{"id":7238,"date":"2008-03-01T00:00:00","date_gmt":"2008-02-29T22:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/stamselle-die-nuwe-toorwoord\/"},"modified":"2016-07-21T15:13:13","modified_gmt":"2016-07-21T13:13:13","slug":"stamselle-die-nuwe-toorwoord","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stamselle-die-nuwe-toorwoord\/","title":{"rendered":"Stamselle: die nuwe toorwoord"},"content":{"rendered":"<h4>Wat is stamselle?<\/h4>\n<p>Stamselle is \u2019n bietjie soos die blanko blokkies in <em>Scrabble<\/em>. Dit kan enigiets verteenwoordig; \u2019n een-grootte-pas-almal sel. Dis die grondselle wat verantwoordelik is vir die ontwikkeling van elke orgaan en weefsel in die mens &#8211; dus selle wat nog nie geprogrammeer is om \u2019n spesifieke funksie in die liggaam te vervul nie. Dit is ook \u2019n soort sel wat vir lang tydperke self kan repliseer.<\/p>\n<p>Al di\u00e9 unieke eienskappe maak stamselle ideaal om organe of beskadigde selle te vervang. Dit het die potensiaal om toestande soos Alzheimer se siekte, Parkinson-siekte, tipe 1-diabetes, rugmurgbeserings, beroerte, brandwonde, harvatsiektes en osteoartritis te genees.<\/p>\n<p>Orgaanskenking is op die oomblik die enigste manier om beskadigde selle te vervang, maar organe is moeilik bekombaar en moet ook met die ontvanger se weefseltipe en bloedgroep versoenbaar wees.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Waarvandaan?<\/h4>\n<p>Stamselle ontstaan nadat die eiersel en spermsel saamgesmelt het met bevrugting en kom in \u2019n embrio voor. Dit word embrioniese stamselle genoem. Stamselle kom ook in klein hoeveelhede in volwassenes se organe en bloed voor. Dis nog nie duidelik waar in die liggaam volwasse stamselle oral voorkom nie, maar daar is selfs stamselle in die brein, hoewel hulle nie aktief genoeg is om \u2019n breinbesering te kan herstel nie. Daar word op die oomblik na metodes gekyk om die bestaande stamselle in organe te aktiveer om beserings te herstel.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Pasreg genetiese materiaal<\/h4>\n<p>Een van die algemeenste maniere om stamselle te verkry, is van die bloed wat n\u00e1 geboorte in \u2019n baba se naelstring oorbly. Dit word dan in \u2019n stamselbank by baie lae temperature gevries en kan in die regte omstandighede vir baie lank geberg word. Indien daardie kind een van die siektetoestande opdoen waarvoor stamselle gebruik kan word, is dit pasreg genetiese materiaal wat die kind se beskadigde selle kan hernu. Die tegniek word suksesvol aangewend vir kankers wat die beenmurg beskadig en kan selfs gebruik word (soos orgaanskenkings) om vir ander mense met die regte weefselsoort \u2019n kans op herstel te gee.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Banke<\/h4>\n<p>Dr. Stephen Purcell van Durban is \u2019n weefselpatoloog en die mediese direkteur van Cryoclinic in Suid-Afrika. Di\u00e9 maatskappy is \u2019n filiaalmaatskappy van Cryosave in Belgi\u00eb, wat die grootste bergingsbank van stamselle buite Amerika is.<\/p>\n<p>Cryoclinic is een van drie stamselbanke in Suid-Afrika wat stamselle vir berging in-samel. Stamselle word net n\u00e1 geboorte uit die oorblywende bloed in die naelstring (sowat 90 ml) onttrek waarna dit by baie koue temperature in baie beheerde omstandighede geberg word. Omdat daar geen metaboliese aktiwiteit by sulke lae temperature is nie, kan die selle nie agteruit gaan nie.<\/p>\n<p>Hoewel navorsing daarop dui dat stamselterapie waarskynlik een van die grootste mediese deurbrake is, maan dr. Purcell ouers tot realisme: \u201cDie berging van stamselle is \u2019n weelde en moenie boaan ouers se lysie staan nie. Die kans dat jy dit gaan gebruik, is baie klein, maar dit kan jou kind se lewe red as hy dit in die toekoms nodig sou kry. Ouers moet die kans dat hulle dit gaan nodig kry teen die aanvanklike prys opweeg. As jy dit kan bekostig, is dit \u2019n tipe lewensversekering wat in die regte om-standighede jou kind se lewe kan red.