{"id":7201,"date":"2015-03-09T09:50:00","date_gmt":"2015-03-09T07:50:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-7\/"},"modified":"2018-04-09T19:51:19","modified_gmt":"2018-04-09T17:51:19","slug":"dans-met-die-rooirok-hoofstuk-7","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-7\/","title":{"rendered":"Dans met die rooirok: Hoofstuk 7"},"content":{"rendered":"<p><em><strong>Glasklokke<\/strong><\/em><\/p>\n<p>Amelie staan die mure van die hoofslaapkamer \u2019n ruk en bekyk. Al het sy honderde voorbeelde van verftegnieke op \u2019n bord op Pinterest, kan sy nie besluit wat om met die mure te doen nie. Die afskuwelike muurpapier aan die een muur sal eerste moet waai, besluit sy. Sy skat aan die ontwerp van die papier dat dit nie antiek is nie en eers in die laaste paar jaar aangebring is. Dit pas glad nie by die beeld wat sy van Amelia opgebou het nie.<\/p>\n<p>Die tegniek om die papier te verwyder is nie omslagtig nie en met die eerste stroke wat sy aftrek, verskyn \u2019n unieke turkooisblou beskilderde muur. Sy kan sien dat daar in sierskrif iets oor die res van die muur geskryf moet wees. Van die woorde wat sigbaar is nadat die eerste twee stroke verwyder is, toon dit is in Frans geskryf. \u201cMon bien-aim\u00e9\u201d &#8230; wat \u201cmy geliefde\u201d beteken, is van die eerste woorde sigbaar.<\/p>\n<p>Uit verfpatrone en muurskilderye in ander dele van die huis en elemente soos die glasbottels wat aan die bome hang, is dit duidelik Amelia was \u2019n kunssinnige mens. Beslis \u2019n skrywer en skilder.<\/p>\n<p>Amelie voel \u2019n opgewondenheid in haar opstoot soos sy die een strook muurpapier na die ander aftrek. Die muur bevat verskeie handgeskrewe dele wat soos gedigte en briewe lyk. \u00a0Tussen die gedigte is blomme geskilder met swierige ranke wat lyk of dit die geheim van die geskrifte wil toegroei.<\/p>\n<p>\u201cMia, Lolla! Kom kyk!\u201d<\/p>\n<p>Die muur hou vir Amelie \u2019n fassinerende bekoring in en sy het reeds besluit dat sy dit so gaan behou.<\/p>\n<p>\u201cDis \u2019n unieke kunswerk! Sien julle?\u201d<\/p>\n<p>Mia staan sprakeloos na die beskilderde muur en kyk.<\/p>\n<p>\u201cWat staan daar? Ma? S\u00ea nou net dit is bose goed? Wie skryf \u2019n hele muur vol versies? Dis <em>freaky<\/em>, Loll, gaan haal jou tablet, ons sal die spul moet vertaal.\u201d<\/p>\n<p>Amelie streel oor die fyn handskrif. Dis dieselfde as die inskrywings voor in Amelia Marceaux se boeke en op haar dokumente.<\/p>\n<p>\u201cHoekom sou sy die pragtige muur met sulke aaklige muurpapier wou toeplak?\u201d<\/p>\n<p>Amelie kan net dink hoe vinnig Renier die muur wit sou verf. Sy kon nooit hul huis se mure met interessante tegnieke verf nie. Renier sou die stuipe kry. Mia lees haar gedagtes.<\/p>\n<p>\u201cDis ook net Ma wat sal dink dis mooi. Dit is vir my bietjie <em>creepy<\/em>. Kunstig, maar <em>creepy<\/em>. Lolla? Waar bly jy?\u201d<\/p>\n<p>Die meisies tik geesdriftig van die sinsnedes in. Nes Amelie geraai het, is dit almal liefdesaanhalings:<\/p>\n<p>\u201cLa vie est une fleur dont l\u2019amour est le miel,\u201d beteken in Engels: \u201cLife is a flower of which love is the honey.\u201d En, \u201cVivre sans aimer n\u2019est pas proprement vivre,\u201d beteken: \u201cTo live without loving is to not really live.\u201d Nog een lees: \u201cIl n\u2019y a qu\u2019un bonheur dans la vie, c\u2019est d\u2019aimer et d\u2019\u00eatre aim\u00e9.\u201d Wat beteken: \u201cThere is only one happiness in life, to love and be loved.\u201d<\/p>\n<p>Amelie en die meisies raak meegevoer. Die gedigte en aanhalings word noukeurig vertaal. \u00a0Die langste gedig is een van Victor Hugo. Hulle spoor gou die Engelse vertaling op:<\/p>\n<div>\n<p>The dawn is born, and your door is shut!<br \/>\nMy dear, why do you sleep?