{"id":72469,"date":"2017-05-24T13:00:49","date_gmt":"2017-05-24T11:00:49","guid":{"rendered":"http:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=72469"},"modified":"2017-07-13T12:57:51","modified_gmt":"2017-07-13T10:57:51","slug":"oudbrigadier-piet-byleveld-sterf","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/oudbrigadier-piet-byleveld-sterf\/","title":{"rendered":"Oudbrigadier Piet Byleveld sterf"},"content":{"rendered":"<p>Oudbrigadier Piet Byleveld is op Woensdag, 24 Mei 2017 oorlede nadat kanker in Maart by hom gediagnoseer is.<\/p>\n<p>Ons het in 2010 \u2019n in-diepte onderhoud met Piet gevoer nadat hy afgetree het. Lees die hartroerende artikel hier:<\/p>\n<p>*Hierdie artikel het in die Oktober 2010-uitgawe van <em>rooi rose<\/em> verskyn.<\/p>\n<p>Die dag n\u00e1 sy aftrede het \u2019n konstabel oudbrigadier <strong>Piet Byleveld<\/strong> van die pad getrek omdat sy motor nie \u2019n agterste nommerplaat gehad het nie. Soos gewoonlik swaai hy toe net sy polisiekaart rond. \u201cHey,\u201d trek die konstabel los, \u201cI know you retired yesterday, that\u2019s not going to work.\u201d<\/p>\n<p>\u201cEn net toe hy my uiteindelik verskoon, vra hy vir my of ek my veiligheidsgordel dra. Toe s\u00ea ek ek het asma &#8211; met \u2019n sigaret in die hand. Jy moet net nooit onbeskof wees met die ouens nie,\u201d s\u00ea Piet.<\/p>\n<p>Hy wou nie graag aftree nie, maar vir polisiemanne is sestig aftreetyd.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><em>\u201cIn my hart sal ek altyd \u2019n speurder wees, maar nou wag \u2019n wonderlike lewe op my.\u201d<\/em><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Dis gesellig in die meenthuis waar hy en sy spesiale vriendin Elize Smit, en Piet se 17-jarige hondekind, Seuntjie die foksterri\u00ebr, bly. Agter in die tuin is \u2019n hok met sy ander passie &#8211; sy groot versameling vo\u00ebls.<\/p>\n<p>Piet en Elize het al drie jaar lank \u2019n verhouding, maar ken mekaar veel langer, want Elize en Piet se sussie, ook Elize, is al 25 jaar vriendinne. Hul vriende verwys na die blonde Elize as \u201cWit Elize\u201d en die donkerkop word \u201cSwart Elize\u201d genoem. Piet s\u00ea hy het maar altyd van Wit Elize geweet en haar nou en dan by gesellighede gesien.<\/p>\n<p>\u201cEk ken Piet se broer Johann en sy vrou, Dykes, ook al jare lank. Ons het baie naweke op die plaas gaan kuier en saam vakansie gehou,\u201d s\u00ea Elize.<\/p>\n<p>\u201cTerwyl ek natuurlik altyd gewerk het,\u201d brom Piet onderlangs.<\/p>\n<p>Hy skink vir ons rooiwyn in groot, mooi glase en uit die kombuis kom heerlike geure aangesweef. \u201cSy\u2019s \u2019n goeie kok,\u201d spog hy.<\/p>\n<p>Die patio, wat hulle onlangs met plastiekseile toegemaak het om die winterkoue uit te hou, is hul gunsteling-kuierplek. \u201cOns het \u2019n yskassie hier en die vleis is dikwels hier op die vuur,\u201d en hy wys na die groot gasbraaier. En Seuntjie se kussing l\u00ea in die hoek, sien ek.<\/p>\n<p>\u201cHier sit ek en Elize nagte om en gesels. Ek kan dit nie glo nie. Ons praat oor alles. Ek het \u2019n leeftyd se gesels om in te haal. Dis die eerste keer in my lewe dat ek so met iemand kan praat.\u201d<\/p>\n<p>Seuntjie raak onrustig toe hy die peuselhappies op die tafel ruik. \u201cNee, Seun,\u201d s\u00ea Piet, maar gaan haal tog ewe gedienstig \u2019n bederfie.<\/p>\n<p>\u201cPiet eet elke oggend \u2019n bord graanvlokkies net sodat hy \u2019n bietjie vir Seuntjie kan los!\u201d terg Elize die man wat drie jaar gelede in \u2019n <em>rooi rose<\/em>-onderhoud ges\u00ea het hy eet nooit ontbyt nie &#8211; net Grandpa-poeiers en Coke om hom aan die gang te hou.