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Aanwending<\/h4>\n<p>Stamselle wat uit die naelstring verkry word, word op die oomblik net vir beenmurgverwante siektes gebruik. As jy stamselle in \u2019n stamselbank het, is dit selle met die vermo\u00eb om nuwe beenmurg te genereer wat oorgeplant kan word as jou kind se beenmurg weens \u2019n siekte beskadig word en nie doeltreffend wit- en rooibloedselle kan vervaardig nie.<\/p>\n<p>Tog dui navorsing daarop dat die stamselle in die toekoms vir baie meer organe as net bloed aangewend sou kan word.\u00a0Wanneer leukemie en \u2019n paar ander skaars bloedkankers beenmurg beskadig, word die pasi\u00ebnt se goeie en aangetaste beenmurgselle deur chemoterapie uitgewis en moet nuwe, versoenbare skenkerbeenmurgselle (of stamselle) gebruik word om die funksie van die uitgewiste selle te vervang.<\/p>\n<p>\u2019n Skenker se weefseltipe moet grootliks met di\u00e9 van die ontvanger ooreenstem, anders sal die liggaam dit verwerp. Hier is die kans een uit 100 000 dat jy \u2019n versoenbare weefseltipe gaan kry. Die skenker se bloedsoort moet verkieslik ook \u2019n pasmaat wees. Maar as jy jou eie stamselle berg, het jy dadelik die perfekte weefsel beskikbaar wat jou liggaam nie sal verwerp nie.<\/p>\n<p>Ongelukkig is sommige beenmurgsiektes geneties van aard, wat beteken dat jy nie jou eie stamselle sou kon gebruik nie omdat die defektiewe DNS van die siekte steeds in die stamselle aanwesig sal wees. Dan is jou enigste kans om \u2019n skenker te kry waarvan die weefselsoort ooreenstem.<\/p>\n<p>Baie lande het \u2019n naelstringbloedbank wat deur die regering befonds word en vir almal beskikbaar is. In Suid-Afrika berus die onus op die individu.<\/p>\n<p>Stamselterapie hou ook baie belofte vir siektes soos tipe 1-diabetes en gevorderde nierkanker in. Hoewel die behandelings al suksesvol op pasi\u00ebnte gedoen is, is dit met die hulp van volwasse stamselle teen \u2019n fenomenale prys gedoen.<\/p>\n<p>Verwerping bly \u2019n groot risiko. Nuwe toepassings in die behandeling van lewerkanker, hartvatsiektes, outo-immuunsiektes, metaboliese stoornisse, chroniese inflammatoriese siektes soos lupus en ander gevorderde kankers word tans nagevors.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Wat s\u00ea \u2019n verloskundige?<\/h4>\n<p>Dr. Sumayya Ebrahim van Johannesburg s\u00ea as jy die geld het, is stamselberging \u2019n goeie versekeringspolis vir jou kind. Die verkryging van die bloed is eenvoudig en hou geen risiko vir die baba of ma in nie. Maar sy wil nie h\u00ea ouers moet emosioneel verplig voel om dit te doen as hulle dit nie werklik kan bekostig nie. \u201cOngelukkig is dit duur en bitter min ouers kan die diens gebruik. Ouers moet besef dis nie die enigste kans om stamselle te verkry nie. Navorsing word voortdurend gedoen om stamselle uit ander oorde soos die vel en selfs menstruele bloed te verkry. Hoewel dit nog net eksperimenteel is, kan baie nog gebeur.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Hoe gemaak?<\/h4>\n<p>Gaan s\u00f3 te werk as jy jou baba se stamselle gestoor wil h\u00ea: Nie al die maatskappye werk eenders nie, maar by Cryoclinic bel jy die stamselbank en registreer (R2 000) om \u2019n insamelingspakket te kry. Die pakkie bevat alles wat nodig is om die bloed n\u00e1 geboorte te versamel en sluit vervoerkoste en aanvanklike toetse in. Bespreek dit vooraf met jou ginekoloog of vroedvrou en onthou om die pakket hospitaal toe te neem.<\/p>\n<p>N\u00e1 insameling moet die pa die maat-skappy dadelik kontak sodat \u2019n koerier dit by die hospitaal kan afhaal. Hierna word dit na die bank in Belgi\u00eb vervoer waar dit vir gehalte en hoeveelheid getoets word. Die aanvanklike koste van R2 000 sluit alles tot op di\u00e9 punt in. As alles in orde is, betaal jy die volgende bedrag van R12 000 wat die bergingskoste vir 21 jaar dek. As die monster nie aan die vereistes voldoen nie en nie suksesvol geberg kan word nie, betaal jy niks meer nie. As alles reg is, stuur hulle vir jou \u2019n sertifikaat met jou unieke nommer. As jy die stamselle ooit sou benodig, kontak jy die maatskappy wat dit enige plek ter w\u00eareld aan jou sal besorg.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Naelstringstamselle vir jou?