<br \/>\nAt the hour when the rose wakes<br \/>\nAre you not going to get up?<\/p>\n<p>O, my charming one,<br \/>\nListen here,<br \/>\nThe lover who sings<br \/>\nAnd weeps as well!<\/p>\n<p>All things knock at your blessed door<br \/>\nThe dawn says: I am the day!<br \/>\nThe bird says: I am harmony!<br \/>\nAnd my heart says: I am love!<\/p>\n<p>O, my charming one,<br \/>\nListen here,<br \/>\nThe lover who sings<br \/>\nAnd weeps as well!<\/p>\n<p>I adore you, my angel, and love you, my woman.<br \/>\nOnly for you has God has completed me<br \/>\nHe has made my love for your soul,<br \/>\nAnd my glance for your beauty!<\/p>\n<p>O, my charming one,<br \/>\nListen here,<br \/>\nThe lover who sings<br \/>\nAnd weeps as well!<\/p>\n<\/div>\n<p>Hul navorsing wys Hugo het die gedig vir \u2019n vrou geskryf, maar Amelia het dit aangepas en aan \u2019n man opgedra. In Frans staan bo-aan die gedig: \u201cJy is deel van my wese, my siel, al is ons geskei, sal ons altyd saam wees, tot in ewigheid.\u201d<\/p>\n<p>Lolla se romantiese tiener-hormone neem oor en sy raak skoon bewo\u00eb oor die opsigtelike liefde en passie waarmee die muur beskilder is.<\/p>\n<p>\u201cDink Ma sy het dit aan Phil Groenewald opgedra? Die muur is so vol geskryf dat ek n\u00earens sy naam sien nie.\u201d<\/p>\n<p>Die geskrifte aan die muur hou Amelie en die meisies die hele middag besig. Amelie maak aantekeninge in die legger waarin sy die raamwerk van haar boek oor die geheime van Amelia begin vorm het.<\/p>\n<p>Heel bo-aan die muur staan: \u201cEk het jou gevind in die woud \u2026 en hier verloor.\u201d Hulle vind n\u00earens op die internet \u2019n soortgelyke aanhaling nie en Amelie neem aan dit is Amelia se eie woorde.<\/p>\n<p>Onder dit staan: \u201cDuisende myle het ons eens geskei, maar ek het toe nader aan jou gevoel as nou.\u201d<\/p>\n<p>Sou Amelia verwys het na die geliefde wat sy uit Frankryk na Suid-Afrika gevolg het? Sy wens Amelia het iewers op die muur haar geliefde se naam neergeskryf. N\u00earens tussen die skilderye en geskrifte is daar enige leidraad dat die muur van liefde wel aan Phil opgedra is nie.<\/p>\n<p>Een deel van die muur is effens deur klamheid verrinneweer. Hulle kan sien daar is dele van \u2019n boomtak waaraan \u2019n voorwerp of figuur hang. Onderaan kan hulle deel van \u2019n sin uitmaak: \u201c<\/p>\n<p>\u2026 jy is in die wind. Glasklokke dra my boodskappe aan jou \u2026\u201d<\/p>\n<p>Lolla sien \u2019n verskuilde boosheid in die skets en lei af dit is \u2019n mens wat aan die boom hang. Mia weier dat Mia die romantiek van die muur bederf en bekyk die sigbare dele van die skildery uit alle hoeke.<\/p>\n<p>\u201cEk het dit! Daai blou ding, dis \u2019n bottel! Soos die bottels aan die bome in die tuin!\u201d<\/p>\n<p>Amelie sien nou ook die moontlikheid dat dit \u2019n bottel kan wees.<\/p>\n<p>\u201cDie boodskappe wat die wind oordra, dit is die bottels wat in die wind klingel!\u201d<\/p>\n<p>Mia se logiese brein neem oor.<\/p>\n<p>\u201cHet Ma al die bottels van naby bekyk?\u201d<\/p>\n<p>\u201cJy is reg! Ek moes seker al die bottels bekyk het. Al wat ek tot dusver kon sien, is dat dit nie moderne bottels is nie. Dit is beslis antiek.\u201d<\/p>\n<p>\u201cWaar dink Ma het sy so baie van die bottels gekry? Lyk my soos wynbottels? As dit is, het Amelia baie wyn gedrink! Lolla? Het jy al op die internet na soortgelyke bottels gesoek?\u201d<br \/>\nLolla laat nie op haar wag nie.<\/p>\n<p>\u201cEk gaan eers een haal en kyk of dit \u2019n inskripsie onderaan het.\u201d Amelie en Mia hardloop nuuskierig agterna.<\/p>\n<p>Amelie voel effens skuldig om een van die bottels af te haal, maar sy wil graag die geheime ontrafel.