<\/p>\n<p>\u201cElize is goed vir my,\u201d s\u00ea Piet. \u201cSy het betekenis aan my lewe kom gee. Soms was ek senuweeagtig tussen mense, of die geselskap het my ge\u00efrriteer en ek het liewer padgegee. Maar alles het verander. Dit is so \u2019n voorreg om met vrymoedigheid met iemand te kan praat. Net gesels. Nie net oor werk nie, oor \u00e1lles. Ek het weer geleer hoe om te kommunikeer &#8211; ook met familie en vriende. En ek hou van haar insette. Jy weet, hulle s\u00ea \u2019n vrou se instink is baie goed. En Elize is lekker nuuskierig. Ek is mal daaroor.\u201d<\/p>\n<p>\u201cKyk, hierdie man is skerp,\u201d prys sy hom op haar beurt. \u201cHy dink op sy voete, en hy dink wyd. Hy is soos \u2019n bloedhond, as hy snuf in die neus gekry het, los hy nie en kan jy weet hy is op jou spoor. En,\u201d \u2018skinder\u2019 sy \u2019n bietjie, \u201chy is pynlik netjies. Hy verpes dit om in \u2019n vuil motor te ry. Hy sal die motor selfs laat was net voor hy op \u2019n stofpad gaan ry! Baie gesteld op netheid.\u201d<\/p>\n<p>Piet het naam gemaak as baasspeurder, maar niemand het geweet dat alles in sy persoonlike lewe nie aldag rosegeur en maanskyn was nie.<\/p>\n<p>Hy skink nog wyn.<\/p>\n<p>Hy het \u2019n taai dag agter die blad. Hy was vandag weer by die prokureurs oor sy egskeiding. Hy en sy vervreemde vrou, Johanna, was 35 jaar lank getroud.<\/p>\n<p>\u201cDit was rof,\u201d s\u00ea Piet. \u201cEk is net baie bly daar is nie kinders betrokke nie.\u201d<\/p>\n<p>Oor hierdie deel van sy lewe het hy nog nooit gepraat nie; altyd \u2019n front voorgehou. En hy is steeds maar steeks om daaroor te praat,<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><em>\u201cEk het baie nagte by my huis stilgehou \u2026 Maar daar was geen omgee nie. Dit was vir my lekkerder om te werk. Ek het geen behoefte gehad om by die huis te wees nie, en het verkies om ook nooit met vakansie te gaan nie.\u201d<\/em><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Wanneer hy nie gewerk het nie, het hy koers gekies na sy sussie Elize-hulle toe. Dit was vir hom heerlik, want daar kon hy net ontspan.<\/p>\n<p>Hy s\u00ea \u2019n ruk nadat hy Elize ontmoet het, het hy die eerste keer sy hart oopgemaak oor die dinge in sy persoonlike lewe wat nie reg verloop het nie.<\/p>\n<p>\u201c\u2019n Mens is jonk, ek het van die plaas af gekom, was onervare, en dan maak jy foute. Alles het van die eerste dag af verkeerd gegaan,\u201d s\u00ea Piet. Sy het hom mislei, voel hy. So het hy nie voor sy troue geweet Johanna is \u2019n hele paar jaar ouer as hy nie, ook nie dat sy voorheen getroud was nie.<\/p>\n<p>Maar hoekom het hy nie vroe\u00ebr geskei nie?<\/p>\n<p>\u201cIn daardie jare by die polisie is jy streng gekeur. Hulle het na alles gekyk en elke liewe ding moes goedgekeur word voor jy toegelaat is om polisieman te word. As hulle sou weet van alles wat Johanna gedoen het, sou hulle my summier skors.\u201d<\/p>\n<p>Sou hy steeds so goed in sy werk gewees het as hy \u2019n vrou gehad het met wie hy sy lewe kon deel?<\/p>\n<p>\u201cEk glo ek sou beter gewees het. Dis lekker om huis toe te kan gaan. As jy gelukkig is, is die kans op sukses net nog groter. As ek ongelukkig is, onttrek ek my maar net. Ek het \u2019n leuen gelewe tot ek besluit het tot hiertoe en nie verder nie,\u201d s\u00ea Piet.<\/p>\n<p>\u201cNet om jou \u2019n idee te gee, vandat ek Elize ontmoet het, het ek nog nie weer \u2019n asma-aanval gehad nie. Voorheen was ek kort-kort in die hospitaal. Wys jou watter positiewe invloed sy op my het.