<\/h4>\n<p>Stamselle van jou baba kan dalk in die toekoms vir jou aangewend word as die weefsel pas. Hoewel die webwerf van Cryoclinic berig dat die hoeveelheid bloed wat gestoor word voldoende is vir \u2019n mens van 45 kg, s\u00ea dr. Purcell van Cryoclinic dat nuwe navorsing daarop dui dat jy in die toekoms waar-skynlik minder stamselle nodig sou h\u00ea sodat dit genoeg kan wees om \u2019n volwassene te behandel.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Morele kwessies<\/h4>\n<p>Die etiese en morele probleme wat stamselnavorsing aanvanklik oorskadu het, gaan oor die gebruik van menslike embrioniese stamselle. Stamselle is die grondselle in die embrio en waaruit alle selle van alle organe in die liggaam ontwikkel. Hierdie embrio\u2019s is gewoonlik vier tot vyf dae oud en het ontstaan in fertiliteitsklinieke waarna dit aan navorsing geskenk is. Dit is nie \u2019n embrio wat in \u2019n vrou se baarmoeder ontstaan het nie.<\/p>\n<p>Hoewel die embrio niks meer as \u2019n makroskopiese balletjie selle is nie, het dit die potensiaal om in die regte omstandighede in \u2019n baba te ontwikkel.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Volwasse stamselle<\/h4>\n<p>Di\u00e9 selle kom in klein hoeveelhede in mense se organe en bloed voor. Die selle het nog nie ten volle gedifferensieer in \u2019n spesifieke orgaan nie en kan n\u00e1 \u2019n besering of infeksie help om herstelwerk in \u2019n orgaan te doen. In die bloedstroom is ook volwasse stamselle en dit is wat gebruik word as skenkers vir beenmurgoorplantings gesoek word.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Uit die naelstring<\/h4>\n<p>Stamselle uit die naelstring het die voordeel dat hulle baie jonger is en baie meer van hulself kan dupliseer as ouer stamselle van volwassenes. Daar is ook \u2019n kleiner risiko vir verwerping omdat die selle nog nie eienskappe ontwikkel het wat deur \u2019n ontvanger se immuunstelsel herken kan word en aangeval kan word nie. Die skenkerselle sal ook nie die ontvanger se liggaam so maklik aanval nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Oppas vir stamselskurke<\/h4>\n<p>As jy desperaat is, sal jy enigiets doen om jou eie lewe of di\u00e9 van \u2019n geliefde te red. Daar is hospitale in Oosterse lande of onbekende landjies wat prosedures aanbied en resultate belowe wat nie strook met die algemene sukses van vooraanstaande stamselnavorsing nie. Moenie dat emosies jou oorreed om al jou geld op so \u2019n prosedure weg te dobbel nie, waarsku dr. Purcell. Hoewel stamselle die voorheen onmoontlike moontlik kan maak, moet jy eers met deskundiges praat voor jy op die vliegtuig klim.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Towermiddel?<\/h4>\n<p>Is stamselle die towermiddel wat verlamming en blindheid kan genees? Wetenskaplikes s\u00ea dit is wel een van die belowendste mediese ontwikkelings van ons tyd, maar waarsku dat die meeste van die toepassings steeds net beloftes is, en daar is geen waarborg dat dit in die praktyk gaan slaag nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Nuwe navorsing<\/h4>\n<p>\u2022 <strong>Stamselle uit die vel <\/strong><\/p>\n<p>Nuwe navorsing dui op metodes waar embrioniese stamselle gebruik word om gene in selle in jou vel te \u201cherprogrammeer\u201d sodat hierdie selle soos embrioniese stamselle kan reageer. Die enigste probleem is dat die nuwe selle \u201chibriedselle\u201d is wat die DNS van jou vel bevat sowel as die aanvanklike embrioniese stamselle. Die aanvanklike DNS sal eers verwyder moet word voor dit bruikbaar is.<\/p>\n<p>\u2022 <strong>Stamselherwinning uit vrugwater<\/strong><\/p>\n<p><em>Time Magazine<\/em> noem stamselherwinning uit vrugwater (die vloeistof waarin die baba in die baarmoeder dryf) een van die tien grootste mediese deurbrake van 2007. Die wonder is dat dit in doeltreffendheid tussen embrioniese stamselle en volwasse stamselle l\u00ea, maar baie van die etiese en logistieke probleme met embrioniese stamselle systap.