<\/p>\n<p>Die tou om die bottel se nek is al verweer. Die bottel self is vol stof en dof van die jare se hang in wind en weer. Dit het \u2019n kurkprop en dit is verse\u00ebl met rooi skrywerswas.<\/p>\n<p>Amelie skud dit.<\/p>\n<p>\u201cDit het nie meer wyn in nie, maar daar is iets in. Hoor julle?\u201d<\/p>\n<p>Lolla hou die bottel onder die kraan.<\/p>\n<p>\u201cDalk kan ons sien wat is binne-in as ons die stof af was.\u201d<\/p>\n<p>Amelie hou die bottel teen die lig.<\/p>\n<p>\u201cDis \u2019n opgerolde stuk papier! Daar is \u2019n brief in!\u201d<\/p>\n<p>Die meisies gil byna gelyk: \u201cKom ons maak dit oop!\u201d<\/p>\n<p>Maar Amelie huiwer.<\/p>\n<p>\u201cOns kan nie. Dis haar private goed!\u201d<\/p>\n<p>Mia se nuuskierigheid gaan nie so gou op ys geplaas word nie.<\/p>\n<p>\u201cMa, die vrou is dood. Dit is nou ons huis. Ma is die een wat haar geheime wil oopkrap. Ons het al klaar in haar foto-albums rondgeblaai. En Ma is seker nog van plan om haar briewe te lees?\u201d<\/p>\n<p>\u201cEk het nog nie die moed gehad om dit te lees nie. Ek voel ongemaklik om dit te doen.\u201d<\/p>\n<p>\u201cMa! Nou <em>freak<\/em> Ma my uit! Die vrou is dood, hoor ma? Sy gaan nie weet Ma lees haar briewe nie. Of glo ma ook haar spook loop hier rond?\u201d<\/p>\n<p>Amelie voel hoe haar twee meisiekinders se o\u00eb op haar brand. Hoe moet sy aan hulle verduidelik sy voel \u2019n soort band aan met Amelia Marceaux? Dit is klaar ontstellend dat sy en Amelia so baie na mekaar lyk.<\/p>\n<p>\u201cJulle weet mos ek glo nie aan spoke nie? Natuurlik weet ek sy dwaal nie hier rond nie. Dis net \u2026 ek voel half vreemd om briewe en dokumente te lees wat iemand in haar privaatste oomblikke aan \u2019n geliefde geskryf het.\u201d<\/p>\n<p>Mia neem die bottel by haar.<\/p>\n<p>\u201cMa, ek gaan die bottel oopmaak. Ek sal dit versigtig doen. Ons sal dit nie breek nie. Ons moet weet wat op die briefie staan.\u201d<\/p>\n<p>Lolla maak nog \u2019n bottel los.<\/p>\n<p>\u201cOns sal dit mos weer ophang. Ek wil net kyk of die een ook \u2019n briefie in het.\u201d<\/p>\n<p>Die bottel word afgespoel en teen die lig gehou.<\/p>\n<p>\u201cSien Ma! Nog \u2019n brief! Hulle het seker almal briefies in!\u201d<\/p>\n<p>Amelie voel \u2019n knop in haar keel ontwikkel. Die arme Amelia. Op die muurskildery in die kamer staan: \u201c \u2026 jy is in die wind. Glasklokke dra my boodskappe aan jou \u2026\u201d<\/p>\n<p>Die briewe in die bottels is seker die manier waarop sy met haar geliefde gekommunikeer het. Dit is nie briewe wat gepos is en wat uiteindelik deur iemand gelees is nie. Dit is briewe wat al jare verse\u00ebl in bottels aan bome hang.<\/p>\n<p>\u201cDis so verskriklik hartseer. Ek dink die arme vrou se geliefde was nie deel van haar lewe nie. Al die boodskappe en briewe \u2026 Dis asof sy op \u2019n afstand na iemand verlang. Asof haar liefde onbeantwoord is.\u201d<\/p>\n<p>Die meisiekinders hang nou aan haar lippe. Lolla streel oor die bottels asof dit \u2019n kosbare kleinood is.<\/p>\n<p>\u201cHaai <em>shame<\/em>, al die bottels. As elkeen \u2019n briefie in het, moes sy baie verlang het.\u201d<\/p>\n<p>Amelie kan in haar geestesoog sien hoe Amelia in die tuin stap en luister na die geklingel van die wind deur die bottels wat haar geliefde se briewe bevat. In haar dagdroom sien sy Amelia van die een bottel na die ander beweeg. Sy raak aan elke bottel voor sy na die volgende een beweeg. Byna asof sy dans \u2026<\/p>\n<p>Dan ruk Amelie haarself terug na die hede. Sy wil graag die misterie oplos, maar sy kan nie toelaat dat haar verbeelding te ver met haar weghardloop nie.<\/p>\n<p>\u201cAs die wind die boodskappe moes oordra, beteken dit haar geliefde was ver van haar af.\u201d<\/p>\n<p>\u201cMaar Ma, hoekom het sy nie die briewe gepos nie?\u201d<\/p>\n<p>\u201cMiskien, oor sy nie die briewe kon pos nie? Dalk was hy onbereikbaar?