12T22:00:00+00:00","dateModified":"2017-09-04T12:47:59+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/skep-so-geluk\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/skep-so-geluk\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/skep-so-geluk\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201535151229.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201535151229.jpg","width":640,"height":426},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/skep-so-geluk\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Skep s\u00f3 geluk"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7260","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=7260"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7260\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/13161"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=7260"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=7260"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=7260"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}