<\/p>\n<p>Volgens \u2019n artikel in The Los Angeles Times van 8 Januarie 2007 het navorsers altyd vermoed daar is stamselle in vrugwater, maar kon dit toe vir die eerste keer bewys. Omdat die oorblywende vrugwater n\u00e1 \u2019n amniosentese \u2013 \u2019n toets wat op talle swanger vroue gedoen word om genetiese defekte in die fetus op te tel \u2013 gebruik word, is dit maklik bekombaar. Dit kan ook n\u00e1 geboorte uit die plasenta herwin word. Hierdie selle is maklik om te groei en te beheer en dra nie die risiko van tumors (bondels selle wat stukkies vet, hare en tande bevat) wat algemeen by embrioniese stamselle voorkom nie.<\/p>\n<p><strong>Stamselbanke in Suid-Afrika<\/strong><br \/>\nCryo-Save:\u00a0087 8080 170<br \/>\nCryoclinic: 011 803 4409<br \/>\nLazaron: 021 919 6428<br \/>\nNetcells: 0861 638 2355<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Stamselle is seker een van die grootste mediese gonswoorde van ons tyd. Dit het die potensiaal om \u2019n ommekeer in die mediese wetenskap te veroorsaak en voorheen ongeneeslike siektes te genees. Maar dis eintlik nog net \u2019n belofte en deskundiges is nie seker of dit ooit aan al die verwagtinge gaan voldoen nie. Maar dit is \u2019n eerste wesenlike flikker van hoop om toestande soos verlamming, blindheid en tipe 1-diabetes om te keer.<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":13124,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[2949,667],"tags":[136,1759,2792,5414,5415,5416,5417,5418],"class_list":["post-7238","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-leef-gesond","category-gesondheid","tag-gesondheid","tag-stamselle","tag-leef-gesond","tag-weefsel","tag-stamselberging","tag-embrio","tag-stamselbank","tag-beenmurgsiektes"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Stamselle: die nuwe toorwoord | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stamselle-die-nuwe-toorwoord\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Stamselle: die nuwe toorwoord | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Stamselle is seker een van die grootste mediese gonswoorde van ons tyd. Dit het die potensiaal om \u2019n ommekeer in die mediese wetenskap te veroorsaak en voorheen ongeneeslike siektes te genees. Maar dis eintlik nog net \u2019n belofte en deskundiges is nie seker of dit ooit aan al die verwagtinge gaan voldoen nie. Maar dit is \u2019n eerste wesenlike flikker van hoop om toestande soos verlamming, blindheid en tipe 1-diabetes om te keer.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stamselle-die-nuwe-toorwoord\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2008-02-29T22:00:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2016-07-21T13:13:13+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra2015115112759.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"640\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"480\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"9 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/stamselle-die-nuwe-toorwoord\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/stamselle-die-nuwe-toorwoord\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Stamselle: die nuwe toorwoord\",\"datePublished\":\"2008-02-29T22:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-07-21T13:13:13+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/stamselle-die-nuwe-toorwoord\\\/\"},\"wordCount\":1835,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/stamselle-die-nuwe-toorwoord\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra2015115112759.jpg\",\"keywords\":[\"Gesondheid\",\"stamselle\",\"leef gesond\",\"weefsel\",\"stamselberging\",\"embrio\",\"stamselbank\",\"beenmurgsiektes\"],\"articleSection\":[\"Leef gesond\",\"Gesondheid\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2008\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/stamselle-die-nuwe-toorwoord\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/stamselle-die-nuwe-toorwoord\\\/\",\"name\":\"Stamselle: die nuwe toorwoord | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/stamselle-die-nuwe-toorwoord\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/stamselle-die-nuwe-toorwoord\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra2015115112759.jpg\",\"datePublished\":\"2008-02-29T22:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-07-21T13:13:13+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/stamselle-die-nuwe-toorwoord\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/stamselle-die-nuwe-toorwoord\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/stamselle-die-nuwe-toorwoord\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra2015115112759.