\u201d<\/p>\n<p>Lolla se o\u00eb rek groot.<\/p>\n<p>\u201cDalk is dit oor hy dood was toe sy die briewe begin stuur het! O gonna, ek hoop nie hy spook ook hier nie!<\/p>\n<p>Amelie neem die bottels by Lolla.<\/p>\n<p>\u201cKom ons gaan maak dit in die kombuis oop. Ons moet elkeen weer verse\u00ebl en onthou aan watter tak dit gehang het sodat ons dit weer op presies dieselfde plek kan ophang.\u201d<\/p>\n<p>In die kombuis was sy die bottels versigtig. Daar is geen inskripsie op die bodems nie. Aan die dikte en borrels in die glas kan sy aflei dat die bottels werklik baie oud is.<\/p>\n<p>\u201cLolla, kyk op Google Images of jy antieke Franse wynbottels kan kry wat so blou is.\u201d<\/p>\n<p>Sy verwyder die skrywerswas versigtig met \u2019n messie en begin die kurk stadig met die kurktrekker uittrek. Sy wil nie die kurk beskadig nie. Sy het haar voorgeneem dat sy elke bottel soos \u2019n kosbare skat sal hanteer.<\/p>\n<p>Na \u2019n gesukkel gly die opgerolde briefie op die tafelblad uit. Dit is vergeel en die papier het \u2019n paar klam vlekke. Die handskrif is dieselfde kursiewe sierskrif as waarmee Amelia op die muur in die kamer geskryf het.<\/p>\n<p>\u201cLolla, maak Google Translate oop dan begin jy vir ons vertaal wat hier staan. \u2018Mon bien-aim\u00e9 \u2026\u2019\u201d<\/p>\n<p>Lolla tik die woorde stadig in. Soos die vertaalde woorde op die skerm verskyn, skryf Amelie dit in haar legger neer: \u201cMy geliefde, die tyd staan stil in my gebroke hart. Ek hoor nog jou afskeidsgroet as die wind die blare sag laat roer \u2026\u201d<\/p>\n<p><a id=\"75&amp;h=Verhale&quot;&quot;\" target=\"\"><\/a>*Lees hoofstuk 1-6 hier<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Glasklokke Amelie staan die mure van die hoofslaapkamer \u2019n ruk en bekyk. Al het sy honderde voorbeelde van verftegnieke op \u2019n bord op Pinterest, kan sy nie besluit wat om met die mure te doen nie. Die afskuwelike muurpapier aan [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":13009,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[43452],"tags":[72,1628],"class_list":["post-7201","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-lees","tag-rooi-rose-verhale","tag-dans-met-die-rooirok"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Dans met die rooirok: Hoofstuk 7 | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-7\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Dans met die rooirok: Hoofstuk 7 | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Glasklokke Amelie staan die mure van die hoofslaapkamer \u2019n ruk en bekyk. Al het sy honderde voorbeelde van verftegnieke op \u2019n bord op Pinterest, kan sy nie besluit wat om met die mure te doen nie. Die afskuwelike muurpapier aan [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-7\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2015-03-09T07:50:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2018-04-09T17:51:19+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra20153995029.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"640\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"613\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"10 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-7\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-7\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Dans met die rooirok: Hoofstuk 7\",\"datePublished\":\"2015-03-09T07:50:00+00:00\",\"dateModified\":\"2018-04-09T17:51:19+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-7\\\/\"},\"wordCount\":2038,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-7\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra20153995029.jpg\",\"keywords\":[\"rooi rose verhale\",\"dans met die