<\/p>\n<p>\u201cDit het lank gevat, maar ek het \u2019n opregte vriendin ontmoet! Sy glimlag altyd, wil net goed doen en sy is slim. Ek hou nie daarvan as mense sleg praat van mekaar nie. Ek is nie hier om te oordeel nie.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-72472 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/Piet-Byleveld-en-Elize-Smit-398x600.jpg\" alt=\"Piet-Byleveld-en-Elize-Smit\" width=\"398\" height=\"600\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Superspeurder<\/h4>\n<p>Al was Piet die man wat misdadigers meedo\u00ebnloos gejag het, het hulle hom onvoorwaardelik vertrou, soos Bongani Mfeka, die Kranskop-moordenaar. \u201cHy het my gevra om in die hof by die regter te pleit om hom nooit vry te laat nie, want dan sal hy dit net weer doen. Ek het so gemaak en hy het my bedank. Ek het gereeld by hom gaan kuier toe hy in Brixton in aanhouding was, en elke Saterdag het hy my kantoor en skoene skoongemaak.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><em>\u201cEk glo daaraan om \u00e1lle mense met respek te behandel \u2013 misdadigers ook.\u201d<\/em><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Hy weet ook dat jy moet kophou; nie jou humeur moet verloor nie. \u201cSodra jy beheer verloor, kan jy maar ophou, en as jy emosioneel betrokke raak, is die kans groot dat jy kan misluk. Ai, dis \u2019n heerlike uitdaging om iemand anders te uitoorl\u00ea. Ek is mal daaroor!\u201d<\/p>\n<p>Die Leigh Matthews-saak sal hom altyd pla. Hy hou nie daarvan om te verloor nie. \u201cEk het die dader aangekeer, maar weet Donovan Moodley was nie alleen verantwoordelik vir die moord nie. Maar die waarheid sal nog se\u00ebvier.\u201d Piet sluit nie die moontlikheid uit dat Moodley se verloofde, Jessica Singh, wat tans in die buiteland is, \u2019n rol in die misdaad kon gespeel het nie. \u201cMoodley is die enigste een wat die waarheid kan vertel.\u201d<\/p>\n<p>Die reeksmoorde sal altyd vir hom spesiaal wees. Hy het dikwels goed raakgesien wat ander polisiemanne misgekyk het. \u201cEk dink dis my instink. Ek kry net daardie gevoel.<\/p>\n<p>\u201cVan al die reeksmoordenaars was die Wemmerpan-moordenaar, Cedric Maake, die een wat ek altyd sal onthou. Dit was seker my grootste deurbraak. Ek het twee reeksmoorde ondersoek, min wetende dat een man agter albei gesit het. In die week het Maake Indi\u00ebr-kleremakers aangeval en met \u2019n hamer doodgeslaan &#8211; terloops, daardie hamer is nou in my besit. Naweke het hy by Wemmerpan toegeslaan. Eers het hy enkelvroue verkrag en vermoor en later het hy op paartjies toegeslaan. Op \u2019n keer het hy \u2018n bejaarde man doodgeskiet vir sy fiets en die fiets aan \u2019n pandjieswinkel gaan verkoop. By die kleremakers het hy soms skoene opsygesit en daarvoor het hy dieselfde naam en handtekening gebruik as wat hy gebruik het toe hy die fiets verkoop het! Ek het besef dis dieselfde man wat agter alles sit. Dit was \u2019n fantastiese gevoel.<\/p>\n<p>\u201cEk dink ek gaan die hof die meeste mis; om die verdediging te uitoorl\u00ea! Ek het nog net een saak in die hooggeregshof verloor: Toe ek Frank Zanner aangekeer het omdat hy sy vrou met die kruisboog vermoor het. Daar was geen twyfel daaroor dat dit hy was nie, maar die getuienis was pateties. Hy is steeds op vrye voete.\u201d<\/p>\n<p>Hoe voel hy oor al die kritiek wat die polisie moet verduur?<\/p>\n<p>Hy s\u00ea Bheki Cele be\u00efndruk hom en hy glo die polisiediens het \u2019n nuwe fase betree. \u201cBelangrik is dat hulle moet spesialiseer, dan sal die polisiemag se naam weer in ere herstel word. Daar is baie goeie polisiemanne daar buite. Vir \u2019n polisieman moet dit nooit \u2019n loopbaan wees nie maar \u2019n roeping. As dit nie so is nie, moet jy dit nie eens oorweeg nie. Ek dink Bheki Cele het ook daardie siening.