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra2015115112759.jpg\",\"width\":640,\"height\":480,\"caption\":\"Stamselle\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/stamselle-die-nuwe-toorwoord\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Stamselle: die nuwe toorwoord\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Stamselle: die nuwe toorwoord | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stamselle-die-nuwe-toorwoord\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Stamselle: die nuwe toorwoord | rooi rose","og_description":"Stamselle is seker een van die grootste mediese gonswoorde van ons tyd. Dit het die potensiaal om \u2019n ommekeer in die mediese wetenskap te veroorsaak en voorheen ongeneeslike siektes te genees. Maar dis eintlik nog net \u2019n belofte en deskundiges is nie seker of dit ooit aan al die verwagtinge gaan voldoen nie. Maar dit is \u2019n eerste wesenlike flikker van hoop om toestande soos verlamming, blindheid en tipe 1-diabetes om te keer.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stamselle-die-nuwe-toorwoord\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2008-02-29T22:00:00+00:00","article_modified_time":"2016-07-21T13:13:13+00:00","og_image":[{"width":640,"height":480,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra2015115112759.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"9 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stamselle-die-nuwe-toorwoord\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stamselle-die-nuwe-toorwoord\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Stamselle: die nuwe toorwoord","datePublished":"2008-02-29T22:00:00+00:00","dateModified":"2016-07-21T13:13:13+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stamselle-die-nuwe-toorwoord\/"},"wordCount":1835,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stamselle-die-nuwe-toorwoord\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra2015115112759.jpg","keywords":["Gesondheid","stamselle","leef gesond","weefsel","stamselberging","embrio","stamselbank","beenmurgsiektes"],"articleSection":["Leef gesond","Gesondheid"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2008","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stamselle-die-nuwe-toorwoord\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stamselle-die-nuwe-toorwoord\/","name":"Stamselle: die nuwe toorwoord | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stamselle-die-nuwe-toorwoord\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stamselle-die-nuwe-toorwoord\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra2015115112759.jpg","datePublished":"2008-02-29T22:00:00+00:00","dateModified":"2016-07-21T13:13:13+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stamselle-die-nuwe-toorwoord\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stamselle-die-nuwe-toorwoord\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stamselle-die-nuwe-toorwoord\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra2015115112759.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra2015115112759.jpg","width":640,"height":480,"caption":"Stamselle"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stamselle-die-nuwe-toorwoord\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Stamselle: die nuwe toorwoord"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7238","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=7238"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7238\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/13124"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=7238"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=7238"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=7238"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}