rooirok\"],\"articleSection\":[\"Lees\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2015\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-7\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-7\\\/\",\"name\":\"Dans met die rooirok: Hoofstuk 7 | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-7\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-7\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra20153995029.jpg\",\"datePublished\":\"2015-03-09T07:50:00+00:00\",\"dateModified\":\"2018-04-09T17:51:19+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-7\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-7\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-7\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra20153995029.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra20153995029.jpg\",\"width\":640,\"height\":613},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-7\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Dans met die rooirok: Hoofstuk 7\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Dans met die rooirok: Hoofstuk 7 | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-7\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Dans met die rooirok: Hoofstuk 7 | rooi rose","og_description":"Glasklokke Amelie staan die mure van die hoofslaapkamer \u2019n ruk en bekyk. Al het sy honderde voorbeelde van verftegnieke op \u2019n bord op Pinterest, kan sy nie besluit wat om met die mure te doen nie. Die afskuwelike muurpapier aan [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-7\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2015-03-09T07:50:00+00:00","article_modified_time":"2018-04-09T17:51:19+00:00","og_image":[{"width":640,"height":613,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra20153995029.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"10 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-7\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-7\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Dans met die rooirok: Hoofstuk 7","datePublished":"2015-03-09T07:50:00+00:00","dateModified":"2018-04-09T17:51:19+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-7\/"},"wordCount":2038,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-7\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra20153995029.jpg","keywords":["rooi rose verhale","dans met die rooirok"],"articleSection":["Lees"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2015","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-7\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-7\/","name":"Dans met die rooirok: Hoofstuk 7 | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-7\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-7\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra20153995029.jpg","datePublished":"2015-03-09T07:50:00+00:00","dateModified":"2018-04-09T17:51:19+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-7\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-7\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-7\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra20153995029.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra20153995029.jpg","width":640,"height":613},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-7\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Dans met die rooirok: Hoofstuk 7"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7201","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=7201"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7201\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/13009"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=7201"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=7201"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=7201"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}