\u201d<\/p>\n<p>Die polisie het hom onlangs gevra om te help met opleiding, en hy dink dat hy in die toekoms dalk daar betrokke kan raak. Maar hy gaan nie te lank stilsit nie. Daar is baie aanbiedinge.<\/p>\n<p>\u201cEk oorweeg nog al my opsies. Verskeie firmas wil my op konsultasiebasis betrek, ook om bedrog met lewensversekeringspolisse te ondersoek. Ek sal baie daarvan hou om daardie ouens vas te trek. Dis nou waar ek die dooies weer lewendig gaan maak. Die Lenasia-gemeenskap het my genader om hulle te help om die misdaad daar te bekamp. En ek is gevra om joernaliste te help &#8211; goed waarna hulle moet kyk as hulle onderhoude voer en hoe om ondersoeke te doen.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Tyd om te l\u00e9\u00e9f<\/h4>\n<p>Maar niks is nou so belangrik soos die geleentheid om op sestig te kan begin l\u00e9\u00e9f nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><em>\u201cEk kan my nie indink wat ek sou doen as ek nie vir Elize ontmoet het nie. My lewe sou verby gewees het.\u201d<\/em><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Hulle het aan die begin van die jaar in die Kaap gaan vakansie hou \u2013 die eerste keer in 38 jaar dat Piet vakansie hou. Hy het soms op die spoor van \u2019n misdadiger by die see verbygery, maar nooit afgetrek nie.<\/p>\n<p>\u201cDit was fantasties. Ek kon dit nie glo nie. Ek was elke oggend vroeg op en het op die strand gaan stap. Kaalvoet. Ek het in die see geswem, tot \u2019n tentjie op die strand opgeslaan, branderplank gery en \u2019n bietjie geval ook! En wat is hierdie tonnels goed wat jou so uitspoeg?\u201d<\/p>\n<p>&#8220;Supertube,\u201d help ons. \u201cKan jy glo, vir die eerste keer in my lewe het ek dit ook gery!\u201d<\/p>\n<p>\u201cEn toe, waar het jy gedink gaan jy land?\u201d por Elize.<\/p>\n<p>\u201cTafelberg. Ek was seker met die spoed wat ek daar afgaan, land ek op Tafelberg! Dit was die eerste keer wat ek my so kon uitleef. Niks het my gejaag nie. Dis fantasties,\u201d s\u00ea Piet met \u2019n ver kyk in sy o\u00eb. \u201cVoorheen was daar niks om oor te lag nie. Elize het my lewe so verryk.\u201d<\/p>\n<p>Hulle wil ook gaan toer. Piet was nog nie oorsee nie. In Desember gaan hy en Elize by haar seun in Londen kuier, en hy sien vreeslik daarna uit.<\/p>\n<p>Seuntjie het uiteindelik bedaar en Piet gooi hom met sy kombersie toe. Lyk of hy sy skoene as oupa vir Elize se kleinkind maklik sal vol staan. Hy s\u00ea hy wou graag kinders gehad het, maar vanwe\u00eb sy omstandighede was dit buite die kwessie.<\/p>\n<p>En hy is dalk \u2019n baasspeurder, maar hy is geen McGyver nie. Hy het onlangs \u2019n gloelampie in die vo\u00eblhok wou aanbring. \u201cEn toe slaan hy homself met die tang teen sy oog,\u201d vertel Elize laggend. Ek het gedog ons sal steke moet laat insit.\u201d<\/p>\n<p>\u201cOee, ek is onhandig,\u201d s\u00ea Piet, en trek sy o\u00eb op skrefies. \u201cOns wou \u2019n rukkie terug \u2019n stoel aanmekaar sit. Ek het die vorige Kersfees \u2019n <em>toolbox<\/em> by Elize persent gekry, maar dit het nie eens gehelp nie. Dit het ons \u2019n hele nag gevat net om die armleuning te doen!\u201d<\/p>\n<p>Hy hou ook daarvan om sy hande in die grond te druk.<\/p>\n<p>\u201cSteggies is eintlik sy ding,\u201d s\u00ea Elize.<\/p>\n<p>\u201cEk is mal daaroor, jy sit net \u2019n stokkie in die grond en dan loop hy. As ek nie \u2019n steggie kan kry nie, sal ek ene leen,\u201d spot Piet.<\/p>\n<p>\u201cWe\u2019ve got one life, live it!\u201d dis nou my en Elize se uitgangpunt,\u201d s\u00ea Piet.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><em>\u201cEk wil nie een van hierdie oumense word wat heeldag op die stoep sit en \u2019n groot maag kry nie. Ek sien so uit na die res van my lewe; na \u2019n ander leefwyse. Ek wil weer \u2019n mens wees.\u201d\u00a0<\/em><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Agter die kap van die byl<\/h4>\n<p>\u2022 Tussen die foto\u2019s teen die muur is \u2019n geraamde brief. Pres. Jacob Zuma se prokureur het aanbeveel dat die president Piet Byleveld as die nuwe nasionale polisiekommissaris aanstel. Maar die president het Bheki Cele verkies.<\/p>\n<p>\u2022 Piet weet wanneer iemand vir hom lieg. \u201cAs iemand s\u00ea \u2018genuine\u2019, of Christenskap gebruik om my te oortuig hy praat die waarheid, weet ek hy lieg. En natuurlik liggaamstaal, soos as hy aan sy gesig begin krap en op die stoel rondskuif, of sy lip beweeg vinniger en sy mond word droog. Ook as sy stemtoon verander, soos die psigopaat Sipho Dube wat kinders in Jeppestown gesodomiseer en vermoor het. Hy sou doodnormaal praat, maar wanneer hy skielik met \u2019n growwe stem begin praat, moet jy weet!\u201d Hy het ook \u2019n broertjie dood aan mense wat aanvanklik normaal praat en dan skielik \u201cmet so \u2019n soetsappige ou stemmetjie begin praat en oordrewe hoflik raak\u201d.<\/p>\n<p>\u2022 Hy is al \u2019n paar keer geskiet. In 1992 is hy in die been gewond. \u201cEk het \u2019n saak in Bryanston ondersoek \u2013 \u2019n sewentigjarige vrou is met \u2019n ysterpaal in haar kombuis doodgeslaan. Ek het die huishulp toegesluit, die saak ontrafel en nog drie gearresteer. Die tweede ou het my raakgeskiet en die derde een het ek in Zimbabwe gaan haal. Dit alles omdat die huishulp ontevrede was met haar salaris! Moet nooit jou huishulp te na kom en te min betaal nie. Die meeste van alle huismoorde begin hier.\u201d<\/p>\n<p>\u2022 In die jare sewentig het \u2019n tuinman \u2019n meisietjie se keel afgesny vir haar fiets. \u201cDaardie toneel was verskriklik. Maar ons het hom gevang en tydens die optrede is hy doodgeskiet. Hy was sestien. Daardie nag het ek heelnag wakker gel\u00ea; gewonder of ek nie iets anders kon doen nie. Die volgende dag is jy weer reg. Jy weet jy het regverdig opgetree. Ek het nie \u2019n keuse gehad nie, hy het \u2019n mes getrek en my aangeval.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>*Op 6 Junie 2010 het Suid-Afrika se baasspeurder, brigadier Piet Byleveld, 60 geword en n\u00e1 veertig jaar in diens, afgetree. Vir hom was dit egter nie die einde nie, net die begin van \u2019n nuwe lewe. Sewe jaar later, op 67-jarige ouderdom, sterf Piet aan longkanker. Suzanne Venter het in 2010 met hom gesels, toe hy die sluier \u2019n bietjie kon lig oor sy persoonlike lewe. Foto\u2019s deur Leana Clunies-Ross<\/p>\n","protected":false},"author":8,"featured_media":72476,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[661,15259,15262,675],"tags":[19347,23450,24339,90,1387],"class_list":["post-72469","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-ons-mense","category-caxton","category-use-only-text","category-bekendes","tag-speurder","tag-entertainment","tag-local-celebs","tag-kanker","tag-celebs"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Oudbrigadier Piet Byleveld sterf op 67 aan longkanker<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"In 2010 het Suid-Afrika se baasspeurder, brigadier Piet Byleveld, 60 geword en afgetree. In 2017sterf hy op 67 aan longerkanker. Lees meer hier\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/oudbrigadier-piet-byleveld-sterf\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Oudbrigadier Piet Byleveld sterf op 67 aan longkanker\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"In 2010 het Suid-Afrika se baasspeurder, brigadier Piet Byleveld, 60 geword en afgetree. In 2017sterf hy op 67 aan longerkanker. Lees meer hier\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/oudbrigadier-piet-byleveld-sterf\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2017-05-24T11:00:49+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2017-07-13T10:57:51+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/Biet-Byleveld.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1000\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1505\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"13 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/oudbrigadier-piet-byleveld-sterf\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/oudbrigadier-piet-byleveld-sterf\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Michelle Nortje\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\"},\"headline\":\"Oudbrigadier Piet Byleveld sterf\",\"datePublished\":\"2017-05-24T11:00:49+00:00\",\"dateModified\":\"2017-07-13T10:57:51+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/oudbrigadier-piet-byleveld-sterf\\\/\"},\"wordCount\":2634,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/oudbrigadier-piet-byleveld-sterf\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/05\\\/Biet-Byleveld.jpg\",\"keywords\":[\"speurder\",\"entertainment\",\"local celebs\",\"kanker\",\"celebs\"],\"articleSection\":[\"Ons mense\",\"Caxton\",\"Use only text\",\"Bekendes\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2017\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/oudbrigadier-piet-byleveld-sterf\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/oudbrigadier-piet-byleveld-sterf\\\/\",\"name\":\"Oudbrigadier Piet Byleveld sterf op 67 aan longkanker\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/oudbrigadier-piet-byleveld-sterf\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/oudbrigadier-piet-byleveld-sterf\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/05\\\/Biet-Byleveld.jpg\",\"datePublished\":\"2017-05-24T11:00:49+00:00\",\"dateModified\":\"2017-07-13T10:57:51+00:00\",\"description\":\"In 2010 het Suid-Afrika se baasspeurder, brigadier Piet Byleveld, 60 geword en afgetree. In 2017sterf hy op 67 aan longerkanker. Lees meer hier\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/oudbrigadier-piet-byleveld-sterf\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/oudbrigadier-piet-byleveld-sterf\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/oudbrigadier-piet-byleveld-sterf\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/05\\\/Biet-Byleveld.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/05\\\/Biet-Byleveld.jpg\",\"width\":1000,\"height\":1505,\"caption\":\"piet byleveld rooi rose\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/oudbrigadier-piet-byleveld-sterf\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Oudbrigadier Piet Byleveld sterf\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\",\"name\":\"Michelle Nortje\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Michelle Nortje\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Oudbrigadier Piet Byleveld sterf op 67 aan longkanker","description":"In 2010 het Suid-Afrika se baasspeurder, brigadier Piet Byleveld, 60 geword en afgetree. In 2017sterf hy op 67 aan longerkanker. Lees meer hier","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/oudbrigadier-piet-byleveld-sterf\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Oudbrigadier Piet Byleveld sterf op 67 aan longkanker","og_description":"In 2010 het Suid-Afrika se baasspeurder, brigadier Piet Byleveld, 60 geword en afgetree. In 2017sterf hy op 67 aan longerkanker. Lees meer hier","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/oudbrigadier-piet-byleveld-sterf\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2017-05-24T11:00:49+00:00","article_modified_time":"2017-07-13T10:57:51+00:00","og_image":[{"width":1000,"height":1505,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/Biet-Byleveld.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Michelle Nortje","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Michelle Nortje","Est. reading time":"13 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/oudbrigadier-piet-byleveld-sterf\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/oudbrigadier-piet-byleveld-sterf\/"},"author":{"name":"Michelle Nortje","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd"},"headline":"Oudbrigadier Piet Byleveld sterf","datePublished":"2017-05-24T11:00:49+00:00","dateModified":"2017-07-13T10:57:51+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/oudbrigadier-piet-byleveld-sterf\/"},"wordCount":2634,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/oudbrigadier-piet-byleveld-sterf\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/Biet-Byleveld.jpg","keywords":["speurder","entertainment","local celebs","kanker","celebs"],"articleSection":["Ons mense","Caxton","Use only text","Bekendes"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2017","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/oudbrigadier-piet-byleveld-sterf\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/oudbrigadier-piet-byleveld-sterf\/","name":"Oudbrigadier Piet Byleveld sterf op 67 aan longkanker","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/oudbrigadier-piet-byleveld-sterf\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/oudbrigadier-piet-byleveld-sterf\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/Biet-Byleveld.jpg","datePublished":"2017-05-24T11:00:49+00:00","dateModified":"2017-07-13T10:57:51+00:00","description":"In 2010 het Suid-Afrika se baasspeurder, brigadier Piet Byleveld, 60 geword en afgetree. In 2017sterf hy op 67 aan longerkanker. Lees meer hier","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/oudbrigadier-piet-byleveld-sterf\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/oudbrigadier-piet-byleveld-sterf\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/oudbrigadier-piet-byleveld-sterf\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/Biet-Byleveld.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/Biet-Byleveld.jpg","width":1000,"height":1505,"caption":"piet byleveld rooi rose"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/oudbrigadier-piet-byleveld-sterf\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Oudbrigadier Piet Byleveld sterf"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd","name":"Michelle Nortje","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","caption":"Michelle Nortje"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/72469","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=72469"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/72469\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/72476"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=72469"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=72469"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=72469"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}